Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1790 articles
Browse latest View live

Die elfde gebod deur Gerhard Ras: ’n resensie

$
0
0

Die elfde gebod: Moenie ’n doos wees nie!
Gerhard Ras
Uitgewer: Gerhard Ras
ISBN: 9781928456971

Ek moet begin deur te sê hierdie is ’n boek wat álmal moet lees. Ja regtig. Meer daaroor later, maar eers ...

Toe ek dié boek oopslaan, kon ek nie anders as om ná die eerste paragraaf vinnig te loer wie die uitgewer is nie (weens ’n paar sensitiewe woorde wat beslis nie elke tweede mens sal geval nie).

Komende van ’n man, maak dit seker sin dat hy sal verkies om die woord “doos” te gebruik bo “poephol” … dit is immers nié deel van sy anatomie nie. Ek, as vurige feminis, is egter nie so seker dat Die elfde gebod ’n menigte vroulike lesers sal laat toustaan nie; inteendeel, ek dink Die elfde gebod mag dalk ook, soos die vorige tien gebooie deesdae, deur millennials vermy word. Die implikasie van een woord, hoe waar ook al, is een wat beslis sensasie wek en tonge sal losmaak; hy slaag dus daarin dat mense twee keer na dié buite-die-boks-opskriffie sal kyk. Maar ons kan dit ook nie ignoreer dat ons ’n baie konserwatiewe nasie is nie. Ek is redelik seker dat as hy byvoorbeeld die woord “poephol” sou gebruik het in plaas van die gekose woord, meer mense van beide geslagte dit onder oë sou wou kry uit nuuskierigheid sonder om verleë te voel.

Wat my dan by die inhoud van die 130-plus-bladsy-sagtebandboek bring. Wat Gerhard skryf, is die reine, heilige waarheid en ons almal ken ’n “doos”, of jy nou wil of nie, en meestal wil jy nie. Maar hulle ís daar, meestal op plekke waar jy hulle nie kan vermy nie. Hulle werk meestal op jou senuwees en toets jou bloeddrukgrense. Ek wil jou aanspoor dat as jy oor die skok van die woordjie kan kom, kry gerus Die elfde gebod onder oë. Ras skryf gemaklik en ’n mens kan jou dikwels met die situasies vereenselwig. Situasies wat mens warm om die kraag maak, maar met sy geestige vertelling kan mens tog die humor daarin sien en selfs daaroor glimlag.

Dié boek is inderdaad in gemaklike praattaal geskryf en deurspek met brutale eerlikheid. Ek gaan nie uitbrei oor die inhoud van die teks nie – ek weier bloot om enigiets te verklap. Ek gaan jou wel waarsku om ’n doos snesies byderhand te hou, want as jy dit nié gaan gebruik nie, wel, dan is jy ’n gevoellose doos. Alhoewel die boek handel oor Ras se eie lewe en ondervindings, is dit ’n ongelooflik ryk vertelling van hartseer, liefde en die harde werklikheid wat die lewe op jou kan laat neerreën. Ons kan nou eenmaal nie daarvan weg kom nie: dit wat by jou bek uitgevlieg het, kan nooit weer teruggetrek word nie, so leer liefs iets uit die situasies waarin Gerhard hom bevind het, voordat jy ’n doos van jouself maak. Die interessante vertellings van Ras se loopbaan in die politiek is nie verrassend nie; ek was wél meer verbaas om dit nie net te vermoed of te weet nie, maar swart op wit te sien. Tog het ek behalwe die eerlike opsomming daarvan, die kortlikse geskiedenis van ons land, sy rasse, partye en onderskeie konflikte baie interessant gevind. Dis nie altemit wie die wortels van apartheid, een van die grootste onophoudelike kopsere in ons land, gegrawe het nie.

Ná voltooiing van die boek is ek steeds seker die woord kan vervang word, want dit gee nou maar eenmaal meer aanstoot aan die vroulike spesie. Jy sou eerder lesers wou lok as om hulle af te skrik. Ek moet bieg, ek sou die woordjie plek-plek met ’n selfs kleurvoller woord kon vervang het en haal my hoed af dat Gerhard sy composure behou het. ’n Koffietafelboek is Die elfde gebod beslis nie, en ook nie een wat jy aan jou kinders wil verduidelik nie. Soos my jongste gevra het: “Mamma, wat beteken daai woord?” ’n Moet-lees is dit wel.

Ras slaag beslis daarin om nie net wenkbroue te laat lig vir die voorblad nie, maar om die leser aan te gryp met ’n hartlike verhaal van iemand wat baie deurgemaak het en gespaar is om vandag self sy storie te vertel, op sy manier. ’n Letterlike voorbeeld van moenie iets op sy voorblad takseer nie. En as jy werklik die hele boek deurgelees het en nie verstaan hoekom jy dit moes lees nie, neem ten minste sy wyse advies ter harte. Kry beslis Die elfde gebod onder oë.

The post <i>Die elfde gebod</i> deur Gerhard Ras: ’n resensie appeared first on LitNet.


’n Skerfie glas deur Erika Murray-Theron: ’n resensie

$
0
0

’n Skerfie glas
Erika Murray-Theron
Protea Boekhuis
ISBN: 9781485309109

Self nog ’n kleuter, moet die kleine Issie Malherbe ma speel vir haar twee jonger boeties. Enetjie laat val sy bottel (destyds van glas) op die stoep en ’n skerfie beland in haar oog. Meer as ’n eeu later vors haar kleindogter Erika Murray-Theron (https://af.wikipedia.org/wiki/Erika_Murray-Theron) Issie en die res van die familie se geskiedenis na en bou die prentjie skerfie vir skerfie op.

Issie se pa Izaak is ’n man van daardie tyd: sterk, soms afstandelik. Maar toe sy dogtertjie haar oog verloor, huil hy langs haar bed. En hy noem haar Belle – sy is sy mooie dogter. Toe hy haar later aan sy tweede vrou as Issie voorstel, is dit vir haar die bevestiging van die afstand wat daar tussen hulle gekom het.

’n Skerfie glas is, soos Murray-Theron se ander boeke (oa Die toubrug, Vlegsel en Stippellyn), nie ’n uitbundige, dramatiese boek nie. Groot en klein gebeurtenisse word met haar kenmerkende subtiliteit so lewend geskilder dat dit nie vir die leser moeilik is om ’n prentjie te vorm nie.

’n Skerfie glas is die verhaal van Issie Malherbe, maar ook die verhaal van haar uitgebreide familie, van die skrywer self en uiteindelik van die Afrikanervolk. Murray-Theron volg die lotgevalle van Issie se familie deur baie jare en na verskillende belangrike plekke in die familiegeskiedenis, oa Tulbagh, Johannesburg en Pretoria, Wellington en die destydse Nylstroom (nou Modimolle). Sy slaag uitmuntend daarin om wat sy self noem ’n sense of time and place aan die verhaal te gee.

Die lewenstyl van die tyd word vir die leser lewend gemaak. Veral Issie se ouma Bella slaag deurgaans daarin om soms te midde van groot smart op Tulbagh en later in Wellington ’n besondere lewenstyl te handhaaf. Sosiale aanvaarbaarheid was van die grootste belang en dinge om en in die huis is op baie spesifieke maniere gedoen.

Dis soms hinderlik dat die skrywer die verhaal telkens onderbreek om van haar eie ervarings tydens haar navorsing te vertel. Aan die ander kant voeg dit ’n ekstra dimensie by die verhaal en verryk dit. Hoewel die skrywer haar eie metodes kritisieer, is die fyn besonderhede die stille getuienis van uitmuntende navorsing. Die insetsels toon dat die navorsing ook vir haar verskeie intense belewenisse en nuwe vriendskappe gebring het. Hoewel die verhaal op intensiewe navorsing en baie feite berus (die baie name en besonderhede is soms verwarrend), dui die skrywer hier en daar tong-in-die-kies aan dat sy haar tog soms die vryheid van haar verbeelding toegelaat het. Dit gee veral aan Issie en Piet se liefdesverhaal ’n besondere kwaliteit.

Die families wat hier geskilder word, is geen plebs nie. Dit sou seker nie verkeerd wees om na hulle as Boere-adel te verwys nie. Die skrywer kom onvermydelik ook by die vraag uit waarmee baie van haar tydgenote waarskynlik worstel: Hoe kon hierdie hardwerkende, eerlike, gelowige, ontwikkelde, belese mense aandadig gewees het aan die skep van apartheid? Hoe kon hulle dit as reg en regverdig gesien het? Hoe kon hulle die regering wat dit afgedwing het, gesteun het?

Die verhaal wemel van indrukwekkende karakters, mans sowel as vroue. Die meeste is geleerde mense met ’n sterk kultuuragtergrond. Ook die meisies kry ’n goeie opvoeding, veral op aandrang van ouma Bella, die matriarg van die familie.

Bella is een van die aangrypendste figure in die boek. ’n Vrou wat kan raakvat, wat hard werk om haar elf kinders groot te kry en haar gekose lewenstyl te handhaaf, maar ook ’n vrou wat uiteindelik ses van haar elf kinders, sowel as haar man, aan die dood moet afstaan. Haar diep geloof bring nie altyd vir haar verligting nie, want sy worstel met God en soek soms die rede vir haar smart by haar eie vermeende tekortkominge.

Issie word, ten spyte van die vele verliese en baie ontwrigtings as kind, ’n besonderse vrou wat haar ses kinders ordentlik grootmaak, haar man in sy rol as politius ondersteun en telkens by nuwe omstandighede aanpas. Hiermee sluit sy aan by die talle vrouekarakters in die verhaal. Vroue wat dikwels groot smart en baie verliese beleef, vroue wat dikwels grotendeels via hul mans gedefinieer word, maar vroue met besonder sterk karakters, sonder om sagtheid in te boet.

’n Skerfie glas is die roerende verhaal van ’n individu en ’n familie, maar ook van ’n nasie. Die leser kom met ’n beter begrip van wit Afrikaners se komvandaan uit die ervaring wat die lees van hierdie boek is. Dit word sterk aanbeveel vir almal wat beter wil verstaan.

 

The post <em>’n Skerfie glas</em> deur Erika Murray-Theron: ’n resensie appeared first on LitNet.

Shaka rising deur Luke W Molver en Mason O’Connor: ’n lesersindruk

$
0
0

Shaka rising: A legend of the warrior prince
Luke W Molver en Mason O'Connor

Uitgewer: Story Press Africa
ISBN: 9781946498984

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Luke W Molver en Mason O’Connor se grafiese roman Shaka rising: A legend of the warrior prince (2018), vorm deel van ’n reeks Afrikaverwante grafiese romans. Pragtige visuele, maar effens gewelddadige, illustrasies word deur Molver behartig. Die roman vertel die legende van koning Shaka Zulu en hoe hy aan bewind gekom het. Dit begin waar ’n ouer vrou (ouma) die storie aan haar kleinkinders vertel.

