Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1782 articles
Browse latest View live

Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

$
0
0

Ek wens, ek wens
Zirk van den Berg
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708558

Ek het ter voorbereiding vir die skryf van hierdie resensie ’n tweede slag Zirk van den Berg se Ek wens, ek wens gelees. Die konteks van my tweede leeservaring is voorwaar wêrelde verwyder van voorheen. ’n Mens kan nie anders as om tydens iets soos die staat van inperking weens die koronavirus te wil wegbly van ’n meer sombere soort leesstof nie. Wanneer jy besef dat Ek wens, ek wens handel oor ’n lykbesorger, Seb, en dat die roman nogal uitwei oor die besonderhede van dié karakter se makabere werk, is dit dan moeilik om te verstaan waarom die omslagontwerp van die roman juis so kleurvol is. Waarom sou ’n mens nou sake van die dood met sulke kakelbont kleure wil illustreer? Nie lank ná ’n mens begin lees nie, besef jy egter dat die voorblad ’n soort herout is wat die heerlik ongewone aard van hierdie teks aankondig. "Lees voort!" roep hy. "Jy gaan verras word."

Sebastian Walters is ’n man met ’n voorspelbare loopbaan – so voorspelbaar soos die onvermydelike reëlmaat van die dood. Wat die res van sy lewe betref, is dinge saai. Hy woon saam met sy vrou, Helen, en twee tienerkinders, Josh en Katrina, en hy is ongelukkig in die huwelik en het ’n slegte verhouding met sy kinders. Na ’n kwarteeu as lykbesorger by White Lily Funerals dink hy daar is byna niks van die dood wat hom nog kan laat skrik of mislik voel nie. Hierdie ingesteldheid word duidelik uitgebeeld deur sy geoutomatiseerde omgang met die prosesse van die dood: die teraardebestellings, die uittap van bloed en ander liggaamsappe, die opstop en was en vaswerk en herbou van verminkte lyke – alles nogal sonder sensasie, en boonop goed deur die skrywer nagevors en op saaklike wyse in die roman uitgestippel.

Seb se eentonige wêreld verander egter wel op ’n dag nadat hy met die sonderlinge agtjarige seun Gawie (kort vir Gabriël) in aanraking kom. Ek wil niks bederf nie, en daarom wil ek nie te veel uitwei oor die besonderhede van dié seuntjie se impak op Seb se lewe nie, maar met die verskyning van hierdie klein wese bring hy vir die hoofkarakter ’n soort tyding. In die gevolglike sprokiesagtige gebeure maak die leser dan die ontrafeling van hierdie tyding mee.

Die omslagontwerp (deur Joey Hi-Fi) stel ’n Rubik-kubus voor en bied ’n mooi samestelling van kleiner illustrasies in rooi, turkoois, geel en groen, wat opvallend gekontrasteer word met ander beelde in swart, wit en grys. Dié beelde is ’n visuele leidraad waarmee die leser die romaninhoud betree. Die kriptiese illustrasies word goed in die narratief uitgewerk, en sodoende word ’n effektiewe skakel met Van den Berg se prosa geskep. Dit is lanklaas dat ek gedink het dat die omslag en die inhoud van ’n roman so doeltreffend met mekaar skakel.

Die teenstelling van die gewone en die merkwaardige wat deur die omslagillustrasie gesuggereer word, word dan ook aangetref in sekere beskrywings in die roman, soos in die verteller se waarnemings by ’n begrafnis: "Stemme verrys in samesyn, ’n swaarmoedige lied, en Seb kyk na die mense rondom die graf. Hulle is ook onder die waaksame oog van ’n klipengel wat op die graf langsaan pryk. [...] Hulle sing vir die lae wolke, miskien verbeel hulle hulle dat God in die grys newel luister, dat Hy reëndruppels huil [...]" (bl 8). En dan, verderaan: "Die eerste mense breek van die groep af weg, hou mekaar aan die elmboog of om die skouers vas. Sambrele flap oop, swart en blou en skelrooi, ’n gele met ’n smiley face op" (8–9). Dit is nie net deur sulke visuele teenstellings nie, maar ook deur die volgehoue fokus op die kleure van sekere dinge, soos kledingstukke, voertuie, ens, dat die leser gelei word om as ‘t ware saam met Seb met ander oë na die alledaagse te kyk.

Wat gee betekenis aan ’n lewe? Hoe kan ’n mens verhoed dat jy nie vasval in die versmorende alledaagsheid wat jy óf is, óf wat jou omring nie? Ek wens, ek wens stel belangwekkende vrae – al is daar sodanig niks nuut aan dié soort bepeinsing nie. Wat die roman egter onderskei, is die aanbieding van die verhaalwêreld waardeur hierdie vrae verken word. Die storie handel opsigtelik oor die dood – ’n lykbesorger en die huiweringswekkende wêreld van die begrafnisbedryf – maar dit is eintlik verbasend gepas dat so ’n aardige narratief uiteindelik heelwat te sê het oor die lewe, ten spyte van sy bemoeienis met die dood.

Van den Berg se roman is ’n genot om te lees, is met tye verstommend snaaks, en bied – veral nóú – ’n greintjie beskeie hoop.

The post Resensie: <em>Ek wens, ek wens</em> deur Zirk van den Berg appeared first on LitNet.


Review: Sing down the stars by Nerine Dorman

$
0
0

Sing down the stars
Nerina Dorman
Publisher: NB Publishers
ISBN: 9780624087489

Epub ISBN: 9780624087496

Sing down the stars is a novel that takes place on a distant planet in the far future, where people with colour-changing skin and facial tentacles are commonplace – but, in steps our heroine, Nuri, a girl considered to be a freak for having pointy ears. If you are both unbothered by this irony and intrigued by the above line – my favourite in the book – then this tale of found family and embracing identity might be your next read.

Nuri believes that her fate is never to be anything more than "space trash", but one day a strange telepathic call beckons to her, leading her towards a once-in-a-lifetime opportunity she couldn’t have conjured up in her wildest dreams. But, to fulfil her destiny, she must first prove herself against the Chosen, a group of elite students, advanced in intelligence and combat training – as well as wealth – as they all compete for the prestigious chance to bond with a Star Jumper nymph in the coming emergence and become one of the most powerful and respected figures in the galaxy – that is, if it’s even her destiny at all.

Sing down the stars kicked off with a mediocre start, drastically shifted in pace between breakneck and positively glacial throughout the middle – becoming particularly frustrating in one section, where the main character would find herself in the hospital every few pages – and turned into Dorman finally finding her stride from the eighteenth chapter onwards, finishing on a high note – though the final chapter did feel somewhat rushed in places. My personal belief is that enough had been left unanswered to lure the reader into desiring the sequel being set up by the eventual cliffhanger ending, but instead of leaving it at that and keeping her audience on the line for a bit, Dorman instead decided to give several hurried explanations, leaving us with far less to wonder about and making the idea of a sequel somewhat less appealing than it had been a chapter before.

My biggest concern with the novel, however, is that it seems not to know what it wants to be. The author markets the book as homage to the sci-fi epic franchise Star wars, but is more concerned with describing petty high school rivalries between the "Nasty Girls" and the classic outcast protagonists, than really taking any time to explain what exactly the function of a Star Jumper is.

Though the sticker on the back may say "Young adult", I am inclined to believe that the heroine’s age and childish mannerisms, as well as those of her friends, point towards a much younger target audience. It is the style of writing, not the subject matter, however, that likely pushes the novel up a few age brackets, Dorman choosing to litter her pages with random bursts of over-the-top vocabulary that feel out of place in an otherwise fairly simple style of storytelling.

There is, of course, nothing wrong with a simple story and style of writing; in fact, the book seems to draw many parallels with other famous works of the same genre that have found so much appeal with teenagers over the last 15 or so years. Dorman certainly plays on the tropes often associated with YA big names, to the point that one might not be too bold in thinking that Sing down the stars holds the potential to become South Africa’s own Divergent.

The question is not one of Dorman’s capabilities as a writer; she shows ample ability to capture her reader’s attention, and shines especially in her fast-paced action sequences. The problem lies within her ability to hold said reader’s attention. The book’s "chosen one" plotline often struggles to feel unique, and therefore is not as engaging as the author may hope it to be, instead subjecting us to convenient plot devices, one-dimensional side characters and a typically flawless heroine, making any scene not drenched in action rather boring to drag through for anyone above the age of 14.

My general consensus is that the book, though not perfect, contains an interesting backdrop for an okay story, but would have worked much better if aimed at a 9–12 demographic.

The post Review: <em>Sing down the stars</em> by Nerine Dorman appeared first on LitNet.

Resensie: thomas@-boekreeks: Omnibus 1 en 2 deur Carina Diedericks-Hugo

$
0
0

thomas@-boekreeks: Omnibus 1 en 2
Carina Diedericks-Hugo
Uitgewer: LAPA

Hierdie boekereeks is seker een van die lekkerste reekse om tydens ’n nasionale grendeltydperk te lees. En wat is beter as ’n boekreeks? ’n Boekreeks in omnibusvorm!

Die thomas@-reeks is nogal gewild. Dit het selfs tot ’n televisiereeks gelei en is in 2013 en 2014 op kykNET uitgesaai. Van die bekende akteurs wat deel was van die produksie is Joanie Combrink, Andre Weideman, Paul Loots, Johan Anker en Zenobia Kloppers, wat onlangs in die 2019-weergawe van Fiela se kind in die titelrol te sien was.

Die skrywer, Carina Diedericks-Hugo, is ’n gerekende kinder- en jeugboekskrywer. Sy het vir ’n aantal jare in die uitgewersbedryf gewerk, maar het onlangs die wynbedryf betree en werk tans as bemarkingsbestuurder in die Stellenbosch-omgewring. Van haar prominentste publikasies sluit in Koning Henry (2003), wat bekroon is met ’n ATKV-kinderboektoekenning, Die verdrinking van Josua van Eden (2008) en Permanente ink (2011), ’n naaswenner in LAPA se jeugromankompetisie. Verlede jaar het sy ook ’n roman vir volwassenes die lig laat sien, Karaktermoord (2019). Die thomas@-boeke is steeds van haar bekendste en gewildste publikasies.

Die hoofkarakter, Thomas Steyn, is ’n tienerseun wat in Kaapstad woon en saam met sy vriende verskeie opwindende avonture beleef; van kuberkrakers, perlemoenstropers en ’n moord, tot ’n spook wat ’n honderd jaar later nog in Thomas se Victoriaanse solderkamer ronddwaal.

Hierdie reeks laat ’n mens nogal terugdink aan die Maasdorp-reeks deur Stella Blakemore, die Sanri Steyn-reeks deur Theresa van Baalen en die Nova-reeks van Fanie Viljoen. Alhoewel die konteks van Maasdorp ’n bietjie uit die oude doos is, is dit onlangs (2004) vernuwe, en klein hinderlike aspekte soos tiekiebokse, langspeelplate en elektrisiteit is tot in die 21ste eeu gebring. Hierdie reekse word met Diedericks-Hugo se reeks in gesprek gebring omdat dit verhale met ’n sentrale karakter is wat in die meeste gevalle in die titels van die onderskeie boeke voorkom. Dit laat die leser toe om vriende te maak met die hoofkarakter totdat hy later soos ’n ou vriend voel.

Boekreekse was aanvanklik beskou as ’n slegte invloed vir die jonger leesmark, maar in die afgelope 20 jaar het hierdie opvattings verander. Met die koms van tegnologie, TV-reekse, rolprente wat op mekaar volg, soos die bekende Marvel-films, en rekenaarspeletjies, het die gewildheid van boekreekse ook toegeneem. Om nie eens te praat van die hoeveelheid boekreekse vir jong volwassenes wat as rolprente verwerk word nie (die Divergent-reeks, die Hunger games-reeks, ens).

Omnibus 1: thomas@moord.net, thomas@skerpioen.net en thomas@aqua.net

Die thomas@-reeks sal enige kranige leser se verbeelding aangryp. Alhoewel Thomas ’n seun is, sal meisies wat van avontuur en geheimenisse hou, dit ook geniet. Daar is natuurlik die nimlike Alex, van wie Thomas hou, maar hy sukkel om haar aandag te kry vir die regte rede – liefde, eerder as ’n historiese spook, raaisels of gevaarlike perlemoenstropers. Hannes is Thomas se beste pel en is altyd reg om hom te help. Thabo woon in die huis langs Thomas-hulle se nuwe huis en al is Thabo Engels, raak hulle goeie pelle.

thomas@moord.net

Met ’n nuwe gesin en ’n nuwe huis raak dinge net ’n bietjie te veel vir Thomas. Ten minste hoef hy nie van skool te verander nie en kan hy en Hannes nog lekker kuier. Die nuwe huis het ’n swembad en hy kry ’n solderkamer met ’n balkon. Dit kan seker nie te erg wees nie. Totdat daar snaakse dinge begin gebeur. Sy rekenaar werk sonder dat dit aangeskakel is en sy drukker doen ook snaakse dinge. Hy hoor in die middel van die nag voetstappe in die huis en Thabo sê sy ouma voel geeste aan daar by Thomas-hulle se huis. Met die hulp van Alex, Hannes, Thabo en sy sangoma-ouma, kom Thomas agter die kap van die byl: ’n moord wat byna ’n honderd jaar terug in sy nuwe slaapkamer gepleeg is. Beslis die adrenalien-lees werd!

thomas@skerpioen.net

Hierdie verhaal was vir my die beste uit die drie, veral omdat ek dit reeds op skool gelees het en dit ’n nostalgiese leeservaring was. Daar was verskeie aspekte wat my destyds as jong leser tot die reeks aangetrek het en my gemotiveer het om die res van die boeke in die biblioteek te gaan soek. Thomas en Hannes kry ’n nuwe rekenaarspeletjie om te toets by Harry, ’n aangename ou wat by die Cyber Tiger-internetkafee werk. Thomas besef dat daar wanneer hulle die speletjie speel gereeld ’n geheimsinnige skerpioen op die skerm verskyn, en hy vermoed daar ’n verbintenis met ’n rekenaarvirus wat die rondte doen. Wat nog meer verdag is, is dat een van hulle onderwysers vreeslik geïnteresseerd is in virusse. Stelselmatig ruik Thomas en sy vriende meer as net ’n skerpioen en met baie aksie word die skuldiges gevang. Thomas skraap ten einde die moed bymekaar om ’n groot vraag te vra ...

thomas@aqua.net

Thomas kry die geleentheid om sy verjaarsdag op ’n epiese wyse te vier – ’n langnaweek weg saam met sy vriende en gesin in ’n groot strandhuis in Kleinkrans. Maar soos gewoonlik gebeur daar ’n dinge wat Thomas se avontuurkliere kielie. Hoekom is sy pa nog so laat wakker en lyk hy deesdae soos opgewarmde, bleek sop? En wat gaan aan met Lukas? Eers wil hy nie saamkom Kleinkrans toe nie en nou daag hy sommer net daar op. Dan is daar nog die versteekte klein valdeurtjie in hulle slaapkamer wat na ’n massiewe rotspoel lei. Daar is ook ’n vreemde man wat besonders onbeskof is met Thomas in Kleinkrans se koffiewinkel. Wat is die ou se probleem en hoekom luister hy na Lukas? Die leser kry in hierdie aflewering insig in die realiteite van Thomas se pa se werk as prokureur en die gevare wat hulle werk inhou, asook in Lukas se huislike omstandighede. Die verhaal is vol avontuur en adrenalien. Natuurlik wil Thomas vir Alex beïndruk, maar kry hy dit reg? Jy sal maar moet lees en kyk.

As drie stories in een nie vir jou genoeg is nie en die thomas@net-gogga jou gebyt het, is daar nog ...

