Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1797 articles
Browse latest View live

Boekresensie: Anderkant vergeet deur Santie van der Merwe

$
0
0

Fotobron: https://romanzalesers.wordpress.com/2016/07/04/santie-van-der-merwe-gesels/

Anderkant vergeet
Santie van der Merwe
LAPA
ISBN: 9780799380231

Anderkant vergeet is Santie van der Merwe se derde roman. Van die eerste hoofstuk af slaag sy daarin om afwagting te skep by die leser; van die ontnugtering waar Anneleen Gericke ontwaak in die hospitaal – ‘n verwarde 42-jarige ma van twee kinders, maar met 24 jaar wat totaal en al vergete is.

Die leser ervaar kompleet haar magteloosheid ná ‘n motorongeluk wat haar laat met geheueverlies; die meegaande onsekerheid van wie sy is, wie sy was en wie sy vandag is. Dit bring die vraag tuis: Wie en wat is ‘n mens sonder jou herinneringe? Herinneringe is wat jou vorm, wat van jou die persoon maak wat jy is.

Deurgaans is Anneleen, wat na haarself verwys as Anderleen, in konflik met haar rol as werkende vrou, moeder en vrou vir ‘n man van wie sy kan onthou sy op haar matriekafskeid mee uitgemaak het. Anneleen is ‘n volwasse vrou, met die herinneringe, jeug, onskuld en toekomsdrome van ‘n jong ontwakende vrou op pad is na haar matriekafskeid saam met haar beste vriende.

Nou moet sy die gaping waarin die mees vormende gebeure plaasgevind het, probeer oorbrug met inskrywings wat in joernale verewig is. Sy moet buitelyne begin trek en die prentjies inkleur oor wie sy was, behalwe dat sy nie meer saamstem met of die mens voel wat sy eens was nie. Die skrywer slaag daarin om jou in te nooi in die karakter se lewe, sommige oomblikke verkeer jy byna asof in haar liggaam, beleef jy haar emosies intens, die hartseer, onsekerhede en magteloosheid en ook die vreugde.

Alhoewel die storie uit Anneleen se perspektief vertel word, kry die leser blikke van wat haar gesin, haar man en kinders ervaar. Die hartseer omdat sy nie onthou nie, die verwyte, die seer en angs oor wat die toekoms inhou. Hoofstuk vir hoofstuk pluis Anneleen haar lewe uit, voel sy haar weg na die persoon wie sy voorheen was tot die persoon na wie sy gegroei het en vandag is.

Van der Merwe fokus veral op Jolandie, hul 18-jarige dogter wat self op die vooraand van haar matriekafskeid en volwassenheid staan. Dit verskuif ietwat die grense wat ‘n wyer ouderdomsgroep inlaat om met die karakters te identifiseer, veral omdat dit die ouderdom is waarop Anneleen se lewe die eerste keer onherroeplik verander het.

Dít gee haar ‘n voorsprong om te probeer sin maak van Jolandie se onstuimige emosies en dien as ‘n aanknopingspunt om haar moeilike dogter weer te leer ken en van nuuts af ‘n verhouding te probeer opbou.

Die pad wat Anneleen stap word begelei met ‘n boeiende storie en ‘n maklike leesvloei wat daarin slaag om afwagting te skep. Met tye ervaar die leser voelbare emosies wat aan mens se hartsnare pluk. Geslaagde humor kleur die blaaie in, iets waarmee nie alle skrywers sukses behaal nie. Haar woordspelings is vermaaklik en stof tot nadenke: Dat die lewe ‘n konstante leerskool is en dat seerkry meestal iets buite menslike beheer is, maar dat daar wél positiwiteit en nuwe lewe daaruit kan vloei mits jy jouself daarvoor oopmaak.

Die skrywer laat die leser opnuut die belangrikheid asook die beskerming van ‘n ouerhuis begryp, dinge soos oop kommunikasiekanale en die noodsaaklikheid om deur dik en dun nou betrokke te wees by jou gesinslede. Die kwessies wat ingeweef is in die verhaal spreek veral tot die vroulike geslag en word vanuit hul oogpunt gesien. Dit is almal kwessies waarmee die meeste mense kan assosieer.

Santie van der Merwe se jongste roman, Anderkant vergeet, is beslis iets wat meeste liefhebbers van Afrikaanse liefdesverhale in hul versameling sal verwelkom; ‘n roman wat ‘n indruk op jou sal laat en wat beslis nie vergete sal wees nie.  

The post Boekresensie: Anderkant vergeet deur Santie van der Merwe appeared first on LitNet.


Resensie: I Have Life: Alison's Journey, soos aan Marianne Thamm vertel

$
0
0

I Have Life: Alison’s Journey
Marianne Thamm
Penguin Random House South Africa
ISBN: 9780140280791

Ek kon nooit verstaan waarom Alison Botha 20 jaar ná die gewelddadige aanval op haar waarin sy op brutale wyse deur twee gewetenlose mans verkrag en vir dood langs die pad gelaat is ’n bestaan kan maak deur motiveringspraatjies oor hierdie verskriklik ervaring te lewer nie.

Hoekom plaas sy nie hierdie traumatiese gebeure agter haar en gaan met haar lewe voort nie, het ek gewonder. Hoekom doen sy nie iets anders nie?

Maar nadat ek I Have Life gelees het, het ek begrip daarvoor dat sy ná die gebeure juis geroepe voel om vir ander verkragte vroue ’n stem en ’n simbool van hoop te wees nadat sy díe geweldsmisdaad na die beste van haar vermoë verwerk het. Sy wil doodeenvoudig ander mense wat erge trauma van watter aard ook al beleef het, bemoedig.

Haar verhaal soos deur die ervare en bekroonde joernalis Marianne Thamm vertel word, is tegelykertyd grusaam en inspirerend. Alison is deur talle as ’n uitsonderlike dapper mens beskryf omdat sy hierdie tragiese gebeure in ’n oorwinning kon omskep.

In die boek word vertel hoe sy gekaap word, meer as 35 keer met ’n mes gesteek word en meer as 16 kapwonde aan haar keel opdoen nadat haar aanvallers probeer om haar keel af te sny. Sy is ook herhaaldelik en gewelddadig in haar maag gesteek.

Alison het egter met byna bomenslike wilskrag daarin geslaag om vanuit die bosse na ’n hoofpad te kruip terwyl sy haar kop met haar een hand en haar ingewande in haar ander hand vasgehou het waar ’n motoris haar lewe gered het.

Volgens ’n dokter wat in die Rhodesiese oorlog geveg het, het hy nog nooit iemand met die omvang van Alison se beserings gesien wat dit oorleef het nie. Nie net het sy ondraaglike fisieke en emosionele pyn verduur nie, maar sy moes ook talle operasies waar onder plastiese chirurgie, ondergaan.

’n Groot deel van die boek fokus dan ook op haar reis na genesing.

Nooit is daar ’n sweem van selfbejammering of bitterheid by haar te bespeur nie. Sy is wel by tye woedend, maar sy fokus eerder op haar vasberadenheid dat haar wrede aanvallers haar nie van haar gesonde verstand, selfvertroue of karakter beroof nie. Sy wil as veel meer as net "die Noordhoek-verkragtingslagoffer" bekend staan.

Dit moes uit die aard van die saak vir beide Alison en Thamm emosioneel dreinerend gewees het om aan die boek te werk.

Thamm vertel Alison se verhaal op ’n spannende, boeiende en eerlike wyse.  Die leser word nie die skrikwekkende besonderhede gespaar wat in detail beskryf word nie, maar die storie is terselfdertyd gestroop van melodrama en sentiment. Die feite spreek vanself.

Dis interessant hoe die verhaal in sekere hoofstukke ook deur die stemme van  Alison se vriende, familie, eksman, die ondersoekbeampte en die man wat haar lewe daardie aand langs die pad gered het vertel word. Dit bevestig baie van Alison se eie verhaal, maar bied ook ’n breër blik op haar as mens soos wat ander haar beskou.

Hoewel Alison as ’n sterk figuur beskou word, erken sy dat sy nie altyd so sterk gevoel het as wat sy uiterlik voorgekom het nie. Sy beskou haarself nie as ’n heldin nie, maar as ’n doodgewone vrou met wie die ongewone gebeur het. Sy het soms selfs soos ’n "bedriegster" gevoel  terwyl sy hierdie beeld aan die wêreld voorgehou het .

Sy skroom ook nie om van haar erge depressie en lusteloosheid ná die aanval te vertel nie. So het sy dan ook belangstelling in haar werk verloor wat eens haar trots was.

Een van die belangrikste aspekte wat in die boek aangespreek word is die feit dat sy die mite dat verkragte vroue met skuldgevoelens moet worstel, nek omdraai.

Hoekom moet slagoffers verantwoordelik voel vir wat gebeur het? Sy het nooit vir ’n enkele oomblik gedink die verkragting was háár skuld nie en dit ook nooit probeer wegsteek dat sy verkrag is nie.

Die laaste deel van die boek herinner wel aan ’n uitgerekte motiveringspraatjie, maar dit is seker te verwagte aangesien Alison ’n motiveringspreker is wat op een of ander wyse sin uit hierdie tragiese gebeure wou maak.

Hierdie boek sal baie verkragte vroue hopelik daartoe beweeg om nie gesiglose en swygsame slagoffers te bly nie, maar eerder die booswigte te ontmasker sodat die gereg sy gang kan gaan en hulle hopelik  met skuldigbevinding en vonnisse ’n mate van afsluiting kan kry.

Alison Botha en Marianne Thamm slaag daarin om ’n kragtige verhaal van hoop te vertel en hoe dit nie nodig is om diegene wat jou wou vernietig het mag oor jou te gee nie. Woede kan jou só verswelg dat jy nie die magic in die lewe raaksien nie. Jy is uiteindelik vir jou eie geluk verantwoordelik.  

The post Resensie: I Have Life: Alison's Journey, soos aan Marianne Thamm vertel appeared first on LitNet.

Boekresensie: Eet reg deur Zelda Ackerman

$
0
0

Eet reg
Zelda Ackerman
Human & Rousseau, 2016
ISBN: 97807981711274
Epub-ISBN: 97807981711281

Vetsug neem skrikwekkend toe in die wêreld, maar ook hier in Suid-Afrika - en dis veral ooglopend onder tieners. Hierdie boek wys hoe emosionele eet ontstaan en hoe om dit te voorkom. Eet reg is propvol gesaghebbende raad wat regtig werk. Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele eet en verwelkom 'n leeftyd van lekker  én gesond eet. Met resepte, eetplanne en sielkundig begrond.

Van die aspekte wat die boek behandel, sluit onder meer in hoe om jou kind te leer om negatiewe emosies gepas te hanteer; hoe om die optimale huis te skep vir die voorkoming van emosionele eet en oorgewig; hoe om jou gesin optimaal te voed; hoe om jou kinders te leer om lewenslank gesond en reg te eet en hoe om ’n kind wat reeds oorgewig is, te hanteer.

Die boek is ’n samewerking tussen Zelda Ackermann, ’n geregistreede dieetkundige, wat vir die tydskrif, Baba & Kleuter, skryf; en die gerekende kliniese sielkundige, Louis Awerbuck. Hy skryf in die voorwoord dat hierdie boek as ’n praktiese handleiding gesien kan word; dat die leser saam met die skrywer op ’n tog gaan.

“Gesien uit ’n gedragswetenskaplike oogpunt, word dit al duideliker dat ons emosies, waarnemings en optredes verweef is met ons fisiologie. Emosionele geluk het veel meer te doen met biologie, as wat meeste mense besef; en dit wat ons van jongs af eet, is baie nou daarmee verweef.”

Die boek begin by die begin: daardie dae wat jou pap baba net deur huil sy of haar ongemak of nood te kenne kan gee. Dit wys hoe jy onbewustelik jou baba met eetgoed beloon en ’n vetsugtige mens grootmaak. Dit leer jou hoe om die kind se seine reg te intrepreteer en nie net bloot kos aan te dra as jy raadop is nie. Tabelle wat seine op verskillende ouderdomme verduidelik, is baie handig.

Die nugtere waarheid en opsomming van elke idee, verklap sy aan die einde van elke hoofstuk onder die hofie,“Kernboodskappe”, ’n donkergrysblokkie wat uitstaan onderaan die bladsy.

Zelda skryf in die boek dat haar man, Christo, altyd by vriende groet met ’n steggie in die hand; daar altyd saadjies uit slaaibakke gebêre word; of klein boompies iewers in hul tuin ’n heenkome kry en dat die kinders hom soos skaduwees volg. Ook van gelukkige gesinsnaweke waar daar gestap, verken en in die dam geswem word. ’n Aktiewe gesin dus. En dis belangrik: al eet jy gesond en beplan jy jou maaltye goed; ’n aktiewe leefstyl is ook van kardinale belang en haar boek illustreer dit deeglik.

Ek dink die begrip wat die hele boek vir my opsom, is: “Liefde word nie geproe nie”. Daar is soveel ander maniere as kos om jou liefde vir jou kind tot uiting te laat kom. En as jou verweer onmiddellik is, maar dis ál manier wat jy ken, moet jy dadelik jou hande op hierdie boek lê en begin lees.

Jy voorkom dalk toekomstige diabetes in jou kind of jouself of jou lewensmaat.

Die handige hoofstukke 12 en 13 is praktiese wenke vir babas, kinders, ouers, oupas en oumas en onderwysers by skole. En die spyskaartbeplanning waarmee die boek afsluit, sluit selfs ’n inkopielys in.

Die boek is ook as handige e-boek beskikbaar, wat jy op jou tablet of e-leser kan lees.

The post Boekresensie: Eet reg deur Zelda Ackerman appeared first on LitNet.

Boekresensie: Tussen die klippe deur Hans du Plessis

$
0
0

Tussen die klippe
Hans du Plessis
LAPA, 2016
ISBN: 9780799379559

Die skrywer en etikus Bernard Schlink het na analogie van sy roman Der Vorleser weer opnuut die soeklig laat val op begrippe soos die reg, moraliteit, skuld, geheue en identiteit. Eksponente binne die interdissiplinêre studieveld, die rol van die reg in letterkunde, het begin om die narratiewe van die verlede te interpreteer vanuit die uitgangspunt dat die wandade van die verlede nie vergeet kan of mag word nie.

Skrywers hou hierdie morele geheue lewendig via ’n konfrontasie met die verlede (wat allegories in die metaforiese beskuldigdebank verkeer) op soek na boetedoening en vergifnis. Tussen die klippe is die fiksionalisering van historiese gebeure wat die outeur iewers in ’n argief raakgelees het. Dit is enersyds ’n toeganklike roman waarin die liefde seëvier; andersyds hou die verhaal ’n spieël van moraliteitsteater op na sy lesers – 'n spieël wat tydlose vraagstukke soos geregtigheid en waarheid betrek.

’n Dekade na die Groot Trek (1851) word Susanna Isabella Marais van sonde verdink. Die formele klag: Veelmannery en bedrog. Sy verskyn voor die Hof van Landdroste en Heemrade en hoofstuk op hoofstuk ontvou die verhaallyn naatloos en in soepel vertelstyl soos deur die onderskeie fokalisators waargeneem.

Die argetipe van die beeldskone, maar listige en gevaarlike vrou word geaktiveer. Dominee Johannes word deur die Weledele Kommissie uit die Kaapkolonie afgevaardig om hierdie "onwettige en onchristelike" egverbintenis te ondersoek.

Soos in As die wind kom draai ontgin Du Plessis aardse simboliek op ’n meesterlike wyse. So word die klippe eindelik die verkondiging van ’n tasbare liefde tussen mense, en die filosofie van die waarheid loop parallel met dié van die liefde. Aldus die wyse, maar ongeletterde Kornelius vorm die twee klippe van Moses die twee testamente, maar binne die sluitsteen van één verbond: die liefde van Christus.

In hoofstuk 19 word die stamvrugte wat Gysie moet gaan uithaal, ook simbolies vir die tieners se seksuele ontwaking, die verlies aan onskuld en die konnotasies met ’n verlore eden.

Die roman wemel van onthoubare en eenvoudige alledaagse waarhede. "Die waarheid dien die liefde – of dien die liefde die waarheid? Ek wens ek het geweet." (bl 167) En op bl 223 merk Susanna op: "Ek begin nou self dink my waarheid is ’n klomp leuens gelieg op soek na die liefde." Dominees Johannes begin langsamerhand besef dat die waarheid egter relatief en subjektief is: "So, kom ek nou agter, lyk die waarheid geskinder." (bl 240), asook: "Wat is die waarheid? wonder ek nog steeds. Is daar op aarde ooit ’n volle waarheid? (...) Elkeen het seker maar sy eie waarheid soos wat hy dit deur sy eie oë sien. Daarom is daar net een Waarheid." (bl 246).

Tussen die klippe is ekonomies verpak in 48 kort hoofstukke met ’n intrige en kleurryke karakters wat enduit boei. ’n Hoogtepunt is die aankoms en getuienenis van die formidabele Catharina Nortier. Die roman bied ook heelwat vir die fynproewer van goeie fiksie. Afgesien van natuurtaferele wat meermale die hofverrigtinge op ’n komiese wyse simuleer, is dit dominee Johannes se brief aan sy vriend Gous wat opvallende ooreenkomste met Paulus se sendingbriewe toon (bl 35) wat vir klein literêre juwele sorg.

Du Plessis lewer ’n goeie skeut kritiek op die bevoordeling van Calvinisme bó die uitleef van Christelike beginsels, daarom verlaat hy hom op die liefde vir God, die teenoorgestelde geslag en sy medemens: "Daar is dan maar net een liefde, en dit weet ek nou, is klip en ster." (bl 283). 

Hier is ’n roman uitgeknip vir ‘n lesing oor die rol van die reg in die letterkunde, ’n studieveld wat nog relatief braak lê binne die Afrikaanse literatuur. “Bylaag 2, die drie en dertig  Artikelen (1844)” as addendum tot die roman posisioneer die verhaal binne die reëele regspleging van 1851. Dit herinner die leser daaraan dat die hofsitting – hoé absurd dit mag klink in die oop natuur onder wildeseringbome en tussen bobbejane, voëls en vlakvarke – nog steeds ’n hof in die ware sin van die woord is.

Van hierdie roman sê Jeanette Ferreira die volgende: "’n Broos mooi liefdesverhaal, heerlik bevredigend vir die leser wat ’n gelukkige einde wil sien, maar tegerlykertyd geloofwaardig en nie opgedoen met deursigtige sentiment en onhaalbare ideale nie."

Hans du Plessis is ‘n gevierde digter, skrywer en akademikus en Tussen die klippe is sy tiende roman. Die outeur plaas met die historiese narratief dan ook 'n stuk Trekkergeskiedenis (met sy mengelmoes van identiteite: slaaf en vryburger, wit en swart, man en vrou) allegories in die beskuldigdebank. Dit word ’n verhaal wat vryspraak bied aan sy inboekelinge, beklaagdes, afgevaardigdes en uitgeloofdes –’n roman wat bevestig dat die mens wel deur die mag van vergifnis en liefde kan uitstyg bo ’n verlede gekontamineer deur wettiese vooroordeel.      

The post Boekresensie: Tussen die klippe deur Hans du Plessis appeared first on LitNet.

Review: Bearings by Isobel Dixon

$
0
0

Photo of Isobel Dixon: Izak de Vries

Bearings
Isobel Dixon
Modjaji
ISBN: 9781928215295

Bearings by Isabel Dixon displays the subtle elegance and finely tuned poetic sense which characterised her earlier three volumes. She uses source material such as that from her worldwide travels and from her family and other relationships to mine deep insights from surface observations and impressions, all the time conveyed through a poetic sensitivity that invites the reader to join with her.

