Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1781 articles
Browse latest View live

Resensie: die bome reusagtig soos ons was deur Hilda Smits

$
0
0

 

die bome reusagtig soos ons was
Hilda Smits
Protea Boekwinkel
ISBN: 9781485306405

Hilda Smits se debuutbundel, die bome reusagtig soos ons was (2016), verskyn drie jaar nadat ses van haar verse in Nuwe stemme 5 (2013) opgeneem is. Al ses die gedigte wat in Nuwe stemme 5 verskyn het, is met klein veranderings by die bundel ingesluit.

Die veranderings is nie hinderlik nie, en die reputasie van die gedigte word nie hierdeur skade berokken nie. Dit skep veel eerder die verwagting dat die leser deeglik afgeronde verse in die bundel sal aantref. Daar is byvoorbeeld twee woordveranderings in die gedig “die lig val geel ongeskend” (bl 7): “wankelende geel lig” word “weifelende geel lig”, en “my dronklap-pa” word “my dromer-pa”:

die lig val geel ongeskend swem ons daar was
dae groter as ons wat gesneuwel het en ek
is lief ek is lief vir julle ongeskend swem ons
onder weifelende geel lig broos teen broos
in die stroom want ons het lief die lewe teen
my bors kinderjare brandend teen my bors on-
geskend brandarm dae groter as die heelal
my dromer-pa ek het jou lief ons swem julle die lig
val geel in lamplig weifel my hande skadu
teen die muur spitse vingers vorm ek beelde
silhoeëtte van ons en ek het julle lief meer as
die jare meer as ongeskend het ek julle lief

Die eerste twee versreëls van die eerste gedig illustreer hoe vernuftig die digter met taal omgaan: “ongeskend swem ons daar was / dae groter as ons wat gesneuwel het ...”. Uit hierdie versreëls kan die volgende drie betekenisgrepe gehaal word: “ongeskend swem ons daar”, “daar was dae groter as ons” en “ons wat gesneuwel het”. Let op die wyse waarop die laaste woord van die eerste betekenisgreep die eerste woord van die volgende betekenisgreep word. Die leser moet gevolglik meer as een keer deur die versreëls lees om die betekenisse daarvan raak te lees.

Die tema fotografie word reeds geïmpliseer op die voorblad van die vrouefiguur wat ʼn foto neem. In “vir klaasman” (bl 8) word die oog en die kamera oormekaar geskuif en tot ʼn soort digterlike meganisme gemaak: “... my kamera-oog is ʼn kamer vir twee mense / broer ek raam die lente daar vir jou ...”.

Dié meganisme kom ook in ander gedigte soos “pa die sluise bruis vanaand weer” (bl 9) na vore: “... die flits van fietse in lane / my kamera-oog het geknip gefokus die dag het silwer geskarrel / in die tonnel van my oog”.

Die beskrywing “die tonnel van my oog” herinner aan ʼn kameralens. Die indrukke wat deur die digter versamel word, word getransformeer tot ʼn argief van indrukke wat ʼn stryd tussen hede en verlede aktiveer. Fotografie is egter nie net ʼn metaforiese digterlike meganisme nie, maar ook een van die onderwerpe waaroor daar gedig word. Die gedigte “variasies op Tarkofski-foto’s” (bl 48) is byvoorbeeld deur foto’s van die Russiese rolprentmaker Andrei Tarkofsky geïnspireer.

Daar is ook heelwat plekgedigte in die bundel. Voorbeelde sluit die erotiese gedig “Gorkana” (bl 16) wat afspeel aan die Weskus van Indië; indrukke van landskappe wat deur die treinvensters in die “stoomtrein na Ooty” (bl 17) waargeneem word; Egipte se piramides word in “Menkaure en die woestyn” (bl 18) verken. Die gewaarwordings van die spreker is egter nie net visueel van aard nie, maar word deur verskeie sintuie gekonkretiseer en die gevoel van die spreker word telkens raak verwoord.

Die tema van expat-wees word in die gedig “deesdae is Londen my stad” (bl 10) na vore gebring en word in reliëf geplaas met die uitbeelding van die spreker se grootwordjare in Suid-Afrika.

In “ma ek dink vanaand” (bl 12) word die kinderwêreld besonder effektief deur die reuksintuig gekonkretiseer: “ma ek dink vanaand aan hoe die Mooirivier ruik wanneer / ʼn somerreëntjie uitgesak het ...”. ʼn Gedig soos “onthou julle die Zephyr” (bl 23) bied ʼn nostalgiese blik op verskeie objekte uit ʼn vergange tyd soos “die Zephyr met sy reusesitplekke sonder safety belts”.

“Marian se suster het drie tweelinge” (bl 26) en “in die dam geswem op Welverdiend” (bl 27) bring nie net ʼn reeks beelde van die spreker se kinderjare as collage bymekaar nie, maar handel spesifiek oor die narratief wat vertel word en laat dink aan die gedigte van Gert Vlok Nel:

in die dam geswem op Welverdiend
slikkerig die water was dik groen sop
op die oewer die seuns en my broer is 13
stuiptrek van eerste spiere op sy bors
ek en jy platbors skaam onthou jy
vir Kobus wat ouer was hy het sy hande
op my heupe gesit toe swaai ons oor die dam
maande later het die polisie hom en sy hande
agter sy rug vasgebind op die bodem uitgevis 

Die om en by 50 gedigte in die bome reusagtig soos ons was laat die leser toe om die verskillende beleefde wêrelde deur die “kamera-oog” van die spreker te sien en te ervaar.

Die digterstem sleur die leser mee deur klankryke en goed versorgde verse. Die bundel bring ook heelwat spannings aan bod, tussen naby en ver en hede en verlede. Dit sorg vir heelwat variasie wat die leser enduit boei. Smits se bundel is voorwaar ʼn merkwaardige debuut wat beslis weer gelees sal word.

The post Resensie: die bome reusagtig soos ons was deur Hilda Smits appeared first on LitNet.


Boekresensie: Stories van die kantlyn deur Theuns Stofberg

$
0
0

Titel: Stories van die kantlyn
Skrywer: Theuns Stofberg
Uitgewer: Zebra Press
ISBN: 9781770228931

Die oud-Springbokkaptein vertel in hierdie boek van interessante voorvalle uit sy lewe op en van die rugbyveld in die dae toe die fooitjie vir 'n tuiswedstryd R5 en vir 'n wegwedstryd R15 was.

Dit was ook in die dae voor lang skorsings vir ontoelaatbare spel, TV-skeidsregters wat voorvalle uitwys en toe jy nog 'n mediese briefie nodig gehad het voordat jy deur 'n reserwespeler vervang kon word.

Een van die voorvalle, waarin hy sy twee voortande verloor het, het hom as fisioterapeut goed te staan gekom wanneer 'n angsbevange kind sy pasiënt was. Met sy rug op die moeder gekeer het hy dan sy tandeplaatjie vorentoe gedruk en by sy mond laat uitpeul. Die kind het hom natuurlik tjoepstil geskrik en die ma het gedink hy het 'n wonderlike slag met kinders!

Stofberg spaar homself ook nie wanneer dit by skades en skandes kom nie, soos die nag toe hy vyf kilometer ver in trurat met 'n steeks Volksie moes ry. Of toe hy 'n fiets moes trap dat hy rook omdat hy nie geweet het die remme was gesluit nie. Daar was ook 'n noue ontkoming in die see en 'n nagmerrierit met 'n geleende sleepwa en talle ander gebeure wat sy lewe verryk het.

Die boek begin met sy stryd om van sy hakkelry ontslae te raak en maak dan wye draaie. Daar is ook interessante staaltjies oor medespelers en verskaf 'n bietjie insig in van die rugbypoetse wat gebak is, wie die ontvangers was, die groot stoutgatte en die grootste eter.

Lesers kry onder meer 'n interessante kykie na die inhoud van die rugbytoksak in die dae toe die "pynpolisie" nog net oor water en pleister beskik het. En oplaas weet ons ook uiteindelik presies waaruit die ou grote Louis Moolman se "opwarmsessie" bestaan het – iets waarvan ons baie gehoor, maar nooit die detail geken het nie.

Stofberg skryf onderhoudend, ook oor die wel en wee van 'n Springboktoerspan, soos die gesukkel met die rooi taal in van die lande. Anders as gewoonlik, kies hy nie die beste spelers wat saam of teen hom gespeel het nie, maar hy wei wel 'n hoofstuk aan die "Standbeeld vir die Onbekende Rugbyspeler" – spelers wat goed genoeg was, maar nooit die eer gekry het wat hulle verdien het nie. Een klassieke voorbeeld is Noël van Rensburg, wat 65 wedstryde op die reserwebank gesit het voor hy kans gekry het om vyf keer vir die Vrystaat te speel.

Stofberg – hy het op Grey skoolgegaan en ons weet dit omdat hy dit duidelik maak! – het 21 toetse gespeel en was in vier die kaptein.

Hy het sy kleure teen 1976 se All Blacks gekry en was tot met die betogertoer van 1981 in Nieu-Seeland 'n gereelde keuse in toetse teen sewe lande.

En dis juis die skraps verwysings na veral die All Black-toer en die "meelbom-toets" wat vir baie lesers 'n teleurstelling sal wees.

Dit was 'n toer wat teen geweldige teenstand onderneem was, een waarin die velde met doringdraad afgekamp was en die polisie hul hande vol gehad het teen betogers wat die wedstryde wou ontwrig. (Die tweede toerwedstryd moes gekanselleer word.)

Spelers moes vir hul eie beskerming dikwels by huisgesinne tuisgaan of selfs onder die paviljoen slaap en in die derde en laaste toets moes albei spanne koes vir meelbomme wat uit 'n vliegtuig op die veld gegooi was.

Daar was nog nooit so 'n toer nie en daar sal nooit weer een wees nie, en juis daarom sou 'n mens graag meer van die span en die spelers se wedervaringe wou weet, want daar moet 'n magdom onvertelde stories rondlê.

Dat daar te min insigte oor toere (en toetse) in die algemeen en te veel "alledaagse" stories is, is die een groot gebrek in Stories van die Kantlyn. Wat dit betref, is die boek 'n swakkerige skop kantlyn toe.

  • Org Potgieter is 'n vryskut resensent, artikelskrywer en taalversorger.

The post Boekresensie: Stories van die kantlyn deur Theuns Stofberg appeared first on LitNet.

Book review: The woman next door by Yewanda Omotoso

$
0
0

Picture of Yewanda Omotoso: Twitter (@yomotoso)

The woman next door
by Yewande Omotoso
Penguin Random House
EAN: 9781784740344

Neighbours: a word loaded with connotations. The biblical instruction of “love thy neighbour”, Verwoerd’s “policy of good neighbourliness”, Robert Frost’s “good fences make good neighbours”, and the usual neighbourly mistrust, animosity, even prejudice come to mind. Yewande Omotoso quotes Simone Weil for her epigraph: “The wall is the thing which separates them, but it is also their means of communication.”

The woman next door tells the story of two cantankerous old ladies – one white, one black – who are neighbours in a fictitious wealthy estate in Constantia, Cape Town: “It was known that the two women shared hedge and hatred and they pruned both with a vim that belied their ages.”

Seemingly, however, Hortensia James and Marion Agostino have a lot in common. Both are in their eighties, widowed, with highly successful careers behind them. Yet their lives have left them bitter and lonely. Interestingly, what separates them most clearly, skin colour and money, transpires to be quite superficial, as both of them are masters of pretence. What really divides them is something which stands between all of us when we encounter another human being of whatever background: the fear of reaching out and making oneself vulnerable enough to connect intimately.

Despite her legs’ gradually refusing to do her bidding, Hortensia walks in frustration to make memories “bearable”. She shouts at trees, counting them to vent anger. “Hating, after all, was a drier form of drowning.” The owner of an international design empire, Hortensia has lived a rich life, but most of it remained unnoticed when it actually mattered. Her husband dies after a long illness. Although his passing feels like liberation, his dying wishes force her to acknowledge some uncomfortable truths about their married, childless life. Driven by resentment, she attends her neighbourhood’s local committee meetings where she makes life miserable for Marion and other community members. They are confronted with a land claim which threatens to disrupt life as they know it. Another, more personal request is made of Hortensia, releasing ancient hurts she does not know how to address.

Marion, “a nasty woman who Hortensia did not like”, is about to lose her home. Her husband’s financial recklessness has left her potentially destitute. Their four children are mostly absent from her life, or cruel and dismissive to her when present. She has a complicated, fraught relationship with the woman who has been working for her for decades and has brought up her children. Their interaction captures the day-to-day tragedy of apartheid. Complicit, hypocritical and often naive, Marion has nevertheless made a name for herself as an architect, but the house she truly longs for, the first she’d ever designed, belongs to her neighbour Hortensia. The one thing that can rescue her from poverty disappears during an accident which involves both women and thrusts them into an uncomfortable closeness which will test the strong bond of “hateship” they have been cultivating all these years.

As Marion and Hortensia begin to break down their defences, not only is their troubled co-existence redefined, but they also discover that it is never too late to seek understanding, even redemption. They have a surprisingly great deal to teach each other.

The woman next door is a profound novel which will make you laugh and weep as you turn the pages with bated breath. The book stuns you with its insights as it shines a stark light on our shattered dreams, painful secrets we all keep, betrayals, hidden desires which have the potential to fester if abandoned, and that deep-seated loneliness all of us have felt at one stage or another in our lives, especially in the face of ageing and the inevitable, death.

And this: “They went on to have an okay marriage, an okay life. Like an okay house, with just that one room you don’t go into. Not because it’s unfurnished or ugly, but because it’s haunted. And there are no haunted rooms, really, only haunted houses.”

Omotoso’s observations about marriage are heart-breaking, but it all feels so familiar on so many levels. Most importantly, Omotoso shows that life and love are rarely black and white. They are full of nuances and contradictions. We can be simultaneously kind and cruel, open and closed, warm and cold. No matter how unlikable Marion and Hortensia might seem to start with, it is impossible to resist their charm, to feel for the intimate wars they have waged against each other and the people they love.

Very subtly, the novel also works on an intense symbolic level as these two women of diverse histories attempt to find a way to relate to each other while dealing with seminal topics of racism, colonialism and land ownership. The great achievement of The woman next door is that the treatment of these issues is never laboured. They form part of the intricate fabric of these fictional lives, as they do of our reality, and allow us to contemplate our image in their mirror.

Yewande Omotoso’s debut novel, Bom boy, was published locally in 2011 to high acclaim. Spellbinding and shockingly beautiful in its tenderness, The woman next door should cement Omotoso’s reputation as one of finest contemporary writers.

The post Book review: The woman next door by Yewanda Omotoso appeared first on LitNet.

Boekresensie: Daar doer in die fliek deur Leon van Nierop

$
0
0

Titel: Daar doer in die fliek: ’n persoonlike blik op die geskiedenis van die Afrikaanse rolprent
Skrywer: Leon van Nierop
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485304425

In Leon van Nierop het Afrikaanssprekendes die lewende gelyke van die Amerikaanse Roger Ebert en die Britse Philip French. Van Nierop is sonder twyfel een van Suid-Afrika se grootste filmkritici, en Daar doer in die fliek, ’n soort opname en oorsig van hoofsaaklik die Afrikaanse rolprentbedryf, laat die leser vrygewig deel in hierdie fundi se kennis en geesdrif.

Daar doer in die fliek is, soos die gelyknamige kykNET-reeks, ’n reis deur Suid-Afrika se fliekverlede, van heel vroeg in die 20ste eeu tot onlangs toe ’n Pawpaw vir my darling (2016) in bioskope begin draai het. Van Nierop neem die leser saam terug na Harold Shaw se De Voortrekkers (1916) en verken van daar die ontwikkeling van die Afrikaanse filmbedryf teen die agtergrond van ’n veranderende land.

In die eerste vier hoofstukke bied die skrywer interessante perspektiewe op hoe destydse fliekgangers op rolprente gereageer het. Ook die populêre tematiek van vroeë films word hier aangesny, en Van Nierop wys hoe die films uit hierdie jare dikwels gepoog het om kykers bloot te vermaak en iets aan hulle voor te hou wat bekend was, eerder as om hulle vooropgestelde idees en houdings aan te vat. Hoewel dit nie die fokus van hierdie boek is nie, karteer die skrywer hier ’n parallelle verhouding tussen die Afrikaanse rolprente en die Afrikaanse prosa indertyd. Heelwat van die films uit die dertigerjare word byvoorbeeld gekenmerk deur “’n stewige dosis konserwatisme” en “’n streng Calvinistiese godsdienssin”:

’n Patriargale opvatting, ’n sin vir reg en geregtigheid, die bewaring van norme asook ’n liefde vir die Afrikaanse taal en die behoud daarvan is ... beklemtoon, naas die Afrikaner se verknogtheid aan sy geboortegrond en die plaas as bakermat van die volk en sy voortbestaan. (37)

Die woekerende filmbedryf is gekniehalter deur enersyds ’n gewoonte om suksesvolle resepte tot vervelens toe te herhaal, en andersyds die groeiende mag van die sensuurraad, wat teen die sestigerjare selfs daartoe gelei het dat verspreiders soos Ster en Kinekor (wat later Ster-Kinekor sou word) self aan films gesny het alvorens dié in teaters begin draai het (148–9). Hoewel daar dus teen 1968 al ’n honderd Afrikaanse films vervaardig is (volgens die nuttige lys wat agterin die boek verskyn), het die Afrikaanse rolprentbedryf tóé nog nie daarin geslaag om werklik ernstiger en omstrede onderwerpe aan te sny nie.

’n Dapper en dinamiese film verskyn egter in 1968 en wys dat Afrikaanse films ook meer as veilige vermaak kan wees.

In die bespreking van Jans Rautenbach se Die kandidaat verduidelik Van Nierop hoe dié film ’n blywende indruk op hom as kind gemaak het. Teen die agtergrond van die omstredenheid wat hierdie film in Afrikanergeledere veroorsaak het, verskyn ook grepe uit ’n onderhoud wat hy met Rautenbach gevoer het. Hierdie onderhoude met belangrike figure wat deur die jare voor en agter die skerms in die filmbedryf betrokke was, gee die leser ‘n insig in die omstandighede en uitdagings van die tyd. Soms lewer dit sommer ook net lekker brokkies trivia op – soos dat die sg goue stem, Gé Korsten, se dialoog in die gewilde Hoor my lied (1967) deur Cobus Rossouw oorgeklank is (146), en dat Andries Treurnicht (later die leier van die Konserwatiewe Party) sy lyf ’n slag of wat akteur gehou het (107).

Van Nierop stip uit hoe die koms van die televisie in die sewentigerjare die Afrikaanse filmbedryf weer laat steier het. In die 1980’s sou ’n tendens van platvloerse komedies ’n houvas op die bedryf kry wat volgens dié kritikus byna die einde van Afrikaanse films tot gevolg gehad het. Hierdie stand van sake het immers voortgeduur tot in die negentigerjare, en het gelei tot ’n onverdraagsaamheid jeens enige kritiek wat myns insiens tot vandag nog kop uitsteek – en nie net waar dit filmkritiek betref nie. So skryf Van Nierop:

Resensente wat dit sou waag om hulle [oor die vervlakking van films] uit te spreek, is verkleineer of uitgetrap as “konserwatief” of “probeer dit bietjie self!” [sic] of “donners wat nie ’n clue het waarvan hulle praat nie.” ’n Boeliekultuur [is] geskep waar enigiemand wat die moed gehad het om hierdie tendens aan te vat, beledig is as amateurs wat nie weet waarvan hulle praat nie. (En dit is sagkens gestel.) Die veronderstelling was dat die geld-makers “volmaakte” rolprente gemaak het wat hoegenaamd nie gekritiseer mag word nie, want dit was “uitstekende” produkte bloot omdat dit geld maak. (Meesterstukke soos Paljas, Faan se trein en Die wonderwerker sou dekades later die teendeel by die loket bewys.) (215)

Van Nierop skroom egter nie om sy kritiek oor hierdie films uit te spreek nie. Hoofsaaklik Willie Esterhuizen se flieks loop deur, en word veral beskryf met frases soos “masturbeer-agter-die-kraalmuur-aanslag” (365). Ofskoon dié leser hiermee saamstem, word die herhaling naderhand lastig. As ’n mens egter dié besprekings vergelyk met dié van rolprente waarvan Van Nierop onbeskaamd ’n aanhanger is, is dit duidelik dat die kritikus se pen ewe swaar oor die nekke van alle films hang.

Een van die laaste en besonder knap hoofstukke in die boek handel oor Van Nierop se rol agter die kamera. As draaiboekskrywer van die baie goeie Ballade vir ’n enkeling (2015) vertel hy onderhoudend van die hele proses om ’n storie uiteindelik op die skerm te kry, en ook hoe hy self onder die kritici moes deurloop.

In die voorwoord skryf Van Nierop dat hy gepoog het om ’n toeganklike geskiedkundige oorsig van die Afrikaanse filmbedryf te skryf. Hierin het hy beslis geslaag. Die styl is ontspanne, sonder dat daar ingeboet word aan die deeglike en skerpsinnige ontleding waarvoor Van Nierop bekend is. Hy erken ook wanneer sy oordeel verkeerd was (293). Aan die fondamente van Van Nierop se kritiese blik is dus ’n goeie skeut selfbesinning, waarin hy mens telkens herinner dat kritici nie sodanig op ’n enkele tekortkoming moet fokus dat hulle die “breë prentjie” uit die oog verloor nie (436).

Met die skryf van hierdie resensie het ek hard probeer om Van Nierop se raad te volg. Daar doer in die fliek het vir my ’n paar uur se heerlike leesgenot ingehou. Die teks is informatief en indringend, en ’n nodige balans word gehandhaaf wat hierdie teks vir sy “gewone” (7) lesers toeganklik maak, sonder dat dit te oppervlakkig word. Dit is juis daarom jammer dat die boek mank gaan aan behoorlike taalversorging. Talle spel- en tikfoute ontsier die teks: “oorlewing” word byvoorbeeld in plaas van “oorlewering” gebruik (27); in ’n aanhaling “lig” iemand ’n opinie (318), terwyl daar op die volgende bladsy korrek ’n opinie “gelug” word (319); “hoeveelheid” word verkeerdelik gebruik wanneer “aantal” korrek sou wees (277); en haas onverskoonbaar steek die koppeltekenlose “Suid Afrika” (389) ook kop uit. Hier en daar is ’n anglisistiese neologisme wat maar eerder uitgelaat kon gewees het, soos “ooglekkergoed” (vermoedelik ’n vertaling van “eye candy”, 115, wat dikwels ook in ander media deur Van Nierop gebruik word). ’n Groot steurnis is dat veral die tegniese versorging te kort skiet. Die bekende Dulcie van den Bergh maak haar opwagting as “Dulsie van de Bergh” (48), en word dan later “Dulcie Smit” en “Dulcie van den Bergh” (80). Filmtitels word deurgaans gekursiveer, maar sommiges word nie volledig gekursiveer nie, sodat snaakse setfoute soos die volgende opduik: “Man in die donker” (132), “Eendag op ’n reëndag” (186), “Hoor my lied” (290), ens. Dié foute is steurend, maar dit sou onregverdig wees om dit nie as deel van die geheelbeeld te beskou nie. En dié is goed. Dit beteken egter nie dat lesers maar hiermee vir lief hoef te neem nie, en die uitgewer kon gerus hier meer moeite gedoen het.

Daar doer in die fliek is ’n viering van die Afrikaanse filmbedryf se prestasies, en Van Nierop blyk positief te wees oor die toekoms. Daar moet erken word dat die korpus Afrikaanse films steeds oorheers word deur verhale oor wit karakters wat ’n sekere soort Afrikaans praat. En hieroor sê Van Nierop nie direk veel nie. Met tye kontrasteer die positiwiteit oor die toekoms van Afrikaanse films sterk met ’n pessimisme oor die ervaring van (wit) Afrikaanssprekendes in die hedendaagse Suid-Afrika.

In sy bespreking van ’n Man soos my pa (2015) skryf Van Nierop:

Drome wat nie verwesenlik word in ’n land wat nie meer plek het vir die meeste blankes nie, behoort aanklank by gehore te vind wat onder dieselfde diskriminasie en omgekeerde apartheid deurloop ... Niemand is perfek nie en as die Afrikaners, die bietjie wat nog oorgebly het, nie saamstaan nie, is ons volk gedoem. (375-6)

Miskien is dit juis die aanname dat gehore hierby aanklank sal vind – en Afrikaanse films se dikwelse weiering om self krities te staan teenoor hulle gehore se aanvegbare slagoffermentaliteit, in die openbare diskoers dikwels maar te eenvoudig geskets – wat steeds Afrikaanse films terughou. Miskien moet rolprente ook die ervaringswêrelde wat hulle uitbeeld verruim tot dié van die breër Afrikaanssprekende publiek, want die films wat tans nog in teaters draai, is met enkele uitsonderings merendeels afgestuur op wit gehore. Maar dit vir eers daar gelaat. Soos Van Nierop sien ek uit na die toekoms van Afrikaanse flieks.

The post Boekresensie: Daar doer in die fliek deur Leon van Nierop appeared first on LitNet.

Book review: Burchell’s Travels by Susan Buchanan

$
0
0

Picture credit of William John Burchell: http://www.scielo.org.za, source: Fred Burchell

Burchell’s Travels – The Life, Art and Journeys of William John Burchell: 1781–1863
Susan Buchanan
Penguin Books South Africa
ISBN: 9781770227552

Susan Buchanan is a first-time author and Burchell’s Travels is her first book. The book’s fons et origo is an abandoned PhD thesis which, it was realised, was too narrow in focus. It was meant to include a literary study on William John Burchell’s travels in the interior of South Africa (1822–24). Now, 200 years after Burchell’s travels in the Cape Colony, Susan Buchanan has produced Burchell’s Travels – The Life, Art and Journeys of William John Burchell: 1781–1863. The text draws from the works of Burchell cognoscenti as well as from Burchell’s writings, illustrated with over 100 of his sketches and paintings. The publishers have made sure that they give pride of place to Burchell’s life and travels in a highly accessible tome that is as attractive as it is readable. They have ensured that a life of extraordinary experience, in art and science, is appropriately commemorated.

William John Burchell was born in 1781 and died in 1863 in Fulham, near London. He was the eldest son of Matthew Burchell, who owned the Fulham Nursery near London. His travels abroad included visits to St Helena, South Africa and Brazil. It was at the Raleigh House Academy at Mitcham in Surrey that a strong interest in botany was born in Burchell. He received teaching and instruction in drawing while a student at Kew Gardens. Before coming to South Africa he worked as a school teacher on the island of St Helena, where he lived from 1806 to 1810. He came directly to Cape Town from St Helena, arriving in November 1810, and his experiences between then and the time he went back to England in 1815 are related in a double-volume book that appeared in 1822 and 1824, entitled Travels in the interior of South Africa (reprinted in 1967 by C Struik, Cape Town). He processed the material for this book from specimens collected and his writings from his voyages in South Africa, although the period 1812 to 1815 was never reflected. To do the editing for Travels he went from Fulham to the countryside near Sevenoaks, where he produced the two volumes. Sadly, his Travels close at the time he was leaving his stay at Litakun in 1812, with information on the remaining three years of his stay in the Cape, constructed without having his journals as a source.