Omnibus 2: thomas@sms.net, thomas@aksie.net en thomas@nagmerrie.net

thomas@sms.net

Thomas en Alex het mos nou so soort van ’n ding aan, in sy eie woorde. Hy en Hannes word sommer vroeg al toevallig saam met ’n vreemde ou in ’n hysbak vasgekeer. Die ou lyk baie na die foto wat die polisie minute vroeër vir Thomas se pa aangestuur het van ’n reeksmoordenaar wat al ses vroue vermoor het. Maar hoekom is die ou hier in sy pa se gebou? Dan kom Thomas nog in die moeilikheid by die skool omdat hy vir Piet Senekal geslaan het. Nou is hy vir ’n hele week geskors! Dit net omdat hy vir Piet bietjie maniere wou leer wanneer dit by Alex kom. Dit was ook Alex se idee dat hulle almal aan die toneelstuk deelneem. Thomas vind dan ’n voetspoor in hulle spens; die ongenooide gas het nogal suiker gemors ook. En dan kry hy nog vreemde, dreigende SMS’e én Thabo se ouma stuur waarskuwings van slegte geeste. Hier is beslis iets vreemd en gevaarlik aan die broei. Lees en vind uit wie die grillige ou is wat vir Thomas agtervolg.

thomas@nagmerrie.net

Thomas droom van ... iets aakligs. Daar was ’n man, maar hy kon nie sy gesig sien nie, en daar was bloed aan sy hande. Dit gaan goed met hom en Alex, en hy kuier amper elke Vrydag by haar. Hannes se liefdeslewe swaai soos ’n pendulum tussen Marelise en die beeldskone Fleur Vermaak. Die ou het dit nou eenmaal nie goed met die skoner geslag nie. Dit veroorsaak wrywing tussen die vriende, want Fleur het net oë vir Thomas, en hy wil nie vir Alex verneuk nie. Fleur Vermaak is nuut in die skool en vat glo ’n breek van haar besige rolprentlewe. Thomas kom agter hier is iets snaaks aan die gang. Daar verdwyn mense in Baily se bos, ’n gewilde kampeerterrein, en boonop gaan die graad 9’s daar kampeer! ’n Vreemde man agtervolg ook vir Fleur. Wat kruip in Bailey se bos weg en wat het dit met Fleur Vermaak te doen? Al die antwoorde sal duidelik word sodra jy die verhaal lees.

thomas@aksie.net

Thomas kry die geleentheid om ’n sepiester te wees, en dít saam met Fleur Vermaak. Maar die opwinding hou nie lank nie en Thomas begin dreigbriewe ontvang. “Bly weg van die Malans van Marthaheim. Jy’t niks daar verloor nie” (274). Wat erger is, is dat Thomas weer in die moeilikheid is by Oros-man (Mnr Volschenk, die skoolhoof) – dié slag oor graffiti op die skoolgrond. En wat is Seth Verwey se storie? Alex beëindig selfs hul verhouding. Presies hoeveel aksie Thomas kry, sal jy self moet lees om uit te vind. Ek belowe jy sal nie spyt wees nie.

***

As jy nog steeds nie versadig is van al die raaisels en kinkels nie, is daar ook ’n derde omnibus met nóg vier stories – thomas@geraamte.net, thomas@rockster.net, thomas@vrees.net en thomas@skaduwee.net – wat vir nog hope leesgenot sal sorg in hierdie grendeltyd.

Die thomas@-reeks is besonder suksesvol daarin om nie die didaktiese style van ander boekreekse te volg nie. Die leser is nie veronderstel om ’n lewensles uit elke verhaal te leer nie. Die leser word wel “tekstueel” blootgestel aan situasies, omstandighede en onderwerpe wat hulle in die samelewing kan en waarskynlik sal teëkom.

Maritha Snyman het in haar studie oor kinders se leesgewoontes en voorkeure die volgende bevind: “Ten einde blyk dit dat respondente daarvan hou om iets (maar beslis indirek) uit boeke te leer” (Snyman 2006:178).

Daar is verder ten opsigte van genrevoorkeur bevind dat avontuurverhale, boekreekse en vriendskapsverhale gunstelinge is onder kinders tussen 9 en 15 jaar. Tienerrespondente het ’n voorkeur vir probleemverhale getoon. Die studie stel voor dat hierdie kinders in ’n ontwikkelingsfase verkeer waar hulle kognitief met probleme worstel, en moontlik daarom genot uit hierdie verhale put (Snyman 2006:177).

Die thomas@-reeks voldoen aan al hierdie voorkeure. In Omnibus 1 word kwessies rondom verskillende gesinne en families aangeraak. Thomas se pa het na die dood van sy vrou weer getrou. Louise, sy stiefma, is verwagtend en Thomas word ’n babasussie ryker. Hannes se omstandighede word ook deur die verloop van die verhale onthul. Hannes en sy pa was in ’n motorkaping betrokke en sy pa is sedertdien verlam. Dit blyk dat Hannes nog sukkel om sy gesin se nuwe situasie te aanvaar. Alex en Lilian is by liefdadigheidswerk betrokke en die werklikhede van die Kaapse Vlakte tree ook na vore.

Dit is nie slegs sosiale omstandighede en probleme wat aandag geniet nie, maar ook die gewone tienerprobleme wat enige tiener sal laat voel Thomas is deel van hulle wêreld, soos die werklikhede van skool, toetse, sport en hoe om liefdesake te benader (al is dit nie altyd suksesvol nie). Die leser sal tog ’n paar lewenslesse leer, soos om jou ouers met jou probleme te vertrou, al dink jy hulle gaan jou nie glo as jy sê daar is spoke in jou nuwe slaapkamer nie.

Bibliografie:

Snyman, M. 2006. Die leesvoorkeure en leesgedrag van Afrikaanse kinders. Mousaion, 24(1):145–179.

The post Resensie: <em>thomas@</em>-boekreeks: Omnibus 1 en 2 deur Carina Diedericks-Hugo appeared first on LitNet.

Resensie: ’n Spook in die huis deur François Loots

$
0
0

’n Spook in die huis
François Loots
Uitgewer: Umuzi
ISBN: 9781415210055

Dit is byna ’n dekade sedert die gebeure rondom die moord op Anni Dewani daagliks op die voorblaaie van Suid-Afrikaanse koerante verskyn het. Hierdie storie oor die Dewani-egpaar het aanvanklik byna té maklik ingepas by die bestaande diskoerse oor gewelddadige misdaad hier te lande. Mettertyd het die medianarratief verander toe dit begin lyk asof Anni se man, Shrien, dalk by haar moord betrokke was. Tot die media se groot plesier het dit nogal ook geblyk dat Shrien sekere seksuele voorkeure gehad het wat nie strook met konserwatiewe nosies van wat aanvaarbaar is nie. Die res hiervan wil ek nie eens opdiep nie, want dit laat steeds ’n wrang smaak in die mond.

Die besef dat die gebeure rondom hierdie moordsaak denkbeeldig by die gebeure van François Loots se nuutste roman, ’n Spook in die huis, betrek word, kan lesers dus miskien bedug laat. Die wyse waarop die outeur die Dewani-saak by die plot inspan, is egter juis deels om krities te kan kyk na die narratief wat destyds daaroor geskep is. In elk geval is daar meer aan Loots se roman as ’n blote herhaling van ’n bekende moordsaak – sowaar baie meer, en met tye in oormaat.

’n Spook in die huis handel oor twee karakters wie se paaie nooit werklik kruis nie. Paul is ’n nagsub by mediakonglomeraat Dia Dia in Kaapstad en het vanweë die aard van sy betrekking ’n deurmekaar en ongesonde lewe. Tussendeur tye van onderbroke slaap in sy gemakstoel hou hy hom besig met allerhande heerlike gebak. Div se lewe is in baie opsigte die teenoorgestelde: Hy werk by ’n staatsdepartement waar hy die uitgawes van allerhande streekskantore nagaan om te verseker dat die boeke klop, en in sy vrye tyd leef hy sy BDSM-fantasieë uit. Gou word dit egter duidelik dat daar iets is wat elkeen van hierdie karakters jaag. Of, sou ’n mens kon sê, iets spook by hulle. Paul se werk en Div se betrokkenheid op die BDSM-toneel is die ankers waardeur hierdie verhaal aan die Dewani-saak verbind word.

Die ervarings van die protagoniste word deur die loop van die roman toenemend Kafkaägtig. Paul verdwaal byna elke aand in die doolhof van die groeiende Dia Dia (’n taamlik oppervlakkig versluierde parodie van Media24 en Naspers, al word sulke vergelykings in die nawoord van die roman ontken), terwyl Div per abuis die verkeerde lêers aanvra en uitvind dat die korrupsie by sy werkgewer so diep loop dat daar geen bodem aan is nie (inderwaarheid nogal ’n voorstelling van Jan Alleman se dikwels vae begrip van staatsdepartemente). Intussen moet die karakters ook rekening hou met gebeure van ’n persoonlike aard wat dreig om hulle lewens heeltemal te verander.

Benewens die roman se duidelike intertekste en verwysings na die werk van Franz Kafka (wat deur Loots in die nawoord bevestig word) is ’n ander teenwoordige motief dié van die rekenmeester. Ongeag of laasgenoemde interteks soos die Kafkaverwysings opsetlik in die verhaal ingeskryf is, sal baie lesers waarskynlik die tematiek van DJ Opperman se "Ballade van die grysland" (Versamelde gedigte, 1987, Human & Rousseau) herken, al is dit heelwat aangepas vir ’n hedendaagse konteks. In hierdie opsig is die twee karakters in die roman amper teenoorgesteldes van mekaar: Paul lyk aanvanklik byna rigtingloos en laat met die meeste dinge Gods water oor Gods akker loop, en Div se lewe is hoogs geroetineerd en afgehok, soos dit ’n meester van beheer betaam. Dus handel die roman oor die menslike behoefte aan beheer oor ons omgewings en lewens, en origens beheer oor onsself, ons drome en drange – en uiteindelik hoe ons daarmee reken en afreken, want o, die vrees as die rekenmeester kom!

Paul se verhaal is ’n verkenning van spiritualiteit (ja, die naam is simbolies) en die problematiese kant van die nuusmasjien, maar ek kan nie te veel daaroor verklap sonder om die storie te bederf nie. Wat Div se lewe as BDSM-beheerser betref, verdien die roman lof omdat dit nie sensasioneel omgaan met hierdie vorm van seksuele uiting en identiteit nie, en dus daag dit konserwatiewe seksuele normatiwiteit uit. Tog is dit opvallend dat daar met tye ’n soort fetisjering van die fetisj aangetref word, soos wanneer daar gereeld na Div se leefstyl verwys word as "aweregs", of wanneer dié woord keer op keer ingespan word om elemente van so ’n leefstyl te beskryf, soos in die geval van die "aweregse ikoon op sy foon" (’n verwysing na ’n BDSM-gefokuste weergawe van apps soos Tinder of Grindr) (bl 169). Hoewel dit seker nie onrealisties is dat so ’n beskouing van die self posvat by lede van ’n subkultuur nie – dit is immers ’n nodige soort strategiese essensialisme waardeur ’n minderheid hulself met goeie rede wil beskerm – word dit te dikwels herhaal. Ek het naderhand begin voel, ja-ja, ek snap wel, hoor. Die verhaal verval ook so nou en dan in ’n didaktiese toon, al is dit duidelik as gevolg van ’n poging om die tradisionele negatiewe tipering van sadomasochisme teen te gaan: "Duskant jou vrees lê vryheid, maar dít verg wedersydse instemming. Ons leef mos nie meer in die era van die Markies de Sade wie se bloeddorstige fantasieë eens as eroties bestempel is nie!" (86) en "Hy is aweregs en het as jongman dikwels gewonder hoekom hy soveel geweld in hom dra. Uit sy interaksie met ander soos hy het hy geleer dat dit nie geweld is nie, maar ’n erotiese optrede wat van nature kom" (163). Op narratiewe vlak is dit dus ’n geval van the master doth protest too much, methinks, en ek as leser het effens onderskat gevoel.

’n Mens se ervaring van die roman sal grootliks afhang van jou geduld met Kafkaägtige narratiewe truuks en surrealistiese beelde en gebeure. Hoewel daar erken moet word dat die outeur met vaardigheid die benouende aard van verskillende burokrasieë uitbeeld, doen die fantastiese elemente in die roman met tye oordadig aan – veral omdat die moontlikheid van ’n kragdadige kritiese perspektief (op die kleingeestige mag van die staatsamptenary enersyds en kapitalistiese hebsug andersyds) gebuk gaan onder metaforiese beskrywings wat menigmaal opduik. Soos ook die geval is in Loots se Die diepblou see (2017, Umuzi) word seemetafore met oordrewe reëlmaat gebruik. In ’n Spook in die huis begryp ek hierdie verwysings nog minder as met die outeur se 2017-roman, waarin die hoofkarakter darem ten minste ’n swemgewoonte had wat die roman se gebruik van herhalende waterbeelde tot ’n mate geregverdig het. Tydens die lees van ’n Spook in die huis het ek ophou tel hoeveel keer daar na ’n seksuele drang as ’n "deining" verwys word (120, onder vele andere), of hoe gereeld ander beelde van hierdie soort ingespan word: "Oomblikke gelede was hy in die see. Hy het geswem en na ’n lyk gesoek. Hy kon dit nie opspoor nie en het vanuit die see na loodregte kranse opgekyk" (134); "Want die lewe is soos die stormagtige see met sy sleurgetye" (136); "[Hy] staan in koue en nat sand na die see en staar. ’n Bestendige skip, wat ook al die gety is" (137); "’n Jong man wie se lyf reeds aan die brand geslaan het en die dieptes van verborge kerkers en seekastele wil intuimel" (188); en "Daar’s ’n vuur onder in die diepsee. Daar’s ’n vulkaan op die oseaanvloer wat wil uitbars" (233). En dit is werklik net ’n handjie vol hiervan!

Die bogenoemde is lastig, en jammer genoeg het ek verder ’n hele paar taalfoute in die teks aangetref. Dit sluit in die gebruik van "brawe" (12) en "brawer" (227) wanneer "dappere" en "dapperder" bedoel word, en ook ’n paar anglisistiese stelwyses wanneer daar bevestigend gevra word "Jy het?" en "Hy het?" eerder as "Het jy?" en "Het hy?" (96 en 202). Ek kan seker daarvan beskuldig word dat ek al weer ’n taalvos is, maar noukeurige taalversorging bly nou maar eens van belang.

Terwyl die plot van die roman oor die algemeen goed voortbeweeg, verdien die subplots waarin die karakters gedompel word, meer kritiek. Die talle addisionele karakters wat te voorskyn kom – verál die spoke – lei soms na vermoeiende afdraaipaadjies. Daar kan seker aangevoer word dat dit deel uitmaak van die genoemde Kafkaägtigheid van die roman, maar dit het vir my gevoel asof daar té veel stories in die gebak was om alles behoorlik te laat rys. Die persoonlike togte van die karakters en die verband daarvan met die verontmensliking wat hulle by die werk ervaar, skep ’n hele aantal verwagtinge by die leser, maar dit val ’n bietjie plat. Paul en Div se ervarings met gewetenlose, siellose, dog magtige, instansies eindig vir my ’n bietjie laf, en die uitweg uit hulle morele penaries word gevind wanneer hulle hulself bloot vanuit hierdie problematiese sisteme onttrek. Dít is op sigself seker ’n soort stellinginname, maar die roman het vir my te kragteloos afgeloop.

The post Resensie: <em>’n Spook in die huis</em> deur François Loots appeared first on LitNet.

Life and times of Michael K: A reading experience during lockdown

$
0
0

Life and times of Michael K
JM Coetzee
Publisher: Penguin

ISBN: 9780099479154

This reader impression was written and sent to LitNet on the writer’s own initiative.

I read JM Coetzee’s Life and times of Michael K in 1984, the year after it was published: a year of great catastrophes, according to George Orwell’s novel 1984, but, for me, also a year of great joy, celebrating the life of my second-born son – South African from his father’s side, Belgian from mine. I read Coetzee’s work as a dystopian novel, set in a near future in which South Africa is caught in a brutal civil war: curfew, passes, labour camps, imprisonment for the non-whites, fascist power for the privileged. Strangely enough, at that time, I thought the main character was a white man who fought the system by withdrawing completely into the rural area where his mother was born – Prince Albert. I thought that the town’s name was a fictitious one, as I had never set foot in Prince Albert. I forgot about the name and the place until I came to live here for longer periods of time.