The range of subject matter is wide. There are South African moments, memories of South African heroes murdered by apartheid agents or earlier in our bloodied history, reflections arising from a photograph of women in the leprosy hospitals on Robben Island. Her travels bring about poems from many parts of the world, from Japan, through the Middle East and Europe. She also pays her respects to friends and mentors in moving tributes.

What for me were the most enjoyable features of this collection are matters of poetic craft, rather than the subject matter. This is not to denigrate or belittle the subject matter or her treatment of ideas, but what excited me was the way she engaged with poetics to craft her poems. Her political poems, for example, work on the following basis: politics is in essence a “game”, if one understands the word as describing a rule-governed activity. The rules are the Constitution, the legal framework, and the conventions governing political actions. But Dixon engages with the political rather at a personal level, focusing on the people who control or are controlled by politics. Her poem about the Cradock Four (“Late Knowledge”) starts from within herself and her father, a teacher, and then expands to include another teacher in a town not far away from her, Matthew Goniwe and the other three members of the Cradock Four. She is making a personal point, but it is also powerfully political as well.

Another feature of her poetic craft is her use of minute observation of detail, which enables the reader to be drawn into the scene described. “Dubai Creek” is redolent with local detail: the “iftar fish”, the “wrung-out kurta”, “the sudden whiff of za’atar” – these details locate the evening wander firmly in Dubai and not just any anonymous waterside city. The same can be seen in the scary “ikizukuri”, especially the lovely but macabre phrase “the splash and thwack, thwack, thwack” which catches the three cuts allowed when serving ikizukuri fish. And again in “Pickings”, the minute detail of her description zooms the reader right into the heart of the matter.

The third feature which the collection displays is the quality of sound which Dixon creates. She has a finely tuned ear – for alliteration, strong and soft vowel sounds, and clashing phrases. The poem “Materiality” uses this device powerfully to signal transitions rather than narrative. Her use of enjambment assist the longer rhythms of her phrasing, especially in the long line poems which are so much more powerful for me than the short lines which she also employs, perhaps for different ends. Poems such as “Treasure”, “Dubai Creek” and “Seville Yellow” flow with grace and such cadence that you have to pause your enjoyment of that music to ensure that you engage with the sense of what is being said. And, in contrast, the poem “dead siege” does precisely the opposite – the lines are truncated and scattered visually across the page, mirroring the cognitive disjunctions of the physical experience of the Dead Sea with the intellectual awareness of the tortured history of that region.

Her awareness of words, their shape, features and connotations allows for the very powerful poem “Nouns”. The entire poem consists of nouns only, yet they carry the narrative of the poem cohesively and with effect. This stripping down to the barest essentials is often seen as essential in art (as opposed to the decorative or indulgent display of words) – it makes the point for other contexts as well.

Of particular interest to me were the seven double-page spreads which each presented four poem fragments or sections in which the poet examines a momentary thought, or impression, without in any way building them into a sustained or completed work. Yet each idea is strong and pointed, almost the way a throw-away line in conversation works far better than a fully coherent discourse. These pages work so well, both visually in their layout, and also in the impact they achieve.

I suppose that what impressed me most about the collection is the display by a poet in full control of both the art and the craft of poetry, revealing a keen mind and an insightful intellect, always light and sparkling, never plodding or ponderous, yet always touching on what is important.

 

The post Review: Bearings by Isobel Dixon appeared first on LitNet.

Boekresensie: Huilboek deur Ryk Hattingh

$
0
0

Huilboek
Ryk Hattingh
Human & Rousseau, 2016
ISBN: 9780798172493

Dit is nou byna 20 jaar sedert die publikasie van oudjoernalis Ryk Hattingh se Witskrif (1997). Die skrywer van onder andere ook Die tonnel (1984) en Ignatius Brand (1990) het Suid-Afrika teen die draai van die millennium verlaat en saam met sy gesin ’n nuwe nes in Nieu-Seeland gaan skrop. En soos Suid-Afrikaners al gesien het, kan uitgeweke skrywers dan vir ewig stil word, soos in die ingewikkelde geval van Peter Blum. Soms word hulle stem nog skerper en belangriker, soos in die geval van Elisabeth Eybers, wat tydens al haar jare in Nederland nog altyd in haar moedertaal gedig het. Laat ons ook nie vergeet van JM Coetzee nie, wat steeds romans skryf van waar hy ingeburger in Australië woon.

Hattingh se Huilboek is ’n outobiografiese novelle wat hoofsaaklik handel oor die verteller, Ryk, se emigrasie, maar ook terugdelf in sy herinneringe van sy grootwordjare in Benoni en sy dwelmverslawing wat bygedra het tot die besluit om Suid-Afrika vaarwel te roep vir die “twee ou eilandjies” wat “[ronddryf] soos twee drolle doer onder in die see” (64).

Die titel van die boek verwys na ’n voorval in die verteller se kinderjare, as ’n huilerige, “mislik[e]” seuntjie, toe sy ma vir hom ’n boekie gegee het waarin hy telkens ’n kruisie moes trek wanneer hy wou huil. Ofskoon dit vir ’n duidelik sensitiewe kind as afleiding moes dien, is dit dan die idee van die huilboek – dus treurmare, lamentasie en hartseer verhaal, maar ook lofsang vir die rykheid van menslike ervarings en herinneringe – wat struktuur aan Hattingh se novelle gee.

Jonger lesers sal dalk nie van Ryk Hattingh weet nie – enersyds weens die lang publikasiestilte wat op sy emigrasie gevolg het, en andersyds omdat hy nie ’n groot gekanoniseerde naam soos ’n Brink, Joubert of De Vries is nie. Oor die nietigheidsgevoel wat met ’n bewustheid van hierdie feit gepaardgaan, wonder die karakter in Huilboek dan

[of] iemand skielik gaan vra wanneer laas het julle ’n storie van Ryk Hattingh gelees en ai tog, hoe mis ’n mens nie sy alternatiewe, aweregse benadering tot dinge nie. Sy vreemde fiksies. En wat het in elk geval van hom geword? Laas het ek gehoor hy woon nou in Nieu-Seeland. Van alle plekke. Fokken cop-out as jy my vra. Wie het nou ooit gedink dat hy ’n glyer sal word? En fokken Nieu-Seeland! Jissis. Vervelig verby. (64)

Die liriese novelle is saamgestel uit ’n reeks episodiese spronge tussen die karakter se reeds genoemde grootwordjare aan die Oos-Rand, snitte uit die deurmekaar negentigerjare (waartydens die protagonis met ’n hewige dwelmverslawing worstel), asook vertellings oor sy aankoms en sy gesin se bestaan in Nieu-Seeland. Dit is heelwat om in 159 bladsye te verpak, maar Hattingh se verhaal vlot omdat die betrokke ervarings en herinneringe van die hoofkarakter dig met mekaar verweef word.

’n Afrikaanse ekspat-teks wat spesifiek handel oor landsverlating kan maklik in ’n moeë afskietery van Suid-Afrika ontaard. Vroeg al in die verhaal wil die leser amper dink dit is wat Huilboek inhou wanneer die karakter Ryk die clichéredes aanvoer waarom mense emigreer: “Die misdaad tuis, die geweld, die onsekerheid, die gebrek aan intelligente leierskap, die snelle Zimbabwefisering van alles, die ineenstorting van infrastrukture, die korrupsie ...” (17). Terwyl veral die gewelddadige misdaad Ryk en sy gesin se besluit tog beïnvloed, ontkom Huilboek aan afgesaagdheid omdat die verhaal die emigrasieproses vanuit die staanspoor problematiseer: Ryk en sy gesin is om verskeie redes vort.

Ryk se aanpassing in sy nuwe tuiste is moeilik, en om die vreemdheid te besweer en te voorkom dat hy weer in ou slagysters trap, moet hy sy verlede begin verwerk, soos wat hy hom verdiep in sy tuinwerk om sy nuwe huis. Die terugblikke op sy kinderjare verken sy verhouding met sy ouers (hoofsaaklik sy pa, wat skynbaar nie geskroom het om sy seun lyfstraf toe te dien nie) en ’n karakter wat tegelyk alomteenwoordig en afwesig is. Outa Toon was ’n tuinier in die diens van ’n jong Ryk se gesin wat ’n merkbare indruk op die seuntjie gemaak het. Soos die verhaal vorder, poog die karakter om lewe in sy herinneringe van hierdie man te blaas. Dit is deur hierdie verkenning dat die novelle daarin slaag om vreugde en hartseer realisties aan te bied. Ten spyte van die deernisvolle herinneringe aan outa Toon en die onvermoë om ’n wrede afgestorwe vader te verstaan, kan die karakter betekenis vind, al besef hy ook goed “[d]aar is nie ’n app wat die verlede ongedaan kan maak nie” (157).

Ryk Hattingh se Huilboek is ’n boek wat wys hoe ou herinneringe en nuwe ervarings gloedvol kan saamsmelt om ’n onopgesmukte verhaal te vertel. Mag hy nie weer so lank stil wees nie.

The post Boekresensie: Huilboek deur Ryk Hattingh appeared first on LitNet.

Resensie: Vloeibare middelpunt deur Martjie Bosman

$
0
0

Vloeibare middelpunt
Martjie Bosman
Protea
ISBN: 9781485305842

Martjie Bosman is geen onbekende woordkunstenaar nie. Sy publiseer reeds sedert die negentigerjare gedigte in literêre tydskrifte en van haar gedigte is ook in Nuwe Stemme 1 opgeneem. Bosman debuteer in 2002 met die bundel Landelik, waarmee sy haar merk op die Afrikaanse digkuns maak. Landelik is met die Ingrid Jonker-prys bekroon en is hoog aangeskryf deur resensente en literatore. In 2010 verskyn haar tweede bundel, Toevallige tekens. Opvallend omtrent haar eerste twee bundels is die klem wat Bosman plaas op die ekologiese tematiek en landelike milieu, wat in talle gedigte figureer.

Haar jongste bundel, Vloeibare middelpunt, het onlangs by Protea verskyn. Met hierdie bundel het Bosman ’n nuwe rigting ingeslaan en beweeg sy stelselmatig weg van die landelike milieu deur meer op die stedelike milieu as agtergrond vir die meeste van haar gedigte te fokus.

Die stadsmilieu word deur die buiteblad beklemtoon. Ryan Loubser se skildery van een van Pretoria se bekende bakens bevat talle sleutelelemente wat in die bundel aan bod kom. Die bekende ou Erasmuswoning (of liewer Erasmus Kasteel) op die hoek van Delmas- en Nossobstraat in Erasmuskloof, Pretoria pryk op die agtergrond met ’n verkeerstoneel op die voorgrond. Opmerklik is die kleure van die lug en lig wat as gevolg van ’n reënbui die allermooiste beweging in die skildery teweegbring. Die vloeibaarheid van die kleure in Loubser se skildery is gepas, aangesien dit ook by die titel van die bundel aansluit. Die frase vloeibare middelpunt dui op die kern van ’n objek/subjek waaruit iets vloei, hetsy dit die kern van ’n vulkaan is waaruit lawa vloei of op ’n meer figuurlike wyse die verwysing na die ontstaan van iets wat vanaf die kern uitbeweeg en die spreekwoordelike voelers uitsteek na die wêreld daar buite. So kan die subjek hom of haar ook in ’n vloeibare ruimte van tyd en plek bevind.  

Die bundel se motto is ’n aanhaling uit Friedrich Hölderlin se “In lieblicher Bläue blühnet” en lui: “… dichterisch wohnet/ Der Mensch auf dieser Erde”. Die klem in die aanhaling val veral op die “wohnet” wat dui op die aarde as woonplek van die mens en die mens se interaksie met die plekke waar hy/sy woon, hetsy positief of negatief.

Soos reeds genoem, figureer die stadsmilieu prominent in die bundel. Dit is veral die gedigte oor Pretoria wat opvallend is. Die derde van sewe afdelings word aan gedigte oor Pretoria as stad gewy.

Oktober

Daar was swaar reën in die nag
en vanmôre is die stad gehul in mis.
Soos tantes van vroeër, mollig en mild,
staan die jakarandas langs die strate,
hul koppe, vars gewas en ligpers ge-rinse,
na vore gebuig om die jongste nuus
oor en weer te fluister op die bries.

Die sesde afdeling bevat gedigte wat in die noordelike halfrond afspeel. Lande en plekke soos Cambridge, Oxford, Edinburgh, Ysland en Duitsland kom aan bod. Bosman se fyn waarnemingsvermoë as die reisiger-as-waarnemer is veral opvallend. Soortgelyk aan Hambidge in talle van haar reisgedigte beskryf Bosman die vreemde plekke as kontaksones waar die buitestander haar bevind. Weer eens vind die reismotief ook aanklank by die titel waarin die reisiger as deel van die vloeibare middelpunt beskou kan word – die reisiger-waarnemer is die subjek wat in beide tyd en ruimte oor selfs landsgrense heen beweeg. “Buitelander” (19) is in hierdie geval van belang en lewer kommentaar op die wyse waarop die skrywer-as-reisiger die onbekende ruimte binnedring en haar waarnemings in geskrewe vorm karteer.

Buitelander

Die besoeker is intens betrokke
by die wêreld buite die motorruit,
neem in die ry selfoonfoto’s
van die veld met koppies, rante,
grootvee, vervalle huise, hekke,
droë damme, spruite, padtekens,
groepe mense, winkelvensters;
vra vrae, lewer kommentaar,
probeer steeds sy jet lag afslaap,
laat hom tafelgebede welgeva,
maak van reisgenote vertolkers
van die vreemde land, vervreem
vir ons ’n oorbekende streek.

Oor Duitsland skryf Bosman:

Heidelberg, Duitsland

Saans na ete gaan stap ons, verwonderd
oor die lig wat nog lank oor die stad bly talm.
Die straat loop dood by die breë rivier
– donker, geheim, gevaarlik –
en ons swenk regs deur ’n deftige buurt
met smal tuine voor die dubbelverdiepinghuise
waar ligte een-een aanknip en ons onwetend
toelaat om af te loer: vername en huislike tonele
van tafels gedek met Arzberg en kristal,
wyn in die kleur van die stoffeersel,
onhoorbare gesprekke en dowwe gelag.
En meteens is daar die verlange na familie,
na iets ruimer en warmer, en ons word stil
en draai terug.

Lesers moet hulself nie deur die ooglopende eenvoud van sommige gedigte laat mislei nie. Bosman se spel met woorde is soos ’n goedgeorkestreerde simfonie van klanke en beelde wat die sintuiglike waarnemingsvermoë van die leser op kreatiewe wyse prikkel. Vanaf die programgedig “Oidipus” tot die laaste afdeling bied Bosman se bundel ’n ryk skakering van gedigte wat allerlei temas aanraak. Die gedigte is toeganklik en sal by ’n wye verskeidenheid poësielesers aanklank vind. Met hierdie bundel bou Bosman voort op die sukses van haar vorige bundels. Vloeibare middelpunt is ’n welkome toevoeging tot Bosman se oeuvre en die Afrikaanse woordkuns.

The post Resensie: Vloeibare middelpunt deur Martjie Bosman appeared first on LitNet.

Boekresensie: Verlorenkop deur Celesté Fritze

$
0
0

Verlorenkop
Celesté Fritze
Queillerie
ISBN: 9780795801068

“As jy met empatie kyk, is daar plek vir die voorgeslagte om vir jou ʼn borswering teen die lewe te wees,” vertel Celesté Fritze in ’n onderhoud oor haar debuutroman op LitNet (Meyer, 2016). Vir Jo, die hoofkarakter in Verlorenkop, word die voorgeslagte wel uiteindelik ’n borswering, maar nie sonder ’n moeilike en uitgerekte proses van selfontdekking nie – waartydens haar naam verander van Johanna du Plooy, na Jo Pieterse, na Joanne Peters en uiteindelik na net Jo.

Vir die jong Johanna raak alles in Suid-Afrika net te veel: haar familie, die politiek en die geheime wat sy met haar moet saamdra. Na ’n traumatiese seksuele ervaring verander sy haar naam na Jo, trou met Kerneels Pieterse en vlug na Vermont in die VSA waar Kerneels navorsing doen oor Alzheimers en Jo haar liefde vir perde op ’n perdeterapieplaas kan uitleef. Maar dit maak nie saak hoeveel keer sy daarvan probeer wegvlug nie, die waarheid haal haar tog telkens in: sy is ’n homoseksuele vrou. Hierdie realiteit leef met haar saam ook in die figuur van haar tante Christine, ’n sterk vroueboer wat herinner aan die formidabele Anna Petronella van Heerden (1887-1975),[i] ʼn baanbreker wat die beeld van Afrikanervroue betref. Die karakter van ta’ Christine leef voort in die dagboeke wat sy aan Jo nalaat, waaruit Jo oor jare heen die binnewerkinge van die Retief-familie leer ken. Die Retiefs het baie geheime gehad, geheime wat met ’n ysterhand beheer is deur die matriarg Delores Retief, Jo se oumagrootjie. Jo se woede oor die sondes van die voorgeslagte manifesteer in skuldgevoelens oor haar eie “sondes”: die vermoede dat sy as kind die eerste minister “doodgebid” het, haar seksuele verwarring, die dood van haar seun Benjamin, emosionele ontrouheid aan haar man, die feit dat haar dogter Christi die lewe van ʼn ekspat moet lei sonder dat sy dit self gekies het.

Die vroulike narratief van Verlorenkop bied ’n blik op die lotgevalle van en verhoudings tussen sterk vroue in die Suid-Afrikaanse konteks vanaf die begin van die 1900’s tot die hede by monde van verskillende vroue, spesifiek die Retief-vroue. Aan die begin van die roman verskaf die skrywer ’n stamboom sodat die leser tred kan hou met die verskillende verhale wat vertel word. Jo en ta’ Christine se lewensverhale word gelyktydig weergegee en die leser besef gou dat hierdie twee vroue se stryd dieselfde stryd is. Waar ta’ Christine se liefde vir Dina wreed beëindig word nog voor dit kon begin, kry Jo die geleentheid om na baie jare vrede met haarself te vind in ʼn verhouding met die joernalis Marga.

Wat die sterk boerevroubeeld betref, staan Verlorenkop in die tradisie van groot verhale soos Olive Schreiner se The Story of an African Farm en Marlene Niekerk se Agaat. Alhoewel die roman nie van dieselfde kaliber as hierdie werke is nie, is die aanvulling wat Verlorenkop tot die Afrikaanse romankuns bied veral gestel in die lesbiese perspektief op die plaasgegewe. Ta’ Christine is ʼn sterk lesbiese vrou wat haar lewe lank ʼn boerdery suksesvol bedryf, en selfs al vlug Jo na ʼn ander vasteland, is sy ook maar ʼn boer in murg en been. Haar perdeboerdery-aktiwiteite verloop vlot danksy die hulp van die enigmatiese Kath. Kath is die een wat Jo Joanne noem en haar ou geheime en vrese weer kom oopkrap met haar intense Argentynse oë. Die onrus wat Jo haar lewe lank dryf, kom eers tot bedaring wanneer Jo op die plaas Kleinfontein in die Karoo gaan boer ná Kerneels se dood. Saam met Marga maak Jo daar uiteindelik vrede met haarself en haar voorgeslagte.

