Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1800 articles
Browse latest View live

Dol Heuning deur SJ Naudé – ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: Dol Heuning
Skrywer: SJ Naudé
ISBN: 9781415210796
Uitgewer: Umuzi

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Tussen die omslag en buiteblad van Dol heuning is ’n kunsgalery. Dit is hoegenaamd nie ’n fraai uitstalling van die skool se kunsstudente, die blommeskool se rangskikkings of die VLV se voorskote, gehekelde tafeldoeke en teepotmussies nie. Hierdie uitstalling is abstrak, skrikwekkend, uitdagend, bloedstollend – en beeldskoon. Die eerlikheid van die karakters is tasbaar. Net sodra jy dink jy verstaan waarheen hierdie storie lei, breek ’n stofstorm om jou los waarin jy niks kan sien nie, en waarbinne jy uiteraard nie die vaagste benul het van waar jy is nie.

Die kortverhale is elk heilig. Dit raak mens op die diepste vlak moontlik onomkeerbaar aan. Terwyl ek hierdie lesersindruk skryf, voel ek bitter klein, en ek gaan vreeslik versigtig met my woorde om. Daar moet nie geneuk word met hierdie manjifieke kunswerk nie. Die ervaring wat ek beleef het, en steeds beleef, is amper soos ’n radikale bekering. Die kortverhale is geensins aan mekaar verbind nie, maar dit sou verraad wees om een uit te sonder. Dit is ook onmoontlik om op te hou lees as jy eers begin het. As jy gaan weerstand bied, gaan jy beslis verdrink

My ervaring van Dol heuning kan ek die beste met die volgende analogie beskryf. Ek bevind my in ’n galery wat die kunswerke van SJ Naudé ten toon stel, elk op sy eie glaskubus. Dit is dus moontlik om van alle kante daarna te kyk. Veel beter as driedimensioneel. Telkemale het ek myself betrap waar ek van bo af gekyk het. Baie gou het hierdie verhale my verlei om al nader te gaan. Dan nog nader. Eers het ek net my eie weerkaatsing in die glas gesien. Totdat ek met my gesig teenaan die glas geëindig het. Ontnugter besef ek dat ek besig is om na myself te kyk. My mooi maniere, opvoeding, bedagsaamheid, goeie higiëne, keurig-beplande maaltye, “goeie” oordeel en beskeie klassifikasie van “julle”, “hulle” en “ons” word pragtig ten toon gestel, sodat almal die (oppervlakkige) skoonheid kan bewonder. Onverwags raak dit onmoontlik om weg te kyk. Ek sien die boosheid raak, wat fenomenaal gestileer is sodat die skoonheid daarvan jou op ’n magiese manier nader trek totdat jy die monster herken wat inderwaarheid die kunswerk is.

Daar skuil ’n barbaar in elke fyn-opgevoede Eerstewêreldse homo sapiens. Voeg ’n industriële dosis testosteroon en estrogeen hierby, en chaos breek uit. Nie noodwendig in die vorm van gewelddadige opstande nie – meestal woed dit aktief en vernietigend onder die fasade van kalmte en normaliteit. In Dol heuning val die kaarthuise een na die ander. Totdat dit bymekaargeskraap in ’n vullisblik te ruste kom.

SJ Naudé is ’n veelbekroonde skrywer. Dol heuning lees baie makliker as waarvoor ek my gestaal het. Dit is ’n letterkundige lykskouing van menswees: Laag vir laag word jy aan jouself ontbloot. Dit is nie pynloos nie – inteendeel. Maar as jy dit kan regkry om deur te druk, gaan jy hierdie boek meer as een keer lees.

The post <em>Dol Heuning</em> deur SJ Naudé – ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Dinge van ’n hond deur SP Benjamin, ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: Dinge van ’n hond
Skrywer: SP Benjamin
ISBN: 9781485903314
Uitgewer: Penguin

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Dumpsite. Dit is die plek waar my en jou vullis heen gaan, om “weg te raak”. Die waarheid is egter dat niks net weggaan nie. Alles het ’n ewigheid waarvan niemand wil weet nie. Ek en jy mag miskien dink dat jou en my gemors weg is die oomblik wat die aslorries jou wheelie bin kom omkeer in sy eie groter gemorsmaag. En dit eindig ook nie daar nie. Daar is meer as een so ’n aslorrie wat elkeen op sy beurt hierdie gemors in ’n nog groter ashoop gaan uitspoeg. Dit lyk vir my asof ons salig onbewus aangaan met ’n gemors.

Dit is nie net die sigbare rommel wat sneeubal nie. In elke mens se lewe is daar ’n asblik, aslorrie en dumpsite. Daar is geen maklike manier om met hierdie aaklige waarheid om te gaan nie. Hierdie goed steek gewoonlik kop uit wanneer jy die minste gereed is daarvoor.

Dinge van ’n hond het ook nie ’n regte tyd om gelees te word nie. Dit is ’n vuishou wat lankal wag om te tref.

Die geheimenisse van die mense wat op Gatlek gebly en gewerk het, word een na die ander op die dakke uitbasuin. Die boek is eerlik, en sonder etiket. ’n Ding het ’n naam, en hy word dit genoem. Dalkies, dalkies is dit tyd om te besef ons almal is verantwoordelik vir die groot gemors. En daar is nie ’n ding soos julle, hulle en ons nie. Ons is ons. Dis dit.

 

The post <em>Dinge van ’n hond</em> deur SP Benjamin, ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Roman North Africa: Environment, society and medical contribution deur Louise Cilliers: ’n resensie

$
0
0

Louise Cilliers: Researchgate.net

Roman North Africa: Environment, society and medical contribution
Louise Cilliers
Uitgewer: Amsterdam University Press
ISBN 9778 94 6298 990 0
e-ISBN 978 90 4854 2680

Wanneer aan die Romeinse Ryk gedink word, fokus 'n mens gewoonlik (en heeltemal tereg ook) heel eerste op Rome, vir eeue lank die setel van die Romeinse wêreld. Vervolgens word Italië in die algemeen in herinnering geroep, waar daar nog sovele strukture is wat uit die Romeinse era dateer: van akwadukte en ou geplaveide paaie tot die ruïnes van die stad Pompeii. En wanneer ’n mens deur Europa reis, kom ’n mens ook nog op Romeinse strukture af: van amfiteaters tot verdedigingstrukture soos Hadrianus se muur in Brittanje.

Maar die Romeinse Ryk was natuurlik nie tot Wes- en Oos-Europa beperk nie. Toe dié "wêreldryk" van destyds sy hoogbloei beleef het, het die Romeinse grense ook groot dele van die Midde-Ooste en Noord-Afrika omsluit. Vir bykans 600 jaar lank, van 146 vC tot 439 nC, was die Romeine inderdaad in beheer van groot dele van Noord-Afrika.

In die buiteland is daar baie akademici wie se navorsing op die geskiedenis en kultuur van die Romeinse Ryk toegespits word, en daar verskyn steeds baie publikasies – sowel van ’n akademiese as ‘n populêre aard – oor al die fasette van die Romeine se lewenswêreld en die ryk wat hulle tot stand gebring het, en word die Latynse taal ook steeds bestudeer. Dit is egter nie aldag dat ’n Suid-Afrikaner, en op die koop toe ’n Afrikaanssprekende akademikus, ’n bydrae tot die Romeinse historiografie lewer nie. Dìt het wel onlangs gebeur toe Louise Cilliers, ’n navorsingsgenoot verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) en afgetrede professor in Klassieke Tale aan dié universiteit, en voorheen ook hoof van die Departement Latyn aan die UV – se boek Roman North Africa: Environment, society and medical contribution in 2019 deur die Amsterdam University Press in Nederland gepubliseer is.

Die boek fokus primêr op die omgewing en samelewing in Noord-Afrika gedurende die laat-Romeinse periode (4de en 5de eeu nC), en wel deur die lens van nagelate geskrifte van Helvius Vindicianus, Theodorus Priscianus, Caelius Aurelianus en Cassius Felix – al vier mans wat oor mediese sake geskryf het. Hulle het Griekse tekste vertaal, maar werp ook in hul geskrifte lig op die omgewing, ekonomie, bevolking, taal en mediese geriewe en gebruike in Noord-Afrika.

In hoofstuk 1 word ’n algemene oorsig van die geskiedenis van Romeinse Noord-Afrika gegee, insluitende stede soos Karthago en Cirta; die mense van die gebied, hul tale en kultuur, bekende skrywers, en intellektuele lewe. Die gesondheidsfasiliteite (insluitende hospitale) in Romeinse Noord-Afrika se stede kom in hoofstuk 2 aan bod, soos ook ander strukture van belang. In hoofstuk 3 word die Romeine, Grieke en Christene se sieninge omtrent die oorsake van aansteeklike siektes (en gevolglike epidemies) onder die loep geneem. In die lig van COVID-19 is dit interessant om van die epidemies te lees wat in die loop van die 4de en 5de eeu nC tot die dood van derduisende mense gelei het.

Hoofstuk 4 word aan die kennis en vlak van bekwaamheid (al dan nie) van mediese dokters in die latere jare van die Romeinse Ryk gewy, asook die opleiding wat hulle in die stede Alexandrië en Karthago kon ontvang. Vervolgens word die lewe en werk van Helvius Vindicianus in hoofstuk 5 aan die orde gestel – die heel eerste keer dat hierdie medikus se merkwaardige loopbaan ontleed en geëvalueer word. Theodorus Priscianus, een van Vindicianus se studente, se sieninge omtrent medisyne en behandeling word in hoofstuk 6 uiteengesit. Die werk van Cassius Felix, Caelius Aurelianus en Muscio word in hoofstuk 7 bespreek. Die bekende Christen-kerkvader Augustinus het ook ’n groot belangstelling in medisyne gehad. Sy werk word in hoofstuk 8 beskryf, asook sy vriendskap met Vindicianus.

In hoofstuk 9 word die Grieks-Romeinse en Christen-sieninge omtrent genesing beskryf en ontleed. In die slothoofstuk, hoofstuk 10, word gelet op die rol wat Romeinse Noord-Afrika in die bewaring en oordra van mediese kennis gespeel het. Ironies genoeg het buitelandse invalle daartoe gelei dat vlugtelinge die vertalings van mediese tekste, asook gepaardgaande mediese kennis, na Europa geneem het, waarna dit verder versprei en bewaar is. Alles in ag genome, blyk dit dat Romeinse Noord-Afrika ’n besondere bydrae op mediese en ander lewensterreine gelewer het.

*

Die boek het ’n treffende kleurfoto op die vooromslag, met 39 toepaslike illustrasies (meesal foto's) verspreid deur die boek. Op ble 231–3 is daar ’n omvattende bronnelys, wat Cilliers se indringende navorsing ten opsigte van sowel primêre as sekondêre bronne bevestig. Die bronne bevestig ook die waarde van ’n leeskennis van tale naas Engels, sodat oorspronklike Latynse en ander tekste geraadpleeg kon word. Die 851 voetnote is ook ’n weerspieëling van die uitstekende navorsing wat gedoen is, en van die feit dat die bronne goed ontgin is. Die register (ble 251–6) stel die ernstige navorser, student en enige ander belangstellende leser in staat om die teks maklik te ontsluit.

........

Kennis van die Klassieke tale, geskiedenis en kulture verryk en verruim ’n mens se leefwêreld. Dit plaas van ons eietydse vraagstukke in historiese perspektief, en verskaf insig op talle terreine. Die Romeins-Hollandse regstelsel het immers ook aan die suidpunt van Afrika ’n voetspoor gelaat, en van die tale wat in Suid-Afrika gepraat word, is direk of indirek deur Latyn beïnvloed.

.........

Kennis van die Klassieke tale, geskiedenis en kulture verryk en verruim ’n mens se leefwêreld. Dit plaas van ons eietydse vraagstukke in historiese perspektief, en verskaf insig op talle terreine. Die Romeins-Hollandse regstelsel het immers ook aan die suidpunt van Afrika ’n voetspoor gelaat, en van die tale wat in Suid-Afrika gepraat word, is direk of indirek deur Latyn beïnvloed.

Hoe primitief die Romeine se mediese behandeling en werkswyses ook al mag gewees het – dit is, gemeet aan 21ste-eeuse standaarde – het hulle, saam met die Grieke en baie andere, meegehelp aan die uitbou en ontwikkeling van die mediese wetenskappe. Cilliers ontruk ou mediese tekste wat uit die Laat-Klassieke tyd dateer aan die vergetelheid en werp nuwe lig op die werk wat deur medici en andere in daardie tyd verrig is. Sy kontekstualiseer deurlopend tekste, persoonlikhede, en hul sienswyses deur dit alles in (kultuur-) historiese perspektief te plaas.

Louise Cilliers se Roman North Africa: Environment, society and medical contribution lewer ’n unieke en dus ook ’n besondere bydrae tot die Romeinse historiografie. Hoewel dit die fokus plaas op sosiale geskiedenis en die geskiedenis van medisyne en die mediese wetenskappe, is dit terselfdertyd ook ’n baie besonderse kultuurhistoriese werk; en die teks beklemtoon opnuut ook weer die kaleidoskopiese aard van kultuurgeskiedenis. Die skryfstyl is gemaklik en die boek behoort by ’n wye gehoor aanklank te vind. Hierdie besonder insiggewende boek verdien om wyd gelees te word. Dit word sterk aanbeveel.

André Wessels, Departement Geskiedenis, UV

 

The post <em>Roman North Africa: Environment, society and medical contribution</em> deur Louise Cilliers: ’n resensie appeared first on LitNet.

By the fading light by Ashraf Kagee: a reader impression

$
0
0

By the fading light
Ashraf Kagee
Publisher: Jacana Media
ISNB: 9781431430215

Ashraf Kagee’s first novel, Kahlil’s journey (Jacana Media, 2012), won the European Union Literary Award. Having set the bar high with his debut, Kagee does not disappoint with his second book, By the fading light (Jacana Media, 2021). In a book with an unforgettable sense of place, time and age, the reader is carried away to the travails, thoughts and fears of three boys, Ainey, Haroun and Cassius, 11 going on 12, growing up in the 1960s in Salt River, a neighbourhood in Cape Town adjacent to Woodstock, close to District Six, with the harbour just down the road.

In his Greek grammar (Harvard University Press, 1920), HW Smyth explains some of the rhetorical figures identified by the ancient Greeks (they were, of course, students par excellence of language, style, rhetoric and ideas). Among them is the rhetorical figure of litotes. Smyth defines litotes as “an understatement so as to intensify; affirmation expressed by the negative of the contrary”. For example, Homer describes Achilles as “neither unthinking, nor unseeing” (IIiad, line 186). The Oxford English Dictionary defines it similarly, adding that it often incorporates double negatives for effect. By the fading light abounds with examples of litotes. How delightful! The author’s wry sense of humour and the striking use of litotes elicit a chuckle, only for the reader to realise it is ’n lag met ’n traan. A few examples: Cordelia’s white accent deserts her “on the occasions when she needed to berate her brother, which were not infrequent”. Although Kulsum expected Haroun to meet her level of distress, “it was not a sentiment he necessarily shared”. Ainey does not (yet) share the Lites’ “not-insubstantial interest in the opposite sex – represented by Ingoo, Bingoo and Mingoo Hassim”. Those among the Klopse “unpossessed of musical talent” simply waved their hands and arms. “[T]hey weren’t exactly livewire conversationalists, were they?” They “allowed Mrs Shaanti’s wig to go unsnatched”.

Another rhetorical figure to be found in abundance in the book is the mixing of registers. Mundane matters are discussed in a high register of language. It reminds of Michiel Heyns, writing with his tongue deep in his cheek in Reluctant passenger about the doings of baboons, using highfalutin Shakespearean and Henry Jamesian expressions. In By the fading light, Haroun suffers in silence, observing “his mother’s abundant hirsutism”. The feared but clumsy teacher, Mr Hicknekar, and the principal “were for once united in common cause to make the wayward street musicians cease and desist their unmelodious activities”.

Kagee uses hilariously funny expressions and descriptions. A few examples: “fellow puffers-in-crime”; “harasser-in-chief”; “a family elder of the female persuasion”; “sauntered about with a jaunty stride”; “Mr Hassim, a no-nonsense kierie-wielding shopkeeper would have none of it”; “‘voetsek’ came out as ‘poorr-chack’”; Haroun wishes he can “place himself before the woman of his dreams under more manly and less mucosal circumstances”; “just the mention of it (one’s mother’s waheena), never mind the said parts engaging in any particular activity constituted grounds for a fight”; “propensity for peculiar behaviour”; “off-key doo-wap warbling”; and “the state of Two’s clock weights” after his row with his brother known as One. The piece on the family with their three boys all called Yusuf is a jewel. It could be a stand-alone short story. There are many other such jewels in the book.

The book is funny, indeed, and a marvel in the expert use of language. But it is heartbreakingly sad. In the voice of the narrator:

For our young heroes, the time would come to lie awake, each conjuring up fantasies of lives that could have been lived, relationships that could have been different, and dreams that could have been realised if circumstances had been different ….

However, fate had intervened and alternate life trajectories had unfolded for our noble trio. Their could-haves and would-haves and if onlys remained what they were: counterfactual possibilities that existed only in their respective imaginations, far from the reality of the present.

The story is both humorous and heartbreaking, ’n knop in die keel wat weggesluk word terwyl mens vir ’n oomblik eers moet ophou lees en in die verte staar – yet, in the end, uplifting. Despite their circumstances, the boys retained an unfazed and feisty sense of boyhood: inquisitive, naughty, wide-eyed about a world opening up, experimenting, discovering, living in the liminal world between little boy and big boy (teen), with a daring underestimation of and healthy disregard for the strange, incomprehensible world of adults, reminding one of Calvin & Hobbs. It is so terribly sad: Ainey, Cassim, Haroun – none of them wanted, none of them accepted. A symbol of the people of Salt River – not wanted by the authorities and the political system of the time. Eina, eina, eina.

The dense writing in the book calls for every sentence to be savoured, pencil in hand. There is lots of detail, food, music, films, customs and so much more. Dana Snymanesque. Although By the fading light consists of lots of telling and not much showing (in particular, in the first part of the book when the scene is set), it is expertly done. One is carried away to another world. There are allusions to Bombay, Mombasa, Turks, Rajwadi and other faraway places, cultures and distant times. It is familiar (dit is hier innie Kaap!) and yet so foreign, at least to someone like this reader, who also grew up in the 1960s but in a very different environment, in a privileged Afrikaner community in Pretoria.