At the beginning of March 2020, during a conversation between Willie Esterhuyse and Moeletsi Mbeki at the Woordfees, the latter said that Life and times of Michael K was probably the most important book about present-day South Africa, more so than Cry, the beloved country. Militia and mafia being more powerful than government, he stated. Enough reason to reread the novel during lockdown.

Even if I had remembered most of the plot and characterisation (most unlikely after 35 years), it would, as always, be a pleasure to savour Coetzee’s translucent style. First, I discovered that Michael K was brown or black (Coetzee never refers to race). His mother was a servant and was brought up on a farm near Prince Albert. Why had I thought K was white? Because my family also had a live-in housemaid, and she was white, as was everybody around me who scrubbed floors and cleaned toilets.

Then, I revelled in the descriptions of the Karoo and of my favourite town and surroundings, Prince Albert. Prince Albert, though described as a beautiful town, is was nevertheless a bastion of repression, with a forced labour camp in the vicinity and intolerant inhabitants.

The most amazing shift of perspective, however, came when I realised that it didn’t matter whether the civil war had occurred during the apartheid era. Dehumanisation knows of no races, no nationalities, no dogmas. Coetzee has written a visionary novel on our troubled times. Michael K, seen by others as a simpleton with a harelip, outwits those who capture him by his passive resistance and his search for survival in a world in which we are eminently alone. He refuses food, because he believes one can live off what lives around one (wild goats, birds, insects and worms) and what one can cultivate oneself (pumpkins and melons), and drink water from the well, even if one has to dig it up with a teaspoon.

“If there is one thing I discovered out in the country, it was that there is time for everything.” In this sense, the novel is the perfect read and is moral guidance in our “Life and times of corona”.

The post <em>Life and times of Michael K</em>: A reading experience during lockdown appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Klaskamer deur Vita du Preez

$
0
0

Klaskamer
Vita du Preez
Uitgewer: Wenkbrou
ISBN: 9780799397277

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Daar was ’n tyd in die geskiedenis van die mens toe sadomasochisme as ’n soort sielkundige afwyking beskou is. Net soos homoseksualiteit. Maar daardie jare lê ver in die verlede. Natuurlik is seks en seksualiteit tradisioneel ’n onderwerp waarvan die samelewing af wegskram, en hoewel die meeste mense waarskynlik al jare bewus is van sadomasochisme, is daar steeds nie besonder baie daaroor geskryf in Afrikaans nie. Hier en daar ’n artikel. Dalk iets op die radio of televisie (wie kyk nog televisie?). Maar die meeste is waarskynlik in Engels.

’n Bekende Suid-Afrikaner wat meer lig op die onderwerp laat skyn het, is die aktrise Yvonne van der Berg, oor wie daar wyd berig is. Meer onlangs is daar ook in Francois Loots se boek ’n Spook in die huis (Umuzi 2019) oor die sadomasochisme geskryf. Die mees bekende populêre bron oor die saak is waarskynlik die Fifty shades of Grey-trilogie van die Britse skrywer EL James, wat ook verfilm is, en hoewel daardie boeke nie krities goed ontvang is nie, was hulle topverkopers.

Daar bestaan reeds heelwat kritiek teen Du Preez se Klaskamer, wat ek nie wil herhaal nie. Dit is nie my tipiese leesstof hierdie nie en ek het maar langtand daaraan gelees. Tog het ek die boek hier en daar heel leersaam gevind, en die verhaal speel af in die Karoo, wat aan die boek ’n lekker romantiese gevoel gee. Daar is min karakters in die boek, wat dit makliker maak om die storie te volg. Die boek se einde bevat ’n interessante kinkel. Ek dink ook nie dit kan maklik wees om so oor seks te skryf nie. Veral om grafiese sekstonele oortuigend te beskryf sonder dat dit verspot word, is iets wat nie net enige skrywer kan doen nie.

Die storie wentel om ene Emma Louw, wat ’n onderwyseres is. Emma doen aansoek vir ’n pos as onderwyseres op ’n plaas. Die baas van die plaas is Daniel Swart, en hy is ’n gegoede Karooboer met ’n seun genaamd Neal. Daniel eksperimenteer graag met sadomasochisme, oftewel BDSM. Emma aanvaar die pos en vestig haar op Daniel se plaas Omdraai, waar sy uiteindelik sterk snuf in die neus kry nadat sy per ongeluk in Daniel se martelkamer instap. Ons kry op ble 71 en 72 die volgende definisie van BDSM: "BDSM is ’n vorm van menslike seksuele gedrag. Bondage, discipline, sadism and masochism, oftewel dominansie, onderwerping, sadisme en masochisme met erotiese vervulling as doelwit." Emma raak al meer ingesuig in Daniel se fantasieë. Sy probeer agter die kap van die byl kom en Daniel se donker verlede ontrafel, maar hy bly ’n geslote boek. Kort voor lank is daar vir haar weinig "omdraaikans". Sy is vasbeslote om meer oor Daniel uit te vind en sy glo as sy toegee aan sy begeertes sal hy dalk meer emosioneel oopmaak teenoor haar. Maar dit werk nie. Daniel laat haar nie volkome in sy psige inklim nie.

Twee klein dingetjies het my so ’n bietjie gesteur. Op bl 80 beweer Emma dat sy nog nooit op Matjiesfontein was nie want sy "kon dit nie bekostig nie". Dit reflekteer darem ’n bietjie onregverdig op die arme Matjiesfontein. Uit my eie ervaring is Matjiesfontein darem ook nou nie so duur nie. Bewys jouself ’n guns en vind self uit. Gelukkig vir Emma vlieg Daniel haar na Matjiesfontein met sy Cessna, waar hulle in gerief uitspan. Dit is daar op Matjiesfontein waar Daniel en Emma se verhouding dan ook begin ernstig raak. ’n Ander vreemde geval is op bl 28, waar Daniel meer probeer uitvind oor Emma, en dan ’n winkelklerk pols oor watter juwele sy in belang gestel het toe sy vroeër in die winkel was. Die manier waarop die winkelklerk sommer sulke persoonlike inligting verstrek, oortuig my maar swaar. Suid-Afrika het nie verniet deesdae wetgewing wat persoonlike inligting probeer beskerm nie. En ’n ervare winkelklerk sal waarskynlik nie sommer so maklik toegee nie.

Alles in ag genome was Klaskamer iets anders, ongewoon, maar ek het gesukkel om deur te druk en die boek klaar te lees. Ek moes myself forseer. Maar ek is seker daar is baie mense wat die boek veel meer sal geniet as ek. Dit was nogtans die lees werd, want ek het tog dinge geleer wat ek nie geweet het nie. Volgens die skrywer is hierdie nog maar net die begin – daar word nog twee boeke beplan. Die finale sweep het dus nog lank nie geklap in die verhouding tussen Daniel Swart en Emma Louw nie.

Lees ook:

Resensie: Klaskamer deur Vita du Preez

The post Lesersindruk: <em>Klaskamer</em> deur Vita du Preez appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Wit Wolf deur Stefaans Coetzee en Alita Steenkamp

$
0
0

Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding
Stefaans Coetzee en Alita Steenkamp
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624088264

Die boek Wit Wolf handel nie oor Barend Strydom nie. Dit skyn sekerlik duidelik uit die subtitel. Hierdie "wolf" is nie so prominent soos Strydom nie, van daar die verwarring wat by sommige mense insluip, en waar hulle jou dan wil verhelder met anekdotes oor Barend Strydom. Strydom vorm egter wel deel van Coetzee se boek – ’n belangrike deel. Blaai mens op die internet rond en lees die Engelse Wikipedia-bladsy oor Barend Strydom, dan lees jy daar dat die polisie destyds (in die laat 1980’s toe hy op swart mense losgebrand het) tot die slotsom gekom het dat die Wit Wolwe eintlik maar net die produk is van Strydom se verbeelding. Maar Stefaans Coetzee se boek vertel ’n totaal ander storie, en beweer dat daar werklik ’n instelling soos die Wit Wolwe bestaan het, ’n ultraregse groep mans, van wie Strydom die leier was. Coetzee onthul sommer heelwat inligting oor hierdie Wit Wolwe, en ek het geen rede om wat hy skryf in twyfel te trek nie.

Maar laat ek bieg, ek was nie oorgretig om hierdie boek te lees nie. Ouens soos Stefaans Coetzee wek van nature bitter min simpatie by my. Ek vind rassisme weersinwekkend. Rassisme is iets wat lankal in die verlede moes gewees het, maar danksy ouens soos Coetzee sit ons vandag nog daarmee. Moet ek nou regtig my tyd mors op sy relaas? Hoekom lees ek nie eerder ’n ander boek nie? So het ek by myself gesit en redeneer. Kom ek lees dit maar net om myself te verwittig van wat daar gebeur het, het ek myself getroos. Self was ek maar 11 jaar oud in 1996 toe Coetzee en sy makkers hulle bose dade gepleeg het. Totaal onbewus van al die dinge. Dit was boonop Kerstyd ook, en ek sou my dae rustig spandeer het deur ure buite te speel. Ek was geseën met ’n pa wat my geleer het om nie in andere se ras vas te kyk nie. Ek kom uit ’n gelukkige ouerhuis. Dit was soveel anders vir Coetzee … so het die besef stadig maar seker by my deurgedring.

En ek het later besef: Dit kon net sowel ek gewees het. Mense maak foute. Ek is nie beter as hy nie. En sy storie is werklikwaar iets om te lees.

Coetzee gaan haal die verhaal ver, by sy jeugjare. Hy het by sy pa grootgeword nadat sy ma eendag verdwyn het. Sy pa het ’n drankprobleem gehad en so het Coetzee uiteindelik saam met sy susters in die weeshuis in Winburg beland. Later het sy paaie gekruis met ene Jan "Voetbol" van der Westhuizen. Dit is hier waar dinge vir Coetzee ernstig begin skeefloop het. Van der Westhuizen het oornag ’n vaderfiguur in Coetzee se lewe geword. Coetzee se naam het verander van Stefan na Stefaans, op voorstel van Van der Westhuizen. Dit was nie lank nie, toe raak Coetzee bekeer tot die Israelvisie-geloof, wat wit superioriteit as ’n godsdiens verkondig. Daar was net een uiteinde van hierdie punt af – moeilikheid. En Coetzee trakteer die leser op elke grusame detail van die tragedie waarin hy die hoofrol speel. Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy sy misdade gepleeg het.

Maar Wit Wolf is ’n storie van hoop. In die 18 jaar waartydens Coetzee in die tronk boet vir sy misdade, ondergaan hy ’n totale transformasie. Dit was nie vir almal beskore nie. Ook nie vir Barend Strydom nie. Onder andere. Coetzee vertel aangrypend oor sy lewe in die tronk. Al die mense wat sy lewe aangeraak het. Die vriendskappe. Hoe die lig vir hom stelselmatig aangegaan het. Hoe hy anders begin dink het oor ras en rasseverhoudinge. Hy vertel van die reusagtige invloed wat Eugène de Kock op hom gehad het. Van al die boeke wat hy deurgelees het, na bewering sowat 3 000 boeke. Ook van die katte wat hy skelm aangehou het. Die tronkbendes. Die Waterkloof-4. En uiteindelik sy pad na leierskap in die tronk. Die 18 jare in die tronk sleep hoofstuk vir pynlike hoofstuk verby, maar dit word duidelik Coetzee is glad nie meer dieselfde jongman wat daar ingestap het nie. Hy het berou ontwikkel vir sy dade, asook medelye met sy slagoffers. Die boek dokumenteer uiteindelik ook hoe Coetzee sy slagoffers ontmoet en hulle persoonlik om verskoning vra.

Uiteindelik breek die groot dag aan – vryheid.

Wit Wolf was uiteindelik meer as die moeite werd om te lees. Die boek is aan die een kant ’n biografie van Stefaans Coetzee, maar dit is ook ’n motiveringsboek. Dit is ’n boek van hoop en versoening. Soos wat Coetzee die idees van die Israelvisie stelselmatig verwerp het, het hy ook tot geloof gekom in die Christelike tradisie. Sy godsdiens speel ’n belangrike rol, maar oordonder darem nie die boek nie. Dit bly ’n biografiese vertelling, in die eerste persoon vertel. Die lees van hierdie boek kan baie mense motiveer en ook hoop gee, en ek sou elke nuuskierige mens aanmoedig om dit te lees.

Lees ook:

Resensie: Wit Wolf deur Stefaans Coetzee & Alita Steenkamp

 

The post Lesersindruk: <em>Wit Wolf</em> deur Stefaans Coetzee en Alita Steenkamp appeared first on LitNet.

FMR-resensie: Die mooiste meisie van Genua deur Ilja Leonard Pfeijffer

$
0
0

Die mooiste meisie van Genua
Ilja Leonard Pfeijffer
(uit Nederlands vertaal deur Fanie Olivier)
Uitgewer: Protea
ISBN:  9781485309253

Hierdie resensie is op 18 Maart 2020 in Boekkeuse olv Amanda Botha uitgesaai.

Die motto voorin waarsku tereg: Genua neem maar gee niks terug nie. Wees dus gewaarsku: Hierdie roman verg meer van die leser as net lekkerlees vir ontspanning. ’n Bereidwilligheid om ’n bietjie op die internet te snuffel en kreatief met die simbole en metaforiek om te gaan, sal egter ryklik beloon word met ’n vars kyk op historiese en eietydse kwessies, aangebied in verlokkende, hoewel soms onthutsende, taal en beskrywings.

Ilja Leonard Pfeijffer is op 17 Januarie 1968 in Rijswijk, Nederland gebore. Hy bestudeer en doseer Klassieke Grieks aan die Universiteit Leiden en debuteer in 1998 met ’n digbundel getiteld Die vierkantige man. Hy publiseer daarna verskeie digbundels, romans en akademiese artikels en verwerf ’n lang lys toekennings, onder andere die Libris- en Inktaap-letterkundepryse vir La Superba, wat in Afrikaans as Die mooiste meisie van Genua verskyn het. Pfeijffer word gereken as een van Nederland se toonaangewende eietydse digters, maar hy verwerf notoriteit weens ’n artikel waarin hy pleit vir “gewaagde metafore, vernuwende woordkombinasies, ongebruiklike woorde of verontrustende sintaksis”.

Daarby skroom hy nie om sy sê te sê, vyande te maak en opsetlik omstrede te wees nie – hy poseer byvoorbeeld poedelnakend op die agterblad van ’n digbundel.

Die mooiste meisie van Genua is ’n postmodernistiese metaroman, oftewel ’n roman oor ’n roman. Pfeijffer het in 2008 na Genua verhuis nadat hy en sy Russiese meisie, die fotograaf Gelya Bogatishcheva, op die ingewing van die oomblik ’n fietstoer deur Rome afgelê het. Die verteller in die roman is eweneens ’n beroemde skrywer uit die noorde wat uit verveling in Genua beland. Om te probeer inpas, verander hy sy tweede naam, Leonard, na die Italiaanse “Leonardo” en koop hy ’n paar Italiaanse somerpakke, hemde volgens maat, ’n verfynde paar skoene, so sag soos botter, maar so skerp soos ’n mes, en ’n regte panamahoed.

Pfeijffer speel egter ’n speletjie met die leser. Leonard en Leonardo is soms dieselfde persoon en dan weer verskillende karakters – ’n kenmerk van die onbetroubare verteller, oftewel “the unreliable narrator” (’n literêre term wat in 1961 deur Wayne C. Booth geskep is in sy seminale werk The rhetoric of fiction). Outeurs gebruik onbetroubare vertellers om spanning te skep deurdat die leser op sy tone moet bly om die verteller uit te vang wanneer hy lieg en veral wil agterkom hoe en hoekom hy ons manipuleer. Alle fiktiewe vertellers lieg uiteraard, maar die onbetroubare verteller is spesifiek ontrou aan sy teikenlesers en hulle opvatting van die teks se geskepte werklikheid. Die verteller sê dan ook: “In die vaderland is ek Ilja, wat kennis dra van die samestelling van kameraspanne, en hier in die labirint is ek Leonardo, wat verlof het om te verdwaal in my fantasie sonder dat dit onmiddellik gepaard hoef te gaan met ’n snedige verantwoording in een van die landelike geselsprogramme.”