Die tema van oudword en vergeet is een wat sterk in die roman na vore tree. Alzheimer se siekte is in beide Jo en Kerneels se families teenwoordig. Kerneels wy ook sy hele professionele loopbaan aan navorsing daaroor. Jo word as kind saam met haar seniele oumagrootjie Delores in die afgekampte blomtuin “weggebêre”, ʼn beeld wat in die proloog die verhouding tussen die voorgeslagte en die nageslagte op die voorgrond bring: “So kon die twee in hulle eie wêreld wees. Die een in die wêreld van voorkennis, die ander in die wêreld van nakennis ...” (12). Ta’ Christine se dagboeke bied verweer teen die aanslae van vergeet en bring ook die wêrelde van voorkennis en nakennis byeen. Ta’ Christine word so goed in hierdie dagboekinskrywings gekarakteriseer dat ʼn mens soms wonder of sy nie eerder die hoofkarakter moes gewees het nie. Die eerstepersoonsverteller wat in ta’ Christine se vertelling gebruik word, sou dalk die karakter Jo vir die leser ook meer toeganklik gemaak het.

Die titel van die roman verwys nie slegs na die Retiefs se familieplaas (Verlorenkoppe) nie, maar ook na ʼn soort oomblik, vertel Fritze in die onderhoud op LitNet: “Miskien is dit ʼn moment wanneer ʼn karakter besef sy het haarself ʼn onguns bewys: sy was te lank onder mensebeheer, sy het lank genoeg na die kerk, die skool, die (straight) samelewing, en die voorsate se pype gedans.” Dit is die moment wanneer sy haar ta’ Christine se blou jas met selfvertroue kan aantrek en kan sê: “Nee, ek is nie gepla nie ... Ek lê gemaklik tussen die skerwe van die glashuis. Die tewe lê by die tewe. Ek het die rubicon vir ons oorgesteek, ta’ Christine” (253).

Verlorenkop is ʼn verdienstelike debuut wat ʼn verhaal vertel wat interesseer en gemaklik lees. Dit dra by tot die verruiming van die tradisie van die plaasnarratief in Afrikaans deur spesifiek die lesbiese perspektief daarop oortuigend weer te gee.

Bibliografie

Meyer, N. 2016. Tien vrae: Verlorenkop deur Celesté Fritze. http://www.litnet.co.za/tien-vrae-verlorenkop-deur-celeste-fritze.

Viljoen, L. 2008. Nationalism, gender and sexuality in the autobiographical writing of two

Afrikaner women. Social Dynamics, 34(2):186–202.


[i] Anna Petronella van Heerden was die eerste Afrikanervrou wat as dokter gekwalifiseer het. Sy was bekend daarvoor dat sy vir vroueregte gestry het. Daar bestaan ook ’n baie sterk vermoede dat sy lesbies was. Van Heerden het na haar aftrede ʼn suksesvolle boerdery op haar eie bedryf. Daar het twee outobiografiese tekste uit haar pen verskyn. (Viljoen 2008:187)

The post Boekresensie: Verlorenkop deur Celesté Fritze appeared first on LitNet.


Resensie: Vroue van die Bybel deur Esté Geldenhuys

$
0
0

Vroue van die Bybel
Esté Geldenhuys
Lux Verbi 
ISBN: 9780796319630

Geldenhuys is ‘n bekende skrywer en radio-omroeper wat met die moed van haar oortuiging eerlik en sonder skroom evangeliese waarhede oordra. Hierdie waarhede is nie alleen op haar geloof geskoei nie, maar ook op haar kennis van die Bybel en haar beleë insig  en integriteit.

Die subtitel van hierdie boek, Vroue van die Bybel, is ... praat met ons vandag. Enige resensent staan deesdae redelik skepties teenoor die tientalle boeke wat die klem op vrouwees laat val. Hierdie boek is egter geen liggewig nie. Manlike lesers behoort dit immers ook interessant te vind. Dit handel ook nie hoofsaaklik oor vroue van die Bybel nie. Dis nie ‘n oproep om goed te voel nie, maar bevat wel ‘n ope uitnodiging om God in jou lewe toe te laat. Die boek gaan dan ook in die eerste plek om God, die Here van hierdie vroue en hoe Hy hulle behandel het en steeds die gelowige vrou benader en hanteer.

Die leser word bekendgestel aan ‘n verskeidenheid vroue van die Bybel van Eva tot die Hooglied-vrou. Die oogmerk is om die leser te laat leer uit die universele aard van die mislukkings én suksesse in die lewe van hierdie vroue. Die postmoderne leser, al sou hy/sy ‘n gelowige wees, mag dalk skepties staan oor die genoemde "iets te leer" uit hierdie vroue se lewens. Die moontlike lewenslesse hierin vervat is hier bepaald nie vol versiersuiker nie. Niks in die lewe van vroue soos byvoorbeeld Maria, die moeder van Jesus, of Maria Magdalena, die volgeling van Jesus, word eufemisties uitgebeeld nie.

God weet die wêreld is stukkend. Van Ragab die hoer, soos wat sy pront in die Woord genoem word, tot by die ewe promiskue Samaritaanse vrou bewys God dat hy die sondaar liefhet, al sou Hy die sonde haat. Vir God bestaan kultuur- en rasseskeiding nie. Hy vee dit plat meermale wanneer sy dissipels dink Hy fouteer.

So word dié vroue van die Bybel se geskiedenis kortliks vertel, maar met God se rol onmiskenbaar daarin verweef.  Na elke geskiedenis volg Geldenhuys dit op met ‘n kort (of soms langer) essay as nabetragting.  Dit op sigself is ook deeglik gedoen binne die beperkinge van so ‘n boek. Een van die beperkinge is vanselfsprekend spasie. Die ruimte binne so ‘n boek wat op die mark gerig is, laat dit nie toe nie. Al die geskiedenisse van hierdie vroue kan veel dieper en teologies meer solied aangebied word, maar die oogmerk van hierdie boek is om die leser bewus te maak van God se rol ook in sy/haar lewe. Daarin slaag die skrywer beslis.

Geldenhuys hou dwarsdeur die boek voet by stuk: Liefde is ‘n daad, dis nie woorde of emosie nie, en sy baseer hierdie standpunt op 1 Johannes 4:10-12. God het die mens eerste liefgehad en uit liefde sy Seun gestuur om  namens die mens ons sonde te dra.

Verder  lig Geldenhuys  telkens uit dat die Here, Jahweh, die groot EK IS, is. Naomi hou byvoorbeeld met haar hele wese vas aan God, al verklaar sy in haar ellende dat God se hand teen haar is. Haar onwankelbare voorbeeld lei daartoe dat Rut onomwonde verklaar dat haar skoonma se God ook haar God is (Rut 1:16,17). Geldenhuys vra dan ook die volgende vraag in die nabetragting van Rut se geskiedenis, en beantwoord dit terselfdertyd: “Wanneer is ‘n getuienis geloofwaardig? Sekerlik wanneer dit volhoubaar gelééf word...” (115).

Die boek is vlot geskryf en die skrywer is seker van haar saak. Geldenhuys probeer nie bekeer nie, sy getuig net. Sy vertel van wat was en wat is en altyd sal wees: Die mens se soeke na God soos uitgebeeld in die soms erg treurige en meermaal wonderbaarlike gebeurtenisse in die lewens van hierdie vroue van die Bybel.

Op ’n punt van kritiek: Die skrywer sê soms te veel. Byvoorbeeld op bladsy 211: “Maria het die beste keuse gemaak. Kom ons volg haar voorbeeld”.  Die “Kom ons volg haar voorbeeld” kon maar gebly het. Dit is ‘n gevolgtrekking wat die leser werklik self maak.

Ander voorbeelde van woordrykheid kom ook voor, byvoorbeeld op bladsye 218 en 219, waar herhaaldelik gevra word wat die leser vandag behoort te doen. Die hele wese van die boek (al verwys dit na gebeurtenisse van duisende jare gelede), is immers gerig op vandag se probleme, want universele probleme bly dieselfde. Dit  bly net ‘n kleinigheid in ‘n boek wat baie lesers sal raak.

The post Resensie: Vroue van die Bybel deur Esté Geldenhuys appeared first on LitNet.

Boekresensie: Moordlys deur Henk Breytenbach

$
0
0

Moordlys
Henk Breytenbach
LAPA
ISBN: 9780799380248

Misdaadfiksie as genre vier tans hoogty in die Afrikaanse letterkunde. Deon Meyer het die bal aan die rol gesit en sedertdien kan lesers nie genoeg van hierdie tipe romans opslurp nie. Terselfdertyd het talle debuutskrywers die skrywersmark betree en het sommige reeds hul merk gelaat. Skrywers soos Deborah Steinmair, Bettina Wyngaard en meer onlangs Irna van Zyl met haar roman Moordvis (interessante woordspeling tussen die titels) sluit hul by Meyer aan en laat lesers behoorlik tou staan om die jongste misdaadroman te verslind.

Henk Breytenbach is reeds aan lesers bekend vir sy debuutroman Kodenaam Icarus. Soos met Meyer se Bennie Griesel-karakter, maak die hoofkarakter van Kodenaam Icarus, Vic Nel, weer sy verskyning in Moordlys. Vic Nel is die toonbeeld van die deursnee Afrikanerman in sy middeljare. Soos in die geval van die meeste Afrikanermans wat tydens die apartheidsbewind in die veiligheidsmagte gedien het, worstel Vic met spreekwoordelike spoke uit die verlede wat eenvoudig nie wil verdwyn nie. Sy geheime verlede het hom sy gesin en sy loopbaan gekos. ’n Video op YouTube dreig om al die ou wonde weer oop te krap.

Die roman skop af met ’n moordtoneel wat die leser onmiddellik nuuskierig laat. Een van die kenmerke van ’n suksesvolle misdaadroman is immers dat ’n lyk in die eerste paar bladsye opduik. Breytenbach het hierdie wenresep doelgerig gevolg. Die leser maak kennis met die moordenaar genaamd Felix. Felix se motief agter die verskeie moorde wat in die roman gepleeg word, bly egter onduidelik tot en met die slot wanneer die sluier gelig word. Maar is dit Felix wat die moorde pleeg? Of skuil daar meer agter hierdie geheimsinnige individu?

Vic Nel bevind homself midde in ’n drama by die werk. Hy word oornag ’n internetsensasie wat dreig om sy geheime verlede aan die klok te hang. Sy foto verskyn boonop op verskeie moordtonele en daadwerklike optrede is nodig om sy identiteit te beskerm. Die vraag is egter hoe hy dit gaan vermag.

Moordlys opper talle vrae wat verband hou met die werk van agente wat in die voormalige Nasionale Intelligensie-agentskap gedien het. Die val van die Berlynse muur in November 1989 het gelei tot drastiese politieke omwentelinge reg oor die wêreld. Met die beëindiging van kommunisme in die voormalige Sowjetunie het talle politieke veranderinge ook in Suid-Afrika plaasgevind wat tot die eerste nierassige demokratiese verkiesing in 1994 gelei het. Breytenbach fokus in die roman hoofsaaklik op diegene wat agter die skerms geheime opdragte vir die apartheidsregering uitgevoer het. Die Waarheids- en Versoeningskommissie en die rol van amnestie vir politieke misdade kom ook aan die bod. Die vraag rondom kollektiewe skuld word sodoende geopper. Wie moet vir die voormalige regering se misdade blameer word? Die regeringslui of die individu wat bloot instruksies gevolg het?

Tesame met die joernalis Linda word die leser op ’n speurtog van Pretoria tot in Kaapstad geneem. Met die lyke wat begin opstapel en Vic se geheime verlede wat enige oomblik openbaar kan word, word daar ’n verbete stryd gevoer om die moordenaar op te spoor. Vic en Linda se omswerwinge lei tot allerlei interessante kinkels in die kabel. En alhoewel Patricia die liefde van Vic se lewe is, probeer die wulpse Linda haar allerbeste om Vic te verlei. (Of sy daarin slaag, sal die leser maar self moet uitvind …) Wat is ’n misdaadroman as daar nie ’n paar stomende liefdestonele is nie?

Moordlys as spanningsroman is ’n welkome byvoeging tot die genre. Breytenbach bou hiermee voort op die sukses van sy debuutroman. Hierdie roman is sonder twyfel een van daardie wat jou deurnag aan die lees gaan hou.  

The post Boekresensie: Moordlys deur Henk Breytenbach appeared first on LitNet.

Resensie: die na-dood deur Breyten Breytenbach

$
0
0
nadoodresensie650

Breyten Breytenbach (foto: Naomi Bruwer)

die na-dood
Breyten Breytenbach
Human & Rousseau
ISBN: 978079817246

Breyten Breytenbach se jongste bundel, getiteld die na-dood (2016), verwys na die naderende dood, of “nabydood”, soos die digter in ’n voetnota op bladsy 150 aandui. Die titel vertel in die gelyknamige gedig van “drome/ van reise na wat nie/ gemeet kan word nie”, wat die tydperk ná die dood impliseer.

Die dood verkry konkrete gestalte in die elegiese verse, opgedra aan Tomaž Šalamun, getiteld “by die heengaan van Tomaž Šalamun, 27 desember 2014” (18–20), en André P Brink in “en skielik is dit stil (André, 7 Februarie 2015)” (32–3). Die dood van tydgenote bring ’n verskerpte bewustheid van verganklikheid vorendag, wat die digter soos volg in “klaarmaak” (189) verwoord:

ek het nog nie die bittersoet begin
drink wat my dood sal maak nie
maar die wind bring berig
dat die reis al te lank is
dat te veel mense in my geheue
moes sneuwel ...

Deur die digter se vernuftige woordwerk verkry die leser ’n begrip van die betekenis van die dood, soos die digterlike alter ego Woordvark in “die na-einde” (202–4) vir die vrou en die kind sê:

... dis tog net ’n oomblik
wat vir ewig duur.
moenie kyk nie.

In “die besoek” (34) word die ewigdurende doodsoomblik tydelik opgeskort, soos die spreker sy gestorwe moeder, “Ounooi”, op die stoep hiér by die katjiepieringbos aantref:

... o Ounooi Moederdogter
hier is jy dan nog hiér deur donkerte tydverbleik
in die katjiepieringbos by die stoep
se wit geur onsterflikheid.

Om gedagtig te wees aan die hier-wees loop soos ’n goue draad deur Breytenbach se digterlike oeuvre. Die motto van die bundel, “behier my hart, behiér –/ en laat wat buite is bedaar”, ’n fragment aangepas uit die gedig “kolkstilte, Kersfees 2015” (100–1), wil juis ’n oomblik van stilte, van gedagtig-wees, skep.

Maar hierdie gedagtig-wees veronderstel nie ’n apatiese houding ten opsigte van die wêreld “daar buite” nie; inteendeel: om gedagtig te wees, beteken om te onthou “van duisende naastes wat niks meer het nie”, van “stede in puin/ tussen koningsrotte gemartelde lyke”, “’n oomblik van weet/ ons vernietig die planeet”, “net ’n stilte-stil oomblik/ se onthou van krippe en kruise en krotte/ en krete en karkasse”:

behiér, hart – behiér:
laat wat buite is bedaar
in ’n oomblik van stilte
tussen stilte en stilte.

Die bundel bestaan uit ses afdelings. In afdeling 1, “onder sterre se gewig”, is ’n hoogtepunt Breytenbach se vry vertaling van die Marokkaanse digter en skrywer Abdellatif Laâbi se gedig “J’atteste”, wat na aanleiding van die terreuraanslag op Charlie Hebdo in Parys geskryf is. Breytenbach se vertaling hiervan, “hierdie woorde, ’n nederige gebed dat die barbarisme nie hoop ook sal vermoor nie” (12), weerspieël die soeke na menslikheid wat Breytenbach se digkuns kenmerk:

ek getuig net hy wie se hart bewe
van liefde vir die medemensmense
sal méns kan wees
net hy wat vuriglik méér vir hulle
as vir homself wil beding ...

’n Groot aantal gedigte handel oor die digkuns self. Wanneer die gedigtitels van die eerste afdeling gelees word, kom die leser dadelik tot die besef dat die verse oor woorde, gedigte, die digter – kortom, oor die digkuns – gaan. Die programgedig “opsomming” (11) is self ’n poëtikale gedig wat die paradoks belig van die “hoedanigheid van digter te wil wees”:

hoedanigheid van digter te wil wees
(behalwe die danigheid dan met woordself)
is om te laat deurskemer
dat daar dit is wat nie gesê kan word nie
en buite en agter die kadansdansery
val soos verkluimde trekganse in die sneeu.

Ten spyte van die paradoks hou die digter vol met sy soeke na “hoedoenige/ van daardie dit wat nie bestaan nie” en neem die persona van (onbeholpe) “ekdigter” aan:

ekdigter: die voëlverskrikker
wat iewers tussen die woorde
woer-woer om te kan vlieg.

Die titel van “gedigmaak gedig” (29) laat sien die wyse waarop Breytenbach reeds geskrewe gedigte gebruik vir die skryf van nuwe gedigte, met die gevolg dat sy gedigte voortdurend met mekaar in gesprek is. Die slotkoeplet van “gedigmaak gedig” neem hierdie verskynsel soos volg saam:

dat die gang en samesang van ooreenkomste
mag ontstaan en aan mag gaan.

In “en die wêreld het met my gepraat” (44), word Afrikaans as die medium van die gedig onder die loep geneem. Hierin vermeld die spreker op humoristiese wyse dat dit moontlik beter sou wees indien “die wis en die onwis” vir hom in “Mandaryns” uitgelê was –

en die wêreld/die skepping/die kosmos
het met my gepraat in Afrikaans
en ek het gesê:
no comprende, please don’t speaka dog
wiz mich –

[...]
is dit dan nie diep bevredigend
om die laaste duisternis van jou asem
te mag mond in Afrikaans nie,
ondankbare hond!

Die tweede afdeling, getiteld “oggendboek”, skep die idee van ’n dagboek, met die gedigte wat voorsien word van ’n dag en datum as titel. Die gedig “Maandag 25 Augustus 2014” (65) is ’n voorbeeld van voorgenoemde “gedigmaak gedig”, waarin Breytenbach se bekende “Blomme vir Boeddha” in die ysterkoei moet sweet (1964) gebruik word as inspirasie vir ’n nuwe gedig. In “Maandag 25 Augustus 2014” word die oorspronklike “(ek)”, vervang met die digterlike personasie, die ou gek, of “(jek)” wat voortaan in ander gedigte in die na-dood optree.
Een van die dagboekgedigte, “die bedenkeling” (98), word ook voorsien van die tyd wanneer die gedig geskryf was: “16 September 2015, 5.30”. Die leser wat bekend is met Breytenbach se oeuvre sal dan ook weet dat hierdie gedig deel uitmaak van een van die digter se “verjaarsdagverse”, waarvan ook “die herfspampoen” (168–9) in afdeling 5 en “Die klippampoen” (173–5) in afdeling 6 voorbeelde is.  

Die derde afdeling, “Lumen Obscurum”, word ingelui deur ’n motto van Marlene van Niekerk:  “Mens word tog net oud en gaan dood,/ jy kan net sowel begin koer.” Met die oudword in gedagte, tree die digter in “laatwerk” (128) in gesprek met die akademikus Helize van Vuuren se begrip laatwerk, ontleen aan Edward Said se boek On late style (2006). Die gedig openbaar die wyse waarop die kunstenaarsaktiwiteit al hoe vryer word namate dit later word in die lewe – vergelyk die eerste strofe:

wanneer dit laat word in die lewe
en die aandstér reeds teen die dalende dag
se skuinstes bewe
soos ’n hartklop
is elke kwashaal vry
elke woord onbesonne los
van sin en sinne se dop.