Die skrywers roman het die verhaal gegrond op verskeie bronne en weergawes van die legende om ’n gebalanseerde en geloofwaardige vertelling te verseker (70–1). Weens die gebrek aan geskrewe of objektiewe bronne is daar dele van die legende waar die skrywers hul eie gevolgtrekking gemaak het. ’n Voorbeeld hiervan is die onsekerheid of Shaka en sy ma uit die Zoeloe-gemeenskap gevlug het en of hulle verban is (71). ’n Ander spekulasie is of Shaka werklik ’n vrou gehad het of nie. Die karakter Nobuhle, is deur die skrywers geskep om hierdie moontlikheid in Shaka se lewe voor te stel (71).

’n Unieke eienskap van die roman is dat daar kort beskrywings van die Zoeloe-kultuur agter in verskaf word. Hierdie beskrywings verskaf bykomende inligting oor:

  • die ligging van die Zoeloe-kultuurgroep
  • die historiese tydperk waarin die verhaal afspeel
  • die Zoeloe politieke strukture
  • die rol van ’n leier in die Zoeloe-gemeenskap
  • hoe die sosiale struktuur in die Zoeloe-gemeenskap werk, byvoorbeeld die rol van vrouens, broers, susters, familie en die groter gemeenskap
  • aspekte van die Zoeloe-kultuur, soos beeste en rykdom, krale, kleurvolle simbole, hoede en status, gelowe en die taal. (69–90)

Die roman is met ander woorde nie net ’n poging om die publiek en jeug oor die Afrika-geskiedenis te onderrig nie, maar dit wil hulle ook oor die Zoeloe-kultuur inlig. Molver en O’Connor het die roman so opgestel dat lesers eers die legende van Shaka moet lees en vertroud moet word met sy verhaal. Daarna word die bykomende inligting aan lesers verskaf wat hulle dan sal help om die legende van Shaka beter te verstaan. (III)

Die bykomende inligting word meer ter sake omdat al die aspekte in die roman geïdentifiseer kan word, byvoorbeeld die historiese ligging en tydperk van die verhaal. Dit word verduidelik wanneer daar vertel word hoe een etniese groep ander groepe ingeval het en die mense as slawe aan die Europeërs verkoop het (2, 6, en ook 72):

Delagoa Bay had become a cruel confluence for the slave trade ... Here, the most avaricious of leaders would sell their countrymen into chains for the glint of copper. (2)

“We are building more wealth from this blossoming slave trade than we ever did bartering cattle and skins ... The pale foreigners need you, my King. Everyday they come with more ships, hungry for cargoes of flesh ...” (6)

In die roman word die rol wat vrouens in die Zoeloe-gemeenskap speel, ook duidelik uitgebeeld. Aan die einde van die roman word daar verduidelik dat dit in ’n patriargale gemeenskap afspeel, dus het die mans in die Zoeloe-gemeenskap meer mag en gesag oor die vrouens en kinders gehad. Dit is duidelik sigbaar in die feit dat mans meer as een vrou gehad het en hoe die vrouens verantwoordelik was vir die versorging van die kinders en die instandhouding van die huis (78–9):

“Nandi! Go and fetch more water! And take Shaka with you.” (5)

Dit kan verder ook gesien word wanneer ’n koning sy dogter of suster aan ’n ander koning gee as ’n teken van vrede en vriendskap:

“When the new moon rises, you will marry Mayandewa of the Mthethwa. This will solidify relations with his clan, a small but strategically placed area that will be advantageous in our battels against the Ndwandwe.” (65)

Daar word egter ook verduidelik dat die vrouens óók as belangrik gesien is en belangrike rolle gehad het om te vervul. Telkens was dit die vrou se verantwoordelikheid om leiding aan haar man of ander te verskaf:

“I would seek further counsel with my wife.” (11)

“You counselled me. Well my sister. I remember your words, your advice ... I still learn from those words everyday.” (55)

en ook om die gemeenskap van die geskiedenis van hul voorvaders te vertel:

“Tell us a tale, Gogo (grandmother)!” (1)

Daarom is hierdie roman eintlik ’n gepaste bron wat vir skoolvakke of -onderwerpe soos geskiedenis of kultuur gebruik kan word. Feitelike inligting oor die kultuur en geskiedenis word met behulp van die legende verskaf, toegepas en uitgebeeld. Verder word daar langer oop vrae aan die einde van die roman verskaf wat die leser dwing om verder the dink.

Hiermee slaag Molver en O’Connor in hul doel om Afrika-stories meer toeganklik vir die jeug van die wêreld te maak.

The post <i>Shaka rising</i> deur Luke W Molver en Mason O’Connor: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Die tale wat ons praat, saamgestel deur Danny Fourie: ’n lesersindruk

$
0
0

Die tale wat ons praat: Taaldinge uit die gewilde radioprogram
Samesteller: Danny Fourie

Redakteurs: Jana Luther en Fred Pheiffer
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776092338

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Elke keer wanneer daar ’n boek verskyn wat aan ’n Radio Sonder Grense- (RSG-) program gekoppel word, prikkel dit my aandag. RSG se programme is van uitstekende gehalte, en al die boeke wat ek al gelees het wat uit geselsprogramme op RSG voortgevloei het, was eersteklas. Mens dink terug aan titels soos Wat sê die prokureur?, Rand en sent en Sterre en planete. En daar is van dié soort publikasies wat ek nooit eens gelees het nie, soos Hoe verklaar jy dit?. Ons het Die tale wat ons praat leer ken as die program wat begin met ’n stem wat aankondig dat dit nie saak maak hoe jou Afrikaans klink nie – maar dit dan opvolg met die een taalreël na die ander. Taalreëls is iets wat my ambivalent laat, maar vir die doeleindes van skryf kan dit seker nie anders as dat daar reëls moet wees nie.

Die tale wat ons praat is ’n radioprogram wat ten minste deels staatmaak op die publiek se vrae aan taalkenners, en die boek wat daaruit voortgevloei het, is dan ook saamgestel uit ’n keur van hierdie navrae. Die boek is eintlik meer bedoel vir naslaandoeleindes; dit is nie regtig bedoel om van voor tot agter deurgelees te word soos wat ek daarmee gemaak het nie. Die inhoud is alfabeties gelys in ’n inhoudsopgawe, wat dit ideaal maak vir naslaan.

Baie van die inligting in die boek is eintlik voor die hand liggend, maar daar is ook ’n klomp ongewone woorde en uitdrukkings waarvan ek in my lewe nog nooit gehoor het nie. Ek het byvoorbeeld nog nooit van iets soos “gallisismes” (159) gehoor nie. ’n Gallisisme is nou soos ’n anglisisme, maar verwys na Frans in plaas van Engels. Anglisismes, dié ken ek natuurlik alte goed, maar nie gallisismes nie. En daar stop dit ook nou nie, hoor. Daar is ook nog germanismes (Duits), latinismes (Latyn) en gresismes (Grieks). Trouens, dit eindig op onheilspellende wyse met die uitdrukking “en so meer”. Sug. Ek het jare gelede die hoop laat vaar om die grootste kenner van taalreëls te word. Daar is vertakkinge van die taalkunde wat vir my totaal en al duister is. Slegs sommige kan ek sê verskaf my suiwer genot, soos die etimologie en semantiek. Woorde kom mos altyd iewers vandaan. En daar is dikwels ’n politieke verband met hoe ’n woord in ’n bepaalde taal beland. Die stories van woorde ...

Dit is moeilik om enige geldige kritiek teen hierdie publikasie te lewer. Ek sou sê die boek is eintlik baie straightforward. Dis ’n no-nonsense-tipe boek en beslis die moeite werd om uit te check. Maar daar is tog een iets wat ek nou graag in die boek sou wou sien, en dit is ’n tipe inleiding. ’n Inleiding wat dalk meer vertel van die program Die tale wat ons praat, wat die program kontekstualiseer. Wanneer is die program die eerste keer uitgesaai? Wie was die aanbieders? Watter kenners het die vrae beantwoord? Dié tipe van ding. En dan ook dalk iets oor die samestelling van die boek. Wie het eerste daaraan gedink om ’n keur saam te stel? Hoe is die keur gedoen? Dit sou nou die perfekte afronding gewees het vir ’n andersins baie knap publikasie.

The post <i>Die tale wat ons praat</i>, saamgestel deur Danny Fourie: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

$
0
0

Lam ter slagting
Madelein Rust
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799390063

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

“There is good and evil among every kind of people. It’s the evil among us who rule now.” (11)

Madelein Rust se Lam ter slagting (2018), ’n spanningsverhaal, handel oor die verdwyning van ses meisies wat ná drie dae se marteling in die Vrystaat se Nasionale Botaniese Tuin weggegooi word. Weens hul gesigbeserings is dit vir die polisie moeilik om die slagoffers te identifiseer.

As gevolg van die polisie se gebrek aan vordering met die saak word hulp van buite ingeroep. Renata Malan en Stefan Coetsee van die onafhanklike speuragentskap Malan & Coetsee word aangestel om die polisie met die ondersoek te ondersteun.

Aanvanklik is daar min leidrade, wat tot weinige vordering in die saak lei (16–7). Dit is eers met die identifisering van die eerste slagoffer dat Renata en Stefan se aandag op ’n eienaardige kerk, die Noagsgemeente, gevestig word. Dit word vir hulle gou duidelik dat hierdie kerk ’n verskuilde kultusgroep is wat lede breinspoel om hulle oorspronklike lewe en identiteit prys te gee. Lede van die kerk skenk baie of al hulle geld en besittings aan die kerk en gaan lewe op een van die kerk se plase. So, glo die lede, reinig hulle hulself van hul ou sondige lewe en word hulle deel van God se uitverkorenes. Dit is by hierdie kerk waar Malan en Coetsee aansienlik sukkel om inligting oor die vermiste meisies te kry (82–90).

Sake raak nog meer eienaardig wanneer die patoloog, Samuel Akande, aankondig dat die slagoffers soortgelyke beserings toon as beserings wat tydens seksspeletjies by ’n kerker in die dorp opgedoen word (120–1). Verder blyk dit dat die moordenaar deur ’n groep Vrymesselaars versteek word (141–5, 218–26)

Madelein Rust | Foto: Gert Duvenage

Madelein Rust spandeer in haar roman heelwat tyd daaraan om die leser te mislei en die moordenaar tot aan die einde te versteek. Dit word bewerkstellig deur Renata en Stefan wat heelwat rondry en mense ondervra en dreig, polisie wat hulle agtervolg, die kerk wat nie veel samewerking toon nie, ander karakters wat vermoor word, en verskeie doodloopstrate of valse bewerings. Alhoewel sy haar taak goed uitvoer, veroorsaak dit dat die verhaal uitgerek word. Dit is ook effens frustrerend dat die grootste deel van die boek daaraan gewy word om die leser te mislei, terwyl die ontrafeling van die moorde in drie kort hoofstukke uiteengesit word. Die karakter wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die meisies se verdwyning en marteling, maak ook nie eens ’n verskyning in daardie toneel nie. Dit is ’n groot antiklimaks.