Die roman bevat drie dele wat deur twee intermezzo’s onderbreek word, naamlik die verhaal van Donald Perrygrove Sinclair, ’n Engels-professor wat sy eie verhaal versin en wat die “pruttende Engelse kolonialisme” verteenwoordig, en daarteenoor die verhaal van Djiby P. Souley as verteenwoordigend van die Senegalese bootvlugtelinge en hulle lewensgevaarlike reis, wie se hoop op ’n paradys deur die harde Genuese werklikheid gestuit word.

Pfeijffer plaas dan die geskiedenisse van die hedendaagse immigrante (homself inkluis) teenoor die lot van die sowat vier miljoen Italiaanse kleinboere wat tussen 1880 en 1920 na La Merica verhuis het met die hoop op die “American dream”, waar jy glo “’n nuwe Mercedes koop as die asbakkie vol is”. Genua moes oor die afgelope 25 jaar verskeie “migrasie-tsunami’s” vanaf Senegal, Bangladesj, Roemenië, Indië en Rusland absorbeer. Dié wettige maar werklose immigrante word hoofsaaklik in groot behuisingskomplekse van twyfelagtige kwaliteit in die Prè-woonbuurt gehuisves, maar die onwettiges skuil onder snelweë en in smal stegies met die gevolg dat die historiese stadskern, wat eens die glorieryke “La Superba” was, deesdae oortrek is met Afrika-stalletjies en politieke graffiti ter ondersteuning van asielsoekers wat net so onwelkom is soos die rotte waarteen die stad ’n futiele stryd voer en wat in 1346 die swart pes via Genua na Europa gebring het.

Die verteller sit op ’n terras voor die Kroeg met Spieëls en skryf ’n lang brief aan ’n vriend in sy tuisland waarin hy verslag lewer oor sy lewe as emigrant en ontdekker van die ware Genua. Hy raak verlief op ’n naamlose kelnerin en mettertyd word sy die maatstaf waaraan hy verskillende interessante vrouekarakters, asook vroulikheid as sodanig, meet.

Een nag struikel hy oor ’n vrouebeen, wat hy bemin en tot volledige liggaam fantaseer. Dit word dan ’n metafoor vir die “afskil” van die romantiese idee van Italië. Genua is afgelei van “genu”, Italiaans vir “knie”, en Genua is immers die “knie” van die Italiaanse “been”.

Die roman word dan as ’t ware self ’n “Kroeg met Spieëls” waarin die leser op verskeie vlakke deur gekaatste beelde van verskillende karakters, maar ook van homself en sy eie vooroordele, gekonfronteer word. Terselfdertyd word dit ’n labirint waarin die leser, soos die toeriste en inwoners van Genua, verdwaal en homself gedurig teëkom.

Op postmodernistiese wyse dekonstrueer Pfeijffer dus sy eie roman, maar ook die opvatting van vroulikheid en beskawing. In Genua ontdek (en ont-dek) die verteller ’n historiese stad van paleise, fonteine en marmerplaveisel, met daaronder die hedendaagse ellende van die miserabele vlugteling-immigrante wat onder brûe en spoggerige snelweë krepeer, waar “geen regdenkende mier met ’n gesin sal begin nie” en waar die waarskuwing “Knaagdierbeheer; moenie aanraak nie” ook op die menslike inwoners van toepassing word. Hy skryf dan aan sy vriend: “Ek raak steeds meer lus om ’n bietjie tyd deur te bring in die argiewe, en briewe en dagboeke op te diep wat onthul hoe dit werklik gegaan het en wat g’n enkele Italiaanse instituut dus sou waag om op sy webwerf te plaas nie. […] In elk geval, dit is materiaal wat van pas sou kon kom as ek hierdie aantekeninge, wat ek met ’n sekere reëlmatigheid aan jou stuur, gaan verwerk tot ’n roman waarin immigrasie en emigrasie sentrale temas moet word.”

Verskeie kritici verwys na die intertekstualiteit in die roman, wat jou laat wonder of dit blote toeval is dat daar werklik ’n “mooiste meisie van Genua” bestaan het. Simonetta Vespucci van Genua is algemeen beskou as die mooiste meisie van haar tyd en was die model vir Sandro Botticelli se bekende skilderye Primavera en Die geboorte van Venus. Op die laasgenoemde skildery, wat uit ongeveer 1486 dateer, word Venus, wat uit die seesproei gebore is, deur Lente op Siprus verwelkom. Op p 353 sê die mooie kelnerin: “Ek is ’n Suidelike meisie, gebore uit die skuim van die Middellandse See, dogter van die Serenissima Repubblica di Genova wat geen meerdere erken nie en ek glo in liefde.” Sy word die verteller se muse en wanneer sy hom verlaat, skep hy ’n speletjie genaamd “meisiebranderry” waarin hy meisies agtervolg en só die stad verken. Só ontmoet ons dan die jong Cinzia wat hom na die ware hartklop van Genua se verrottende “underbelly” stuur, die “antrasietswart hoertjies wat hul wit tande in die swak wit vlees van mans inslaan” en Monia, die ouer seksbehepte alkoholis uit “hoë kringe” met “beklimbare bene” wat “ruik na beskikbaarheid”.

Dan is daar die gedaante van ’n ou vrou wat aanwysings vra na die Vico dei Librai, wat reeds in 1942 deur ’n Engelse bom verwoes is, en nou ronddwaal soos die spook van die majestueuse handelstad wat Genua eens was. En dan is daar uiteindelik Ornella, die transvestiet en eienaar van die been wat hy eens bemin het, wat sy opvatting van vrouwees uitdaag en die roman op ’n verrassende noot laat eindig.

Hoogtepunte van hierdie verrykende leeservaring is die fyn waarneming en verbysterende beskrywings, die skalkse (hoewel soms kru) humor, die meesleurende beelde wat soms tot klein allegorieë uitgebrei word, en die heerlike woordvondste wat aan Fanie Olivier se vaardige vertaling toe te skryf is. Hierdie roman is ’n ontdekkingstog vir die intellek en die siel, veral vir die leser wat met behulp van die internet nuwe plekke en ervarings verken.

The post FMR-resensie: <em>Die mooiste meisie van Genua</em> deur Ilja Leonard Pfeijffer appeared first on LitNet.


Lesersindruk: Uit die hart van ’n vrou deur Rozaan de Wet

$
0
0

Uit die hart van ’n vrou
Rozaan de Wet
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781920156220

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

“Die Here weet, ’n verkeerde man is die ergste ding wat jou kan oorkom. Dit is erger as die dood. Want dit is ’n langsame marteling” (bl 272).

Uit die hart van ’n vrou is die debuutroman van Rozaan de Wet. Die skrywer het duidelik baie moeite gedoen met die skryf van hierdie boek. Die storie van Claire speel deels af in die strate van Kimberley, daardie stowwerige klein hoofstad van die Noord-Kaap, waar Claire se man Kris ’n kettingwinkel bestuur. Maar Kris kyk tog te graag diep in die bottel, en Claire se hart trek eintlik na die suidwestelike Kaap, waar die strandhuis staan wat sy by haar ouers geërf het. Kris, daarenteen, is gevestig in Kimberley, gevestig in sy drinkpatrone, gevestig in sy huis en beroep, en deel nie Claire se entoesiasme vir haar lewe by die see nie. Dan is daar Claire se vriendin Wanda. Wanda se man Sephus is ’n narsis. Sy oë dwaal gedurig rond na ander vroue. Hy is ’n baie suksesvolle sakeman en vervul al Wanda se materiële behoeftes. Maar sy streke laat haar miserabel. Soos wat die verhaal voortsleep, kom Sephus se geraamtes in die ope. Sy losbandigheid haal hom in.

Die  hele boek sentreer dus rondom die twee vriendinne, Claire en Wanda, hulle vriendskap en hulle onderskeie pogings om hulle huwelike te laat slaag. Dan word die verhaal ook verder ingekleur met twee ander belangrike storielyne, naamlik die homoseksuele kind en aborsie, waarmee die skrywer ’n bietjie “toy”. Verskoon maar die Engels – die boek word ook hier en daar so met Engelse woorde geskryf in die mix, en laat ek sê, vir die taalpuris sal dit seker hoofbrekens besorg, maar vir my verskaf dit eerder ’n lekker aardse gevoel aan die boek. De Wet slaag nogals daarin om die karakters heel oortuigend te laat voorkom. Daar is deurgaans ’n ligte lagie Christelike pedantisme, maar ook baie menslikheid, vergifnis, tweede en selfs derde kanse, en ook die toepaslike vloekwoord op sy tyd.

Om boeke te publiseer moet baie, baie moeilik wees. Ek haal my hoed af vir sulke mense. Die kritiek sal nooit ophou nie. So het ek byvoorbeeld my vrae oor die gebruik van die woord “imbesiel” op bl 258. Dit is darem nie ’n mooi woord nie. Noem my nou maar “polities korrek”, of dalk “sielkundig korrek”, maar nou ja, dit is heel moontlik vir ’n karakter om dalk so te praat. Ek sien net nie in my geestesoog hoe die liewe Wanda van Mosselbaai so ’n woord sal gebruik nie. Hopelik vergeet die hele mensdom eendag sommer heeltemal dié woordjie tesame met “idioot” en “moroon”. Daar is beter maniere om iemand te beledig.

Alles in ag genome, sou ek sê ek het Uit die hart van ’n vrou as ’n heel aangename en interessante boek ervaar. Ek dink daar sal nog baie goeie boeke uit hierdie skrywer se pen vloei. Uit die hart van ’n vrou is ’n boek van geloof, hoop en liefde. Dis daai soort boek. Die titel gee dit ook eintlik soort van te kenne.

The post Lesersindruk: <em>Uit die hart van ’n vrou</em> deur Rozaan de Wet appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Grensgeval deur Marita van der Vyver

$
0
0

Titel: Grensgeval
Skrywer: Marita van der Vyver

Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781485903796

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Marita van der Vyver is ’n skrywer wat ek nie juis lees nie. Daar is eenvoudig te veel boeke wat my aandag in beslag neem om almal se skryfwerk te kan lees. En ek lees ook veel meer niefiksie. Ek het iewers gelees dis ’n Suid-Afrikaanse ding. Ons lees glo oor die algemeen meer niefiksie as wat ons fiksie lees. Miskien is ander lande se lesers ook so. Ek weet nie. So een of twee boek het ek wel gelees, ja. Die hoofkarakter is altyd ’n vrou (soos Griet of so iets). En daar is altyd ’n huwelik wat verbrokkel. En die sekslewens word versigtig en smaakvol verreken. Ek reken die krag van hierdie boeke is hoe aards dit eintlik is. Hoe mense hulleself daarmee kan vereenselwig. Hulleself daarin kan inlees.

Toe ek egter sien dat daar nou hierdie boek oor die Bosoorlog, ook bekend as die Grensoorlog (1966–1989), geskryf is, was my aandag geprikkel. En wat ’n leeservaring was dit nie! Ek kon die boek skaars neersit. Ek het so lekker daaraan gelees dat dit my uit die slaap gehou het. Hierdie is die soort van boeke wat ’n mens wens jy meer in Afrikaans kon sien.

Die boek is weer eens geskryf vanuit die perspektief van ’n vrou, ene Theresa Marais. Die storie begin waar Theresa alleen in Kaapstad woon en in die uitgewersbedryf werk. Sy is geskei en haar eksman is oorlede. Maar dan ontdek sy ’n klomp rekords in ’n ou boks tussen haar oorlede eksman se weermaggoed. Ons almal se pa’s wat van die grens af gekom het, het sulke goed gehad. ’n Varkpan. ’n Army-hoed. Medaljes. En wie weet wat alles. Onder die goed waarop sy afkom, is ’n brief wat in Spaans geskryf is. En dis mos nou ’n resep vir drama. As iemand wat self in ’n argief werk, kon ek my nogals inleef in hierdie geheimsinnige brief.

Dit is vir my die krag van hierdie boek: Die boek kry dit reg om spanning te skep. Van die oomblik wat mens begin lees, wil jy verder lees, want jy wil die storie agter hierdie misterieuse Spaanse brief uitvind. Die brief torring baie gedagtes by Theresa los. Oor haar huwelik. Oor haar jeug. Oor die “ou” Suid-Afrika. Oor die lewe en die dood. Oor die verganklikheid van alles. Die nietigheid van alles. Natuurlik weet sy dat Suid-Afrika teen “die Kubane” geveg het in Angola. En die brief het ook ’n naam en ’n adres op. En dit stuur Theresa dan op ’n soektog na die persoon aan wie die brief gerig is. So beland sy dan op ’n vliegtuig na Kuba. In Kuba soek sy die familie, en beleef sommer ’n klomp ander avonture en maak nuwe vriende. Die grootste deel van die boek speel in Kuba af, waar Theresa ook weer leer om te lééf en die lewe te geniet.

Meer as dit hoef mens nie te sê nie. Dis genoeg om te sê dat ek hierdie boek hoogs vermaaklik gevind het. Grensgeval is ’n eenvoudige verhaal oor ’n komplekse wêreld met ’n tydlose boodskap. Daar is ook nie ’n klomp verwarrende karakters of vreemde ingewikkelde taalgebruik nie. Soos wat tipies is aan Van der Vyver se skryfwerk, is daar in Grensgeval weer ’n fyn balans wat sowel die liefhebber van ligte leesstof as die meer gesofistikeerde leser sal bevredig. Moenie wag vir die movie nie. Koop die boek. Leen dit. Doen wat jy moet doen om dit in die hande te kry en lees dit!

Lees ook:

Grensgeval deur Marita van der Vyver: ’n resensie

LitNet Akademies-resensie-essay: Grensgeval as interteks tussen môre en gister

Video: Kaapstad-bekendstelling van Grensgeval deur Marita van der Vyver

The post Lesersindruk: <em>Grensgeval</em> deur Marita van der Vyver appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo, saamgestel deur Wendy Maartens

$
0
0

Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo en nog 21 lekkerleeslegendes, ware verhale en staaltjies (2019)
Samesteller: Wendy Maartens
Illustrasies: Linki Brand
Uitgewer: LAPA 
ISBN: 9780799394863

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer hiervan na LitNet se redaksie aangestuur.

Hierdie boek is een van daardie boeke wat mens ten minste een keer in jou lewe moet lees, of dit nou as volwassene vir plesier is, of vir jou kind of kleinkind. Dis 'n lekker slaaptydstorieboek met nuwe stories, ware stories en legendestories – almal in een boek.

Die pragtige voorblad is natuurlik die grootste trekpleister. Die titel en pragtige leeu voorop verwys na die bekende – of is dit nou berugte? – leeumannetjie Sylvester. Hy het homself in 2015 behoorlik in Suid-Afrikaners se harte ingewurm as die rondloperleeu wat vir 24 dae in die uitgestrekte Karoo rondgeloop het. Die ander mannetjies in sy trop het hom uitgeskop uit die Karoo Nasionale Park buite Beaufort-Wes. Baie mense het die wel en wee van Sylvester op radio, televisie en die nuus gevolg. Die sosiale media was behoorlik aan die gons oor sy nuutste maaltyd en waar sy spore gesien is. 

Wendy Maartens, die samesteller, dra die boek op aan Dorothy Molefi, wat haar van vergifnis geleer het. Baie van hierdie verhale bied ’n geleentheid om oor vergifnis, deernis en empatie te leer. In die hedendaagse samelewing kan dit net goed wees om vir ons kinders verhale te lees wat hulle wys hoe om iemand anders se lewe te respekteer, al verstaan jy dit nie, en om empatie met hul sorge te hê. Die verhaal van Sylvester, die ramkat van die Karoo, bind al hierdie verhale saam. Maartens stel dit so mooi in haar voorwoord: “Ek wonder soms: Is ons ons stories, is ons storie ons?” – ’n vraag wat die leser deurentyd sal saam dra met die lees van elk van hierdie verhale. Besoek gerus Maartens se webtuiste sou jy meer opwindende boeke wil ontdek. 