Credit for this image of Burchell’s drawing of Dithakong (Litakun): antiquarianauctions.com

The period 1815 to 1825 back in England was spent exercising a huge amount of energy to get his Travels published and work on his collection. He planted many of the bulbs of specimens collected from South Africa, in his gardens at Fulham. He meticulously documented approximately 2 000 plants in his Hortus Fulhamensis, now with the Herbarium at Kew.

But once again his wanderlust took hold of him. He remembered when he was on St Helena meeting sea captains from Brazil, and at that time almost set sail for its shores instead of for Cape Town. This would have left his travels to the Cape unmaterialised. And so in 1825 he did, in fact, set sail for Brazil. There he continued to collect widely, although no substantial publications of his personal experiences from that time have appeared. Sadly, his notebooks on Brazilian natural history are lost, although there is an article entitled “Mr Burchell’s Brazilian Journey” by Sir William Hooker in Botanical Miscellany, 2, of 1831 which provides certain insights into his time spent there. He collected extensively on his Brazilian expedition, and sent back a massive number of specimens. He also engaged in a great amount of painting, especially of buildings and general scenic views, although also botanical depictions, many of which survive.

On his return to his home in 1830 he heard that his father had died the year before. He continued to live in England until his death in 1863. It was a period of continued energy and travel, in England, and also on the Continent. He became a bit hampered by lumbago and rheumatism, although in 1832 he went travelling once again, this time to Europe, with his sister Anna. Five years later he was off again, to Germany, but due to the ill health of his mother he returned home to care for her until 1841 when she died. He and his sister once again undertook a trip to Europe (1850), underscoring his indomitable spirit for travel. As long as he was able he never ceased from travelling.

In 1855 he undertook another trip to include the Lake District. In 1860 he went to Oxford, after the publication of Darwin’s On the origin of species in London in that year. It is likely that he attended the Huxley-Wilberforce debate there, although he would not be embroiled in it given his own clearly demarcated concepts behind faith versus science.

When not travelling or away, he assiduously attended to his herbarium and zoological collections. Some contend that as he aged he became increasingly possessive of his collections, although this claim has been contested. Age above all might have made him less energetic in his pursuits, but he nevertheless continued participating in the activities of the British Association for the Advancement of Science into his senior years. The last few years of his life were not the happy ones of before. From about 1861 he became an invalid, and in 1863 he took his own life.

According to the editors of the South African Dictionary, A Gordon-Brown and AJ Böeseken, Burchell’s sister, Anna Burchell, presented his botanical collections, drawings and manuscripts, both South African and Brazilian, to the Royal Botanical Gardens, Kew, and the entomological collections, drawings and manuscripts were given to the Hope Department, University Museum, Oxford. The following extract from the writing of Roger Stewart, a foremost historian on the life of Burchell, explains Burchell’s last days:

In later life, Burchell became quite isolated and, apparently, a sad figure; it seems that he suffered from depression. In 1863, at the age of 82, he committed suicide rather clumsily. After unsuccessfully attempting to end his life by shooting, he hanged himself in a small outhouse in the garden. The jury investigating his death recorded a verdict of “suicide during a temporary fit of insanity” and added that it was not their duty “to investigate the causes which resolved in this great man taking this step”. Initially, Burchell was refused a Christian burial but, after the intervention of his sister, was buried near his home in Fulham, in the family tomb at All Saints Church, Hammersmith. Burchell’s suicide was a sad and poignant ending to a remarkable man. He made his mark in many different ways, including his sound management of serious medical conditions and the high level of care and concern he displayed towards his “fellow creatures”, in health and in sickness.

It could be no coincidence that in 1819, having been interviewed in his home country, Britain, about the suitability of the region he once explored, South Africa, for potential immigration, the following year British settlers arrived there. Few would have been as qualified as he was to answer the important question. The following extract from a different source describes Burchell in context of his South African visit:

Burchell is remembered mainly for his contributions to descriptive and philosophical aspects of natural history of the country. He is less well known for some significant and novel contributions to the earth sciences, the social sciences and even astronomy. Burchell’s observations in physical geography and geology and his contribution to cartography have received little attention. In natural history, some of his views were prescient of the concepts of evolution and holism. In the social sciences, he provided unique ethnographic descriptions, developed an orthography of two indigenous languages and produced drawings that have attracted international research. William John Burchell is worthy of our memory. (http://www.sajs.co.za/sites/default/files/publications/xml/1207-10793-1-PB.xml)

Authors of texts on Burchell, Roger Stewart and Brian Warner, describe him as a natural historian, in particular, in botany, and argue that he was very skilled and that he was a polymath. His many talents include the fact that he was a geographer, natural philosopher, ethnographer, draughtsman and artist, talented linguist and an accomplished author. They compare him with other multi-talented travellers such as Robert Gordon, John Barrow and Johann Reinhold Forster who had been in southern Africa before him (although Forster had visited for only a few weeks with Captain James Cook).

burchell2

Credit for this picture of Susan Buchanan: http://bookslive.co.za/blog/2016/03/07/jacket-notes-susan-buchanan-discusses-her-book-burchills-travels/

The true value of Burchell’s South African historiography lies in his Travels, which gives a full account of his expedition in the interior of the Cape Colony from June 1811 to August 1812. Unfortunately the journals have been lost, but the maps, paintings and sketches help “to fill in the narrative gaps”. A four-year, 7 000-km-long journey of scientific exploration and discovery enabled him to amass 63 000 specimens and 500 drawings by the time he returned to Cape Town in 1815. Although there are these lacunae in the record, by all accounts from scholars, the work from Burchell is “most valuable and accurate”. This comment is probably to be seen in context of the fact that he could be referred to as a “scientific explorer with strong Romantic sensibilities” (Buchanan, 9). It has been said about his writing style that it is “glittering” and unmatched, not even by the other pioneer travellers in South Africa (Kolbe, Sparman, Thunberg, Levaillant, Barrow and Masson). His approach to recording his discoveries was innovative as it was extensive, covering landscapes, portraits, costume, zoology and botany. One of the last works to be completed by him in South Africa is dated 13 April 1815, a pencil sketch capturing wagons crossing the Cape Flats with Table Mountain in the background. This practically ends the expedition that he embarked on just short of four years earlier when he started out with his travels into the interior, as seen in a picture by him entitled Train of Wagons at Karreebergen Poort dated 10 September 1811.

Train of Wagons at Karreebergen Poort, dated 10 September 1811. Source: https://antiquarianauctions.s3.amazonaws.com/blog/BurchellInvite3.jpg

It is not surprising that a talented scientist and writer such as William Burchell would attract the attention of scholars. He was referred to by Oxford professor Edward Bagnall Poulton, an eminent evolutionary biologist, as “by far the most scientific and greatest of the early African explorers”. One can appreciate this given his extraordinary talents, as a polyglot who was able to speak six languages, a musician who could play no fewer than four instruments, including the bugle-horn, a productive and versatile artist, and an itinerant with a strong humanist eye. His influence extends to South Africa literary circles, where his works have featured in the novels of internationally acclaimed South African writers JM Coetzee and Etienne Van Heerden. Coetzee was particularly impressed by the way Burchell’s narrative was “even to the minutest particular, regarded as a faithful picture of occurrences and observations”. As for Van Heerden’s prose, there is an attraction to Burchell’s map of the Cape Colony. The interest for Van Heerden is personal, as Burchell passed the night at the Van Heerden family farm Doornbosch as a guest of Cootje Van Heerden, one of Van Heerden’s ancestors. Returning from Graaff-Reinet in April 1812, Burchell came to the Van Heerden farm, which he claimed to be one with a superior farm house, “built on a large scale, and in a more substantial manner, than the general class of colonial dwellings” (Burchell, Vol 2, 122).

Burchell’s influence extends not only to South African cartography for his enormous map of the Cape Colony, “A Map of the Extratropical Part of southern Africa”, but also to botany and zoology. His name is commemorated in the scientific name given to the wild pomegranate, Burchellia bubaline. His name is associated with the Burchell’s zebra, Equus quagga burchellii, while ornithologists associate him with no fewer than five birds, including the Burchell’s sandgrouse, Pterocles burchelli. Other creatures bearing his name include the Burchell’s sand lizard, Pedioplanis burchelli, and an endangered freshwater fish, Burchell’s redfin, Pseudobarbarus burchelli.

More recently there has been an upsurge of interest in Burchell and his scientific achievements. These areas of interest extend to the medical world as in an article in the South African Medical Journal entitled “William Burchell’s medical challenges: A 19th-century natural philosopher in the field” by Roger Stewart, a medical doctor (April 2012, Vol 102, No 4 SAMJ). Buchanan has drawn extensively on Stewart’s expertise in the writing of her book on Burchell. Historical and heritage societies in the southern Cape erected a bust and memorial plaque in commemoration of Burchell travelling through the area 200 years before.

The bust and commemoration plaque in the southern Cape commemorating when Burchell passed through the district 200 years ago. It was unveiled on 19 September 2014.

Art historian Maria Cristina Wolff de Carvalho, by focusing on studies of Burchell’s landscapes, shows what she believes to be strong links between science and art in his work, thus a blending of ars poetica and ars pratica. In an article entitled “The Landscape Art of William John Burchell (1781–1863)” De Carvalho says, “The writings, drawings, and encyclopedic collecting of British naturalist William John Burchell (1781–1863) generated what may be called a panoramic approach to studying the landscapes he intimately explored. Yet each element of his far-ranging interests became part of an indivisible whole.” De Carvalho leaves us with details of her mission to bring aspects of Burchell even closer:

The diverse products of his scientific research and artistic creation are now all dispersed among a number of museums and other institutions, most notably the Royal Botanic Gardens, Kew (herbarium and related drawings and writings); the Linnean Society of London (correspondence); Oxford University Museum and Pitt Rivers Museum (collections of animal specimens, human artifacts, drawings, maps, and writings); Museum Africa, Johannesburg (drawings and watercolors); and the Instituto Moreira Salles in Rio de Janeiro (eighteen attributed watercolors). With the understanding of Burchell’s unique method that I have gained from these archives, I plan to mine their troves further, with the ultimate goal of preparing an artistic-scientific catalogue raisonné of Burchell’s written and artistic oeuvre. Along the way, I hope to organize exhibitions and symposia and to publish introductory books for a more general readership so that his contributions will receive the attention they deserve. (The Landscape Art of William John Burchell (1781–1863), Maria Cristina Wolff de Carvalho, Fundação Armando Álvares Penteado, São Paulo Paul Mellon Senior Fellow, 2011–2012)

Out of all of Burchell’s remarkable achievements while he spent the five years in South Africa, his botanical art probably ranks among the most significant. South African botanical historian John Rourke cites the importance of Burchell’s drawings as more important scientifically than artistically because of the way in which the morphological characteristics of the species that he studied are recorded (Buchanan, 14). For a better understanding of Rourke’s point made above, one could read up on what Burchell himself has to say about the importance of botanical sketches:

At all times a sketch is a most faithful and comprehensive memorandum, and describes most things much more fully than the pen can ever do. Whenever time will not admit of using both, there can never be doubt whether the pencil should be preferred to the pen: it is in fact often the most expeditious mode of making a description. (Burchell, Travels, Vol 1, 411).

While we are fortunate today to have Burchell’s Travels in book form (albeit limited as it covers the period up to 1812 and so another three years are lost), it would have been equally great to have had a historical documentation of his travels to Brazil. We have the St Helena journal based on the time he spent there, but a journal of his Brazil experiences (the journals are lost) would surely have added to other historiographies of what is referred to as the Age of Wonder (Richard Holmes’s term for the years between Cook’s first expedition and Darwin’s voyages). Burchell fits the mould as a Romantic explorer of Romantic science, although his methods were also scientific in their application. What makes Burchell more important than some of the other explorers is that he contrasts the landscapes rather than merely record a one-sided emotional response. In this way his accounts become more universal in their application.

Buchanan’s book covers Burchell’s art and journeys across the full scope of his life (1781–1863). It spans 224 pages with Penguin Random House producing a tome worthy of a competent author and a deserving subject, travel historiography of the early Romantic period.

Burchell’s is a love story of a different kind. His own personal experience of unrequited human love made him turn his attention more strictly to a love for open landscape. Buchanan’s book tells this story, an extraordinary human exploration.

Chapter 1, “A splendid education” (Fulham, 1781 to 1805), recounts his early years, confirming that Burchell was talented at drawing. Ironically, the very thing that Burchell went out looking for in his Romantic travelling and discovery is what promoted his father’s business – exotic plants and a nursery/herbarium, at a time when there was an interest in gardening and plants introduced from abroad, especially from the Cape.

Credit for this etching of William Burchell (1816), one of the portraits out of 100 “great men” in the V & A Museum, Kensington, London: http://www.sapeople.com/2013/05/27/following-in-burchells-tracks-422/

Chapters 2 and 3 cover his stay on St Helena (1806) and then his coming to the Cape (arriving in November 1810). Thirty years before Burchell arrived on St Helena, Charles Darwin observed that the island “rises abruptly like a huge black castle from the ocean”. Burchell’s sketch of Lemon Valley on St Helena (1808) nicely illustrates Darwin’s words.

The image of Lemon Valley on St Helena done in 1808 by William Burchell. Credit: http://www.vitruvius.com.br/media/images/magazines/grid_12/fc59fefe46f2_05_burchell_vitruvius.jpg

He became a school teacher on the island, but found this work odious in the extreme and was relieved by changing careers. He began collecting botanical specimens instead. Soon his interests extended to the collection of minerals. Keeping a journal occupied his time. Poignant sketches of local scenes came from his ink stylus, today forming part of the valuable Burchell archive. Having spent five years on the remote island it was time to go. He set out for Cape Town “solely for the purpose of acquiring knowledge”. Buchanan describes his arrival at the Cape and provides the reader with interesting accounts of it, as well as a feast for the eye of Burchell’s drawings, sketches and paintings, including the painting of the inside of Burchell’s wagon.

Source: http://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0038-23532012000600015

Credit for this reproduction of the aquatint by Burchell entitled Crossing the Berg River dated 23 June 1811: https://antiquarianauctions.com/lots/crossing-the-berg-river

Chapter 4 covers the expedition to Klaarwater, a journey undertaken between June, to October 1811. It is this picture enshrined in South African discoverer-prints, an aquatint, where Burchell captures the African light and colour that makes it valuable for South African iconography. Out of it we see coming his Romantic sensibility which he “quickly executed at the moment the scene or image impinged on Burchell’s retina”. Of significance from this journey into the interior are the balanced accounts by Burchell of the social life in towns, villages, and farms in the district. As in the previous chapters the text is richly accompanied by Burchell’s illustrations, a classic being the painting entitled The Rock Fountain, in the country of the Bushmen, dated 9 September 1811.

Credit for this classic painting by Burchell entitled The Rock Fountain, in the country of the Bushmen, dated 9 September 1811: http://libweb5.princeton.edu/visual_materials/maps/websites/africa/burchell/burchell4.jpg

Chapters 5 and 6 continue with an account of Burchell’s journey to Klaarwater, after which he then journeys to Graaff-Reinet – see his map to follow the itinerary. It was on this leg of the journey that he visited the farm of the ancestors of Etienne Van Heerden at Doornbosch.

A portion of Burchell’s map of the Eastern Cape

Chapters 7 and 8 cover the expedition to, and sojourn at, Litakun (today, Dithakong), describing the experiences in tricky cross-cultural situations which are explained in the Buchanan text.

Credit for the sketch by Burchell of his first interview with the Chief of the Bachapins: https://c1.staticflickr.com/4/3399/4649958600_2085aaf9f1_z.jpg

It’s as if Burchell is driven by something along the lines from ST Coleridge. And so he begins his journey back to Cape Town, which is covered by chapter 9 in the Buchanan text, entitled “Keep moving!”.

Keep moving! Steam, or Gas, or Stage,
Hold, cabin, steerage, hencoop's cage –
Tour, Journey, Voyage, Lounge, Ride, Walk,
Skim, Sketch, Excursion, Travel-talk –
For move you must! 'Tis now the rage,
The law and fashion of the Age.

Burchell returned to Cape Town in April 1815. He was ready to return home. He prepared to leave via St Helena for England, where he arrived in November of that year. A year later his portrait (etched) was included in “a hundred portraits of great men”, which today can be viewed in the Victoria and Albert Museum in London. After a five-year period in England he set out for his journey to Brazil to build on his previous travelling experiences, for collecting specimens, and to keep moving.

Painting of William Burchell by Thomas Herbert Maguire Burchell aged 73 – 1854. Credit: https://en.wikipedia.org/wiki/William_John_Burchell

Chapter 10 of Buchanan’s book explains Burchell’s journey from 1825 to 1830, landing in Rio de Janeiro on 18 July 1825. Optimism, fortitude amid much hardship characterised his visit. His panorama of Rio de Janeiro is one of the classics coming from his repertoire while in Brazil. As the South African landscape and vegetation never ceased to amaze him – described by him in words such as “luxuriance and richness”, Buchanan describes how Burchell continued in energy to capture scenes in his drawings and aquatints, reflected in her book.

Credit for the painting of Rio de Janeiro by William Burchell, probably painted in May/June 1826: http://www.vitruvius.com.br/media/images/magazines/grid_12/b3571b98c7b4_15_burchell_vitruvius.jpg

The final chapter, chapter 11, entitled “A Life of Science”, brings to an end descriptions of an extraordinary life. The tragedy of suicide becomes the Burchellian reality, an irony after such a life spent exploring. One hopes for Burchell it was a life well examined and worth living. It certainly was, for South African historiography!

The post Book review: Burchell’s Travels by Susan Buchanan appeared first on LitNet.

Boekresensie: 'n Vlerkslag van kleur deur Fransi Nieuwoudt

$
0
0

’n Vlerkslag van kleur
Fransi Nieuwoudt
Cordis Trust
ISBN: 9780992205782

Fransi Nieuwoudt is ’n bekende beeldende kunstenaar van Lichtenburg. ’n Vlerkslag van kleur is haar debuut.

Reeds met die titel en omslagontwerp, ’n kunswerk van Nieuwoudt self, word kleur en kuns tematies voorop gestel. Die inleidende motto's tot die eerste twee dele van die bundel open met aanhalings van Johann Wolfgang von Goethe wat sy sienings rondom kleur aktiveer:  “Colour itself is a degree of darkness” en "Colours are light's suffering and joy".

Laasgenoemde moet binne die konteks van Goethe se geesteswetenskaplike en verromantiseerde siening oor optika gesien word (versus Newton se wetenskaplike benadering waarin ’n kleurspektrum gevorm word deur die breking van lig deur ’n prisma).  

Na analogie van Goethe se benadering val die klem op kleur as mistifiserende fokalisator in die bundel. In ’n onderhoud met René Bohnen wys Nieuwoudt op die interaksie en simbiose tussen haar kuns en poësie: “Woord en beeld is egter so nou verweef binne my dat ek dit as ’n wederkerige spel gebruik. So hier is die woordkuns hopelik ook kunswoorde en staan elkeen terselfdertyd outonoom. Verder is dit vir my die speelruimte van en tussen verskeie sienswyses”.

Baie gedigte handel oor die kontras tussen lig/donker, en die hiatiese tussenruimtes wat nie sintuiglik waargeneem word nie, maar eerder verestetiseer word. Goethe se siening van innerlike lig asook die uitgangspunt dat daar nie kleur bestaan in duisternis of troebelheid nie, maar dat kleurryke verskynsels ontstaan as lig op ’n voorwerp inwerk en teen ’n liggaam “ly”, word betrek. Só gaan die verse byvoorbeeld op in ’n assosiatiewe spel van stylfigure, soos ’n laaste totsiens”:

stertvere geklief
spleet ons deur ’n lug
met wolke wat migreer

ons sirkel terug

afskeid is ’n trekvoël
slingeraar van splitsvrug (47)

Die gedigte wemel van verskynsels wat morf: lewensiklusse in die natuur, insekte, kokonne, voëls, broeipatrone, migrasiepatrone, muterende identiteite wat onder meer mities voorgestel word, ensovoorts.  Eindelik word die verse ’n spel met metamorfose, byvoorbeeld doodroep (2); reëls vir die digkuns? (4); Doringrosie (5) en transformasie (10). Die begeerte om duskant tyd en ruimte te transendeer, neem ook kosmiese afmetings aan in ’n ontstaan (56), waarin die oerknal en Stephen Hawking se teorie oor tyd ’n metafisiese wending neem.

In 16 dae van aktivisme (15) skryf Nieuwoudt ’n meer sosiaal-betrokke vers. Die spreker herleef die geweld wat hom/haar aangedoen aan die hand van ’n posttraumatiese herinnering waarin ’n vermeende kindermolesteerder as ’n “woekerdier” voorgestel word.

Gedigte wat sielkundige stoornisse aanspreek, is onder meer Rooikappie (DSM-5:296.33) (16); self-skade (NSSI) (17); sosiale angsversteuring (DSM-5:300.23) (18) en pole (DSM-5:296.63) (20).

Die verwysings na die Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders doen egter geforseerd aan; van die verwagting van ’n kliniese eksposisie is daar nie spake nie. Tog is Rooikappie ’n aangrypende vers as die spreker se idilliese sprokiesbestaan een van ontgogeling word tydens ’n depressiewe episode:

’n loerie waarsku
vlietend met rooi vlerke
maar die mandjie hang
swaar in die waai van my arm
kokhals verlepte blomme
iewers
langs die pad gepluk

die bos het geel oë
hy trek sy spiere saam

ek struikel

en laat die mandjie glip (16)

Die soeklig val op die esoteriese in the Fool (Major Arcana) (40) en The Chariot (Major Arcana) (41). Hier skakel die kuns met die mistieke. Kunstenaars soos Pamela Coleman Smith het met die Rider Waite Tarot bekendheid verwerf vir haar skildering van die 78 kaarte in dié esoteriese pak kaarte en die verbandlegging tussen kuns, poësie en die mistieke word ook aangetoon in ’n skildery van William Yeats. ’n Mens wonder waarom die titels van laasgenoemde twee verse in Engels is, terwyl daar voldoende Afrikaanse eweknieë daarvoor bestaan.

"the Fool (Major Arcana)"

gekke weet dat die aarde behoort
aan eenvoudiges
so ook die uitspansel

binne elke dwaas
swerf ’n Groenman
wat dans met drie boontjiepitte
en ’n slakdop
waaruit ’n roos spiraal

’n gids hou immers wag
by die stomp afheinings
van donker  flits
by ongekettingde hekke

sotte weet dat die lewe ’n sterpad is
wat wit geklip
en oop lê (40)

Nieuwoudt skryf oorwegend vrye vers wat sterk herinner aan die sewentigers se werk. Die vrye assosiasie en bewussynstroomtegniek lei soms tot mooi vondste, soos "Verligting":

By die Romance Hotel, duskant Ain Sokhna,
is die maan ’n glasblaser:
sy bol haar wange,
sy breek met vlammende vingers
triskeles oor die water.

Mans
rook shisha,
hulle sit onder gekleurde lampe:

oorkant die Rooisee
gloei ’n anderman se woorde
skaduwees teen Hirawande;

’n vissersbootjie drup kerswas,
blits in heiligekalot
al kleiner

‒ miskien swem geskoolde
visse waar dit lig blyk. (30)

Maar van die verse is té amorf en sou kon baat met sterker beheer en bindingsmiddele. Die gebruik van beeldspraak vertoon soms arbitrêr.

So werk blote lukrake ooreenkomste tussen verskynsels nie noodwendig sterk metafore in die hand nie. Die grense tussen die hermetiese uitdagings wat Nieuwoudt se poësie mag bied teenoor die risiko van vertoebeling in obskurantisme, is vaag; die verse sou kon baat met ’n helderder uitskristallisering van idees. Die gebruik van letters binne hakies in woorde, asook die eksplisiete “breuke” van koppeltekens binne woorde om meerduidigheid of nuutskepping te vorm, slaag nie in alle gevalle nie. In sommige verse word die gebruik van die uitsteltegniek bloot ingespan om kitsoorgange tussen gedagtes te bewerk – van deurdagte frasering is daar weinig sprake.

Nietemin lewer Nieuwoudt ’n debuut wat meevoer in die liriese inslag. ’n Vlerkslag van kleur is ‘n bevredigende en moedige bundel met die belofte van ’n volhoubare digterskap.  Die bundel is beskikbaar by fransi.vlerkslag@gmail.com en kos R140-00.

The post Boekresensie: 'n Vlerkslag van kleur deur Fransi Nieuwoudt appeared first on LitNet.

Boekresensies: Lemoenseisoen en Sjokoladesoene deur Kristel Loots

$
0
0

Lemoenseisoen deur Kristel Loots, ISBN: 9780799377590

Sjokoladesoene deur Kristel LootsEAN: 9780799377606

LAPA Uitgewers

 

Ek is ʼn voorstander van gesonde dissosiasie. Daardie ding wat ʼn mens saans doen ná ʼn dag se harde werk wanneer jy voor die televisie neerval en jou aan ʼn storie oorgee waaroor jy nie hoef te dink nie. Die oomblik wat jy so te sê vergeet wie jy is en waar jy vandaan kom.

Ek wil nie altyd met iemand in ʼn storie identifiseer nie – soms moet hulle baie ver van my verwyder wees sodat ek net kan afskakel en oor niemand bekommerd hoef te wees nie. Dit is die rede hoekom ek die onvergeeflike sonde doen en sommer in die helfte van ʼn boek, die einde lees net om van die spanning ontslae te raak sodat ek die boek oomblik vir oomblik, sin vir sin, kan geniet.

Toe Lemoenseisoen en Sjokoladesoene van Kristel Loots op my lessenaar beland, het ek my reggemaak vir lekkerleesstories wat nie spanning in my oplaai waaroor ek ná die tyd nog loop en worstel nie. Dit is toe ook so. Dit is ʼn lees wat jou nie met ʼn swaar gemoed in ʼn woestyn van emosies los nie.

Elke storie het ʼn goeie afsluiting, natuurlik met die liefde wat seëvier. Dit het ʼn mens ook nodig – die veiligheid en voorspelbaarheid van ʼn boek se verloop sodat jy nie nodig het om daaroor ook te stres nie. Asof die lewe jou nie genoeg stres gee om te hanteer nie, is daar oorgenoeg boeke wat ʼn mens in die dal van doodskaduwee los.

Soms wil ʼn mens net weggevoer word na die utopie van liefde en jou verbeel dit is presies hoe dit in die werklike lewe gebeur. Kristel Loots kry dit reg om met haar liefdesromans ʼn mens weer in die genot van liefhê en die oorgawe aan die liefdesdaad te laat glo.

Hiervan gepraat: Baie duidelik het ek nie tred gehou met die hedendaagse liefdesroman nie. ʼn Heerlike, smaakvolle stuk erotika maak deel uit van haar boeke. Loots se stories loop op na ʼn klimaks (woordspeling so bedoel), maar nie sonder ʼn morele kode wat sy daarby inwerk nie. As leser kom jy agter die sekstonele is nie net ter wille van die erotika of omdat dit mode is nie, maar ʼn natuurlike vloei uit die verhouding van twee mense wat mekaar liefhet.