Verder word daar nie veel diepte aan die karakters in die roman gegee nie. ’n Voorbeeld hiervan is dat daar min verduideliking gegee word waarom Stefan en Renata beide in ’n kinderhuis was:

"Is die Piet ’n sociopath, Kleinmuis?" Die naam wat Stefan haar in die kinderhuis gegee het ... (19)

Dit is die enigste verwysing na die feit dat beide hierdie karakters in ’n kinderhuis was. Daar word geen verdere verduideliking of herinnering van hul tyd in die kinderhuis aan die leser verskaf nie. Dit is asof die skrywer hierdie feit gebruik bloot om ’n stereotiepe karakter aan die leser oor te dra, byvoorbeeld dat beide Stefan en Renata moeilike lewens gehad het en nie mense vertrou nie. Al waar daar ‘n bietjie meer verduideliking gegee word, is wanneer Renata oor haar pa nadink:

Daar is te veel van haar pa in haar, te veel van George Alfred Hill wat in haar skuil. Soos die res van die moordenaars in haar familie het George Alfred Hill nog altyd ’n goeie rede gehad vir moor ... Sy haat hom nie meer oor die tien seksmisdadigers se gewelddadige dood nie, nie eens meer oor haar ma en grootouers se dood daarna nie. (32–3)

Al wat daar verder met bostaande inligting gedoen word, is dat Renata nie met Stefan in ’n verhouding wil tree nie omdat sy bang is vir die familiemoordgeen wat in haar skuil. Rust slaag egter nie daarin om Renata se innerlike struweling daaroor effektief oor te dra nie. Renata is bekommerd daaroor hoofsaaklik wanneer sy ’n lewe saam met Stefan begeer:

"Stefan Coetsee het toe vir iemand anders geval." Die hond draai sy kop skeef en bestudeer haar. "Ek sê maar net dat jy ook weet." ’n Groot sluk wyn. ’n Volbloedman soos Stefan kan seker ook net so lank geduldig wees terwyl sy die gemors in haar kop probeer opruim ... "Liewe Vader, stel jou net voor hoe dit sou wees as ek en hy saam was. Geen kinders nie, want my gene kweek moordenaars. En stel jou voor hoe dit vir hom sal wees as ek so mal word soos my voorsate en mense begin vermoor." (32)

Aan die einde van die roman, wanneer Renata op die moordenaar se hakke is, ervaar sy ’n ontstellend lekker gevoel as gevolg van die adrenalien: “Daardie onheilige opgewondenheid bruis deur haar” (287).

Die innerlike konflik oor haar familiegeskiedenis en gene kon egter sterker oorgedra gewees het, byvoorbeeld deur terugflitse van haar kinderdae en tyd in die kinderhuis, nagmerries en ’n konfrontasie met die moordgeen wanneer sy die moordenaar opgespoor het. Daar is ’n geleentheid aan die einde van die roman waar Renata haar diepste bekommernisse en begeertes aan Stefan ontbloot:

"Is jy okay Kleinmuis?" Sy snik. "Ek is ’n moordenaar, Stefan. Ek het die moordgeen. Al die biologiese merkers wat wys wie en wat ek is. Ek was nog altyd te bang ..." En sy kruip in die holte van sy gesonde arm in en vertel hom van die vrees en die dinge wat die toekoms vir haar en die mense in haar binnekring mag inhou. (301)

Die manier waarop Madelein Rust dit aan die leser oordra, ontneem die toneel van erns en trefkrag. Rust vertel vir die leser wat gebeur eerder as om dit uit te beeld deur die karakters se dialoog en aksies. Dit rammel die toneel af en maak dit onnodig dramaties en vlak.

Die titel van die roman verwys na die slagoffers wat as lammetjies opgeoffer word tydens die proses van reiniging (284). Die moordenaar offer hulle op omdat hulle volgens die moordenaar se perspektief nie rein genoeg is nie en dus gereinig moet word. Verder klink die titel soos ’n direkte vertaling van Roald Dahl se kortverhaal “Lamb to the slaughter” (1953) – ’n kortverhaal wat handel oor ’n vrou wat haar man vermoor met ’n bevrore lamsboud teen die kop en wat dan later die moordwapen laat verdwyn deur dit aan die speurders te gee om te eet. Daar is egter geen ooreenkoms tussen Dahl se kortverhaal en Rust se roman nie, dus dra die ooreenkoms tussen die titels niks waarde by nie, maar veroorsaak wel dat die titel moontlik onoorspronklik kan voorkom.

Ten spyte van my kritiek, was die roman ’n lekker tydverdryf gewees. Dit het die potensiaal om genot aan vele ander lesers te verskaf.

The post <i>Lam ter slagting</i> deur Madelein Rust: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Losprys deur Martin Steyn: ’n lesersindruk

$
0
0

Losprys
Martin Steyn
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN:
9780799390889

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Wie my ’n bietjie ken, weet ek kyk altyd na die groot geheel. Waar begin dié? Jy wandel tussen die boekwinkel se rakke en skielik val jou blik op ’n sekere boek. Wie dink die mens kan net kos koop deur alle sintuie te gebruik, is verkeerd. Boekliefhebbers en passievolle lesers weet presies waarvan ek praat.

As ons na hierdie boek se omslag gaan kyk, lyk dit asof ons deur ’n ou geel glasskerf moet kyk. Daar is baie skrape. Die sig is beperk, voorwerpe is nie duidelik te siene nie. Nogtans betrap ons ons telkemale dat ons weer deur dié skerf gekyk het. Die wêreld daaragter is te aantreklik, te geheimsinnig. Flame Design kry dit weer reg om deur ’n treffende omslagontwerp ’n sekere gevoel te skep. ’n Blik op stukkendgeskraapte mense se siele.

Losprys is Martin Steyn se nuwe misdaadriller. Steven Gordon, die slagoffer, is ’n tienerseun van ’n Amerikaanse gesin. Hy loop gereeld af na die rotse in Llandudno, maar hy raak weg en sy foon is af. Toe bel iemand die ouers: “Ek het jou seun. Moenie die polisie bel nie. As julle alles doen wat ek sê, sal ek hom nie seermaak nie. Ek sal weer bel.”

Die ouers besluit nogtans om die polisie te betrek, maar hulle sal later wonder of dit die regte besluit was. Die situasie is baie uitputtend vir die ouers. Hulle moet verskeie kere dieselfde vrae beantwoord. Daar is protokolle en voorskrifte wat hulle moet volg, maar dis te frustrerend. “Hou op rondfok en kry my seun!” is dus heeltemal te verstane.

Terwyl almal aan die soek is, trek die onderhandelingspan by die gesin se huis in. Adjudant Karla Blanckenberg is die hoofonderhandelaar. Nadat die span hulle tegniese toerusting opgestel het, kan hulle net vir die ontvoerder se volgende oproep wag.

Daar is hy nou:

“Twintig miljoen rand en jy kry jou seun terug,” sê die stem in Engels. “Ek wil dit ...”

“Jy praat met Karla Blanckenberg. Ek is ’n onderhandelaar by die polisie.”

Die foon gaan dood, en toe is daar vir ’n rukkie stilte. ’n Trosbom is oopgemaak. Die ontvoerder bel daarna vir die vader en sê vir hom hy het ’n groot fout gemaak deur die polisie te betrek. Die situasie word al hoe meer gespanne en al hoe meer emosioneel in die vertrek waarin almal bymekaar sit. Die vader wil graag hê almal moet dadelik vertrek, want hy verwyt die span dat hulle geen beheer oor die situasie het nie. Die hoofdoel is om vir Steven veilig terug te kry en nie om ’n lyk in die veld te vind nie.

“En die beste manier om dit te doen is om opgeleide onderhandelaars te hê wat stadig die kaarte by die ontvoerders wen.”

Heath Gordon se kaakspiere bult. “My seun is nie ’n poker hand nie.”

Die leser sit sommer ook in die vertrek en kyk na al die onthutste gesigte, en hy begin sweet oor die argument se resultaat.

Dit gaan om ’n losprys. Die saak verander dus na menseroof, ’n hoëprofielsaak. Enzo Ariefdien word aangewys as die ondersoekbeampte. Hy verkies moorde en dooie slagoffers, maar nou hy het ’n vermiste kind se lewe in sy hande en dis iets wat hy nie wil hê nie. Boonop word druk op hom geplaas. Aan die een kant is daar Steven se desperate ouers en aan die ander kant sy ambisieuse kaptein. “Ek wil hê jy moet hom breek,” sê hy vir Ariefdien. Ariefdien sukkel om balans te vind tussen sy beroep en om vader en eggenoot te wees.

Ons sal vir Karla Blanckenberg nie net as ’n opgeleide onderhandelaar leer ken nie, maar ook as iemand wat haar eie demone het. Sy veg teen demone waarvan sy gedink het hulle is verslaan, en daardie demone het hulle nou weer in haar tuisgemaak. Nog ’n trosbom.

Toe is daar nog ’n joernalis. Sy kontak Karla Blanckenberg met inligting wat sy nie behoort te hê nie. Sy dreig om die storie te publiseer. Waarvandaan kom al die inligting? Is daar ’n lekkasie by die polisie? En sal sy die polisie se planne in duie laat stort? Al weer die gefluit van ’n trosbom.

Steyn is ’n uiters noukeurige beskrywer. Dit maak dat lesers hulself sekere situasies gou kan verbeel. Ons beland reguit in Steyn se storie. “Twee wit skoenlappers dwarrel om mekaar langs die pad, want dis mos amper lente, al lyk dit nie so met die grys lug en saamgepakte wolke nie.” ’n Mens voel dadelik die son op jou neus op ’n lentedag en verlustig jou in al die lentebodes.

Wanneer Steyn skryf: “Die woorde kom outomaties, proe soos karton in haar mond,” proe die leser karton in sy mond.

“Hy vat ’n koppie koffie, stamp dit twee keer op die toonbank, hou dit skuins en gooi die melk stadig in sirkels by. […] Hy gooi ’n kol melk in die middel. […] Nog ’n kol kom by, maar hy skuif dit op ’n manier sodat die eerste een rondom sprei, soos ’n C. […] Hy gooi ’n vierde kol by sonder om dit te skuif, trek net ’n lyntjie met die melk af deur die prentjie.” Hierdie beskrywing maak dat die leser saam aan die toonbank sit.

Die skrywer bewys telkens ’n sin vir fyn besonderhede, maar hy verloor hom nie daarin nie.

Martin Steyn se boeke word gekenmerk deur deeglike wetenskaplike en sielkundige navorsing en outentieke dialoë, en die uitstekende beskrywings van dinge, situasies en persone laat al dié goed voor die leser se oë verskyn. Steyn verskaf groot leesgenot.