Linki Brand, die illustreerder, roep elke verhaal se unieke, kleurvolle karakters tot lewe. Dis kleurvol en treffend, maar word nie op elke bladsy gebruik nie. Dit sorg vir ’n goeie balans tussen teks en illustrasie. Elke illustrasie is eerder ’n portret wat pas by die betrokke verhaal, eerder as die verhale wat geïllustreer word. Daar is genoeg detail in elke illustrasie om ’n gesprek met ’n kind te kan voer oor wat in die verhaal gebeur. Dit dui op ’n goeie integrasie van die teks in die illustrasie en is ’n eienskap wat ’n kinderboek laat uitstaan. Ek vind dit gepas dat hierdie boek se voorste en agterste binneblad, asook hoofstukbladsye, met lekkergoedillustrasies versier is. “’n Sakdoek vir ’n Sanseuntjie” se hoofstukblad het byvoorbeeld ’n ronde lekker op met die gesig van ’n Sanseuntjie. Die lekkergoedtema word regdeur die boek geweef. Binne ’n Suid-Afrikaanse konteks assosieer baie kinders die Quality Street toegedraaide lekkers met spesiale geleenthede soos Kersfees of verjaarsdae. Beslis ’n goeie visuele keuse vir ’n besonderse boek soos hierdie. 

Hierdie lekker storieboek is goed nagevors en bevat ’n ryk skat van verhale vir alle ouderdomme. Almal hou van stories, en nie alle stories is net vir kinders nie. Daar is stories wat aangepas is uit volksverhale en legendes wat goed bekend is onder die ouer generasies, veral die verhale wat in die Kaap afspeel. In “Red die bruid!” word daar vertel van ’n vrou wat in ’n woeste Kaapse storm van ’n skip af gered moes word. Die skip het in die nag gestrand en op die rotse beland. Daar is ook ’n pragtige verhaal oor Macassar en ’n skaapwagter wat sjeg Yusuf se graf ontdek het. Die verskeidenheid verhale maak die boek uniek en ’n aanwins vir elke boekrak. Dit is ideaal vir voorlees of as 'n koffietafelboek vir die jongspan. Dalk iets wat kan help om die winterkouer te verdryf in die komende maande, veral in dié grendeltydperk.

Die illustrasies is uitstekend en neem die leser op ’n ware verbeeldingsvlug. Baie van die verhale kom uit historiese en ouer tekste wat aangepas is. Daar is byvoorbeeld ’n verhaal gekonstrueer uit navorsing oor die Bleek en Lucy Lloyd-versameling – ’n bekende versameling wat optekenings, sketse en tekenboeke bevat oor die slawe wat vir Bleek en Lloyd gewerk het, asook kinders wat hulle ingeneem het, soos die seuns in die verhaal “’n Sakdoek vir ’n Sanseuntjie”. Gaan loer gerus na van die sketse in hul versameling met hierdie skakel: http://lloydbleekcollection.cs.uct.ac.za.

Die skrywer het selfs brontekste van Boerneef en Pieter W Grobbelaar gebruik, soos Die berggans het ’n veer lat val (1998), Die mooiste Afrikaanse Sprokies (1969) en Die vermaaklike lewe van Tyl Uilspieël (1967). Alhoewel dit betreklike ou tekste is, en sou ’n mens verwag dat hierdie stories hul tyd uitgedien het, is dit in hierdie nuwe formaat herkanoniseer. Hierdie boek maak verhale oor die ou Kaapse storms, die Boereoorlog en ook verhale uit die Maleise en Afrika-kulture weer relevant vir vandag se lesers. Dalk selfs meer vir vandag se kinders, omdat hulle met al die tegnologiese vooruitgang nie meer stories hoor by die oumas, oupas, hoofmanne of tradisionele storievertellers nie.

’n Volwasse leser sal maklik die boek saam met 'n jonger leser kan geniet. Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo en nog 21 lekker legendes, ware verhale en staaltjies (2019) is ’n besonderse boek wat net reg is vir Suid-Afrikaanse lesers, dalk selfs om die braaivleisvuur – waar stories altyd die lekkerste vertel word.

The post Lesersindruk: <em>Sylvester, ramkat van die Groot-Karoo</em>, saamgestel deur Wendy Maartens appeared first on LitNet.

Legkaart van ’n jong lewe deur Dolf van Niekerk: ’n resensie

$
0
0

Legkaart van ’n jong lewe
Dolf van Niekerk

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485310099

Dolf van Niekerk se Legkaart van ’n jong lewe verskyn in 2019 by Protea Boekhuis – ’n bundel kort outobiografiese vertellinge, sketse en selfs kortverhale oor die vorming van sy jong lewe van ongeveer vyf tot net voor sy mondigwording in Februarie 1950.

Van Niekerk is ’n deurwinterde, veelsydige, selfs veteraan-, en ook bekroonde skrywer binne die Afrikaanse letterkunde en uitsaaiwese. ’n Kenner van musiek en filosofie (waarin hy ’n doktorsgraad behaal het); digter; skrywer van jeugverhale, kortverhale en novelles.

Die foto op die buiteblad is al die eerste deel van die legkaart wat voltooi moet word deur die leser se vertolking. En so volg die een leidraad na die ander van ’n jong lewe. Soos ’n mens by die lees (en herlees) van sy jeugherinneringe aflei, is hy ook ’n denker oor die sin van die lewe en veral oor die ineengevlegtheid van verskillende elemente in die natuur en die mens. Soos hy dit stel: “Alles vloei deur die tyd aaneen” – woorde wat hy by Opperman gelees het, sê hy in ’n onderhoud met Corina van der Spoel by die bekendstelling van die bundel.

By alle outobiografiese vertellinge is die leser bewus van twee ek-figure in die teks: die vertellende ek vanuit die herinneringe in sy ouderdom en die belewende, ervarende, besinnende ek in die teks self.

In die voorwoord tot die bundel verwys Van Niekerk reeds na sterk deurlopende motiewe waaraan geraak word, of waarvan hy lewenslank bewus was terwyl hy sy vormingsjare deurgemaak het. Dit sluit in die blywende soeke na wie hy regtig is, sy self en bewustheid van sy buitestanderskap. Daar is ook verwysings na ’n deurlopende skuldgevoel, ’n intense soek na die “iets” wat die bewussyn van die lewe sal verklaar, die karakters in van sy boeke en die lewe as ’n reis op soek na die waarheid binne al hierdie begrippe. Hy stel dit dat hy hom in 2018 bevind in ’n volkome verwondering: “... lê die ‘iets’ van my kindertyd, wat by tye gestalte wou kry, telkens opnuut in verwondering en misterie. Die reis is nie voltooi nie, en ek hoop die roete sal immer in my oop bly. Moontlik, net moontlik, is die reis oplaas die wese van die ‘iets’. Of is die iets dalk die medereisiger wat betekenis aan die reis gee?”

Vir die leser wag hierdie insigte egter in die tipies eenvoudige, gestroopte vertelwyse wat so kenmerkend is van Van Niekerk se prosa, hoofsaaklik vanuit die belewenis van die kind- en jeugdige karakter. En selfs uit die kortste en bedrieglik eenvoudigste essay spreek ’n erkentenis of begrip wat deel geword het van sy vorming as mens. As kind en selfs student bly sy lewe letterlik en figuurlik die oopmaak en toemaak van hekke (en party was smoelneukers), die ervaring van armoede en die klein vreugdes van elke dag, die grootheid van klein ervarings.

Van Niekerk beskryf vir ons die armoedige kleindorpse bestaan in Edenburg, sy kinderervaring van historiese hoogtepunte soos die Simboliese Ossewatrek van 1938 en die afstandelike waarneming van die Tweede Wêreldoorlog, maar ook die protesaksie van die Ossewabrandwag. Daar is die heldeverering vir die akteurs van besoekende toneelgeselskappe en die onverwagte grootoog ontmoeting van eertydse helde soos generaal Dan Pienaar, die stoeier Johannes van der Walt en die Olimpiese atleet Danie Joubert.

Maar as kind groei die verwondering ook in die waarneming van blink lokomotiewe, ’n groot net vol vis, die goedheid van mense wat ’n koppie koffie en toebroodjie koop en vyf lammers wat hy kan verkoop vir studiegeld. Daar is die verwondering en sukses met die posduiwe – so word Skrik kom huis toe gebore, wat vir jare ’n voorgeskrewe boek in ons skole was. Die sukses as atleet en rugbyspeler moet vir ander terugslae vergoed. Dis die dae van ’n tiekie, ’n sikspens en ’n sjieling, wat kosbaar is, tot hy later by halfkrone kan kom om te spaar vir die koop van NP Van Wyk Louw se digbundel Die halwe kring. Tussen al hierdie belewenisse is die fiets sy getrouste bondgenoot.

Hy verwys na sy kinderleesstof, wat die vertaling van Uncle Tom’s cabin, WA de Klerk en PJ Schoeman se jeugboeke, en ook die Afrikaanse volwasseneromans van daardie tyd  insluit, wat hom laat besluit: Minder is meer. Dit, sê hy, is ’n beginsel wat gegroei het by hom en later met bewondering deur sy lesers waargeneem is. So is hy ook in hierdie bundel besig met die “understatement” as oorheersende styl, die suggestie wat tussen kort reëls skuil.

Sy vorming geskied, behalwe in die ouerhuis en skool, onder andere deur die oppas van oumense deur by hulle te gaan slaap as hulle alleen is, werk by die slaghuis, op die plaas, as sinjaalsteller en as afleweraar van briewe. Die essay oor die belangrikheid van die briewe, die respek wat ’n mens daarvoor moet hê en die aard van die mense op die dorp wat hy daardeur leer ken het, asof hy “die hart van die dorp leer ken het”, is een van my gunstelinge.

Maar vorming sluit ook die mislukkings en foute in, soos die afbrand van die pop se neus, die skinkbord wat hy in die houtwerkklas moet maak en die probleme met motorbestuur op gruispaaie.

Met die grootword is daar die groter bewuswording van verganklikheid, langdurige siektes soos dié van sy pa en die oom met die kanker, wat vir hom ’n skedel word wat vir hom Milo in die bed bring, die vretende hartseer na die dood van geliefdes, maar ook sy ontdekking van liefde – met groot onbeholpenheid!

Teen die einde van die bundel is daar in meer as een teks die besinning oor tyd, die herinneringe van Kersfees, die verskil tussen Oujaarsaand met die aflees van die naam van al die gestorwenes en Nuwejaar met sy liggies en musiek. Hy sonder die koms van die reën uit as een van die heel grootste gebeurtenisse in hulle kontrei – reën het by hulle “nie sonder moeite en gebede gekom nie”. Die besef groei dat net baie groot verdriet en skoonheid die mens werklik stil maak.

So word tyd en stilte twee van die dinge wat die ineengevlegtheid van dinge weerspieël. Hy wens hy kan sterretyd en mensetyd met mekaar verbind, die oneindigheid en die kort stukkie lewe. Hy praat Oujaarsaand in die kerk met die “tyd wat jy nie kan sien nie, maar met sy eie lyf langs jou in die bank sit” en hy is dankbaar dat sy pa se naam nie een van dié is wat daardie jaar afgelees word nie. Maar in die gesprek met homself weet hy jy sal dalk eers weet wie jy is as jou naam uitgelees word.

Die herinneringe van ’n jeug se legkaart eindig met twee aparte mooi tekens: die fynste sakdoekie en gelukwensing met al die onderskeidings.

Van Niekerk se vertellinge is oor en oor die moeite werd om te lees. Vir my het die tekste ook weer baie hekke oopgemaak: die oproep van ’n vroeër leefwyse, die indirekte besinning oor die waarde van die alledaagse belewenisse, die assosiasie en herkenning van tekste en gebruike. Dit word ’n eie reis na ’n verlede met ’n ryke verskeidenheid van belewenisse en die blywende indrukke wat nog steeds vorm gee aan ’n groeiende bewussyn op hierdie pad.

Lees ook:

Dolf van Niekerk (1929–)

The post <i>Legkaart van ’n jong lewe</i> deur Dolf van Niekerk: ’n resensie appeared first on LitNet.

Resensie: Dwaalgedagtes op ’n fiets deur Pieter Loots

$
0
0

Dwaalgedagtes op ’n fiets
Pieter Loots
Uitgewer: Groep 7 Drukkers
ISBN: 9781928456902

Dis nie meer ongewoon om fietsryers op swaarbelaaide toerfietse op die hoofpaaie of selfs agterpaaie van ons land te sien nie. Soos fietsry se gewildheid toeneem, het fietstoere ook gewilder geraak. As dié langpadgogga eers gebyt het, is fietsry deesdae die ideale manier om jou eie land of verre lande te verken – kyk maar net na die talle blogs, beskrywings en foto’s van fietstoere op sosiale media deur hierdie nuwe geslag avonturiers.

Die skrywer van Dwaalgedagtes op ’n fiets is nie net nog ’n langsafstandfietsryer nie. Pieter Loots het op sy dag aan verskeie sportsoorte deelgeneem en was onder meer ’n kranige tennisspeler, vlerkswewer, langsafstandatleet en stapper wat al verskeie kere die Visriviercanyon gestap het.

Hy is nou in sy laat sewentigerjare, en is steeds ’n ywerige fietsryer, want hy het lankal besef fietsry is vergewensgesind as jy ouderdomskwale en ou sportbeserings het. Soos jy ouer word, hou fietsry jou nie net gesond nie, maar laat dit jou toe om steeds nuwe avonture aan te pak, en suiwer vir jou eie plesier, veral as jy nie meer mededingend ry nie.

In sy boek gee hy praktiese wenke oor hoe om vir fietstoere voor te berei, hetsy jy op jou eie gaan ry met al jou bagasie op jou fiets, of wil toer met ’n goedingerigte steunvoertuig wat jou bagasie saam karwei sonder vooruitbesprekings vir verblyf.

Dit is egter die dagboekinskrywings van twee goed-beplande togte die afgelope paar jaar, die eerste een op die ouderdom van 75 van Kimberley na Langebaan en toe, skaars ’n jaar later, ondanks ’n heupvervanging, ’n ellelange 1 500 km-rit van Windhoek na Hermanus, wat die kern van die boek vorm.

Hy hou getrou dagboek van sy daaglikse skofte en hoe hy elke dag wind en weer en opdraandes en terugslae trotseer. Op beide togte het sy vrou Ella hom vergesel met hul “ryhuis”, want saans het hulle in woonwaparke of plase of selfs langs die pad uitgekamp.

Bedags ry hy op sy eie en dit is wanneer sy gedagtes dwaal. Veral die tweede rit deur Namibië word ’n nostalgiese reis, want in die vorige eeu was hy ’n vakadviseur van onderwys in die ou Suidwes-Afrika (nou Namibië) en het hy die land deurkruis om skole te besoek. Nou wek bekende bakens en dorpies herinneringe, party aangenaam en ander minder aangenaam, wat hy tesame met staaltjies en lewenslesse met die leser deel.

Weens sy deeglike voorbereiding voltooi hy albei hierdie uitdagende toere soos beplan en met min teëspoed, en nog beter, sonder enige nuwe skete.

Die skrywer slaag daarin om fietsryers, oud en jonk, wat steeds droom van avonture, aan te moedig om nuwe uitdagings aan te pak en die langpad aan te durf. Saal op en ry saam, is sy aanbeveling, en ontdek jou land op hierdie gesonde wyse.

The post Resensie: <em>Dwaalgedagtes op ’n fiets</em> deur Pieter Loots appeared first on LitNet.

Resensie: Madness. Stories of uncertainty and hope deur Sean Baumann

$
0
0

Madness. Stories of uncertainty and hope
Sean Baumann
Illustrasies: Fiona Moodie
Uitgewer: Jonathan Ball 
ISBN: 9781776190133

Dr Baumann skryf in sy inleiding dat hierdie boek ’n poging is om die skadelike maniere waarop ons aan geestesgesondheid dink, te verander. “Dit bring ook hulde aan diegene wat elke dag in ons gedeelde wêreld met hierdie misterieuse gewysigde geestestoestand saamleef.”