The telling in By the fading light is nuanced. The teacher Mr Hicknekar (“small of build, short of temper and round of belly”) seldom undid “Mr Fixit” (his name for his small cane) from the string attaching it to the ceiling in the middle of the classroom. Certainly no angel, he is also not depicted as a one-dimensional wreedaard, the stereotypical school teacher of the time. Officer Fourie is not simply a heartless, brute killer at Sharpeville, but a frightened, traumatised, young Afrikaner obeying the instructions of the panicking lead officer. I was wondering, however: with Fourie in his sixties when working in Salt River in the early 1960s, which is when he appears in the story of “our noble trio”, he must have been in his sixties at Sharpeville – thus not a young Afrikaner policeman at Sharpeville, but rather, by then, already an older policeman who had seen too much and who had fled Kaap toe after Sharpeville.

It is no mean feat to (re)create with such authenticity the world and the imagination of a child (and avoid the trap of transposing the voice of the adult narrator into the words and thoughts of an 11-year-old child). The Dutch author Maarten ’t Hart (Een vlucht regenwulpen, 1978; Het roer kan nog zesmaal om, 1984) did it masterfully, writing about his childhood in the 1950s in the blue collar village of Maassluis near Rotterdam, the harbour city on the Rhine. Running in one’s mind in the company of “our noble trio” through the streets of Salt River reminded this reader of running along with ’t Hart in the cobble stone streets of Maassluis in the 1950s. Whereas Maassluis is a homogenous, blue collar town of fishermen and harbour labourers, many of them strict Calvinist Christians, Salt River is a colourful, diverse community, with the sad legacy that many are the descendants of slaves forcefully taken from their various homelands centuries ago. The imaginary flashbacks of Ainey, Cassius and Haroun to those abductions while they have tea with sis Ghava – without saying a word – are one of the many great highlights of the book. Has the history of Salt River been written yet?

The book also leaves us, again, deeply under the impression of the lasting effects of the abuse of power of sexual violence perpetrated against a young child, and how such a child, damaged forever, can end up as an adult wearing the Mickey Mouse watch of his victim – a visible, desperate cry for help, love and care.

By the fading light is a book to be read and reread. To remind us of where we were as a country. To savour the language. To laugh. But mostly to stare misty-eyed into the distance.

 

The post <i>By the fading light</i> by Ashraf Kagee: a reader impression appeared first on LitNet.

Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere deur MA Cluver: ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere
Skrywer: MA Cluver
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485309857

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Ken d’jy die Karoo? Hier bly slang en akkedis
Baie jare terug was daai akkedis ’n vis
Nou kry skulpe in die rotse, jy kry skedels in die klei
Hierie hele droë leegte onner water glo vir my.
                    – Onner water, David Kramer

Waar was jou eerste gewaarwording van dinosourusse? Myne was miskien toe ek ’n kind was in die 1990’s en ons almal geweet het van die movie Jurassic Park. Die skool het ons ongelukkig nie van dinosourusse geleer nie. En daardie dinosourusse moes seker almal in Amerika geleef het. Eenmaal lank gelede. Dis seker maar hoekom Hollywood dan films maak oor hulle. Die gedagte aan ons eie dinosourusse hier in Suid-Afrika, dié het eenvoudig nooit deur my breingolwe gespoel nie. Nie dat ek, oor die algemeen, veel aan dinosourusse gedink het as kind nie. Vir my was hulle maar bloot die onderwerpe van films en hulle bene is gebruik in uitstallings in stowwerige museums. Maar toe besoek ek eendag die Uilhuis op Nieu-Bethesda saam met my pa. Natuurlik het die tragiese storie van Helen Martins (1897– 1976) die verbeelding aangegryp, maar daar was iets anders aan die besoek aan dié dorpie wat my sou bybly – die uitstallings van die vreemde gediertes wat eens die Karoo bewandel het wat ons daar aanskou het.

Later van tyd sou mens ook na ’n wêreldkaart kyk en opmerk dat dit betreklik baie eienskappe van ’n legkaart bevat. Dan kom jy onder die indruk van superkontinente. Pangaea, wat later sou opdeel in Gondwana en Laurasië. So kom mens ook tot die besef dat onse Afrika en die ander kontinente dan eintlik eenmaal een groot “ons” was. Dat wetenskaplikes dieselfde soort fossiele opgrawe op die verskillende kontinente – ’n verdere aanduiding dat hulle eenmaal verbind was. Gondwana was natuurlik gewikkel in ’n ystydperk sowat 290 miljoen jaar gelede, en soos die ys later gesmelt het, het die grootste gedeelte van wat vandag Suid-Afrika is, insluitend die Karoo, inderdaad toe “onner water” beland!

Al hierdie feite en veel meer is nou, gerieflik, saamgevat in ’n wonderlike nuwe geïllustreerde boek. Die boek bevat nie net illustrasies nie, maar ook foto’s en sketse. Die skrywer, MA Cluver, is ’n dierkundige met dekades se ervaring in die paleontologie en die bewaring van die ou fossiele, verbonde aan die Suid-Afrikaanse Museum. Daar word in die boek nie net gekyk na die evolusie van al die spesies nie, daar word ook gekyk na die redes hoekom die dinosourusse uiteindelik uitgesterf het. Mettertyd sou hierdie eerste diere die eerste eienskappe van soogdiere begin ontwikkel wat deurslaggewend sou wees vir die latere ontwikkeling van die hominiede en uiteindelik ons eie spesie, homo sapien sapien. (Dat ons ons aanmatig om onsself die “wyse man” noem, vertel ’n storie uit eie reg.)

Dat die skedels van diere wat miljoene jare gelede gelewe het, tot vandag toe nog in die natuur behoue gebly het, is uit eie reg ’n wonder. ’n Wonder soos die lewe self. Die behoud van sulke fossiele in die natuur hang ook af van spesifieke kombinasies van faktore, veral die preservering van fossiele in modder. Ook hierdie saak word in die boek onder die loep geneem. Dit neem dan ook hoogs kundige mense se handewerk om hierdie soort fossiele suksesvol te kan opgrawe en ingevolge Suid-Afrika se Erfeniswet (Wet 25 van 1999) moet daar eers ’n permit bekom word vir enige opgrawings om gedoen te word. Hierdie permitte is bekombaar by die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronneagentskap.

Die aantal spesies wat in die boek beskryf word, is nogals oorweldigend. Die ou bekende, stowwerige en romantiese Karoo verander tussen die blaaie van die boek in ’n vreemde wêreld waarin mens jou beswaarlik kan indink. Maar hoewel al hierdie diere uitgesterf het, leef hulle nasate tog voort; sommige, soos die krokodille, het selfs weinig verander sedert daardie jare. ’n Wonderlike deel van die boek is ’n lys met al die plekke in Suid-Afrika en Namibië waar ’n mens hierdie soort fossiele sal kan gaan aanskou. Dit is ook duidelik dat daar nog baie geheime lê wat wag om ontdek te word en wat ons as mense in staat kan stel om meer te wete te kom oor ons oorsprong en dié van ander spesies waarmee ons ons planeet deel.

The post <em>Karoofossiele: Suid-Afrika se eerste landdiere</em> deur MA Cluver: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Stilspraak: Strijdom van der Merwe en landkuns deur Carina van der Walt, ’n resensie

$
0
0

Titel: Stilspraak: Strijdom van der Merwe en landkuns
Skrywer: Carina van der Walt
Uitgewer: SUN PReSS, ’n druknaam van African Sun Media
ISBN: 9781928480648

Borge: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die LW Hiemstra Trust en die Fonds Neerlandistiek

Stilspraak – Strijdom van der Merwe en landkuns word beskryf as ’n populêr-wetenskaplike kunsboek. Die Suid-Afrikaanse landkunstenaar Strijdom van der Merwe se oeuvre oor 24 jaar word in hierdie publikasie beskryf. Sy werk word ook gekontekstualiseer binne die geskiedenis van landkuns in die VSA, Nederland en Suid-Afrika. Die boek bestaan uit naastenby 300 bladsye en vervat baie teks.

Carina van der Walt vertel aan Christiaan Boonzaaier in Netwerk24 dat die monografie, waaraan sy drie jaar gewerk het, uitbrei op Sculpting the land (2005) en Sculpting the earth (2011), beide koffietafelboeke wat nie soveel inligting soos Stilspraak bevat nie. Dit is dus ’n poging om Van der Merwe se werk deur beskrywing te dokumenteer, dan so ook in Afrikaans, met die boek se agterblad wat meld: “Geen taal is haar sout werd as sy nie bereid is om haar grootste kunstenaars te eer nie.” Die boek is nie ’n volledige katalogus van Van der Merwe se werk nie – volgens die skrywer sou dit die monografie se lengte verdubbel het. Sleutelwerke is dus uitgelig. Van der Merwe was aktief betrokke by die boek se totstandkoming deur meermalige gesprekke en onderhoude met die skrywer.

........

Die vraagstuk oor grond – wie dit besit en wie daarvan ontneem is – is aan die voorpunt van Suid-Afrika se bewussyn. ’n Wit, Afrikaanse man wat kuns maak met die grond/land is polities betrek. Die kunstenaar se werk getuig altans van ruim toegang tot ongerepte natuur en private eiendom. Van der Merwe stel dit duidelik dat hy liefs politiek en selfs maatskaplike kwessies in sy werk vermy, maar die uitsluiting daarvan is dalk te idealisties, veral in ’n derdepartyboek oor sy werk.

..........

Die studie ontleed Van der Merwe se werk meestal binne die taalraamwerk wat die kunstenaar deur sy werk daar plaas; dit kom dus voor as ’n tipe outobiografie eerder as ’n onafhanklike verkenning. Nuwe perspektiewe op die werk sou verfrissend gewees het. Die vraagstuk oor grond – wie dit besit en wie daarvan ontneem is – is aan die voorpunt van Suid-Afrika se bewussyn. ’n Wit, Afrikaanse man wat kuns maak met die grond/land is polities betrek. Die kunstenaar se werk getuig altans van ruim toegang tot ongerepte natuur en private eiendom. Van der Merwe stel dit duidelik dat hy liefs politiek en selfs maatskaplike kwessies in sy werk vermy, maar die uitsluiting daarvan is dalk te idealisties, veral in ’n derdepartyboek oor sy werk. Sy triptiek Constantly stitching our lives together, ik ben een Afrikander, ’n verkenning deur die kunstenaar van sy Afrikaner-identiteit wat in die boek ingesluit is, is ’n goeie intrede tot ’n meer kritiese omgaan met sy werk wat verder geneem kon word.

Die boek bevat ’n vertaalde voorwoord deur Clive Adams, direkteur en kurator van die Centre for Contemporary Art and the Natural World. Daar is ook ’n essay (“Wie is Strijdom van der Merwe?”) deur Annali Cabano-Dempsey, kurator van die Universiteit van Johannesburg, oor haar spesifieke insig in en betrokkenheid met dié kunstenaar se lewe en werk – sy het ’n prominente rol gespeel om Van der Merwe se werk by UJ te vertoon. Adele Nel, letterkundige aan die NWU, belig Van der Merwe se werk aan die hand van TT Cloete se kunsteoretiese uitspraak: “Die gedig is spel.” Dit kyk na Van der Merwe se werk as ’n vorm van visuele poësie deur hoe hy met die aarde speel. Van der Walt, die hoofskrywer, pas Georg Wilhelm Friedrich Hegel se kunsfilosofie en “idealistiese blik op kunsgeskiedenis” op Van der Merwe se werk toe. Bykomende bydraers sou dalk ander maniere kon bied om sy werk te lees, buite die gevestigde perspektief daarop.

Van der Merwe se oeuvre is indrukwekkend, iets wat die boek weergee. Dit wys die magdom werk wat die kunstenaar tot op hede gedoen het, meestal plekspesifiek. Hierby ingesluit is talle landkunswerke vanweë uitnodigings na feeste, biënnale en ander projekte beide in Suid-Afrika en internasionaal (die boek se internasionale tydlyn is nuttig om Van der Merwe se werk oorsee te plaas). Die boek kyk ook na die kunstenaar se beeldhou-opdragwerke. Die boek getuig van uitgebreide navorsing, maar die hoeveelheid inligting raak oorweldigend wanneer die boek van voor tot agter gelees word, siende dat die meeste daarvan soortgelyk van aard is. Die meeste werke word in besonderhede beskryf: die materiaal wat gebruik is, watter persone betrokke was en hoe die werk tot stand gekom het, met bykomende staaltjies en die skrywer se (soms sentimentele) inlewing. Die besonderhede, nodig soos dit is, word nie genoegsaam geaktiveer nie.  

Van der Merwe se werk word in die hoofstuk “Vorm as spesifieke beeld-taal” aan die hand van verskillende vorme verken: lyne, sirkels en spirale, driehoeke, vierkante en reghoeke, kruise, vreemde vorme, en figure. Dit kom gepas voor in ag genome die aard van die werk. Die daaropvolgende hoofstuk, “Kleur as spesifieke beeld-taal” met die afdelings “Groen genade”, “Tuis is spesery-kleure”, “Blou kontroversie”, “Wit boodskappe”, “Geel groete” en “Rooi toe-eiening”, se benamings kom wel effens arbitrêr voor. Ander afdelings kon gebruik gewees het om die wye verskeidenheid onderwerpe wat onder “kleur” bespreek word uit te lig. Die koppeling met kleur, verder as die fisiese kleur van die betrokke kunswerk, voel inhoudsgewys misplaas. As voorbeeld: die bespreking van die kompleksiteit in landkuns rondom plagiaat en intertekstualiteit in “Blou kontroversie”; so ook met trekvoëlroetes in “Rooi toe-eiening”.

’n Hoofstuk (die hoofstukke is ongenommerd) word aan die ontmoeting van Van der Merwe se werk en spirituele praktyke gewy. Daar word kortweg gekyk na sjamanisme, Zentuine en meditasie, Japannese wabi-sabi, Boeddhistiese en Japannese gebede, totempale, en Europese energielyne se invloed op die kunstenaar se werk, waarin bewustheid van mens se natuurlike omgewing vorm ’n kern deel vorm. Van der Merwe se werk is tot die essensie gestroop; dis ’n meditasie oor die skoonheid van vervlietendheid en die kortstondigheid van die menslike bestaan.

Tibettaanse gebedsvlae en die mantras wat daarop verskyn, spreek tot die Afrikaanse haikoes wat die kunstenaar op sy eie vlae gebruik het. Die hoofstuk waar Van der Merwe se werk aan die hand van digkuns bespreek word, bied ’n blik op die ontmoeting van woord en vorm tussen geskrewe poësie en visuele kuns. ’n Skakel tussen konkrete en visuele poësie word gemaak (aan die hand van onder andere Willem Boshoff en Bibi Slippers), waar Van der Merwe se werk se poëtiese waarde toegeskryf word aan sy gebruik van geometriese vorme. Van der Merwe se gebruik van Gert Vlok Nel se digkuns, sowel as ’n reeks Afrikaanse skrywers met Potchefstroomse bande as deel van die Tuinvers-projek onder leiding van Franci Greyling, word ook uitgelig.1 Die kunstenaar het in sy kuns die ontwikkeling en plek van Afrikaans geïnkorporeer, onder andere by die Afrikaanse Taalmonument te Paarl.

Die bespreking van die rol van geld in Van der Merwe se werk is interessant. Daar word gemeld dat die kunstenaar die “meer verkoopbare genres” van beeldhouwerk en skilderye benut vir ’n leefbare inkomste, in vergelyking met landkuns wat meer op die natuur en nie op verkoopsmoontlikhede gefokus is nie. Die kunstenaar word aangehaal: “Ek hou daarvan om iets te maak wat uiteindelik sal verdwyn. As ’n landkunstenaar wil ek nie my ego op die landskap afdruk nie (bl 168). Die eerste en tweede landkunsbiënnale te Plettenbergbaai word ook bespreek en uiteengesit. Die oersimbole wat by Driekopseiland in die Rietrivier naby Kimberley gevind is, waarvan enkele vorme herken word as tekens van die Ogham-alfabet, se sterk invloed op Van der Merwe word uiteengesit.

Al is Van der Merwe nie polities uitgesproke nie, spreek hy wel omgewingskwessies in sy werk aan, soos aardverwarming en die boor vir skaliegas in die Karoo. “Jy moet in harmonie met die natuur leef en nie meer neem as wat jy nodig het nie. Ons moet leer om weer ekologies intelligent te wees. Ons het verleer om na die natuur te kyk as rigtingwyser van die lewe self,” vertel hy. Van der Merwe se werk nooi ons uit om die natuur anders en opnuut waar te neem. Hy gaan respekvol met die omgewing om en verkies om geen mensgemaakte materiale agter te laat nie. Die enigste oorblywende bewys van sy werk is dikwels die foto wat daarvan geneem is. Is die foto dan die kunswerk of bloot die dokumentasie daarvan? Mens sal verder as Stilspraak moet lees vir ’n antwoord.

........

Van der Merwe se werk nooi ons uit om die natuur anders en opnuut waar te neem. Hy gaan respekvol met die omgewing om en verkies om geen mensgemaakte materiale agter te laat nie.

..........

’n Meer moderne en minimalistiese uitleg sou die boek sowel as Van der Merwe se kuns verhef het. Die kleurblokke wil herinner aan ’n jaarverslag. Foto-onderskrifte kon ook gebruik gewees het om inligting in die teks beter te verpak. Van die foto’s se resolusie was ongelukkig te laag om gedruk te word.

Al is die boek nie noodwendig betowerend nie, is dit gepas as ’n rekord vir liefhebbers van Van der Merwe se kuns, sowel as vir dié wat daaroor in Afrikaans wil oplees. Die foto’s gee ’n goeie oorsig van die kunstenaar se werk.

1 Die digters is TT Cloete, Hans du Plessis, Heilna du Plooy, Tom Gouws, Franci Greyling, Johan Myburg, Bernard Odendaal, Etienne Terblanche, Carina van der Walt, Hein Viljoen, Adri Breed, Ihette Jacobs, Jansen Vermeulen en Ruan Fourie. 

  • Lion-Cachet is assistentkurator van die Konstitusionele Hof se kunsversameling. Sy navorsingsbelangstellings sluit visuele grondwetlikheid, sowel as Afrikaanse en queerkultuur en -literatuur in. Hy het voorheen as openbare programkoördineerder van die NWU-galery en kunsversameling gewerk. Hy het ’n LLB en LLM met lof in mediareg aan die NWU behaal. Hy is ook redakeur van Klyntji.com.