’n Paar Engelse gedigte, byvoorbeeld “Gorée, 17 March 2015” (71), “(‘Jesus says’)” en “here is what I know” (201), word in die bundel aangetref. Dit is ook interessant om te sien dat die gedigte in afdeling 4, getiteld “kwartels in die loekwartboom / quails in the loquat tree”, in beide Afrikaans en in Engels geskryf is.

Die foto’s tussen gedigte, byvoorbeeld van die volmaan bo die heuwel ter inleiding van afdeling 4, het sedert die verskyning van Katalekte (2012) ’n meermalige gebruik in Breytenbach se bundels geword. Vergelyk byvoorbeeld die aanwysing van die woorde in “Die klippampoen” (173–4) en die foto van Breytenbach langs die pampoen in Lissabon: “... intussen kiek ek ’n prentjie van jou hier op straat in Lissabon langs die abobora in die winkelvenster dis Portugees vir pampoen met ’n strepie op die eerste o.”

Langer prosaverse wat herinner aan dié in Katastrofes (1964), kom voor in afdeling 5, “Hartkrake”, met die onderskrif “(betragtinge en ander gelykenisse uit die fragmentarium van ’n oorledige self)”. ’n Versetgedig getiteld “(gemeentebrief)” (149–50), wat vermoedelik in die sestigerjare geskryf is, word as die openingsgedig van hierdie afdeling gebruik.

In “Parys, 9 Januarie 2015” (152), die datum van die terreuraanslag op Charlie Hebdo in Parys, bring die spreker ’n relaas na vore wat die blindheid van fundamentalisme in ’n gedistansieerde, reportage-styl bespreek: “Spotprenttekenaars – obseen, wrede maar skerp draakstekers – word afgemaai as simbole van kritiese denke.”

Afdeling 6 is getiteld “Die singende hand”. In die openingsgedig, “Die klippampoen”, word “Die fascistiese pampoen” geparodieer, en die storiegegewe, van die man met die begeerte om ’n pampoen vir sy verjaarsdag te koop, in die konteks geplaas van ’n man wat beveel word dat hy nie meer mag verjaar nie:

Ek ken daardie rympie goed het die vrou hom in die rede geval. Jy kan maar vergeet van jou tjomme en gabbas en tjaainas hulle is almal bokveld toe. Jy moet nou probeer ophou verjaar. Jy moet nou ophou probeer verjaar het sy verder getroos.

Die gedig “aak” (187) keer weer terug na die woordwerk van “ekdigter: die voëlverskrikker” in die openingsgedig:

aak aak kô-klok aak
digter het ’n vers gemaak
vers verveel het aan gaan teel
veel foeifaai veels te veel:
en oral nou die verstopte kloaak.

In die twee laaste verse van die bundel, “die na-einde” (202–4) en “die na-dood” (205–7), word slotopmerkings oor bestaan en vergaan gemaak, die mens en die landskap, “met hierdie verse vaag geteken in niet se skynsel”.

In die ses afdelings van die na-dood kom bekende leitmotiewe van Breytenbach se werk opnuut weer aan bod: die digterlike alter ego’s soos Jek, Bill en Woordvark, die parodieë van verse, sintuiglike waarneming van plekke, die nuwe wending van sy verjaarsdagverse, die in gesprek tree met intertekste. Dit is egter ook die belangrike uitsprake omtrent sy interne poëtika, sy innige gesprek met die leser, sowel as die verbluffende verstegniese aspekte van sy werk, wat Breyten Breytenbach se meesterskap bevestig.

gaan gaan
oorkantoewer gaan
klaar oorkantoewer vergaan

o vreugde ontwaak.

The post Resensie: die na-dood deur Breyten Breytenbach appeared first on LitNet.

Book review: Writing what we like: A new generation speaks, edited by Yolisa Qunta

$
0
0

Photo of Yolisa Quntu: https://www.andtheplotthickens.com

Writing what we like: A new generation speaks
Edited by Yolisa Qunta
Tafelberg, 2016
ISBN: 9780624071808

For a white person, reading Writing what we like: A new generation speaks might feel like gatecrashing a party where some ugly truths will be revealed about you. Provocative and penetrating, Writing what we like is a difficult book to review when you happen to be white, because one feels that one should not be talking at all, but listening only. One is torn between possible accusations of one’s own “intellectual arrogance” and the need for dialogue. And yet, a way to disrupt entrenched ways of thinking and to establish connections across barriers imposed on us by a turbulent and harrowing history is to try to imagine ourselves into the skins of others. That is where creativity and empathy begin – in writing, reading and interpretation – where we cease to view ourselves in any other categories but human. The ultimate goal is understanding, coupled with compassion. Everything else will follow from there.

If there ever was a timely book, Writing what we like is definitely it. It is the brain child of Yolisa Qunta, who over the period of the past two years interviewed and collected essays written by her fellow young black South Africans for this remarkable publication. Only a few of the pieces first appeared elsewhere.

Qunta was concerned about the “dearth of books” published by her black peers and felt “duty-bound to record” their lived experience of transformation. She hopes the book will “help to shape the debates currently taking place in the workplaces and the bars, and over dinner tables ekasi and in suburbs across the country”.

Twenty-four contributors deliver twenty-eight pieces ranging in topics from hip hop and Rhodes Must Fall to Nkandla and BDSM. Unfortunately no biographical notes about the authors were included in the collection.

The volume represents fascinating and incisive slices of contemporary life in South Africa. Several themes are tightly woven into the fabric of the book: disillusionment, economic injustice, frustrations of the young, and their dreams and hopes, their confrontation with reality, often resulting in despair at the lack of opportunities. In “The gift of hope”, Thando Ntoi writes: “Freedom means different things to different people. For me, it is the ability to live my life with hope.”

Writing what we like is subdivided into six sections. In “Different shades of black”, authors interrogate privilege, the job market, identity and gender. As Seitiso Ntlothebe notes, “The only way to sort out our problems in South Africa is by acknowledging the elephant in the room. By ignoring it, those whose progenitors travelled to our shores for the sole purpose of pillaging do not have to feel uncomfortable about their wealth. Why do we keep up the pretence that all is well in South Africa?” Struggling to find employment beyond endless offers of internships which lead nowhere, Ntlothebe writes about having to survive on only the “crumbs” of the “cake of hope” baked in 1994.

In contrast, Thando Ntoi finds herself in the enviable position of being able to quit her job when it no longer fulfils her because she is financially secure enough to do as she pleases. For her, the country has become “a place where self-actualisation is a real possibility”. But she knows what sacrifices people had to make in order for her to feel this way, and she is aware of other pitfalls women face in the contemporary world, like “intimate femicide, the killing of women by their partners”.

In the section titled “What we have struggled for”, authors confront the topics of reconciliation and reparations, upliftment of rural communities, feminism and racism: “As black South Africans, we need to admit that we are angry and have every reason to be,” writes Qunta. In “Spider’s web” Qunta speaks of “the affliction of always wanting to do the right thing. Even though I could not articulate what it was, something about the carefully packaged transition from apartheid to freedom through Codesa and the Truth and Reconciliation Commission’s all too brief attempt at being a Band-Aid rankled me.”

What strikes me most about many pieces in the collection is that the authors are not afraid to voice even the vaguest of feelings, because very often that is where our greatest knowledge lies – in intuition. Only the brave can follow its lead. While we struggle to define our identities, find a language that best expresses them, we are still groping for answers. But even if not everything can be articulated at once, the texts included in this book make one think and reconsider, and that is what counts. There is a palpable signal for a need to engage, and there are no sacred cows in this collection. Several writers have no problems with tackling and redefining images and meanings of Mandela’s legacy and talking about the failures of the transformation process. It becomes obvious how colonialism has eroded traditional African values and community structures. The remaining reality is clearly difficult to negotiate for all concerned. Authors interrogate privilege, the expectations placed on them by their families and the resulting pressure to make it in previously inaccessible working environments.

The section “Romance in the time of freedom” includes stories about dating below one’s own income bracket, lobola negotiations, and what it means to be a sub in South Africa. “It’s not only annoying that being a sub is now associated with that badly written book that’s soaked in abuse, but it targets people who are going through what we call a sub frenzy,” writes Tshegofatso Senne about the Fifty shades of grey phenomenon. She warns: “Putting yourself in harm’s way by making yourself vulnerable to someone who doesn’t know what the fuck they’re doing, however, is a problem – one that becomes serious when the person to whom you relinquish control cares more about his or her pleasure than your comfort.” She continues: “In a nutshell, I want people to have the sex and get the love they deserve.”

Deadly serious or humorous, the texts reveal the complexities of our social tapestry. In “Mergers and acquisitions” Owethu Kheli talks about the costs of lobola in the modern day and age: “At one stage, I considered going to the house next door to find a wife instead. Or marrying a white woman, whose dad would have the pain of funding a lavish wedding with no lobola.”

“Seeking enlightenment” encompasses essays about untold histories, language as a basis for “re-imagining Africa”, belonging, and transformation at universities. In “White supremacy vs transformation” Siphokuhle Mathe writes about denial of white privilege and how discrimination is “sanctioned by institutional culture”: “Privilege allows you to skirt the issues while pain of the marginalised demands to be felt.” In “The post-apartheid colony: Rhodes must fall”, Mathe depicts the key events of the movement which began at UCT and exposes the multifaceted nature of its development, being constantly aware of the need to remain critical of what transpires.

Writing about identity and belonging, Sentletse Diakanyo states that the “term African refers predominantly to a racial identity and goes beyond the sentimental claim that being born in a certain geographical location – somewhere on the African continent – makes you African … The claim that we are all Africans because Africa is the cradle of humankind is also absurd: people in the rest of the world do not refer to themselves as Africans” (“Defining ourselves”).

“Comic relief” comprises Loyiso Gola’s take on Nkandla and Qunta’s observations about taxis in South Africa as well as her Q & As with David Kau and Sivuyile Ngesi. In other parts of the collection, Qunta also writes about her reasons for not wanting to participate in the activities of Mandela Day, and her experiences of dating “to find a husband”.

The last section of the book, “Thinking beyond privilege”, includes Ilham Rawoot’s story about the failures of the Cape Town Partnership to include all concerned citizens in the debate surrounding projects related to the World Design Capital campaign. Sibusiso Tshabalala addresses the language policies which marginalise people in broadcasting, Fezisa Mdibi talks about sexuality, sex and HIV, and Haji Mohamed Dawjee, asking why people can walk their dogs but not their children, writes about the lives of domestic workers and their employers.

These are all vital topics and it is clear how crucial it is for debates around them to continue. As Lwandile Fikeni states, “[R]ealities are forever shifting; at times, they appear not to be as black and white as one would like them to be.” I would welcome a collection of this kind every year or two. Highly informative and of great relevance to the way we see ourselves, Writing what we like might be the beginning of an important tradition. And perhaps one day there will be no need for exclusion. Qunta sounds a warning: “This is why we need to work overtime to fix this broken system – or be swept away in the coming tide.”

The post Book review: Writing what we like: A new generation speaks, edited by Yolisa Qunta appeared first on LitNet.

Boekresensie: Goud kan nie roes nie deur Paul-Constant Smit

$
0
0

Titel: Goud kan nie roes nie
Skrywer: Paul-Constant Smit
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
ISBN: 9781485903253

Goud kan nie roes nie is die skrywer se debuutwerk. Die hoofkarakter, Con Slaughter, is 'n regte Chuck Norris (wat sy skoenveters met sy voete vasmaak, en dies meer): bobaas vuisvegter, rewolwervegter uit die Amerikaanse Wilde Weste, entrepeneur, goudmagnaat en 'n paar ander dinge.

Die verhaal begin met die koningin van Skeba (998 vC) en spring dan na die vroeë goudvelde aan die rand (1883).  Tussendeur bring Slaughter lang tye met 'n Boesman en 'n swart man deur. Hulle beleef saam avonture en voer diep gesprekke wat insig in hul kulture gee.

Die leser kry ook wat waarskynlik aan hom onbekende, maar niefiktiewe, insigte is in die ontdekkingsreisiger Vasco de Gama se wrede gesagvoering oor sy skeepslui.

Die ontdekking van dagboeke uit die antieke tyd en Skeba se ekspedisie na Suider Afrika lei tot Slaughter se ontdekking van die eerste goudneerslag en sy rykdom wat daarop volg. 'n Komplot tussen Engeland en Duitsland wat die geskiedenis kan verander en die rol van die kanselier Otto von Bismarck maak ook 'n deel van die avontuurverhaal uit.

Die skrywer se goeie beskrywings van pistool- en vuisgevegte – 'n kuns wat die hoofkarakter in Amerika en van 'n Chinees aangeleer het – lees oortuigend, al is dit dalk net vir iemand wat nie oor die kennis en insigte beskik nie.  

Die verteller se aaneenstrengel van gebeure en die manier waarop ou geskiedenis en nuwe storielyne telkens ingevleg word, vertraag dikwels die pas en maak dit nie 'n maklike boek om te lees nie. 'n Mens kry 'n paar keer die indruk dat Smit met sy eie teks verdwaal het en dat die geskiedenis in die pad van die verhaal se verloop staan.  Daar word aan die begin klem gelê op die koninging van Skeba se persblou oë. In die verhaal trou Slaughter met twee susters nadat hy een van hulle in 'n poskoets-rooftog gered het. Hulle het dieselfde persblou oë, maar die leser soek vergeefs na hul moontlike verband met die koningin van Skeba.

Die verhaal eindig ná grepe uit die Anglo-Boereoorlog en Slaughter se waarskuwings dat die Boere 'n slagting gaan beleef. Ten laaste voer hy 'n gesprek met Paul Kruger in Nederland.

Dit is 'n dik boek (421 bladsye) wat 'n beter produk kon gewees het met 'n dikte van 300 bladsye. Dit sal dalk help as die leser met die deurlees aantekeninge maak wat hom sal help om die storie te volg. As die spanningslyne of verloop nie volgehou word nie, kan 'n boek heeltemal misluk, maak nie saak hoe goed die onderdele nagevors is nie. En navorsing wat te duidelik wys, is soos 'n swart bra by 'n wit bloes. Dit is nogal dikwels die probleem by historiese verhale en 'n fout wat goeie teksredakteurs moet raaksien. 

Ja, Goud kan nie roes nie, maar ongelukkig word hierdie resensent gelaat met die gedagte dat alles wat blink nie goud is nie.

The post Boekresensie: Goud kan nie roes nie deur Paul-Constant Smit appeared first on LitNet.

Boekresensie: Fragmente uit die Odusseia van Homeros, vertaal deur Cas Vos

$
0
0

Fragmente uit die Odusseia van Homeros
Vertaal deur Cas Vos
Cordis Trust
ISBN: 9781485306054

Wanneer literatore ʼn kanon van Westerse literêre werke probeer saamstel, is daar altyd verskil van mening oor wat moet inkom en wat uitgelaat moet word. Maar oor twee werke is daar selde of nooit 'n verskil van mening nie – die Ilias  en die Odusseia, die twee grootse eposse wat aan die Griekse digter Homeros toegeskryf word, moet in wees.

Gelukkig het ons in Afrikaans twee vertalings van albei werke: ʼn brongetroue vertaling deur JPJ van Rensburg (1963) en ʼn vryer vertaling van fragmente uit die Ilias en die Odusseia deur Cas Vos. Laasgenoemde het onlangs verskyn.

Vos skryf ʼn uitvoerige en insiggewende inleiding in sy Fragmente uit die Odusseia  van Homeros waarin hy onder andere uitbrei oor sentrale temas in die Odusseia: eensaamheid, wanhoop, liefde, verraad, wraak en vernedering. Hy wys daarop dat ʼn stemming van heimwee onderliggend aan al die gebeure is, en toon dat gasvryheid en eerbaarheid kernwaardes in die epos is. Die reis van Odusseus, verklaar hy, is ʼn verhaal waarmee die moderne leser hom volledig kan vereenselwig: "Die reis met al sy bedreigings en gevare, ontnugtering en teenspoed, en die heimwee van Odusseus skuil ook in die hart van die hedendaagse mens" (p 12).

Die skrywer bespreek ook in die inleiding die enorme invloed wat Homeros se Odusseia op latere skrywers uitgeoefen het. Een so ʼn skrywer is James Joyce, wie se Ulysses deur baie gereken word as die invloedrykste literêre werk van die 20ste eeu. In hierdie roman word die verhaal van die Odusseia getransponeer na die hedendaagse Dublin, en die gebeure word gekonsentreer tot ʼn enkele dag.

Ook op die poësie het Homeros se epos sy neerslag gelaat. Vos haal enkele Afrikaanse gedigte oor Odusseus aan: "Ithaka" van Breyten Breytenbach,  "Odysseus ruik moer" van DJ Opperman en "Skottelgoed (sikloop)" van Adam Small. Verder word twee pragtige gedigte oor Odusseus mooi deur Vos vertaal: Konstantinos Kavafis se Griekse gedig "Itháké" en Alfred Tennyson se "Ulysses".

Ten slotte besin Cas Vos oor die probleme van die vertaler en motiveer hy die keuses wat hy gemaak het. Hy het die 24 boeke waarin die epos oorspronklik verdeel is, behou, maar elk van die boeke taamlik drasties verkort. Hy wou naamlik die spanningslyn versterk deur die weglating van dele wat volgens hom te omslagtig is en onnodige herhalings bevat. Omdat dit so moeilik is om die Homeriese versmaat in Afrikaans oor te sit, het hy besluit om die Afrikaanse vertaling in prosa weer te gee. Sy ideaal word as volg gestel: "Afrikaans is ʼn vasmeerplek waar die Griekse skip met sy Odusseia  aan boord 'n tuiste op Afrikaanse bodem vind" (p 46).

Tereg haal die vertaler die bekende spreuk aan: "traduttore, traditore" (vertaler, verraaier). Want dit is onmoontlik om in 'n vertaling die oorspronklike teks presies weer te gee, en elke keuse wat ʼn vertaler maak, mag wel winste oplewer, maar gaan onvermydelik met verliese gepaard. Dit is ook die geval met die keuses wat Vos gemaak het. Ek het sy vertaling van fragmente uit die Odusseia  met die volledige, brongetroue vertaling van JPJ van Rensburg vergelyk om die winste en verliese van die twee teenoorgestelde benaderings te probeer peil. Elkeen het sy voor- en nadele, maar Van Rensburg se vertaling kom myns insiens die beste af in hierdie vergelyking.

Cas Vos se vertaling is moontlik meer leesbaar as Van Rensburg s'n, maar sy vrye omgang met die bronteks bring besliste verliese mee. Hy strewe daarna om die vertaling in ʼn toeganklike Afrikaans weer te gee, maar om tegelyk die verhewe Griekse sfeer te behou. Dit lei myns insiens soms tot stylbreuke. Aan die een kant kry ons die herhaalde verwysing na die "vroeggebore roosvinger Daeraad", byvoorbeeld op p 78, wat ʼn verhewe sfeer weergee, maar kort daarna lees ons van die "lae luise" (p 78). Dieselfde ongelyke register vind ons ook op p 114, waar die "gouetroon Daeraad" opdaag, maar waar daar "laat waai" word met die wyn.  Soms voeg die vertaler ʼn eie beeld by, wat nie altyd oorspronklik of geslaag is nie – byvoorbeeld "die son sak soos ʼn vuurbal" (p 89) en "my vaderland wag soos amandels in bloei" (p 91).