O my goeiste, die tonele wat sy in jou kop agterlaat! Al wat ek kan sê, is: lees Loots se boeke as jou verhouding so effens vervelig geraak en ʼn opkikkering nodig het.

Lemoenseisoen

In Lemoenseisoen lees ons van Suzy, die predikantsvrou wie se huwelik met die stywe, vaal Frederick juis die opkikkering nodig het. ʼn Mens kry dadelik ʼn idee van die toestand van hul huwelik toe sy met haar verleidelike nagrok op sy lessenaar voor hom gaan sit terwyl hy besig is om preek te skryf (ter verdediging: blykbaar die mees ongepaste tyd vir ʼn predikant) en hom probeer verlei. Haar man, wat al lankal nie meer by haar in dieselfde bed slaap nie, wuif haar weg.

“Vir Frederick was sy ʼn meubelstuk, handig genoeg, maar nie kosbaar genoeg om af en toe te poleer nie. ʼn Tafel of ʼn stoel wat kon praat, wat om sy ore kon kerm en op ʼn ongeleë tyd na ʼn quickie verlang het. Dis al.”

Suzy voel verwerp deur Frederick, met wie sy nie meer ʼn emosionele verhouding het nie, asook hulle enigste dogter, wat met ʼn heelwat ouer geskeide man uitgaan en haar rug op haar ma se teregwysings draai. Boonop het Suzy ʼn geheim wat sy uit haar verlede met haar saamdra.

By ʼn sosiale geleentheid ontmoet Suzy die suksesvolle, aantreklike Dante del Marco met die voorliefde vir lemoene. Toe sy hoor hy het ʼn persoonlike assistent nodig wat saam met hom Londen toe moet reis vir ʼn sakeaangeleentheid, dring sy haar op aan hom. Sy wil die werk hê, want haar geheim se oorsprong is in Londen. Dante word haar gratis vlugkaartjie na Londen. Maar sy het nie rekening gehou met die liefde nie en kort voor lank is sy verlief op haar werkgewer.

Toe Suzy boonop op haar man afkom waar hy die orrelis se hand net te lank vashou, stel sy ʼn egskeiding voor en neem selfloos die skuld op haar voor die kerkraad en gemeentelede. Hulle moes in elk geval nooit getrou het nie, sê Suzy vir die protesterende Frederick, wat die beeld na buite probeer volhou ongeag die liefdelose huwelik wat weens sentimentele redes voltrek is.

Suzy gaan saam Londen toe, waar die liefde tussen haar en Dante gedy, terwyl sy haar verlede oopkrap en die persoon vind na wie sy haar lewe lank soek.

Die storie is nie sonder diepte nie. Dit vertel van Mooi Marie, Suzy se ma wat mans te maklik in haar lewe en bed toelaat. “Mooi Marie is nog mooi; dit vat net langer om dit raak te sien.” En van die effek van ʼn buite-egtelike swangerskap in die tyd toe die kerk sensuur toegepas het en ʼn aborsie net in die buiteland gedoen kon word.

Dit vertel wat geheime aan mense doen. Die storie is nie verwyder van die werklikheid nie en net wanneer jy dink dit is maklike leesstof waarin jy kan wegraak tussen die liefde en belustigheid, kom vat dit aan jou wanneer jy met ʼn karakter identifiseer en skielik is daar ooreenstemmings wat net te na aan jou eie lyf is.

Maklike lees? Miskien, maar met ʼn goeie skoot afwagting. Gelukkig is dit steeds nie nodig om halfpad deur na die einde te blaai nie – die spanning is een wat jy kan hanteer, want ʼn gelukkige einde is om die draai.

Sjokoladesoene

Soos in Lemoenseisoen is daar in Sjokoladesoene ook ʼn dieper tema en hierdie een is bekend met baie van ons, naamlik kos en die soms ongesonde liefde daarvoor. Jessie en haar suster, Debbie, se swak verhouding met kos het sy ontstaan by hulle ma, wat haar dogters van kleins af geweeg en kos van hulle weerhou het om te verseker dat haar kinders se figure perfek is. Die gevolg is dat die volwasse Jessie haar troos by sjokolade vind. Appels en pere werk nie vir haar nie.

Haar vriendin Ina sê: “Jy’t so ʼn mooi lyf, daar’s net te veel daarvan.” En toe Andries, haar man, met ʼn jonger, maerder model wegloop, kan sy haar behoorlik aan die troos van soetgoed oorgee. Sy moet verwerk wat haar man aan haar gedoen het, maar ook die verdwyning van haar suster uit haar lewe. Boonop sien sy haar kinders min omdat hulle verkies om by hulle pa en sy nuwe jong meisie te kuier.

Tot sy op ʼn dag in Bruno Baumann, mede-eienaar van ʼn modelagentskap, vasloop en hy dadelik die potensiaal in haar raaksien vir ʼn advertensie vir meer volwasse vroue wat nie lyk of hulle op ʼn hongerstaking is nie. Wie sou kon raai dat Jessie, wat so selfbewus oor haar liggaam is, as model gebruik word?

Sy en Bruno word vriende en hy neem haar op ʼn rit van selfontdekking en selfaanvaarding. “In elke voorstedelike vrou skuil daar ʼn roekelose rebel wat gevaarlik wil leef, en dinge wil doen wat glad nie by haar status en statuur as ordentlike en middeljarige vrou pas nie.”

Terselfdertyd moet Bruno ook sy bagasie “wat hy soos ʼn woonwa saam met hom sleep”, hanteer. Dit pla hom dat hy nooit weet of wat hy doen ooit sy pa se goedkeuring sal wegdra nie. Met haar gul geaardheid help Jessie die gesin om ʼn gebeurtenis uit hulle verlede te verwerk.

Toe Jessie agterkom dat sy gevoelens vir die gesofistikeerde Bruno ontwikkel en wilde fantasieë oor hom koester, maak sy ʼn blikkie kondensmelk oop en drink die hele blik leeg om haar aandag op iets anders te rig as die man wat verkies om ʼn alleenloper te wees en nog nooit daarin belang gestel het om te trou nie. Dit is dan ook die oomblik wat sy besef “sy grou haar graf met haar tande en dat sy haar lyf verniel omdat sy enige gemors daarin stop in ʼn poging om van die gat aan die binnekant ontslae te raak.”

Toe Bruno haar vra wat sy van ʼn man verwag, antwoord sy “dat sy ʼn vurige man begeer, iemand wat by tye na haar sal kyk soos ʼn wolf wat haar wil verslind”. En dit is wat sy in Bruno kry. Die weerstandige man val soos ʼn mak lam voor Jessie.

Ek was aangenaam verras. Kristel Loots se boeke is soos liefdesromans behoort te wees; fantasie gemeng met realiteit, ʼn paar lewenslesse om geloofwaardigheid aan die storie te gee en net genoeg erotika om mens lus (is dit die regte woord?) te maak vir nog.

  • Juliana Coetzer, psigoterapeut en skrywer van Bloedvreemd

The post Boekresensies: Lemoenseisoen en Sjokoladesoene deur Kristel Loots appeared first on LitNet.

LitNet Akademies-resensie-essay: Wat nou, Suid-Afrika? deur Theuns Eloff

$
0
0

Foto van Theuns Eloff: Naomi Bruwer

Resensie van Wat nou, Suid-Afrika? deur Theuns Eloff (Kaapstad: Tafelberg, 2016, ISBN: 9780624073772 [papier], R210, 224 bladsye; ISBN: 9780624073789 [e-pub], $13,93 Amazon Kindle)

  • Alle verwysings is na die Kindle-weergawe.

Lees ook: US Woordfees: Wat nou, Suid-Afrika?

Ofskoon Van Wyk Louw eenmaal wyslik gesê het dat die skrywer agter die boek met rus gelaat moet word, roep die styl en inslag van hierdie boek onwillekeurig die persoon van Theuns Eloff op: sober, nugter, regverdig, gebalanseerd en pragmaties. In ’n sekere sin dus die beste van die Dopper-tradisie wat Eloff gevorm het en wat hy steeds beliggaam.

Daar is nog ’n rede waarom dit in die geval van hierdie boek moeilik en selfs onwenslik is om nie na die skrywer self te verwys aan die begin van hierdie resensie nie. Dit is dat Eloff ’n veelbewoë lewe gelei het waarmee hy moeisaam die status en gesag verwerf het om hierdie boek te kon skryf. As gebore Potchefstromer, predikant van die Gereformeerde Kerk, apartheidskritikus gedurende die jare sewentig en tagtig van die vorige eeu, Dakar-ganger en betrokkene by die Kodesa-onderhandelinge, betrokkene by die burgerlike samelewing ná die land se politieke oorgang, hoogs suksesvolle rektor van die Noordwes-Universiteit (NWU) en nou ’n soort elder statesman (op ’n jeugdige 61) van die Suid-Afrikaanse én Afrikaanse openbare ruimte het Eloff ’n lang pad gestap om te kom waar hy is, en bly hy ’n belangrike stem. Bygesê: die skandalige wyse waarop hy deur sy politieke opponente aan die NWU verdryf en deur die sentralistiese liggewig Dan Kgwadi as rektor vervang is (nadat hy ’n mentor vir Kgwadi was), asook die bisarre kritiek van ander rektore dat hy van die Potchefstroom-kampus van die NWU ’n “taalenklawe” wou maak, het hy, te oordeel aan die moreel suiwere stem van hierdie boek, en die verantwoorde optimisme wat daaruit straal, nie kop toe gevat nie. In hierdie opsig is hy dus ’n voorbeeld van iemand wie se geloof in die nuwe bedeling – en sy geloof as sodanig – al kwaai getoets is, en staande gebly het. Vermoedelik was die skryf van hierdie boek ’n terapeutiese verwerking van die onreg wat hy by die NWU aangedoen is, en indien wel, is die ongeluk wat hom oorgekom het ons almal se geluk, want Wat nou, Suid-Afrika? is ’n deurdagte, hoopgewende bydrae tot die huidige openbare gesprek waar die onontbeerlike deug van hoop so skaars geword het.

’n Verdere pluspunt van die boek is dat Eloff sowel aan die Suid-Afrikaanse as aan die Afrikaanse openbare ruimtes aandag gee. Om die waarheid te sê gee dit aan die boek ’n ekstra dimensie wat nie algemeen voorkom by die stortvloed boeke in hierdie genre wat die afgelope paar jaar van die drukperse af rol nie. Hiermee bewys Eloff dat juis wanneer Suid-Afrikaners vanuit hulle besondere taal-, kulturele, godsdienstige en etniese agtergronde oor hul spesifieke gemeenskappe en oor die land dink, die nasionale en die subnasionale skeppend met mekaar kan praat.

Eloff se aanslag is om in hoofstuk vir hoofstuk Suid-Afrika se uitdagings eerstens te oorweeg aan die hand van die beste beskikbare statistiek en waar moontlik in vergelyking met ander lande. Dit word dan telkens opgevolg met ’n nugtere ontleding van die oorsake van die land se probleme en oplossings, waarin besondere klem gelê word op wat Jan en San Alleman kan doen. In die proses is hy nie skaam om kritiek uit te spreek teen en krediet te gee aan wie dit toekom nie. Hy vertrek vanuit die aanname dat die meeste Suid-Afrikaners gematigde mense is wat die Grondwet respekteer, maar wonder waarom, indien dit so is, hierdie gematigdheid nie aldag te siene is in die nasionale politiek nie:

My uitgangspunt is dat die meeste Suid-Afrikaners welmenend en welwillend is, die Grondwet wil eerbiedig en uitleef en basies dieselfde ideale vir hulle en hul kinders koester. En tog lyk dit nie elke dag so nie. Hoe verklaar ’n mens dit en sien terselfdertyd ons gemeenskaplike toekoms raak? (Kindle-ligging, 43) 

Die boek bestaan uit 11 hoofstukke. Die eerste drie hoofstukke vorm die eerste deel van die boek waarin gekyk word na die bates en laste van wat hy “Maatskappy Suid-Afrika” noem, en bespiegel word oor die redes vir die laste. Terwyl die onderwerpe wat in hierdie eerste drie hoofstukke onder bespreking is nie iets is waaraan gewone Suid-Afrikaners aldag veel kan doen nie, kan ons wel iets doen aan die sake wat in hoofstuk 4 tot 10 behandel word, insluitend kwessies soos onderwys, misdaad, moraliteit en versoening. Die slothoofstuk, wat dieselfde titel as die boek dra, voer aan waarom daar nog hoop vir die land is en wat elkeen van ons baie konkreet in die alledaagse lewe kan doen om die hoop te verwesenlik.

Bates

Hoofstuk 1, “Suid-Afrika vandag”, begin by die oorgang vanaf apartheid. Dit is geen verrassing nie dat Eloff positief oor die oorgang is en oor die Afrikaners se vrywillige afstanddoening van mag ’n standpunt herhaal wat Van Zyl Slabbert graag gestel het:

Suid-Afrika het die suksesvolste politieke oorgang in die geskiedenis gehad. Dit het nog nêrens in die wêreld gebeur dat ’n minderheidsgroep wat die politieke mag gehad het dit vrywillig aan die meerderheid afgestaan het nie. Hiervoor sal FW de Klerk altyd erkenning kry. (97)

’n Land kan natuurlik nie bloot op sy louere rus nie, en dus vra Eloff gou reguit of Suid-Afrika vandag ’n mislukte staat is. Hier wys hy daarop dat as dié vraag gevra word, twee dinge in ag geneem moet word, naamlik “die definisie wat jy gebruik en hoe mense die betrokke staat beleef” (137). Vir die definisie steek hy kers op by die gesaghebbende Amerikaanse organisasie Fund for Peace se 12 kenmerke van ’n mislukte staat. Slegs vier van hierdie 12 kenmerke is in ’n mate op Suid-Afrika van toepassing:

Wydverspreide korrupsie en misdaad kom voor, maar die staat is nog nie volledig gekriminaliseer of gedelegitimiseer nie. Daar is ’n mate van demografiese druk, hoofsaaklik weens die instroming van mense uit ander Afrikalande, en ’n agteruitgang in openbare dienste. Laastens is ongelyke ekonomiese ontwikkeling vir sekere groepe ’n werklikheid – ons ongelykheidsindeks of Gini-koëffisiënt is van die hoogste ter wêreld. (170)

Dit is in die lig hiervan dat Fund for Peace die land uit die vier moontlike kategorieë van mislukte-staat-status – “waarskuwing, hoë waarskuwing, baie hoë waarskuwing en alarm (alert)” (163) – bloot in die waarskuwingskategorie plaas. Maar as die definisie een ding is, wys Eloff daarop dat mense se subjektiewe belewenis van die staat ’n heel ander ding is. In dieselfde voege as Alexis de Tocqueville se argument dat die burgery se gedeelde ervaring van lyding deurslaggewend was in die opstand teen die feodale staat voor die Franse Revolusie, vind Eloff hoop op ’n regeringsverandering in die groeiende gedeelde ervaring van lyding aan die hand van ons swakregeerde staat:

Wanneer alle Suid-Afrikaners, ongeag hul klas, egter byvoorbeeld water van ’n swak gehalte kry en aan beurtkrag blootgestel word, kan daar gou groter eenvormigheid kom ten opsigte van hul belewing van die staat. Dieselfde sal gebeur wanneer die armstes ook eerstehands die gevolge van korrupsie ervaar, soos wanneer staatshuise van ’n swak standaard deur onbevoegde kontrakteurs gebou word. (194)

Hierbenewens sonder hy die volgende politieke bates van die land uit. Eerstens het ons ’n goeie Grondwet wat na sy mening deur die meeste mense van die land gerespekteer word. Tweedens is daar vanweë die massasteun wat die ANC geniet, redelike politieke stabiliteit in die land, en sien hy die groei van die DA en die EFF se toetrede tot die parlement met hul gebreke en al as versterkend van die land se veelpartydemokrasie wat “help om weg te kalwe aan die alleenheerskappy of hegemonie van die ANC in die parlement” (252). Derdens is daar die lewenskragtige burgerlike samelewing. Vierdens geniet die land op ekonomiese gebied steeds betreklik goeie fiskale en monetêre beleid, word ons ouditsektor deur die Wêreld Ekonomiese Forum as die beste ter wêreld beskou, en “is Suid-Afrika wat ekonomiese groei betref in ’n sterker posisie as talle Westerse lande” (263). Laasgenoemde punt moet dalk met ’n knippie sout geneem word, gegewe die feit dat die meeste Westerse ekonomieë reeds hul groeipotensiaal grootliks verwesenlik het en in hul burgers se behoeftes kan voorsien.

In die vyfde plek oordeel hy dat daar sedert 1994 heelwat vordering in die sosio-ekonomiese en sosiokulturele omgewing gemaak is, waaronder die suksesvolle bekamping van MIV/Vigs sedert 2008. Die vraag moet wel gestel word wat van hierdie sukses gaan word indien die Amerikaanse regering sy steun vir die veldtog onttrek, soos wat moontlik gaan gebeur.

Laastens maak Eloff baie gewag van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) wat in 2011 gepubliseer is. Hy lig die nege doelwitte van die NOP instemmend uit:

  1. Skep werksgeleenthede en bestaansmiddele (livelihoods). 2. Brei infrastruktuur uit. 3. Skakel oor na ’n laekoolstofekonomie. 4. Transformeer stedelike en landelike ruimtes. 5. Verbeter onderwys en opleiding. 6. Voorsien kwaliteitgesondheidsorg. 7. Bou ’n staat wat kapasiteit het. 8. Beveg korrupsie en verbeter verantwoordbaarheid. 9. Transformeer die gemeenskap en verenig die nasie. (309)

Die NOP is dan ook ’n hoopgewende teken waarna in feitlik elke hoofstuk verwys word. Vreemd genoeg, gegewe die robuuste kritiek wat Eloff nie skroom om oor ander aspekte te lewer nie, verwys hy nie na die feit dat die NOP vir praktiese doeleindes tans lê en stof vergaar nie – buiten die pogings wat die huidige minister van finansies met sterk politieke winde van voor aanwend om minstens aspekte van die plan uit te voer.

Laste

In hoofstuk 2, “Gevaarligte wat flikker”, pak Eloff “Maatskappy Suid-Afrika” se laste. Sy eerste groot bron van kommer is onrusbarende tekens dat die Grondwet se gesag toenemend deur die ANC en ander politieke rolspelers ondermyn word. Volgens hom is daar ’n groep mense wat die Grondwet beskou “as ’n dokument wat die raamwerk skep waarbinne Suid-Afrikaners hulself en hul waardes kan uitleef, dus ’n raamwerk wat saamleef en saamwerk toelaat” (365). Nodeloos om te sê, skaar hy homself ooglopend by hierdie groep. Daarteenoor is daar ’n ander groep wat die Grondwet sien “as die manier waarop die ANC-regering verandering moet bewerkstellig” (368) en wat die Grondwet die drywer wil maak van transformasie – ’n term wat, soos Eloff beklemtoon, nie in die Grondwet voorkom nie. Eloff skryf laasgenoemde toedrag van sake veral toe aan ’n “nuwe geslag politieke leiers wat nie die grondwetlike onderhandelings deurgemaak het of deel was van die gees van versoening en kompromie wat tydens die onderhandelings en daarna by die skryf van die 1996-Grondwet geheers het” nie (382). Hiermee sluit hy hom aan by ’n standpunt wat die parlementêre veteraan Pieter Mulder al dikwels gestel het, te wete dat namate die parlement al hoe meer lede bevat wat apartheid nie eerstehands beleef het nie, wat nog te sê die oorgang, daar al hoe meer onverdraagsaamheid jeens minderhede in die parlement posvat. Eloff lewer ’n kragtige pleidooi vir wat hy noem die Grondwet as toelatingsraamwerk:

Die Grondwet behoort dus verstaan te word as ’n toelatingsraamwerk, eerder as ’n transformasieraamwerk. Die toelatingsraamwerk maak natuurlik ook voorsiening vir regstelling. Slegs deur die balans tussen saamleef en -werk aan die een kant en regstelling aan die ander kant te behou, sal ’n stewige fondament vir ’n demokratiese en voorspoedige Suid-Afrika gelê word. (411)

Wat betref die poging om die Grondwet te vertolk as ’n transformasieraamwerk, sien hy die neiging om die Vryheidsmanifes hoër as die Grondwet te stel as deel van die probleem. En, skryf hy tereg, “hoewel die Vryheidsmanifes ’n belangrike historiese dokument is en as deel van ons geskiedenis verstaan behoort te word, was dit nooit bedoel om die hoogste wet van die land te wees nie” (428).

Vir sover dit ander politieke laste van die land aangaan, wys hy op die “swak toestand van die ANC as politieke party, alliansievennoot en regerende party” (434). Teen hierdie agtergrond sien hy groeimoontlikhede vir ’n sosialistiese party, asook vir die EFF – hoewel hy ook kon bygevoeg het dat sodanige groei ook slegs aan ’n deel van die burgery se politieke gevoelens uitdrukking sal gee, en heel waarskynlik nie ’n meerderheidsentiment verteenwoordig nie. Hy wys ook op hoe die ANC veral in onlangse jare die werking van die parlement ondermyn, onder meer deur opposisiepartye te minag, parlementêre komitees met onkundige mense te laai en nie reg aan ministeriële vrae te laat geskied nie. Die laaste politieke las wat hy uitsonder, is die staat se gebrekkige vermoë om dienste te lewer en in die burgery se behoeftes te voorsien.

Die land se politieke laste hang natuurlik saam met sy ekonomiese laste, beginnende by armoede en werkloosheid, en groeiende staatsuitgawes te midde van ernstig verlangsamende ekonomiese groei. Een van die grootste redes vir groeiende staatsuitgawes is natuurlik die maatskaplike toelae wat die staat aan iets tussen 16 en 18 miljoen Suid-Afrikaners uitbetaal. Eloff praat reguit oor die positiewe en negatiewe aspekte van dié toelae:

Alhoewel ’n mens kan verstaan dat die staat iets moes doen aan die groeiende armoedevraagstuk en dat hierdie toelaes definitief ’n verskil maak, is die probleem dat baie Suid-Afrikaners daarvan afhanklik word en dan dikwels nie meer werk soek nie. Die onbedoelde gevolge hiervan is nog nie verreken nie. (476)

’n Verdere ekonomiese las is die gebrekkige instandhouding van infrastruktuur, wat almal tot onlangs eerstehands in die vorm van beurtkrag beleef het. Heel onheilspellend, en bes moontlik tereg, waarsku hy dat die land hom gereed kan maak vir dieselfde probleme met drinkwater en riool- en sanitasiegeriewe. Gegewe dat die boek verskyn het voor die effekte van die huidige droogte duidelik begin word het, was hy heeltemal reg as ’n mens kyk watter waterkrisisse dele van die platteland reeds ervaar.

Ander laste wat hy uitlig, is die land se gebrekkige basiese onderwysstelsel en openbare gesondheidsdienste, die hoë vlakke van misdaad en korrupsie, rassepolarisasie en openbare haatdraendheid, en lae verdraagsaamheid soos versinnebeeld deur die xenofobiese aanvalle van 2008 en 2015.

’n Laaste las waarby hy redelik uitvoerig stilstaan, is die verskynsel van president Jacob Zuma. Hy wys daarop dat Zuma oënskynlik nie werklik ’n ideologie aanhang nie, maar eerder ’n opportunis is. Hy verwys na die feit dat Zuma se rigtingloosheid as leier volgens sommige kommentators te make het daarmee dat hy die houvas onderskat het wat lojaliste met wie se steun hy aan bewind gekom het, op hom sou hê. Dit is ’n welbekende standpunt wat al deur verskeie kommentators gehuldig is. Minder bekend is ’n alternatiewe en nie noodwendig ongeloofwaardige vertolking nie:

’n Ander denkrigting is dat die SAKP-leierskorps hom toelaat om welvaart op te bou (om dit sag te stel), en hom daarin beskerm, maar dat hulle intussen die mag van veral ekonomiese beleid in hul hande hou en al meer in ’n sosialistiese rigting stuur. (580)

Oor hierdie saak sonder Eloff slegs ’n paar hoopgewende tekens uit, wat helaas nie tans baie konkreet is nie. Dit sluit in dat daar nog goeie mense in die ANC is, en dat genoeg mense in die party as sodanig met Zuma ontevrede moet raak voor iets sal verander. Te oordeel aan hoe hy selfs ná die onlangse uitspraak van die konstitusionele hof dat hy die Grondwet geskend het, steeds vasklou aan mag, beskaam dié hoop nog. Laastens wys Eloff in hierdie verband op hoe ’n belangrike motivering ’n lang genoeg dienstermyn as minister of parlementslid ten einde vir ’n pensioen te kwalifiseer vir politici is.

Redes vir onderprestasie

Hoofstuk 3, “Al die sondaars”, gaan in op die vraag hoekom die land hom bevind “in die posisie waarin ons tans is en hoekom [...] ons nie die afgelope meer as 20 jaar die meeste van ons prioriteite bereik [het] nie” (620). Die eerste faktor wat hy hier uitlig, is die nalatenskap van apartheid. Hoewel hy min erg het aan hoe die ANC dié verskoning misbruik, wys hy daarop dat die ANC-regering in 1994 ’n gefragmenteerde staatsdiens geërf het en dat die land in daardie stadium tegnies bankrot was. Maar dan maak hy gou beswaar teen die wyse waarop die ANC wit mense in die algemeen en Afrikaners in die besonder blameer vir die stadige pas van verandering. As bewyse van hoe min waarheid in hierdie veralgemening steek, wys Eloff op die Nasionale Besigheidsinisiatief wat in 1995 gestig is as “’n konkrete voorbeeld van die gewilligheid van die wit sakesektor om met die regering saam te werk om die land te laat werk” (647). Nog ’n voorbeeld was die Besigheidstrust wat in 1999 gestig is en waarby hy ook betrokke was, maar wat in 2011 doodgeloop het omdat die regering nie die vergaderings daarvan bygewoon het nie en die inisiatief verwaarloos het.

Twee ander redes wat hy vir die land se gebrekkige prestasies sedert 1994 uitsonder, is die gebrek aan ervaring van die staatsamptenare wat na 1994 oorgeneem het en die hope planne en strategieë wat ontwikkel is, maar nooit uitgevoer is nie. Hiervoor sonder hy drie redes uit:

Eerstens was daar nie die kapasiteit in die staatsdiens om dit te doen nie. Tweedens was daar ideologiese verskille tussen ANC-leiers en selfs ministers oor die gepastheid van hierdie beleide. Die gevolg was ’n halfhartige toepassing of selfs ondermyning van sekere planne. Derdens was die planne wat aanvaar is in baie gevalle te gesofistikeerd of ambisieus vir Suid-Afrika se probleme en omstandighede. (668)

In hierdie verband is Eloff op sy mees kritiese wanneer hy dit het oor die verwoestende skade wat kaderontplooiing aangerig het, en veral in die Zuma-jare. Dit hang saam met “die beleide van demografiese verteenwoordigendheid, transformasie, regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging”, en al stem almal saam dat “een of ander vorm van regstellende aksie, billike indiensneming (employment equity) en swart ekonomiese bemagtiging ten minste vir ’n tydperk noodsaaklik is, het hierdie beleide tans talle onbedoelde en onvoorsiene gevolge wat groot skade aanrig” (702). Hierdie verskillende beleide word natuurlik byeengebring onder die term transformasie en Eloff wys daarop dat dit nou die nasionale norm geword het – nes apartheid op sy dag die nasionale norm was wat ook nie as term êrens op die wetboek voorgekom het nie.