Lees ook:

"Die taal se stiltes": kollokwium oor Afrikaans

Tien vrae: Carina van der Walt oor Amalgaam

Strijdom van der Merwe, the blue line, a red flag and black Tuesday

The post <em>Stilspraak: Strijdom van der Merwe en landkuns</em> deur Carina van der Walt, ’n resensie appeared first on LitNet.

Versamelde dramas – NP Van Wyk Louw: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

$
0
0

Versamelde dramas – NP Van Wyk Louw
Skrywer: NP Van Wyk Louw

Samestellers: Deborah Steinmair en Kristèl de Weerd
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485312208

Die vyftigste herdenking van NP Van Wyk Louw se afsterwe op 18 Junie 1970 is in 2020 met drie publikasies gevier.

Vuur in sy vingers: Die verreikende invloed van NP Van Wyk Louw (met Ampie Muller en Beverley Roos-Muller as bydraende redakteurs) is ’n versameling van bydraes deur onder andere ’n groot aantal van sy familielede, vriende en kollegas, en bekende literêre figure, wat meestal kort herinneringe deel van sy invloed op hulle lewens en dikwels ook sy literêre en intellektuele invloed op hulle eie werk bespreek. Navorsing vir hierdie publikasie het reeds ses jaar tevore begin en die voorwoord voor in die boek lui: “Ter herinnering aan die digter NP van Wyk Louw (1906–1970) in die vyftigste herdenkingsjaar van sy afsterwe.”

Tydskrif vir Geesteswetenskappe (TGW) het in Junie 2020 ’n temanommer (NP Van Wyk Louw: Opstelle vir ’n oorgangstyd) met Ronél Johl as gasredakteur uitgegee. Die vraag wat akademici vanuit verskillende dissiplines in gedagte moes hou, was “die aard en relevansie van (literêre) kritiek in die hedendaagse samelewing”. Die bydraes van die TGW-temanommer (hoewel nie in dieselfde formaat nie en met twee bydraes bygevoeg) is weer gepubliseer as deel van die Akademie se reeks oor huldigings aan Hertzogpryswenners. NP Van Wyk Louw: Silwer herberg in die sneeu – ’n Huldiging met Ronél Johl as redakteur het in Augustus 2020 verskyn.

Terwyl die Muller-publikasie ’n duidelik meer persoonlike aanslag het en sekerlik gerig is op ’n meer algemene leserspubliek, is die TGW-temanommer sowel as die huldigingsboek deur die Akademie meer gerig op ’n ingeligte en belese leser wat die verskillende dissiplinêre invalshoeke van die bydraes kan waardeer.

In die nuutste publikasie (2021) oor NP Van Wyk Louw (Versamelde dramas) is dit volgens die inligtingsbrief van die uitgewer wat die publikasie vergesel “die eerste keer ooit [wat] al die dramas, hoorspele en die libretto van NP Van Wyk Louw in ’n versamelbundel uitgegee” word. Hierdie bundel word ingelei deur ’n bespreking van al die werke deur Chris van der Merwe.

Hoewel Van der Merwe nie in sy bespreking verwys na die feit dat Van Wyk Louw se vyftigste sterfdag in 2020 herdenk is nie, word hierdie belangrike datum wel op die flapteks genoem met verwysing na twee vorige versamelbundels van sy werk in die ander twee genres: “Vyftig jaar ná sy dood verskyn Versamelde dramas, wat volg op die verskyning van Versamelde gedigte in 1981 en Versamelde prosa in 1986.” Aangesien die inleiding nie self na die vorige twee versamelbundels verwys of enige melding maak van die herdenking van Van Wyk Louw se sterfdatum nie, moet die leser vir haarself uitklaar waarom hierdie publikasie juis nou (soveel dekades na die verskyning van die versamelbundels oor sy gedigte en prosa) verskyn het. Die leser kry dus geen antwoord op die vraag waarom daar so ’n lang onderbreking was voordat hierdie bepaalde versamelbundel gepubliseer is nie. Hoewel die bundel sekerlik reeds in die redigeerproses was in 2020, is dit jammer dat daar skynbaar ook geen kennis geneem is van die Akademie- en die Muller-projekte wat reeds ’n paar jaar in die pyplyn was voordat hulle boeke in 2020 gepubliseer is nie.

Hierdie bundel is nie net ’n versameling van Louw se dramas nie, maar soos Van der Merwe in ’n eerste voetnota aandui, “sluit dit die hoorspele, die libretto en die koorspel van Van Wyk Louw in – al die tekste wat in hierdie publikasie byeengebring is” (8). Die volgende “dramatiese tekste” is in die versamelbundel opgeneem: Die dieper reg: ’n Spel van die oordeel oor ’n volk; Dias: ’n Hoorspel; Germanicus; Dagboek van ’n soldaat: ’n Hoorspel; Lewenslyn: ’n Hoorspel; Koning Eenoog of Nie vir geleerdes: ’n Spel van anachronismes en ’n anachronisme; Kruger breek die pad oop; Die vonnis: ’n Episode uit Van Riebeeck se bewind; Die eerste voortrek; Asterion: Libretto vir ’n radiofoniese opera; Berei in die woestyn: Jesaja 40:3: ’n sinne- en wa-spel; Die pluimsaad waai ver of Bitter begin; Blomme vir die winter: ’n Hoorspel; Die val van ’n regvaardige man (eerste ontwerp vir ’n hoorspel).

Indien die leser van hierdie versamelbundel wonder wat die uitgangspunt(e) van die twee redakteurs, Deborah Steinmair en Kristèl de Weerdt, was met hierdie bundel, lees ons die volgende kort “redigeernota” ingevoeg op die kopieregbladsy:

Met die saamstel van Versamelde dramas is veranderinge aangebring om die dramas as leesteks te bevorder. Die akuutteken is konsekwent op vokaalletters en diftonge geplaas. Hooflettergebruik by aanspreekvorme en ná leestekens (vraagtekens, uitroeptekens en dubbelpunte) is eenvormig verander. Ontbrekende punte is bygevoeg, en spasies by woorde met ’n afkappingsteken is uitgehaal. Alhoewel sekere woorde met verskillende spelwyses konsekwent na een spelling aangepas is, kan verouderde spelling steeds voorkom, koppeltekens is volop in die oorspronklike teks, maar enkeles is wel uitgehaal om nie steurend te lees nie.

Aangesien daar geen verdere inligting by die individuele werke gegee word oor hoe elke drama/werk deur bogenoemde riglyne versorg/verander is nie, moet die leser dus aanneem dat die tekste seker tot groot mate in hulle oorspronklike vorm bewaar gebly het. Dit is egter jammer dat hierdie inligting nie meer uitgebreid en meer prominent binne-in die teks verskaf word nie – alle lesers lees sekerlik nie altyd die kopieregbladsy nie!

Telkens word die lees van hierdie dramas / dramatiese werk beklemtoon: in die redigeernota en deurgaans in Chris van der Merwe se bespreking.

Die inleiding (opgevolg met ’n kort bronnelys) deur Van der Merwe is die enigste uitgebreide bespreking van Louw se dramatiese werke wat in die bundel opgeneem is. Van der Merwe maak ’n aantal opmerkings oor hoe hy hierdie bespreking benader (en ook beperk) het. Sy oorhoofse benadering blyk een te wees wat nog grootliks vassteek in ’n “ou” benadering van die dramatiese genre as literêre genre waar dramas ge-“lees” word as tekste wat met “temas”, “motiewe”, “karakteriserings”, “intriges”, ens werk.

Self stel hy dit (8):

Ek fokus veral op die denke en lewensuitkyk van Louw soos wat dit in die karakterisering en intriges na vore kom, nie op die radio- of toneelmatigheid nie; dit laat ek aan deskundiges oor. Hopelik sal hierdie versameling van Van Wyk Louw-dramas nuwe studies daaroor stimuleer, vanuit verskillende perspektiewe.

In sy besprekings van die werke (nie altyd in chronologiese volgorde nie, maar soms “word dramas naas mekaar geplaas omdat hulle tematies by mekaar aansluit”) blyk die fokus op sodanige “literêre” ingesteldheid duidelik.

Die bronnelys direk na die inleiding bevestig die “tradisionele” aanslag van hierdie bespreking. Die meeste bronne wat geraadpleeg is, is besprekings van die 1960’s tot 1970’s wat almal fokus op ’n literêre lees van een of meer van Louw se dramas. Die enigste “nuwe” bron is die LitNet Akademies-artikel (2002) van Luc Renders se 2002-voordrag (UJ se NP Van Wyk Louw-lesing) wat destyds redelik opspraak verwek het vanweë sy uitgesproke kritiek op Van Wyk Louw se dramatiese oeuvre.

Renders het (soos Van der Merwe) in sy bespreking van Van Wyk Louw se “dramatiese werke” ook die hoorspele en Asterion ingesluit. Hoewel die volgorde van die onderskeie werke se bespreking soms verskil, kan ’n leser wel die Van der Merwe- en Renders-besprekings op vergelykende wyse lees. Dit is inderwaarheid ’n interessante leesoefening. Hoewel beide skrywers meestal fokus op ’n gedetailleerde lees van elke werk en opvallende temas, motiewe, beeldspraak, ens uitlig om groter samehang tussen die werke aan te toon, verskil die toonaard van elkeen se betoog beduidend. Terwyl Van der Merwe se werkswyse beskryf kan word as ’n meer tradisioneel-literêre benadering tot die werke en baie min kritiek uitspreek oor enige aspek van hierdie oeuvre van Van Wyk Louw, word Renders se bespreking van dieselfde oeuvre deurgaans gekenmerk deur ’n betoog wat deurspek is van kritiek. Die grootste gedeelte van Renders se argument gaan oor sy kritiek op Louw se Afrikaner-nasionalistiese oortuigings soos wat dit tot uiting gekom het in sy onderskeie dramatiese werke.

.........

Die kritiek wat Renders (16) het op die meeste van Van Wyk Louw se drama(s)tiese werk binne die konteks van sy Afrikaner-nasionalisme, is dat sy werke “te miopies gerig [is] op die belange van die Afrikanervolk”.

...........

Die kritiek wat Renders (16) het op die meeste van Van Wyk Louw se drama(s)tiese werk binne die konteks van sy Afrikaner-nasionalisme, is dat sy werke “te miopies gerig [is] op die belange van die Afrikanervolk”. Die klem op die Afrikanervolk is vir Renders (29) ten koste van ’n beskouing wat die groter Suid-Afrikaanse samelewing se probleme aanspreek:

Van Wyk Louw se dramatiese tekste hou aan die Afrikanervolk ’n spieël voor. Hulle wys voortdurend op die moeilikhede op die pad na volkswording. Sy dramatiese werk is geskryf vanuit ’n nasionalistiese perspektief oor temas wat net vir die Afrikanergemeenskap relevant is. Dikwels speel die handeling hom op abstrakte vlak af, of is dit gesitueer in ’n ander plek of tyd. Die antwoorde wat aangereik word, is vaag, dubbelsinnig en soms teenstrydig. Van Wyk Louw se dramas handel nooit regstreeks oor die akute maatskaplike probleme van sy tyd, soos die rasseverhoudinge of die demokratiese regte van die ander bevolkingsgroepe, nie.

Hoewel Van der Merwe (8) saamstem dat Afrikaner-nasionalisme duidelik teenwoordig is in baie van Louw se dramas, antwoord hy nie uitvoerig op Renders se kritiek nie, maar voer kortliks aan:

’n Mens dit moet plaas binne die konteks van die tyd toe Afrikaners geworstel het met die ekonomiese en psigologiese gevolge van die Anglo-Boere-oorlog. Daar was die wesentlike moontlikheid dat die Afrikaner se taal en kulturele erfenis deur die magtige Engelse taal en kultuur vernietig kon word. Sy verbintenis tot die Afrikaner-nasionalisme moet teen hierdie agtergrond verstaan word.

........

In my bespreking van Van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin (2020:472) verwys ek ook na Renders (en andere) se kritiek op Van Wyk Louw se Afrikaner-nasionalistiese uitsprake en is ek ook, soos Van der Merwe, van mening dat Louw se uitsprake binne die konteks van sy tyd bespreek moet word.

...........

In my bespreking van Van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin (2020:472) verwys ek ook na Renders (en andere) se kritiek op Van Wyk Louw se Afrikaner-nasionalistiese uitsprake en is ek ook, soos Van der Merwe, van mening dat Louw se uitsprake binne die konteks van sy tyd bespreek moet word:

Dit is tog duidelik, soos Renders ook uitwys, dat Louw hom hoofsaaklik bemoei het met Afrikanergeskiedenis en Afrikanerbelange in meeste van sy dramas. Vir die hedendaagse leser van die werke is hierde fokus van historiese belang, aangesien die politieke landskap vandag heeltemal anders daar uitsien as wat dit in die 1960’s was. Myns insiens moet mens versigtig wees om hierdie werke (Louw se dramas) te veel te bekyk vanuit slegs ’n hedendaagse perspektief. Sy werke is geskryf in ’n bepaalde tydperk toe die hele ideologie van Afrikaner-nasionalisme sterk gestaan het en die Afrikaner ’n tydperk van glorie beleef het.

Vir ’n hedendaagse leser van Van Wyk Louw se dramatiese werk is dit egter wel van wesentlike belang dat hierdie polemiese gegewe meer aandag moet ontvang as die enkele verwysings daarna soos in hierdie bundel se inleiding gegee.

’n Belangrike vraag wat die inleiding tot Versamelde dramas sekerlik ook moes probeer aanspreek het, is die vraag na die waarde en betekenis van Louw se dramatiese oeuvre vir lesers/navorsers/studente vandag. Renders (2) se betoog het ook hierdie vraag op die voorgrond gestel:

Die dramatiese tekste van NP Van Wyk Louw weerspieël en weerkaats vir mekaar. … ’n Analise van die ooreenkomste en verskille tussen die verskillende dramatiese tekste sal ons toelaat om die invulling wat Van Wyk Louw in dramavorm aan die konsepte “volk-wil-wees” en “volk-wees” gegee het, noukeuriger te bepaal en aldus bydra tot ’n skerper beeld van Van Wyk Louw se houding teenoor Afrikaner-nasionalisme. Dit sal dit ook moontlik maak om die meriete van die dramatiese werk van Van Wyk Louw beter te oordeel en om die relevansie daarvan vir ons tyd noukeuriger in te skat.

Die waarde van ’n versamelbundel van NP Van Wyk Louw se dramatiese werk 50 jaar na sy afsterwe is juis geleë in die terugblik wat ons kan werp op hierdie oeuvre van hom met behulp van ’n volledige stel van sy werke in een publikasie. So ’n herwaardering sou sekerlik ook na die dramas as dramas (dws werke wat opvoeringsgerig is) moet verwys. Hoewel die werke in hulle eie tydvak opgevoer is of as hoorspele uitgesaai is, is dit onwaarskynlik (hoewel seker nie onmoontlik nie) dat hulle vandag nog opgevoer sou word. Van der Merwe het hom nie uitgespreek oor die opvoerbaarheid van hierdie dramas nie, terwyl Renders dit (reeds in 2002) stel dat “die dramatiese werk van Van Wyk Louw baie verouderd aandoen en deesdae eintlik onopvoerbaar is” (19).

Die bestudering van dramas vanuit ’n literêre oogpunt volg natuurlik ’n lang tradisie binne die dramagenre en is nie ’n werkswyse wat op sigself gekritiseer hoef te word nie. Dit is egter wel so dat daar sedert die 1980’s alreeds heelwat dramateoretiese studies gedoen is wat wegbeweeg van ’n suiwer literêre bespreking en beoordeling van verhoogdramas na ’n groter erkenning en inkorporering van die opvoeringsgerigtheid van hierdie werke. In die meeste hedendaagse studies word die dramatiese genre se gerigtheid op die opvoering van die dramatiese werk – hetsy in die medium van die verhoog, radio of as “libretto vir ’n radiofoniese opera” – beskou as die onderskeidende kenmerk van hierdie genre. Vanuit die perspektief van ’n teaternavorser sou mens heelwat inligting in hierdie dramas kon kry wat wel aansluit by hedendaagse teoretiese invalshoeke, byvoorbeeld vanuit die teaterhistoriografie of resepsiestudies. Vergelyk byvoorbeeld my bespreking van Die pluimsaad waai ver of Bitter begin (2020:475) se resepsie waar ek tot die volgende slotsom kom:

Dit is so dat mens baie kritiek kan inbring teen NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin: vanaf kritiek op sy ideologies gefundeerde Afrikanernasionalistiese konteks tot ’n uitwys van die werk se dramatiese en opvoeringsgebreke. Vir die hedendaagse drama- en teaternavorser bly die drama egter ’n interessante gevallestudie binne die (Suid-) Afrikaanse drama- en teatergeskiedenis. In die herbesoek aan ’n drama meer as vyftig jaar later is dit so dat die drama as drama moontlik vir huidige navorsers van minder belang is as die drama as (teater)historiese dokument. Dit is dus redelik onwaarskynlik dat hierdie werk weer opgevoer sal word. Die epiese omvang van die drama (inhoudelik, maar ook veral wat betref sy besondere lengte en groot hoeveelheid karakters) sou heelwat ingekort moet word vir moderne gehore. Binne die Afrikaanse drama- en teatergeskiedenis het hierdie werk ’n baie bepaalde ikoniese status verkry. In NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin vind ons een van die grootste polemieke ten opsigte van toeskouerresepsie gereflekteer, asook een van die mees gedetailleerde optekenings daarvan binne die Afrikaanse drama- en teatergeskiedenis – ’n ryke gevallestudie vir die student van teaterresepsiestudies sowel as vir die Afrikaanse teaterhistorikus!

Hoewel dit dus onwaarskynlik is dat enige van die werke wat in hierdie bundel opgeneem is, weer opgevoer of uitgesaai sal word en die opvoeringsgerigtheid van hierdie werke dus nie meer van so ’n groot belang is nie, beteken dit egter nie dat resente teaterteoretiese perspektiewe nie op hierdie werke toegepas kan word nie.

Terwyl Versamelde dramas van NP Van Wyk Louw ’n welkome toevoeging is tot die publikasies wat nou onlangs oor hom verskyn het, moet enige belangstellende leser van hierdie dramas hulle wel lees binne die konteks van polemiese standpunte wat vroeër – veral deur Renders – oor hulle gestel is. ’n Vergelykende lees van Renders se 2002-betoog en Van der Merwe se inleiding in 2021 bied baie stof vir debat en nadenke – sekerlik ’n intellektuele oefening wat NP Van Wyk Louw self sou gesteun het.