Om die ontwikkeling van die verhaal te versnel, word ʼn hele aantal gedeeltes verkort of uitgelaat; dit lewer sekere winste op, maar soms is daar ook ʼn verlies aan dramatiese krag. Die gevaarlike Skilla word so weergegee in Vos se vertaling:

"Skilla, ʼn ongetemde monster wat vuur spoeg, bly halflyf in die spelonk, maar sy hou haar koppe bo die afgrond om visse, dolfyne en sandhaaie te vang. Met elke kop het sy een van my manne uit die boegskip gepluk terwyl hulle skreeuend in wanhoop na my getas het. Dan het sy hulle spartelend nader aan die roste getrek waar sy hulle gulsig afgewurg het" (p 121).

Van Rensburg se vertaling beskryf Skilla so:

"Kyk, sy het mos altesaam twaalf swewende pote, en ses baie lang nekke, en op elkeen ʼn vreeswekkende kop, en drie rye tande, stewig en dig op mekaar, vol van die swart dood. Sy bly halflyf weggesak in die hol spelonk, maar hou haar koppe bo die vreeslike afgrond uit. En dáár rondom die rots loer sy en vang sy haar vis, dolfyne en sandhaaie en enige groter dierasie wat sy dalk kan vang van die tienduisende waarmee die luid kreunende Amphitrite boer. En nog nooit kon seemanne daarop roem dat hulle onbeskadig met ʼn skip by haar verbygevlug het nie: met elke kop gryp sy ʼn man uit die donkerblou boegskip en dra hom weg" (Odusseia 12, 90-100).

Van Rensburg se Skilla is darem vir my baie meer reëel, baie skrikwekkender as dié van Vos.

'n Veel groter probleem met die vertaling van Vos is dat verkorting van die bronteks dikwels lei tot onduidelikhede en onjuisthede. Ek gee 'n paar voorbeelde hiervan.

Na sy terugkeer in Ithaka is Odusseus gewikkel in ʼn werpskyf-kompetisie met die minnaars van Penelope (p 97):

"Odusseus gryp toe ʼn werpskyf en laat dit tol. Manne van aansien koes verwilderd. Odusseus skep moed en daag jongmanne uit. 'Kies,' sê Odusseus, 'ʼn vuisgeveg, stoei of ʼn wedloop.'"

Enigeen behalwe Laodomas. Hy is die gasheer en "uiters bedrewe met die pyl en boog."

Hier is twee foute. In die eerste plek word die heel belangrike punt uitgelaat dat Odusseus se werpskyf verder as al die ander deelnemers sʼn trek, tot daar waar die mense van aansien staan, in hul gewaande veiligheid. Hy is dus die beste werpskyfgooier van almal. Tweedens is die deel wat begin met "Enigeen behalwe Laodamas" deel van die dialoog van Odusseus en nie die begin van ʼn nuwe paragraaf nie.

'n Spannende moment in die epos kom voor wanneer Odusseus se skip die sirenes nader. Ons lees op p 120:  "Die skip het lig gevaar, so ver as wat ʼn roep getrek het." Maar volgens Van Rensburg se vertaling is die skip net so ver as wat ʼn skreeu kan trek, van die sirenes af – dus is die gevaar nou groot. Van Rensburg se vertaling maak sin, Vos s'n nie.

Op p 146 gee Penelope ʼn opdrag aan Odusseus se varkoppasser Eumaios. In die volgende paragraaf is ʼn nuwe persoon aan die woord, maar die leser word nie ingelig dat dit Odusseus is wat nou praat nie, wat belangrik is vir die begryp van die toneel.

‘n Laaste voorbeeld. Odusseus is besig om finaal met Penelope se minnaars af te reken. Dan lees ons (p 160):

"Eurumachos is weer aan die woord. 'Laat ons maar veg. Tot die bitter einde!' Swaard in die hand storm hy skreeuend vorentoe. Terselfdertyd skiet Odusseus ʼn pyl na hom. Dodelik en dodend. Ook Amphinomos vreet grond."

Dit is baie verwarrend vir die leser – Odusseus skiet ʼn pyl na Eurumachos, en dan "vreet" Amphinomos "grond", byna asof Odusseus se pyl hom ook getref het. Wat gebeur het, volgens Van Rensburg se vertaling, is dat Odusseus se pyl Eurumachos gedood het, en dat Odusseus se seun Telemachos vir Amphinomos met die swaard deurboor het toe hy op Odusseus afstorm. Vos se vertaling is hier net te kripties.

Verder is daar enkele taal- of drukfoute in die vertaling. Ek het die volgende aangestip: "afpeil" ipv "afpyl" (71); "skrikgodinne" ipv "skikgodinne" (92); "vroegebore" ipv "vroeggebore" (103).

Samevattend: Die inleiding tot Casper Vos se vertaling is insiggewend, maar die vertaling self sou baie baat gevind het by ʼn groter noukeurigheid en ʼn groter respek vir die bronteks.

The post Boekresensie: Fragmente uit die Odusseia van Homeros, vertaal deur Cas Vos appeared first on LitNet.

Boekresensie: Hy kom met die skoenlappers deur Valda Jansen

$
0
0

Hy kom met die skoenlappers
Valda Jansen
Human & Rousseau
ISBN: 9780798172523

Die leser kan aanneem dat mens hier – soos dit met die ondertitel aangegee word – te make het met “‘n elegie aan verlore liefde”. So ‘n aanname onderskat egter die omvang van Hy kom met die skoenlappers. Wat verdoesel word op die stofomslag, is ‘n konteks waaroor daar nie genoeg gepraat en geskryf word in Suid-Afrika nie: hoe die individu voortgebring word nie net deur ouers, familie en sleutelgebeurtenisse in sy of haar lewe nie, maar ook deur die geskiedenis, die omgewing en die sosiopolitieke toontaal van die kinderjare.

Die boek is op die oppervlak inderdaad ‘n tipe rouklag aan ‘n gestorwe liefde. Die hoofkarakter – wat ‘n naam met die skrywer deel – werk aan ‘n onbegonne legkaart oor haar verhouding met Anders, wat sy in die vroeë negentigerjare in Jena in Oos-Duitsland ontmoet, ‘n taak wat sy onderneem met behulp van ‘n pak briewe van hom wat sy lank van vergeet het, ‘n onbetroubare geheue en ‘n vreeslike berou oor verspeelde kanse.

Sy het onlangs ontdek dat Anders dood is, te midde van groot veranderinge in haar persoonlike lewe: sy trek Kaapstad toe van Johannesburg af met haar seun, onseker oor die toekoms van haar huwelik, en voel eensaam en vreemd in ‘n bekende stad.

Die nuus oor Anders se dood is soos ‘n klein ongeluk op die hoofweg: niemand is beseer nie en die lewe, die verkeer, gaan ongeërg aan. Net die skok bly oor, ‘n intensiteit wat deur die skrywer-karakter bemiddel word deur woorde. Want “[o]nbeantwoorde woorde gaan sit in selle. Vele onbeantwoorde woorde word vele kwaadaardige selle.”

Op dié manier word skerwe bymekaar gepas: vele verledes (haar kinderjare in die Strand, haar etlike besoeke aan Duitsland, haar universiteitsjare, haar lewe in Johannesburg) en ‘n skurwe, ongemaklike hede.

Die ongladheid van dié proses word benadruk deur ‘n verskeidenheid skryfstyle: soms eenvoudige maar onthullende reportage oor haar nuwe roetines in Kaapstad; soms spreek sy direk vir Anders – of sy spook – aan. Partykeer trek sy ‘n ruk lank aan ‘n vislyn en kom met ‘n klein, helder vissie van ‘n herinnering uit. En dan is daar ook passasies van bewussynstrome sonder leestekens, wat beklemtonend dringend is.

Die eindresultaat is ‘n teks wat suggestief eerder as eksplisiet te werk gaan. Die liriese word bo die vertellende benadruk en die storie ontwikkel stadig, wasig soos die figuur in die sneeu in die prent op die boekomslag. Dit verg aandag – die leser moet saamwerk. Maar omdat die teks so poëties te werk gaan, verlangsaam dit die pas – die liriese toon en ylheid wat deur die teks se elisie bewerkstellig word, bou ‘n verbasend lang en diep storie.

Hierdie verhaal is nie, kom ‘n mens agter, ‘n elegie aan ‘n verlore minnaar nie, maar ‘n elegie aan ‘n self wat soek geraak het agter skanse wat begin as blote mure maar mettertyd begin inkelder. As volwassene is die verteller omring deur hoë mure in Johannesburg waar die sekuriteit so goed is dat “niemand sal sien as jy agter die muur seerkry nie”. Vir die verteller as kind was die meer verraderlike mure van apartheid eintlik ruite waardeur sy as bruin kind net mag uitkyk op haar omgewing, waarvan sy egter nie deel kon wees nie.

Ook beperkend in haar kinderjare is haar gesinsomstandighede: ‘n onderwyseres-ma met ses kinders en min tyd, en ‘n afwesige pa wat terugkom van die grens en hulle onderwerp aan sy soldaatmaniere en problematiese lojaliteit – ‘n doofheid en doodsheid te midde van ‘n skaarsonderdrukte huishoudelike en landsgeweld.

Anders het op sy beurt grootgeword “agter die muur” in Oos-Duitsland, waar hy droom om eendag die Atlantiese Oseaan te kan sien – iets wat binne reikafstand van die verteller se huis was, maar wat vir haar as bruin kind net so onbereikbaar was.

Die verteller se enigste ontvlugting is deur woorde: “Ek gaan onder die grond in waar woorde groei sonder dat iemand sien ek duik ondergronds … net as ek skryf kan ek die taal wees net as ek is kan ek die taal word net as ék kan ek die taal word net as ék kan ek word.”

Maar dit word haar ook ontneem: wanneer sy vir haar pa die gedigte wys wat sy as kind skryf, haal hy sy belt uit – hy wil weet waar ’t sy die goed gesteel. Sy trek af in haarself in. Later, op universiteit, terwyl sy Duits studeer, vra die dosent vir haar ‘n vraag en sy kry nie ‘n antwoord uit nie. Maar skryf kan sy skryf, sê die dosent, en “ek kyk op soos iemand wat wakker word”. Die stilte self, die verteller self, word ‘n muur, ‘n burg – afgesny en onbereikbaar vir haarself.

Teen die einde van die boek ry sy Strand toe om te gaan kyk na die huis waarin sy grootgeword het. Dis nou omring deur ‘n heining. Sy ry met die kuspad langs en maak die kar se venster oop. “Hoe lank het dit my geneem om te besef dat ek nou mag kyk, dat die see my nou geoorloof is, dat ek die sand en see en alles wat daarin is nie meer hoef te sien asof deur ‘n venster nie, asof in ‘n prentjie wat in ‘n ander land afspeel.”

Gedurende die verblyf in Jena, wanneer sy vir Anders ontmoet, in die vroeë negentigerjare, word daar baie gepraat van “Vergangenheitsbewältigung”, ‘n woord wat beteken om vrede te maak met die verlede, veral in ‘n openbare diskoers met die doel om ‘n verskriklike geskiedenis kollektief te kan verwerk en verstaan.

Die intieme verhouding wat verlore gegaan het – as gevolg van die verteller se onbewuste skanse as verweerreaksie – vee ‘n komplekse hopie probleme bymekaar wat universeel uitdy: swart, wit, die beperkings wat mense opgelê word deur regimes, pa’s wat soldate is in oorloë wat later as onregverdigbaar en boos onthul word.

Deur die oog van hierdie naald onderneem Jansen ‘n belangrike literêre stap in die trant van Vergangenheitsbewältigung en trap suutjies agter die woeste ontploffings op sosiale media, waar die “dis alles in die verlede, kom ons beweeg aan”-brigade die beseerdes uittart. En waar, tereg, die ontwaakte (#woke) Twitter-leër meedoënloos uiteensit hoe en hoekom dit onmoontlik is in ‘n land waar die individu en die samelewing soos hy nou daar uitsien, gevorm is deur ‘n korrupte en etterende verlede.

Hierdie subtiele verhaal se bydrae op daardie vlak moet nie onderskat word nie, en omdat dit ‘n boek is wat fluister, sou dit maklik wees om te doen. “Ek soek na ‘n woordeskat … buite woorde”, en dit doen sy dan ook, en openbaar ‘n nuwe uitsig wat nóg in Afrikaans nóg in Engels al voorgekom het nie.

Dit is die storie van ‘n doodgewone mens wat besef dat sy haar nie kon weer teen die vernieling van ouers en vaderland nie: “Ek was nie ‘n heldin nie ek was nie in die struggle nie ek is nie gemartel nie ek is nie verban nie ek het nie gely vir my land nie ek het nie baklei nie ek is nie in die tronk gegooi nie.” Hierdie verklaring van ‘n gebrek aan heldhaftigheid is nie ironies bedoel nie en tog kan blote oorlewing soms ‘n teken van dapperheid wees.

Dit is hierdie stories wat vertel moet word – maar hulle moet gehoor word óók, want dit is hier waar die waarheid borrel soos waterstofperoksied op ‘n wond: in die marginale, die onmerkwaardige, die eentonige alledaagse afskaal, inkort en opsluit wat vir miljoene mense noodsaaklik was.

Daar is geen groot onthulling aan die einde van Skoenlappers nie: net ‘n stil aanvaarding van spyt; net genoeg om aan te hou met die aanhou.

En hoe? “Ek neem julle woorde met my saam ek neem julle woorde weg ek neem die woorde uit julle monde ongesiens ek neem julle van julle woorde weg ek is ‘n dissident ek is ‘n skandaal …”

Nie net met sy titel nie, maar ook met sy intieme stem en verlange herroep Hy kom met die Skoenlappers Hettie Smit se Sy kom met die Sekelmaan. En net soos Smit destyds baanbrekerswerk gedoen het, doen Jansen dit ook deur die elegie aan verlore liefde meer te laat wees: ‘n elegie aan ‘n verlore self, ‘n verlore land.

Dit stel ‘n nuwe, ‘n vurige standaard.

The post Boekresensie: Hy kom met die skoenlappers deur Valda Jansen appeared first on LitNet.


Boekresensie: Die formidabele Ling Ho deur Johan Kruger

$
0
0

lingho250Titel: Die formidabele Ling Ho
Skrywer: Johan Kruger
Uitgewer: Umuzi, 2016
ISBN: 97814115201756

Johan Kruger het al jeugromans en korter stories geskryf, maar dis sy twee geskiedkundige romans, Die vloek en Die dag van die Lords, wat hom as voltydse rolspeler op die skrywerslandskap gevestig het. Die vloek is in 2012 vir ’n ATKV-Woordveertjie benoem.

Die formidabele Ling Ho slaan egter ’n hele nuwe rigting in. Dis tone-laat-omkrul-satire op sy beste.

Dis die storie van die kansvatter van formaat, Willem Landman. Wanneer dié gladdebek bedrieër sy haredos onder ’n bleskoppruik met slierte verdoesel en sy swart snor opplak, die liggeel grimering sy gelaatskleur verander en hy sy stem verdiep word hy Ling Ho, die charismatiese towenaar wat skaars ‘n goeienaand in Afrikaans of Engels kan uiter.

Van landbousaal na skoolsaal na kerksaal reis Willem, sy assistent (die onwillige Dora) en sy (ewe onwillige) kat, Kwantie. Hul bakkie, gevolg deur ’n karavaan, gevolg deur ’n Ventertjie, reis oor die grasvelde en deurgeryde grondpaaie van Mpumalanga.

Willem is versot op kwantumfisika en lees graag op oor die kwantum – sy inspirasie. Om dié gedaanteverwisseling van Willem na Ling Ho te vervolmaak, is nogal ’n hele gedoente wanneer Kwantie in die boks gesit word sodat Ling Ho se towerkragte na vore kan kom.

Soos sy onderhandelinge vir geskikte sale om in op te tree misluk, word allerhande goed, tot apartheid, geblameer, “omdat die mense op die platteland nie van Sjinese hou nie”, en hy kom ook omkopery onder dominees teë en is sommer vies oor dié gladdebek liegtery.

Dit is juis op hul jongste toer waar dié klein bende vir Evie en Noah raakloop. In hul biblioteekwa bring dié gedemoveerde bibliotekaresse en die drywer van die Travelling Library die geskrewe woord na die mense. Tussen Evie en Willem is daar ’n vonkie, want Willem sien onmiddellik potensiaal in Evie as opvolger vir die onwillige Dora, en boonop is sy ook lief vir boeke.

Dinge verloop egter nie soos beplan nie en daar kom vuisgevegte, ’n nag in ’n tronksel en ’n ontvoering in die mengsel. Die twee groepe se pad skei met harde woorde en blou kolle.

Toe die hemele die sluise ooptrek en al wat leef en beef amper in ’n tweede sondvloed wegspoel, spoel dié groepie drenkelinge weer bymekaar uit.

Johan se vlymskerp humor laat jou soms hardop lag. Sy draakstekery met onderwerpe soos regstellende aksie, kerkpolitiek, wantroue tussen bevolkingsgroepe en seksisme druk die vinger op ons politieke-korrektheid-seer waaraan almal wil wurg.

Evie se onskuldige uiterlike het ’n erotiese kinkel; die sagmoedige reus, Noah, dra sy eie geheim; en Dora besef dat sy haar pligte as ma versuim toe sy een aand “die dood in die oë staar” met die glip van Ling Ho se kettingsaagtoertjie. Net Willem kom nooit tot die besef dat sy oëverblindery en liegstories die redes vir sy eie ondergang is nie.

Die boek het tot ’n mate ’n gelukkige einde en hier in die laaste bladsye wil jy amper simpatie opbou met ou Willem, wat ná al sy mislukkings aan die bediening dink ...

Die formidabele Ling Ho is ’n moet-lees as jy suf is van die kritiek, openbare bakleiery en agter-die-hand-geskinder oor korrupsie en wanbestuur. Dis die ideale geleentheid om vir Johan se waarnemingsvermoë oor die alledaagse lewe in Suid-Afrika, maar ook vir jouself, te lag.

  • Die boek was een van Exclusive Books se Homebru-veldtog-boeke wat in Junie vir die 15de maal landswyd aangebied is. Die veldtog eer plaaslike talent onder skrywers.

 

The post Boekresensie: Die formidabele Ling Ho deur Johan Kruger appeared first on LitNet.

Boekresensie: Swartval deur Martin Steyn

$
0
0

Foto van Martin Steyn: Naomi Bruwer

Titel: Swartval
Skrywer: Martin Steyn
Uitgewer: Lapa, 2016
ISBN: 9780799380910

Die boek se stofomslag waarsku dat dit nie vir sensitiewe lesers bedoel is nie. Neem hierdie waarskuwing ernstig op, maar moenie die boek afskryf daaroor nie. Want geweld teenoor vroue, die emosionele aftakeling wat dit meebring en die uitwerking daarvan op ons samelewing en diegene wat die misdade en moorde moet oplos, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

Die boek is nie ontspanningslektuur nie; dis eerder ’n kykie in die wêreld van versteurdes se lewens en wat hulle só geskend het dat hulle heeltemal emosieloos die dade pleeg wat ander skok.

Swartval vertel die storie van Claire Winters, wat een warm Maartdag by haar motor deur ’n man met klein vaalbruin oë – die oë van iemand wat nie reg is nie – ontvoer word met ’n mes teen haar keel.

Haar brein jaag net so vinnig soos haar hart. Dis hy. Die een wat die blomme op haar kar gelos het. Hy het teruggekom. En hierdie keer het hy nie gekom om iets te bring nie, hy het gekom om iets te vat. Vir haar.