Die geneë leser is seker hiermee vertroud uit eie ondervinding: “Dinge loop baie maklik verkeerd. En dan verander alles.”

Gaan vind uit wat die trosbom is.

  • Alexander S Mickel is ’n Duitser wat homself Afrikaans geleer het.

The post <i>Losprys</i> deur Martin Steyn: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Nagreisiger deur Leon van Nierop: ’n resensie

$
0
0

Nagreisiger: Jou gewete reis saam
Leon van Nierop

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485306689

“’n Gewete is mos ’n lewendige ding. Amper soos ’n mens. Jy kan nooit sy gesig sien nie, maar jy kan hom hoor praat. Jy kan hom vir jou sien kyk uit die donker. Soms loer hy oor jou skouer. Hy is altyd by jou. En partykeer kom hy uit ’n mens se verlede. Hy is so deel van jou soos jou skaduwee.”

Dit is die deurlopende motief in die bekende filmresensent Leon van Nierop se verwerkte uitgawe van sy 2004-publikasie Nagreisiger, wat oorspronklik in 1995 as ’n tydskrifverhaal in Huisgenoot verskyn het. Van Nierop is geen onbekende as dit by ligte spanningsverhale gekombineer met die liefde kom nie.

Nagreisiger vertel die verhaal van Nerien Muller wat pas haar regstudie voltooi het. Sy het gaan “klik” oor haar kêrel, Justin O’Donnel, se ouers se dwelmpartytjies. Hulle word gearresteer en Nathan O’Donnel, Justin se pa, word swaar gestraf. Sy ma, Cynthia, pleeg selfdood. Dit is waarskynlik dié gebeure wat swaar op Nerien se gemoed begin speel.

Sy voel gedurig of sy dopgehou en agtervolg word en sien dikwels ’n donker figuur wat na haar kyk: “Iewers tussen die gekrabbel van kleure en mense sien sy ’n man staan met ’n hoed wat laag oor sy oë afgetrek is en hy hou sy duim asof hy ’n geleentheid soek.” “Toe sy buite in haar motor klim, voel dit vir haar of iemand haar dophou.” “Sy weet self nie hoekom nie, maar dit is asof die ryloper stip na haar motor kyk.” “Buite, voor die huis langs ’n straatlig, sien sy ’n figuur. Die man dra ’n pet. Hy staan in die donker na haar en kyk. Dan draai hy om en verdwyn in die nag.”

Ragel, die huishoudster en vertroueling van Nerien, het van jongs af vir Nerien die storie van die nagreisger vertel: “En beslis jou stories oor die nagreisiger. Die lang man sonder gesig.” Maar Ragel verklap ook wie die lang man is: “Die nagreisiger is my en jou gewete.” Deurlopend kom die donker beeld van die nagreisiger in die verhaal voor, maar uiteindelik besluit Nerien: “Soos die nagreisiger, reis haar gewete altyd saam met haar. Nou ook. Maar sy gaan haar gewete laat agterbly, tussen hierdie woorde.”

Die ruimte van die Wes-Kaap, maar meer spesifiek die Drakenberge, is belangrik in die roman. Van Nierop se ruimtebeskrywings is so waar en eg dat die leser hom/haar in daardie ruimtes kan inleef. Hy beskryf Woodstock só:

Kinders loer tussen gevlekte wasgoed deur na die duur motor wat opsigtelik nie daar hoort nie. ’n Tiener jaag op ’n skaatsplank verby. Twee tieners met spuitkannetjies laat spaander toe sy na hulle kyk. Op die muur is die eerste letters van wat moontlik ’n bendenaam kan wees.

Van Nierop slaag daarin om die Drakensbergruimte uitstekend uit te beeld:

Nerien mis die oopheid van die Vrystaatse vlaktes waardeur hulle gery het. Sy sien die Drakensberge wat tussen die bome deur sigbaar geword het, soos draaktande wat om die horison geborduur is asof dit die hemel oopskeur en skielik lyk dit vir haar onheilspellend.

Die leser stap en klim saam met Nerien in die Drakensberge en voel haar stryd: “Haar arms en gesig is nat van die sweet en haar asem brand in haar keel, maar dit is asof die onvergenoegdheid besig is om saam met die sweet uit haar liggaam te verdamp.”

Aanvanklik is die Drakensberge “onheilspellend” en voel Nerien “onvergenoegd”, maar dit is ook die plek waar sy intense liefde en later hartseer ervaar. En dit is waar sy uiteindelik gaan antwoorde soek om die proses om haar gewete te sus, te begin en te voltooi. Die ruimtes ondersteun uitstekend die tema van die nagreisiger as verteenwoordiger van die gewete.

Tipies van Van Nierop is daar ’n liefdesintrige of twee. Nerien het pas die verhouding met Justin verbreek. Daar is Dehan op wie sy onmiddellik verlief raak: “Vir ’n oomblik is die rustigheid verstoor. Sy wil haar gesonde hand uitsteek en aan hom raak.” “Woorde is nie op hierdie oomblik nodig nie. Hy kyk net lank na haar.” Uiteindelik besluit Nerien: “Mens kan net so lank saam met iemand reis, dan moet jy afskeid neem.” Dan is daar Anton vir wie sy geleidelik gevoelens ontwikkel: “Toe sy aan hom raak, kyk hy vinnig na haar. Vir ’n oomblik weet sy nie wat om te doen nie.” “Hoekom voel sy skielik soos ’n skooldogter in sy geselskap?” En “En sy soen terug. Die emosie oorweldig haar.”

Die leser wat vertroud is met Van Nierop se boeke, sal Nagreisiger geniet. Daar is die tipiese Van Nierop-motiewe: die geheimsinnigheid, die liefde, die erotiese, die riller-element, die donker ondertone – in hierdie geval van die gewete wat altyd teenwoordig is. Die boek lees maklik en Van Nierop se mooi taalgebruik en beskrywings is ’n pluspunt. Maar dit is veral die tema waarmee lesers sal identifiseer: die nagreisiger wat dikwels saam met elke leser op reis is.

The post <i>Nagreisiger</i> deur Leon van Nierop: ’n resensie appeared first on LitNet.

The wives by Lauren Weisberger: book review

$
0
0

The wives
Lauren Weisberger
Publisher: HarperCollins
ISBN: 9780007569281

Three American women in their thirties have hit a bump in the road in their respective lives. One is a former supermodel turned senator’s wife, Karolina, whose life as a poor girl in Poland changed spectacularly, thanks to her incredible looks. Her life is thrown into harrowing turmoil when she is arrested for drunk driving, even though she insists that she was sober; her reputation is in tatters, and her husband, instead of standing by his wife, tosses her out unceremoniously and takes their son away. Graham is a charming man whose political ambitions surpass his sense of morality, and getting rid of his wife is part of his strategy, so he sets her up for public humiliation and uses her arrest as a justification for divorce. Karolina’s friend, Miriam, is a homemaker and mother of three who gave up her career as a successful lawyer when her husband’s start-up technology company brought in millions of dollars. She is struggling to fit into the affluent suburbs after having lived in New York for her entire life, and her husband is beginning to behave in a distant manner. Emily is Miriam’s oldest friend and is an image consultant to celebrities. Her career is going into freefall as she rapidly loses clients to a younger, more social media savvy competitor, so she seeks temporary refuge with Miriam. Once Karolina reveals what really happened on the night that she was arrested, as well as the way that her husband has treated her, Emily and Miriam decide that they are going to use their skills to get Karolina justice and her son back.

Lauren Weisberger uses this intriguing and rapidly moving plot to take us into the world of superrich American suburbia, with designer clothes, big cars and competitive soccer moms with surgically enhanced faces and bodies (including private parts), who are desperate to maintain a veneer of respectability while their secret lives are anything but “respectable”. This is a world in which private parties have porn stars providing “live demonstrations” of how to spice things up in bed as part of the entertainment. Broadway stars are flown in for special performances, and waiters turn out to be professional dancers. Karolina is not part of this set, having lived the life of glamour while keeping her nose clean. She is now a mother and wife whose life has been devoted entirely to supporting her family, especially her husband with his career, so her respectability is beyond reproach. One of the women whose children go to kindergarten with Miriam’s twins decides to bring her into the Tiger Mom and Impossibly Sexy Wife posse. Miriam finds that she cannot relate to these women. Having worked as a strait-laced lawyer, she has never made fashion a priority, so she immediately feels excluded. She has not lost her baby weight and has never considered cosmetic surgery, while the clique all have bodies that look like they belong to 25-year-olds. Emily is a wild card as she enters this world, due to her glamorous career falling apart. She is very cynical of suburbia, preferring the no-holds-barred, childfree city lifestyle. She is keen on taking on Karolina as a client, due to the fact that she needs to keep her shop open and she wants to avoid crawling back to her old employer, who is Miranda Priestly from Runway Magazine. Remember The devil wears Prada? That’s the very one! Miranda still has a visceral effect on Emily, and there is a twist in the plot in terms of her role in assisting with Karolina’s battle. This makes Emily, Miriam and Karolina a rather unlikely but charming trio.

The wives is a delicious escape. The dialogue is rapid, the descriptions vivid, and it also serves as a kind of Bible for the fashion-conscious. The story reflects on the challenges of reaching a place in life that feels either like stagnation or loss when women progress through their thirties. For many middle-class women, sometimes the thirties don’t deliver on their promises. The “happily ever after” isn’t always happy, and forever can begin to feel like a long, painful time. There is the threat of younger, faster women taking their place both in the workplace and in the bedroom. There is the constant pressure to keep up, otherwise one becomes obsolete. The thirties can feel like the age of reckoning. Society promises that if you follow a certain route (work like a slave, party hard, marry at 27, have kids), then your life will be good. This may happen materially, but one often has to think of the real cost to one’s well-being. This book also gives one pause to reflect on whether it is worth it to try and keep up with a youth-obsessed society that makes unrealistic demands on how you spend your time and where, how your body should look (like Barbie) and how much you should have in your bank account. In The wives, friendship trumps societal expectations, and, although happiness is not delivered to the characters in a designer box, it is worth savouring and appreciating. This is a book that you can read alone or with your book club, on holiday or during a rainy day indoors, with wine or hot chocolate. It manages to be hilarious and touching – you will find yourself cheering on the characters and crying with them – and there is hardly a dull moment. Well done, Lauren Weisberger!

The post <i>The wives</i> by Lauren Weisberger: book review appeared first on LitNet.


Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen: ’n lesersindruk

$
0
0

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk
Jean Oosthuizen
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781776093267

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Die opkoms en ondergang van die NG Kerk is ’n gewigtige titel. Daar het in die verlede talle publikasies die lig gesien wat die ontstaan van die NG Kerk in besonderhede gedokumenteer het. Die verhaal van die kerk in die laaste twee dekades is ook gedeeltelik in verskeie publikasies gedokumenteer – ek dink byvoorbeeld aan die teoloog Andre Bartlett se Weerlose weerstand  (Protea Boekhuis 2017). Die opkoms en ondergang van die NG Kerk is egter nie ’n volledige geskiedenis van die kerk nie, maar volledigheid is ook nie die doelwit van die boek nie. Daar is wel ’n baie kort hoofstuk wat ’n bietjie gaan delf in die kerk se verre verlede. Oor die koloniale verlede van die kerk is daar net sowat ses bladsye. Oor die NG Kerk in die 20ste eeu darem drie keer soveel. In die res van die boek val die fokus op die NG Kerk se onlangse verlede.