Nog ’n rede vir die land se swak prestasie is die kultuur van toe-eiening, wat sy oorsprong enersyds vind in die argument dat dit ná wit mense nou swart mense se beurt is om lekker te leef, en andersyds in die groot ekonomiese gaping wat tussen die swart elite en gewone swart mense ontstaan het. Hy som twee van die gevolge van die kultuur van toe-eiening op:

Die kultuur van toeëiening [sic] veroorsaak byvoorbeeld dat vakbonde jaarliks aanspraak maak op onrealisties hoë verhogings, wat uiteindelik juis tot werksverliese lei. Toeëiening [sic] veroorsaak ook dat talle Suid-Afrikaners die houding het dat hulle, ongeag hul aanleg en intellektuele vermoëns of hul vlak van onderwys of opleiding, om enige betrekking moet kan aansoek doen – en dit dan moet kry. (751)

En:

’n Kultuur van toeëiening [sic] gaan dikwels ook hand aan hand met korrupsie. As ek iets wil hê en reken dit kom my toe, sal ek enigiets doen om dit te kry. Ek sal my graadsertifikaat laat vervals, lieg oor my ervaring, gunste by politici verkry in ruil vir omtrent enigiets en my hoofskap van ’n skool koop. (756)

Dit is dieselfde kultuur wat ook ’n rol speel in die welbekende verskynsel van job hopping in die beroepswêreld, waarvoor hy die kostelike vertaling “klipspringery” gee. Hierdie klipspringery kalwe institusionele geheue, lojaliteit en stabiliteit weg – en hy kon bygevoeg het watter skade dit ook toenemend aan Suid-Afrikaanse universiteite aanrig, waar veral senior leierskap en professore lustig van een instelling na die ander beweeg, sakke vol geld maak, en oor die algemeen min bydra.

Ander redes vir die land se swak prestasie is hoe houdings langs rasselyne weer begin verhard het – hier is dit verrassend dat hy nie uitbrei oor watter rol onderlinge vertroue of die gebrek daaraan in ’n land se prestasie speel nie, soos wat Francis Fukuyama in 1996 genoem het in sy boek getiteld Trust: The Social Virtues and the Creation of Prosperity. Nietemin, in die verlenging hiervan het die poging om die staatsdiens werklik diensbaar aan die mense te maak ook mettertyd in die sand geloop en tot ’n kultuur van ke pele (“ek eerste”) gelei.

Regstelling?

Eloff wy vervolgens ’n hele hoofstuk, “Meriete, regstelling en (on)billikheid”, aan ’n vernietigende ontleding van die verheffing van transformasie tot nasionale norm, waarvan die sukses deur die ANC gemeet word aan vlakke van demografiese verteenwoordigendheid, wat op sy beurt die demografiese aandele van die ou apartheidsbevolkingsgroepe in die bevolking moet weerspieël (“80% swart, 9% wit, 9% bruin en 2% Indiër”, 911).

Hy begin deur te verwys na hoe die konstitusionele hof ironies genoeg self hieraan meegedoen het met sy berugte uitspraak in die saak van Renate Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens. Ofskoon artikel 9(2) van die Grondwet voorsiening maak vir “die beskerming en ontwikkeling van persone wat deur onbillike diskriminasie benadeel is” (918), wys hy daarop dat “regstellende aksie die afgelope 20 jaar egter subtiel, maar wesenlik verander [het] in iets wat nie die meeste swart Suid-Afrikaners ‘beskerm en ontwikkel’ nie, maar wat onbillik teen die meeste wit en bruin Suid-Afrikaners diskrimineer” (940). Hy haal uit ’n verslag van die Staatsdienskommissie aan wat die skadelike gevolge van die toepassing van regstellende aksie uitgewys het, maar bevind dat daar dadels van dié kritiek gekom het.

Hoewel Eloff hom teen die verwording van die beleid van regstellende aksie uitspreek, wil dit nie sê dat hy nie erns maak met die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing nie. Inteendeel – onder sy rektorskap het die NWU groot erns met hierdie saak gemaak, omdat dit die regte ding is om te doen:

By die NWU is die beginsel van minimum diversiteit nagestreef as basis vir getalleteikens, eerder as demografiese verteenwoordigendheid. Die opvoedkundige rede hiervoor was dat dit onverantwoordelik van die universiteit sou wees om wit of swart studente op ’n kampus in omstandighede te laat studeer wat hulle kan laat dink dat die wêreld daar buite óf net wit óf net swart is. (990)

Eloff beklemtoon ook die belangrike punt dat soos regstellende aksie tans toegepas word, dit minderhede dikwels onwelkom en vervreemd laat voel, wat in uiterste gevalle die vorm van emigrasie aanneem en lei tot ’n verlies aan vaardighede wat die land nie kan bekostig nie.

Wat die Barnard-saak betref, is Eloff snydend in sy kritiek op die uitspraak van die konstitusionele hof:

Regter Dikgang Moseneke het in die meerderheidsverslag geskryf dat die appèlhof die regskwessie verkeerd verstaan en die verkeerde wette in ag geneem het. Die hof was verplig om die gelykheidseis deur die lens van art. 9(2) van die Grondwet en art. 6(2) van die Wet op Gelyke Indiensneming te beskou omdat die SAPD se plan vir gelyke indiensneming nooit in twyfel getrek is as onwettig of ongeldig nie. (1028)

Sy kommentaar op hierdie uitspraak is ewe vernietigend:

Die basiese uitgangspunte van die konstitusionele hof se argument is dat die Grondwet ’n transformatiewe missie het en daarom mag geregverdig teen sekere individue/groepe gediskrimineer word, ten spyte van gelykheidsartikels in die Grondwet. (1044)

Met hierdie kommentaar bevestig Eloff ook die standpunt van Koos Malan in sy Politokrasie: Notas oor die dwanglogika van die territoriale staat waarvolgens die regbank in wese die agenda van die staat en sy heersende elites dien. Met iets van ’n uitsondering laat Eloff hom heel persoonlik oor hierdie uitspraak uit: “Dit het my nie net as ’n wit Afrikaanse man uitgesluit laat voel nie, maar my ook laat dink dat dit die einde van meriete in Suid-Afrika beteken” (1067). Tereg wys hy ook daarop dat die howe nie die staat verantwoordbaar hou vir wat die Grondwet en ander wetgewing éintlik op die terrein van regstelling voorsien nie:

Die howe behoort die staat te wys op sy plig ten opsigte van beter onderwys, opleiding en ekonomiese geleenthede vir voorheen benadeeldes, maar dit word in die bostaande uitsprake geïgnoreer of onderskat, ter wille van ’n dolle najaag van rasseteikens vir ’n klein minderheid van swart mense. (1086)

Om van hierdie waansin weg te beweeg, haal Eloff aan uit ’n persoonlike gesprek met ’n voormalige rektor van die Universiteit van die Wes-Kaapland, Bryan O’Connell, wat heel sober daarop wys dat gegewe die groot meerderheid wat swart mense van die bevolking uitmaak, dit ’n kwessie van tyd is voor hulle hul regmatige plek in die samelewing inneem, en dat die beste talent intussen ingespan moet word tesame met die instel van behoorlike opleidings- en mentorprogramme. Eloff wonder tereg hardop of die ware doel van regstellende aksie “nie dalk die oorneem van die hefbome van mag, spesifiek in die staatsdiens, was nie” (1132). Tipies van sy hoopsoekende styl wys hy wel daarop dat regstellende aksie ’n belangrike rol in die vestiging van ’n swart middelklas gespeel het, en dat mense met die regte kwalifikasies uit minderhede wel een of ander tyd ’n geleentheid sal kry, en dat sulke mense meer gehard gemaak word deur die negatiewe ervaring. In hierdie verband gee hy die puik voorbeeld van die Atterbury-eiendomsontwikkelingsgroep wat in 1994 deur ’n paar wit Afrikaanse jongmans gestig is:

Toe hulle die Openbare Beleggingskorporasie (’n semi-staatsinstelling) om finansiële ondersteuning vra, was die antwoord dat hulle te wit is. In plaas van tou opgooi, of ’n twyfelagtige swart papiervennoot soek, het hulle besluit om gewoon die beste eiendomsontwikkelings op die beste plekke te doen. In 2014 het dieselfde Openbare Beleggingskorporasie hulle gevra om ’n vennoot te word in Atterbury se inisiatiewe in die res van Afrika en Europa. (1163)

Maatskaplike uitdagings

Vervolgens, in hoofstuk 5, behandel Eloff “die moeilike drieling” van armoede, werkloosheid en ongelykheid, wat so nou met mekaar saamhang dat hulle as ’n drieling beskryf kan word. Dit is veral in hierdie hoofstuk dat sy steun op die beste beskikbare statistiek help om die gemoedere te kalmeer oor wat in elk geval ’n baie emosionele saak is – en met rede. Baie mense is so gewoond aan die kritiek op die ANC-regering in die media dat dit ’n verrassing mag wees om te lees dat die “aantal huishoudings wat volgens StatsSA onder die boonste armoedevlak geleef het, [...] tussen 2006 en 2011 sterk gedaal [het] (van 42,2% na 32,9%)” (1257). Die emosie in hierdie onderwerp het deels te make met gevestigde rassepatrone, en deels met die lot van jongmense.

Wat ras betref:

Dit is duidelik dat daar betekenisvolle verskille is in die vlakke van armoede onder die verskillende bevolkingsgroepe (lees: rassegroepe). In 2011 was meer as 9 uit 10 armes, oftewel 94,2%, swart (African).10  Hierteenoor het 27,6% van bruin mense, 3,4% van Indiërs en 0,8% van wit mense onder daardie vlak geleef. (1260)

En wat jongmense betref, hierdie skokkende statistiek: “In 2011 was meer as 60% van alle armes onder die ouderdom van 25” (1265). Geen wonder dat Julius Malema se EFF soveel opgang onder arm jongmense maak nie! Eloff wys daarop dat hoewel die gaping tussen arm en ryk in ander lande veel slegter as in Suid-Afrika lyk, dit hier baie te make het met hoe mense die gaping beleef – ’n punt wat Adam Habib ook uitlig in sy 2013-boek, South Africa’s Suspended Revolution: Hopes and Prospects.

Eloff stel dit so:

Een van die redes waarom armoede en die belewing daarvan relatief is, is die basiese sielkundige rede van verhoogde verwagtinge. ’n Arm mens in Somalië se verwagtinge is laag, omdat die meeste mense wat hy teëkom ook arm is. ’n Behoeftige persoon in Soweto en Alexandra, wat blootgestel is aan die weelde in die res van Johannesburg, het egter veel hoër verwagtinge, ook omdat daar toenemend meer (swart) rolmodelle is wat welaf is. Hierdie verhoogde verwagtinge plaas groter druk om verandering op die omgewing waarin armoede voorkom. (1275)

Die rol van die persepsie van ongelykheid word bevestig deur ’n ander boeiende statistiek wat Eloff aanhaal. Tussen 1995 en 2005 het die “armste 20% van die bevolking [...] 2,3% van die nasionale inkomste verdien en die rykste 20% het 70% daarvan verdien. Dit het sedertdien ietwat verbeter: volgens StatsSA het die armste 20% in 2011 4,3% verdien en die rykste 20% omtrent 61,3%” (1354).

Eloff vind hoop in die rol wat die burgerlike samelewing speel as buffer teen ongelykheid. Dit sluit die rol van die informele ekonomie in, wat oënskynlik ’n groter deel tot Suid-Afrika se bruto nasionale produk as die formele landbousektor bydra (!), asook die wyse waarop swart mense binne uitgebreide familiestrukture mekaar ondersteun. En, les bes, gewone middelklasmense kan ook hulle deel doen:

Inisiatiewe soos sopkombuise, nagskuilings, huisbou-aksies en die verspreiding van ongebruikte toerusting en klere is volop. Die positiewe uitwerking van hierdie honderde inisiatiewe kan moeilik oorskat word en dit bied ’n geleentheid vir individue om betrokke te raak. ’n Mens kan ook jou gewig ingooi by pogings van gemeenskaps- en welsynsorganisasies, die sogenaamde nieregeringsorganisasies en niewinsgewende organisasies, om die lot van die armes en dié wat swaarkry en oud is te probeer verlig. (1462)

Onderwys

Waarskynlik die enkele belangrikste uitdaging vir Suid-Afrika waaroor die meeste mense sal saamstem, is die land se onderwysprobleme. Eloff is geen uitsondering hierop nie, en hy sny die onderwerp aan in sy boek se sesde hoofstuk, “Die vermiste skakel – goeie onderwys”.

Weer eens begin hy by die statistieke en wys hy heel vroeg op ’n noemenswaardige ontwikkeling, synde dat die aantal privaat skole in die land tussen 2010 en 2014 vanaf 4% van die totaal gestyg het tot 6,5% – ’n neiging wat hy tereg reken gaan voortduur namate die regering in gebreke bly om die onderwysstelsel reg te ruk. Een deel van die onderwysstelsel waar die probleme met basiese onderwys gesien kan word, is in die hoër onderwys. Eloff wys op hom min skoolverlaters aan die einde van hulle skoolloopbaan werklik toegerus is om suksesvolle studente te wees. Menige universiteitsdosent sal dit bevestig, tesame met die feit dat die siening posgevat het dat ’n universiteitsgraad min of meer die enigste manier is om ’n werk te kry. Hiervoor het Eloff ’n oplossing: “Die oplossing vir te min universiteitsplekke lê ten dele daarin dat meer matrieks na die kollegesektor getrek behoort te word, ook omdat die land weens die vaardigheidstekort veral ’n groot behoefte het aan mense met dié soort opleiding” (1560).

Wat basiese onderwys verder betref, wys hy op die feit dat afgesien van die hoë uitvalkoers uit die skoolstelsel, die swak stelsel ook daartoe lei dat die teikens wat regstellende aksie voorsien, doodeenvoudig nie haalbaar is nie:

In die matriekeksamen van 2014 het slegs 3,2% (7 216) leerders onderskeidings in wiskunde behaal en slegs 3,3% (5 513) in fisiese wetenskappe. As in aanmerking geneem word dat slegs ’n paar honderd swart matrieks wiskunde met 60% of hoër slaag, is dit duidelik dat regstellende aksie in sekere werkskategorieë nie die vaardigheidstekort sal kan uitwis nie, selfs al word al die wit mense se vaardighede steeds gebruik. (1589)

Dan is daar ook die problematiese houvas wat die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (SADOU) op die onderwysstelsel het. (Sedert die ter perse gaan van Eloff se boek is ook in ’n verslag van die Departement van Basiese Onderwys bevind dat SADOU-lede in onderwysposte handel dryf.) In hierdie verband wonder Eloff hardop of SADOU se greep ooit verbreek sal word, gegewe die feit dat hulle tydens verkiesings vir praktiese doeleindes die meeste stemlokale beheer, wat natuurlik by skole is.

Natuurlik kan dit ook nie anders nie as dat Eloff die mislukte eksperiment van uitkomsgebaseerde onderwys uitlig. Hy sou ook kon wys op die feit dat die skoolverlaters wat uit die mislukte eksperiment kom, die universiteite die afgelope jaar of drie begin betree het, en dit nie onwaarskynlik is dat daar ’n verband bestaan met die groeiende protes op vele kampusse nie, aangesien die ervaring getoon het dat akademies swak studente dikwels by gewelddadige kampusprotes betrokke is.

Nog ’n kwessie waarmee veral Afrikaanssprekendes vertroud is, is moedertaalonderwys. Hieroor skryf Eloff:

Wat taal betref, is die universele probleem dat baie ouers, asook politici en amptenare, die rol wat moedertaal speel in die kognitiewe ontwikkeling van kinders ontken. Deur die oorgang na Engels te vroeg en onbegeleid te maak, verwoes ons kinders se vermoë om werklik te kan leer en verstaan. Dit het ’n ingrypend negatiewe effek op taalvermoë en wiskunde. (1715)

Inderdaad, sal menige Afrikaanssprekende beaam, hoewel Eloff daarop wys dat die druk waaronder Afrikaans as medium van onderrig in die hoër onderwys verkeer, ook die gevaarligte vir Afrikaanse skole laat flikker.

Wat is die oplossing vir Suid-Afrika se onderwyskrisis?

Eloff lys die volgende stappe wat gedoen kan en moet word: behoorlike voeding vir skoolkinders; minstens twee jaar voorskoolse onderwys; die vermindering van onderwysburokrasie; nie-inmenging by presterende skole; behoorlike aandag aan wanpresterende skole; sterk leierskap; die herbouing van professionalisme in die onderwys; die bou van verhoudings tussen alle belanghebbendes by skole; ’n beter balans tussen kinders se moedertale en Engels; en sterk skoolbeheerliggame. Eloff wys sy Afrikaanse lesers ook op die goeie gehalte van Afrikaanse skole, wat as bate opgepas moet word, selfs deur jou kind aan te moedig om onderwys te gaan studeer.

Misdaad

Die volgende welbekende nasionale probleem word behandel in hoofstuk 7, “Misdaad se lang skaduwee”. Almal stem saam dat Suid-Afrika se misdaadvlak geweldig hoog is, en die vraag waarom dit so is, is een wat al baie bespreek is.

Eloff se bydrae tot dié gesprek is soos volg:

Dit word algemeen aanvaar dat Suid-Afrika se hoë vlakke van ongelykheid, armoede en werkloosheid ’n wesenlike rol speel in die hoë misdaadsyfers. As ’n mens honger is, is steel altyd ’n opsie – en soms ongelukkig die enigste een. Die verhoogde verwagtinge onder voorheen benadeelde Suid-Afrikaners is waarskynlik ook ’n faktor en daarmee saam die kultuur van toeëiening [sic] waarvan vroeër in hierdie boek gepraat is. Verder help die lae vlak van moraliteit in die land ook nie. (1790)

Hierby voeg hy nog die volgende oorsake van misdaad: die negatiewe gevolge van gebroke huise; alledaagsheid van geweld in Suid-Afrikaanse huise, woonbuurte en skole; gehalte van polisiëring en die algemene toestand van die strafregstelsel; korrupsie in die Suid-Afrikaanse Polisiediens; gebrek aan kapasiteit in die onderskeie departemente; die ideologie van demografiese verteenwoordigendheid; en kaderontplooiing en regstellende aksie.

Die polisie se vermoë om misdaad te beveg word natuurlik ook deur diensleweringsbetogings aan bande gelê, en hier verwys Eloff na ’n sobere insig van die Instituut vir Sekerheidstudies, naamlik dat hierdie betogings hokgeslaan kan word slegs deur bevoegde mense in munisipaliteite aan te stel. Anders gestel, ook in hierdie opsig is die swak toepassing van regstellende aksie dus nieregstreeks ’n bydraende faktor tot die polisie se huidige verloorgeveg teen misdaad.

Eloff haal ook heelwat van die emosie uit hierdie emosionele onderwerp deur weer eens aandag aan statistiek te gee. Hy kom tot ’n optimistiese gevolgtrekking vir die periode van 2004 tot 2015:

In alle billikheid moet ’n mens dus sê dat misdaadvlakke die afgelope tien jaar aan ’n breë front gedaal het. Dis veral waar van misdade teen mense. Die duidelikste uitsonderings is die invloed van drank en dwelms en roof by woonhuise en nie-residensiële geboue. (1882)

Ongelukkig kan hierdie optimistiese gevolgtrekking nie meer gehandhaaf word nie, want soos die onafhanklike polisiekenner Chris de Kock in ’n onlangse onderhoud met Monitor op RSG genoem het, lyk die land se misdaadstatistiek nou weer heelwat slegter weens die rampspoedige termyn van generaal Riah Phiyega. Eloff bevestig dit inderwaarheid met die jongste beskikbare statistieke vir 2012/13 en 2013/14, waarvolgens die land se moordsyfer, asook roof met verswarende omstandighede, asook straatrooftogte, huisrooftogte en die roof van besighede toegeneem het. Die statistiek is natuurlik maar slegs een deel van die verhaal, en na ’n bespreking van hoe Suid-Afrika se misdaadstatistiek met die res van die wêreld s’n vergelyk, kom Eloff tot ’n slotsom waarmee die meeste mense sekerlik sal saamstem: “Dit is amper asof ’n diepgewortelde aggressie in die Suider-Afrikaanse psige sit – en dis nie noodwendig aan ras gekoppel nie” (1948). By die lees van die laaste sinsnede is ’n mens amper verlig dat daar so ’n bietjie goeie nuus by die slegte nuus is, maar by verdere gedagte besef ’n mens dat om dit as goeie nuus te eien, ook iets van die vreemdheid van ons samelewing bevestig.

Eloff sonder ook die kwessie van plaasmoorde uit, en herinner sy lesers aan die skokkende statistiek dat daar jaarliks per 100 000 twee maal soveel boere as polisielede vermoor word. Wyslik vermy hy die oorbeklemtoning van ras as faktor in plaasmoorde, spesifiek deur hom te beroep op ’n bevinding van niemand minder nie as AfriForum “dat daar nie bewyse is dat plaasaanvalle en -moorde spesifiek ras- of polities gedrewe is nie” (1974). Nietemin ontken Eloff nie die uniekheid van plaasmoorde as ’n soort misdaad nie, en haal hy AfriForum met instemming aan dat plaasaanvalle “met uiterste wreedheid gepaardgaan, dat dit gereeld gebeur, dat boere ’n unieke en belangrike rol in voedselproduksie en -sekuriteit het en dat hulle as gevolg van hul geografiese geïsoleerdheid kwesbaar is” (1974). Eloff pak tereg die skuld vir plaasmoorde onder meer op die afskaffing van die kommandostelsel, en wat misdaad in die algemeen betref wys hy op die skadelike gevolge van die afskaffing van verskeie spesiale ondersoekeenhede in die polisie.

Wat staan ons te doen in die geveg teen misdaad? Weer eens vestig Eloff sy hoop onder meer op ’n kultuur van selfstandigheid:

Daar is heelwat wat individue, private maatskappye en die gemeenskap kan doen ten opsigte van die voorkoming en bekamping van misdaad. Dit gaan om vrywilligerwerk en betrokkenheid by nieregeringsorganisasies: van buurtwag- en landelike beveiligingsorganisasies tot gemeenskapsorganisasies wat die slagoffers van misdaad bystaan. (2014)

Uiteraard kan die gemeenskap die stryd teen misdaad nie alleen wen nie. In hierdie lig wys Eloff op hoe skadelik die verkeerde toepassing van regstellende aksie vir die doeltreffende funksionering van die polisiediens is, en hoe noodsaaklik dit is om armoede, werkloosheid en swak onderwys uit te wis.

Sagte temas

In die volgende drie hoofstukke van sy boek pak Eloff drie temas aan wat hy self as “sagte” temas beskryf, maar wat hom as Afrikaner, Afrikaanssprekende en Christen duidelik na aan die hart lê. Heel gepas heet hoofstuk 8 dan “Hartsake vir Afrikaners en Afrikaanses”. Laasgenoemde term doen nog steeds geforseerd en kunsmatig aan, maar waarskynlik werk Eloff met die term om sy diep verbintenis tot inklusiwiteit in die nadenke oor Afrikaans te bevestig. Hoewel taal sterk in die hoofstuk figureer, gaan dit ten diepste oor die komplekse vraag na hoe Suid-Afrikaners die verskillende identiteite wat ons elkeen het, met mekaar moet balanseer. Of, soos Eloff dit aan die begin van die hoofstuk stel: die vraag is of “’n mens in die taal- en kultuurkonteks meervoudige identiteite kan hê en hoe ’n mens hierdie verskillende identiteite kan versoen” (2145). Hy pas die vraag toe op Afrikaners deur te verwys na die debatte wat in sy studentedae op Potchefstroom oor die saak gevoer is:

Suid-Afrikanerskap was – en is steeds – ’n staatkundige konsep, en as jy ’n burger van die land is, is jy ’n Suid-Afrikaner – jy het nie eintlik ’n keuse nie (selfs al sou jy besluit om vir die All Blacks te skree). Afrikanerskap is ’n kulturele konsep en hier het jy ’n keuse. Jy kan een wees of nie. Dat jy Afrikaans praat, maak nie noodwendig van jou ’n Afrikaner nie. Ek moet sê, hierdie insig het nogal die debat ontlont en amper vervelig gemaak! (2150)

Dit is goed en wel om op dié wyse vir die meervoudigheid van Afrikaners se identiteite voorspraak te maak, buiten dat Eloff hom hier oënskynlik laat verlei deur die liberale illusie dat ’n mens jou kulturele identiteit kan kies. In hierdie verband was ’n ander bekende liberale Afrikaner, Van Zyl Slabbert, meer verantwoord toe hy in die voorwoord van sy Afrikaner, Afrikaan na sy Afrikaner-identiteit verwys het as ’n sosiale geboortevlek. Hiermee het hy bedoel dat die individu nie sommer maar kan afstap van hoe hy deur ander mense in ’n spesifieke sosiale konteks gesien word nie, maar dat jy as individu eerder verantwoordelike inhoud aan jou kulturele identiteit behoort te gee – iets wat Eloff as Afrikaner natuurlik oor dekades al doen.

Na ’n bespreking van die uiteenlopende sienings oor Afrikaanse en Afrikaner-identiteit kom hy tot die volgende slotsom oor die oplossing: “Vir my lê ’n oplossing vir hierdie penarie (vir dié wat dit wil oplos) op die vlak van verskillende oorvleuelende vlakke waarvan ’n mens deel is en wat getalsgewys van groter na kleiner gaan” (2165). Vervolgens redeneer hy dat daar in die geval van byvoorbeeld Afrikaners vyf oorvleuelende vlakke van identiteit is: jy’s ’n mens, ’n Afrikaan omdat jy in Afrika woon, ’n Suid-Afrikaner op staatkundige gronde, op taalkundige gronde Afrikaans, en laastens op die vlak van kultuurassosiasie ’n Afrikaner. Oor Afrikaners en hul identiteit verklaar hy dan:

Dis ’n groep mense (binne en buite Suid-Afrika) wat identifiseer met die geskiedenis, algemene sedes, gewoontes en toekoms van ’n kultuurgroep. Hulle praat almal Afrikaans, maar is nie noodwendig deel van dieselfde kerk of geloofsgroep, ras of politieke oortuiging nie. Dit gaan hier oor vryheid van assosiasie. (2175)

In die verlenging van die kritiek wat hier bo uitgespreek is op sy oënskynlik liberale siening oor keusevryheid by kulturele identiteit moet hier op gewys word dat dit in die lig van bostaande aanhaling meer verantwoord is om te sê dat terwyl ’n mens nie bloot as individu jou kulturele identiteit kies nie, dit ook waar is dat ’n kulturele identiteit se welstand onder meer daarvan afhang dat mense wat binne so ’n identiteit gesosialiseer word, dit tegelykertyd ook aktief moet kies wanneer hulle selfstandig en volwasse genoeg is. Daarmee word die nasionalistiese dwangbuis wat Afrikaner-identiteit eens versmoor het, ook geneutraliseer, en dit is vermoedelik presies wat Eloff in die oog het met bostaande aanhaling. Daarom pleit hy ook vir verdraagsaamheid teenoor mekaar onder Afrikaners:

As iemand byvoorbeeld kies om nie met ’n bepaalde kultuurgemeenskap (soos die Afrikaners) te identifiseer nie, moet sy of haar reg om dit nie te doen nie, gerespekteer word. Net so mag iemand wat daardie reg wel uitoefen, nie veroordeel, gemarginaliseer of geëtiketteer word nie. (2185)

Wat die breër Afrikaanse wêreld betref, lê groter samehorigheid tussen bruin en wit sprekers van die taal Eloff na aan die hart, en hy vind betekenis in die stigting van die Afrikaanse Taalraad, wat die produk van die strewe na groter sodanige samehorigheid is. Wat die welstand van die taal betref, bevind Eloff dat dit in die privaat sfeer goed gaan met die taal as dit kom by kunstefeeste, die media, kultuurorganisasies en kerke. In die openbare lewe gaan dit egter nie so goed met die taal nie. In die professies is dit op die agtervoet, om van die staatsdiens en die regbank maar te swyg.