Hierdie bundel behoort ook in samehang gelees te word met die drie publikasies wat in 2020 oor Van Wyk Louw verskyn het, veral omdat hierdie publikasies juis herwaarderings gee van sy hele oeuvre (met enkele verwysing na sy dramatiese werke), terwyl verskeie bydraes die vraag oor sy relevansie vir huidige lesers wel ook direk aanspreek 50 jaar na sy afsterwe.

 

Bibliografie

Johl, R (gasred). 2020a. Temanommer: NP Van Wyk Louw: Opstelle vir ’n oorgangstyd. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60:60. Pretoria: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

─. 2020b. NP Van Wyk Louw: Silwer herberg in die sneeu – ’n Huldiging. Pretoria: Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Keuris, M. 2020. ’n Herbesoek aan NP Van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin. In Johl (gasred) 2020a:463–76.

Muller, A en B Roos-Muller (bydraende reds). 2020. Vuur in sy vingers: Die verreikende invloed van NP Van Wyk Louw. Hermanus: Hemel & See Boeke.

Renders, L. 2002. Die dramatiese werk van NP Van Wyk Louw: Met volk-wees as inspirasie. LitNet Akademies. https://www.litnet.co.za/die-dramatiese-werk-van-np-van-wyk-louw-met-volk-wees-as-inspirasie-2002 (23 April 2021 geraadpleeg).

Lees ook:

N.P. Van Wyk Louw deur die oë van Adam Small

Kaantie wies NP Van Wyk Louw?

Video: NP Van Wyk Louw-gedenklesing ‒ Jeremy Vearey (18 Junie 2020)

NP Van Wyk Louw (1906–1970)

Die soeke na God in “Groot ode” van N.P. Van Wyk Louw

The post <i>Versamelde dramas – NP Van Wyk Louw</i>: ’n LitNet Akademies-resensie-essay appeared first on LitNet.

Op soek na Saartjie deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

$
0
0

Op soek na Saartjie
Dominique Malherbe
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624091233

“Van horen zeggen liegt men veel.” Dit is die waarskuwing wat steeds weer by my opgekom het by die lees en herlees van Dominique Malherbe se pas verskene Op soek na Saartjie, Langenhoven se geheime liefde.

Malherbe se doel is om die storie te vertel van haar merkwaardige, maar ook geheimsinnige groottante, Sarah Goldblatt (1889–1975) wat bekendheid verwerf het as energieke medewerker en uiteindelik literêre eksekuteur van die Afrikaanse skrywerikoon CJ Langenhoven. Sy vermoed naamlik dat daar in die verlede nie reg laat geskied is aan Sarah nie, dat haar storie andersins sou sterf “saam met ander stories oor vroue wat geskiedenis gemaak het”.

........

Malherbe se doel is om die storie te vertel van haar merkwaardige, maar ook geheimsinnige groottante, Sarah Goldblatt (1889–1975) wat bekendheid verwerf het as energieke medewerker en uiteindelik literêre eksekuteur van die Afrikaanse skrywerikoon CJ Langenhoven.

.........

Al gou ontwikkel die verwondering oor Sarah se groot toewyding tot ’n vraag of dit berus het op ’n liefdesverhouding buite Langenhoven se oënskynlik gelukkige huwelik met Vroutjie, oor wie hy steeds gemoedelik bly skryf het. Was dit ’n fisieke verhouding? En nog meer: Was daar ’n liefdeskind? Laasgenoemde word ’n queeste, ’n allesoorheersende speurtog, al noem Malherbe op ’n stadium dat dit nie die primêre motivering vir haar navorsing was nie (198).

Teen die einde bevind sy: “Ek het die geheim opgelos.”

Is dit egter waar? Dit verbaas my dat ’n skrywer met ’n regsagtergrond op grond van sulke yl en onbetroubare gegewens tot so ’n definitiewe gevolgtrekking kan kom.

Die vernaamste getuienis kom uit die mond van Langenhoven se kleinseun Guillaume Brümmer. Hy erken teenoor haar nie slegs dat daar ’n seun was nie, maar dui ook aan dat hy hom as jong man ontmoet het. Malherbe is voor hierdie onderhoud egter reeds deur Guillaume se dogter gewaarsku dat “sy geheue nie meer goed is nie”. Etlike elemente in die beskrywing van hierdie eerste en latere ontmoetings wat Malherbe met Guillaume gehad het, dui op iemand met gevorderde demensie. Dit blyk bowendien dat Brümmer se kennis van ’n liefdesverhouding tussen sy oupa (wat hy nooit geken het nie) en Sarah beperk is tot ’n enkele gesprek tussen sy ma en ouma wat hy as jong kind afgeluister het toe hulle gedink het hy slaap.

Daarnaas staan ’n mededeling van Malherbe se eie ma, Karen, dogter van Sarah se broer Israel. Sarah se verhouding met haar eie familie was egter teen die tyd dat daar so ’n baba die lig kon gesien het, beperk, en selfs gespanne. Na aanleiding hiervan vra sy haar op ’n gevorderde stadium in die boek af: “Het Rebecca van die liefdesverhouding geweet? Van die kind?” (Rebecca was Sarah se suster.) Haar eie ma se mededeling: “Yes, of course there was a child of Sarah’s. […] Everyone knew about it” (208) noem sy self voorheen “slegs ’n interessante brokkie” (107). Karen, wat Sarah skaars geken het, se skielike onomwonde mededeling wek selfs die skrywer se verbasing (208).

Wat oorbly, is ’n verwysing in ’n brief van Sarah aan Langenhoven uit 1926 na ’n baba wat na ’n boot gebring is (55). ’n Inskrywing in Sarah se dagboek oor “ouerlike kenmerke” word al gesien as ’n aanduiding dat sy ook self ervaring van ouerskap het. ’n Bladsy in die Langenhoven-argief waar hy ’n hele reeks punte van advies vir “my seun” aanteken (208) is vir haar nog so ’n teken. As Sarah in 1924 aan Langenhoven skryf dat sy ontsettend moeg is, meen Malherbe dat sy moontlik swaarkry onder haar swangerskap (100). Steeds soek sy in die korrespondensie na “’n sin wat dalk die juweel kon oplewer wat ek so nodig het” (99). ’n Laaste verhulde bewys in dié verband is vir haar die gedig “Kuns en liefde” (204–7). Dit is nooit in ’n bundel ingesluit nie, maar het in 1923 in Die Burger verskyn. ’n Handgeskrewe eksemplaar sluit die laaste volume briewe in die Goldblatt-versameling in die Universiteit Stellenbosch se dokumentasiesentrum af. Malherbe beskou dit as ’n gedig gerig aan die liefdeskind wat uit hul lewens vertrek het.

’n Mens moet toegee dat die ontbreking in die argiewe van briewe uit die tyd toe so ’n baba die lig kon gesien het (ongeveer 1923–1925), ’n probleem skep. Daarby kom nog die briewe in Brümmer en nou sy erfgename se besit wat hulle nie wil prysgee nie. Die gegewens oor die baba wat na ’n passasierskip gebring is, is so vaag dat dit na heeltemal iemand anders kan verwys. Dit is ook moeilik verenigbaar met die bewering in Malherbe se familiemites dat hy uiteindelik die aanneem-van Van der Merwe sou gekry het. Die dagboekinskrywing oor “ouerlike kenmerke” (179) volg op ’n gesprek met Audrey Blignault op dieselfde dag oor dieselfde saak, beswaarlik ’n aanduiding van eie ouerskap. Vir ’n suksesvolle skrywer van spreuke hoef dit sekerlik nie op ’n eie seun te dui as Langenhoven oefen met klinkende adviese aan “my seun” nie. (DJ Opperman, vader van slegs dogters, se Negester oor Ninevé is byvoorbeeld gerig op ’n seun.) Dat Sarah in 1924 baie moeg is, kan ook gewoon verband hou daarmee dat sy kort tevore die seniorsertifikaat voltooi het en nou ’n kwaai pas moet volhou met haar werk. En die volgende woorde in “Kuns en liefde” skakel Malherbe se interpretasie uit dat Langenhoven dit op sy seun rig: “Sy stem ewig stil, / Maar in sy werke leef sy woorde voort.”

Dit is terselfdertyd opvallend dat Malherbe toenemend in die boek stellings maak wat die bestaan van die kind voer van ’n moontlikheid tot ’n waarskynlikheid en uiteindelik ’n vasstaande feit. Vergelyk maar hoe sy hoofstuk 6 afsluit na die 1926-brief oor die baba wat na die skip geneem is:

Ek ken nie die presiese datum nie. Al wat ek weet, is dat Sarah volkome toegewyd aan Langenhoven was en terselfdertyd smoorverlief op hom.

En dat daar ’n kind was. (54)

Niks in die 1926-brief onderskryf selfs die gevolgtrekking dat Sarah “smoorverlief” was nie.

’n Finale gedeelte in die opbou oor die bestaan van die kind is haar nogal emosionele reaksie op ’n opmerking van die Langenhoven-biograaf JC Kannemeyer oor die wyse waarop Sarah haarself deurgaans daarvan weerhou het om buite haar rol as administrateur van die skrywer se literêre nalatenskap te tree. Kannemeyer voeg naamlik by: “behalwe wanneer dit haar gepas het” (225).

Omdat ek weet dat Sarah ’n kind by Langenhoven gehad het (soos Guillaume ook weet, en Kannemeyer vermoedelik ook geweet het) en dat sy hom vermoedelik vir aanneming moes afgee, vind ek hierdie soort bewerings oor Sarah buitengewoon kwetsend. Soveel so dat dit my hart laat pyn. Ek kan my maar net indink dat om ’n kind af te staan, en veral ’n kind van ’n man aan wie jy geheel en al onmeetlik en obsessief toegewyd is, ’n bron van diepe hartseer vir haar deur die lewe moes gewees het. (225)

Dit volg nadat Malherbe in haar hoofstuk 16 groot dele aanhaal uit ’n artikel deur Sue van Waard wat uitsprake deur Sarah bevat oor haar eie tegnieke van manipulasie. Malherbe verwyt trouens vir Kannemeyer dat hy te min aandag gegee het aan Van Waard se stuk. In haar betoog oor die bestaan van die kind gaan die skrywer dus hier in haar “Slotwoord” oor tot ’n emosionele aanslag, patos, retories gesien iets waarmee die gebrekkige feitelike bewyse ten slotte bedek word.

Sy sluit die Slotwoord af met die versugting: “Ek hoop ek kon reg laat geskied aan Sarah se storie. En ek hoop haar seun, waar hy ook al was, sou trots gewees het op sy moeder.”

Met hierdie selfingenomenheid sluit Malherbe dus haar onthulling af van die geheim van ’n familielid wat ’n leeftyd lank alles gedoen het om dit juis te bedek dat sy ’n liefdesverhouding sou gehad het met Langenhoven, om nie eens die moontlike feit van ’n liefdeskind te noem nie. So ’n redenasie is niks anders as die reinste hipokrisie nie.

Die kwessie dat die noue verhouding tussen Sarah en Langenhoven ten minste met tye ook fisieke liefde ingesluit het, is reeds openbaar in Kannemeyer se Langenhoven ’n lewe (1995) nadat daar waarskynlik voorheen skinderstories oor bestaan het. Kannemeyer baseer sy gegewens hieroor op ’n mededeling deur Brümmer oor toe hy die gesprek afgeluister het. Dit kom dus ooreen met wat Brümmer aan Malherbe gesê het. Kannemeyer beklemtoon egter dat dit nie gegaan het om ’n mariage à trois nie (653). Dit het eerder gegaan om twee vroue wat alles gedoen het om ’n hoogs talentvolle, maar onstabiele en aan depressies uitgelewerde man orent en produktief te hou. (Hoeveel skrywers was al ooit in staat tot so ’n volgehoue produksie?) Dat Malherbe dit hier wel (98) as ’n “sogenoemde mariage à trois” bestempel, is nogal verbasend.

Vergun my om hier ’n persoonlike inset te lewer. In die aanloop tot die publikasie van Kannemeyer se biografie, en trouens ook in die jare daarna, het ek noue betrekkinge met hom en sy navorsing gehad. Ek kan dit as ’n feit stel dat Kannemeyer hoegenaamd nie van die bestaan van so ’n kind geweet het nie. Hy moes wel ’n biografiese geskiedenis hanteer wat wemel van “vreemde stories”, soos Malherbe Brümmer se afluisterverhaal bestempel (31). Dit sluit in dat Langenhoven eintlik die kind van ’n Joodse smous sou gewees het. Ek het saam met Kannemeyer besin oor die ware geboortehuis en die kwessie dat die graf van sy moeder nie opgespoor kan word nie. Om natuurlik nie te vergeet van Langenhoven se eie spottery oor die dubbele brein wat hy volgens party mense sou hê en wat hy daarom aan die Universiteit Stellenbosch bemaak het nie.

........

Op soek na Saartjie is nogtans nie ’n boek sonder meriete nie. Sarah Goldblatt se verhaal is seer seker die moeite werd om te vertel. Sy was ’n besonderse persoon uit eie reg. Almal betrokke by kultuurbevordering, soos die organiseerders van ons hededaagse kunstefeeste, behoort bewondering vir haar prestasies te hê.

.........

Op soek na Saartjie is nogtans nie ’n boek sonder meriete nie. Sarah Goldblatt se verhaal is seer seker die moeite werd om te vertel. Sy was ’n besonderse persoon uit eie reg. Almal betrokke by kultuurbevordering, soos die organiseerders van ons hededaagse kunstefeeste, behoort bewondering vir haar prestasies te hê. Ook as literêre agent wat die werk van ’n topverkoperskrywer se werk bevorder was sy haar tyd ’n halfeeu en langer vooruit. Dit is ’n aspek wat Kannemeyer inderdaad miskyk, maar waaraan Malherbe self ook nie genoeg aandag gee nie. Wat was Sarah se strategie?

En in die tydperk voor Langenhoven se dood, toe sy sy “sub” was? Wat was haar werklike literêre funksie(s)? Is daar gegewens oor haar toesig oor die manuskripte op pad na en van die drukker? Was sy ’n kritiese klankbord? Malherbe noem hoe ’n opbouende kritiese rol sy teenoor ’n jong Elsa Joubert gespeel het (211). Ook Audrey Blignault word aangehaal as dat Sarah teenoor haar as “’n kritiese gehoor” (194) opgetree het. Haar skerp insig blyk uit haar snydende beoordeling van die Nobelpryswenner Ernst Hemingway se werk (131).

Wanneer Malherbe teensinnig die Afrikaanse Taalmonument besoek, moet sy veg teen haar aversie. Tot op daardie stadium meen sy “dat dit gebou is om die taal van die verdrukker te gedenk – die argitekte van apartheid, wat die land geplunder en onteer het, wie se nalatenskap beslis geen akkolades verdien nie” (116). Dit moet sy oorkom om iets te probeer begryp van haar groottante se toewyding aan hierdie taal en gepaardgaande nasionalisme. Sy dring egter steeds nie deur tot die essensie van die Langenhoven/Saartjie-benadering nie. Met die aanhaal van ’n brief van Saartjie aan Langenhoven skuur Malherbe kennelik verby die essensie sonder om dit te besef: “Denk terug aan die gedurige gevegte met die beste onder jou eige volk om tog jou eige volk ’n bietjie self-respek te laat kry” (93). Deel van hierdie eintlik baie beskeie nasionalistiese ideaal is ook die stryd om ’n Afrikaanse skryftaal te ontwikkel uit die gewone mens se spreektaal en om dit vervolgens te gebruik sodat ’n letterkunde gevorm kan word wat bevatlik bly vir die gewone mens. Daarvoor was streng kontrole noodsaaklik. Vandaar ook Langenhoven se teensin in letterkundige geleerdes.

........

Deel van hierdie eintlik baie beskeie nasionalistiese ideaal is ook die stryd om ’n Afrikaanse skryftaal te ontwikkel uit die gewone mens se spreektaal en om dit vervolgens te gebruik sodat ’n letterkunde gevorm kan word wat bevatlik bly vir die gewone mens.

...........

Is dit waar dat Sarah, ondanks haar belangrike werk vir Afrikaans as Jood, steeds ’n uitgestotene was onder Afrikaners? Dit is ’n sienswyse wat Malherbe oorneem van vorige navorsers. Sarah was lank nie die enigste persoon van Joodse afkoms wat opgegaan het in Afrikaanse gemeenskappe nie. Dat sy intense vriendskappe met van die prominentste Afrikanervroue van haar tyd gehad het, dui op die teendeel: MER, Audrey Blignault, Anna M Louw, die jonger Elsa Joubert. Malherbe haal Audrey Blignault aan wat haar “my goeie en getroue vriendin” noem. Die landwye 1973-viering van Langenhoven se 100ste geboortejaar was moontlik slegs danksy die oop deur wat Sarah gehad het na prominente Afrikaner-leiers. Ek het gesien met watter eerbied sy ontvang is toe sy in daardie jaar op Stellenbosch die verhoog betree het. Natuurlik is dit soms nodig om in so ’n projek druk op mense uit te oefen.

Malherbe neem ’n versugting oor uit Audrey Blignault se dagboek dat Sarah ten minste ’n eredoktorsgraad moes ontvang het “vir haar voortreflike arbeid en toegewyde strewe vir Afrikaans” (195). Ook elders wys sy daarop dat Sarah nie na verdienste vereer is nie. Daar was destyds waarskynlik minder toekennings beskikbaar van die ATKV, die FAK, ens. Sekerlik het sy groot verdienste gehad. Van die Kaapse Drie Eeue Stigting kry sy wel ’n toekenning. Met die gegewens wat Malherbe in hierdie boek aanbied, sien ek egter swarigheid om spesifiek die toeken van ’n eregraad by ’n universiteit te motiveer en goedgekeur te kry.

’n Saak wat nie genoeg aandag kry nie, is die finansiële voordele wat Sarah uit haar rol met die Langenhoven-nalatenskap ontvang het. Sou hy haar betaal het vir haar werk tydens sy lewe? Sy inkomste behoort voldoende te gewees het. Malherbe noem dat Langenhoven deur sy testament wel vir haar sekuriteit gegee het, naamlik 25% van die opbrengs uit sy werk, terwyl sy ook die volle tantieme sou ontvang op sommige titels. Foutiewelik skryf Malherbe (226) dat daar “in die jaar voor Sarah se dood twee miljoen eksemplare van die Versamelde werke verkoop is”. ’n Meer korrekte gegewe is wat Kannemeyer (27–8) haal uit ’n toespraak van Sarah in 1974, naamlik dat daar tot op daardie datum altesame 2 100 000 boeke (dus ook in ander uitgawes) van Langenhoven se boeke verkoop is. Dit gee in die jare 1914 – 1973 ’n gemiddeld van 35 000 eksemplare per jaar. Sarah het dus ’n literêre goudmyn bestuur en haar aandeel moes aansienlik gewees het. Haar insette het vir haar groot voordeel ingehou. Dit is jammer dat Malherbe se oorhaastige redakteurs haar nie verwys het na Nasionale Pers se argiewe nie. (Niemand het haar ook verwys na die Langenhoven-versameling by die NALN in Bloemfontein nie.)