Hy het vir meer as ’n kwarteeu as kliniese psigiater in die manstoelatingsafdeling van Valkenberg-hospitaal in Kaapstad gewerk. Hy was ook ’n senior dosent in die Departement Psigiatrie en Geestesgesondheid by die Universiteit van Kaapstad. Hy het elke dag te make gehad met die innerlike stryd en versugting van pasiënte wat met geestesversteurings leef.

Sy spesifieke belangstelling is psigotiese siektes, veral die skisofreniespektrum versteurings en chroniese pyn. Hy is die redakteur van Primary care psychiatry: A practical guide for Southern Africa (1998, 2007, 2015). Sy kantata Madness: Songs of hope and despair is in 2017 by die Baxterteater in Kaapstad opgevoer.

Die hoofstukke sluit onder meer in: geweld; die idee van malheid; die gemeenskap se houding jeens geestesversteurings; depressie; skaamte; malheid en kuns; malheid en die teater; die biologie van waansin en medikasie.

Sy vertellinge is respekvol, vol empatie en deurdag. Dit neem die pasiënte se gesigloosheid onder ’n sambreelterm van “versteurdheid” weg. Dit gee waardigheid en insig. Sommige van sy beskrywings is só vol deernis dat dit trane na jou oë bring. Een of twee paragrawe uit sy gevallestudies is met soveel empatie uitgebeeld dat dit voel of jy daar was; asof jy deel was van die gebeurtenis.

Daar is aangrypende beskrywings van ’n pasiënt wat glo die hospitaal is deel van ’n sameswering wat hom sy lewe gaan kos; ’n ander jong man wat halflyf in die rivier staan, besluiteloos of hy na die ander kant moet stap of moet omdraai, terug hospitaal toe. Die verpleërs staan geduldig op die wal vir hom en wag. Maande later is dit ’n ander jong man wat daar in die water staan. Sy lyf word verteer deur Huntingtonsiekte. Die water is te vlak om in te verdrink. Sy mislukte selfdoodpoging was absurd en futiel; slegs ’n uiting van wanhoop. ’n Ander man word deur ’n stem aangehits om sy eie oog met ’n lepel uit te haal; ’n ander berei voor om die president te vermoor, omdat hy “voorgesê word” om dit te doen.

Die druk van te min beddens; die voortdurende waglyste van nuwe pasiënte wat hulp benodig, maar bestaande pasiënte wat nog nie gereed is om ontslaan te word nie, is ook ’n onderliggende spanning op hierdie man se skouers. En dan hier en daar die dokter se emosionele moegheid, maar altyd die hoop dat hy die volgende oggend met hernude hoop sal terugkeer. Tot hy ’n pasiënt verloor, en hy erken dis een van die moeilikste byprodukte van sy beroep.

Hy skryf dat die idee van malheid ’n problematiese en kontroversiële een is. “Deel van die probleem is terminologie. Malheid is ’n volksterm en is buite die konserwatiewe medisyneveld en deurtrek van die metafore.” Hy is voortdurend bang vir aanstoot gee, of dat hy misverstaan sal word, want hy wil niemand wat met enige versteuring saamleef – of hul familie en vriende – leed aandoen nie.

Dis die tipe boek wat jy in stukke kan (of in my geval, moet) lees. Dis asof ek met elke nuwe hoofstuk nie alleen insigte kry in die alleenwêreld waarmee mense met versteurings leef nie, maar ook insigte in my eie onkunde en gebrek aan empatie.

Hoe maklik maak mens uitlatings soos “Ek wil mal word”, “Dit dryf my tot raserny”, of “Inperking maak my gek.” Hoe ligtelik spot jy saam met jou vriendin oor haar selfgediagnoseerde AAD of sê jy vir ’n geliefde om uit die put van depressie te klim – “Dinge is tog nie só erg nie.”

Of soos Baumann skryf: “Valkenberg-hospitaal doem steeds beelde van vrees en afgryse by menige op. Dis ’n refrein van verwerping en vervreemding. Jy tel nie; jy is nie een van ons nie; jy is te anders as ons. Jy moet toegesluit word.”

Sy historiese perspektief oor die Liesbeekrivier en dat wat anderkant die rivier is – soos Valkenberg – illustreer hierdie opvattinge net verder.

Iets wat my bybly sedert ek die boek gelees het, is sy opmerking dat hy, wanneer hy saans ná werk huis toe ry, by die sterrewag verbyry, waar sy kollegas na die eindes van die heelal kyk. “Ek stel my ’n groot stilte voor; ’n ontsaglike kalmte – heeltemal in teenstelling met die hospitaal se tumult.” Maar dan erken hy dat hy hom misgis het. Sy kollegas sê die heelal is ’n draaiende chaos, wat enige dag kan kers vashou met die brein se waansin in ’n staat van uiterse nood. ’n Foto wat hy glo in ’n sterrekundejoernaal oor die uitspansel se buitewyke gesien het, is bykans ononderskeidbaar van ’n foto van die sentrale senuweestelsel.

Mens dink mos altyd iemand anders het dit makliker, of eenvoudiger, as die warboel waarin jy jou dalk kan bevind.

Sy epiloog oor die noodsaaklikheid van hoop laat jou besef dat in die donkerste tye van ons lewens, hoop nooit beskaam nie. En in ’n tyd in die wêreld wanneer dit soms voel asof alles mal geword het, is dit dalk die grootste boodskap wat hierdie boek by my laat.

Dit is ook wat Antjie Krog se aanhaling op die binneblad weergee: “Die boek dwing jou om te glo dat anderkant al die ellende en wanhoop, daar altyd hoop sal wees.”

Elke hoofstuk is treffend geïllustreer deur Fiona Moodie, ’n bekroonde kunstenaar. Haar wit-en-swart tekeninge bring die hoofstuk se tema en stemming by jou tuis, voor jy nog die eerste woord gelees het.

Baumann se boek illustreer vir my dat sy spesialisveld net vir ’n besondere tipe mens beskore is – jy gaan beslis nie in hierdie loopbaan in as jy van die kollig hou nie. Jy begewe jou in ’n donker wêreld waar wanhoop eerder as geluk en hoop die mantra is. Maar danksy mense soos hy is daar veilige plekke, waar daar hulp, hoop en heling kan gebeur.

The post Resensie: <em>Madness. Stories of uncertainty and hope</em> deur Sean Baumann appeared first on LitNet.

Review: Leaving word by Steven Boykey Sidley

$
0
0

Leaving word
Steven Boykey Sidley
Publisher: 
MF Books
ISBN: 9781928420521

As Steven Boykey Sidley says in the acknowledgments of his latest novel, Leaving word, it is true that “writing a book with a fiction editor as its main protagonist is asking for trouble, on many levels”. Writing a book about the publishing industry as a whole might be asking for even more trouble. But, if anyone can pull it off with aplomb, it is Sidley. And Leaving word, his fifth novel, is a rollicking read because of it. I wish I could call it a metanovel, but that would make it sound too theoretical and perhaps scare readers who are just looking for a good read. The meta elements are undeniable, but their delightful tongue-in-cheekness obfuscates nothing; it just adds to the fun of reading.

Joelle Jesson – fortyish, fired from her job and desperate to act on her desires – is at a loose end after losing her position as an editor at a leading US publishing house. Apart from wanting to kill someone – and nearly anyone will do – she has no plans for her future. When the man who has just fired her keels over in his office without a readily apparent cause of death, she is shocked, like everyone else in the company, and for a moment feels guilty for wishing a death into being. She is not the killer, however, and a preliminary investigation concludes that the man died of natural causes. No one else but Joelle continues to suspect foul play.

Enter the dead man’s brother, an intriguing visual artist who has lived in the shadow of his more successful and famous sibling; a cop who has a manuscript with an uncanny storyline – which resembles recent events – that he wants Joelle to have a look at; a frightened, mysterious young man with a dark secret; and a wannabe writer who has a screw or two loose and does not understand why his “genius” goes unnoticed. I bet you that you will never guess where any of it is heading, and by the time you reach the book’s end, you will love every twist and turn that led you there.

Leaving word is a novel about characters and ideas; it playfully defies the realities of plots. As Joelle’s terminally ill ex tells her on the phone from Cape Town: “Your life does not have a readership demanding a resolution.” Like with editing, the devil is in the detail, and Sidley is a fine observer of human foibles. The story unfolds in unexpected ways, but its emotional fabric remains believable throughout.

The novel includes one of the most crushing rejection letters ever written and many lines of description and dialogue that will have you in stitches. It offers fascinating insight into a dying art – editing – and the industry that is killing it instead of treasuring it for what it can contribute to the wealth of our knowledge and the joys of our entertainment.

The rejection letter mentioned above begins with the obvious lines (I won’t spoil the rest for you): “We are not going to publish this novel. No one reads books anymore.” All I hope is that novels like Leaving word continue to find their paths into the world, and that we readers do our damnedest not to allow the art of reading to go completely out of fashion. The alternative is that a few of us will be left with inconsolable grief, the kind Joelle’s father lives with after losing his wife early on in their marriage when Joelle and her sister were still children: “A man who can recover from the loss of this sort of love, in my opinion, never had it in the first place – it was not his to lose. It is a rare thing. It is the fuel of poetry and art and life itself.”

The post Review: <em>Leaving word</em> by Steven Boykey Sidley appeared first on LitNet.


Resensie: Porseleinskerwe deur Marié Blomerus

$
0
0

Titel: Porseleinskerwe
Outeur: Marié Blomerus 
Uitgewer: Protea Boekhuis

Maré Blomerus is bekroonde digter in murg en been. Berese en belese, vol nuuskierigheid en verwondering; 87 jaar oud met ’n kop bol herinneringe. Proe die rooi sand van Namibë, vergaap jou aan die poublou van die Erongoberge en gryp na ’n vuisvol sterre.

................

’n Mens lees Marié Blomerus se Porseleinskerwe stadig. By sommige paragrawe talm ’n mens, blaai dan terug na ’n foto van die skrywer se “Oupa en Ouma Suidwes” voor in die boek vir konteks en nostalgie. By ’n volgende gedeelte gaan staan ’n mens geheel en al stil, kyk miskien ’n slag op na die skadu’s wat ook hier begin verleng oor die berge.

Die vertellings lees soos gedigte – die woorde kleurryk dog versigtig gekies, met die vermoë om beelde glashelder by ’n mens te laat opkom. Toe ek begin lees, het ek amper geen kennis gehad van Blomerus se ander skryfwerk nie, en tog het haar onderwerpe en selfs woordkeuses my toenemend herinner aan die digters Leipoldt en Keats, vir wie sy graag hierin aanhaal. Haar klem op skoonheid en op die verganklikheid maar verrukking van die lewe eggo vir my hierdie vroeëre skrywers s’n, asook ’n ander tyd.

Nadat ek klaar is met haar boek, gaan soek ek verdere inligting oor Blomerus se skryfwerk, sien dat sy eintlik meer bekend is vir haar digkuns, en vind oplaas twee van haar gedigte in Groot verseboek eerste uitgawe (2008). Waaragtig, een van dié gedigte is juis gerig aan Keats:

feit is, my liewe Keats, die soet duifie van jou en my
jeug het gevrek en ek staan maar talmend en dink
hoe “love and fame to nothingness do sink”.

Dié gedig het oorspronklik verskyn in Ithaka (1985) en verskil vir my tog opvallend van Blomerus se skryfstyl in Porseleinskerwe. Laasgenoemde is natuurlik nie ’n digbundel nie, maar eerder ’n versameling herinneringe en sketse, baie van hulle histories en uitstekend nagevors, ander treffend persoonlik. Soos in die aangehaalde gedig gaan draai sy gereeld by die soms pynlike verloop van tyd, en by die wyses waarop die geskiedenis geleidelik vervaag. Sy laat ’n mens met die bittersoet gedagte dat beide landskappe en ou lewensverhale geleidelik vervorm en verdwyn. Tog is my indruk dat die skrywer haar nie hier teen die verloop van tyd verset nie, maar eerder die skoonheid ook daarin wil herken.

Een van die heel laaste stukkies in Porseleinskerwe, “Piazza Di Spagna – Roma”, is dan ook ’n vertelling van hoe die skrywer Keats se laaste woonplek gaan besoek het, waar hy op 25 oorlede is aan tuberkulose. Ook ek kry trane in my oë wanneer Blomerus skryf: “Ek kyk na die venster en die bed en sien die kaggelrak met die klein vasie. Die niksvermoedende, vereerde roos word in die vasie gesit en ek huil sonder geluid. Die eerste maal in my lewe dat ek in ’n besienswaardige plek huil” (223).

Maar my gunstelingdele in hierdie vertelbundel wentel meestal rondom Namibië, Blomerus se geboorteland en ’n plek waarvan sy die bekoring meesterlik opwek. Aanvanklik onderstreep ek soms mooi passasies, of skryf die bladsynommer vir myself neer om daarna terug te keer; mettertyd raak my lys van mooi aanhalings egter te lank en lees ek eerder agter die lekker aan. In “Etosha” vertel sy van haar eerste besoek aan hierdie wildtuin, in 1939 – 81 jaar gelede! Hoe anders om dit tóé te beleef, voor daar ruskampe en geriewe was, in ’n tyd waarin haar pa sy geweer byderhand moes hou vir ingeval die wyfieleeu wat hulle motor agternagesit het, te suksesvol sou raak.

Later, in “Ode aan Plekname”, noem sy ’n string Namibiese plekke op wat ek versigtig herhaal, proe-proe, en waarvan ek telkens die ligging op Google Maps gaan soek. Damaraland, Transgariep,  Usakos, die Omaheke-vlaktes, Grünau ... mooi name, name met stories. Ek self het Namibië ook al liefgekry en die landskap wat Blomerus met soveel sorg oorvertel, laat my verlang daarna om dit weer te sien: “Ja, dit bekoor my, want daar staan die gemsbok heel alleen tussen die silwergrasse met die Omaruru-koppies in die agtergrond en ek weet hy voel nie alleen nie, hy ís net; die koppies is net; die silwergras is net” (134).

Blomerus vertel ook grepe uit ander se lewensverhale, van vergete Portugese ontdekkingsreisigers en Duitse setlaars; in een roerende stuk verskyn selfs briewe uit die 1920’s. Dit is ’n bederf om die eietydse taalgebruik daarin te kan meemaak – ek onthou dat een van my dosente op universiteit vertel het hoeveel doodgewone mense ’n paar dekades gelede nog talle briewe aan vriende geskryf het, briewe baie keer gepeper met aanhalings uit digters en skrywers se werk. Wat sal geskiedskrywers aanhaal wanneer hulle eendag ons verhale vertel?

’n Mens moet Porseleinskerwe rustig lees, ja. Die skrywer deel haar liefde vir die kleine en die alledaagse hier met die leser, en haar vertellings ontvou sonder haas. Dit gaan oor die sin en die vreugde wat lê in die mooi van ’n ou porseleinkoppie, in die bedrywighede van twee lagduifies, in die bonkigheid van ’n kameeldoringboom.

Blomerus se beelde wakker ’n dankbaarheid teenoor die lewe by ’n mens aan. Sy self som dit treffend op: “Nuuskierigheid, besluit ek, terwyl die boorde verbyvlieg, is nes die liefde. Dit dryf jou by die wet van gemiddeldes verby. Jy sal woestyne deurkruis, seë bevaar, selfs die hemelruim trotseer as dit moet; gehawend en voetseer daarvan afkom, maar die ver plekke en die liefde sal jou weer en weer verlei met hulle lokstemme” (187).

The post Resensie: <i>Porseleinskerwe</i> deur Marié Blomerus appeared first on LitNet.

Review: Madness: Stories of uncertainty and hope by Sean Baumann

$
0
0

Madness: Stories of uncertainty and hope
Sean Baumann; illustrated by Fiona Moodie
Publisher: Jonathan Ball
ISBN: 9781776190133

Sean Baumann’s Madness is the extraordinary and deeply sensitive personal account of one man’s experiences as a practitioner in a psychiatric hospital, Valkenberg, in a deprived part of Cape Town.