Maar waarom ’n hele boek oor die NG Kerk? mag mens dalk vra. Vir baie mense is die kerk vandag ’n vreemde oorblyfsel uit die verlede. Byna soos ’n skeepswrak. Iets waarin argeoloë dalk sal gaan rondkrap. Maar nee, nog nie heeltemal nie. Die kerk van vandag is meer soos ’n skip wat ronddryf. Sonder ’n spesifieke koers. Vir volkome buitestanders sal die bemoeienis met die kerk seker nie sin maak nie. Mens moet die kultuur van wit en Afrikaans (ek wil-wil die woord “Afrikaner” gebruik) verstaan om te verstaan hoekom die onderwerp van die kerk nog vir so baie mense so na aan die hart lê. En ook die geskiedenis van Suid-Afrika. Die geskiedenis van kolonialisme en apartheid. Mense wat 30 jaar gelede gelewe het, sou waarskynlik nooit in hulle wildste drome ooit kon geraai het dat die magtige NG Kerk eendag ten gronde sou gaan nie. En dit in net ’n aantal dekades. Dit was net enkele profetiese stemme wat die einde van die NG Kerk kon voorsien. Filosowe en digters. Vir die gemiddelde mens was die einde van die NG Kerk net so ondenkbaar soos die einde van die Nasionale Party (NP). Die NG Kerk het juis dikwels bekendgestaan as “die NP in gebed”, en saam met die Afrikaner-Broederbond (AB) het die drie ’n taamlik omstrede drie-eenheid gevorm.

Maar die NP is vandag nie meer daar nie. Dit is ingesluk deur die ANC, en die AB het ’n reuse-gedaanteverwisseling ondergaan.

Baie het verander die afgelope 30 jaar, maar nie wanneer jy op ’n Sondagoggend deur die deure van ’n NG Kerk stap nie. Natuurlik het klein dingetjies verander. Mense trek dalk vandag gemakliker aan vir kerkdienste. Hulle sing nuwer liedere as jare gelede. Daar is soms ’n vrou op die kansel. En kinders gebruik deesdae ook nagmaal. Maar wanneer mens ’n kerk besoek, dan stap jy eintlik byna terug in die tyd. Dieselfde ou debatte woed vir dekades, soms selfs eeue, en kom nooit tot ’n einde nie. Daar is ’n alewige toutrekkery oor beuselagtige dogmatiese leerstellinge wat eintlik maar niks anders is as kerkpolitiek en ’n spel om mag nie. Neem byvoorbeeld die onderwerp van Satan. Baie mense het al lankal vrede gemaak daarmee dat Satan ’n mitiese figuur is. Maar binne die kerk woed daar gedurig ’n stryd oor Satan. En selfs oor of hy ’n stert het of nie.

Die belangrikste deel van Oosthuizen se boek is vir my hoofstukke 5 tot 9. In hierdie hoofstukke word Oosthuizen se werk as joernalis by die NG Kerk se amptelike koerant Kerkbode gedokumenteer. Kerkbode is die oudste bestaande Afrikaanse koerant in Suid-Afrika en het die eerste keer op 13 Januarie 1849 verskyn. Koerante, in daardie jare en vir baie jare daarna, was maar niks anders as propagandamasjiene nie. Mens kan weer eens nie sê dat Oosthuizen se blik op Kerkbode volledig is nie, want volledigheid is ook nie die oogmerk nie. Dit is meer ’n persoonlike blik op sy ervaringe. Dit word egter baie gou duidelik dat die redakteurs van Kerkbode hulle oor die jare in ’n posisie van groot invloed bevind het. Dit was veral so in die jare toe die kerk op sy sterkste was. Die NG Kerk se verlede is intiem verweef met dié van wit Afrikaanssprekendes, en kerkamptenare het tradisioneel ’n prominente en invloedryke posisie in die samelewing gehad. Van Kerkbode se vorige redakteurs was later prominente politieke leiers, soos Andries Treurnicht. Ander, soos Johannes du Plessis, is vanweë hulle teologiese liberalisme deur die kerk uitgewerk. Oosthuizen was, soos sommige van sy voorgangers, ’n professioneel-opgeleide joernalis, wat waarskynlik nie aldag goed gepas het by die idee van ’n mondstuk vir die kerk nie. Hulle het hulle rol as waghond ook graag verken, tot groot konsternasie binne die kring van heiliges. Oosthuizen se ervaringe word vertel, en bou op na ’n klimaks met die sogenaamde Woordfees-debakel, wat tot groot opskudding in die media gelei het.

Behalwe Oosthuizen se ervaringe met Kerkbode skryf hy ook oor sy betrokkenheid by Kletskerk. Weens die digitale aard van Kletskerk is hierdie gebeure die soort wat in vergetelheid verval. Kletskerk het ’n belangrike platform geskep waar kerkloses en ongelowiges in gesprek kon tree met gelowige lidmate – iets wat nie binne die formele strukture van die kerk juis gebeur nie. Oosthuizen verreken en evalueer ook die NG Kerk se reaksie op die internet in die algemeen, nie net Kletskerk nie, en ook hierdie evaluasie is nie gunstig nie.

In die laaste hoofstukke keer die onderwerp na brandende vraagstukke soos die gesag van die Bybel en homoseksualiteit. Die filosoof Willie Esterhuyse en digter Lina Spies se paaie weg van die NG Kerk vorm die gesprekspunt in hoofstuk 15, terwyl die laaste hoofstuk oorgeneem is uit die boek Hier staan ek, wat reeds in 2011 verskyn het en waarin Oosthuizen sy idees oor die kerk en godsdiens deel.

Die NG Kerk se verweefdheid met Afrikaner-nasionalisme het dié kerk duur te staan gekom en gebring tot by ’n posisie waar dit waarskynlik nie in sy huidige vorm sal bly voortbestaan nie. Die gemiddelde ouderdom van die deursneelidmaat is besig om drasties te styg, en baie gemeentes sukkel om kop bo water te hou en sluit selfs hulle deure. Die kerk wat ’n sentrale rol gespeel het in die ontwikkeling van soveel gemeenskappe, voer ’n sukkelstryd teen ’n ontploffing van kennis, en slaag nie daarin om by veranderende tye aan te pas nie.

Alhoewel die titel dalk ietwat misleidend mag wees, is Die opkoms en ondergang van die NG Kerk ’n belangrike bydrae oor die moderne geskiedenis van die NG Kerk. Die boek is keurig versorg in maklik verteerbare Afrikaans en kombineer die persoonlike ervaringe van Oosthuizen as joernalis by Kerkbode met dié van die groter verhaal van die NG Kerk ná 1994.

The post <i>Die opkoms en ondergang van die NG Kerk</i> deur Jean Oosthuizen: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Plunderwoestyn deur Christiaan Bakkes: omgewingskwessies oopgevlek in aangrypende verhaal

$
0
0

Plunderwoestyn deur Christiaan Bakkes
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781485308997

“Genoeg is genoeg. Ek staan in diens van die natuur. Die lyn is in die sand getrek. As ek teen mense moet draai, dan is dit maar so.”

Plunderwoestyn fokus op die vergrype onder Namibië se natuurskatte en die moeilike omstandighede waaronder diegene wat dit probeer verdedig, werk en leef. Die hoofkarakter se rustige lewe in die Kaokoveld het drasties verander met die stroop van die eerste renosterkoei en die dood van haar kalf. Soos gewoonlik is korrupsie, mag en geld die groot dryfvere. Hierteenoor staan die hoofkarakter wat gedryf word deur regverdigheid, die voortbestaan van die wildernis en ’n nuwe liefde.

Christiaan Bakkes is bekend as ’n groter as lewensgroot karakter, safarigids extraordinaire, veldwagter, skrywer en reisiger. Uit sommige van sy vorige boeke, waarin hy die karakter van Stoffel Mathysen aangeneem het, het ons ontdek dat hy vreesloos en meestal ’n buitestander is, al geniet hy die geselskap van sy drinkebroers en die veldwagters en medegidse saam met wie hy tyd in die veld deurbring. Hy was voorheen ’n rustelose reisiger en avonturier. In Plunderwoestyn is daar duidelik groei en rustigheid by Bakkes te bespeur, ten spyte van die gruwels waarteen hy en sy nuwe spanmaat baklei. Daar heers vrede tussen al die hartseer van plundery, afsterwe van ouers, vriende en hond, en ongeregtighede. Is dit dalk sy Veertjie wat die verskil maak?

Bakkes vervleg hier ’n verhaal wat tiekiedraai tussen fiksie en niefiksie (die boek is amptelik fiksie, maar daar word tog aangedui dat sommige karakters se name verander is om hulle te beskerm). Dán is dit ’n liefdesverhaal, dán ’n familiedrama, dán ’n aksiebelaaide speurverhaal, en ook ’n reisgids. Die resultaat is ’n lekker eenstryk-deur-leesboek.

Die storie vat jou van Damaraland se kliprante, skeure en gewere na Suid-Afrika se Ooskus en dan oor die groot water na Noord-Amerika. Soos altyd word die agtergrondgeskiedenis mooi geskets. Die skryfstyl is boeiend en die onderwerp is aktueel.

Die stories is wonderlik verweef. Die swartrenoster (en haar kalf) staan strykdeur as die fokus van die plundery. Dan is daar die liefdesverhaal, die reis om afskeid van ouers te neem, diereliefde, die ontdekking van Noord-Amerika en sy oorspronklike inwoners.

Die probleme is universeel. Oral word burgerlike aksies geloods om aandag te trek – in Walvisbaai, Namibië en Suid-Dakota in die VSA – maar is dit genoeg? En maak dit ’n verskil wanneer geld die hardste praat?

Die boek sal aanklank vind by lesers van Bakkes se vorige boeke. Natuurlik ook by diegene wat lief is vir ons vasteland en ons natuurskatte, hou van reis, en die intriges tussen bewaring, toerisme en sluikhandel waardeer.

Die toekoms van die mensdom op hierdie aarde is in die weegskaal. Nou, soos nog nooit tevore nie, moet ons optree en die verwoesting stopsit. Sonder die natuur aan ons kant kan ons vergeet van die olieprys, die Zondo-kommissie of Aphiwe Dyanti in die linkerhoek. Bakkes inspireer my om meer te doen in hierdie stryd teen plundery, selfs om gedigte uit my kop te leer sodat ek dit langs die kampvuur kan opsê. Soos met die karakters se opvoedingswerk in afgeleë skole in die noorde van Namibië leer hy my baie meer as wat hy moontlik wou.