Dan is daar ook nog die aggressiewe druk op Afrikaans as onderrigmedium in die hoër onderwys, wat natuurlik ook ’n negatiewe effek op Afrikaanse skole kan hê, iets waaroor Eloff tereg bekommerd is. Hier verwys hy na die feit dat van die 339 Afrikaanse enkelmediumskole in 2013 daar in 2014 slegs 267 oor was! Dit word veral aan verengelsing ná oorskakeling na parallelmediumonderrig toegeskryf. In hierdie verband sonder hy met reg die aggressief Afro-nasionalistiese LUR vir onderwys in Gauteng, Panyasa Lesufi, se volgehoue aanslag op Afrikaanse skole in daardie provinsie uit.

Eloff skroom ook nie om daarop te wys dat die ANC om ’n verskeidenheid redes nie belang het by die ontwikkeling van die ander inheemse tale nie, en dat Afrikaans vir praktiese doeleindes op sy sprekers en hul toewyding aangewese is. Dit beteken nie dat die grondwetlike ruimtes wat daar vir Afrikaans bestaan, nie benut moet word nie, veral as dit kom by Afrikaans as onderrigtaal op skool en universiteit. “Hiervoor moet Afrikaanses en Afrikaanse organisasies nog harder veg en mobiliseer” (2419). Hy wys ook daarop dat as die ANC konsekwent in sy nastrewing van demografiese verteenwoordigendheid was, “sou 13,5% van die openbare skole en die universiteite in die land in Afrikaans onderrig gegee het” (2421). Nietemin is hy oortuig dat die bestendiging van Afrikaans in die openbare instellings uiteindelik sal afhang van ’n politieke oplossing in gesprek met die ANC, waarvoor die mobilisering van minderhede en goeie argumente noodsaaklik sal wees. Kortom, Eloff bewys hom hier as ’n gematigde voorstander van verantwoorde taalaktivisme.

Wat die heil van Afrikaans binne die Afrikaanse wêreld betref, sonder hy die noodsaak van groter samewerking tussen wit en bruin uit. Hy wys daarop dat sowel armoede as taalverlies te bowe gekom moet word, oftewel dat die “bruin” en “wit” belang by die saak nie teen mekaar afgespeel hoef te word nie. Ook vernuwing is vir die taal se toekoms belangrik, soos die sukses van tolking in die Afrikaanse klaskamer by die NWU se Potchefstroomkampus ook bewys het. Hy reken dat die feit dat dié kampus een uit vier studente het wat nie wit is nie, onder meer aan die gebruik van tolking toegeskryf kan word: “Die studente van die Potchefstroom-kampus is dus ’n lewende bewys dat bruin en wit Afrikaanses rondom taal kán verenig en saam kan tuis voel – in hul taal. Miskien kan die volwassenes iets hieruit leer?” (2450).

Wat Afrikaners spesifiek betref, stel Eloff voor dat ’n liggaam soortgelyk aan die Joodse Raad van Afgevaardigdes tot stand gebring moet word. Hierdie gedagte is ten minste al in die laat jare negentig van die vorige eeu deur onder andere wyle Izak de Villiers voorgestaan, en tog kom dit nog nie op dreef nie. ’n Mens kan maar net wonder waarom. Moontlik het dit te make met die suksesse wat die Solidariteit-beweging behaal om Afrikaners se belange te vertolk en te beskerm – sonder dat die beweging ooit daarop aanspraak maak dat hulle namens alle Afrikaners praat.

Eloff sluit ook hierdie hoofstuk met ’n aantal voorstelle in die gees van taal- en kulturele selfstandigheid af. Dit sluit in dat mense by organisasies en klubs van hul keuse betrokke sal raak en hulle kinders na Afrikaanse onderwysinstellings sal stuur, wat ’n universiteit met Afrikaans as onderrigtaal insluit. Hoewel hy hier goeie sentimentele argumente in die positiewe sin van die woord vir Afrikaans as taal van die hoër onderwys uitmaak, is dit enigsins verrassend dat hy nie meer doen met die harde ekonomiese argumente ter wille van Afrikaans as taal van die beroepswêreld nie. Hy kon byvoorbeeld daarop gewys het dat die einste ouditprofessie wat as die beste ter wêreld beskou word, tradisioneel baie sterk in Afrikaans gevestig, gebou en onderhou is. Die eerste gedoktoreerde in ouditkunde in Suid-Afrika is Kovsies se Dave Lubbe, wat wêreldwyd aansien geniet, en van wie talle en talle Afrikaanse studente die wêreld oor sukses in die ouditprofessie behaal. Toevallig is Lubbe ook by dieselfde universiteit as Eloff opgelei.

Moraliteit

Vervolgens staan Eloff in hoofstuk 9 stil by Suid-Afrika se moraliteitskrisis, soos hy dit tereg beskryf. Dit is ’n vreemde verskynsel dat in ’n land soos Suid-Afrika met sy besonder hoë persentasie gelowiges van die Christendom asook ander gelowe, talle, indien nie die meeste openbare kommentators nie, die rol van hierdie gemeenskappe in ons samelewing verwaarloos of onderskat. Sommige Afrikaanse kommentators is selfs openlik vyandig teenoor hierdie gemeenskappe. Dit is egter nie die geval met Eloff nie: “Vir ’n boek soos hierdie is perspektief op godsdiens en die rol daarvan in die land en die verhouding daarvan tot die staat, asook die rol van die kerke in die moraliteitskrisis in die land, baie belangrik” (2493).

Eloff haal heelwat statistiek aan om tot die slotsom te kom dat iets tussen twee derdes en meer as 80% Suid-Afrikaners hoofsaaklik die Christendom, maar ook gelowe soos die Judaïsme en die Islam aanhang. Anders as die sekulêre hantering van godsdiens as bloot ’n privaat aangeleentheid soos dit byvoorbeeld in Frankryk voorkom, onderskryf Eloff ’n meer verantwoorde postsekulêre rol vir godsdiens in die openbare lewe wat hy in aansluiting by ’n Potchefstroomse akademikus, Koos Vorster, die “aktiewe pluralistiese opsie” noem:

Hierdie opsie verleen aan alle godsdienstige mense die geleentheid om hul geloof in die openbaar te bely en te beoefen, solank hulle niemand anders onder ’n verpligting plaas om dieselfde te doen nie. Die praktiese toepassing van hierdie opsie kan in Suid-Afrika gesien word in die opening van die parlement en ander openbare geleenthede en ook in skole. (2577)

Dit is dus te verstane dat Eloff afwysend staan teen die hofsaak wat die organisasie Ogod aanhangig gemaak het teen ses Afrikaanse skole in ’n poging om godsdiens uit die skole verban te kry. Tereg wys Eloff op die dwangmatigheid in Ogod se standpunt: “Dit is duidelik dat hierdie aansoek gegrond is op die interpretasie dat die Grondwet se freedom of religion eintlik freedom from religion moet wees – ’n denkrigting wat nogal wyd onder niegodsdienstige Suid-Afrikaners voorkom” (2600). Eloff vrees dat indien Ogod die hofsaak wen, dit die bestaande aktiewe pluralisme sal verswak en die privatisering van die onderwys verder sal aanhelp.

Nietemin is hy nie blind vir die sekulêre kragte wat ook vandag op die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse Christendom inwerk nie. Sy liberale voorkeure spreek uit die myns insiens problematiese standpunt wat hy huldig dat kerkkrimping onder meer te make het daarmee dat kerke nie by die veranderende behoeftes van hul lidmate aanpas nie. Hiermee kom hy naby aan die problematiese idee dat die kerk as’t ware volgens die logika van die mark voorsiening moet maak vir sy lidmate se behoeftes – so asof die volkome versorging van mense se behoeftes deur die klassieke Christendom deur eietydse truuks getroef kan word.

Hierdie denkrigting is presies wat tot die dramatiese verswakking van veral die Protestantse hoofstroomkerke in die VSA gelei het, en dit staan bekend as die sogenaamde akkommodasietese, wat in die ou taal daarop neerkom dat die kerk meer soos die wêreld moet word, in plaas van andersom, soos Ross Douthat skryf in sy uitstaande boek oor godsdiens in die Amerikaanse openbare lewe, Bad religion: How we became a nation of heretics.

Hoe dit ook al sy, teen die agtergrond van Suid-Afrikaanse, en veral Afrikaanse, Christene wat hulle geloof al hoe minder op tradisionele maniere beoefen, vra Eloff wat die effek hiervan op die Suid-Afrikaanse morele landskap is. Om hierdie vraag te beantwoord, onderskei Eloff in navolging van ’n ander Potchefstroomse akademikus, Nico Vorster, vier diskoerse oor geloof in die openbaar:

Die profetiese kan óf veroordelend wees óf ’n ideaal stel waarna gestreef kan word. Die narratiewe diskoers vertel verhale waardeur die morele identiteit van die gemeenskap gevorm kan word. Die etiese diskoers omskryf begrippe soos geregtigheid, regte en pligte en argumenteer (sic) dat daaraan voldoen moet word. Die beleidsdiskoers formuleer beleid binne ’n spesifieke konteks. (2655)

Eloff sien die nut van al vier hierdie diskoerse in, solank dit op twee beginsels gebaseer is, naamlik dat moreel-etiese en krities-solidêre getuienislewering van die kerk moet wees. Met solidêr “word bedoel dat die kerk die welsyn van die breë gemeenskap moet dien, nie enger belange of die politieke belange van die lidmate nie” (2663), terwyl met krities bedoel word “dat die kerk haarself nie met politieke ideologieë moet kompromitteer nie” (2664). Laasgenoemde gee duidelik blyke van Eloff se bewustheid van hoe die Afrikaanse hoofstroomkerke vandag nog die rekening betaal vir hulle ondersteuning van die apartheidsbeleid en die Nasionale Party. In aansluiting by Koos Vorster wil Eloff sien dat die kerk en Christene ’n morele energie aan die samelewing moet verskaf.

Die vraag waarmee hy worstel, is waarom ons so min van laasgenoemde sien, te oordeel aan hoeveel Christene daar in die land is, en hoe moreel vervalle die land geraak het. Die naaste wat hy aan ’n antwoord kom – en waarmee ek dit roerend met hom eens is – is die toenemende privatisering van geloof deur gelowiges self, so asof jou geloofslewe slegs op jou individuele geluk betrekking het. Hoewel dit in ’n mate buite die skopus van sy boek val, kon Eloff gerus ’n bietjie meer aandag gegee het aan die enorme teologiese verval wat die afgelope 20 tot 30 jaar in veral die Afrikaanse Christendom voorkom, en wat die Afrikaanse wêreld nog baie duur te staan gaan kom.

Versoening

Eloff sit sy besinning oor die openbare kante van geloof voort in sy voorlaaste hoofstuk, “Versoening en verdraagsaamheid: verdwynende hersenskimme”, waarin hy bestek opneem oor die stand van versoening in Suid-Afrika vandag. Hy herinner sy lesers eers aan die plek wat versoening in die Grondwet beklee:

[A]l is die Grondwet in die eerste plek ’n regsdokument, met die klem op regte en verpligtinge, het dit wel as uitgangspunt “die heling van die verdeeldheid van die verlede” en bevat dit ’n hele aantal verwysings na konsepte wat hierdie heling ondersteun. Trouens, dit lê aan die hart van die regte in die Handves dat wedersydse respek vir daardie regte ’n mate van versoening en verdraagsaamheid impliseer. (2821)

Wanneer daar van versoening gepraat word, is dit dikwels op liberale, sekulêre wyse, wat die Christelike wortels van die begrip onderbeklemtoon. Gelukkig maak Eloff hom nie hieraan skuldig nie en wys hy daarop dat die “begrip versoening [...] sterk teologiese wortels [het] en wys op ’n herstelde verhouding tussen God en mens en daarom tussen mens en mens” (2831). Met gepaste soberheid wys hy ook daarop dat versoening en verdraagsaamheid nie in die eerste plek ’n gebeurtenis is nie, maar voortgaande prosesse wat nie tot die era van die Waarheid-en-Versoeningskommissie beperk kan word nie.

Teen hierdie agtergrond wys hy op hoe die diskoers van versoening en verdraagsaamheid toenemend in die openbare gesprek die wind van voor kry. Een voorbeeld wat hy aanhaal, is dié van die Wes-Kaapse Cosatu-leier, Tony Ehrenreich, wat onlangs gesê het: “The phase of reconciliation that brought together fair-minded white and black people is over. We are now engaged in a struggle for economic and social justice” (2855).

Tog wys die immer hoopvolle en optimistiese Eloff daarop dat dit nie strook met sy ervaring van gewone Suid-Afrikaners op voetsoolvlak nie: “Of ek nou in Pretoria, Johannesburg, Dwaalboom, Mosselbaai of Kaapstad loop, kom ek vriendelike en welwillende mede-Suid-Afrikaners teë – as ek met hulle vriendelik en oop is” (2862).

Vervolgens gaan hy oudergewoonte met behulp van statistiek op die vraag in. Hy beklemtoon veral die navorsing oor onderlinge verhoudinge in die land wat die Instituut vir Versoening en Geregtigheid jaarliks sedert die laat jare negentig van die vorige eeu publiseer. Hieruit kom hy tot die volgende slotsom: “Die ondersoek toon dat gewone Suid-Afrikaners sedert 2003 wegbeweeg het van Suid-Afrikaanse identiteit en etnisiteit, terwyl ras ietwat sterker geword het” (2886). En, vervolg hy:

Saamgevat, kan mens aflei dat rassegroepe in die laaste tien jaar oor die algemeen meer kontak met mekaar gehad en minder wantrouig teenoor mekaar geword het. Aan die ander kant het die begeerte om meer met mekaar kontak te hê en oor mekaar te leer, afgeneem. Dit loop hand aan hand daarmee dat die begeerte om een Suid-Afrikaanse identiteit te bou afgeneem het, ten gunste van ras, taal en etnisiteit as identiteit. Verder het die onderskeie rasse se sienings oor ’n verskeidenheid sosiopolitieke sake nader aan mekaar beweeg. (2937)

Eloff spel dit nie uit nie, maar dis heeltemal moontlik dat die geesdrif vir een Suid-Afrikaanse identiteit afgeneem het vanweë die dalende geloofwaardigheid wat die swak-geregeerde Suid-Afrikaanse staat in die oë van die burgery geniet. Nietemin sien hy ’n geldige silwer randjie aan hierdie donker wolk: “Dat daar in ’n land met Suid-Afrika se geskiedenis van konflik, rassisme en polarisasie steeds relatief goeie interpersoonlike verhoudings is, spreek boekdele van Suid-Afrikaners se vermoë om te vergewe en vorentoe te beweeg” (2946).

Wat betref die gedrang waarin die idee van een Suid-Afrikaanse identiteit gekom het, kry Eloff die ANC voor stok. In die eerste plek wys hy daarop dat die totale uitwissing van armoede toenemend hul maatstaf vir versoening geword het – iets wat gewoon nie realisties is nie. Tweedens wys hy op hoe van hulle beleidsdokumente eintlik maar lippediens aan diversiteit betoon, en dat hulle op sentralistiese wyse die burgery aan ’n proses van homogenisering wil onderwerp – soos dit nou eenmaal die revolusionêre tradisie waaruit die ANC stam, betaam.

As alternatief hiervoor verwys Eloff instemmend na die oorlede Stellenbosse filosoof Johan Degenaar se belangrike artikel oor die mite van nasiebou, en sy voorspraak vir konstitusionele patriotisme. ’n Skeptikus kan natuurlik in navolging van die Franse filosoof Régis Debray daarop wys dat mense eerder hul lewens vir nasionale bande as vir ’n grondwet aflê, met die implikasie dat federalisme in die Suid-Afrikaanse konteks ons verder sal bring as konstitusionele patriotisme, wat volgens Eloff se eie erkenning onder toenemende druk in Suid-Afrika verkeer.

Eloff vind die rede vir hierdie druk in die probleem van stygende verwagtinge, wat daarop neerkom dat hoe meer jy aan mense se eise toegee, hoe meer eis hulle. Indien nie aan die eise voldoen word nie, styg die sosiopolitieke temperatuur.

Eloff kom tot die slotsom dat daar vir die meeste (swart) Suid-Afrikaners geen ekonomiese vryheid nie, geen goeie dienslewering deur die regering nie en geen voortdurende verbetering in lewensomstandighede [is] nie. Die verwagtinge van ná 1994 het dus nie gerealiseer nie. Dit het veroorsaak dat die armes begin het om die maghebbers en die nuwe bevoorregtes te kritiseer. Dit het veroorsaak dat die maghebbers begin sondebokke soek het en dat hulle die voormalige maghebbers (lees minderhede en veral Afrikaners) begin teiken het. (3092)

Hiermee sluit Eloff hom aan by ’n betekenisvolle artikel wat die voorsitter van die FAK, Danie Goosen, in November 2015 op hul webwerf gepubliseer het, en waarin hy in gesprek met René Girard se werk oor die sondebok ietwat onthutsende gevolgtrekkings oor Afrikaners se brose posisie as minderheid maak. Die gevolge van hierdie blaamleggingspolitiek was die afgelope twee jaar of wat alte duidelik:

Só kom onverdraagsaamheid en onversoendheid ook voor in veldtogte wat die vorige maghebbers se eiendom teiken – nie net grond en fisieke eiendom nie, maar alles wat ook lyk en klink soos die vorige maghebbers s’n: skole, monumente, universiteite. Die wekroep aan die vorige maghebbers is deurgaans: julle het te min gedoen, nie genoeg teruggee nie en nie genoeg om verskoning gevra nie. Ons wil nou vat wat ons s’n is, die tyd van versoening en verdraagsaamheid is verby. (3097)

Hoe gemaak om versoening en verdraagsaamheid in Suid-Afrika weer op dreef te kry? Eloff herinner sy lesers nogmaals daaraan dat versoening ’n proses en ’n leefwyse is wat nooit afgehandel is nie. Dit kan slegs “tussen mense wat mekaar se goeie trou aanvaar en mekaar se bestaansreg erken” gebeur (3140) Voorts is dit moontlik slegs “as alle Suid-Afrikaners die geleentheid het om êrens ruimtelik kultureel tuis te voel – en ander húl tuisvoel gun” (3147). Dit vereis ook ’n eerlike onderlinge gesprek en nie oneerlike politieke korrektheid nie, en vereis “’n gesonde konsep van gedeelde patriotisme” (3154). Dit kan slegs vrywillig en nie gedwonge wees nie; as partye die magsbalans tussen hulle respekteer; en as mense genuanseerd en sonder veralgemenings oor mekaar praat. Hiermee gee Eloff dus nie ’n bloudruk nie, want geen ware proses kan met ’n bloudruk hanteer word nie.

Die pad vorentoe?

Einde ten laaste kom Eloff in die slothoofstuk van sy boek uit by die vraag: “Wat nou, Suid-Afrika?” Hy vat eerstens die syns insiens belangrikste oorsake van ons probleme op makrovlak saam. Dit is dat die ANC onder Zuma sy nierassigheid verloor het, dat die staat sy vermoë verloor om dienste te lewer, en dat die ANC tussen botsende ideologiese posisies verskeur word. Hy som ook weer die pluspunte op politieke, ekonomiese en sosiale vlakke op, soos dit hier bo reeds bespreek is.

Dan rig hy hom wat die toekoms betref spesifiek op Afrikaners en Afrikaanssprekendes: “Om ons werklikheid beter te hanteer, behoort Afrikaanses en Afrikaners hul verwagtinge aan te pas. Dit kan hulle doen deur ’n nuwe denkraamwerk te ontwikkel wat fokus op die balans tussen eenheid en verskeidenheid” (3222). Aan die een kant behoort hierdie groeperinge te erken dat hulle deel van die groter samelewing en staatsbestel is en hulle deel daarvoor doen. Aan die ander kant is dit goed en reg dat hulle hul grondwetlike regte uitoefen om vir dinge wat vir hulle as gemeenskappe belangrik is, te sorg:

Dit gaan oor gemeenskap en taal en kultuur en godsdiens en erfenis en geskiedenis. Dit gaan oor daardie dinge wat in art. 30, 31 en 185 van die Grondwet toegelaat word. Dit maak gemeenskappe sterk en laat hulle voel hulle behoort. Belangriker nog, dit word die dryfkrag wat ons in staat stel om deel te wees van die eenheid. Dit versterk ons vermoë om ’n bydrae tot die groter geheel te maak. (3227)

Hiermee beklemtoon Eloff ’n baie belangrike punt wat dikwels deur liberale Afrikaanse kommentators onderbeklemtoon of selfs ontken word: om deel te neem aan die groter geheel, moet jy geborge voel in jou kleiner deel van die groter geheel. Dit is egter nié ’n voorspraak vir afskeiding van die groter geheel nie, maar vir balans tussen geheel en deel. Om hierdie balans uit te spel, onderskei Eloff tussen vier groepe onder Afrikaners en Afrikaanssprekendes. Hy lig dit soos volg toe:

Die eerste groep ... noem ek die eksklusief weerstandiges. Hulle het ’n sterk gevoel vir kulturele verskeidenheid, en bitter min geesdrif vir Suid-Afrika as een land en een nasie. Hulle is eksklusief in hul denke oor taal en kultuur en sou tipies Afrikanerskap ook aan ras koppel. Hulle glo nie Suid-Afrika kan slaag nie en weerstaan alle eenheid oor rasse- en politieke grense heen. Hul politieke sienings sal wissel van geografiese afskeiding tot kulturele isolasie. (3237)

Die tweede groep ... noem ek die passiewe weerstandiges. Hulle het net so min erg aan verskeidenheid in die kulturele sin van die woord as aan eenheid. Hulle staan onverskillig oor taal en sou hul kinders maklik in Engelse skole sit – “ter wille van hul toekoms”. Maar hulle werk ook nie juis mee om die land te laat werk nie. Hulle aanvaar die ekonomiese voordele van die nuwe bedeling, maar het eintlik emosioneel geëmigreer – miskien selfs fisiek agter hoë heinings – en leef dikwels in individuele isolasie. (3240)

Die derde groep ... is die inklusiewe bevorderaars. Hulle het nie veel erg aan kultuurverskeidenheid en Afrikaans as taal nie. Hulle praat wel Afrikaans, maar hul kinders sal waarskynlik in Engelse skole wees. Hulle voel sterk oor Suid-Afrika as een land en probeer hul deel doen, nie as Afrikaners nie, maar as Suid-Afrikaners. Hulle sal hulself soms wel Afrikaanses noem. Hulle probeer die nuwe bedeling bevorder, maar voel soms uitgesluit deur die feit dat hulle nie swart is nie. Hulle is polities baie korrek en probeer laag lê, sodat Afrikaans nie ’n nog slegter naam by die regering en swart Suid-Afrikaners kry nie. (3244)

Die vierde groep ... is die aktiewe bevorderaars en hulle voel sterk oor sowel eenheid as verskeidenheid. Hulle is wat van Wyk Louw genoem het “krities solidêr”. Hulle is gemaklik om Suid-Afrikaners én Afrikaanses/Afrikaners genoem te word. Hulle is gewoonlik aktief in die burgerlike samelewing en/of die politiek en wil “’n verskil maak”. Ek noem hulle die aktiewe bevorderaars omdat hulle Suid-Afrika as een land sien en al die mense se belange op die hart dra, maar tog ook aktief hul reg opeis om ’n kultuur-, taal- en godsdiensgemeenskap te vorm en dit uit te leef. Hul houding is: “Ons is hier en ons gaan nie weg nie. Ons sal ons deel doen, maar ons wil dit vanuit ons eie gemeenskap doen.” (3249)

Uiteraard skaar Eloff hom by die vierde groep, en verwoord hy sy keuse so:

Die vierde groep probeer die moeilike maar noodsaaklike balans tussen eenheid en verskeidenheid behou. Natuurlik is daar binne hierdie groep ook uiteenlopende menings oor presies wat so ’n balans in die praktyk beteken. Daar mag selfs partypolitieke verskille voorkom. Maar hulle het dit gemeen dat hulle sowel Suid-Afrikaners as Afrikaanses/Afrikaners is. Hulle sal die regering kritiseer, maar is nie rassisties nie. Hulle sal die welvaart van alle Suid-Afrikaners soek, maar ook hul eie grondwetlike taal- en gemeenskapsregte opeis en verdedig as dit moet. Hulle gaan nie emigreer nie en staan vierkantig in die Suid-Afrikaanse werklikheid. (3262)

Soos sake tans in Suid-Afrika daar uitsien, is hierdie posisie inderdaad vir daardie Afrikaners en Afrikaanssprekendes vir wie hulle taal en kultuur sowel as die land belangrik is, die mees verantwoorde een. Maar indien die prosesse van verval waaroor Eloff dit elders in die boek het, nie gestuit word nie, bestaan die werklike moontlikheid dat al hoe meer mense sal voel posisie een hier bo is die verantwoorde een – met die moontlike uitsondering van die rasbewustheid wat Eloff miskien te gou aan die posisie verbind.

Vir mense wat wel tot posisie vier verbind is, sluit Eloff sy boek met die volgende wenke af:

– Onthou die Grondwet (3271)

– Onthou die Nasionale Ontwikkelingsplan (3273)

– Onthou die belangrikheid van ’n sterk burgerlike samelewing (3275)

– Onthou jou basiese burgerlike plig (3278)

– Onthou die beperkinge van die staat (3280)

– Wees egter nou realisties oor die beperkings en vooroordele van die staat. Werk en leef sover jy kan asof daar nie ’n staat is nie, onafhanklik daarvan (3282)

– Onthou die balans tussen optimisme en realisme (3285)

– Onthou Maatskappy Suid-Afrika is lewensvatbaar (3288)

– Onthou om te dien: As ’n mens eenheid en verskeidenheid in balans het, is diens na binne én buite noodsaaklik (3295).

Op die keper beskou het Theuns Eloff met hierdie boek vanuit hoop en optimisme ’n werk gelewer wat vir alle lesers met ’n algemene belangstelling in landsake goeie perspektiewe op die land se prestasies, tekortkomings en uitdagings bied. Dit is geen diepgaande akademiese werk nie, maar dit gee ook nie voor om dit te wees nie, en sal daarom wyer aanklank as by ’n beperkte akademiese gehoor vind.