Die niechronologiese opbou van Op soek na Saartjie hoef nie op sigself ’n beswaar te wees nie. Dit veroorsaak egter onnodige herhalings en werk meer verhullend as verhelderend. Watter probleme so ’n benadering kan oplewer, blyk reeds vroeg. Malherbe skryf hoe sy tydens haar eerste besoek aan Elsa Joubert die storie van Guillaume Brümmer vertel het dat sy ma die twee verliefdes eenkeer in die kombuis betrap het. Net daarna sit Malherbe buite Elsa se blyplek in haar motor en wonder hoe haar kennelik eerste ontmoeting met Brümmer sal verloop! (26).

Die boek bevat interessante gegewens, maar beantwoord nie aan sy potensiaal nie. Dit is eintlik ’n verlore geleentheid en is te oorhaastig gepubliseer. Die kwessie van die liefdeskind is inderdaad vandag nie meer “’n verhaal van oneer en skande” nie. Malherbe se poging om dit tot waarheid te dwing, is egter skadelik vir die boek. En Sarah se storie bly onvolkome vertel.

Lees ook:

The heart has spaces – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker

Flame in the Snow – the love letters of André Brink and Ingrid Jonker

Oor die transkripsie van Vlam in die sneeu se liefdesbriewe

Liefde, seks, Vlam in die sneeu en Tristia

The post <i>Op soek na Saartjie</i> deur Dominique Malherbe: ’n LitNet Akademies-resensie-essay appeared first on LitNet.


An illuminated darkness by Jacques Coetzee: a review

$
0
0

Photo of Jacques Coetzee: https://www.meganross.co.za/news/jacques-coetzee-poetry-rewiew-in-new-frame-news

An illuminated darkness
Jacques Coetzee
Publisher: uHlanga Press
Date of Publication: 2020
ISBN: 9781990968662

Jacques Coetzee’s debut poetry collection, An illuminated darkness, contains poems of tuneful, dry humour and a confessional tone that combine in the mouth of a speaker as they relate to the world around them. That Coetzee is a visually impaired poet will probably be the first thing you notice when you pick up the uHlanga Press edition, as it includes a Braille sticker on the black and white cover. The publisher has also partnered with Blind SA with the hope of producing a book for print-disabled readers so that they, too, can read the collection of poems. But beyond the good that this means for visually impaired readers and the South African publishing industry, the collection’s poems are worth their own engagement. To me, the poems’ most interesting elements come from their portrayal of various humans’ attempts to relate to one another earnestly.

.......

That Coetzee is a visually impaired poet will probably be the first thing you notice when you pick up the uHlanga Press edition, as it includes a Braille sticker on the black and white cover.

.........

Take a poem like “Morning after”. It’s written in the third person, and speaks of a man waking up with a woman beside him in bed. Its tone is sensuous. The rhetorical question in the third line, “were they really together like that again, last night?” hints at the act that the title refers to, as well as allowing for an indirect entry into the mind of the man slowly waking up in his surroundings. Eight out of the ten lines of the poem centre on this man slowly waking, as he “reached his hands down the whole length of him”, noting that this is “a body he knows he must learn to love again”. Only with these acts complete does the man find “her there, in the bed next to him”. Note how only after he begins to learn to love his body does he reach across the bed to find her body waking next to his.

There are poems of laughter, like “On composition, 1/2: Talking to an actress in Constantia Mall”. The poem recounts a conversation between the poem’s speaker, presumably Coetzee, and an actress he meets, who self-identifies as a poet. The speaker of the poem jokes about not receiving money for the poems that he publishes, but it seems that the actress does not pick up on the joke. The actress warns of some dangers of having one’s poems stolen when they are read aloud, but the speaker notes that they’d have to “steal fast”, considering the length of his poems. It seems that the worst thing for the actress is to have her poems recorded. For Coetzee, it is part of the game. His poems might be stolen, but it is part of being a poet.

The composition is continued with the poem “On composition 2/2: Billy”, where the speaker finds himself talking about The Egyptian book of the dead with a man who is painting his house. The speaker wonders whether this man would be “up early on Monday”, while they, living the life of a poet, would wake “late in the afternoon”. Regardless of all that remains unknown among the different lives that each of these characters live, the speaker – content – notes, “I had stolen all I needed/ to write this poem.” There’s a sense that something more happened than Coetzee gaining material to write a poem, but what exactly this is seems irrelevant, at least to me. What is attained is interactions of understanding, however irregular, around which a poem can be based.

The title of the collection comes from a line found in the poem “The steps”. This poem is told in three parts, with each part describing a different time in the speaker’s life. The young boy of the first section describes a scene at a school hostel. The speaker casts himself as an outcast who had “Paton and Cervantes for companions”. He notes that:

 … I would read myself
out of that place, and into another, where hearts and ideas
are exchanges; where you can stand
in an illuminated darkness, having found
a place from which to speak; to write.

While the other school boys engage in school-like shenanigans, he reads. The steps that he would ascend to reach this place are taken fast, and he notes that he would ignore “the rude jokes” thrown around. Note how the boy who casts himself as other because of his books is proud that he never was one of the cool kids, but the attention that he pays to the wonder of what they were doing suggests a longing to be there. It’s the speaker recalling with hindsight how he pretended not to care as a child, despite the happiness he simultaneously found in the darkness.

The next section notes that a decade has passed. The speaker now is “prowling the streets/ of a university town, looking for an unnameable fix”. The angst of searching remains here. But now, instead of avoiding the smokers, he becomes one, “accepting the disgrace that must surely follow”. The speaker joins those from whom he initially wanted to be seen as separate, and his world does not implode from this new community. If anything, it takes his life towards a new path, and gives him material to write about.

The closing section questions where these other boys now are. He notes that the smoking school children could be church deacons, for all he knows, and the poem follows this strand of the unknown:

We know too little about each other, still,
for love or hatred. But
something always almost happens;
somewhere before waking,
something – call it hunger –
becomes familiar to us; is exchanged.

The disgrace of “lowering himself” to others does not seem to occur. Instead, something is made familiar in the various interactions that the poems describe. These small acts in life probably moved him forward and probably helped him at times when human comfort was desired. It seems that a small, minute, even-for-a-second feeling of joy was attained. He might not know what, he might not have a blueprint of how, but he seems to advocate such small happenings of familiarity brought about by attempts of exchange. He was open to accept a disgrace, and when such an event did not occur, he remained to write. If anything, being open to others gave him a poem to name his collection after.

The post <em>An illuminated darkness</em> by Jacques Coetzee: a review appeared first on LitNet.

Raaiselsee deur Troula Goosen: ’n jonglesersindruk

$
0
0

Lara Goosen is vyftien jaar oud. Hierdie jonglesersindruk is uit eie beweging na LitNet gestuur.

Raaiselsee
Troula Goosen
NB-Uitgewers
ISBN: 9780798181006

Dis Daniel se onverwagse avontuur wat maak dat lesers die boek nie kan neersit nie.

Raaiselsee is ’n historiese verhaal en ’n spookagtige fantasie wat merendeels in die Overstrand afspeel. Die storie gaan oor Daniel, wat grootgemaak word om te steel, en wat vertel word is dat hy, nes sy pa, niks meer as ’n dief is nie. Toe die versoeking om ’n meisie in ’n rolstoel se pêrelhangertjie te gaps te groot geword het, het hy besluit om dit te steel. Daarna voel hy skuldig, maar toe hy besluit om dit terug te gee, beland hy in ’n skip wat hom van Simonstad na Skulpiesbaai wegvoer. Daar ontmoet hy Malgas, ’n visserman, en Grietjie, wat juffrou Caitlin in haar rolstoel moet versorg.

Maar die strand is vol geheime. Wie is die ou vrou wat met haar wolf by die see woon? Waarom het Caitlin so kwaadwillig geword? Is die stories oor die geheimsinnige skeepswrak by Skulpiesbaai waar? Waarom voel dit asof Caitlin se pêrelhangertjie met hom probeer praat?

En hoe hou dit alles met mekaar verband?

Dit is Daniel se missie om die geheim uit te vind en Caitlin se lewe te red.

Raaiselsee het my van die begin af ingetrek en ek kon nie ophou lees nie. Ek is mal oor die storie! Dit het alles wat ’n goeie jeugroman behoort te hê en nog meer: misterie, avontuur, vriendskap en ’n bietjie romanse. Ek beveel die boek definitief vir alle tieners aan.

The post <em>Raaiselsee</em> deur Troula Goosen: ’n jonglesersindruk appeared first on LitNet.

Shaping Addo by Mitch Reardon: reader impression

$
0
0

Shaping Addo
Mitch Reardon
ISBN: 978-1-77584-604-8
Publisher: Penguin Random House South Africa

This reader impression was written and sent to LitNet on the writer's own initiative.

Wildlife author and photographer Mitch Reardon writes this inspiring account of conservation success that is the Addo Elephant National Park, a megapark of more than 2 980 square kilometres. South Africa’s third-largest national park and an ecologically diverse protected space, Addo stretches across five of our seven biomes or distinct botanical communities.

The blurb on the back cover of Shaping Addo reads:

An inspiring account of the history of the park, the habits and behaviour of its terrestrial and marine animals, and the pioneering practices that have transformed overworked farmland into an unspoilt wildlife sanctuary.

Dr John Hanks, a zoologist, comments:

Mitch Reardon’s Shaping Addo encapsulates a remarkable conservation success story … presented in a highly readable form with superb photographs. It’s essential reading for all those interested in nature and animal behaviour, and will enthral visitors to the park.

Consisting of 208 pages, a double-page full-colour map and ten very interesting chapters, Shaping Addo captures the nature enthusiast’s imagination and attention. The titles of the chapters are: “A savage history”, “Over the Zuurberg”, “Elephant country”, “Lions in a land of opportunity”, “Jackals and hyaenas”, “Life in the thickets”, “Grassland dramas”, “After the storm”, “Woody Cape” and “Islands in the bay”.

Reardon is especially proud of the fact that the Addo project has shown that profitability and sustainable management of natural resources are not mutually exclusive.

Indeed, Addo has powerfully demonstrated how carefully crafted strategies to promote parks in terms of economic growth and employment can turn unproductive farmland into economically valuable conservation areas, which in turn generates momentum for more land for conservation. (11)

It is interesting to note that South Africa is perhaps the only country in the world where protected land is increasing in size. Reardon has personally visited the park “in the hope of finding a more benevolent relationship with nature” (13). He found Addo a fine place to seek that connection. “The grandeur and location of the place, its great seductive loneliness, made me aware that out here, living the simple life … I had everything I could wish for” (40) – this is how he recalls relaxing on green and gold grasslands bordering Darlington Dam and watching the sunset one evening.

I thoroughly enjoyed reading Shaping Addo. Reardon writes both knowledgeably and entertainingly about the history of the park as well as its current endeavours. I love the fact that he engages with different role players, such as rangers and guides. He takes the reader with him on his adventure-filled explorations. One experiences the beautiful surroundings and animal life through his eyes. Full of interesting facts, amazing photos and well-written descriptive prose, Shaping Addo is a wonderful and informative read – a definitive must-have on the bookshelf of any nature enthusiast.

Get your copy of Shaping Addo here.

 

The post <em>Shaping Addo</em> by Mitch Reardon: reader impression appeared first on LitNet.

Lockdown recipes & stories: ’n lesersindruk

$
0
0

Lockdown recipes & stories
ISBN: 978-0-620-90798-9

Nog inligting: https://lockdownrecipes.co.za/

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Melkbos Rotariërklub publiseer Lockdown recipes & stories.  Dié kookboek is tjokkenblok vol resepte en motiverende stories deur bekendes, sjefs en tuiskokke. Dit is ’n viering van ons Suid-Afrikaners se veerkragtigheid en hoopvolle gesindheid gedurende en ten spyte van die nasionale grendeltyd. Ons ken mos van uithou, aanhou en planne beraam. Ons laat ons nie maklik onderkry nie, verál nie as dit kom by lekker kos maak nie.

Lockdown recipes & stories beslaan 114 bladsye en bevat 42 resepte. Lieflike volkleurfoto’s laat jou mond behóórlik water. Daar is drie hoofstukke, getiteld “Something Light”, “Main Meals” en “Sweet Things”.  Bekendes soos Coenie de Villiers, Cintaine Schutte, Hannes van Wyk, Milan Murray, Albert Maritz, Corné Krige, Jak de Priester, Liza Beekman, Reuben Riffel, Tebo en Lebo Ndale en Margit Meyer deel hulle resepte vir watertandgeregte. Bydraers vertel ook meer oor hoe hulle die grendeltyd ervaar.

........

Wil jy iets ligs voorberei om te eet? Jy kan kies uit onder meer Anna-Mart van der Merwe se Artichoke & parma ham salad, Bertus Basson se Melkkos en Wihan Brink se Beer bread.

........

Wil jy iets ligs voorberei om te eet? Jy kan kies uit onder meer Anna-Mart van der Merwe se Artichoke & parma ham salad, Bertus Basson se Melkkos en Wihan Brink se Beer bread.

Vir hoofgeregte is daar byvoorbeeld Luna Paige se Fish curry, Pedro Kruger se Moroccan chicken & four cheese pasta en Wynand Moller se Bobotie.

Wie kan nou nee sê vir soetgebak? Aurelia Lambrechts se Lemon poppy seed blondies, Lea Vivier se Vegan Twix bars en Marina Albertyn-Struwig se Chocolate beet cake is maar enkele van die heerlike resepte tot jou beskikking.

Op bladsy 22 skryf Grant Swanby, gesoute akteur en Isidingo-ster: “Lockdown for my wife and I [sic] meant a time of gratitude, contemplation and bread baking.” Hy en vroulief Nicola Hanekom vervaardig, skryf en redigeer vir teater, televisie en die grootskerm. Grant deel nie net sy resep vir Quick chilli hummus nie, maar vertel ook van twee katjies wat hy en Nicola gekry het net voor die aanvang van grendeltyd. Die twee lewenslustige katjies het hulle omtrént besig gehou.

Germandt Geldenhuys, beter bekend vir sy rol as Louis Koster in Binnelanders, merk op: “We tend to associate success with being on-the-go all the time. It’s a symptom of modern times; being afraid to ‘just be’. The lockdown taught me that this is utter nonsense. It forced me to re-evaluate who I am, regardless of what I do and how others define me. [...]. The lockdown revealed another truth; I learnt to appreciate the pause. To take time. To observe. To be passive. To enjoy that cup of coffee on the couch in the mid-morning, mid-week sun” (46). Hy deel sy resep vir Slow pork belly.

Ek hou baie van Philip Erasmus, ’n talentvolle tromspeler, musiekvervaardiger en eienaar van die kreatiewe agentskap Let’s Be Friends, se Oreo cookie adventure balls. Die resep maak sowat 15–20 balletjies van soete sjokoladeverleiding wat tog te heerlik in die mond smelt. Philip skryf: “The Oreo Cookie Adventure Balls (aka Oreo Truffles) have a refined appearance, sweet rich taste and are embarrassingly easy to make. They are most addicive and best served straight from the freezer” (102).

Melkbos Rotariërklub beoog om die opbrengs uit die boekverkope vir gemeenskaps- en liefdadigheidswerk aan te wend om sodoende die swaarkry wat deur grendelbeperkings veroorsaak word, te help verlig. Lees gerus agter in die kookboek meer oor die Rotariërs en die projekte wat hulle aanpak.

Bestel jou kopie van Lockdown recipes & stories by www.lockdownrecipes.co.za.

The post <em>Lockdown recipes & stories</em>: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant? deur Stephan Joubert: ’n lesersindruk

$
0
0

Foto van Stephan Joubert: NB-Uitgewers

Emigreer of bly
Stephan Joubert
NB-Uitgewers
ISBN: 9780796322272

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Die ongemaklike onderwerp van emigrasie is ’n goeie onderwerp om boeke oor te skryf. ’n Onderwerp wat sekerlik nooit uitgeput sal kan raak nie. Nodeloos om te sê het die keuse om te emigreer of nie, verreikende implikasies, nie net vir die individu nie, want dit strek veel wyer tot by die geliefdes, die gemeenskap, en uiteindelik die hele land. Niemand weet regtig hoeveel Suid-Afrikaners elke jaar emigreer nie, maar dat hulle emigreer, en dit in groot getalle, is nie bloot ’n vae vermoede nie.

Elke emigrasie is anders. Vir baie families is die besluit om hulle wortels uit te trek baie voorspoedig. Suid-Afrika is nie ’n land wat goed bestuur word nie en massas mensepotensiaal word jaar na jaar hier vermors terwyl die politici hulself besig hou met magspeletjies vir geld en posisies, alles onder die sambreel van ubuntu en Wet 108 van 1996.

Oor geweld en veiligheid hoef ’n mens sekerlik nie eens veel uit te wei nie. Suid-Afrika is een van die gevaarlikste lande op aarde. Ons polisie is nie daartoe in staat om die land se inwoners te beskerm nie. Inteendeel; die polisie self vrot van misdadigers. Verkragting en geweldsmisdaad is aan die orde van die dag, met so tussen 50 en 60 moorde per dag, oftewel ongeveer 20 000 per jaar. Dan praat ons nog nie eens van dienslewering nie. Watertekorte is ’n algemene verskynsel terwyl Eskom nie daarin kan slaag om die land van elektrisiteit te voorsien nie. Al hierdie dinge maak die opsie van emigrasie uiters aanloklik vir menige Suid-Afrikaner.

Reeds vroeg in sy boek maak Joubert dit egter duidelik dat hy nie die verskaffer van maklike antwoorde is nie: “As jy hierdie boek wil lees om ’n vinnige antwoord op die ry-of-bly-kwessie te kry, moet dit liewer nie lees nie” (15–6). Ter inleiding stel hy dit ook dat emigrasie geensins uniek aan Suid-Afrika is nie. Daar is altyd mense wat besig is om rond te trek, en dit gebeur op die meeste plekke op aarde. Soos wat ’n mens lees, so skemer Joubert se eintlike opinie op die saak ook tog maar deur, en blyk dit dat hy nie regtig so neutraal staan as wat hy te kenne probeer gee nie. Trouens, ek moes geweet het dat die boek ook maar uiteindelik die vorm van ’n soort “preek” sou aanneem, gegewe Joubert se agtergrond as teoloog. Die Bybel word natuurlik kort voor lank nader gehark. Wat is God se wil? vra Joubert aan die hand van die boek Jakobus. Nie wat ek wil nie, maar wat God wil. Gaan die lewe net oor myself? Oor wat die beste is vir myself?