Plunderwoestyn dryf my tot denke. Die aksie en spanning in die boek ... dit dryf my ook tot dade. Ek wil ’n verskil maak. Ons almal moet ’n verskil maak. Die stryd tussen goed en kwaad gaan nie deur individue gewen word nie. Ons moet saamstaan en ons plig teenoor ons nageslagte nakom.

Niks keer ons egter om intussen lekker te lees en saam te reis nie.

The post <em>Plunderwoestyn</em> deur Christiaan Bakkes: omgewingskwessies oopgevlek in aangrypende verhaal appeared first on LitNet.

Salutatio Terrae VII – ’n mening

$
0
0

Salutatio Terrae VII
Chris Harbinger

Naledi
ISBN: 9781928426257

Boeke kom soms op vreemde maniere onder ’n mens se aandag. Dit is die geval met Salutatio Terrae VII. Webwerwe en LitNet is ’n vindwerf van talle opwindende boeke. Die boek op Naledi se webwerf het my nuuskierigheid geprikkel. Die skrywer se naam lui geen herinneringsklokkie by my nie. Ek weet nie wie Chris Harbinger is nie. Dit is vir my van meet af duidelik dat dit nie oor die boodskapper gaan nie, maar oor die boodskap.

Die boek bevat verbysterende insigte oor die mens, die aarde, planete, verlede, hede, toekoms, fisika, sterrekunde, kosmologie, filosofie, teologie, godsdienswetenskap en poësie, om net ’n paar fokuspunte te noem. Die titel is vir my boeiend. Dit gee die boodskap weer. Dit is in Latyn. Naas Grieks was Latyn die invloedrykste taal in die tyd voor en na Christus se koms. Latyn het ons met onder andere Vergilius se Aeneïs en Georgia laat kennis maak. Die Latynse woord salutatio is ’n plegtige groet aan die aarde. “Salutatio” is egter ook ’n afskeidswoord aan die aarde en aardelinge is (Stelling V).

Dat dit om die boodskap gaan, word bevestig deur die onderskrif. “Hermes.” Hermes was in die Griekse mitologie die god van reisigers en paaie, koopmanne en handel. In een sin: alles waarby behendigheid en lis te pas kom. Die seun van Zeus en Maia was die bode van die gode. Hy was ook beskou as die skenker van welsprekendheid en oorredingskrag. En nog veel meer: die uitvinder van skrif, die wiskunde, die lier, die fluit, mate en gewigte en nog veel meer.

Teen hierdie agtergrond is dit vir my duidelik dat Hermes ’n boodskap vir die aarde het wat ernstig opgeneem moet word. Hierdie boodskap word deur vyf stellings afgelewer.

Hermes tree as die verteenwoordiger van die Homo astralis met boodskappe aan die aardlinge, Homo sapiens, op. Hermes maak daarop aanspraak dat hy ’n grondige insig in die wese en bestaan van die kosmos en die bedoeling daarmee het. Aardelinge se beskawing, so lees ons, is een van die talle planetêre beskawings in verskillende vorme van ontwikkeling. Hermes deel die leser mee dat die Homo astralis oor die 4,7 miljard jaar bygedra het tot die aarde as planeet.

Dit is duidelik dat Hermes ’n natuurwetenskaplike van buitengewone insigte is. Hy maak die leser ook daarvan bewus dat die natuurwetenskaplikes deur empiriese bevindinge beperk word. Vir hulle lei insig, logika, skoonheid en eenvoud tot fundamentele waarhede. Maar dalk is fundamentele waarhede meer as dit.

Hermes laat dit aan die Oergrond, die Een, die Gees oor om in die kosmos te inkarneer en uiteindelik ’n harmonieuse werklikheid te skep. Hermes put uit Plato en digters soos Heinrich Heine om kosmiese sinkronisiteit toe te lig. Hierdie boeiende deel moet elke leser self gaan lees en interpreteer. Wat soos ’n paal bo water staan, is dat agape, liefde, die grootste van alles en vir almal is. Die opmerkinge oor die ingeskape godsdienstigheid is in die teologie nie nuut nie. Nogtans is Hermes se siening hiervan diep nadenke werd. Die Homo astralis gee betekenis aan, en aktiveer die werklikheid van, die antropiese heelal.

As agente van die Aeon moet die Homo astralis die oorvloed en kompleksiteit van lewe, fisieke en geestelike ervaring in die heelal aktiveer. Hermes verwys hier onder andere na die fisikus Fred Hoyle se vermoede dat nuwe genetiese materiaal (pan spermia) besig is om die aarde te bereik. Francis Crick was volgens Hermes verantwoordelik vir die vermoede dat ’n hoër samelewing verantwoordelik was vir die inisiëring van lewe op die aarde. Hermes berig oor die suksesse, veral op die Afrika-vasteland, ten opsigte van ontwikkeling en groei. Die talle voorbeelde wat hier genoem word, is merkwaardig. Egipte is met sy mitologies-gebaseerde opvatting van “gode” ’n klinkende voorbeeld. Die invloed van Osiris en Isis, die wetgewende gode, word verreken. Die hiërogliewe dien as optekening van die groei van die Egiptiese beskawing. Daar word selfs na Gilgamesj, wat die vroeëre Sumeriese beskawing bestuur het, verwys. Verskillende beskawings wat gedy het, kom aan bod. Die mites in die Ou Testament rondom die seuns van god en die dogters van die mens word beskryf as ’n krag om unieke manifestasies van beskawings op die planeet Aarde te beskryf. In die Griekse samelewing was die gode konkreet en alte menslik (vgl die Ilias en Odusseia). Hermes het, so sê hy self, ’n plek in die Griekse panteon gekry.

Die toeligting (verligting) oor die rol van Alexander die Grote is fassinerend. Dit geld ook van die Romeinse republiek. Die berigte oor Sara, Josef en Moses (en die brandende braambos) is, om die minste te sê, boeiende leesstof. Hier word die rol van “agente” van die Aeon bekendgestel. Die Jode word as draers van ’n kosmiese waarheid voorgestel. Dit is ’n poging om transendente beelde (ek verkies die term poreuse werklikheid om die immanente en transendente toe te lig) in die soeke na singewing te beskryf. Hermes berig selfs van Plato se konsep van die “onsterflike siel”. Hieroor moet daar nog diep nagedink word.

Hermes skuif die gordyn ’n bietjie oop. Hy verduidelik moeilik peilbare begrippe: die materiële wêreld van wording; die tydbevange interaksies tussen die materiële met die Domein van Syn; sekere individue (Mozart, Händel, Shakespeare, Munch, Da Vinci, Newton, Hoyle, Hildegard von Bingen, Jung en andere) se ervaring van die Domein van Syn. Hermes lig selfs die begrip reïnkarnasie toe. Gaan lees dit self!

In ’n ideale bestaan, naas logika, skoonheid, waarheid en kennis (Plato), is dit ook die oogmerk om die Hoogste Harmoniese Werklikheid met interpersoonlike emosionele harmonie te deurdring. Aan die mens is daar ’n morele verantwoordelikheid geskenk. Die oorsprong hiervan is die mite van goed en kwaad in die paradys. Vooruitgang word aangespoor deur “Wille zur Macht” (Nietzsche). Die Pax Romana is nie sonder bloedvergieting te bedink nie. Net so word die mensdom deur heersers van boosheid geteister (Lenin, Hitler, Mao Zedong en nog meer). Jesus het egter nie betrokke geraak in die evolusionêre stryd om mag nie. Daarom het hy ’n lewe vry van “oorspronklike sonde” gelei. Sy kruisdood was ’n ervaring van die brutale werklikheid van die materiële wêreld. Sy laaste woord, tetelestai, dui op die geheel wat voltooi is. Daar word ook insiggewend oor Jesus se opstanding geskryf. Die berig oor die Romeinse Ryk en die rol van Konstantyn is vernuwend. Hiervan is die Edik van Milaan in 313 ’n hoogtepunt.

Die slotberig ontsluit ’n donker vooruitsig. Die planeet Aarde het sy grense bereik. Water en kos is vir talle mense byna onbekombaar. Waterbesoedeling is afgryslik. Die ekonomiese leefstyl lei tot beskadiging van lande, oseane en lug. Selfbelang is ysingwekkend. Reeds ’n eeu gelede het Yeats gedig: “Things fall apart; the centre cannot hold;/ Mere anarchy is loosed upon the world …”

Hoe waar is dit tog nie!

Hermes se boodskap bevat tog ’n sprankie hoop. Al is die einde van die materiële wêreld naby, sal die mense se gene en kultuur op ’n ander plek in die kosmos voortleef. Maar waar?

Lees self!

My mening oor Salutio Terrae VII is dat dit ’n manjifieke werk is. Dit lei tot diep en vernuwende nadenke oor filosofie, godsdiens en wetenskap. En oor menswees in ’n tyd soos hierdie.

The post <em>Salutatio Terrae VII</em> – ’n mening appeared first on LitNet.

Jong lesers: Kewerwraak deur MG Leonard

$
0
0

Kewerwraak
MG Leonard

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485308942

Kewerwraak is geskryf deur MG Leonard, met illustrasies deur Elisabet Portabella. Dit volg op Kewerknaap en Kewerkoningin, wat ook hoofsaaklik draai om die lewe van Darkus.

Hierdie boek was vir my ongelooflik lekker om te lees, want dit is spannend, interessant en totaal briljant.

Sake in die boek staan as volg: Darkus se pa, dr Barthomolew Cuttle, is gevange geneem deur die bose Lucretia Cutter, en mense begin dink hy is die bose genie wat agter al die aanvalle op boere se gewasse en al Lucretia Cutter se ander bose dade sit.

Kewers speel ’n groot rol in hierdie boek – hulle word in die boek, nes in die werklikheid, “misverstaan”: in die boek het hulle regtig besonder unieke talente.

Darkus, sy vriende, hulle kewers en twee vriende gaan op ’n reis na Praag en dan na hulle finale bestemming, Ecuador. In Ecuador wil hulle ’n reddingspoging aanwend om vir dr Cuttle, ’n vriendin se seun en Lucretia Cutter se dogter, Novak, te red, voor iemand anders die bioom vind en dit bombardeer, maar hulle probeer om ’n gewelddadige konfrontasie met Lucretia Cutter te vermy. By Novak, in een van haar ma se tronkselle, gaan dit ook nie baie goed nie. Sy bly dieselfde nagmerrie hê oor iets wat sy kan doen, maar is te bang om dit te toets wanneer sy wakker is.

Goed en sleg veg teen mekaar in hierdie verhaal deur kewers te gebruik, wat die boek net nog meer spannend maak. 

In hierdie boek sien ’n mens dinge deur verskillende mense se oë, dus help dit jou om die storie beter te verstaan. Ek sou hierdie fantastiese fantasieboek aanbeveel vir seuns en dogters van ouderdomme van 8 tot 12.