Benewens die enkele kritiese punte wat hier bo aangeteken is, het die boek een belangrike tekortkoming, naamlik dat dit nie aandag gee aan die problematiese aard van die Suid-Afrikaanse staat as sodanig nie, wat per slot van rekening ’n klassieke koloniale maaksel is. Maar dit is dalk ’n onderwerp vir ’n ander boek.

Laastens het ek Eloff se terloopse en baie bondige verwysings na ervarings van sy dekade as rektor van die NWU besonder interessant gevind. Gegewe die onstuimige vaarwaters waarin die openbare hoëronderwyssektor in Suid-Afrika vandag staan, is dit te hope dat Eloff nog ’n boek oor sy tien jaar as rektor sal skryf. Te min mense met dié soort ervaring het nog stelselmatig daaroor geskryf, en die land het sulke werk nou dringend nodig.

  •  Johann Rossouw doseer filosofie aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy skryf in sy persoonlike hoedanigheid. Lees meer van sy werk by johannrossouw.co.za

The post LitNet Akademies-resensie-essay: Wat nou, Suid-Afrika? deur Theuns Eloff appeared first on LitNet.


Boekresensie: Vrediger deur Dibi Breytenbach

$
0
0

Foto van Dibi Breytenbach: Izak de Vries

Titel: Vrediger
Skrywer: Dibi Breytenbach
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799379433

Misdaadfiksie sonder 'n speurder as hoofkarakter, verrassende wendinge en oortuigende ontknopings maak van Vrediger 'n boek wat 'n mens sterk kan aanbeveel.

'n Prokureur met 'n permanente en erg pynlike besering wat hom aan bande lê is die hoofkarakter wat in sy rol as wetstoepasser gedwing word deur 'n korrupte en vyandiggesinde polisiemag op 'n klein dorpie in Kwazulu-Natal.

Willem Maarschalk is die prokureur en sy belangrikste kliënt is die skatryk suikerboer Johannes Kleinveldt, wie se swart bure sy drade knip, plaaswerkers opstook en sy grond wil eis. Sommer op bladsy een word 'n tienderjarige swart plaasmeisie verkrag en vermoor – 'n misdaad wat die polisiemag toeskryf aan Kleinveldt se vertraagde boemelaarbroer.

Wanneer Kleinveldt self vermoor en sy vrou verkrag word, word Maarschalk gedwing om ook nadoods na sy kliënt se behoeftes om te sien.

Hierdie gebeure dek die tafel vir 'n puik ontrafeling van 'n baie komplekse gegewe. En as jy 'n leser is wat stuk-stuk aan 'n boek lees, gaan jy hier teen die middel van die storie jou slaaptyd met minstens 'n uur of twee aanskuif – wat natuurlik 'n goeie getuigskrif vir enige boek is. Dis wanneer Vrediger se boeiende raaisels in 'n vinnige en verrassende tempo begin ontknoop. Maar dis ook nie waar dit eindig nie ...

Vrediger is 'n moeilike boek om te resenseer sonder dat jy die storie vir die leser bederf. Dis 'n geval van hoe minder, hoe beter! Tussendeur bied die skrywer – 'n aanklaer van beroep – 'n ingeligte blik op ons regstelsel en die politieke draad wat deel daarvan is.

Breytenbach se eerste boek, Saliger, is 'n goeie debuutboek, maar Vrediger is net soveel beter. Sy het vinnig geleer – ook om haar lesers op oortuigende dwaalspore te lei – en met Vrediger skep sy groot verwagtinge vir 'n baie belowende loopbaan as skrywer van misdaadfiksie. 

The post Boekresensie: Vrediger deur Dibi Breytenbach appeared first on LitNet.

Boekresensie: Submerged deur Louis Wiid

$
0
0

Submerged
Louis Wiid
Staging Post, Jacana Media, 2016
ISBN: 9780994667748

Wanneer jy dié dik boek – Louis Wiid se eerste – optel en op die rugkant lees dis deur ’n geoktrooieerde rekenmeester geskryf, wil-wil jy skepties wees. “Wat weet ’n boontjieteller van boekskryf af?” sou jy kon vra.

Maar dis waar die skrywer verras: hy het sy huiswerk gedoen oor die verskillende sfere waaroor hy skryf – die finansiële instellings in Londen, die Kaapse Vlakte se bendewêreld en die duikbedryf in die Rooi See. So tussendeur het hy sy eie ondervinding met finansiële spesialiste as kollegas en die bedrog wat hulle ondersoek; sy duikondervindings om sy eie engtevrees te oorkom en sy vele reise oorsee, ingevleg.

Die storielyn is as volg: Leon Jacobs, ’n jongman wat doelloos op Stellenbosch ronddobber en vir 10 jaar een graad na die ander aanpak, maar ’n ekonomiegraad op sy kerfstok het, kry werk by ’n duiksentrum in Jameel, aan die Rooi See. Hier kruis sy pad met dié vann Sophia Popova, die dogter van ’n Russiese boef, wat ook ’n bank in Londen besit. Met die sameloop van omstandighede skei die paartjie se paadjies, maar hulle ontmoet mekaar weer in Engeland, toe Leon vir Sophia se pa, Bogdan, begin werk.

Leon onderskat die omvang van Bogdan se misdadige verlede en hoe sleg sy verhouding met sy dogter nou eintlik is. Leon word onwetend al dieper ingetrek in die misdaadspiraal, maar sy strewe om suksesvol te wees maak hom tydelik blind vir die ware toedrag van sake.

Bogdan is besig om sy opponente met vuilspel uit die weg te ruim of finansieel te ruïneer om sy koninkryk nog groter te bou en die storie gaan draai selfs in die Bosveld, waar hy ook belange bekom.

Leon soek uiteindelik skuiling aan die Suid-Afrikaanse Weskus, maar kort voor lank is Bogdan se trawante op sy spoor en onskuldige mense word by die mensejag betrek.

Hier keer karakters wat aanvanklik in die eerste hoofstuk bekendgestel is, terug, en die voormalige bendelid, Franklin Benjamin, word genoodsaak om uit sy Weskus-slaap te ontwaak en wraak te neem.

Die boek het ’n goeie balans tussen persoonlike verhoudings, aksie, bedrog en teleurstelling en hou jou aandag vasgevang. Al die nodige elemente is daar – tot die skoonheid met die lang bene en smeulende oë.

Die skryftaal is maklik en die font is effe groter gedruk, wat daardie laatnag lees in die bed nie te stremmend op jou oë maak nie.

Die einde van die boek skep genoeg afwagting sodat ’n opvolg of tweede boek moontlik sou kon wees, maar kom terselfdertyd genoeg tot ’n einde dat jy nie in afwagting gehou word oor wat volgende gaan gebeur maar lank vir ’n opvolgboek moet wag nie.

Die getal bladsye is al wat teen die boek tel – 427 is vir my 100 bladsye te lank. ’n Finale redigering van die boek deur ’n onafhanklike redakteur sou onnodig lang beskrywings van onder meer tonele van die seiljag Vormvaart kon uitgeskakel het.

Hoewel die karakterbeskrywings ook baie lank en deeglik is, is dit minder hinderlik, omdat dit diepte en konteks verskaf.

Submerged is beslis ’n goeie eerste boek en ek glo dat Wiid in die toekoms ’n gerekende naam in die misdaadroman-genre gaan word.

The post Boekresensie: Submerged deur Louis Wiid appeared first on LitNet.

Boekresensie: Robbie se broer se roer en ander jagstories deur Pienkes du Plessis

$
0
0

robbiesebroer300Robbie se broer se roer en ander jagstories
Pienkes du Plessis
Human & Rousseau, 2016
ISBN: 9780798172394

‘n Kortverhaalbundel is veronderstel om lekker en maklike leeswerk te wees. Gemik op ontspanning en genot, eerder as om die leser uit te put.

As jy swaar leeswerk soek, is daar heelwat opsies in Afrikaanse literatuur om jou denke te prikkel of jou begrip uit te daag. Indien jy egter op soek is na ligte vermaak en boonop van die jagveld en buitelewe hou, kan jy beswaarlik beter kry as Pienkes du Plessis se derde bundel, Robbie se broer se roer en ander jagstories.

Dié versameling van 13 verhale is van gemaklike lengte dat jy net genoeg tyd het om een te lees terwyl jou koppie boeretroos trek. Die meeste is lighartig met ’n snaakse kwinkslag of twee in die verteller (meestal eerstepersoon) se eie stem, maar daar is tog ook een of twee wat ’n ongemaklike knop in jou keel sal laat. So is die heel laaste een in die bundel die perfekte verhaal om die bundel mee af te sluit. Vir Jan Somme is vleisbraai ’n geloof wat met eerbied hanteer moet word, en dit is ook langs die braaivleisvuur waar hy stil geword het vir altyd.

Voor dit het jy darem respek vir Oupa gekry nadat hy drie kleinseuns (saam noem hulle hulself die Temmers van die Moordenaarskaroo) vir ’n week na ’n Karooplaas geneem het vir ’n avontuur. En jy verstaan ook dat Oupa se pad hemel toe nou ’n geteerde dubbelbaan is.

Daar word lekker gelag saam met Kaller Skoeneman, Hênsem Niklaas en Anneries Tandeman vir oom Grootboet Willem wat wil staan en vertel dat hy ’n springbokram met die kaal hande gevang het.

En ook vir Robbie wat met sy broer se roer net middagbokke skiet, en nét een.

Daar is ook ’n verhaal waarna kinders grootoog sal luister. Grootoom Brombek, ’n springbokram wat baas is op die vlak tussen die trassiebosse en jakkalsgrasse, vertel hulle hoe dit gebeur het dat Grootoom Brombek die dag self gaan jag het.

Dan is daar Deurmekaar! (sy naam word altyd met ‘n uitroepteken geskryf), ’n basterbrak wat ’n hele plaaswerf op hol het en ’n spesiale oorlog teen die besproeiingstelsel voer.

Die rede waarom die stories so lekker lees, is Du Plessis se skryfstyl. Net omdat ‘n storie ’n kortverhaal is, beteken dit nie dat daar nie karakterisering kan plaasvind nie. Elke verhaal het ’n karakter wat aan die hoof staan, en die grootste deel van elke verhaal word eerder spandeer om die karakter in te kleur as om bloot ’n storie te vertel. Dit is meer karaktersketse met ’n toevallige storie wat saam met elkeen gaan as wat dit ’n storie met toevallige karakterisering is. En daardeur word die skrywer se skerp oog vir die verskillende karakters en waaruit hul menswees bestaan, duidelik.

Uiteindelik is dit ’n boeredosyn van lekker stories wat met ’n koppie sterk koffie of ’n glas goeie wyn geniet kan word. Wees net gewaarsku: “Stoffel en die streepmuis” sal jou dalk net laat proes van die lag, en beide koffie en rooiwyn laat vlekke.

The post Boekresensie: Robbie se broer se roer en ander jagstories deur Pienkes du Plessis appeared first on LitNet.

Boekresensie: Mispa deur Helena Hugo

$
0
0

Foto van Helena Hugo: kykNET

Mispa
Helena Hugo
Lux Verbi, 2016
ISBN: 9780796319692

Die jongste roman van Helena Hugo speel tussen 1893 en 1899 op die plaas Mispa in die hartjie van die Karoo af. Caroline is maar 30 jaar oud toe sy haar agtste kind in die wêreld bring. Al waarop sy gehoop het, was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is só wyd, dit voel asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie.

Hy is ’n onverbiddellike boer wat vir sy grond leef; sy het ’n fyner siel wat droom van dieper betekenis, van kuns en van die see.

Intussen pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam en hul oudste seun, Daniël, beleef ’n groot teleurstelling.

Hugo verstaan die magiese krag van woorde wat goed gekies is; van karakters wat worstel met hulself, hul geloof en hul sterflikheid. Hugo het 52 boeke op haar kerfstok, waarvan 10 liefdesverhale deur Tafelberg onder die drukname Hartklop, Melodie en Satyn uitgegee is. Sy skryf en regisseer sedert 1978 vir die radio kleuterstories, jeugdramas asook sepies soos Blinkwater en Mooi mense. Voeg hierby agt enkeldramas waarvan drie met die RSG/Sanlam-dramawedstryd se eerste pryse bekroon is en een, Swane, met ’n ATKV-veertjie. Sy mag maar skryf.

Sy het haar drie jaar gelede op Christelike fiksie begin toespits. Haar naam is Ragel verskyn in 2013; die volgende jaar die topverkopers Marta en Ter wille van Talita.

Sy het al in onderhoude genoem dat sy van die Christengenre hou, omdat dit haar die ruimte bied om "die mens in sy verhouding met God subtiel en met deernis te beskryf".

Caroline se worsteling op die vlaktes van hul plaas is juis dit: ’n verbrokkelde verhouding met God wat haar in haar drome en in haar wakker ure jag, die soeke na ’n uitweg en die wete dat haar uitweg nie gaan kom voor sy nie haar geloof weer koester nie. Die boek raak soveel taboes aan wat in die 1890’s net so veroordeel is as in 2016: die afdryf van ongewenste kinders, egbreuk, jaloesie en afguns oor erfgrond, die letsels van kindermishandeling wat oor ’n boer se rug ingekerf lê.

Ek het ook die konteks – net voor die Anglo-Boereoorlog – geniet, want dis ’n hoofstuk in Suid-Afrika se geskiedenis waaroor daar gerus meer geskryf kan word.

Caroline en Willem verloor hul eersteling en soos die boek vorder, besef die leser dat die skeur tussen hulle eintlik daar reeds begin het.

Soos wat die boek vorder nadat sy die lewe geskenk het aan ’n dogtertjie, Cara, besef Willem iets groot skort. Haar suster en haar man kom kuier om na haar om te sien en Caroline smeek haar suster om tog die baba saam te neem en as hul eie groot te maak. Willem is nie hiervoor te vinde nie en ses maande lank leef sy vrou in ’n donker kokon: sy verlaat omtrent nie hul kamer nie en hy trek stoep toe.

Ten spyte van aanbiedinge van hulp verander die situasie nie en later is haar jonger sussie as huishoudster op die plaas. Sy neem ook Caroline se huwelikspligte oor. Daar word agter toe deure gefluister om Caroline na ’n inrigting in die Kaap te stuur en dis hier waar die damwal breek en dinge begin omdraai.

Die storie is gedetailleerd, verken die innerlike wroeginge van Caroline, maar terselftertyd verloop die storielyn goed. Die jare kom en gaan, die lief en leed van die groter familie en buurplase word ingewerk en gebeure soos die droogte, nagmaal op Kimberley, die verhouding tussen boer en werknemers, die mens se soeke na welvaart op die diamant- en goudvelde en die eensaamheid op die vlaktes, maak dit ’n geloofwaardige vertelling.

Caroline vind vertroosting in die teenwoordigheid van Elie, wat as skoolmeester op die plaas begin werk. Hy deel haar liefde vir boeke en stadig maar seker word sy weer ’n funksionerende mens.

Die boek bied goeie leesvermaak, die karakters is sterk en Hugo se woorde maak hulle lewendig en eg.

Ek het egter hier teen die driekwart merk van hierdie lywige boek - 426 woorde - gevoel die herhaling van haar krete na die hemel raak geyk. Die wroegingsbeskrywing word herhaling op herhaling. Die storie het effens sy trant verloor en ek het amper gevoel of ek in die storm beland het van halfmal springbokke wat oor die vlakte dreun en alles in hul pad plattrap. 

En dan, net soos alles effe na normaal wil terugkeer, is dit die einde van die boek - en dis nie ’n geval van ek het só lekker gelees dat ek nog ’n paar hoofstukke sou wou sien nie - die boek eindig bloot stomp. Ná die diepte van die gevoelens van rou en weersin waarin die boek gedelf het, het ek die laaste paar bladsye afgejaag en oppervlakkig gevind.

As die doel is dat die boek die eerste hoofstuk van ’n reeks moet wees, sou ek dit graag vooraf wou weet. Dit sou dalk my houding jeens die einde verander het en ek sou kon uitsien na die opvolg.

Al hierdie kritiek egter ter syde, dis ’n heerlike opkrulboek wat jou gaan dwing om vir eers ander take opsy te skuif tot jy selfs die bibliografie gelees het.

The post Boekresensie: Mispa deur Helena Hugo appeared first on LitNet.

Boekresensie: Die skaalmodel deur Anneli Groenewald

$
0
0

Die skaalmodel
Anneli Groenewald
Uitgewer: Tafelberg, 2016
ISBN: 9780624076070

Oor hierdie roman is reeds resensies geskryf, so ek veroorloof myself om eerder ‘n bespreking as ’n formele resensie aan te bied. Elke resensent en inderdaad leser benader boeke uit ‘n eie perspektief en myne sal wees as ‘n argivaris wat ook sy hand aan fiksie waag.

Wat dadelik tref, is die ongewone en dus heel vars inslag, naamlik dat Die skaalmodel grootliks ‘n alleenspraak is, behalwe vir die postmodernistiese aanwending van onder meer e-posse tussen ene meneer Johannes Schoonwinkel en juffrou Berdina Visagie, laasgenoemde die hoofkarakter. Hierdeur breek die skrywer, en haar stem, juffrou Visagie, die monotoon van die hoofkarakterperspektief.

Nogal ‘n uitdaging hierdie, en elke leser sal moet besluit of dit genoegsaam gedoen is – vir my was dit net-net so, want my gedagtes het telkens gedwaal en ek het myself betrap dat ek dalk hiperkrities begin word, oor tegniese aspekte soos wat die verskil is tussen ‘n argivaris, ‘n museumbestuurder, voorheen ‘n kurator genoem (in die geval van kunsmusea word “direkteur” meestal gebruik) en les bes ‘n bibliotekaris. Die skrywer verwar wel die leser deur hierdie posbenamings en hulle onderskeie pligte wisselend aan te wend. Sy praat ook van die “Suid-Afrikaanse Argief”, wat nie bestaan nie – sy noem self by haar bronnelys dat sy uit die SA Nasionale Biblioteek (korrekte benaming) gedelf het en dis ook waar mnr Schoonwinkel (daar was wel al ‘n mnr Stef Schoeman by die Kaapse Argief; klink dié twee name dalk toevallig nogal eenders?) en haar “argivaris” sou beswaarlik koerantknipsels uit 1983 by ‘n staatsargief vind, terwyl sy soektog (namens haar) na berigte, almal uit dieselfde jaar vreemd lank neem: as hy een in 1983 kon vind, sou hy almal bymekaar gevind het en gelyktydig aangestuur het, nie stuk-stuk soos in die boek gebeur nie.

Maar kom ons kry eers hierdie olifant in die oopte: argivarisse werk met dokumente, die primêre bronne waaraan bona fide navorsers die grootste waarde heg. Bibliotekarisse werk meestal met sekondêre, oftewel gepubliseerde bronne (soos haar Johannes Schoonwinkel blykbaar doen) en museumbestuurders werk meestal met artefakte, dus voorwerpe soos modelle (soos juffrou Visagie wel doen). Dit beteken nie hulle kan nie ook met ander (aanvullende) bronne werk nie, maar dis allermins hulle pligsbeskrywings.

Ek noem dit omdat hierdie aspekte van die boek sentraal staan en dit oor geloofwaardigheid gaan – die blote gebruik en verwysings na bronne in die teks, soveel te meer die bronnelys agterin, sinspeel juis op geloofwaardigheid van die milieu wat die skrywer probeer skep het. Historiese romans soos Kringe in ‘n bos, Eilande en Buys getuig ook van die essensie van historiese begronding waarop deeglike navorsing berus. Vir die leser is dit immers belangrik om sodoende die onbekende “werklikheid” van ‘n vroeëre tydperk te “ervaar” – ‘n essensiële verskil tussen ‘n historiese roman en ‘n fantasieroman.

Nietemin, soos elke leser sy/haar in die leefwêreld van juffrou Visagie probeer indompel, het ek het my eie ervaringswêreld (en hindernisse teen die suspension of disbelief) probeer uitsluit, soos met die olifant, maar sekere aspekte van die boek het bly terg: Juffrou Berdina Visagie klink ook soos ‘n juffrou Martie Visagie van Mosselbaai wat ek ken en wat inderdaad nie ‘n argivaris was nie, maar ‘n bibliotekaris – en sy trek sterk na Die skaalmodel se karakter, so ek bly sien haar en hoor haar selfs – en ek ken ‘n Bertdene van Sittert Laubscher wat ‘n museumbestuurder op Ceres is. Maar Bertdene is dalk die antitese van Berdina. Magtag, sou die skrywer hulle geken het?, wonder ek terwyl ek die hoofkarakter se uitgesponne en dikwels selfbejammerende betoog (die voorsitter van die komitee wat haar verhoor het moes Job se geduld gehad het as sy aanhou met “vrou-alleen” en dat niemand sal agterkom as sy dood lê in die museum nie) deurworstel. Die dele waar juffrou Visage oor die aantreklike pottebakker Sofia praat, het darem vir opkikkering gesorg, asook die verwysings na die tragiese lot van Skipskop.

Skipskop en Distrik Ses

Skipskop, sê die hoofkarakter met deernis, dog nie oorsentimenteel nie – sy probeer self stewig vasskop teen sentimentaliteit, soos dit ‘n rekordhouer van die verlede betaam – se geskiedenis moet nie verlore gaan nie, nes dié van Distrik Ses. Dit moet objektief gedokumenteer word, soveel as menslik moontlik. Plig voor sentiment, soos sy dit doen. Reg so, en sy is ook korrek dat ons musea baie meer moet besoek en waardeer. Hierdie versugting en bewusmaking daaroor is vir my die grootste waarde van die boek, en ek sou graag wou weet of die Skeepswrakmuseum op Bredasdorp, waar hierdie boek hoofsaaklik afspeel, méér besoek word ná die verskyning van Die skaalmodel. Maar ek loop my storie, soos juffrou Visagie soms maak (en erken), vooruit.

Oor Skipskop self voel ek dat die skrywer se verwysing na die vrou wat ‘n paar boekies kom neersit het en juffrou Visagie wat hulle sommer in ‘n boks gemerk “nutteloos” gaan druk, nogal aandui op die aanvanklike misgissing wat sy het van die waarde van daardie boek. Haar vooroordele had sy ook, of is dit meer myne? My eie ervaring kleur my perspektief hier ietwat, want ek was betrokke by daardie boek, Deur die Duineveld na Skipskop (2004) deur mev Brönnhilde Ekermans – nie by die navorsing of skryf daarvan nie, maar ek het die meeste van die illustrasies daarin gemaak en die teks gelees. As iemand wat beide geskiedenis en kultuurgeskiedenis bestudeer het, kan ek wel getuig van die deeglike en professionele wyse waarop dit aangebied is. Juffrou Visagie meld wel dat sy “swaar daarop gesteun” het. Dit dan net vir ‘n bietjie agtergrond oor die navoringsaspek, wat ‘n belangrike een is by enige historiese roman.

Die boek herinner aan etlike ander romans en intertekstuele verwysings kom inderdaad voor. Joan Hambidge noem in haar resensie oa dat Orhan Pamuk se Istanbul: Memories and the City (2006) in die bibliografie vermeld word. Sy skryf ook “Dit is ’n belangrike kode vir hierdie roman: Pamuk het immers ’n hele museum gebou rondom ’n roman, The Museum of Innocence (2008).” Vir my, wat baie in buitestanderfigure belangstel, herinner Die skaalmodel nogal aan Albert Camus se L’Étranger (The outsider, 1942), ook omdat sy hoofkarakter, Meursault, aan bevooroordeelde mense verantwoording moes doen.

Die vooroordele van gemeenskappe speel natuurlik ‘n sentrale rol in talle romans, soos Hans du Plessis se Tussen die klippe (2016) en Pieter Haasbroek se Oemkontoe van die nasie (2001), waar ook tribunale en howe ter sprake kom. In Die skaalmodel is die hoofkarakter egter nie die werklike uitgeworpene nie, al is sy ‘n alleenmens en ‘n buitestander op die dorp, maar dalk ook uit eie keuse.

Hier is dit eerder die aweregse Sofia (selfs Jesebel en Delila genoem) wat ‘n soort sondebokslagoffer is. In meer as een opsig. Ook kyk ‘n mens die indruk dat die museum, Skipskop, en die skaalmodel self – “karakters” is wat meer simpatie as juffrou Visagie verdien, sy wat verbete onafhanklik is as mens, dog pleit vir hulp by die museum. Soos die kunstenaar is sy ‘n sterk vrou, wat sekerlik ook nie bonuspunte sal verdien in ‘n plekkie met tradisonele idees oor genderrolle nie.

Maar ek het ‘n broertjie dood aan resensente wat stories en karakters in fyn detail ontleed en die storie in die proses verklap – waarom sal die leser R240 vir die boek betaal as ek dit namens hom/haar lees en oorvertel? So terug na wat vir my uitgestaan het by die lees van die teks. Eerstens is Berdina Visagie ‘n oortuigende oujongnooi-museumwerker, hoewel miskien effens van ‘n karikatuur, veral wat haar manier van praat betref. Dis sekerlik hoe die oningeligte publiek die Hekwagters van Gister beskou. Al weet ons tog elke mens is die somtotaal van veel meer as die uiterlike; die cliché is selde geregverdig. En karikature is gewoonlik snaaks, maar leen hulle nie tot karakterontwikkeling nie. Het Berdina toe wel van gedaante verwissel? Tog ja, danksy veral Sofia het sy uit haar jonkvrouskas geklim in haar kruistog om “voete in die museum” te kry ... maar laat ek nie die storie bederf nie.

Verder, is die humor in die boek geslaagd? Dikwels wel, soos haar uitbeelding van die talle skeepstragedies (Daar is ‘n tekening van die Birkenhead op die voorblad, die stranding – “Women and children first!” - word treffend in die werklike museum uitgebeeld) aan daardie gevaarlike kus: “Hoe drinkbaar nog sou u reken, Meneer die Voorsitter, is tee nadat dit in die see geval het? Stel u voor! ’n Overbergse Tea Party op Waenhuiskrans,” spot Juffrou Visagie.

Ander kere is dit effe geforseerd, maar dit kan aan (be)droë Berdina se nogtans geborstrokte humorsin toegeskryf word. Die skrywer het haarself wel verwis van die omstandighede in ‘n tipiese museum – die stofallergie van die bestuurder daar en dat besoekers nie wil lees nie, sodat lang byskrifte min nut het, asook die statiese aard van outydse uitstallings en die ewigdurende klankbandjie met seegeluide wat meeste mense wat dit elke dag moet aanhoor sal mal maak.

Ook word die vooroordele - eintlik verkramptheid en sosiale geslotenheid van die (deursnee) kleinburgerlike plattelanders suiwer uitgebeeld – die skrywer as boorling van daardie geweste sal hulle kén. Dog vir my raak die storie erg lank (216 bladsye in totaal) om uit te vind wie die “bedenklike” karakters is waarmee die hoofkarakter “heul”, wat presies verkeerd gegaan het en wat met juffrou Berdina Visagie gaan gebeur. Uiteindelik vind ek die ontknoping helaas onbevredigend, juis hieroor, en ek weerhou my met moeite om nie te sê presies hoekom, want ek het belowe om nie die einde weg te gee nie.