So borduur Joubert voort. In die proses sleep hy ook vir Josua en Kaleb by die saak in, die Israeliete se verkenners van die Beloofde Land wat nie op hulle eie insigte vertrou het nie, maar eerder op God se beloftes. Dit voel kompleet later soos 16 Desember, iewers op ’n klein dorpie in ’n warm klipkerk, soos wat Joubert die leser met teologiese argumente bombardeer. Op een punt maak hy egter ’n baie sterk argument as volg: “Die mense in Europa en ander Eerstewêreldlande is regtig nie net Afrikaanse mense in ’n vermomming wat toevallig Duits, Hollands of verskillende vorme van Engels praat nie. Vir my is die verskil tussen daar en hier die verskil tussen spontane verhoudings en warm gasvryheid, en afstandelike verhoudings” (37). Op dié manier borduur Joubert voort in sy kritiek teen emigrasie. Dis die media. Die media maak mense negatief oor ons land. Dis wat jy daarvan maak. Of jy nou hier is of daar is, jou ervaring is alles in jou kop (klink lekker Zen en Boeddhisties). Wat het koning Salomo gekies toe God vir hom ’n keuse gegee het? Het hy geld gekies? Voorspoed? Nee, Salomo kies wysheid bo alles!

Ander troefkaarte wat Joubert speel, is onder meer die volgende: Jy sê jy emigreer “vir jou kinders”, maar is dit werklik vir jou kinders? Of is jou kinders net ’n dekmantel vir jou selfsugtige self? Hy verwys ook na die vroeë Christendom: “Dit lyk my die vroeë Christene was beter met bly as met ry” (116). Die lewe daar is duurder as wat jy nou besef! Jy gaan jou familie mis. Wat van jou ouers en al die bekende mense en plekke? En dan, in wat waarskynlik as Joubert se heel grootste troefkaart beskou kan word: Jou kinders gaan “daar” dalk ateïste word! Ja, daardie lande daar oorsee is bekend vir al hulle sekulêre idees, hulle humanisme en al daardie dinge. Dit is ’n pynlike werklikheid. Die horribale gedagte daaraan darem! Wat baat dit jou jy en jou kinders wen die wêreld maar verloor julle siele? Aldus die Bybel … Onthou, Australië, Kanada, Engeland, daardie tipe plekke gaan nie goed inwerk op jou kinders se Christelike oortuiginge nie …

Joubert probeer nie regtig hard om in sy boek objektief bly oor die onderwerp van emigrasie nie – die boek verval uiteindelik maar grootliks in ’n lang preek oor die euwels daaraan verbonde om jou wortels uit te trek. Nee, hy veroordeel darem ook nie diegene wat die land verlaat direk nie (wel op subtiele maniere), maar uiteindelik is dit tog maar duidelik waar sy sentimente in die saak lê, en dat hy mense oor die algemeen eerder probeer ontmoedig as aanmoedig om Suid-Afrika te verlaat.

The post <em>Emigreer of bly: Is die gras werklik groener aan die ander kant?</em> deur Stephan Joubert: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Die vyfde slag deur Johann Grobbelaar: ’n resensie

$
0
0

Titel: Die vyfde slag
Skrywer: Johann Grobbelaar
 ISBN: 9780639606248
Uitgewer: LAPA

Vyf motiewe weerklink in Johann Grobbelaar se Die vyfde slag: seksualiteit en seksisme, verraad en verkragting, en ten laaste liefde. Dit sluit natuurlik aan by die unieke vyfnootmotief van Beethoven se vioolkonsert in D opus 61, vandaar die titel van die boek.

Beethoven se vioolkonsert begin met vyf slae van die keteltrom. Dit is ’n eenvoudige polsende ritme, militêr van aard. In teenstelling daarmee is die melodieë wat volg, liries. Soos wat die vioolkonsert ontsluit, ontwikkel konflik. Onder die skynbaar kalm melodieë van die houtblaasinstrumente en later viole, pols ’n onheilspellende ritme.

Een …, twee …, drie …, vier …, vyf.

Op die oppervlak het die prokureur Karl Louw en sy vrou, Wilma, ’n gelukkige huwelik, maar albei dra swaar aan hul eie geheime, wat hul liefdeslewe strem. Karl is geslote oor sy jeug. Dit maak hom emosioneel ontoeganklik vir sy vrou op sekere vlakke. Sy het weer ’n sielsvernietigende ervaring beleef wat sy vir hom wegsteek en wat veroorsaak dat sy nie meer orgasmes kan bereik nie.

In albei geheime word die vyfslagmotief gebruik. Vir Karl verwys die vyfslag na sy skoolliefde Erna Ferreira en daardie fatale dag in die musiekkamer. ’n Dag wat hul lewens vir altyd sou verander. Erna is die een wat vir hom oor die vyfde slag verduidelik – hoe die eerste vier slae as ’n solo-inleiding dien met die vyfde slag wat versmelt met die houtblasers wat die tema aankondig.

Dit kan die einde wees, of die begin, leer sy hom. Maar in hul geval is dit die einde, en iets waaroor hy nooit weer kan praat nie.

Wilma se vyf slae manifesteer in vyf foute wat sy begaan wat dan tot haar trauma lei: 1. Sy stem in om saam te gaan na ’n partytjie wat deur haar man se enigste groot kliënt, Armand du Preez, gehou word. 2. Sy laat haar ompraat om ’n bikini te dra. 3. Sy komplimenteer Armand oor die chardonnay wat hy bedien. 4. Sy volg hom as hy haar nooi om sy wynversameling te besigtig. Dit bring ons by 5. En dis ’n fout so erg en verraderlik dat dit haar vrouwees en sekslewe vir altyd vernietig.

Die storielyn van Helen Brodie wat Karl se regshulp inwin, is die soloviool wat die storie vorentoe laat beweeg.

Karl stem in om Helen te verdedig nadat Dupli Business Solutions ’n hofaansoek teen haar en haar mede-aandeelhouer, Richard Murray, inbring om Murray se handelsbeperkingkontrak af te dwing. Die hofsaak volg die gewone kat-en-muis-speletjie van afpersing en skikkings – maar onder dié storielyn draai allerhande duiwels rond.

Die dualiteit van verraad en verkragting word deurgaans in die boek bespreek. Is ontrouheid verraad? Kan jou liggaam verraad pleeg teen jou gesonde verstand? Is leuens verraad? Of is dit ’n vorm van beskerming?

In Die vyfde slag word twee vroue verkrag en word daar ook verwys na ’n hofsaak waarin ’n swart man ter dood veroordeel is nadat ’n wit vrou verkrag is. Die twee vroue se situasies is uiteenlopend, en so ook die manier waarop hulle hulle verkragting hanteer – maar die resultaat is dieselfde: Hulle word halwe mense, slagoffers; en hulle word geteister deur skuldgevoelens.

Grobbelaar probeer verkragting vanuit ’n feministiese perspektief beskou: dat dit die resultaat van patriargale onderdrukking en van ’n siening van die vrou as voorwerp is. Een karakter in sy boek voer aan dat verkragting niks te doen het met mag nie, maar wel met seks, aangevuur deur die oerdrang om voort te plant.

Interessant genoeg is daar twee hoofstroommenings oor die motivering agter verkragting. Een reken dit is seks, die ander meen dit is ’n uitdrukking van mag en dominansie. Maar breër gesien kry ’n mens wel verskillende soorte verkragters (soos bewys deur psigologiese navorsing): die opportunistiese verkragter wat enige geleentheid sal aangryp om homself te bevredig en dikwels sy slagoffers sal dronk maak of bedwelm, die sadistiese verkragter wat sy slagoffer wil verneder, en die wraaksugtige verkragter wat haat en aggressie jeens vroue voel.

Die skrywer belig ook die feit dat verkragting van vroue as wapen in oorlogsituasies – en in hierdie geval die apartheidstryd – gebruik is, maar hy kyk ’n belangrike punt mis. Manlike oorlogsgevangenes word ook verkrag. Soveel as 22% van mans het seksuele geweld in Oos-Kongo aangemeld in 2010.

Grobbelaar raak egter wel twee uiters interessante verskynsels aan. Die eerste is dat vroue soms orgasmes (maar sonder plesier) tydens verkragting kan ervaar. Die tweede is dat mans dikwels die verkragting erger beleef as die slagoffer self en haar dan verwerp omdat sy (as sy besitting) bevuil is deur ’n ander man. Ek het opgelees dat, ironies genoeg, dieselfde gebeur met verkragte mans in patriargale Afrika-lande waar die vrou hom verwerp omdat sy hom nie meer as manlik of sterk beskou nie.

’n Ander waarneming van patriargie wat Grobbelaar maak, is die kwessie van owerspelvergoeding. In die boek, waar die hofsaakstorielyn in 2010 afspeel, word verwys na ’n artikel wat Karl hieroor geskryf het. Basies maak hy kapsie teen die feit dat ’n eggenoot die reg het om die derde een wat met die ander een owerspel gepleeg het, vir skadevergoeding te dagvaar.

Dié regsaksie kom van die ou Romeins-Hollandse wette waar die man as die dominante rolspeler beskou is en die vrou as sy besitting. En tot 1914 was dit ’n kriminele oortreding net as die vrou owerspel gepleeg het. Die man kon ook eis van die derde party, maar die getroude vrou kon eers in 1950 die minnares dagvaar. In 2014 is dié regsaksie ongeldig in Suid-Afrika verklaar.

...
Seks met sy dubbele standaarde vir mans en vroue val ook onder die soeklig, sowel as verskillende soorte seks. Karl praat van wellusbevrediging, seks vir voorplanting, seks vir blote plesier sonder verbintenis, en dan sublieme seks – oftewel liefdeseks.
...

Seks met sy dubbele standaarde vir mans en vroue val ook onder die soeklig, sowel as verskillende soorte seks. Karl praat van wellusbevrediging, seks vir voorplanting, seks vir blote plesier sonder verbintenis, en dan sublieme seks – oftewel liefdeseks. Daar word ook gekyk hoe die samelewing se beskouing van seks en sonde elke dekade of so verander.

Lesers wat van filosofiese denke hou, sal dit geniet om uitgedaag te word en so tussen die lees deur persoonlike sienings te toets en te verbreed. Die onderwerpe wat bespreek word, is dan ook vars in ’n Afrikaanse konteks.

Die hofsaakstorielyn is egter taamlik voorspelbaar, en die karakterontwikkeling van die vroue kon volronder gewees het. Of ’n jonger leser begrip gaan hê vir hoe sedelik eng Suid-Afrika in die sestigs en sewentigs was, is ook ’n ander vraag.

Daar was frases wat my van kop tot tone laat gril het … ’n pa wat deur ’n hartaanval “gedood is”; “koukasiese gelaatstrekke en ’n knypie Afro”en hoekom sal ’n bruin vrou wat in Londen grootgeword het, praat van “moeder” en “vader”?

Die boek sou kon gebaat het by ’n snoei, ’n meer gespanne storielyn, moderner taalgebruik en minder dramatiese wroeging.

Andersins volg die boek dieselfde patroon as Beethoven se vioolkonsert in D opus 61. Die onheilspellende vyf slae, die soms vrolike, eenvoudige melodieë van herinnering, gevolg deur spannende onderbrekings en die meer vrye cadenzas van filosofiese denke.

Grobbelaar sluit uiteindelik af met die vyf slae van verligting, verlossing, vergifnis, versoening en vrede wanneer die karakters besluit om hul eie lewens terug te neem.

The post <em>Die vyfde slag</em> deur Johann Grobbelaar: ’n resensie appeared first on LitNet.

The madhouse deur TJ Benson: ’n resensie

$
0
0

Titel: The madhouse
Skrywer: TJ Benson
ISBN: 9781485904151
Uitgewer: Penguin

The madhouse deur TJ Benson is nie bloot net ’n boek nie. Dis ’n belewenis.

En dis ’n volksfabel. Een wat gevestig is in die harde werklikheid van ’n onstuimige Nigerië van die jare negentig tot nou. Presies wat mens sou verwag van ’n selferkende skrywer van magiese realisme.

The madhouse fokus op ’n gesin wat in ’n ou huis in Freetownstraat in Sabon Gari woon. Die huis was eens ’n gesondheidsoord vir koloniste wat die kluts kwytgeraak het in die hittige, chaotiese hart van Afrika.

Die gesinslede is eksentriek, om die minste te sê.

Sweet Mother is ’n kunstenares wat waansinnig wipplank ry tussen godsdiens en bygelowe. Haar man, Shariff, is ’n skrywer en soldaat met donker, deurmekaar kinderjare wat by hom spook. Later word Ladidi, ’n afgestorwe vriendin se kind (en heel moontlik die broers se halfsuster), ook by die gesin gevoeg.

Die interessantste van die hele spul op die oog af is die jongste seun André, wat op die ouderdom van 27 jaar reeds 16 selfmoordpogings, drie spookvroue en 18 Amsterdamse sekswerkers oorleef het. Dan was daar ook die jaar toe hy ’n slaaf was, dié jaar toe Madamthemadam hom seksueel misbruik het, die jaar in die inrigting vir geestesversteurdes, die jaar toe hy ’n geestelike leier was – en natuurlik die musiektoer in Rome.

André en sy broer, Max, is mekaar se teenpole. Max is standvastig, skaam en voel hy is die pilaar op wie almal steun. In die huis waar die horlosie gaan staan het op die syfer 12, en waar tyd aangepas word na willekeur, word Max die bewaarder van tyd wanneer sy pa vir hom ’n horlosie present gee.

André, daarenteen, het nie ’n konsep van tyd nie. Daarby word sy konsep van gees en vlees ook versteur wanneer sy tweelingbroer, wat dit nie in die baarmoeder oorleef het nie, aan hom begin verskyn in doodsdrome. In dié drome probeer sy afgestorwe tweelingbroer hom na ’n gewisse dood toe lok, maar Max besef dat hy André se drome kan betree en hou aan om hom te red.

En reeds hier besef jy dat fiksie, feite en fabels so nou verweef is dat jy jou net sowel aan die ontvlugtende kompleksiteit daarvan kan oorgee.

Volksfabels vloei in Nigeriërs se bloed, en spesifiek die Yoroba-stam is bekend as bobaas storievertellers. Die tradisie is dan ook dat die stories afgewissel word met liedjies waarop jy kan dans. En raai wat? Hier en daar is QR-kode aangebring waarop jy kan klik (met jou foon of op ’n sleutelbord) wat oopmaak op die musiek wat in die boek genoem word. Die gevolg is totale meelewing en jy kan saam met die karakters die ritme voel en so deelneem aan die vertelritueel van stories, afgewissel met musiek.

Benson (29), wat 13 jaar lank aan The madhouse gewerk het, gee in sy skrywersnotas erkenning aan die invloed van die volksfabel, mites en bygelowe – nie net in sy boek nie, maar ook in millenniërs se lewens.

Mites en legendes het hulle geanker gehou in chaotiese tye, skryf hy. Interessant genoeg strook sy waarneming met navorsing wat toon dat millenniërs, anders as die vorige generasie, meer geloof het in die magiese waar enigiets moontlik is. Veral as hulle grootword in die harde werklikheid van ’n aarde wat verwoes word, despotiese regerings en toksiese sosiale strukture wat lyk of dit nooit sal verander nie.

The madhouse bestaan uit vyf afdelings wat fokus op die verhale van die ouers, die broers en dan Ladidi. Dit speel grootliks af tydens die jare (en later die stuiptrekkings) van militêre bewind in Nigerië. Teen dié agtergrond en ’n gees van byna waansinnige godsdiensbeheptheid vind daar dan ook twee belangrike gebeurtenisse plaas wat vir altyd ’n invloed op die gesin sal hê: die Pfizer-meningitis-inentingskandaal en die Mej Wêreld-onluste.

In die lig van die huidige COVID-19-pandemie en die inentingsprogramme wat tans ontplooi word, is dit betekenisvol dat die boek juis nou verskyn. In 1996 het Nigerië een van die ergste meningitispandemies beleef. Honderd kinders is toe ’n eksperimentele antibiotika, Trovan, toegedien, terwyl ’n verdere 100 met seftriakson behandel is.

...
Die maning van die pa in The madhouse eggo baie van antiinentingsgroepe se menings in 2021: “Never allow any white man or agent of white man to put something inside your blood or inside your head in the name of help or assistance, you understand?”
...

Altesame 11 kinders is dood en Pfizer is in 2011 skuldig bevind nadat dit onder meer ook aan die lig gekom het dat die kinders sonder die ouers se toestemming behandel is. Die maning van die pa in The madhouse eggo baie van antiinentingsgroepe se menings in 2021: “Never allow any white man or agent of white man to put something inside your blood or inside your head in the name of help or assistance, you understand?”

Die Mej Wêreld-onluste in 2002 was geloofsgemotiveerd en 200 mense is tydens die betogings in Kaduna dood. Die Mej Wêreldgeleentheid sou in Nigerië aangebied word, maar ’n artikel daaroor in ’n Christenkoerant het gelei tot gevegte tussen die Moslems en Christene. Dit was ook juis in daardie tyd dat die oorwegend Islamitiese state in die noorde begin het om weer sjariawette in te stel.

Dit is opvallend dat vroue uitgebeeld word as onverskrokke verleidsters wat niks daarvan dink om op mans en selfs seuns te teer nie. Daar is Sweet Mother wat die seuns dwing om aan haar borste te suig om sodoende bose geeste te besweer; Madamthemadam wat die jong André forseer om seks met haar te hê; die anonieme vroulike fotograaf wat die maagdelike Max verlei; die Amsterdamse sekswerkers wat André gebruik om die wangedrag van hul klante mee te besweer; en dan Ladidi. Ladidi wat vere voel wanneer een van haar skoolmaats sy bene verloor oor haar.

Dan is daar ook die skrikwekkende spookvroue wat André teister. Spookeggenote (spookvroue én -mans) is ’n uiters interessante konsep in die spirituele wêreld van verskeie stamme wêreldwyd. In Nigerië neem die spookvrou die vorm aan van seespookvroue omdat die Yoruba- en Igbo-stamme so naby aan die Atlantiese Oseaan woon.