Sy word iewers afgesonderd in ’n sementsel gevange gehou. Sy het verskeie male probeer om weg te kom, maar elke keer was hy ratser as sy. Toe sy uitbreek en voor die ouer vrou kom, het sy gehoop dis alles verby, maar tevergeefs. Haar ontvoerder se ma was deel van die plan.

Later plaas sy haar hoop op haar speurderbroer. Hy weet wie die man is wat haar ontvoer het. Hy het hom al gekonfronteer; weet waar hy woon en wat sy naam is. Maar nog ’n lang, donker dag eindig met ’n toebroodjie en ’n glas water en Derek kom nie.

Sy herleef weer haar kinderdae in Robertson, hoe Derek die leer vir haar houvas het dat sy kan vrugte pluk uit die bure se lukwartboom. Hoe hy moet sorg dat haar brein nie in daardie sementkelder omval nie.

Claire besef hierdie keer sal sy haarself moet red. Voordat haar verstand heeltemal in die swart van die kelder oplos. Sy breek uit die kelder, maar hy vang haar weer.

En die ma is nog meer ongenaakbaar as hy.

Die enigste uitweg is deur haar ontvoerder. Want hy het die kelder se sleutel. Sy besef dat hy ’n behoefte het aan ’n normale verhouding met iemand anders; dat ook hy deur die ma verag word.

Maar net toe sy dink sy begin vordering maak, vind Claire uit waarvoor sy regtig aangehou word.

Vir sy debuut, Donker spoor – die produk van ’n kreatieweskryfkursus van die South African Writers’ College – het Martin Steyn in 2015 ’n ATKV Mediaveertjie vir spanningslektuur ontvang. Daarna volg Skuldig, wat vertel van die stelselmatige moorde op ’n uitverkore groep “skuldiges” wat gedwing word om die woord “skuldig” in hul eie bloed te skryf voor hulle tereggestel word.

Al drie boeke ontgin die psige van reeksmoordenaars en die samelewing se morele oordeel. Steyn se studies met die hoofvakke sielkunde en kriminologie kom nuttig te pas met die ontginning van sy hoofkarakters.

Donker spoor vertel van ’n reeksmoordenaar wat sy slagoffers, hoërskoolmeisies wat in die noordelike voorstede van Kaapstad skoolgaan, aanhou, verneder, geestelik aftakel, seksueel misbruik en eindelik vermoor deur hulle op te hang.

Die skrywer meld in sy skrywersnota dat Claire se storie nie maklik was om te skryf nie – dat dit makliker was om te skryf oor wat in ’n outopsie van ’n tienermeisie gebeur as “om saam met Claire ontvoer en aangehou te word”.

“Ek het waremisdaadboeke begin lees omdat reeksmoordenaars en -verkragters my interesseer, omdat ek wou weet hoekom hulle só word.”

Hy skryf dat oorleef net die eerste deel is. “Daarna kom die stukke optel om weer heel te word, ’n stryd wat selfs meer van daardie innerlike krag verg.”

Hy het baie navorsing gedoen om Claire ’n geloofwaardige karakter te maak en storie te gee.

Die boek laat jou aanvanklike weersin in die ontvoerder later amper in ’n tipe simpatie verander. Want ook hy is ’n slagoffer. Maar die foltering waardeur Claire vir die res van haar lewe sal gaan, bring jou gou terug na die werklikheid.

Die skrywer se taalgebruik en beskrywings maak die situasie werklik in jou oë. Jy ervaar die vrees wat Claire in die donkerte ervaar; haar kortasem sonder haar asmapompie laat jou bors saamtrek.

Martin Steyn is goed met woorde; maar beter met spanning en vrees.

  • Vir elke kopie van Swartval wat verkoop word, word ’n persentasie aan Rape Crisis Helderberg geskenk. Steyn vra om donasies om ’n verskil te maak in vroue se lewens wanneer hulle regtig hulp nodig het.

The post Boekresensie: Swartval deur Martin Steyn appeared first on LitNet.

Resensies: Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva en Joernaal vir ’n bedonnerde diva deur Sophia Kapp

$
0
0

Titel: Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva en Joernaal vir ’n bedonnerde diva
Outeur: Sophia Kapp
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN, Joernaal vir 'n bedonnerde diva9780799380965
ISBN, Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva9780799378009

As jy die woord “diva” hoor, dink jy waarskynlik aan ’n opstêrse popsie wat sommer maklik haar speelgoed rondgooi as die lewe haar ontevrede laat. Simoné Bekker, die hoofkarakter in Sophia Kapp se jongste roman, Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva, is egter nie hierdie popsie nie. Sy is ’n sterk vrou van 44 wat al tromp-op deur die lewe geloop is en gesig eerste in die stof beland het. Sy het twee mislukte huwelike op haar kerfstok en ’n buierige tienerseun om mee huis te hou. Sy is beneuk, verontwaardig en keelvol vir mans.

Dit is in haar grootworddorp, Boekenhoutskloof, waar sy haar wonde gaan lek, stuk-stuk die flenters van haar lewe optel en haar waardigheid begin herwin. Daar is ook natuurlik ’n aantreklike ridder, Barnard Richter, en ’n aardskuddende liefdestoneel wat die liefdesromanleser se tone sal laat krul.

Simoné se verhaal is verweef met bladsye uit haar dagboek, waar al haar hartseer en woede aan die leser ontbloot word, en onkonvensionele selfhelpwenke vir divas. Dit is hierdie wenke wat uiteindelik ’n Joernaal vir ’n bedonnerde diva word. Die joernaal is ’n selfhelpgids wat enige bedonnerde vrou kan help om weer koers te kry nadat die lewe haar ’n paar dwarsklappe gegee het.

In Joernaal vir ’n bedonnerde diva raak Kapp belangrike temas aan. Daar word onder andere raad gegee vir die vrou wat pas ’n eksvrou, stiefma of enkelouer geword het. Tussendeur is daar eenvoudige resepte van gunstelingdisse en ook leë bladsye waar jy jou kreatiwiteit kan uitleef. Jy kan jou eie wenke en resepte neerpen en selfs foto’s, briefies, kaartjies en breipatrone inplak om jou te herinner dat jy “’n skeppende wese is wat iets kosbaars het om vir die wêreld te gee”.

Die blinkste juweel in hierdie joernaal is egter die kort essays. Die vrou wat afgeleef en verlep voor die winkelrak met Valentynsdagbederfies staan, oom Thys en die kinders in die kosmos, en die moedelose ma wat voor die bokspap staan en bid, sal jou bybly lank nadat jy die joernaal volgeskryf het.

Met Kapp se diva-boeke is dit weer eens klinkklaar hoekom sy soveel getroue lesers het. Sy ken haar karakters én haar lesers. Sy skep lewensgetroue helde en heldinne vir intelligente, ingeligte lesers. Kapp skryf eerlik, dikwels pynlik eerlik, en sy draai nooit doekies om nie: jy word gestroop van jou pretensie en gekonfronteer met die onregte van die lewe. Boweal word jy aangehits om self die leisels in die hande te neem en nou jou eie lewensbesluite te neem ten spyte van die foute wat jy in die lewe gemaak het.

As vloekwoorde en kras taalgebruik jou sooibrand gee, moet jy dalk maar ’n ekstra Rennie drink voordat jy een van die diva-boeke oopslaan. ’n Diva is nie op haar bek geval nie en sy vloek vlot.

Koop die diva-boeke vir jouself, jou suster, ma of vriendin. Enigeen wat al deur die lewe (of ’n man) bedonner is. Koop dit ook vir diegene wat oënskynlik die perfekte verhouding en lewe het, want alles is nie altyd rooskleurig nie en hulle gaan waarskynlik nog eendag bedonner word. Pantser hierdie vrou met Joernaal vir ’n bedonnerde Diva sodat sy weer kan opstaan, die stof van haar hoëhakskoene kan afskud en die aanslae van die lewe onwrikbaar kan aandurf.

Daar is ’n diva in elke vrou. Dit is eers wanneer sy oor ’n paar hobbels op haar lewenspad is dat dié diva begin blom. Bly te kenne, Diva.

Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva en Joernaal vir ’n bedonnerde diva is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by (012) 401-0700 of besoek hul webblad:

 

 

The post Resensies: Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva en Joernaal vir ’n bedonnerde diva deur Sophia Kapp appeared first on LitNet.

Review: New Contrast Manifesto Issue

$
0
0

South African Literary Journal 173, Volume 44, Number 1, Autumn 2016

“Manifesto!” shouts the cover of the 173rd issue of South Africa’s oldest literary magazine, New Contrast. The effect is compelling: the reader is enjoined to listen and engage. Inside the cover page is an extract of a story by Nadine Gordimer published in the magazine’s first edition, in 1960. This extract introduces the theme of responsibility, which runs like a thread through many of the contributions. Meg Vandermerwe, temporary editor for 2016, begins her notes by asking, “What is the responsibility of the writer?” The question is then extended reflexively: “What is the responsibility of a literary journal?”

Vandermerwe leaves it up to an impressive cohort of acclaimed South African writers to answer the first question, and offers instead an eloquent outline of the responsibilities of the magazine: To “make New Contrast a space where one can expect to read excellent, diverse and vital writing, in a range of languages, told by a range of voices (new and established), including those from other African countries and overseas […] [T]he heart of New Contrast remains with championing emerging talent” (7). And it makes good on this promise, for in the space of the next 90 pages the reader is catapulted into a field where a wonderful encounter with a multitude of diverse literary expressions awaits.

The content is organised into two primary sections, according to form: poetry and prose. An interview with Zakes Mda prefaces the section on poetry, and a short extract from Willem Samuel’s graphic novel Mengelmoes introduces the prose section.

The author manifestos are distributed throughout and serve to bookend these sections.

The manifestos offer multiple views on the role of the poet. For Antjie Krog “the fact that you are a poet is already a critique on today’s society, because a poem is unsell-able” (14).

Sindiwe Magona warns the writer “against being seduced or co-opted into blind allegiance to her community […] For the writer’s community, the writer’s truth is often inconvenient” (57). Magona’s manifesto is repeated in Xhosa on the next page, a strategy that not only serves to illustrate the magazine’s commitment to diverse content – Magona is speaking to black authors who write in their own languages – but also reminds readers that they are part of a broad network of imagined readers and communities.

Valda Jansen writes to overcome her fears – for her, writing is a deeply personal practice that risks being obstructed by the imagined reader: “Sodra ek ’n verbeelde leser visualiseer, is daar ’n wig tussen my en die teks” (91).

Henrietta Rose-Innes admonishes the writer not to add to “the dross of the universe” (92).

Lauren Beukes’s incendiary manifesto, inside the back cover page, declaims her view that “art is the fire & the light./ It’s comforting against the/ darkness. It’s what we use/ to burn shit down.”

Framing the other contributions as they do, these manifestos function to punctuate and offset the reader’s experience of the poetry and prose.

The poetry section contains original work by 18 poets. Among the contributions by established poets, the figure of the poet and the act of making a poem are prominent themes.

In Joan Hambidge’s Afrikaans ode to David Bowie, the genius and isolation of the artist is evoked through a series of allusions to Bowie’s music.

Finuala Dowling’s “Life Lesson” describes a moment of poetic awakening from the teacher’s perspective.

Karin Schimke’s “How the architect lives” renders the architect as a magician who can conjure entire cities in open space, thus foregrounding an alchemical relation between ideas and forms that offers many parallels with the work (role?) of the poet.

The two poems by Athol E Williams read like parables exploring the tragedy and potential of human society as a collective. His use of these forms calls to mind the role of the poet as a teller of stories and maker of myths.

Among the emerging poets, Tariro Ndoro’s “Cross the border at night” and Lise Day’s “Refugee” are devastating evocations of the plight of the refugee, and their themes are offset by their placement on opposite pages, putting the two poems in conversation with each other.

Ndoro’s use of second-person address draws the reader into the position of the refugee attempting to cross the border from Zimbabwe to South Africa, and reflects the manner in which refugees are dehumanised and forgotten by history: “If they do not fall to the crocodiles,/ They will be shot by farmers who think that they are monkeys/ No one will hear their obituaries” (24).

Day’s poem takes the death of the Syrian toddler Alan Kurdi as its subject – here, the fate of the drowned child demands global recognition, as “the sea releases him/ to lie quietly on a pebbled shore/ and shout for all the world to see” (25). Through these poems, the poets respond to a mounting, global humanitarian crisis by pulling into sharp focus the particular, individual experience of the refugee, which simultaneously comes to represent the experience of all refugees. Chillingly, the reader, safe in her home, is reminded: This could be you; this could be your child.

“Distrik Sewe” by Vincent van der Zee offers a striking complement to the theme of refuge, as the speaker wryly traces his lineage through a series of rhyming stanzas to illustrate how he and his ancestors are inevitably locked into a cycle of perpetual displacement: “Met stikkieswerk bou ons ’n beter lewe,/ doer en gone in Distrik Sewe.// Môreoggend sleep hille ons na Distrik Ag” (27).

This theme of displacement is also picked up in the two nature poems by Christine Coates, which subtly surface questions of land and heritage rights through a focus on the animal kingdom.

The deeply personal poems by Jolyn Phillips, whose collection of short stories in English has just been published, showcase her unique and lyrical use of a distinctive Afrikaans voice. In “ballade van wasdag” she skilfully maps on to the repetitive rhythms of washing day a mother’s bitter grief for her son, as observed through the eyes of the speaker: “hy/ die naam van rede in Ma se hart// ek die sukkelende self/ die nie-klipportret gee my/ die verdoeselde geheim in sy oë” (32).

If Phillips is a good example of the poet speaking “in her own voice”, then Kerry Hammerton’s “Penelope”, a witty revision of Homer’s “Odyssey” presumably inspired by Margaret Atwood’s The Penelopiad, illustrates how the mimetic voice can be used to subvert the themes of the male-dominated, heteronormative Western canon.

The prose section contains three contributions. In Ryk Hattingh’s “Val”, a struggling writer is inspired by a chance encounter with an old man. As their brief acquaintance develops, the story raises questions about social responsibility and the ethics of writing.

Hilda Wilson’s “Tonsillitis” traces the journey that the eight-year-old protagonist makes to the doctor’s office with her father in 1970s South Africa. Through the child’s point of view, apartheid’s toxic blend of race, space and class politics is vividly evoked in prose that recalls the short stories of Alex la Guma and Richard Rive.

Christopher Kudyahakudadirwe’s “Voices of the ancestors” draws the reader into its claustrophobic atmosphere through the effective use of second-person narration. The young protagonist and her baby are stranded in the village of her mother-in-law after the death of her husband, to whom she was given in an arranged marriage by her paternal uncles. The story interrogates the cost of traditional ways of life to young black women in rural, patriarchal African societies, and raises questions that resonate with the conditions of the refugee introduced in the poetry section.

By the time the reader has turned the last page, it is clear that the writers and the journal have held their part of the bargain outlined in Vandermerwe’s introduction. A third axis of responsibility now emerges: the responsibility of the reader. As Vandermerwe notes, “As lovers of free speech and good writing […], is it not our responsibility to support literary endeavours, which seek to foster them?” (8).

Yes. Yes it is.

So, dear reader, subscribe. Read. Share. You won’t regret it.

The post Review: New Contrast Manifesto Issue appeared first on LitNet.

LitNet Akademies-resensie-essay: 'n Hunkering se grein deur Johann de Lange

$
0
0

Foto van Johann de Lange: johanndelange.blogspot.com

'n Hunkering se grein
Johann de Lange
Humann & Rousseau
ISBN: 9780798172998

1. 'n Bundel van paradigmas

As 'n mens Johann de Lange se digkuns wil tipeer, is dit onmoontlik om weg te kom van die konstante ontwikkeling van paradigmas. In sosiale sin is paradigmas groepe wat bymekaar hoort, of bepaalde gewoontes wat 'n sekere groep mense tipeer. In 'n enger sin kan 'n mens praat van persoonlike paradigmas wat 'n individu se optrede of taalgebruik aandui.

In die fisiese wetenskappe is daar talle paradigmas wat wetenskaplike insigte en feite onderskeibaar maak van kenmerke wat weer 'n ander stel waarnemings ondersteun. In die taalkundige sin is ‘n paradigma enersyds 'n grammatiese konsep, andersyds patrone binne die taal. Die taalkundige siening van die paradigma is na alle waarskynlikheid die oorspronklike beskouing van hierdie verskynsel. In ouer grammatikas soos Latyn en Grieks bepaal stelle verbuigings, soos die verbuigings van selfstandige naamwoorde en byvoeglike naamwoorde, of die vervoegings van werkwoorde, die aard van die paradigma. Ook kleiner groeperings word as paradigmas beskou: enkelvoud teenoor meervoud; stelle antonieme of sinonieme; of tydsbegrippe soos die presens, imperfektum en voorverlede tyd. In literêre sin, dus ook taalkundige sin, kan woorde paradigmas vorm wat 'n belangrike rol in die interpretasie van die teks (kan) speel.

Naas die rol van paradigmas is die sentrale kenmerk van De Lange se werk die digter se intense aanvoeling vir ‘n woord en die woord se betekenis. Dit klink asof dit 'n veralgemenende stelling is, want is alle digters nie met die woord en die sin besig nie? Dit is waar, maar by De Lange is dit feitlik 'n "beheptheid" met, 'n verknogtheid aan, die woord.

DJ Opperman (bron: wikipedia)

In DJ Opperman se grootse gedig, "Kroniek van Kristien", is die sentrale paradigma die papajabos en vorm die papaja 'n verband met klippe, in al hulle vorme, met die turksvy, die geel son, die brood en die liggaam as 'n kuil vol sproete en word dit 'n voltooide sirkel van die mens wat getransformeer word tot gees. Die slot van die gedig loop tot 'n zeropunt:

 "O allersoetste
liggaam," en sy begin haar lede soen,
"my bediendes wat gehoorsaam alles doen
net wat ek vra, berei jul vir die bruidegom
nou voor wat uiteindelik na Sy bruid toe kom:
papajas, klippe ... Was en soek skoon linne,
Hy tree alreeds die ledemate binne."
Sy sukkel na die orrel, blaastrappe knars
en dreun oor alles uit: die groot troumars. (Blom en baaierd)

2. Woord

Jou woord jou woord jou dessit woord
wie werk met jou sosit bewoort
ek gooi hom hier ek gooi hom daar
ek gooi my woorde deurmekaar
olsaitsymsait onnerstebo ... (Boerneef: Palissandryne)

Boerneef (bron: wikipedia)

Die taaljuffrou en die samestellers van die Afrikaanse woordelys en spelreëls sal hieroor nie sonder meer gelukkig wees nie, maat dit is wat die ware digter doen, sonder apologie. Soos ek eendag, as jong dosent op Stellenbosch, bystaan toe die taalkenner Willem Kempen vir die digter DJ Opperman sê: “Dirk, jy spel daardie woord verkeerd; neem jy nie kennis van die Woordelys en spelreëls nie?” En DJO hom antwoord: "Ek as digter skep die taal, julle as taalkundiges kan net opteken wat ek doen." In speelse gees gesê, maar met 'n groot element van waarheid. Jare gelede het die Nederlandse taalkundige Anton Reichling geskryf dat die taal sy eie intrinsieke wette het, nie net grammaties aktief nie, maar 'n dissipline wat die taal skep om sy wesenlike aard te beskerm (Het Woord). Slegs as die digter die taal te veel buig, sodat sy skeppings heeltemal onverstaanbaar word, oortree die digter hierdie inherente norme.