Valkenberg lies on the site of the original colonial asylum, on the banks of the Liesbeek River. This river was a natural boundary between the 17th century Dutch settlers and the indigenous population – “the other” – who were feared and kept at bay. In Madness, this is reprised by Baumann as a modern-day metaphor for the way society continues to stigmatise the mentally ill, consigning them to a similar Dantean outer circle.

Baumann was a psychiatrist for 25 years in the male unit at Valkenberg, which had become a depository for those with sometimes violent mental troubles which other hospitals couldn’t cope with. Every week, he would be under pressure from the bed manager to find space for fresh arrivals. The turnover was always frenetic, and space and time to treat his patients inadequate. Discharged and temporarily calmed with medication, they would return to an outside world that usually ostracised them. Baumann was so troubled by the rejection and stigma surrounding his unfortunate charges, that it became his life’s work to destigmatise his patients in the eyes of their relatives and society by encouraging a more informed understanding of their mental illnesses. Madness is a sequel to his acclaimed short opera (Madness: Songs of hope and despair 2016) on the same theme, which began this process. Baumann’s logic was that when people understand what’s really going on, as was the case with AIDS and even cancer in years gone by, the stigma evaporates.

A subject like the one found in Madness might not, in the normal course of events, attract too much interest. But a perfect storm of mental health issues is currently engulfing the world as a result of COVID-19. Mental impacts of the lockdown are being widely reported by physicians, as well as by frontline medical staff who are cracking under the strain, many of whom are suicidally depressed. By coincidence, during this lockdown period, TV viewers have been deluged with psychological thrillers focused on the mentally ill. Such programmes have led to all sorts of misconceptions about contemporary mental illness and treatments. Well-known Austrian psychoanalysts advised on the hugely popular productions of Vienna blood as well as the acclaimed German series Freud, marrying episodic categories labelled as hysteria, trauma, taboo, regression and catharsis, which gave them verisimilitude with paranormal nonsense. As a result of this combination of real-life COVID-19 effects and lurid lockdown entertainment, mental health – the one-time orphan of medicine – has moved into the mainstream of press-fed public awareness, and governments across the world are vowing to throw resources at the problem.

Good timing, then, for a book to correct all the popular misapprehensions surrounding mental illness, and Madness goes a long way to doing just that in language and concepts of, if not exactly one syllable, then accessible syllables, at least.

Mental illness remains frightening and difficult to deal with. Mentally ill people are still shunned. Rational people have trouble dealing with irrational people. Popular literature and films are too often grotesque misrepresentations of the afflicted and reinforce the stigma of madness. The long journey from the days when madness was seen as witchcraft and demonic possession, treated with straitjackets and lobotomy, to modern attempts to bring it into the embrace of medicine, is not yet completed. It is not easy to explain to parents or relatives of young people whose “minds are in turmoil” why they cannot simply be “cured” in the same way that, for example, a broken leg can be reset. Neither is it easy to explain why someone in the family has taken their own life.

Baumann’s book answers many of these questions in layman’s terms. Madness draws on actual case studies to demonstrate a clear distinction between terms such as mental psychosis – like schizophrenia and bipolar disorders – and their genetic causes (including cannabis use by teenagers), on the one hand, and problems of life which cause personality disorders – the world of psychopathy, as in Hitchcock’s Psycho – on the other. What lies beyond conventional portrayals of mental illness is often shrouded in mystery, misconception and fear, and, in describing the lived experiences of those who suffer from schizophrenia, depression and bipolar and other disorders, Dr Baumann argues for a more inclusive way of making sense of mental health. The frame of reference is wide and easily accessible to nonmedically minded readers, embracing, as it does, art, psychology, free will and theories of the self, in order to help us better understand what mental illness really is. Baumann pulls no punches from the outset, and readers may be uncomfortable with his generic use of the term madness to cover most examples of psychosis and psychotic symptoms and behaviour. But, as he explains, there is no realistic alternative to describing mental illness in this way. What Dr Baumann is seeking to do is reclaim the expression madness, take it outside the confining control of medicine and rethink madness in the hope of diminishing its “otherness”, with the ultimate goal of reducing the stigma of mental illness.

This is a bold ambition, but the book certainly makes an eloquent stab. The notion of madness is carefully examined through the prism of the case studies, where only the names have been changed. The patients emerge as vividly rounded characters. Some notion of the complexity and range of symptoms associated with madness may be gauged by chapters dealing with, inter alia, fear, depression, mania, intoxication, madness as a disorder of self, suicide, madness as a function of a damaged brain caused by diseases like syphilis and Huntington’s, and a host of other categories and subcategories. Each diagnostic category introduces a real character whose story illuminates the problem and explains Baumann’s clinical response. Going even further, Baumann examines madness in the context of romance (“madly in love”), theatre and art. He lays out the boundaries of mental illness (or madness) and real-life “problems of living”, whose lack of resolution often cause personality disorders so severe as to amount to a form of mental illness.

And then, there is the elephant in the room in Madness: can madness (mental illness) ever be cured? This is the central thread – and unanswered question – that runs throughout. “I can’t go on like this – bring back my son,” the relatives plead. Dr Baumann prescribes calming medicines where he can, but tries to get everyone to recognise that, at bottom, the life problem must be resolved in order to effect a positive outcome if the patient is psychotic; or, if the problem is a psychosis – purely medical (schizophrenia, for example) – that it is a condition with a limited notion of cure – like cancer, heart and lung disease and diabetes, etc – but nevertheless a condition that can be effectively managed, like these other disorders. After periods of treatment, patients do return to their families and communities, and they cope with greater or lesser degrees of success – but success nevertheless, and therein lies a message of hope for anyone suffering with a mental illness.

This book will help those with responsibility for people with mental issues of all kinds and thinking themselves alone. There can be few better introductions to the often heartbreaking and yet touching, and sometimes uplifting, stories and experiences Baumann encounters. His own fragility as a human being breaks out from the white coat. We mourn with him and feel his helplessness when patients, friends and colleagues commit suicide. But then, he squares his shoulders and soldiers on, dispassionately analysing the circumstances.

Madness is also a unique window into the hidden world of microcosmic, racially diverse, “mad” South Africa. At Valkenberg, mental illness is the great leveller – the prosperous white businessman with voices in his head, is on the same level as the penniless Transkei African arrival in Cape Town, also with voices in his head. All are treated equally with care and concern. Outpatient aftercare goes on for years. Management of the effects of the psychosis is the best that can be done. But sometimes this management, in a relatively stable patient, can produce startling works of art or incredible flights of fancy. There is hope in these creative acts. Baumann wants us to realise that mad people can be strangely attractive and engaging if attention is paid to them. This makes them “normal” and no longer “the other”. As Baumann shows, experience proves that they can take their place in society again.

But what to do when an inability to cope with the problems of life is the cause of the mental disturbance? What breaks through the narrative time and again is the hopeless battle against poverty, addiction, extreme hardship and social and economic adversity. There are some things that even the most dedicated psychiatrist is powerless to influence, and you feel with Baumann that clench of the heart as yet another patient is discharged after too short a time at Valkenberg, into the maw of the devouring street, with the drug gangs waiting to rob the confused fellow when he collects his disability allowance.

Books that give such human insight into madness are rarer than one might suppose. Baumann would find himself at home in the company of Patrick O’Brian, DM Thomas, Pat Barker, RD Laing, Peter Shaffer and William Styron.

Madness is illustrated with exquisite chapter drawings that capture the strange, mysterious space of Baumann’s professional world. The illustrator, Fiona Moodie, is obviously well immersed in the subject, and her hand has a fluency that humanises the anguish of the mentally distressed beyond the capacity of language to describe their struggle.

Also read: 

Resensie: Madness. Stories of uncertainty and hope deur Sean Baumann

The post Review: <em>Madness: Stories of uncertainty and hope</em> by Sean Baumann appeared first on LitNet.

Resensie: Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter

$
0
0

Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans
Vertaal deur De Waal Venter
Uitgewer: Naledi 

ISBN: 9781928426851

Die digter en vertaler Daniel Hugo het op ’n keer gesê die graad van kulturele sofistikasie wat ’n taal bereik het, word dikwels gemeet aan die vertalings van klassieke tekste uit die wêreldletterkunde. Die vertalings van Europese taalskatte het insgelyks ’n rol gespeel om Afrikaans as volwaardige kultuurtaal te vestig. Uys Krige het in Spaanse dans (1969) Afrikaanse lesers bekend gestel aan die Spaanse digkuns van sowel die Spaanse landskap as die digters uit Suid-Amerika.

Pablo Neruda was ’n Chileense digter en diplomaat wat die Nobelprys vir letterkunde in 1971 verower het. As een van die bekendste en mees geliefde digters op die wêreldverhoog is hy bekend vir sy reuse-oeuvre wat bestaan uit historiese en epiese poësie, politieke manifeste, liefdesgedigte, en bloot verse wat handel oor alledaagse mense en onderwerpe. Neruda word gereken as die grootste Latyns-Amerikaanse digter van die 20ste eeu. Sy versamelde werk beslaan ongeveer 3 500 bladsye en is ‘n legio kere vertaal.

Venter se bundel is die eerste uitgebreide versameling van dié aard in Afrikaans. In Vandag is boordensvol se liriese en seminale inleiding beaam Charl-Pierre Naudé: “De Waal Venter, Afrikaanse digter en skrywer, bring met hierdie wye keuse van vertalings die sorgsame en elementele wêreld van Neruda met groot toewyding aan die Afrikaanse leser.”

Venter is, op sy beurt, ’n gevestigde huishoudelike naam en bekend as die skrywer van kortverhale, jeugverhale, radiodramas en gedigte – en hy is ook werksaam as een van die veelsydigste vertalers in Afrikaans. Dié 78-jarige skrywer se oeuvre is merkwaardig, soos ook G Brits se waarderingsblog op Versindaba oor Venter se bydrae tot Afrikaans (10 Februarie 2016) getuig. Vandag is boordensvol is onlangs met die Akademie se Vertaalprys bekroon.

Daar is talle uitdagings wat ’n vertaler in die gesig staar: Daar moet gewaak word teen ’n té letterlike vertaling van die bronteks. Die vertaalde gedig in die teikentaal moet uiteindelik oor ’n sekere vlotheid en leesbaarheid beskik; dit moet geloofwaardig wees; outentiek klink, asof dit in Afrikaans geskryf is. Wat verlore kan gaan tydens die vertaalproses, is versklank, kulturele weerklanke, meerduidighede, betekenisassosiasies en nuutskeppings. Sekere “vibrasies” kan net deur die moedertaaloor opgevang word. Daarbenewens is dit moeilik (of haas onmoontlik) om sekere komponente van taal te vertaal, soos die visuele elemente in poësie, spreekwoordelike en idiomatiese taalgebruik, eksperimentele verse, onsinrympies, byname en onomatopee. In ’n onderhoud met Gert Brits op Versindaba verwys Venter na sy vertaalmetode wat hy die “poëson-werkswyse” noem. Laasgenoemde het nie ’n streng teoretiese onderbou nie, maar betrek eerder die vertaling van poësie as ineengevlegte digterlike idees, ’n intuïtiewe proses waarin die essensie van poëtika uit die vertaler se skeppende onbewuste gediep word. Venter is ook bekend vir sy jare lange persoonlike blog waar eie Afrikaanse sowel as vertaalde poësie gereeld verskyn.

Die bundel beskik nie oor ’n formele rubrisering nie, maar die verse is losweg gerangskik as liefdesgedigte, sonnette, odes, en so meer – die vertaler het eerder gefokus op ’n tematiese interseksie uit Neruda se reuse-oeuvre as wat hy besluit het op ’n teoretiese (of akademiese) aanbod. Venter het dit al meermale duidelik gemaak dat hy nie Neruda se politieke gedigte vertaal het nie, omdat dit nie op dieselfde peil as sy ander werk is nie. ’n Mens sou stellig kon vra of die vertaling van dié sosialistiese gedigte nie dalk juis die veelkantigheid van Neruda se oeuvre sou rugsteun nie, alhoewel die vertaler se keuse van ’n seleksie goed gefundeer is. Vandag is boordensvol is sonder omhaal ’n bloemlesing van Neruda se mooiste en belangrikste poësie.

’n Sinvolle ontsluiting van die bundel is die gekose programgedig, “Môre, kan ek inloer?” (2):

Môre … kan ek inloer? My naam
is Pablo Neruda, ek’s ‘n digter. Kom nou net
uit die noorde, die suide, die middel van
die see, daardie myn wat ek in Copiapó besoek het.
Ek kom van my huis op Isla Negra en
ek vra toestemming om by jou huis in te stap, sodat
jy my gedigte kan lees, sodat ons kan gesels.
(…)

Die bekendstelling van die digter, Neruda, trek ook die “gewone” leser dadelik in die ontvouende digterlike narratief in. Venter se vertalings poog om nie net die literêre leser te bereik nie, maar ook Jan Alleman wat graag poësie lees. Dit resoneer met die Nobelpryswenner se uitsprake dat poësie aan alle mense behoort. In sy leeftyd was Neruda immers ’n mensch wat betrokke was by die alledaagse gebeure van die mense van Chili.

Die vertaler lewer toeligting op die 12 gedigte in die kanto “Hoogtes van Macchu Picchu” (118–20). Hierdie kanto is Neruda se ikoniese werk uit Canto General (1950). Al 12 gedigte, ook kanto’s genoem, is vertaal in ’n klinkende en assosiatiewe idioom en handel oor die mense van Suid-Amerika se stryd teen armoede en nasionale en internasionale onderdrukking. Neruda het in 1943 die antieke Inka-stad Macchu Picchu in Peru besoek. Die fokus val op die geografie, fauna en flora, asook die omstandighede waarin die Inkas gewoon het. Spiritualiteit en skoonheid word gejukstaponeer met ’n gevoel van nihilisme – en die digter se soeke na ’n menslike en kosmiese essensie word aangrypend verbeeld.

Neruda is allereers bekend as hartstogtelike minnaar; as digter van die liefde. Ek haal graag die alleenstaande “Nuevas odas elementales / Ode aan ’n pragtige naakfiguur” aan:

Met ’n kuis hart, met suiwer
oë,
vier ek jou skoonheid,
en hou die bloedlyn
sodat dit kan opwel
en jou buitelyne kan afteken,
jou kontoere,
sodat
jy in my ode lê
soos in ’n boswêreld, of in die branders:
in geurige tuingrond
of in die musiek van die see.
(…)

Uit watter materiale,
agaat, kwarts, koring,
is jou liggaam saamgestel,
swellend soos brood
in die oond,
en wat is soos
versilwerde heuwels,
omvang van ’n enkele blomblaar, soetheid
van diep fluweel,
tot net die kreun oorbly
van die pragtige fyn vroulike figuur?

Dit is nie net lig
wat op die wêreld uitgestort
in jou liggaam
sy gedempte sneeu uitsprei nie,
maar die helderheid kom uit jou uit
asof jy van binne verlig is.

Die maan lewe onder jou vel. (154–5)

Daar bestaan baie vertaalteorieë, maar vertalers stem saam dat die vertaler se stem as’t ware moet “verdwyn” uit die teks. Dit is egter onafwendbaar dat die vertaler se stem sal deurskroei, aangesien hy in  simbiotiese verhouding tot die digter staan. Tydens die vertaalproses word sekere taalnuanses ingeboet, maar ánder weer teruggewen in die teikentaal. Om verse uit ’n Romaanse taal soos Spaans na Afrikaans te vertaal, bied eiesoortige uitdagings aan die vertaler. In die gedig hier bo byvoorbeeld sing en dans die vertaling heerlik in Afrikaans en word die gevoel van hartstog moeiteloos oorgedra. Alhoewel die bundel kon baat met ’n indeks en uitgebreide bronnelys, het Venter sy Neruda-gedigte gekies en saamgestel uit ’n keuseregister waarvan die toetssteen vertaalbaarheid is. Die bundel is ’n ryke toevoeging tot die Afrikaanse letterkunde; ’n bundel wat met reg ’n ereplek op enige boekrak kan inneem.