Dié konsep sal vir Westerlinge meer bekend wees as die inkubusse wat seks met hul slagoffers het. Waar die Yorubas so ’n nagtelike seksbesoek van ’n spookvrou sou waardeer, word dit deur Moslems en Christene as gevaarlik en demonies beskou.

Van seks gepraat: TJ Benson is ’n woordtowenaar soos min, maar nie as dit kom by seks nie. Dalk is dit weens gebrek aan ervaring, maar die arme organe “pulsate” orals, so erg entoesiasties soos ’n voedselverwerker. Sekstonele is beslis nie sy sterk punt nie.

Benson wend wel die voorafbliktegniek (foreshadowing) besonder vaardig aan waar hy voorafgebeure sonder konteks en soos leidrade deur die boek vleg … ’n rooi vlek op ’n geel rok, ’n meswond in die sy, ’n vliegtuig wat val. ’n Gevoel van onheilspellende dinge gly deur die blaaie van die boek, en tyd bly vloeibaar soos in die brein van ’n waansinnige.

The madhouse is ’n ervaring. ’n Greep uit die geskiedenis. ’n Sprokie met skop.

The post <em>The madhouse</em> deur TJ Benson: ’n resensie appeared first on LitNet.


Banting: 7 day meal plans: reader impression

$
0
0

This reader impression was written and sent to LitNet on the writer's own initiative.

Banting: 7 day meal plans
Rita Venter, Kim Blom and Natalie Lawson
Publisher: Quivertree Publications
ISBN: 978-1-928429-22-7

Written by Rita Venter, Kim Blom and Natalie Lawson, the bestseller Banting: 7 day meal plans – 100 favourite recipes from over 2 million group members is much more than a cookbook featuring recipes and meal plans for long-term and new “banters”.

The meal plans include dairy-fee, basic, budget and seven-day options. They also include inspirational testimonials from people of all walks of life and income brackets who successfully follow the Banting lifestyle, and the book serves as an easy-to-follow guide. Besides awesome tips and tricks; “Always, sometimes and never” food lists; 15 “Rules to live by” and a 10-step “Let’s do this” guide; the book contains grocery lists and tons of information that the Banting community will find very useful. The Banting diet – or low-carb, high-fat diet – focuses on a lifestyle to improve health and was popularised locally by Professor Tim Noakes.

The overall enthusiastic and inspirational tone of Banting: 7 day meal plans will appeal to many readers. The authors promise on the inside cover: “We are here to help you start the most incredible, challenging, audacious, courageous and amazing journey of your life. We are here to make it simple for you.” They advise: “Start by setting small, manageable goals. Remember every good choice you make is one less bad choice. Look at it as a new way of eating that will heal your body so you can live a long and happy life” (31). “Probably the most important rule of Banting is to eat only when you’re hungry, not because ‘it’s time to eat’” (101).

Here are a few of the delectable Banting recipes found in this book: breakfast pizza, frittata, pumpkin and bacon soup, peri-peri chicken livers, beef stroganoff, pickled fish, mushroom sauce, balsamic vinaigrette, roasted peppers, cheap and cheesy bread, dinner rolls, cabbage bread, pork crackling, cheese chips, lemon or lime cheesecake fat bombs and chocolate brownies.

I especially loved the following testimony from Andile Nyawo on page 55:

My starting waist size was 40. I am currently at 32. My weight was 125 kilograms and now I am between 81 and 83 kilograms. The biggest lessons I have learnt on the Banting lifestyle are commitment, dedication and perseverance. Banting has changed my life in an amazing way.

More about the authors:

Rita Venter, the founder of the popular Facebook group, is married to a type 1 diabetic who has greatly benefited from the Banting lifestyle, enabling him to reduce his insulin intake.

Natalie Lawson, a stay-at-home mom whose oldest was diagnosed as autistic and nonverbal, insists that her family’s Banting journey has reaped great rewards.

For Kim Blom, a PR consultant and founder of the Banting group, this book is an outlet for her love of learning and teaching and is a way to help others on their path to healing.

You can get your copy of Banting: 7 day meal plans here.

The post <em>Banting: 7 day meal plans</em>: reader impression appeared first on LitNet.

The boy who never gave up: A refugee’s epic journey to triumph by Emmanuel Taban – reader impression

$
0
0

This reader impression was written and sent to LitNet on the writer's own initiative.

The boy who never gave up: A refugee’s epic journey to triumph
Emmanuel Taban and Andrew Crofts
Jonathan Ball Publishers
ISBN: 9781776191260

........

If there ever was a book that deserved the description of epic as part of its title, then this book is the one. And the best part of it is that this story is all based on real events.

..........

If there ever was a book that deserved the description of epic as part of its title, then this book is the one. And the best part of it is that this story is all based on real events.

Emmanuel Taban was born in Sudan, in what is today South Sudan. He grew up in a loving home, but in an environment of abject poverty, the family living in a mud house with very little resources. In an attempt to secure some money, Taban’s mother often resorted to selling alcohol in the community. His father being absent, the responsibility to raise the children fell on his mother. Like many other countries in Africa, Sudan is a country rich in natural resources, but there are no leaders with the moral backbone to lead the country. The politicians are only interested in their own welfare, leaving the country in a state of despair. It is in these circumstances that Taban grew up; often in the midst of civil war, he was no stranger to the corpses of human beings. However, from a very early age, Taban was an eager student, and despite limited opportunities, he excelled academically. Due to financial woes, his education was cut short, but the desire to complete his education never ceased. The story of his life is basically the story of his attempts to secure an education.

........

However, from a very early age, Taban was an eager student, and despite limited opportunities, he excelled academically. Due to financial woes, his education was cut short, but the desire to complete his education never ceased. The story of his life is basically the story of his attempts to secure an education.

..........

During his teenage years, Taban was captured and jailed after being accused of providing information to enemy forces. After being tortured for weeks, he converted to Islam, but eventually fled, at first attempting to return to Sudan. The book then follows the journey that Taban took on his way to South Africa. On this journey, he would live through many adventures, living on the streets. He would often travel on foot, other times by bus, often getting into trouble with local people and the authorities. He also had to endure a lot of rejection from extended family, and he completely lost contact with his beloved mother. Time and again, Taban would resort to the churches whenever he was in a new city and had nowhere to go; most of the time, these would be Catholic churches. The churches would often provide him with food, temporary shelter and money, and there were also many acts of kindness from strangers along the way. It was during 1994 that Taban journeyed through Africa, travelling, among other places, via Kenya, Tanzania and Zimbabwe, and eventually all the way to Johannesburg, where he arrived in 1995.

........

“There seemed to be nothing good going on anywhere. Everybody was praying to God for divine intervention, and the churches were full of people expecting miracles. Even the president and his ministers were praying, without realising they needed to make decisions” (170).

..........

Again, in South Africa, Taban went to the Catholic church to escape a life on the streets. He subsequently found employment, ended up completing secondary school and started to study medicine, graduating in 2004. In chapter 11, under the heading of “A sad reunion”, Taban relates his first visit to Sudan after graduating. He bemoans the state of the country and is also critical of the leaders: “There seemed to be nothing good going on anywhere. Everybody was praying to God for divine intervention, and the churches were full of people expecting miracles. Even the president and his ministers were praying, without realising they needed to make decisions” (170). Sudan would eventually be split into two, with South Sudan being established in 2011. The book also documents Taban’s ongoing struggle to establish a bottling plant, which would provide bottled water and create employment opportunities, but which is yet to materialise.

........

The boy who never gave up is a book that I could not put down. Apart from being the story of a teenager’s epic journey through Africa, it is also an inspiring book, a book of hope. I would not at all be surprised to see the story of this famous doctor one day being turned into a film.

.........

The boy who never gave up is a book that I could not put down. Apart from being the story of a teenager’s epic journey through Africa, it is also an inspiring book, a book of hope. I would not at all be surprised to see the story of this famous doctor one day being turned into a film. Taban continued his studies and eventually specialised in pulmonology. The book also documents much information about his personal life, such as his relationships and eventual marriage, as well as other engagements with his family, among these the passing of his mother. With the outbreak of the COVID-19 pandemic, Taban would go on to play a central role in the fight against the COVID-19 pandemic, with his story gaining media interest along the way.

The post <em>The boy who never gave up: A refugee’s epic journey to triumph</em> by Emmanuel Taban – reader impression appeared first on LitNet.

’n Hart is so groot soos 'n vuis deur PP Fourie: ’n resensie

$
0
0

’n Hart is so groot soos ’n vuis
PP Fourie
Kaapstad: Kwela
ISBN: 9780795710018

(Oorspronklike Engelse titel: The Heart is the size of a fist. Vertaal deur Marius Swart. Verskyn gelyktydig.)

Fourie se boek word op die buiteblad as “’n roman” beskryf. Van al die tradisionele genres is die roman seker die een wat die wydste oop is vir interpretasie, volgens Bakhtin die minste definieerbaar, omdat dit voortdurend in beweging is. Die feit dat hierdie boek doelbewus as ’n roman aangebied word en nie as ’n outobiografie nie, is egter veelseggend. Dit skep beslis die indruk van outobiografie en sou seker as ’n outobiografiese roman beskryf kon word.

 

’n Outobiografiese roman loop die gevaar om bloot ’n romanmatige lewensverhaal te wees. Milan Kundera het eens geskryf dat die dood van die roman al dikwels in die verlede aangekondig is, en dat hy kan glo dat die dood inderdaad in die pot van die romankuns is wanneer die boeke wat gepubliseer word, bloot “romanmatige lewensverhale” is. Hy stel dit sterk:

[F]or most novels produced today stand outside the history of the novel: novelized confessions, novelized journalism, novelized score-settling, novelized autobiographies, novelized indescretions, novelized denunciations, novelized political arguments, novelized deaths of husbands, novelized deaths of fathers, novelized deaths of mothers, novelized deflowerings, novelized childbirths – novels ad infinitum, to the end of time, that say nothing new, have no aesthetic ambition, bring no change to our understanding of man or to novelistic form, are each one like the next, are completely consumable in the morning and completely discardable in the afternoon. (Kundera 1996:17–8)

PP Fourie se ’n Hart is so groot soos ’n vuis sou maklik ’n boek van een of meer van bogenoemde soorte – “novelized autobiography” of “novelized score-settling” – kon wees, die soort boek wat volgens Kundera bydra tot die dood van die romankuns. Aan die een kant is dit ’n romanmatige lewensverhaal – die verhaal van ’n kind (Paul) en sy ma wat deur ’n vader mishandel word – Paul se pa is ’n alkoholis en dwelmverslaafde wat hom en sy ma fisiek en psigies aanrand. Hulle trek baie rond en Paul moet telkens in nuwe skole aanpas. Die pa se verwoestende effek op die ma en seun is skrikwekkend; die ma se herhaaldelike terugkeer na hom, en die gemeenskap en familie se anderkant toe kyk, is byna ondraaglik om te lees. Dit is egter ’n bekende verhaal wat maklik selfs cliché kan word (die seun wat sukkel met onsekerheid en identiteitsprobleme weens sy grootwordjare onder ’n dronk, dominerende en wrede pa). Soos Paul self opmerk: “Daddy issues is immers onaantreklik, ’n effense verleentheid en, kom ons wees eerlik, nogal vervelig by ’n middeljarige man” (199).

........

’n Hart so groot soos ’n vuis ontsnap egter aan die risiko om ’n “romanmatige lewensverhaal” te word omdat die estetiese ambisie daarvan te groot is, omdat die soeke na nuwe moontlikhede vir die romankuns te oorspronklik is, en omdat dit veral die idee van herinnering, die rol van onthou en vergeet in ons menswees fyn belig.

..........

’n Hart so groot soos ’n vuis ontsnap egter aan die risiko om ’n “romanmatige lewensverhaal” te word omdat die estetiese ambisie daarvan te groot is, omdat die soeke na nuwe moontlikhede vir die romankuns te oorspronklik is, en omdat dit veral die idee van herinnering, die rol van onthou en vergeet in ons menswees fyn belig.

Die rede waarom ’n Hart is so groot soos ’n vuis ’n roman word, ’n roman wat deelneem aan die geskiedenis van die romankuns deur die moontlikhede wat die romankuns as genre bied te verruim, is dat die verhaalgegewe anders behandel word. Die verhaalgegewe van ’n afwesige of dronk, gewelddadige vader en die lyding wat daardeur veroorsaak word, het al byna ’n standaardverhaal in die Suid-Afrikaanse literatuur geword. En daarmee maak ek die lyding van elke individu wat met so ’n vader worstel, nie as gering af nie. Dit is net dat die meeste van hierdie vertellings bloot in fyn besonderhede wissel, maar in wese dieselfde verhaal is wat oor en oor vertel word.

Fourie se roman doen dit nie.

Die rede waarom hierdie spesifieke vertelling oor ’n dronk pa en mishandelde ma en opgemorste seun uitstaan, is dat Fourie musiek maak met die taal en met die verhaal (en sekerlik is sy vertaler, Marius Swart se bydrae hier baie belangrik!). Daarin lê die boeiende van hierdie boek. Juis omdat dit musiek word, word elke klein herinnering, elke enkele gebeurtenis wat so maklik cliché kon gewees het, ’n bydrae tot ’n ingewikkelde groter patroon wat die menslike psige van verskeie kante ondersoek.

.........

Die rede waarom hierdie spesifieke vertelling oor ’n dronk pa en mishandelde ma en opgemorste seun uitstaan, is dat Fourie musiek maak met die taal en met die verhaal (en sekerlik is sy vertaler, Marius Swart se bydrae hier baie belangrik!). Daarin lê die boeiende van hierdie boek. Juis omdat dit musiek word, word elke klein herinnering, elke enkele gebeurtenis wat so maklik cliché kon gewees het, ’n bydrae tot ’n ingewikkelde groter patroon wat die menslike psige van verskeie kante ondersoek.

.........

Wat maklik nóg ’n storie oor ’n hartseer kleintyd en die gevolge daarvan in ’n grootmenslewe kon geword het (“niemand tref dit mooi met die heelal nie”), styg ver bo outobiografiese vertelling, geykte fiksie en sielkundige gevallestudies uit. Wat hierdie roman so ver laat uitstyg, het onder meer te doen met die humor (soms baie donker!), met die meesterlike vertelwyse (mens vermoed nie ’n debuutwerk nie) wat chronologie uitdaag. “En toe … en toe …” is nie die wyse waarop alles skakel nie; dit gebeur eerder deur die fyn verwewing van herhalende beelde, met deurlopende idees wat telkens uit ander hoeke bedink word, met refreine wat opklink.

Wanneer ’n storieverteller begin musiek maak, word hy ’n romanskrywer. En musiekmaak impliseer nie ’n soort mooiklinkende purperprosa en oordadige, te weldeurdagte beelde nie. Die tweede “hoofstuk” dra die titel, “Note van glas” en begin met ’n eenwoordsin: “Musiek.” Fourie se roman is nie bloot soos musiek gekomponeer nie; dit klink deurgaans, en musiekverwysings speel ’n belangrike rol. Van Carole King tot Arvo Pärt. Oor Pärt skryf Paul dat hy die meeste van sy musiek onluisterbaar vind, maar dat “die mooiste stuk musiek in die wêreld” Pärt se “Cantus in Memoriam Benjamin Britten” is:

Ek is bewus daarvan dat my reaksie op hierdie stuk musiek direk verband hou met sentiment, herinnering en konteks. Maar dalk is dit nie so problematies nie. Miskien is dit wat kuns moet doen: ons herinner aan ons meer ware self; outentisiteit eerder as kunsmatigheid weerspieël; ons verras met ’n vreemde eggo van diep binne af. (132–3)

Miskien is dit ook wat hierdie boek regkry. Al is die leser nie as kind op soortgelyke skrikwekkende wyse geweld aangedoen en psigies geterroriseer nie, is daar telkens iets in die teks wat die leser verras “met ’n vreemde eggo van diep binne af”.

........

Ja, en daarmee is dit gesê: Die roman bied ’n diep emosionele leeservaring. Dit is egter nie ’n maklike sentimentele wyse waarop die emosie gewek word nie. Daarvoor word die vertelling te beheerst aangebied. Die mees skrikwekkende gebeurtenisse van fisieke aanranding en psigologiese afpersing en marteling word dikwels met ’n afstandelikheid aangebied, ingehoue en byna emosieloos beskryf, soos iets wat agter glas gebeur, as herinnerings van lank gelede.

.........

Ja, en daarmee is dit gesê: Die roman bied ’n diep emosionele leeservaring. Dit is egter nie ’n maklike sentimentele wyse waarop die emosie gewek word nie. Daarvoor word die vertelling te beheerst aangebied. Die mees skrikwekkende gebeurtenisse van fisieke aanranding en psigologiese afpersing en marteling word dikwels met ’n afstandelikheid aangebied, ingehoue en byna emosieloos beskryf, soos iets wat agter glas gebeur, as herinnerings van lank gelede. Ander kere word daardie gebeurtenisse met humor versag (die kind en ma wat ingewikkelde planne beraam om die kar se sleutel te steel en die pa toe te sluit in ’n vakansiehuisie om te ontsnap). Soms word slegs die gevolge van die geweld beskryf  – soos die ma se letsels en beserings wat hulle voor ander mense probeer verduidelik – eerder as die geweld self.

Heel dikwels word die implikasies van die geweld, die ondenkbare wreedheid van sy pa en die oënskynlik nimmereindigende aard daarvan byna te veel vir die leser. Wanneer die jong man begin om kleintyd se trauma te verwerk en selfs weer ’n bietjie lewensvreugde begin vind, word sy pa op ondenkbare wyse weer deel van sy lewe en vernietig sy verhouding met ’n meisie wat hom begelei op die pad na herstel.

’n Hart is so groot soos ’n vuis is ook ’n grootwordroman. (Flaubert se Sentimental education word pertinent betrek.) Die geleidelike verwerwing van selfinsig en begrip van die lewe, van eiewaarde, van ’n eie identiteit en die moontlikheid om uiteindelik ook sinvolle verhoudings met ander mense te kan aanknoop en ’n suksesvolle loopbaan kan vestig is ’n inspirerende verhaal waarmee elkeen kan identifiseer. Kindertrauma het immers almal geraak (al lyk die meeste van ons se kindertrauma gelukkig nie so skrikwekkend soos hierdie geval nie) en die uitwerkings op ons lewens is soortgelyk, en daarom eggo iets vreemd van diep binne af wanneer ’n mens daarvan lees.