Ek dink dat MG Leonard hierdie boek op ’n uitstekende manier geskryf het, en sy het aan my bewys dat kewers nie die walglike kreature of monsters is wat party mense dink hulle is nie.

Lees hierdie boek!

  • Karla Sandrock is 10 jaar oud.

The post Jong lesers: <i>Kewerwraak</i> deur MG Leonard appeared first on LitNet.

Keshia Davids, superheld deur Alesha Dixon: ’n lesersindruk

$
0
0

Keshia Davids, superheld
Alesha Dixon
Vertaler: Lydia du Plessis

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799388763

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Die kinderroman Keshia Davids, superheld (2018) is die vertaling van Alesha Dixon se debuutroman vir kinders, Lighting Girl (2018). Die vertaling is behartig deur Lydia du Plessis, en sy kry dit beslis reg om die verhaal eg Suid-Afrikaans te maak.

Die roman vertel die verhaal van Keshia Davids, ’n laerskoolkind, wat ontdek dat sy superkragte het. Hierdie ontdekking vind plaas op ’n dag by die skool toe haar jonger sussie, Kaylee, geboelie word. Keshia se woede en ontsteltenis oor die hele gebeurtenis veroorsaak dat vonke en lig uit haar hande spat. Verward en onseker probeer sy dit so goed as moontlik wegsteek, want sy wil nie nog vreemder onder die ander skoolkinders voorkom nie. Sy kan egter nie vir ewig die geheim vir haar ouers wegsteek nie. En dit is wanneer haar ouers haar die waarheid oor hulle familiegeskiedenis vertel: al die vrouens in hulle familie het superkragte.

Keshia se vermoëns word uitgedaag wanneer haar ma haar ná skool begin onderrig en wys hoe om haar superkragte te gebruik. Haar lewe word ongelukkig ook hierdeur moeiliker gemaak. Sy het deesdae min tot niks tyd om saam met haar beste vriendin, Alicia, te spandeer nie, en haar buitengewone tannie met haar troeteldiervolstruis, Prins Valentyn, maak sake nie makliker nie.

Alesha Dixon se roman is ’n verhaal oor ’n meisie in ’n moderne Suid-Afrikaanse familie wat haar identiteit ontdek, vrede maak met wie sy is en leer wie sy kan vertrou. Dit bied ook ’n realistiese uitbeelding van hoe ’n superheld vir ’n ma die familiedinamika kan beïnvloed.

Die verhaal bevat dikwels ook absurde en lagwekkende verskynsels, soos Keshia se ma wat met geskroeide hare van die gym af kom:

"Mamma!" sê ek. "Wat het gebeur?"

Haar glansende lang bruin hare staan regop in alle rigtings. Dit lyk asof sy ’n groot verestoffer op haar kop het. Rookwolkies trek by haar haarpunte uit. (19)

Dan is daar haar ma se tweelingsuster, tannie Dessie, wat met ’n aandrok en haar volstruis by Keshia se oueraand opdaag:

Net toe ons by meneer Daniels se tafel kom, is daar skielik ’n groot kabaal agter in die klaskamer. Ek kan nie my oë glo nie. Tannie Dessie kom na ons toe aangestap met ’n deftige groen aandrok aan. Sy het ’n oranje skemerkelkie met ’n blou sambreeltjie in haar hand. Prins Valentyn kom agterna met ’n klein hoedjie op sy kop. (65)

Dan is daar ook Keshia se broer, Clio, wat ’n rekenaarspeletjiemaatskappy se sagteware binnedring omdat hy verveeld is met die ou weergawe van sy rekenaarspeletjie en graag die volgende uitgawe wil hê (114–5).

Die verhaal en die skryfstyl van die roman is geskik vir die jonger jeug – 13 en jonger. Dit word in die eerste persoon geskryf, vanuit Keshia se perspektief. Die taalgebruik is hoofsaaklik maar eenvoudig, met hier en daar ’n meer verouderde Afrikaanse woord of tradisionele Afrikaanse uitdrukking. Die uitdrukkings en woorde is dalk nie gepas vir die teikenmark nie, maar dit is miskien ook ’n manier om die jonger jeug bewus te maak van hierdie pragtige Afrikaanse taalgebruik:

"Ek het sy planne in die wiele gery." (69)

"Hy het my gevra of ek saam met hom wafels en roomys wou gaan eet. Ek het ja gesê. En toe was die koeël deur die kerk." (72)

"Sy dink dit gaan alles oor ma en pa, wat grotendeels waar is." (76)

"Ek’s so bly almal kom. My pa gaan drie verskeie soorte koeke bak. Hy raak bietjie meegevoer." (78)

"Die opwelling van hitte deur my hele lyf tot my vingerpunte." (97)

"Dan het ons ’n voorsprong," sê Ricardo. "Hy gaan nie verwag dat jy hom probeer keer nie." (133)

Die roman bevat ook besonderse en humoristiese wit-swart illustrasies, geteken deur James Lancett en Steve Simpson. Dit ondersteun en dra by tot die uitbeelding van die karakters en die absurde situasies waarin hulle hulle bevind.

Alesha Dixon se roman en Lydia Du Plessis se vertaling daarvan is ’n unieke boek vir enige jong leser wat sy of haar tone in die leserswêreld wil doop.

Foto van Alesha Dixon: John V Edwards, CC BY-SA 3.0, Wikimedia Commons

The post <i>Keshia Davids, superheld</i> deur Alesha Dixon: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Kinnes deur Chase Rhys: ’n resensie

$
0
0

Kinnes
Chase Rhys

Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708763

Waarskuwing: Indien jy nog nie die boek gelees het nie – dié stuk bevat besonderhede oor dele van die storie. Lees op eie risiko.

Kinnes, deur Chase Rhys, handel oor die wel en wee van vier jongmense op die Kaapse Vlakte. Hulle woon in Jurassic Park en probeer tussen bendegeweld, dwelms en familietwis deur hulle bestaan voer.

Oor die karakters

 “Die kinnes van vedag dink rêrag hulle’s in ’n movie, nuh,” sê ma Mary na aanleiding van die dramatiese gebeure wat die jongmense in die verhaal moet deurmaak. En dit is hoe die lees van die boek ook voel. Rhys se skryfwerk is gedetailleerd en die beelde wat hy oproep, word glashelder in die leser se brein vergestalt.

Anwaar Peter Brandt, beter bekend as Ahnie Brandt, en sy vriende, wat almal deel is van die Butcher Boys, word gevra om ekstras te wees in ’n internasionale fliek, GangStar. Nadat hulle populariteit begin groei, begin hulle hul eie flieks maak en dis op hierdie punt waar realiteit en fiksie begin vervleg. Ahnie bly by sy ma, Mary, wat hom alleen grootgemaak het. Sy sal enigiets vir haar kind doen. Nicole Lamb is die slim en stil meisie in die skool. Derick Delcarme gaan sit langs haar in die wiskundeklas en kort voor lank raak dié twee verlief en Nicole word swanger. Rolanda Fisher, die mooi en gewilde meisie wat elke jaar die modeparade by die skool wen, wil graag ’n Cape Kardashian wees. Sy roem haar op haar mooi voorkoms en dra uiteraard die groot ironie wat aan die einde van die storie ontvou.

Temas wat aangeroer word

Sommige van die temas wat in die storie aan bod kom, is: om jonk en uitgelewer aan jou omstandighede te wees; die menslikheid van die verkeerde besluite neem; die invloed wat die teenwoordigheid of afwesigheid van ouers in ’n kind se lewe kan hê, met spesifieke betrekking op die rol van die pa of patriarg in die familiegegewe.

Die jongmense in die storie, die “kinnes”, gaan elk deur hul eie krisis en moet met alle mag probeer om te oorleef. Rhys kry dit reg om deur middel van die karakters se lewens die lewe en realiteite van talle ander op die Kaapse Vlakte te ontbloot. Hy doen dit egter met soveel empatie en deernis dat die leser toegelaat word om met elke karakter te simpatiseer. Tydens die lees van die novelle het ek konstant gewonder hoekom elke karakter optree soos wat hulle optree. Die kinnes is vasgevang in ’n fisiese sowel as geestelike ruimte wat moeilik is om uit te ontsnap. Die fisiese ruimte word al hoe moeiliker om in te leef, deur faktore soos dwelmmisbruik en geweld, terwyl die geestelike ruimte maak dat hul uitkyk op die lewe as gevolg daarvan, swaar daaronder begin ly.

Binne die werklikheid van die menslikheid van verkeerde besluite neem, kry die leser insig in die werklikheid van menswees sowel as wat dit beteken wanneer iemand deur hul omstandighede gedwing word om sekere besluite te neem.

Terwyl al die karakters hul eie vorm van die menslikheid van verkeerde besluite ervaar, val Derick se omstandighede my die meeste op. Derick moet noodgedwonge skool verlaat wanneer hy uitvind Nicole is swanger. Hy sukkel dan om werk te kry en besluit om vir Uncle Mikey, wat die leier is van die UML’s (Uncle Mikey’s Laaities) te begin werk. Dit wat hy gedog het ’n tydelike oplossing sal wees om geld in te samel, verander later sy lewe soveel so dat hy uiteindelik in ’n rolstoel beland.

Ouerskap is ’n belangrike tema in die verhaal. Kinders kry kinders en moet dan hul kinders grootmaak terwyl hulle self nog nie werklik kinders was nie. Dit laat my dink aan lirieke wat die kunstenaar en liedjieskrywer Frazer Barry onlangs geskryf het: “Die kind kry ’n kind, die kind se kind kry kind en die grootmense is kinders wat nooit eers kinders was nie.” Ma Mary doen alles in haar vermoë om vir Ahnie te beskerm, doodeenvoudig omdat hy haar kind is. Die liefde wat sy vir hom het, word duidelik in die manier waarop sy tot die uiterste sal gaan om seker te maak dat Ahnie nie iets oorkom nie. Wanneer hy uiteindelik in groot moeilikheid beland, stuur sy hom na sy pa toe. Die pa’s in die storie is grotendeels afwesig. Dit laat ’n mens wonder oor die sosiale konstruk en realiteit van afwesige pa’s en die invloed wat dit op ’n mens se lewe kan hê.

Chase Rhys | Foto: Retha Ferguson

Hoekom is die storie belangrik?

Rhys kry dit reg om ’n snaakse, dog eerlike en menslike verhaal te vertel wat tot mense van verskillende areas van die lewe sal spreek. Die storie is nog meer belangrik omdat die kwessies eg is. Die werklikheid word op so ’n manier uitgebeeld dat ’n mens nie anders kan as om met die karakters te simpatiseer nie. “Ons kannie meer onse kinnes verloor nie …” sê Nicole, en dié woorde resoneer diep met wat in ons land aan die gebeur is. Te veel jongmense word slagoffers van ’n onregverdige bestel, en met Kinnes skyn Rhys lig daarop dat dinge nie langer so kan aanhou nie. Verandering is nodig.