The post Resensie: <em>Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans</em>, vertaal deur De Waal Venter appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Betsie, Meneer Tier en die bloumaan deur Sally Gardner

$
0
0

Betsie, Meneer Tier en die bloumaan
Skrywer: Sally Gardner

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Nick Maland
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799391121

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Die avonture van Betsie en Meneer Tier was wonderlik om oor te lees. As ’n redelik ervare leser sou ek nooit dink dit is ’n vertaalde werk nie. Die verbeeldingswêreld word deurgaans geloofwaardig onderhou en is nie beperk tot ’n enkele taalwêreld nie.

Virginia Woolf skryf in A room of one’s own oor iets belangrik wat hierdie kinderboek na ’n jonger gehoor op ’n unieke manier bring: "Lock up your libraries if you like; but there is no gate, no lock, no bolt that you can set upon the freedom of my mind" (Woolf 1945:88). 

Hierdie sentiment is besonder nodig in die grendeltyd wat ons tans beleef. Betsie, Meneer Tier en die blou maan wys vir ons daar is geen perke aan die verbeelding en die plekke waarheen dit jou kan neem nie. 

Skrywer en agtergrond

Die boek is vertaal deur Jaco Jacobs, wat ’n kinderboekskrywer uit eie reg is en reeds baie tekste vertaal het. Gaan loer op sy webtuiste vir ’n hoop lekker dinge oor sy boeke: https://www.jacojacobs.co.za/jacojacobs.co.za/TUIS.html.

Die Engelse skrywer Sally Gardner het na die geboorte van haar kinders begin om prenteboeke te illustreer en word beskryf as "an idiosyncratic genius" deur die London Sunday Times. Sy het reeds verskeie suksesvolle kinderboeke geskryf, waaronder die volgende titels: Maggot Moon (2012), Tinder (2013), Invisible in a bright light (2019), asook reekse soos Magical children (1999–2006) en Fairy Detective Agency: Wings & Co (2012–2016). Sy het ook die Carnegie-medalje in 2013 ontvang en die Costa Children's Book Award vir beste roman in 2012. Besoek gerus ook haar webtuiste, https://www.sallygardner.co.uk.

Betsie, Meneer Tier en die blou maan (2019) is die eerste van drie boeke van ’n reeks wat beplan word. Die daaropvolgende verhale, Mr Tiger, Betsy and the Sea dragon (2020) en Mr Tiger, Betsy and the Golden Seahorse (2020), word in 2020 verwag. Hopelik kan ons hulle ook in Afrikaans lees.

Betsie en haar pa, Mnr Alfonso Glorie, woon op ’n "eiland wat jy nêrens op die wêreldkaart sal kry nie" (bl 17). Maar alle opwindende dinge in hierdie storie gebeur op Woensdae en Meneer Tier se sirkus is een van hierdie opwindende gebeure. Dié avontuur begin alles met ’n padda wat eintlik ’n prinses is, maar waar die blou maan in die storie inkom, sal jy self moet lees.

Hierdie boek herinner sterk aan Where the wild things are (Sendak 1963), maar die storie het meer besonderhede en die hoofkarakter is ’n dogtertjie. Betsie se pa maak roomys wat smaak na wense en haar ma is ’n meermin. En dan kom Meneer Tier met sy sirkus kuier. Saam reis hierdie eiesoortige geselskap na Goebelsgopseiland waar Prinses Olga ’n skrikbewind voer onder die Goebelgopsers.

Die reis na Goebelgopseiland saam met Meneer Tier kan as ’n reis na die onbewuste beskou word.

’n Reis na die onbewuste

Die rol wat die see in die verhaal speel, betrek op ooglopende wyse die psigoanalise, spesifiek die teorieë en konsepte van Carl Jung. ’n Reis oor die see beklemtoon die belangrikheid van die see as ’n verteenwoordiger van die onbewuste. Hierdie verhaal kom metafories direk uit die onbewuste aangestap na die leser toe.

Die boek is wel op ’n leser van tussen 9 en 12 jaar gemik, maar tree beslis in gesprek met Where the wild things are (Sendak 1963), al is Maurice Sendak se verhaal ’n prenteboek vir veel jonger kinders. ’n Jungiaanse beskouing van die karakters in beide Where the wild things are (1963) en Betsie, Meneer Tier en die blou maan (2019) kan as vergestaltings of personifikasies beskou word van verskillende dele van die onbewuste of argetipes soos Jung dit definieer. Die karakters word geïdentifiseer deur hul prominentste karaktereienskappe en funksioneer as argetipes in die verhaal.

Meneer Tier is nie die hoofkarakter nie, maar speel ’n belangrike rol – sy naam is nie verniet in die titel nie. Hy is moontlik ’n vergestalting van wensvervulling en funksioneer as ’n katalisator. Sy sirkus verskyn oornag in die hawe en sonder sy besoek aan Alfonso, Betsie se pa se kafee, was daar nie ’n storie nie. Meneer Tier daag juis op wanneer sy hulp benodig word. Hy kan allerhande wonderlike dinge doen en weet dinge: "Katte het hul geheime, hulle snorbaarde en hulle sterte en hulle stories" (50). Meneer Tier het toweroplossings vir ongewone probleme – hier word die grense tussen die werklikheid en verbeelding verbloem. Meneer Tier herinner ook aan Mr Willy Wonka in Charlie and the chocolate factory (Dahl 1964). Jy weet nie wat om te glo nie, wat is waar en wat is versinsel nie. Hierdie karakter kan net alles regmaak en het ’n oplossing vir alles.

Betsie se ma, ’n meermin, en pa wat ’n man van vele praktiese talente is, verteenwoordig moontlik die verskille en ideale kwaliteite van ouers. ’n Pa wie se roomys alles kan beter maak, want dit "smaak soos wense" (10). ’n Ma wat die wonder in alles raaksien en jou verbeelding koester. Hierdie verhaal is beslis ’n wonderlike leesreis na die verbeeldingswêreld. Wanneer die drumpel na die onwerklike en verbeelde oorgesteek word, is dit amper onsigbaar en die leser kom dit nie eers agter nie.

Karakters

Van die ander karakters wat na vore tree as argetipes, is Prinses Olga en Iwan die Versigtige, of is dit die Dappere?

Prinses Olga is ’n interessante antagonis. Sy is ’n reus, vertrap en bedreig die Goebelgopsers se bestaan, want sy is so groot soos Meneer Tier met sy pluiskeil en nog een Goebelpgopser. Die Goebelgopsers was so bang en moedeloos dat hulle eerder in Meneer Tier se sirkus gaan werk het om van haar weg te kom. Sy kom ook voor as ’n bederfde kind, al is sy ’n volwassene. Sy gee nie om vir enigiemand anders nie en vertrap die arme Goebelgopsers se huise. Prinses Olga se karakter lewer moontlik kommentaar op die irrasionele, en negatiewe emosies wat in die onbewuste kan skuil.

Ons ontmoet dan vir Iwan die Versigtige wanneer die reisgeselskap aankom op die Goebelgopseiland waar die Goebelgopsers vandaan kom. Hy woon bo-op die berg van Nimmereindigende Mis. Hy is ’n reus en woon juis daar bo op die berg omdat hy bang is hy maak die Goebelgopsers seer. Hy is net mooi die teenoorgestelde van Prinses Olga. Hy verteenwoordig moontlik die vrees en morele aspekte van die onbewuste. Hy skuil tot ’n mate van sy vrese en hy is verslons. Sy naam verander tog later na Iwan die Dappere, maar julle sal die storie self moet lees om uit te vind hoekom sy naam verander.

Dit is uiteindelik Iwan die Dappere wat vir Prinses Olga ’n les leer en die oorwinning beteken dat die Goebelgopsers kan terugkeer na hul tuiste. Prinses Aldi is dan ook nie meer ’n padda nie.

Die oorwinning van die antagonis (Prinses Olga) kan beskou word as ’n oorwinning van die bose of vrees, maar ook as ’n oorwinning oor negatiewe komponente van die onbewuste. Veral omdat Betsie, Meneer Tier, Alfonso, Mila en die Goebelgopser-akrobate oor die see reis na ’n eiland wat nie werklik bestaan nie – die boek verklaar dit self so – ’n "eiland wat jy nêrens op die wêreldkaart sal kry nie" (17).

In hierdie tyd van inperking is ’n reis na die binnewêreld, die onbewuste en droomland dalk nie te versmaai nie. Ons word ingeperk en mag slegs die winkel, die dokter, die apteek en ander essensiële plekke besoek. Hierdie boek kan dalk net ons kinders verder aanmoedig om hul eie verbeeldingswêrelde te skep waarheen hulle kan reis. Niemand kan die mens se verbeelding of siel in ’n kou aanhou nie.

Bibliografie

Dahl, R. 1964. Charlie and the chocolate factory. Puffin, Engeland.

Sendak, M. 1963. Where the wild things are. Harper Collins, VSA.

Woolf, V. 1945. A room of one’s own. Penguin Books, Engeland.

The post Lesersindruk: <em>Betsie, Meneer Tier en die bloumaan</em> deur Sally Gardner appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert

$
0
0

Gaan Suid-Afrika oukei wees?
Jan-Jan Joubert
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624087700
Epub ISBN: 9780624087717

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

In ’n resensie op LitNet deur Frans Rautenbach is daar kwaai kritiek uitgespreek op die nuutste poging van die veteraanjoernalis Jan-Jan Joubert. Baie dinge is geskryf wat ek nie wil herhaal nie. Deels ook omdat ek gedeeltelik verskil, hoewel Rautenbach interessante kritiek lewer. Kortliks kom dit daarop neer dat Joubert se boek nie geldige oplossings voorstel vir die uitdagings van die land nie, en selfs dat die boek nie by die kern van die land se probleme uitkom nie – dis nou volgens Rautenbach. Joubert skryf darem ook in sy slothoofstuk van die boek dat hoewel hy die 17 vrae as aanknopingspunt gebruik, hy glad nie voorgee om finale en klinkklare antwoorde te verskaf nie. Ek kry ook die indruk dat die "antwoorde" niks anders as voorgestelde vertrekpunte is van ’n diskoers oor die onderwerpe wat aangeroer word nie. Die politiek is tog ’n diskoers wat nooit sal eindig nie. Nie solank Homo sapiens nog op aarde vertoef nie.

Ek wil in die besonder die hoogtepunte van die boek uitlig, en dan kyk na wat vir my ook ’n bietjie vaag is.

Hoofstuk 6 is ’n absolute juweel. In hierdie hoofstuk bespreek Joubert Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), en spesifiek die drama en omstredenheid rondom die 2019-verkiesing. Dan is daar hoofstuk 11 met as titel: "Hoekom bly mense vir die ANC stem?" Joubert se historiese agtergrond tree hier sterk na vore en hy is op sy stukke. Hoe dikwels kom hierdie vraag nie na vore onder die ANC se felste kritici nie? Dit gebeur tot vervelens toe, en die uiteensetting in hierdie hoofstuk verklaar eens en vir altyd hoekom die ANC se kiesers so lojaal bly.

Die hoofstuk oor Helen Zille is ook baie interessant, en so ook die hoofstuk oor die ANC en die EFF. Helen Zille se val van glorie is vir baie mense ’n bitter pil om te sluk, en die gesprek oor kolonialisme is definitief nog lank nie afgehandel nie. Trouens, dit sal waarskynlik nooit afgehandel wees nie. Dalk eers wanneer die menslike spesie in vergetelheid verval.

Dan is daar ook ander skaflike hoofstukke, wat onder meer die fokus laat val op jongmense, die rol van blankes en die toekoms van Afrikaans. In een hoofstuk kies Joubert die 12 beste parlementslede, van wie sommiges beslis die wenkbroue sal laat lig (bederfwaarskuwing: een van die 12 is lid van die omstrede EFF).

Die hoofstukke oor die DA en die VF Plus is minder interessant, veral die hoofstuk oor die VF Plus. Vir sy lesers is die onderwerp seker ’n brandpunt. Die groot debat onder blankes in verkiesingstyd, spesifiek vir Afrikaanse blankes, is die keuse tussen die VF Plus en die DA. Want dis die partye waarvoor die meeste van hulle stem. Maar in die trajek van die groter Suid-Afrika is die onderwerp ietwat van ’n beuselagtigheid. Mens kry die indruk daar is nie juis veel warmte tussen die VF Plus en die skrywer nie.

Behalwe die drama rondom die OVK was die 2019 algemene verkiesing se uitslae maar eintlik taamlik vervelig. Daar het nie juis veel gebeur nie. Die EFF het ’n bietjie stemme gewen. Die DA het ’n bietjie stemme verloor. En die VF Plus het ’n klompie stemme teruggekry. Waarskynlik maar net daardie klompie mense vir wie die DA voorheen vertel het dat ’n stem vir ’n klein party ’n vermorste stem is. Wat een van die grootste valshede is waarmee die DA vorendag gekom het en waarmee gewetenloos en ten alle koste stemme gewen is, met die gevolg dat daardie ondersteuners, wat konserwatiewe Afrikaanse mense is, se vertroue in die proses verwoes is. Wie onthou nog hoe die DA se ondersteuners reageer het na die 2019-verkiesing? Dit was amper soos ’n mens wat deur trauma gaan. Eers was daar die skok dat ’n ou klein deeltjie van hulle ondersteuners eerder vir die VF Plus gaan stem het. Toe verander die skok in ’n soort woede, wat die verlooptes van minderheidspolitiek beskuldig. En uiteindelik kom die aanvaarding. Later was baie van hulle dankbaar dat hulle party nou "gereinig" is van die "regses". Nou is hulle fondament darem soveel sterker, is daar breëbors verklaar. En toe, ’n paar maande later, pak die DA se leier sy tassies.

Ek vind ’n soortgelyke ambivalensie in Joubert se boek. Joubert verskaf ’n lys van redes hoekom ’n deel van die DA se kiesers vir die VF Plus gaan stem het. Hy skryf ook op bl 36 dat die DA moet ophou om alles vir almal te probeer wees. Hy gee dus toe dat die DA nie hierdie kiesers se belange op die hart gedra het nie, en waarskynlik ook nooit sal nie, maar bevraagteken dan later die VF Plus se rol. Hy rig byvoorbeeld die volgende waarskuwing aan die VF Plus, met verwysing na hulle "Slaan terug"-veldtog: "As jy so graag slaan, word jy teruggeslaan wanneer die groter ouens moeg raak vir die kywende kapokhaantjie – daar is gevolge aan dade" (51).

Joubert begin sy betoog in hierdie boek met ’n aanhaling uit die Bybel in Matteus 5:9: "Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word." Wat eintlik maar niksseggend is, want in hoofstuk 10 vers 34 van dieselfde Matteus waarsku Jesus dat hy self nie vrede bring nie, maar die swaard. Laat staan nog die daaropvolgende Evangelie volgens Lukas, waar Jesus sy volgelinge aanmoedig om hulle besittings te verkoop en swaarde met die geld te koop. Die motief van "geseënd is die vredemakers" word ’n aantal kere herhaal in die boek, ook in die slot.

Joubert span ook ander interessante pittighede uit die Afrikaanse letterkunde in, en illustreer daarmee sy belesenheid. Joubert se kennis van die politiek, eietyds sowel as histories, en veral sy genuanseerde en nierassige benadering wat telkens deurskemer, maak hom ’n belangrike stem. Die politiek is nou nie juis iets waaroor ons maklik gesels nie, want dit ruïneer menige vriendskap en familieband, maar as ’n nasie moet ons dringend leer om beskaafd te kan dink en redeneer oor ons land. Ons is dit verskuldig nie net aan onsself nie, maar bowenal aan die geslagte wat na ons kom.

Lees ook:

Resensie: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert

Kyk ook:

Video: Cape Town launch of Will South Africa be okay? by Jan-Jan Joubert

The post Lesersindruk: <em>Gaan Suid-Afrika oukei wees?</em> deur Jan-Jan Joubert appeared first on LitNet.

Viewing all 1782 articles
Browse latest View live