Die woord “ondersoek” word dikwels oorbruik in resensies. Gewoonlik word die woord benut om sekere temas aan te dui, sonder om ’n aanduiding te gee hoe die tema ontgin word. ’n Mens kan geredelik ’n hele lys van aspekte van menslike bestaan noem wat in die roman “ondersoek” word. Dit is immers ’n ondersoek na depressie: “die afwaartse spiraal na binne, tot almal anders agter water is en jy vir hulle waai, onsigbaar, in stadige aksie”. Dit is ook ’n ondersoek na seksualiteit, na “queer” wees: “Swye oor seksualiteit is ’n twyfelagtige luukse wat straight mense as vanselfsprekend aanvaar – die ding van queer wees is dat jy noodwendig jou seksualiteit op jou mou dra.” Dit is vanselfsprekend ’n ondersoek na verhoudings tussen ouers en kinders, maar ook tussen sibbe. Uiteindelik is die verhouding tussen Paul en sy halfbroer, Ben – byna twee dekades jonger as hy, van besondere belang, omdat dit ook in hierdie verhouding is wat ’n ander blik op die pa gebied word. Die roman is ook ’n ondersoek na ons gemeenskap waarin geweld teen vroue en kinders veronderstel is om hoë prioriteit te geniet, maar dit dikwels stilswyend toelaat. Maar dit is ook ’n ondersoek na hoe balans gevind kan word, prekêr miskien, in ’n hart wat vuis geword het . Dit is ook ’n ondersoek na die weerstandigheid van die menslik gees. – ’n ondersoek na oorlewing en hoedat alles wat mens ervaar “iets van mens maak wat jy miskien andersins nie sou wees nie – “en dit is seker goed én sleg” (188).

.......

Soos die titel aandui is die roman ook ’n ondersoek na liefde en geweld. Die hart wat as simbool van liefde dien word juis met ’n vuis, simbool van geweld en haat verbind. Met hierdie beeld word na sowel ’n woedende vuis en geweld as liefde en deernis in gelyke mate verwys. Die geweld en kan mens ook hard en koud maak vir die lot van ander.

........

Soos die titel aandui is die roman ook ’n ondersoek na liefde en geweld. Die hart wat as simbool van liefde dien word juis met ’n vuis, simbool van geweld en haat verbind. Met hierdie beeld word na sowel ’n woedende vuis en geweld as liefde en deernis in gelyke mate verwys. Die geweld en kan mens ook hard en koud maak vir die lot van ander.

Al die aspekte wat ’n mens op daardie vae manier kan noem as belangrike kwessies wat “ondersoek” word, skakel egter met herinnering, met die geheue. Baie belangrik is die omgaan met geheue. In hierdie verband is die drie motto’s voor in die roman belangrike sleutels. Die eerste motto, David Shields se opmerking dat enigiets wat deur die geheue verwerk word, fiksie is, eggo iets van Paul Ricoeur se waarskuwing in Memory, history, forgetting dat geskiedenis tussen onthou en vergeet lê en dat die enigste manier waarop die verlede opgeroep kan word, in die verbeelding is. (“Om te onthou is om te verbeel,” het Breyten Breytenbach in Papierblom geskryf.) Die derde motto, uit Rushdie se Midnight’s children, beklemtoon ook die onbetroubaarheid van die geheue. Maar dit is veral die tweede motto, uit Julian Barnes se The sense of an endng, wat deur die hele roman weergalm.

Soos tyd verbygaan, raak die dinge wat in die verlede gebeur het, nie vasgelê nie, maar eerder word die vasgelegde geskiedenis, dit wat vasgepen raak tussen onthou en vergeet, te geredelik aanvaar as ’n gegewe, selfs as ’n deurslaggewende en onveranderbare gegewe. Die Barnes-aanhaling herinner ons egter dat dit te gerieflik is om aan die vasgelegde gebeurtenisse in ons herinnerings vas te hou, dat hulle opnuut opgelos word soos tyd verloop, omdat tyd eintlik ’n oplosmiddel eerder as fikseerder is.

Telkens word ’n gegewe moment uit Paul se verlede opgeroep – sy sielkundige vra hom om dit te doen. Maar omdat daardie grepe van herinneringe, die manier waarop die skrikwekkende dinge wat gebeur het, onthou word, uiteindelik ’n mens se identiteit bepaal, is alles nie hopeloos nie. Die roman ontsnap aan determinisme soos wat Paul uiteindelik aan determinisme ontsnap – mens se geheue is jou identiteit. En juis omdat die geheue nie vas is nie, te nou vervleg is met die verbeelding, en die verbeelding ook plek het vir die ideale, die romantiese (verwysings na Treasure Island), is alternatiewe moontlik. Plek-plek wil dit lyk asof in ’n determinisme van ’n innerlike vaste self geglo word wat dreig om hierdie vloeiende beskouing van identiteit te ondermyn, maar uiteindelik is die verhaal een van ’n moeisame gestoei met herinneringe wat oorlewing moontlik maak.

Die roman bied egter geen maklike oplossing van die selfhelpboeksoort nie. As ons herinnerings onbetroubaar is en ook anders bedink kan word, raak dit geen gerieflike “Ek kan word net wat ek wil wees” of “As ek dit kan verbeel, kan ek dit word” nie. Daarvoor is die musiek van hierdie boek te subtiel. Die oplossing en fiksering van momente wat weer vervloei en ander maniere van besin oor die wêreld moontlik maak, is nie sonder meer ’n vrolike herprogrammering tot wat ek begeer om te wees, ’n fantasievervulling nie. Dit bly ’n proses, ’n stryd selfs, om die gegewe herinneringe, die ervarings, voortdurend te herbesoek en te herbedink, nie eenmalig afhandelbaar nie, en met ’n geleidelike en voortdurende verskuiwing van ’n mens se reaksies daarop. Die verhouding tussen Paul en Ben wat opgebou word ná jare waarin hulle mekaar nie gesien het nie, en die opbou van ’n broederlike band, is ’n belangrike korrektief vir ’n alte gemaklike oplossing. Hulle kom ook slegs met lang tussenposes bymekaar en kan dan iets nuut aan mekaar bied – hulle ontmoetings is “oomblikke van uitsonderlike onmiddellikheid en intimiteit”.

Paul bring Fukuyama se “einde van die geskiedenis” in verband met die individuele lewe en wonder of die einde van die geskiedenis bereik word as ’n mens jou eie narratief vertel het en ’n mens daarna die storie net kan herhaal. Hy wil hiermee verskil, al weet hy nie presies hoe nie – al kan herinneringe nie sonder meer uitgewis word nie, kan mens nie willekeurig ’n rooskleurige geskiedenis vir jouself skep en dan ’n ander identiteit aanneem nie.

Die oproep van herinneringe en die vertel daarvan is ’n inreiking na die self en terselfdertyd ook ’n uitreiking na ander. Geen maklike nuwe sekerhede kan sonder meer geskep word nie – die proses is veel morsiger en gryser as wit en swart, as geluk vs ongeluk.

Paul en Ben het dieselfde pa gehad, maar onthou hom nie dieselfde nie, en hulle gedeelde herinneringe maak ook ander moontlikhede vir onthou oop – en al neem dit nie die skrikwekkende weg nie, bring dit ten minste “minder woede”.

.......

Ek het hier bo verwys na die rol wat Marius Swart as vertaler gespeel het. Ek het nie die roman ook in Engels gelees nie, maar dit lees soos ’n Afrikaanse werk. Dit is in hart en niere Afrikaans, ’n Afrikaanse wêreld, en dit lewer ’n vars bydrae tot die Afrikaanse literêre wêreld omdat dit met diepgang verby herinneringsliteratuur strek, verby die maklike oorheersing van nostalgie of patos wat soms in Afrikaanse werke oorheers.

........

Skryf, kuns skep, is ’n poging om in aanraking te kom met ander en met jouself. Wanneer die twee halfbroers uiteindelik gesels, sê Ben dat hy skryf “om terug te gaan in myself”, terwyl Paul sê dat hy skryf om “uitwaarts te reik, om met iets buite myself in aanraking te kom” (204), waarop Ben reageer dat hulle skryfwerk eintlik dieselfde is: “[D]ie aktiwiteit, die motivering is dieselfde: ons doen dit om te connect” (205). Miskien is dit hoekom die boek iets eggo van diep binne ’n mens self – dit stig verbande en bring bymekaar en laat gaan weer. Dit maak ook gesprek met mekaar moontlik deur woorde aan ervarings en herinnerings te gee en deur elke herinnering herhaaldelik teen die agtergrond van ’n verskuiwende tydsverloop te herbedink.

Ek het hier bo verwys na die rol wat Marius Swart as vertaler gespeel het. Ek het nie die roman ook in Engels gelees nie, maar dit lees soos ’n Afrikaanse werk. Dit is in hart en niere Afrikaans, ’n Afrikaanse wêreld, en dit lewer ’n vars bydrae tot die Afrikaanse literêre wêreld omdat dit met diepgang verby herinneringsliteratuur strek, verby die maklike oorheersing van nostalgie of patos wat soms in Afrikaanse werke oorheers.

The post <em>’n Hart is so groot soos 'n vuis</em> deur PP Fourie: ’n resensie appeared first on LitNet.

Rooiborslaksman deur Marinda van Zyl: ’n FMR-resensie

$
0
0

 

Rooiborslaksman
Marinda van Zyl

Tafelberg
ISBN: 9780624089544

Marinda van Zyl staan beslis haar plek as skrywer van historiese romans vol. Wilhelmina Radebe kom tuis en Amraal was finaliste in onderskeidelik LAPA en NB-Uitgewers se romanwedstryde. Dors, wat afspeel teen die agtergrond van die Dorslandtrek, handhaaf volgens hierdie resensent dieselfde standaard.

Rooiborslaksman is ’n welkome opvolg op Amraal. Hoewel Amraal – die karakter – reeds gesterf het voor die tydperk waarin hierdie roman afspeel, is sy teenwoordigheid voelbaar. Mens wil boonop weet wat van Amraal se nasate geword het. En dís die geleentheid wat Van Zyl raakgesien het.

Die titel van die roman is gepas: ’n Rooiborslaksman is ’n insekvretende bosveldvoël wat in die doringveld, dikwels in droër sanderige omgewings van suidelike Afrika, voorkom. Dié voël maak nie sy prooi dood nie, maar ryg dit lewendig aan ’n doring en sit en skree lustig terwyl die prooi stadig sterf.

In hierdie verhaal beteken die koms of teenwoordigheid van die voël naderende onheil. Die dood is alomteenwoordig en word as ’t ware self ’n karakter.

Die rooiborslaksman is in Namibië ook as die “Duitse vlag” bekend. En in dié roman is die voël ’n simbool van dít wat in die vooruitsig lê – die Duitse besetting.

Wat die verhaal betref: Die pokke-epidemie wat Gobabis in 1864 tref, laat die tienjarige Liesbet Lambert wees. Die konflik tussen die Namas, die Herero’s en die Duitsers word op die spits gedryf.

Liesbet se kywende halfsuster Catharina en die liggewig Andries Lambert word haar voogde. Die kapteinskap rus swaar op Andries se twintigjarige skouers. Catharina en Andries se stormagtige huwelik en die verraad van Liesbet se jeugliefde knou die jong meisie se geloof in liefde. Sy vind vervulling in skoolhou en in haar duikerlammetjie.

Frederik Vlermuis is vasbeslote om die kapteinskap van Gobabis vir homself toe te eien, al moet hy daarvoor moor. ’n Ongewone bondgenootskap ontstaan tussen Liesbet en Frederik wanneer hy sy mes vir haar gee en sy onwetend by sy planne betrek word.

Koekoes, Vlermuis se skoondogter, waarsku hom teen die rooiborslaksman, maar hy laat hom deur niks stuit nie. So ontketen hy ’n kettingreaksie van wraak en weerwraak.

Met die koms van die voël is die Gobabissers reeds so vasgevang in die dorings van hul selfgeskepte duiwelsklou dat die gespartel om uit die laksman se kake te bly, die dorings al dieper laat sny en hul kanse verskraal om weerstand te bied teen die Duitse besetting van hul grondgebied.

In die historiese roman is chronologie belangrik. Die tydperk – tussen 1864 en 1896 – waarin die verskillende hoofstukke van hierdie roman afspeel, word duidelik aangedui.

Die verhaal is gepas driedimensioneel. Die rol van die “teenoorgestelde kant” – in hierdie geval konflik of oorlog – is teenwoordig. Tog bly die fokalisering suiwer. Die leser beleef gebeure uit Liesbet Lambert se perspektief.

In ’n goeie roman behoort konflik tot ’n besliste insig, gebeurtenis of oplossing te lei. Dis wel die geval, veral in die lig van die Duitse besetting.

Al sal vele lesers reeds van die historiese gegewe waarop die roman gebaseer is, bewus wees, skep Van Zyl ’n duidelike en lekkerlees-spanningslyn.

Lesers kan hulle met die karakters vereenselwig, veral met Liesbet en Andries. Frederik Vlermuis is eweneens ’n aanwins. Vlermuis is die vergestalting van “wees die persoon wat jy wil of hoop om te wees”.

Die name van karakters is met sorg gekies en gepas. Koekoes, byvoorbeeld, is heldersiende en maak heksebrousels.

Die dialoog vloei deurentyd natuurlik.

Die skrywer bly meestal bewus van sintuiglikheid. ’n Voorbeeld sluit in: “Die donderwolke het gelukkig nog nie die maan ingehaal nie, sodat hulle met gemak kan beweeg. Maar die rigting waaruit die hond geblaf het, beteken die noordoostewind dra hulle reuk direk na die veewagters.” 

Soos met die skrywer se ander romans kom simboliek voor: Die sendeling wat deur die inwoners aan die Herero’s uitgelewer wou word en die skade aan die kerk – wat skuiling in tye van konflik behoort te bied – kan dui op die effek wat oorlog op die spirituele het.

........

Die skrywer se navorsing is omvattend en goed geïntegreer by die res van die verhaal.

Van Zyl se skryftalent is onmiskenbaar.

.........

Die skrywer se navorsing is omvattend en goed geïntegreer by die res van die verhaal.

Van Zyl se skryftalent is onmiskenbaar. Die uitbeelding van Liesbet se verlange na haar pa is veral aandoenlik. Soos hier: “Sy wil op Ou Pappa (oftewel Amraal) se skoot sit, die plooie op sy gesig natrek met haar vinger tot hy skielik daarna hap en sy maak of sy vreeslik groot skrik ...”

Die beeldspraak is ewe verfrissend. ’n Voorbeeld sluit in: “Jy moet oppas, die ou man soek vrou en hy is nie ’n mak man nie. Hy’s ’n wolf wat lag, terwyl hy sy prooi verskeur.”

’n Historiese roman soos Rooiborslaksman help om te voorkom dat belangrike geskiedkundige gebeure, gebruike en ouwêreldse taalgebruik vir die nageslag verlore gaan. Watter jongmens vandag weet byvoorbeeld wat askoek is?

Die lys woordverklarings het groot praktiese waarde en die kaart en lys familieverwantskappe help om verwarring te voorkom.

Soos dit hoort, hou die afloop van die roman ’n verrassingselement in. Die leser wonder trouens al veel vroeër oor watter man so gelukkig sal wees om Liesbet Lambert se lewe te deel.

Die slotsin berei die pad voor vir nog ’n opvolgroman; ’n gebeurtenis waarna lesers hopelik sal kan uitsien.

  • FMR Boekkeuse, aangebied deur Amanda Botha. Uitgesaai in Mei 2021.

The post <em>Rooiborslaksman</em> deur Marinda van Zyl: ’n FMR-resensie appeared first on LitNet.

Fractal: A tale of three interventions deur Helmut Meijer, ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: Fractal: A Tale of Three Interventions
Skrywer: Helmut Meijer
ISBN: 9781951985905
Uitgewer: Virtualbookworm.com

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging geskryf en aan LitNet gestuur.

Ek besoek LitNet se webtuiste, en hier is Bettina Wyngaard se rubriek met die opskrif “Israel en Palistina: draadsit raak nou ’n luukse”. Voor my op my lessenaar is die boek wat ek so pas gelees het: Fractal: A tale of three interventions.

Helmut Meijer is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse musiekvervaardiger, komponis, sanger, liedjieskrywer, student en onderrigter van die antieke Hebreeuse taal, en nou skrywer van sy eerste boek, Fractal. In Fractal deel Helmut van sy persoonlike ervarings en ontberinge. Dit is ’n baie eerlike blootlegging van homself.

Helmut het in Israel gewoon en het eerstehands ervaar wat die spanning en vyandigheid tussen Israel en Palestina aan die mense doen. Een van sy vriende het hom aan die Joodse gebruike en feeste bekendgestel. Helmut het ná ’n Sjabbat-seremonie ’n belangstelling in Hebreeus en die Joodse gebruike ontwikkel. Dit het daartoe gelei dat hy antieke Hebreeus bestudeer het, en selfs in Israel gaan woon het.

Hebreeus het 22 karakters in sy alfabet. Elkeen van hierdie letters is inderwaarheid ’n prentjie met ’n baie spesifieke betekenis. Wat hierdie boek uniek maak, is die rol wat die antieke Hebreeuse taal in Helmut se lewenservaringe gespeel het. Hierdie kennis het aan hom ’n verklaring van en perspektief op sy persoonlike lewe gegee. Hy het as gevolg van sy leefstyl en toksiese verhoudings gesondheidsprobleme ontwikkel. In 2015 word hy met koronêre hartsiekte gediagnoseer. En hy leer sy eie hart ken. Hierdie reis deel hy met sy leser.

Met al die vryheid wat ons het, vergeet ons dat ons steeds aan die universele  wette van die lewe moet gehoor gee. Vryheid is suksesvol net indien die verantwoordelikheid daarvan gehandhaaf word. Hoe en deur middel waarvan hierdie lewensriglyne verkry word, is onbeperk en vry. Antieke Hebreeus het vir Helmut hierdie waarheid oopgebreek. Wie of wat jou bron is, is uniek, soos jou vingerafdrukke. Of jy soek of reeds weet, Fractal gaan jou fassineer en jou bewus maak van die patrone waarin ons verval. Dit sal jou hart goed doen, en jou Engels bevorder. Dit was nogal ’n uitdaging vir hierdie Overberger wie se Engels om en by tienuur soggens opgebruik is vir die dag se kommunikasiekwota. Die deurdruk en Google-skattejag is egter die moeite werd.

The post <em>Fractal: A tale of three interventions</em> deur Helmut Meijer, ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Viewing all 1800 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>