Die volgende vers van Johann de Lange vat hierdie saak binne sy digkuns keurig saam:

"Taal is 'n boom"

my taal is 'n ou boom
herfskleure diep & ryk
winters val die blare

bruin leestekens bevry
tot net die gebeente
van segging weerbaar staan. (57)

Die een metafoor loop oor in die volgende (ou boom = herfskleure = winters); dan beweeg die teks van die boom-metafoor na die taal-metafoor (bruin blare = bruin leestekens); dan gaan die taal oor na die mens (gebeente); en daarna gaan mens oor na gedig (segging) en behou die taal sy intrinsieke dissipline (segging = weerbaar). 'n Puik en kompakte illustrasie van De Lange se digkuns. Die natuur, en die natuurlike, in talle vorme, is aan die grond daarvan, maar dit beweeg daarvandaan na die mens en die menslike kondisie. Die bindende faktor wat sowel die middelpunt as die struktuur vorm, is die taal. Dit is terselfdertyd die sentrale paradigma of paradigmatiese bou van die gedig.

Dit spreek vanself dat die digter dikwels 'n spel met die taal en sy betekenis speel, soos byvoorbeeld hier:

"'n Uiltjie knip"

Ek gaan 'n uiltjie knip:
flink die penvere van droom dip
in ink, of die stertvere van die slaap
sprei, & só 'n uiltjie kaap.

'n Definisie van die uitdrukking in speelse trant, met die assosiasies van "uiltjie" as die stof vir die gedig: uiltjie > penvere > stertvere > uiltjie. Die woord "knip" dui op die beperking wat op die woord "uiltjie" gelê word, en dus word knip = kaap. Dit is oënskynlik net woordspel, maar "uiltjie" word metafoor vir "slaap", en dan kom die nuwe vorm "kaap" tot sy reg – met slaap kaap 'n mens die tyd. Die digter gee nuwe vryheid aan hierdie uitdrukking in Afrikaans. Die teks is 'n kwatryn met twee rymende koeplette. “Droom” dui op die vlug van die verbeelding; die penveer wat in ink gedip word, dui op skryf. Elke woord in hierdie kompakte kwatryn dra sy betekenis, en die geheel verryk die idioom van die taal.

Die bundel bevat heelwat kwatryne en bevestig De Lange as die voorste kwatryndigter in Afrikaans – hy is in baie opsigte 'n goeie opvolger van DJ Opperman, die meester van die Afrikaanse kwatryn.

NP Van Wyk Louw (bron: wikipedia)

De Lange gebruik 'n verskeidenheid digvorme in hierdie bundel: naas kwatryne ook onder meer etse, limerieke, spotgedigte en parodieë. Belangrik is egter om in hierdie bundel nie na besondere kenmerke van digsoorte te soek nie. Die teks is te spontaan, te ontdaan van enige pretensie of selfs die skyn van pretensie, te direk eerlik. Die digter word, in goeie sin, verlei deur die skep van paradigmas. Dit gee aan die bundel 'n besonder spontane aard, maar die dubbelkantigheid van die woord bly nie agter nie. Johann de Lange is 'n deurwinterde digter, maar in 'n Hunkering se grein kom 'n gemaklikheid met die woord na vore wat dui op 'n volwassenheid in die digter se verhouding met die taal soos geen van sy vorige werk nie. Om NP Van Wyk Louw na te praat: dit is asof die digter "in vreugde en spel die woord uit sy hand laat val". Die woorde volg mekaar op in reëlmatige verhouding, in diskante ritme of in betekenisspronge. 

"Boksgeveg"

In die kryt word twee vriende
volgens die reëls opponente.

Agterna sal elkeen alleen,
gehurk by sy sluitkas,

die geveg flits vir flits
nogmaals in sy gedagtes

laat afspeel, & besef: ánders
as 'n gebreekte neus,

of gekloofde oogbank,
is die steelhoue wat dieper kneus. (93)

Die gedig is in die vorm van vyf koeplette, en slegs die slotwoord van die vierde koeplet rym met die slotwoord van die vyfde koeplet: "neus" dui op die breekbare liggaam, "kneus" op die brose gees. Die geveg dui op 'n geordende sportsoort wat binne sy reëls beoefen word; nie alleen binne die sport se reëls nie, maar ook binne die beperkings van die toue van die kryt. Buite die kryt is die twee boksers oënskynlik vriende, maar in die kryt is hulle opponente. In die volgende drie koeplette word die leser ingelig oor die boksers se nadenke oor die geveg binne die intieme ruimte van die kleedkamer. In die laaste koeplet beweeg die gedig van die liggaamlike na die gees. Die steelhoue sluit nog volkome aan by die geheel van die boksgeveg, al is hierdie houe nie wat verwag word nie. Die titel is bloot 'n beginpunt om die gedig in 'n bepaalde rigting te stuur. Tot voor die laaste reël is daar geen rede om te dink dat die teks oor meer as die boksgeveg gaan nie – die aandag is tog bewustelik soontoe gelei deur die titel. Die woorde "dieper kneus" open tog metaforiese moontlikhede, en dit vra om 'n hersiene lees van die teks. Vriende en opponente vorm 'n ongelyke speelveld. Selfs ná die geveg, wanneer die reëls nie meer geld nie, is daar geen toenadering of sprake van dialoog nie; elkeen is in sy alleenheid gesluit. Die boksgeveg is nie 'n gebeurtenis as 't ware langs die pad nie, maar dit is 'n eindpunt. Dit word die kulminering van twee vriende wat 'n ervaring van 'n gebreekte neus en gekloofde oogbank agter die rug het. Met die stilte van die twee "vriende" word hulle "opponentskap" beklemtoon. Die steelhoue kneus nie die liggaam nie, maar die emosie, die "vriendskap". Dan val die gedig in patroon, en dui dit op die verlies wat 'n verlore houding bring. Eensaamheid neem oor van kameraderie, en dit word 'n gedig oor liefdesverlies, oor menslike broosheid. Die slotreël staan in direkte kontras tot die ruheid van 'n boksgeveg, en in hierdie kontras kry die gedig betekenis – 'n hele emosionele register word geopen. 'n Verhouding word 'n boksgeveg van flits op flits, woord op woord, tot op die punt van verraad. Op hierdie manier benut die digter telkens in hierdie merkwaardige bundel die dubbelkantigheid van die woord, en van die paradigma.

In die bundel word daar wel gewerk met die woord soos dit "bewoort". In 'n kwatryn getitel "Die behoud van eensaamheid" is daar 'n interessante wending:

Die tyd is 'n geil verwoester,
'n chimera wat alles verniel.
Ek sal my ontroosbaarheid koester
of in 'n vers bly soek na asiel.

Die denklyn is herkenbaar as die rus en veiligheid wat die woord en die gedig kan bied teen die geweld van die tyd wat alles verniel. Dit kan dui op die weerloosheid wat die ouderdom bring, of op die konstante onsekerheid wat ons lewe noem. Die gebruik van die woord "chimera" dui op 'n dubbelspel. Die woord is goed gevestig in poëtiese taal as die onwerklikheid van die droom- en gevoelswêreld, die valse troos wat dit meebring en 'n hersenskim wat buite die werklikheid vertoef. 'n Minder gebruiklike betekenis is egter dié van 'n vuurspuwende monster met die voorlyf van 'n leeu, die middellyf van 'n bok en die agterlyf van 'n slang. Dit skep gesamentlik 'n beeld van die tyd as meedoënlose monster, 'n valse wêreld en trouelose verraad. Binne die groter geheel van die bundel pas albei interpretasies: dié van oudword en verniel van die liggaam, en dié van verraad en die "steelhoue" in.

Die gevoelswêreld van die woord word goed verken sonder 'n sweem van sentimentaliteit. In 'n gedig wat binne die bundelraamwerk na Hennie Aucamp se dood verwys, kry die leser 'n voorbeeld van hoe pynlike gevoel binne hierdie gevoelswêreld van die woord verken word:

"Oortog"

Jy't gehoop om op die middaguur betrap te word,
of wou teen skemering gereed vir die oorgang wees
met die stadskom wat traag oopgaan soos 'n neonblom.
Jy het die nag met sy slaaploosheid & pyn gevrees
wanneer jy oor inkswart waters die boot sien kom. (116)

Die boot waarmee Charon die mens oor die Styx-rivier vervoer van hierdie lewe na die doderyk, is 'n bekende mitologiese gegewe. Die oorgang van die sterfling se begeertes in die eerste drie reëls spreek vanself, en is geanker in 'n duidelike toneel binne tyd en ruimte. Die sieke vrees die magteloosheid en die pyn wat die nag bring, dus is die middaguur of skemertyd aanneemlik voor die nag kom. Die skemering het die kleurryke voordeel van die neonligte wat oor die stadskom oopgaan. Maar toe kom die boot juis in die nag, en die tyd van vrees word die verlossing uit pyn en moedeloosheid. Die gedig is diep emosioneel, en roep die onverwagsheid op wat die dood maar altyd meebring. Die toon van die gedig dra die weemoed oor, die rustigheid van die ritme van die gedig is soos die beweging van die boot op die stilvloeiende rivier, een van nege riviere in die mitologie van die doderyk. Die water van die Styx is inkswart; dis 'n skrywer en digter wat die reis meemaak. Die verhouding tussen die boot wat die skrywer na die doderyk vervoer en die ontstellende inkswart waters openbaar die ontsteltenis van die digter wat agterbly en sterk emosie ervaar. Inderdaad word die gevoelswêreld van die woord in hierdie vers innig benut, beklemtoon deur die onvermydelike en onheilspellende vaart van die boot.

3. Teks en interteks

Ek is Gert Bok van die Sederberg
ek ken 'n ding en ek ken 'n dier
maar die mens is bo die vuurmaakplek
van lang Gert Bok van die Sederberg
nou soek ek 'n beter vuurmaakplek
waar die rook nie so in my oë trek
dit rook al hoe meer en dit word steeds later. (Boerneef: Palissandryne)

'n Hunkering se grein is in vyf afdelings ingedeel. Die afdelings is geensins waterdig afgemerk nie, en die temas loop oor mekaar. Die ooglopende tema is die afwisselende buie van die mens en sy emosionele wêrelde. Die natuur is dikwels die eerste trefpunt en daarvandaan word beweeg na die mens wat bo Gert Bok van die Sederberg se vuurmaakplek is. In De Lange se verse word die digterlike ongemak met die mens vanuit talle hoeke belig, maar nêrens word daar voorgegee dat die mens ooit "geken" kan word nie. Met die medium van woord en paradigma bekyk die digter die mens soms satiries, dan weer parodiërend, dan met weemoed, en ander kere met humor en begrip vir die mens en sy sondes. Die vyf afdelings gee slegs in breë terme 'n kategorie-indeling van die bundel weer. Regdeur die bundel loop 'n goue draad van intertekste, en die digterlike stemme wat saampraat, word op hulle beurt deel van die mense wat hierdie bundel bevolk.

“Die berggans het 'n veer laat val”duidelik verwys die woorde na Boerneef se bekende vers. Die algemene tema binne hierdie afdeling betrek die natuur as vertrekpunt, maar dit word telkens gelei na die mens, dikwels baie subtiel.

'n Kwatryn uit hierdie afdeling dien as goeie illustrasie:

"Weef"

Die vinkneste wieg bo die watervlak
soos druppels immer gereed om te val.
Ons drome reik deur tydlose ruimtes
terwyl ons geanker bly aan wal. (18)

Op die oog af 'n bra tradisionele vers, maar die kontras tussen die vinkneste wat prekêr bo die water hang en die drome wat tydloos swerf, maak ook verdere moontlikhede oop. Vinkneste en drome beweeg albei, maar sou die vinknes val, beland dit in die water. Die beperking bly gelokaliseerd, maar die mens se drome gaan verby die lokale, die tyd en die ruimte. Tog is die mens se drome, sy gees, meer beperk as die vinkneste, want die mens bly geanker aan die wal. In fisiese sin is die vinknes minder geanker, vryer, as die mens, wat in sy gees oral kan beweeg, maar, anders as die vink, nie eers bo die watervlak kan opstyg nie. Die gedig word beeld van die mens in sy geestelike gevangenskap, en die paradigma van vinknes = watervlak = anker = wal trek saam tot 'n dam, 'n beperkte waterruimte waar die mens droom, 'n idilliese prentjie by die damwal. Alhoewel in geen opsig direkte interteks nie, roep dit die beeld op van Van Wyk Louw se gedig "Nog eenmaal wil ek in die skemeraand" (Nuwe verse) waar die klippie wat die seun (volwassene) met sy rekkie óp in die donker skiet, weer uit die donker in die donker water plof. Die idee dat die klippie nie verder kan beweeg as die water van die dam nie, sluit aan by die De Lange-vers. Die eerste afdeling kan gelees word as natuur- en metafisies gerig.

“Palissander" – 'n subtitel wat aansluit by Boerneef se bundel Palissandryne. Palissanderhout is 'n baie harde Brasiliaanse hout, en by Boerneef is "my blokfluit van palissanderhout" en dan word "palissander" die fluitspel: "My blokfluit is van palissanderhout/ daarom speel hy so palissander/ ... ek trek dit my nie in die minste aan/ as niemand palissandertaal verstaan." Boerneef ontwikkel sy eie paradigma rondom palissander: hout = fluit = fluitspel = taal = gedig.

By elke afdeling haal De Lange "motto’s" aan; by dié afdeling is dit 'n aanhaling van Robert Graves:

Love is a universal migraine,
A bright stain on the vision
Blotting out reason.

Hierdie afdeling wentel om die gebrek aan rasionaliteit as dit by die "skunnige" dinge kom. 'n Pittige voorbeeld is:

"Eros"

Dit stoot & beur in die skram, & gryp
handevol vlees, agternekke vasgeknyp
in die reet. Lense rek, & kykers, perpleks,
begryp sport is Eros sonder seks. (28)

Die speelse trant van hierdie kwatryn gee woorde aan wat baie in 'n ligte luim dink. Rugby is nou maar ten ene male 'n sportsoort wat besonder lyflik is. Dit is goed dat hier 'n keer gespot word met hierdie hoogheilige liefde van die rugbyliefhebbers. Regdeur De Lange se oeuvre speel die erotiese en meer direkte seksverse 'n groot rol. Enersyds dui dit op die openheid en volwassenheid wat in die Afrikaanse letterkunde binne hierdie genre bereik is; andersyds gee dit woorde aan die lyflike drange van die mens, 'n basiese drang by elke stukkie mens- en dierlewe. De Lange is, saam met Joan Hambidge en Hennie Aucamp, toonaangewend op hierdie terrein. Al hierdie digters/skrywers is geoefende woordkunstenaars en skram nie weg van die realiteit van taal in al sy vorme nie. Hulle hou egter binne beskaafde norme van taalgebruik en sonder om noodwendig eufemisties te skryf, is hulle werk hoegenaamd nie subtiel nie. As 'n mens die erotiese verwysings by die twee grotes, Opperman en Van Wyk Louw, lees, was daar 'n begryplike huiwering om meer brute terme te gebruik. Lees gerus weer die verkragtingstoneel in Opperman se "Brandaan-siklus", of talle verse in Louw se Tristia – groot poësie met pragtige beelde. De Lange en ander jongeres gee hulleself die vryheid van groter direktheid. By De Lange, soos by Aucamp, is die erotiese verse/verhale ingestel op manlike erotiek, of gay-temas. Hulle volg die voorbeeld van talle internasionale skrywers. Terwyl instansies soos die meeste hoofstroomkerke, ook die NG Kerk, steeds die menswaardigheid van gay mense ontken, het digters soos Johann de Lange hierdie menslike kondisie oopgeskryf. Soms effe brutaal, maar dit het die sosiale onreg sterker beklemtoon.

In "Twee vryverse vir Joan op 60" (39) gee die digter 'n inventaris van seksuele ervarings, digterlik kunstig en kundig verweef. Die leser maak kennis met onderwysers, predikante, ou ooms, 'n lugmagoffisier en dese en gene op allerlei plekke van urinale tot die kerkhof, wat gretig was vir die seksspel. Die gedig beklemtoon basiese drange by die mens; dit maak korte mette met skynheiligheid en verskansings. Blatant eerlik word dit sosiale kommentaar op die algehele prentjie van seks. Dit verwoes die houding wat Aucamp so raak gestel het in sy vers oor Raka waar die mens die seks geniet met al sy emosie, maar "trek jou dan blasé opsy". De Lange ruk die lakens af en bring in hierdie eerlikheid die mens gekonfronteer met homself.

III. “Vals bodems” – verdere gesprekke met digters. Die motto by afdeling III is van Roland Barthes: “Language is a skin”: "I rub my language against that of the other. It is as if I had words instead of fingers at the tip of my words. My language trembles with desire." Woorde het ook 'n sensuele dimensie.

In hierdie afdeling word daar ook satiries en skepties gekyk na digters en hulle hebbelikhede. Die digkuns as 'n spel met die muse staan sterk voorop. Die spottende toon van die volgende gedig kom tuis onder die dubbelsinnige titel "Opsteek":

I.

Snags onder die Suidersterre wag ek
met papier & ink, gereed vir die bedryf:
sou die muse perdalks hier verbyswiep
pluk ek 'n lang stertveer uit & skryf.

dis tussen die wind & die veer
wat die vers gebeur.

Nog meer so vir die digter wat in die nag wag vir die muse om inspirasie te bring. Baie deftig onder die Suidersterre wat groot en wydse temas oproep, wag die digter vir die openbaring om die universum met die woord te ontsluit. Die noodsaaklike bestanddele vir skryf is gereed vir die digterlike bedryf wat 'n lewe in beslag neem. Maar dan wag die digter om maar slegs 'n stertveer te kan uitpluk en die woorde te laat rol.

TT Cloete (foto: Naomi Bruwer)

Die tweede deel van hierdie bekoorlike spotvers gee aan die gedig 'n erotiese kleur. Hierdie ontluisterende klein vers oor die waardigheid van die inspirasie om die horisonne onder die Suiderkruis en Suidersterre in grootse perspektief te bring, gebeur maar net tussen die wind en die veer met al die skunnige moontlikhede wat dít insluit! Opperman het dikwels gesê dat inspirasie maar 'n klein deeltjie van 'n gedig uitmaak; die werklikheid is perspirasie. In 'n bundel waar die intertekstuele gesprek tussen die digter en talle ander digters so spontaan voorkom soos in hierdie bundel, kan dit 'n leser ook laat dink aan Opperman se "Nagwag" wat begin met die reël: "Hy kom met flits en Suiderkruis ..." Hierdie gedig van Opperman het politieke ondertone, maar dit kan inderdaad ook dui op die digter wat die geweld van die gees moet oopskryf.