Ek eindig hierdie belewenis en bekentenis, enigsins bevooroordeeld dog eerlik met: Voorspoed aan Anneli Groenewald, mag sy as romansier van krag tot krag gaan ná hierdie belowende debuut, mag die tragiek van ons kwynende museums tot soveel moontlik lesers se gewetens spreek, en hopelik sal diegene wat Skipskop tot ‘n windverwaaide vlakte verdoem het waar nog net spoke loop, ook tog spyt ervaar. Veral sou hulle hierdie uitstaande studie-in-vooroordeel lees.

 

The post Boekresensie: Die skaalmodel deur Anneli Groenewald appeared first on LitNet.

Boekresensie: Goeie dood wat saggies byt deur Ilse van Staden

$
0
0

Goeie dood wat saggies byt
Ilse van Staden
Protea
ISBN: 9781485305477

‘n Hiperrealistiese foto van ‘n groot, woedende hond met wydgesperde bek, gereed om te byt, verskyn op die omslag van Ilse van Staden se debuutroman, Goeie dood wat saggies byt. (Op die omslag is die titel só gedruk, met “Goeie” en “saggies” gekursiveer: Goeie dood wat saggies byt.) ‘n Paradoks met die hond-wat-gaan-doodbyt.

Die roman gaan oor die opleiding en praktyk van veeartse. Miskien ‘n nuwe “genre” in die Afrikaanse vertelkuns?

Die begin van die eerste hoofstuk (eintlik ‘n proloog), “die hond is groot en swaar”, is kort en kragtig en dwing jou om verder te wil lees.

Hierdie hond kan nie die huis haal nie. Hy slaan neer. Sy eienaars, verskrik, jaag met hom na die veearts toe. Na dokter Hilda. Maar iemand sê: “Ry net. Dr Vermaak is … Sy is … Sy gaan jou nie nou kan help nie” (9).

Hierdie sin is sentraal. Mens sal wonder waarom dr Vermaak nie daar sal wees nie.

Na haar opleiding as veearts begin Hilda praktiseer in die praktyk van Kate Wilson. Kate is hardkoppig, het senuwees van staal, is ‘n “onpeilbare baas”, en professioneel.

Die strukturering van die roman is anders as in ‘n gewone roman. Hilda Vermaak is die hoofkarakter: sy vertel, wisselend van die eerste persoon tot die derde persoon. Vertelbeurte is in verskillende hoofstukke. Haar studies in Onderstepoort vertel sy in die “ek”-vorm, en haar werk as veearts vertel sy in die derde persoon (maar ook soms wisselend). Daar is ook dan ‘n tydsverskil. Die “ek”-vertellings is in die verlede, en die derdepersoonvertellings in die hede. Dus: haar studies tot veearts teenoor die praktyk. Dié tegniek illustreer ook die konflik in Hilda, veral teenoor die verlede. Sy is nie ‘n gelukkige student nie, maak vriende met net een persoon, Sarah (wat ná haar studies oorsee gaan praktiseer), ‘n goeie persoon, vrolik en slim. Later ontmoet Hilda vir Chris, en daar ontstaan byna ‘n verhouding tussen hulle; maar sy is te gekweld en onseker – oor alles.

Miskien som dít haar probleme op – alhoewel dit nie eintlik deeglik gemotiveer word nie: “Erflik belas, dis wat ek is. Gebore met ‘n behoefte om probleme op te los, om genesing te bring en dan asseblief eerder in diere as in mense. Die erwe van die vadere, tot in die derde en die vierde geslag” (14).

Haar studies bring ook nie geluk of bevrediging nie. Sy is ‘n gemiddelde student, en sy vertel meestal van die toetse, eksamens, en die uiteindelike finale proewe met operasies.

Dan is daar ook die gedurige spanning met haar ma, wat glo sy moet presteer in alles wat sy doen: “My oupa se roemryke verlede en my ma se verwagtinge loer soos spoke oor my skouer. Ek huiwer angstig voor elke onbekende deur” (27). Hier dan weer die verlede en die hede.

Daar is wel verligting deur haar liefde vir kuns. Sy het as kind kuns geleer, en hier in Onderstepoort woon sy ‘n kunsuitstalling by – natuurlik selfbewus oor haar hare en haar halssnoer, “my enigste toegif aan kreatiwiteit” (51). Maar sy beleef ‘n ander wêreld terwyl sy na die kuns kyk. Die liefde vir kuns word egter nie verder ontwikkel nie, behalwe later toe sy op Chris se versoek reageer om vir hom ‘n perd te teken; maar mens weet nie wat daarvan gekom het nie.

Oomblikke van tevredenheid is die wyse waarop sy een van die beste koeie van Frik Willemse verlos van ‘n kalf wat te groot is om gebore te word. Die proses word noukeurig beskryf, alhoewel toe sy ‘n keisersnee moet maak, is Frik ongelukkig, want Kate het nog nooit ‘n keiser gedoen nie. Hilda kry dit wel reg en Frik bedank haar hartlik.

‘n Verkeerde diagnose maak Kate woedend. Dit gaan oor ‘n hond met ‘n seer been, wat Hilda ondersoek, en nie veel verkeerd vind nie, Maar die volgende dag lê die hond gekoppel aan ‘n druplyn. Kate diagnoseer dat die hond deur ‘n slang gebyt is, en sy red die hond se lewe. Sy dwing Hilda om die eienaar onmiddellik te bel en verskoning te vra. Sy is te bevrees. Maar die eienaar sal haar by die Raad aankla as sy nie met hom praat nie.

Later kom daar ‘n botsing tussen haar en Kate: oor die kwessie van niebetalende kliënte. ‘n Voorbeeld is dié van ‘n vrou wat ‘n hond laat behandel, maar nie kan betaal nie. Hilda kom haar tegemoet en Kate is briesend, en dreig om Hilda in die pad te steek. Sy raak ook moedswillig – gee vir Hilda afskeepwerkies. Kate besluit om ‘n eie praktyk te begin.

Na die red van ‘n ander koei som sy haar lewe as veearts op: “Dis my lewe. Blood and guts and gore” (67).

Daar kom in haar lewe ‘n man, Martin, van wie sy hou, maar versigtig; en toe hy haar nooi vir ‘n verrassingspiekniek, vererg sy haar – en hulle vriendskap gaan tot niet.

Later sien sy weer vir Chris – by ‘n seminaar. Hulle eet saam, groet, en elkeen gaan sy gang. As gevolg van Hilda se weiering om meer met Chris te kommunikeer, op persoonlike vlak, onttrek sy haar van ‘n moontlike verhouding.

Sy kry ‘n geleentheid om ‘n praktyk te koop van ‘n sterwende dokter: dr Abel.

Van die eerste gevalle is daar een wat mens kan uitsonder as ‘n illustrasie van ‘n operasie. Sal die “gewone leser” eintlik hierin belangstel, of dit verstaan? Dis vanselfsprekend dat daar meer van haar werk noukeurig beskryf word, maar miskien net verstaanbaar vir iemand wat diere en ingewande ken.

‘n Groot Rotweiler is siek. Simptome: ‘n groot uitgesette buik en etter uit die vulva. Operasie. Die hond raak bewusteloos van die narkose. Die snit-area word geskeer en voorlopig ontsmet. Sy word na die teater geneem “op haar rug gedraai”, “sodat sy op haar rug in ‘n raamwerk lê”. Gasnarkose gekonnekteer, finale ontsmetting, afdek met steriele groen lappe, opskrop en dan kan Hilda begin. Sy maak ‘n groot snit. In groot honde kan sulke baarmoeders ‘n hele paar kilogram weeg en daar moet genoeg plek wees om dit maklik uit die buik te kry. As dit sou ruptuur, is die hele buik vol etter en die kanse op oorlewing heelwat minder. Dis toe sy met haar hand die milt effe opsy druk dat sy onraad vermoed. Sy kry die baarmoeder in die hande. Dit is, soos sy vermoed het, erg ontsteek en uitgeswel. Daarmee was sy wel reg. Maar waarom die vergrote milt? En waarom so knopperig? Sy lê die half-uitgestrekte baarmoederhoring op die groen operasiedoek en steek haar hand weer in die buik. Met ‘n plat handpalm voel sy oor die milt, dan verder oor die lewer. “Groot. Knopperig. Kankeragtig” (129).

Uiteindelik, nadat sy alles gedoen het wat sy kon, sterf die hond. Mens kan eintlik nie “vrek “sê nie, omdat die hele operasie soos dié op ‘n mens kan wees. Die hond sterf tog uiteindelik. Verkeerde diagnose. Dit gaan weer gebeur.

Dié geval lees soos ‘n visuele aanbieding vir ‘n veeartsklas. Daar is wel nie baie van hierdie soort gevalle wat beskryf word nie. Gelukkig nie. Ook nie te veel name van medisynes ens nie. Weer eens: wat van die onkunde van die leser wat niks van diereoperasies weet nie? Dis te verstane waarom die behandelings van diere ‘n hoofrol moet speel: dit hou verband met Hilda se bespiegeling aan die begin van haar studie, soos reeds aangehaal: “Gebore met ‘n behoefte om probleme op te los ... “eerder in diere as in mense”. En hier, in die dokter van diere, kry sy haar bevrediging. Ook selfs die mans wat in haar belangstel, verlang sy nie.

Dokter Abel sterf. Hilda en Roelien, haar assistent, was baie geheg aan hom. Nou praat hulle oor die dood van mense en diere. Hilda vergelyk die sterfte van die mens met die doodgaan van diere, en praat van selfdoding. Daar word nie eintlik iets sinvols gesê nie, maar die vergelyking van die dood van diere met dié van mense bevestig die feit dat haar voorkeur vir diere is; anders as Rolien.

Tot ‘n mate vra die roman dan: Hoe voel ‘n veearts oor die dood – van mens en dier?

Nog ‘n man verskyn op die toneel: Richard Wells, die buurman wat belangstel in die bouery by Hilda se woonstel. Hy is nuuskierig, maar soek miskien ook geselskap. ‘n Ander man, Hanno, probeer in haar lewe kom; maar sy stel ook nie in hom belang nie. Bly alleen en werk met die diere.

Vir ‘n oomblik moet mens teruggaan na en stilstaan by die studente in Onderstepoort. Dit is die “eindeksamen”, die einde van hulle opleiding. Nou ‘n regte operasie: “Die eerste maal dat ons self die lem deur die vel trek, die naald deurhaak en die nylon knoop.” Hilda slaag: “My eerste operasie was suksesvol en my hart is op pad by my keel uit. Hoera!” (186).

Daarna, letterlik in die volgende hoofstuk, doen Hilda ‘n operasie op ‘n teefhond. Hier kan sy nie “Hoera” sê nie. En nou sal die leser gedwing word om te lees: tegniese terme, medisyne en alles. Veral die verloop van die operasie. Dis die boeiendste gedeelte van die roman; en ook die mees kritieke, met die mees emosionele oomblikke in Hilda se werk. En miskien kom verlede en hede dan hier bymekaar?

Die meeste hoofstukke daarna is uit die derdepersoonperspektief vertel. Die drie waarin Hilda in die eerste persoon vertel, het eintlik te doen met hulle studentedae, dan veral die terugkyk na die verlede: “Een ding lei tot die volgende, maande en jare se keuses soos plaveistene neergelê, totdat mens eendag omkyk en sien daar lê ‘n pad agter jou” (213).

Dis egter nou die hede, die kritieke operasie: die teef is op hitte, en dis gevaarlik om dan te opereer. “In die praktyk kan dit ‘n nagmerrie wees” (187). Sy het dit al voorheen gedoen en die hond het dit elke keer oorleef. Toe sy sny, begin die hond bloei. Daar’s niks wat mens “kan afbind nie … Sy sny en dep, dep en sny …” (188). Die hond bloei, en sy kan dit nie stop nie; maar sy maak nietemin toe: “So far, so good” (189). Om op te som: die bloed hou nie op nie, dit borrel uit. Sy bind aanhoudend af. Dit begin beter lyk. Maar die wond trek los, en die hond vrek. Hier klink die woord “vrek” beter!

Sy verwag dat sy aangekla gaan word deur die Raad, maar sy gaan aan met die werk by die praktyk: nog operasies, inentings, bene regmaak. Maar wéér een maal verkeerd ingespuit: sy spuit “fenielbutasoon” binnespiers in ‘n perd se nek. Dis egter nie fataal nie.

Dan kom die brief van die Raad. Hulle sê sy is skuldig daaraan dat sy nie seker gemaak het dat ‘n wond ordentlik geheg is nie. Registrasie word opgeskort vir ses maande, opgeskort vir drie jaar, met voorwaardes.

“Waar is Sarah nou? Waar is Chris? Hulle sou verstaan. Of sou hulle?” (222).

Maar sy doen nog werk, red dierelewens. Dan kom Richard met sy hondjie: die diagnose is kanker, en hy kan nie gered word nie. “Sy staan met haar hande wydoop teen die operasietafel geleun, moedeloos. Grensloos moedeloos. Nie dít nie, sy kan dit nie nog ook dra nie” (245). Richard huil.

Aan die begin het mens gewonder waarom daar gesê is dokter Vermaak "sal jou nie nou kan help nie".

Aan die einde spuit sy haarself in. Daar “spoel … ‘n groot rus oor haar en sy weet, dít is hoe genade voel. Die laaste dood van vele sal ‘n genadedood wees. ‘n Goeie dood wat saggies byt” (253).

*

Daar is enkele aspekte van die roman wat onduidelik is. Soos die rol wat die verlede speel. Daar is geen motivering vir die wegvlug van die verlede nie. Die verdere verlede word baie vlugtig onthou: in die herinnering aan haar oupa se belangrike rol in veeartsenykunde. Dit sal weer voorkom in die leser se gedagtes – wat sy vantevore gedink het: “Erflik belas, dis wat ek is … Die erwe van die vadere, tot in die derde en vierde geslag” (4).

Dis goeie tegniek om verlede en hede te skei deur vertelling van die studies en opleiding in die verlede en dan die toepassing daarvan in die hede; en dit maak van die studentetyd sélf verlede, en dan eintlik onaangenaam. Die hede neem uiteindelik oor en die praktyk is dan meer bevredigend – tót die groot fout van die operasie op die teefhond.

Wat egter onverstaanbaar is, is dat die hede van die operasie en ander daarna drie keer onderbreek word deur vertellings oor hulle studentetyd in die verlede, mét van die karakters. Om die aakligheid van wat gebeur het te laat verdwyn: dat die verlede eintlik verlossend is? In een van die eerstepersoonvertellings naby die einde sê Hilda: “Ons maak ons stadig los van studente wees …” (229). En dan is die ironie natuurlik dat Hilda deur te sterwe óók verlede word.

Dis ‘n goeie roman, boeiend om die onderliggende tema: Is die genesing en versorging van diere belangriker as dié van mense? Maar dit moet die veearts haar/hom self afvra. En al sal ‘n veearts meer begryp van wat hier vertel word, en die leser soms nie alles kan volg nie, is dit tog nog ‘n goedgestruktureerde roman, met ‘n mooi vertelstyl.

En miskien selfs leersaam?

The post Boekresensie: Goeie dood wat saggies byt deur Ilse van Staden appeared first on LitNet.

Resensie: Kroniek van Donkerhoek deur Kees van Dijkhorst

$
0
0

kroniek280Kroniek van Donkerhoek

Kees van Dijkhorst

Naledi 2016

Een van die voortreflikhede van hierdie boek is die slotsinne van die kort hoofstukke. Met elke hoofstuk behou jy jou konsentrasie baie goed, want die teks stu kragtig voort na die einde van elke  hoofstuk. Dis dan dat jy jou kan verlustig in die stemmingsvolheid van dié afsluitings. So is daar reeds in die heel eerste hoofstuk al iets helders wat jou bybly.

Daar’s tydaanduidings by sommige hoofstukke. Dit sluit aan by die “Kroniek” van die boektitel. Die kroniek, die verhaal van die plaas Donkerhoek, begin in 1982. Dis reeds vier geslagte in die Vorsters se besit. Hier word geboer met beeste en skape, en iets minder gewoon – ook met bome: plantasies denne, wattel en bloekom. Voortdurend is daar ’n brandgevaar.

Teen die einde van die 1982-hoofstuk word die Vorster-patriarg  Jaap, bruingebrand en bonkig, gedryf deur ’n stille woede oor die jongste skaapdiefstal.  Hy, sersant Smit en konstabel Khumalo is nou saam met ’n swart Duitse herdershond genaamd Wotan besig om die saak te ondersoek. Die soekgeselskap kom uit by ’n stat vir Swazi’s. Konstabel Khumalo druk verby ’n vrou en gaan ’n donker kookhut  binne. Hier vind hulle ’n skottel vleis. Sy probeer die manne weglei van  die verdagte, Sibanyoni. Maar hy word aangekeer en in ’n vol putlatrine afgedruk. Hulle dwing hom om te praat. Uiteindelik vertrek die geselskap. Die verdagte moet hom eers was voor hy geboeid saam met hulle weggaan.

Van Dijkhorst sluit  dié hoofstuk van vyf bladsye só af:

Vanuit die deur van die kookhut kyk die vrou hul agterna, ’n baba aan die bors en ’n kleuter aan die hand. Op die werf skrop die hoenders. In die stil oggendlug krys ’n witborskraai.

Daar is feitlik aan die einde van elke hoofstuk sulke evokatiewe sluiting. ’n Voorbeeld op bl 107:

Die treurige stoet vertrek met Jaap se lyk voor in Koos se Toyota, gevolg deur ’n drietal bakkies en heel agter die trekker   van Alpheus met sy twee seuns op die waterkar. In die koue nanag val die ligstrale van die voertuie flou op die buitenste bome van die dreigende dennebos.

Op die platagter van die boek word genoem dat Kees van Dijkhorst ’n oudregter, arbiter en bosbouer is. Van hom het twee bundels anekdotes verskyn: Die Hof verdaag en Arnoster en die prokureurtjie en ander vertellinge. Kroniek van Donkerhoek bevestig met dié sterk eindes dat hy beslis ’n aanleg vir kortkuns het.

Die kroniek strek van 1982 tot Oktober 2005. Hoe het die mense op Donkerhoek en die gemeenskap  van Mpumalanga as ’n geheel die regime van PW Botha en FW de Klerk beleef? Die Grensoorlog, die noodtoestand, die stryd om grondbesit en lone, regstellende aksie, moord en geweld? Kan blanke ouers dit aanvaar dat hul seun met ’n swart vrou trou?

Van Dijkhorst sluit in ’n sin hom aan by romanskrywers soos Etienne van Heerden, Ingrid Winterbach, Eben Venter, Mark Behr, Berta Smit, Marita van der Vyver, Francois Loots en ander deurdat hulle ook ons land se geskiedenis sedert die jare sewentig, tagtig tot by die hede vergestalt. Hy skryf egter nie so omvangryk soos hulle nie.

Kees van Dijkhorst sluit ook by ’n ander tradisie aan. In ons letterkunde is daar nogal ’n aansienlike groep regslui wat ook ’n verskeidenheid literêre genres beoefen. Maar hulle skryf nie noodwendig oor hulle ervarings in die howe nie. Dit is daarom werklik opwindend om te sien hoe hy sy regskennis betrek by die dramatiese uitbeelding van ’n  hofsitting  (bl 266 tot 276). Dis ’n hoogtepunt in die boek. Boonop gebeur daar iets wat seker min van die karakters verwag het. Ook nie die lesers nie? 

The post Resensie: Kroniek van Donkerhoek deur Kees van Dijkhorst appeared first on LitNet.


Boekresensie: Hartbreker deur Cecilia Steyn

$
0
0

Titel: Tienerharte 2: Hartbreker
Skrywer: Cecilia Steyn
Uitgewer: Human & Rousseau, 2016
ISBN: 9780798171588

Reeksboeke is baie gewild onder jong lesers.  Liefdesverhale vaar beter as ooit. ’n Kombinasie van die twee? Dis mos nou eenvoudig ’n wenresep!  Om jongmense aan die lees te kry, is ’n ideaal van enige jeugboekskrywer en dit is presies wat Cecilia Steyn met haar Tienerharte-reeks regkry.

Stefan Bruwer is ‘n haan onder die kampushenne, ’n regte “player”, met ’n slagveld van gebroke harte op sy kerfstok. Hy is een wat maklik meisies “op hulle pad stuur” wanneer hy “’n nuwe, ouliker speeding op kampus sien”.  Totdat sy suster, Megan, se rooikopvriendin sy pad kruis.  Met haar wyse sproetneus en onafhanklike hardkoppigheid slaan hierdie matriekmeisie hom vir ’n ses. 

Ciska Rossouw laat haar egter nie sommer oorrompel deur ’n opperste rokjagter nie.  Sy is sinies oor die liefde na ’n vorige mislukte verhouding, en die voorbeeld van haar ma se harwar-soeke na huweliksgeluk dra tot haar aanvanklike skeptiese afsydigheid by.  Dan het sy ook nog ’n “sewejaarplan” vir haar toekoms om mee rekening te hou.  Stefan is beslis nie deel daarvan nie, want verbete bly sy glo: “Geen man sal ooit weer oor my hart dans nie, daarvoor sal ek sorg.”   

Wanneer Stefan deur sy proffie genader word om dié se huis in die idilliese Kampsbaai vir die Paasvakansie op te pas, sien Stefan sy kans.  In die luukse omgewing beplan hy om Ciska behoorlik te trakteer en so haar hart te wen.  Hy hou egter nie rekening met die huisheer se bedorwe dogter Surette nie.  Haar visier is op Stefan ingestel en sy maak sake vir die voorheen bedrewe, nou regtig verliefde Casanova, baie moeilik.

’n Baie slim aanbiedingstegniek is die hoofstukindeling wat om die beurt wissel vanuit die perspektief van Stefan en Ciska.  Op hierdie manier word die manlike sowel as die vroulike ervaringswêreld met die leser gedeel.  Die protagoniste kry sodoende elkeen die kans om sy “saak” aan die leser te stel.

Stefan word uitgebeeld as die selfversekerde, sterk karakter wat hom goed kan laat geld.  Tog het hy ’n sagte kant wat spreek uit dinge soos sy besorgdheid oor sy suster se welstand, en later ook uit sy deernisvolle optrede teenoor Ciska, waar sy byvoorbeeld die “besorgdheid op sy gesig lees” wanneer hy oor haar oorlede pa uitvra.  Ciska weer doen as hardekwas “Pepper” aan haar rooikopstatus gestand en ’n heerlike liefdesverhaal met hope intriges ontvou.

Jaco Jacobs noem dat reeksverhale gesog is omdat jong lesers later die karakters leer ken en dit “soos ou bekendes begin voel van wie se doen en late jy lees”.  Hy noem dat dit die ideale manier bied om ’n leeslus (in hierdie geval by die ouer leser/tieners) te prikkel omdat die leser nuuskierig is oor wat die karakters nou weer aanvang. 

Volgens Maritha Snyman, in die werk Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom (2005), kan die gewildheid van reeksboeke verklaar word deur ‘n reeks feite.  Dinge soos die put van emosionele bevrediging uit verhale wat voortduur, die skep van ’n gevoel van voldoening en emosionele veiligheid en sekuriteit, die terugkerende struktuur wat aan die leser ’n raamwerk gee waarbinne hy kan bepaal hoe hy moet lewe, die identifikasie met die protagonis en die hantering van ’n lewensfase waarin die kind baie op sosiale vlak eksperimenteer, bied aan die reeksboek ’n niebedreigende spasie waarin die leser se hoop en vrese gereflekteer word.

Liefdesverhale of romanses bied op sy beurt en volgens die Romanzalesersblog ’n manier om te ontvlug of te ontspan.  “Dit voer ons weg uit die saai bestaan van die alledaagse, die helde en heldinne is altyd mooi en die einde gelukkig.” Voorts aktiveer die liefdesverhaal ’n chemiese reaksie van “goedvoel” in die brein.  Die leser voel “emosioneel versorg” en dat daar in haar behoeftes voldoen word.  Lesers kry boonop insig in hul eie verhoudingsprobleme. 

Liefdesverhale bemagtig vroue aangesien die heldin “’n vrou uit eie reg is” en “die romanselesers is belese, sterk, intelligente en kreatiewe vroue”.  Indien dit wel die geval is, bied die lees van ’n romanse dus die ideale geleentheid tot die sosiale ontwikkeling van tieners.

Cecilia Steyn weet hoe tieners se koppe werk en sy weet waarmee hulle hulself besighou.  Daar is byvoorbeeld die rekenaarspeletjie The Last of US wat Ciska, Stefan en Dewald speel, maar dan is daar ook die ernstiger sake soos studies, skoolwerk en toekomsdrome.  Hierdie is ook nie nét ’n verhaal van jong liefde nie.  Dit gaan hier ook oor tienerprobleme en die kwessies waarmee tieners te doene kry binne verhoudings, veral dan ook gesinsverhoudings.

In ’n resensie van die eerste boek in die reeks word daar oor die voorspelbaarheid van verhaalgebeure asook van die onoortuigende dialoog van karakters gerapporteer. Voorspelbaarheid is egter myns insiens kenmerkend van hierdie genre en dit is juis hierin wat die gerustellende lekkerte van ‘n romanse vir die leser lê.

Wat die taalgebruik betref, is dit welliswaar die geval dat woorde soos “verdomp”,”verstrengel” en “trekstang” vreemd in die tienermond mag klink, maar ek wonder of dit nie juis tot voordeel van hierdie reeks strek nie.  Is dit nie dalk vanuit ’n groter letterkundige perspektief nodig dat jong lesers juis blootgestel word aan ander en meer gesofistikeerde taalgebruik as tienersleng nie? 

Miskien is dit nodig dat tienerlesers self oor hierdie kenmerke van die reeks terugvoer gee, maar by die lees van ’n opmerking soos: “Hartklop is ’n baie goeie boek ... ek het al die opvolg gelees ook!  DIS BAIE GOED ... ek sal sê enige tienermeisie wat in LIEFDE glo SAL dit geniet ...” word waarskynlik die beste oordeel gegee.

Iemand het eendag gesê daar is niks so opwindend, maar tog ook so dramaties, soos jong liefde nie.  En met haar Tienerharte-reeks en spesifiek dan nou met Hartbreker kry Cecilia Steyn dit reg om hierdie belangrike fase in die lewe van jongmense met deernis, begrip en groot sukses uit te beeld.

Tienerharte 3: Hartedief (2016), is ook reeds beskikbaar.

The post Boekresensie: Hartbreker deur Cecilia Steyn appeared first on LitNet.

Boekresensie: All the way to an independent Namibia deur Dirk Mudge

$
0
0

All the way to an independent Namibia
Dirk Mudge
Protea
ISBN: 9781485304562

Hierdie Engelse vertaling van Dirk Mudge se outobiografie, Enduit na ‘n onafhanklike Namibië, is belangrik en was hoogs noodsaaklik. Die destydse Suidwes-Afrika-kwessie het vir meer as sewe dekades in die midde van die Suid-Afrikaanse politiek en ook op internasionale vlak opslae gemaak. Hierdie eertydse mandaatgebied was die laaste reste van ‘n koloniale bewind in Afrika en het die simbool geword van die Suid-Afrikaanse apartheidsbeleid wat uitgewis moes word. Reusedruk deur en gesamentlike optredes van Westerse moondhede en veral die VVO (vandag die VN), het Suid-Afrika verplig om ‘n onafhanklike Namibië te aanvaar. Tesame daarmee het die Suidwes-vraagstuk gesorg vir die grootste en mees uitgerekte reeks uitsprake van die wêreldhof in die hof se geskiedenis, uitsprake wat die jurisprudensie van die hof geweldig verryk het en vandag nog geld as toonaangewende beslissings oor die magte van die VN en vorme van ongeoorloofde rassediskriminasie.

Die Suidwes-sage bly steeds relevant vir ‘n begrip van ons eie staatkundige ontwikkeling en die uitvoering van die Suid-Afrikaanse buitelandse beleid gedurende die onrustige sewentiger- en tagtigerjare, asook die omvang van VVO-bemoeienis en -vredesoperasies van daardie tyd. ‘n Engelse uitgawe van die Mudge-outobiografie gaan ongetwyfeld tot nog groter bekendstelling hier by ons lei en ook hernude belangstelling in die buiteland prikkel.

Die uitnemende rede hoekom hierdie boek so belangrik is, is dat daarin duidelik vertel word hoe ingewikkeld en uiters moeisaam die prosesse van onderhandeling en skikking is, hoe politieke dwarsboming en bestaande magstrukture die proses kan beduiwel. Om uiteindelik ‘n grondwet in die harte en gemoedere van mense te skrywe, eis oneindige idealisme en moed.

Dit is juis wat hierdie lewensverhaal van Dirk Mudge ons leer. Dit is die verhaal van hoe één persoon uit ‘n nederige pioniers- en landelike agtergrond deur sy onvernietigbare liefde vir sy land en sy mense en die sug na geregtigheid ‘n leier kon word wat sou veg vir die bande van verknegting en dwingelandy om verbreek te word.

Afrikanernasionalisme het tydens die apartheidsbewind onder verdenking gekom as sou dit eng, onderdrukkend, selfsoekend en bevooroordelend wees. Dirk Mudge se politieke loopbaan en rol in die totstandkoming van ‘n onafhanklike en demokratiese Namibië is ‘n klinkklare bewys dat Afrikanernasionalisme ook groots, ruim en omvattend kan wees. Sy verhaal verbeeld die ideaal van ‘n nuwe Afrikaner wat terselfdertyd hartgrondig ook Afrikaan kan wees.

Ons het verskeie uitstekende biografieë oor uitstaande politieke leiersfigure in ons geskiedenis, soos dié oor Smuts, Hertzog, Malan en andere. Outobiografieë van hierdie leiers waarin hulle self ‘n eerlike blik op die totaliteit van hul eie lewens, hul bydraes, hul oorwinnings en neerlae, en ook hul menslikhede werp, is egter besonder skaars. Die naaste van hierdie outobiografiese geskrifte gaan gewoonlik oor sekere gebeurtenisse, soos byvoorbeeld Steyn en Smuts se oorlogsherinnerings. Daarom is hierdie Mudge-outobiografie so waardevol, omdat dit ‘n volledige verhaal van sy herkoms, sy persoonlike worstelinge en moedige stryd bevat. Die voleinding van hierdie stryd, ‘n model demokratiese grondwet vir ‘n onafhanklike Namibië, word tereg vir hom ‘n persoonlike triomf.

‘n Moontlike, maar net ‘n effense, beswaar mag wees dat die boek in te veel besonderhede ingaan op die voortdurende en ideologies onuithoudbare aanslae wat Mudge gedurig in die blanke wetgewende vergadering en in die Turnhalle moes verduur. ‘n Volledige optekening van hierdie struwelinge en eindelose verdagmakery was egter uiters noodsaaklik, eerstens omdat sulke gegewens mettertyd vergete sou raak of bloot stof in ‘n argief sou vergader, en tweedens om enersyds ‘n beeld te gee van die tradisionele Afrikanerpsige wat in ‘n Broederbond- en Nasionale Party-ideologie versmoor geraak het, teenoor die bevryding wat Mudge se inklusiewe politiek gebring het. So beskou, verkry die Mudge-outobiografie nie slegs historiese waarde nie, maar verskaf dit ook ‘n sosiologiese verduideliking van die botsings tussen liberale en konserwatiewe Afrikanerdenke gedurende die dramatiese oorgangsjare in Namibië.

Dirk Mudge se outobiografie gaan oor vredeskeppende prosesse en oor menslike eienskappe van ideale, besieling en geloof. So beskou, is die boek tydloos.

Marinus Wiechers

 

The post Boekresensie: All the way to an independent Namibia deur Dirk Mudge appeared first on LitNet.

Boekresensie: Tuisland deur Karin Brynard

$
0
0

tuislandresensie650

Tuisland 
Karin Brynard
Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781415206935

Afrikaans, jou lekker ding!

Met hierdie uitroep maak ‘n mens Karin Brynard se nuwe spanningsroman toe. Sy buig die taal en speel daarmee tot jou tone omkrul van plesierigheid ... “Suster, moenie vir jou laat omtiep deur die benoudigheide nie. Dinge sal weer mooikom vorentoe.”

Terwyl jy jou egter nog verlustig in die taal, klap die storie jou soos ‘n goeie smoelslaner. Vir dié wat nie weet nie, dis daardie swingel van die hekpaal waarmee ‘n konsertinahek toegemaak word. Ook bekend as ‘n bekneuker. Want hierdie boek laat hom nie sommer net toemaak nie.

Soos met haar vorige twee boeke, Plaasmoord en Onse Vaders, beloof die titel reeds dat hierdie een meer as net nog ‘n spanningsroman is. Tuisland is ‘n woord wat swaar dra aan betekenis en ‘n mens besef gou dit is die sleutel tot die boek.

“Hy sê ons sal weer ronderibbes loop. Op ons eie grond met spekvet diere. Maar kyk waar loop ons, meneer Poliesman. Agterder as agter, uit ons hoewe uit. En nou’s dit te laat vir ons. Ons sterf hôrgalôs uit. Minder opregte boesmans oor as arnosters.”

Uit die mond van die leier van die Khomani-San, oom Windvoet !Kgau.

Die tema van ontheemding, verlies aan taal, kultuur en menswaardigheid word deur die hele verhaal geweef.

Jannas, ‘n wit vrou wat lank reeds tussen die Boesmans woon en werk, verduidelik dit so:

“Maar die Boesmans hier ... Wat jy hier sien ... Dis, dis ... Hoe kan ek dit stel? ‘n Kultuur ... taal, alles wat jou maak wie jy is. Wat jou selfrespek gee en jou bind aan ‘n groep, ‘n plek, jou identiteit, jou siel. Hierdie mense is van alles beroof.”

Dit is egter ‘n tema met vele gesigte. Terwyl die Boesmans hunker na eie grond, reken die wit boer wat op sterwe lê: “En die plaas ... Ag, dis net grond. Niemand besit dit regtig nie. Net die herinner ... jou herinneringe ...”

Dis dan ook nie net die tema wat vele gesigte het nie. Selfs die San-naam wat deesdae algemeen gebruik word, is vir sommige ‘n skelwoord en hulle verkies die naam Boesman.

Die verskille tussen die groepe sny egter dieper as net die naam. Elke groepering het sy eie verwagting en siening oor die pad vorentoe. Die agristam wil boer, die kuriostam maak ‘n lewe uit toerisme en die jagterstam wil teruggaan na ‘n vol jagter-gaarder-bestaan.

Dit klink na ‘n goeie plan, selfs edel, maar soos Heilna Wannenburg sê:

“Terugtrek na ‘n jagter/versamelaar-bestaan. En wat maak almal dan skierlik met hulle selfoonpaaimente? Dis een ding om ertappels en hoenderpote te koop met jou goevernment grant. Maar om dag vir dag te skarrel agter velduintjies aan. Vrek van die honger in die droogtejare. Ek weet nie.”

Een van die verhaal se sterk punte is die feit dat niemand ontsien word nie, en dat daar nie maklike antwoorde gegee word nie.

Die Boesmans wat geglo het daar is snare van lig wat alles bind, die mens, die natuur, die aarde, is nie engele nie, soos Jannas probeer verduidelik. “Hulle drink te veel en neem ongelukkige besluite, maar hulle is nie moorddadige mense nie.”

En so het elke groep karakters of individue hulle eie hebbelikhede, geraamtes en sondes. Jy kry hulle lief ondanks hul menswees.

Karin Brynard se karakterisering is in die kol. Sy beskik oor ‘n besonderse vermoë om lyf aan ‘n karakter te gee, en elkeen se unieke stem oortuig.

Kytie vee met haar duim oor die meisiekind se bolip waar ‘n snotstreep dreig om in haar mond in te loop. Sy’s erg verwaarloos, dit kan jy op ‘n myl sien. Al ruik sy so vars soos ‘n blom. Daar sit klaar ‘n eeu se leef in daai onpaar oë, elke een met sy eie kleur. Dryf soos twee waterputte in haar smal gesiggie.

Die meeste karakters is nuut vir die leser, maar daar is ook ‘n bekende of twee.

Albertus Beeslaar, die hoofkarakter in Brynard se vorige twee boeke, is terug in Tuisland.

In Johannesburg wag ‘n nuwe werk en ‘n babadogtertjie vir Beeslaar. En dalk die geleentheid om die bande met sy kind se ma, Gerda, op te tel. Hy is haastig om daar te kom.

Hy kies ongelukkig die verkeerde dag om sy bedanking by generaal Mogale op Upington te gaan indien. Daar is ‘n man in die Kalahari dood, net nog een van ‘n hele paar sterftes die afgelope tyd in dié gebied. Volgens gerugte het die plaaslike polisiekaptein op Witdraai, Kappies de Vos, hom nie juis verwerdig om die sake te ondersoek nie. Die Boesmans is ongelukkig en nou ondersoek ‘n prokureur, Silwer Bladbeen, hul klagtes.

Mogale is nie hierdie week lus vir moeilikheid op sy voorstoep nie. Na jare se onderhandelinge en baie moeite is daar tussen verskillende rolspelers ‘n ooreenkoms oor grondbesit bereik. Om dit te vier word ‘n groot funksie beplan – daar is sprake dat selfs die President, en belangrike amptenare van die Verenigde Nasies, die geleentheid in die Kalahari gaan bywoon.

Mogale wil hê Beeslaar moet net ‘n vinnige besoek daar bring, seker maak almal is tevrede, en dan sal hy sy ontslag teken.

Beeslaar se sake werk helaas selde so netjies uit. Sy moeilikheid begin sommer vroeg al toe hy op ‘n godverlate stuk pad ‘n papwiel kry en ontdek dat sy kollega, die bekkige sersant Ghaap, nie sy bakkie se domkrag teruggesit het nadat hy dit geleen het nie.

In die Kalahari aangekom, verdiep die intrige baie vinnig. Sommer met Beeslaar se intrap word Kappies de Vos, die Crocodile Dundee van die Kalahari en alombekende drinker en rokjagter, met ‘n mes aangeval en moet daar inderhaas met hom Upington toe gejaag word.

Mogale besluit om vir Beeslaar hulp te stuur. Nie net sy twee sersante, Ghaap en Pyl nie, maar ook die knap, maar hardegat luitenant-kolonel Cordelia Koekoes Mentoor.

Met haar aankoms is dit al duidelik dat Koekoes Mentoor ‘n geraamte in die kas het wat sy teen elke prys daar gaan probeer hou. Tot so ‘n mate dat sy nie na goeie raad of rede wil luister nie.

Terwyl Beeslaar, Mentoor en hulle kollegas probeer om al die raaisels op te los en die verdagte aan te keer, vlug Kytie Rooi met ‘n jong kind aan die hand uit Upington. Al wat sy weet, is dat sy in die Kalahari by die medisynevrou Antas heenkome vir haar en die kind sal vind.

Kytie is ‘n skoonmaker by ‘n luukse gastehuis op die dorp. ‘n Goeie en betroubare werker. As sy nie teruggegaan het na die Duitser se kamer toe om die mop te gaan haal nie, was sy nou by die huis. Sy kon dalk gemaak het of sy nie sien nie, maar dis nie so eenvoudig nie. Jy moes. Kytie, jy móés. Jy’t dan gesien wat daar gebeur het, jy móés! Vir sommige dinge kan jy nie jou oë toemaak nie, nie terwyl kleintyd se spoke nog in jou rondloop nie.

Die omgewing waar hierdie verhaal afspeel, is ‘n besonderse wêreld en die manier waarop die skrywer dit inklee, maak dat dit nog ‘n karakter word. En soos met die ander karakters is daar nie ‘n maklike pad deur die landskap nie. Dit mergel jou uit, en net die volgende oomblik bekoor dit jou. ‘n Subtiele sinspeling op ‘n mens se verhouding met die groter Suid-Afrika ook …

Brynard se navorsing vir hierdie verhaal is baie deeglik, maar sy wend dit slim aan. Dit belemmer geensins ‘n goeie storie nie.

Daar is baie storielyne wat soos wildspore heen en weer oor die duine loop. Sommige is duideliker as ander, sommige eindig sonder dat ‘n mens werklik weet waarheen hulle lei. Een so ‘n storielyn is Beeslaar en Gerda. Hy is duidelik hoopvol dat daar vir hulle ‘n toekoms saam is, maar die paar telefoonoproepe tussen hulle dra vir my nie veel by tot die verhaal nie.

Daar kon dalk ook ‘n karakter of twee minder gewees het. Koekoes Mentoor kon dalk een minder wilde jaagtog onderneem het en nou en dan dalk ‘n bietjie na rede geluister het. En die verwysing na Orania is een van die minder duidelike spore.

Hier en daar is ook ‘n teenstrydigheid of herhaling waaroor ‘n mens nie seker is nie, soos Beeslaar wat vir generaal Mogale sê hy wil nog daardie selfde dag Johannesburg toe ry en hy beplan nie om terug te kom nie. Daar word ook spesifiek melding gemaak van sy splinternuwe tweedehandse bakkie wat hy vir hom gekoop het, maar ‘n paar bladsye verder "sit hy op een van die mees godverlate vlaktes op aarde, en meantime moes hy op ‘n vliegtuig Johannesburg toe gesit het om ‘n nuwe lewe te begin".

Van die verleidelike openingsin af: “Dit is tydens een van die Kalahari se rasende Februarie-storms dat Kytie Rooi ‘n moord pleeg”, tot aan die einde van die verhaal is ‘n mens bewus van die stem en hand van ‘n besonder knap storieverteller. Hierdie boek vestig Karin Brynard nog meer as een van Suid-Afrika se interessante, dapper en begaafde skrywers. Sy skrik nie om moeilike onderwerpe oop te krap nie, of haar lesers uit te daag nie.

Lesers van spanningsverhale, en ook diegene wat hou van iets meer om die lyf, sal beslis hierdie boek geniet, en vir ‘n lang ruk nog daaraan kan herkou.

Ek het skaars die boek toegemaak of ek het weer Seko se stem van vooraf begin lees.  En daar klap die bekneuker my weer.

Foto van Karin Brynard: Naomi Bruwer

  • Jy kan 'n eksemplaar van Tuisland wen deur teen 5 Augustus 2016 'n e-pos met die titel "Tuisland-weggee" met jou posadres te stuur aan wen@litnet.co.za. Boeke geskenk deur Penguin SA. 

The post Boekresensie: Tuisland deur Karin Brynard appeared first on LitNet.

Boekresensie: Bly, die US Woordfeesbundel 2016

$
0
0

Bly: Kortverhale, US Woordfees 2016

Saamgestel deur Anastasia de Vries, Suzette Kotzé-Myburgh en Madri Victor

SUN MeDIA

ISBN: 9780620696302

Slapband, 234 ble

1bly b nw
 1 Vrolik, opgeruimd, gelukkig: 'n Bly gesigBly wees oor (om) ietsWees bly met myDie voëls sing bly[Die liefde] is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly met die waarheid (1 Kor 13:6).
 2 Geluk bringende, blydskap gewende: 'n Blye tyding. 'n Blye boodskap, 'n aangename mededeling. Die Blye Boodskap, die Evangelie. Blye vooruitsigte.
 3 Lewenslustig: Die blye jeug.
 4 Blyke van blydskap gewende: Met blye haas.
 UITDR
Iemand twee maal bly maak, so lank kuier dat die gasheer of -vrou net so bly of blyer is oor die vertrek van die besoeker as oor sy aankoms.

2bly ww, blywend, gebly, geblewe
 1 [Onveranderd] voortduur: Die Here se beloftes bly.
 2 'n Sekere toestand behou: Siek, kalm, ernstig bly. Die vis sal goed bly. Die skape begin al te bly lê (staan), is so maer dat hulle nie meer kan loop (staan) nie. Die motors bly staan op die nat paaie.
 3 'n Sekere plek behou, hom nie daarvandaan verwyder nie: Bly hier tot ek terugkom.
 4 Voortgaan met; aanhou: Ek bly maar verlang. Ek bly oom dankbaar.
 5 Nie afwyk nie; standhou, volhard: By sy woord, die onderwerp blyEk bly daarby.
 6 Vertoef, versuim; nie verder gaan nie: Waar bly jy so lank? Dit het by hierdie gunsie gebly. Laat dit onder ons bly.
 7 Sneuwel, sterf: In die slag bly.
Vgl SLAG.
 8 (weinig gebruiklik) Vergaan: Die skip het op die rotse gebly.
 9 Wees: Waar bly jy met jou bewyse?
 10 Ten deel val: Vir hom bly die oorwinning.
 11 Oorskiet: Een van my drie skape is dood, nou bly daar nog twee.
 UITDR
Laat [dit] maar bly, laat dit maar staan, moenie vir jou daaroor bekommer nie, laat dit maar agterweë. (http://www.woordeboek.co.za)

In die voorwoord van dié versameling noem die US Woordfeesdirekteur Saartjie Botha dat die Woordfeesdireksie vir sy “lesende gehoor” graag iets ter herinnering wou gee as net ‘n T-hemp. Derhalwe is besluit om ‘n bundel kortverhale saam te stel van 24 gepubliseerde skrywers se werk. Dank die heelal vir hierdie wyse besluit. Die woorde inskrywings en kompetisie laat elkeen na die rekenaar haas om die een of ander relaas uit die sisteem te kry sonder om die goue oue stukkie raad “show, don’t tell”, enigsins in ag te neem.

Maar: van die gepubliseerde skrywers wat hier opgeneem is, hou hulle nie altyd by die nosie van kortverhaal nie en gooi te veel idees in een verhaal. In “Jakarandablou” van Jeanne Henning Els is daar vir my net té veel indrukke en herinneringe.

Die oorgrote meerderheid verhale handel oor eietydse onderwerpe soos verslawing, gayregte, kindermolestering, die voortslepende gevolge van vigs, kinderloosheid, psigopatologiese versteurings en menseverhoudings op verskillende vlakke. Daar is ook heelwat blydskap in die meeste verhale en voornemende lesers moet nie afgeskrik word deur die opgenome temas nie.

In “Ek is hier en Ma is hier” van Deborah Steinmair – ’n verhaal wat herinner aan Antjie Krog se “beware of the dog” en die klassieke “Waghondjies”-gediggie – word die grens tussen mensdier en niemensdier verken. Hierteenoor is daar Elias P Nel se vertelling oor ant Pieter Belelie en haar hartseer oor haar hondjie Siewie.

Die kompleksiteit van verhoudings tussen kinders en vaders word belig in Marida Fitzpatrick se “Sonde” en Brian Fredericks se “Die cowboy”. Eersgenoemde se wending is verfrissend, terwyl laasgenoemde verhaal redelik voorspelbaar verloop. Tog is die intieme waarneming van die pa iets nuuts – vergelyk die verwysing na die “pie” op sy kneukels.

“Die begrafnisnemer” van Jean-Pierre de Kock is een van die verhale wat die leser aan die raai hou. Let wel, die titel verwys nie na ‘n begrafnisondernemer nie. In hierdie verhaal word genderkwessies belig en dit het ’n verrassende slot. Goeie opbou van die verhaal.

Naas Hennie Aucamp is Abraham H de Vries Afrikaanse se belangrikste kortverhaalskrywer en in sy vintage De Vries-verhaal het ons die kenmerkende postmodernistiese stylgrepe. Aan die einde wonder mens wel: Is dit die waarheid gelieg hierdie? Speel De Vries nou weer parte met sy leser? Ewe geslaagd is Rachelle Greeff in “Die verkeerde kussing”, ’n verhaal wat mens herinner aan die film Amour (2012), waarin sy vernuftig die onderskeie tydsvlakke en onder meer die voorlees uit die Bybel in haar verhaal deureenweef.

Kirby van der Merwe se “spel met ready-mades” vertel ook ’n verhaal aan die hand van gekose sitate uit onder meer Mail & Guardian. Ook Herman Lategan se “Laudate Dominum (Prys die Heer)” is ’n postmodernistiese teks wat in gesprek tree met vigsverwante literatuur soos Adam Mars-Jones se The Darker Proof: Stories from a Crisis (1987).

Gerda Taljaard se verhaal oor Agathe Crinon vat die leser terug na die tydvak na die Eerste Wêreldoorlog en is een van die verhale waarin die spanning goed opgebou word tot die knap slot. “Grys Costume en die roos” van Johann Nell handel oor die verafgoding van sangers – in hierdie geval Gé Korsten.

Ons lewe in die era waarin ons oorspoel word deur misdaadreekse oor televisie, gewoontemisdadigers as helde, en die verheerliking van psigopatologiese vernuf (dink maar aan Dexter of Hannibal), en dit is dus te verstane dat dit ook in verhale gaan opduik. In “Die pop” van Martin Steyn word die jong sadis uitgebeeld, terwyl Martin Labuschagne in “Om die hemel te proe” oor ’n kindermolesteerder skryf. Wat is dit met die Martins?

Gaan lees mens die woordeboekinskrywings in die WAT oor bly, is dit opvallend hoeveel aspekte daarvan reflekteer in die saamgestelde verhale: daar is blywende dinge; dinge wat bly maak; wat oorbly en wat bly pla.

Miskien kan die US Woordfees ook opdragwerke in die toekoms oorweeg en skrywers nader om by te dra? Of dalk iets soortgelyks aan die Boekenweekgeschenk, waar een skrywer spesiaal vir die fees ’n klein novelle of ’n stel kortverhale skrywe? Dit hoef ook nou nie noodwendig by die tema van die Woordfees aan te sluit nie.

The post Boekresensie: Bly, die US Woordfeesbundel 2016 appeared first on LitNet.

Boekresensie: Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute

$
0
0

Titel:  Ek en Prins Donkerkuif
Skrywer: Dihanna Taute
Uitgewer: Human & Rousseau, 2016
ISBN:  9780798171618

Lehandi Botha dra graag swart. Sy wou eintlik haar kamer in die nuwe huis, wat onder 'n “strooihoed” in die tuin staan, ook swart verf, maar haar ma-hulle het ‘n stokkie voor sulke uitspattigheid gesteek. So nou verf sy maar haar naels swart en sy kombineer haar swart stewels en korsethemp met pienk en blinkers. Pure “Goth-feetjie”, want sy is só bang dat sy soos haar oudedoos-ma en suinige, streng pa gaan wees. Maar juis vanweë haar andersheid staan sy nou erg uit in haar nuwe skool uit en is sy sielsongelukkg.

Nadat haar pa ’n buite-egtelike verhouding op hulle tuisdorp, Theunissen, aangeknoop het en die skande in die plattelandse omgewing die lewe onuithoudbaar gemaak het, moes Lehandi se gesin noodgedwonge vlug. Haar pa besluit hulle trek stad toe, Pretoria toe, en Lehandi is in opstand. Die nuwe skool is anders, die kinders daar is anders en sy mis haar boesemvriendin, Reqita, vreeslik. Haar ouers baklei luid en voortdurend, sy is agter met wiskunde, sy kan nie naam maak op die sportveld nie en sy verlang na haar geliefde ouma wat haar verstaan het, maar te vroeg dood is. Sy luister na die musiek van Allison Weiss en Ellie Goulding en sy dink sy het skilfers van stres. Lehandi voel lus vir dwarstrek en skok. In haar brand woede en ’n rebelsheid, maar sy is terselfdertyd bang en hartseer en sy smag na ’n held wat haar uit hierdie nagmerrie kan kom wegvoer – ’n prins wat aan haar “perfekte boyfriend”-lysie gaan voldoen. Sy ontmoet vir Frans Bruwer, die rugbykaptein, en in haar drome word hy haar prins met sy donker kuif. Maar is hy die witperdheld wat tot haar redding gaan kom?

Dan word Lehandi se huiswerkboek, waarin sy haar liefde vir Frans met krulle en harte uitspel, gesteel en die hele rugbyspan lees dit. Haar pa trek uit, want daar is verwikkelinge tussen hom en “tannie Floozy” en haar ma kry swaar. Sy vind uit hoekom sy niks van Reqita hoor nie en dit word ’n tyd waarin sy “snags tjank” en haarself tussenin “van die buitewêreld afsny”. Maar Drayke Hunter, wat die lewende hel uit haar irriteer, is daar en hy gooi nie tou op nie. Hy wag geduldig en selfversekerd vir wanneer sy reg is om oor haar hartseer te praat, want hulle het gedeelde probleme, met dié dat sy ouers ook reeds geskei is. Al wil Lehandi hom wurg, kom kruip hy ongenooid onder haar vel in en word haar “wiskunde-superheld”. Tog word ook hierdie vriendskap deur ’n misverstand bedreig.

https://twitter.com/dihannataute

Ek en Prins Donkerkuif is ’n verhaal vir jong volwassenes en vir almal wat hou van ’n lekker ligte liefdesintrige. Die humor is vlymskerp en die woordgebruik kostelik en vars. Dit is egter ook ’n storie wat aangryp, met intense oomblikke van hartseer en ontgogeling, soos wanneer Lehandi besef dat haar pa se minnares ’n baba verwag en dat hy met die vrou gaan trou. Sy ontdek ook dat sy ontrouheid die einde van haar vriendskap met haar beste vriendin beteken het. Hierdie is oomblikke waarin die emosie rou en eg menslik deur die skrywer uitgebeeld word, maar steeds word dit gedoen met die oorspronklike aanslag en skryfstyl waarmee die jong leser sal kan identifiseer.

Dihanna Taute het beslis ’n op-die-pols-aanvoeling vir wat in jong gemoedere aangaan. Met hierdie liefdesverhaal maak sy haar debuut. Sy maak gebruik van skote humor, hope drama en eerste liefdeservarings om die leser mee te vermaak, maar die verhaal is ook een wat die temas van verhoudings, vriendskappe, gesinskonflik en ’n soeke na identiteit aansny.

Taute is ’n jong ma met vier “orrelpyp”-spruite en die gesin woon in Namibië. Sy skryf vanuit haar eie onthou oor haar beleefde tienerjare.

Aan die einde van die boek is daar die belofte van ’n opvolg, want hierdie boek is die eerste van ’n drieluik waarvan die tweede boek, Die Engelsman in my slaai, in Augustus vanjaar verskyn.

The post Boekresensie: Ek en Prins Donkerkuif deur Dihanna Taute appeared first on LitNet.

Viewing all 1781 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>