Hierdie afdeling bring ook deernisvolle hulde aan TT Cloete in "Plaasmiddag, Vredefort-distrik" waar die rustigheid van die plaas 'n soort “in memoriam” vir Cloete word. Ook bevat dit 'n parodie op en 'n hartseervers vir Boerneef:

"Boerneef Redux"

Die berg het 'n gansveer laat val
nié by Wuppertal, nóg die haai karoo
maar by 'n plek waar mense nie langer
aan sendelinge glo
ek stuur vir jou gans die veer
ek soek nie langer ganse
sonder verse nie
mits dese wil ek vir jou sê
hoe vlak my trane oor jou lê. (68)

'n Uitmuntende voorbeeld van poëtiese inversie. Die interteks is Boerneef se gedig "Die berggans het 'n veer laat val". Dié gedig dien reeds as 'n mottovers by die eerste afdeling. In die De Lange-vers word dit opgevolg in die derde afdeling waar dit die slotvers van die afdeling is. In die De Lange-teks is "die berg" die onderwerp of die agent; die ruimte skuif weg van Wuppertal en sy sendelingverlede, wat dan vir C Louis Leipoldt in die teks inbring, en die assosiasies beweeg weg van sendelinge en tradisionele geloof. Die gans (berggans) word die ontvanger, die ek (digter) is die versender, en die veer dien nie meer as liefdesbetuiging nie, maar as bewys van rou en hartseer. Die inversie begin deur die omkeer van die veronderstelde sintaksis, daarna beweeg dit van fisiese ruimte na 'n leë ruimte (ongeloof), en dan word die “jou” vir wie die gansveer bedoel is, die digter Boerneef. Die droefheid oor die woordwêreld van Boerneef bewys ook liefde, liefde vir die woord en die sensitiwiteit van die woord. Die rolle van die vermeende twee figure in die oorspronklike Boerneef-teks word nou De Lange en Boerneef, maar in inversie. Leipoldt word, soos Boerneef, betrek in 'n drieluik van digters wat praat met 'n sobere eenvoud en eerlikheid wat geen plek bied vir pretensie nie, wat die verwikkeldheid van die mens in eenvoudige en instinktiewe emosies probeer begryp.

Sheila Cusson (bron: sahistory.org.za)

Die inversie in hierdie gedig dui ook op die spontane intertekstualiteit by Johann de Lange. Die interteks is by hom 'n gegewe, en tekste kommunikeer gemaklik met mekaar. In die verruklike en groot tweedelige gedig "Nelson Mandela (1918–2013)" (89-90) skryf die digter oor hoe Mandela, byna sonblind, sy droom van vryheid en 'n inklusiewe demokrasie "moes vrykap uit metamorfiese klip", dit stelselmatig laat ontwikkel het. Dan lui die teks verder: "Soos die melaatses het hy hier gekap/ ook óngekaarte streke van die gees verken, ver en vry buite port." Heel spontaan korreleer hierdie gedig met Opperman se "Nagwaak by die ou man" (Negester oor Ninevé) waar 'n jongeling uit hom (die ou man) hom bevind voor bosse van 'n nuwe land, maar hy sal weet, soos sy voorvaders, "die streke van die gees bly ongekaart". So ook was vir Mandela die nuwe land wat sou volg, geensins planmatig bepaal nie, maar uit verskeie etniese groepe moes die nuwe streke van die gees verken word.

“Aansterflik”tegnologies en ruimtelik gerig. Die subtitel dui ook op sterflikheid, dinge wat verbygaan, en sinspeel ook op “aansteeklik”. Vooraf is daar twee motto-aanhalings: die een uit Sheila Cussons en die ander uit DJ Opperman.

Die Cussons-aanhaling bevat die titel van die bundel:

God vindloos vir die teleskoop
gee Hom aan die vinger oor
wat saggies soek oor 'n okkerneut
of 'n hunkering se grein.

In die gedig "Ramifikasie" word die verbeelde vinger van God gevolg soos dit oor die menslike gees beweeg:

Ek dag die gees is rein,
& wit soos 'n lelie
of soos linne, 'n evangelie
wat skyn van binne.

Onverdeelbaar. Maar wit
is veelvoud, 'n reënboog
van kleur, elk enig & een-
voudig. Klaar. (78)

Die titel dui op die versteuring van die verwagte beeld van volkome suiwerheid. Met die soeke na die mens se aard en sy gees is die vertrekpunt om die mens se grein noukeurig na te loop, met die hunkering na die wit, die skoonheid. Daar word gedink dat die gees so suiwer soos 'n blom sal wees, of so skoon soos wit linne. Maar linne suggereer ook die bed, en die bed suggereer slaap en seks. Die evangelie moet die suiwer boodskap van verlossing bring, vry van die gevangenskap van menswees en sy onsuiwere denke en dade. Die evangelie moet so skyn dat alles wat onsuiwer is, helder en oop sal word. Helaas, wit is egter nie maar 'n enkele kleur nie: wit is 'n verskeidenheid van kleure; wit is 'n "paradigma" van skakerings. Alles is verdeelbaar, en die suiwerheid van gees is onderworpe aan al die kleure met hulle reënboog van emosies en instinkte. Inderdaad 'n ramifikasie binne die grein, en die hunkering bly net ‘n hunkering.

De Lange se vers het 'n suiwer metafisiese onderbou. Die metafisika is oral in die bundel voelbaar, soms sigbaar, maar altyd subtiel. Alhoewel dit nie as 'n direkte interteks kan geld nie, is 'n kwatryn van Boerneef ter sake:

Hoe jy ook al prakseer en dink
om almelewe helder wyn te skink
die vaaljapie foeter al tussenin
dis frank en troewel wat mens drink. (Palissandryne)

Die Opperman-aanhaling by hierdie afdeling kom uit die gedig "Vigiti Magna":

... wie klippe in Sy mure pas
ken die rustelose borrel in die waterpas.

Hierdie beeld kan inderdaad van toepassing wees op De Lange se bundel. Ook in 'n Hunkering se grein is die woorde telkens waterpas. Maar die netjiese bouwerk is konstant bewus van die "rustelose borrel" in die waterpas. De Lange se bundel beweeg tussen die helderheid van die woord enersyds en die troebel waters andersyds. Dit is 'n bundel van en oor die woord, en vir en oor die mens. Vir die resensent is dit frustrerend dat 'n resensie nie die vryheid laat om noukeurig na elke gedig te kyk nie.

“Die swaartekrag van as” – die sentrale tema is verganklikheid. Met die verganklikheid stap hand aan hand die patos. Soos van die dood, ontkom die mens ook nie van sy patos nie. In hierdie afdeling is 'n pragtige toevoeging tot die Marilyn Monroe-tekste in Afrikaans, by name die verse van TT Cloete en Joan Hambidge; die Mandela-tweeluik; 'n aangrypende vers oor Michael Jackson; en een oor prinses Diana. "MM" (87) is een van die allermooiste poëtiese uitdrukkings van patos in Afrikaans:

"MM"

In twee rare filmgrepe onlangs opgediep,
proefskote vir 'n assuransiemaatskappy,
pruil Marilyn Monroe platinumblond
vir die lens wat gluipend inzoem op haar hals,

haar lag wat niks verklap:
in een greep dra sy 'n silwerwit rok,
in die ander 'n knalrooie
wat noupassend om

versekerde kurwes sluit.
In nabyskoot vermaan die mond, "Ek haat nalatige mans."
Los praatjies, briewe, minnaars wat vals
ontboesemings verkwansel, drie keer voor die kansel,

& die rooi dagboek wat haar swye verbreek,
haar geheime uitlap, haar leed.
Die outopsiefoto's aan die pers gelek,
stroop haar, vlekkig en indiskreet.

Marilyn Monroe (foto: wikipedia)

Die titel, bestaande uit net haar voorletters, stroop klaar die mens van haar naam. Sy word op drie maniere waargeneem: in twee filmgrepe bedoel as deel van 'n advertensie, in 'n nabyskoot, en op outopsiefoto's. Die gedig het op die oog af die vorm van 'n losse sonnetstyl, met vier kwatryne. Die eerste agt reëls konsentreer op haar voorkoms en die rokke wat sy dra. Die tweede kwatryn sluit nie in sigself nie, maar loop enjambementies oor na die derde kwatryn. Die rede is voor die hand liggend: dit lei die aandag na die noupassende sluit om die versekerde kurwes. Hierdie vrou is konsekwent gesien as 'n sekssimbool en met die oorgang van die tweede na die derde kwatryn word hierdie algemene siening saamgevat. Die enjambement verrig dié taak met woord en vorm. Die bekende Monroe-beelde is almal hier: pruil, platinumblond, die nousluitende en uitdagende rokke, en die versekerde kurwes. In die derde kwatryn word bespiegel oor haar houding oor mans, en word haar ervarings met mans in al hulle valsheid aangesny. Die woord "nalatig" word hier in 'n geassosieerde betekenis gebruik – dit sluit etlike oppervlakkige en vals optrede teenoor haar in. Tot op daardie punt in die gedig is Monroe die glansryke en begeerde vrou, maar ook reeds het die "vaaljapie" die suiwer wyn begin verdring, is die gees nie net wit nie. Die gedig lei die leser stap vir stap tot 'n beeld van Monroe as eintlik 'n eensame vrou, begeerlik én verwerpbaar. Sterk woorde met ewe sterk gevoelswaarde, soos “nalatig”, “verkwansel” en “vals” beweeg van die glansryke beeld oor na die patetiese beeld, eerder beeld van patos, weerloosheid. Die rooi dagboek lap haar geheime uit, verbreek haar swye en versterk die beeld van haar as 'n verdwaasde vrou. Die laaste twee reëls van die gedig, eintlik 'n slotkoeplet, bevestig haar uiteindelike patos. Outopsiefoto's neem alle glans weg; dit stroop ook menslikheid. Dit wys die vlekke op die mooi lyf, dit versteur alles wat haar gekenmerk het. Hierdie vers is perfek gekonstrueer en praat uiteindelik ook verby Monroe. Selfs die uitbeelding van Monroe se patos word 'n beeld van die verwese mens. Steeds bly sy geskei van individualiteit, van haar menswees. Dit is volkome ontbloting van die liggaam en die gees.

'n Kwatryn in dieselfde afdeling gee 'n indringende en feitlik pynlike beeld van gestrooptheid.

"Werf"

Hadidas skeur die rooidag
oop – skryn soos trokke
in 'n rangeerwerf
staal op staal, tot in die nerf. (91)

“Rust-mijn-ziel: 'n hartseerwals” – elegiese verse, veral oor Hennie Aucamp. Die afdeling bevat ook parodieë wat aan die hartseerwals sy humor besorg. Met 'n gedigtitel "Gewis is alles net 'n grap" (Eugène Marais) en met duidelike verwysings na Leipoldt word ouer digters deel van die gesprek in die bundel. Daar is ook 'n innige kwatryn oor die dood van Adam Small, en met aansluitings by Van Wyk Louw en ook weer Boerneef en Opperman, word die afdeling 'n soort heldeakker van groot digters. Die elegiese toon word deurgaans gehandhaaf, selfs in die humor.

"Twee blaaie geskeur uit Groot Verseboek"

met liefde & apologieë all round

I.

Die trilpoplier het 'n blaar laat val
van die hoogste tak bo jou balkon,
die wysters van die dag het stil gaan staan.
Ek hou vir my dié trilpoplier se blaar,
mits dese wil ek vir jou sê
hoe hoog en laag my liefde vir jou lê.

II.

Jy't weggedros & jy plak nou
in die murasie op Rust-mijn-ziel,
die vensters gaap nog elke nag
oor die leë werf & in die niet

die werf is tolbos en sand & wind
& peperboom & sand
& wintermiddags voer niemand meer die woord
woorde is maar sterre in 'n swart wind verskiet. (108)

Die eerste deel van die vers voltooi die Boerneef-verwysingsiklus in die bundel. Die toneel verskuif egter van die hoogste punt by Wuppertal na 'n stadsbalkon, en die berggans en sy veer word vervang met 'n trilpoplier en sy blaar. Die poplier (populier) het 'n gelaaide simboolwaarde: populier is die vox populi en ook onder meer 'n boom van lewe en van heiligheid. Met die dood gaan staan die wysters van die dag, maar die aarde en sy seisoenswisselinge gaan onverstoorbaar voort. Maar die populierblaar word nie gestuur nie, maar gehou, en word teken van 'n diep liefde wat nou stol in die tyd.

Die tweede deel van die gedig speel in op Van Wyk Louw se "Jy't weggegaan en jy bewoon 'n silwer herberg in die sneeu" uit Tristia. Die Louw-gedig dui op 'n verlore liefde en vertoon 'n ritme van verdriet en verlatenheid. By De Lange het die gestorwene gedros en plak nou in die murasie op die familieplaas. Liefdesverlies het oorgegaan in doodsverlies. Oënskynlik is daar verwyt oor die weggaan van die dooie, en woorde soos “dros” en “plak” is oënskynlik ongevoelig. Maar dan keer die weemoed terug, en “die vensters gaap nog elke nag oor die leë werf”. By die Louw-gedig is daar die romantiese toon van die leë blink vensters van die geliefde se vertrek, maar die dood het geen romantiek nie. Hierdie vensters kyk nie net oor die plein nie, maar in die niet. By Louw is die plein beeld van troosteloosheid en is die plein "boom en wind en boom en wind en wind/ en wintermiddag voer daar iemand die meeue krummels teen die wind". By De Lange word dit 'n Karootoneel met wind, sand en peperboom. Ook hier is daar geen romantiese klank nie, maar die woorde is self beeld van 'n geharde en fundamentele wêreld. Die plein is harde plaaswêreld, werf. Daar is ook nie die beeld van vereensaming in die “iemand” nie, maar die ruwe werklikheid van “niemand”. Hierdie niemand voer ook nie meer die woord nie, want woorde verskiet soos sterre in die wind van die dood. Waar die Louw-vers romantiese weemoed oproep, bring De Lange die ruheid van die dood en verganklikheid tuis. Dit maak die vers selfs nog meer aangrypend, sterk aards in die voldongenheid van dood.

4. Nulpunt

Hierdie bundel verloop nie siklies nie. Die fyn woord, die spot en die nostalgiese loop eenlynig. Uit die woord, die beeld, die gesprekke met veral gestorwenes gaan alles na 'n nulpunt. Die bundel is geensins nihilisties nie; daarvoor is die mag en die skoonheid van die woord te universeel; ook die pyn van menswees te geldig, te wesenlik. In Van Wyk Louw se woorde:

Ringmure wit om wingerde
ons hart bly soos 'n ring gesluit
maar oop en buite bakens is die pyn. (Tristia)

Uit die simbiose tussen woord, lewe, dood en metafisika vloei die paradigmas in hierdie uiters besonderse bundel, 'n ware kleinood in die Afrikaanse poësie. Die omslagontwerp bring Afrika en die Westerse wêreld bymekaar, die tipografie verbeeld keurigheid en liefde vir die woord en taal. Die gedig "Ikarus Redux" op bl 17 bring die sentrale temas van die bundel in perspektief:

"Ikarus Redux"

Erta Ale, Ethiopië

Die helikopter met kameraman
& ander lede van die span
sweefhang bo die krater:
'n gloeiende vurige pan
halfvol pruttende klip
wat ópklots teen die lip,
& geel rookpluime
wat uit skeure sis.

Dan stol die rotor & kantel –
die vliegmasjien stort neer
op die vloeiende vulkaanvloer.
Die staalblink naaldekoker
smelt weg sonder 'n klank,
terug na sy elementale moer.

Die mitologie, wat, volgens Borges, die begin en die einde van letterkunde is, word hier verbind met die moderne tegnologie. Volgens die legende is Daedalus en sy seun Ikarus  gevange gehou deur Minos, die koning van Krete. Die pa het vlerke ontwerp waarmee hulle kon ontsnap en wegvlieg. Ikarus het te na aan die son gekom, die was wat die vlerke vasgehou het, het gesmelt, en hy het neergestort in die Egeïese see. Daedalus word as die meester van vakmanskap beskou. Die titel bring drie wêrelde bymekaar: Afrika, die Klassieke wêreld en die kuns van ware vakmanskap. Die legendariese aard van die gegewe verteenwoordig die woord en die ritueel van verse maak. 'n Helikopter hang oor die aktiewe vulkaan in Ethiopië met onder meer 'n kameraman wat die toneel op film moet vaslê, "kuns" daarvan moet maak en aan die wêreld moet vertoon. Die krater is vuur en klip en rook, en dit sis onheilspellend. In sy geheel 'n ontstellende gesig, maar volkome aards, volkome deel van fundamentele Afrika. Deel van die land, soos die stof, die wind en die peperboom op Rust-mijn-ziel. Inherent is die vulkaanoppervlak gestroopte en gelouterde aarde, tegelyk lewe én dood.

Soos 'n naaldekoker oor 'n dam hang, maar ook heen en weer flits, so hang die mensgemaakte naaldekoker bo die gevaarlike vulkaan. Die beeld van die naaldekoker is een van brose natuur, die vulkaan een van die natuur in sy grofste gedaante. Die beeld breek soos 'n naaldekoker vinnig wegskiet, maar vir die helikopter met sy gebondenheid aan menslike vakmanskap is daar nie die bevryding wat eie is aan die naaldekoker nie, en die helikopter kantel en stort neer as sy rotor stol. Die mens en sy skepping het geen verweer teen die verwoestende mag van die natuur nie. Die ewewig en die prekêre kondisie van menswees is teen hierdie groter mag nie bestand nie. Die staalblink naaldekoker smelt weg soos die was aan Icarus se vlerke, sonder geluid, sonder die moontlikheid van 'n angskreet, heeltemal magteloos. Die helikopter – lees ook “mens” –  keer terug na sy elementale moer. “Moer” kan dui op 'n beginpunt, ook op 'n metaalblok, of afsaksel, droesem. Al hierdie betekenisse kan ter sake wees in hierdie vers, maar dit kan ook dui op die kras uitdrukking: "Gaan in jou moer", of die verbale gebruik: "Ek moer jou." Die elementale beperk egter die betekenis tot die begin of die einde van lewe. “Elementale” kan dui op die elemente waaruit die helikopter vervaardig is, maar eerder op die mens in sy weerlose toestand. Dan word dit meer as 'n ongeluk en die dood, maar verwys dit ook na die mens wat in sy vakmanskap en tegnologiese kennis nietig staan teenoor die natuur. In die loop van die bundel speel die natuur 'n beduidende rol om tot kennis van die self te kom, en 'n semantiese oorgang om tot by die volle konsep van gedig te ontwikkel, maar in hierdie vers is daar 'n inversie wat die teenoorgestelde suggereer. Alhoewel hierdie gedig 'n harde en selfs siniese aanslag het, is die kern ontstellend, apokalipties en elegies.

Vincent van Gogh (bron: wikipedia)

In "Vincent van Gogh, twee stoele" (65) het die eensaamheid van Van Gogh as kern. Sy vriend en gespreksgenoot "vat die pad" en Van Gogh skilder twee stoele: een wat wag vir sy lyf met die pyp reggesit, die ander stoel leeg, wat nie op 'n terugkeer wag nie:

Twee stoele, rug aan rug
of teenoor mekaar: beide swyg,
is uitgepraat, die een
het die ander afgeskryf
& stilte is soos 'n wig
tussen twee lewens ingedryf.

'n Hunkering se grein is 'n veelkantige bundel en plaas telkens die fokus op 'n verdere aspek van die mens en sy pyn en eensaamheid. Die bundel is ‘n viering van die kriptiese woord, maar ook van die gelaaide woord. Dit deel die taalspel met, en van, ander digters, maar is uiteindelik eg menslik en persoonlik. In een woord: 'n pragbundel.

As 'n naskrif van Boerneef:

Oom Jampie Bedroef is 'n neerslagtige mens
hulle sê hy was van kleinsaf so
'n stilweg man 'n eenkant ou
dink sy ding en hou hom innie mou
oom Jampie is 'n ompaarman
hy sê hy weet dikwerf g'n raad nie
daars te baie skemer te weinag lig
voor die mensekind se aangesig. (Palissandryne)

Henning Snyman

The post LitNet Akademies-resensie-essay: 'n Hunkering se grein deur Johann de Lange appeared first on LitNet.

Viewing all 1797 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>