Jongmense wat uitgelewer word aan hul omstandighede, het ongelukkig so algemeen geraak dat ’n mens geneig kan word daartoe om onsensitief daarmee om te gaan. Nadat Ahnie in groot moeilikheid beland en sy ma die een is wat na hom uitreik, sê sy: “Anwaar is mos oek ieman se kind.” En dit skakel weer met die menslikheid wat Rhys op so ’n deernisvolle manier in die storie verwoord. Alhoewel al hierdie vreeslike onregte aan die gebeur is, is dit belangrik om in ag te neem dat almal iewers behoort. En dan kan ’n mens net hoop dat die lewe se dobbelsteen in jou guns sal reg val.

Voor in die boek skryf Rhys die boek is “Vi ôs”, en hy kry dit reg dat die “ons” in die storie ’n universele ons word. Die kwessies in Kinnes raak ons almal, soos dit behoort.

Lees ook

Onderhoud met Chase Rhys, skrywer van Kinnes, ’n novelle

The post <i>Kinnes</i> deur Chase Rhys: ’n resensie appeared first on LitNet.

Tussen die abjekte en die eteriese. ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq: ’n resensie

$
0
0

Tussen die abjekte en die eteriese. ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq
Vertaal en ingelei deur HJ Pieterse. Protea, 2018

Bloot die naam Michel Houellebecq roep al onmiddellik ’n magdom assosiasies op, van literêre provokasie, eksplisiete beskrywings van seks en wrang kommentaar oor die huidige Westerse samelewing tot ’n onthutsende voorgevoel van dreigende rampe soos dié van 11 September.

Hierdie persepsies rondom dié hoogs omstrede Franse skrywer is veral gekoppel aan die inhoud van sy romans. Volgens ’n berig in die Franse dagblad Le Figaro[1] was hy die mees gelese skrywer in Frankryk in 2015, veral met die publikasie van sy roman Soumission, wat op skerp satiriese wyse `n toekomstige Islamitiese oorname van die Franse samelewing uitbeeld.

Maar wie buite Frankryk sou kon gedink het dat Houellebecq ook ’n digter is? vra David Sexton, ’n joernalis by Evening Standard in ’n resensie[2] van ’n bundel Engelse vertalings van Houellebecq se gedigte deur sy vertaler en vriend, Gavin Bowd. Die skrywer het inderdaad tot op hede al vier digbundels laat verskyn, waarvan die eerste twee in Frankryk met pryse bekroon is. Afrikaanse lesers kon reeds ’n voorsmaak van sy poësie kry met die bundel van 80 gedigte wat in 2012 deur Catherine du Toit van Stellenbosch en ’n groep van haar voorgraadse studente gepubliseer is.[3] Vanjaar is daar nog meer gedigte van Houellebecq in Afrikaans op die spyskaart met die publikasie van Henning Pieterse se Tussen die abjekte en die estetiese. ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq.

By die lees van hierdie keur van 105 gedigte uit Houellebecq se vier oorspronklike bundels, doem ’n beeld van die skrywer soos mens hom in media-onderhoude leer ken, werktuiglik voor ’n mens se geestesoog op: ’n brose, uiters sensitiewe, stamelende en onversorgde figuur omgewe deur ’n aura van neerslagtigheid, weemoed, eensaamheid en selfs wanhoop. Dit is veral hierdie essensie van sy wese wat in die toonaard van sy gedigte weerspieël word. Hierdie besondere Houellebecq-tonaliteit kan geen vertaler nalaat om oor te dra nie, iets waarin Pieterse se vertalings sonder twyfel slaag.

Dat Pieterse homself deeglik verantwoord het oor die uitdagings van sy vertaalprojek blyk uit die inleiding tot die bundel, waarin hy ’n besonder goed-gedokumenteerde oorsig van Houellebecq se lewe en werk gee. Hy motiveer sy keuse van ’n gepaste titel deur na Kristeva se definisie van die abjekte en die eteriese te verwys. Sy enigste bewuste vertaalstrategie is dié van veruitheemsing, wat die leser eerder op reis na die vreemde neem as om die Franse tekste te probeer verinheems.[4] As woordkunstenaar besin hy oor die uitdagings om Frans as Romaanse taal in ’n Germaanse taal soos Afrikaans om te dig. ’n Verdere tegniese uitdaging is Houellebecq se vaardige gebruik van vasteversvorme, soos die klassieke Franse aleksandryn met sy twaalf lettergrepe, wat as teenvoeter dien vir die absurde van die werklikheid wat hom meestal oorweldig. Anders as in Afrikaans, stel die Franse sintaksis, binne die dissipline van die vasteversvorm, Houellebecq in staat om sleutelwoorde in die klemposisie van die eindrym te plaas. Pieterse vergoed hiervoor met pragtige klankherhalings wat veral op alliterasie en assonansie berus. Daar is vele voorbeelde, waarvan ek twee wil uitsonder.

Op bl 270 vind mens die volgende twee versreëls waar die alliterasie van die [i]-klank in Frans die gedagte van klein krete oproep:

Et la mort qui avance
À petits cris plaintifs ...

Pieterse se vertaling steun op die herhaling van die eksplosiewe [k]-klank om ’n soortgelyke effek te bereik:

En die dood wat naderkom
Met klaaglike klein krete ... 

Vergelyk ook die vertaling van die volgende strofe (bl 89) wat nie net die Franse betekenis met ’n sekure keuse van woorde poëties weergee nie, maar ook ryk is aan treffende klankherhalings:

Je traverse la ville où la nuit s’abandonne
Et je compte mes chances d’atteindre le matin
L’air surchauffé s’enroule comme un drap de satin
Dans l’escalier désert, mes semelles résonnent.

Ek deurkruis die stad waar die nag wegsak
En bereken my kanse om die oggend te haal
Die oorverhitte lug krul soos ’n laken van satyn
My voetstappe weerklink op die verlate trap. 

Tog is Pieterse verkwalik deur Joan Hambidge[5] dat sy vertalings stokkerig en te letterlik is. Dit is betekenisvol dat David Sexton dieselfde kritiek op Gavin Bowd se vertalings het, wat glo so plat soos ’n pannekoek sou wees. Dit laat mens egter wonder of die ware kwessie nie juis die aard van Houellebecq se poësie is nie, en of hierdie twee vertalers, wat beide ook digters is, nie dalk met goeie redes gekies het om nie die oorspronklike tekste deur te veel omdigting te verraai nie.

Verder moet mens nie vergeet dat Houellebecq hom juis daarin verkneukel om plat, kras woorde in sy gedigte in te gooi nie, juis om die spanning tussen die eteriese en die abjekte in die sy verse te laat uitspeel. Dit gee soms ’n sterk wisseling in register aan sy tekste. Die belofte van vloeiende poësie word as’t ware ondermyn deur platvloerse banaliteite wat nie weggedig kan word in ’n vertaling nie.

Die versameling gedigte in Tussen die abjekte en die eteriese laat die leser van Afrikaans toe in die intieme binneruimte van Michel Houellebecq met sy gevoel van ontgogeling en diepe mishae in die lewe, asook sy weemoedige versugting na iets beter, na liefde wat in meer as net vervlietende oomblikke belewe kan word. Soos in die geval van sy 19de-eeuse voorgangers Verlaine, Baudelaire en Rimbaud word die affektiewe aard van sy verse dikwels deur die gebruik van natuurbeelde gesuggereer.

Die reis is egter nie net innerlik nie. Die strategie van veruitheemsing sleur die leser mee na Franse landskappe en eietydse stedelike realiteite, na ’n samelewing waar die kunstenaar as seismograaf van die lewe hom verset teen die kommodifisering van menswees, na ’n Eerste Wêreld wat allermins deur die digter as eersteklas beleef word.

Daar bestaan weinig of geen vertalings van ekstreem-kontemporêre Franse poësie in Afrikaans nie en in hierdie opsig kan hierdie bydrae van Henning Pieterse nie onderskat word nie.

* Elisabeth Snyman is ’n afgetrede professor in Frans en navorsingsgenoot aan die Noordwes-Universiteit se Skool vir Tale (Potchefstroomkampus).

[1] Le Figaro. 17/02/2016. Michel Houellebecq est l’auteur le plus lu en France en 2015. http://www.lefigaro.fr/culture/2016/02/17/03004-20160217ARTFIG00026-michel-houellebecq-est-l-auteur-francais-le-plus-lu-en-2015.php (17 Oktober 2018 geraadpleeg).

[2] Sexton, David. 12/01/2017. Unreconciled: Poems 1991–2013. Poems by Michel Houellebecq – review. https://www.standard.co.uk/lifestyle/books/unreconciled-poems-19912013-by-michel-houellebecq-review-a3438966.html (17 Oktober 2018 geraadpleeg).

[3] Houellebecq, Michel. 2012. Tagtig gedigte en twee essays. Michel Houellebecq. Pretoria: Hond.

[4] Verinheemsing en veruitheemsing verwys na die terme domestication en foreignisation soos deur die vertaalteoretikus Lawrence Venuti uiteengesit.

[5] Hambidge, Joan. 2018. Vertaling tussen die verhewe en die verwerplike. Beeld, 25 Junie 2018, bl 7.

The post <em>Tussen die abjekte en die eteriese. ’n Keur uit die poësie van Michel Houellebecq</em>: ’n resensie appeared first on LitNet.


Bonita Avenue deur Peter Buwalda: ’n FMR-resensie

$
0
0

Bonita Avenue
’n Debuutroman deur Peter Buwalda

Uit Nederlands vertaal deur Zandra Bezuidenhout
Protea Boekhuis, Pretoria

Uitgesaai op 17 Oktober 2018 in Boekkeuse op Fine Music Radio onder leiding van Amanda Botha. Resensent: Danie Botha.

Ek bespreek nou die baie omvangryke roman Bonita Avenue deur Peter Buwalda. Dit is Buwalda se debuut, en die eerste Nederlandse uitgawe het in 2010 by De Bezige Bij in Amsterdam, Nederland verskyn. In 2011 word dit vir verskeie literêre pryse genomineer. Nog later word dit vier maal bekroon. Zandra Bezuidenhout, ’n ervare vertaler, ook juis uit Nederlands, dra die ryk teks wonderlik oor in Afrikaans. Verlede jaar verskyn dit by Protea Boekhuis in Pretoria. Dis nou van pas om ook twee instansies te bedank wat finansiële hulp verleen het: Nederlandse Letterenfonds en die Van Ewijck-stigting. 

Die roman beslaan 478 bladsye en die teks is beslis nie in groot druk nie. Lang en bevredigende leeswerk wag dus op ’n mens. Jy kom ook gou agter dat hier talle en groot spronge tussen hede en verlede is. Ook kom die perspektiewe van verskillende karakters in die eerste persoon na vore. Daar word gedramatiseer én ook vertel. Maar duister raak dit nie.

Die hoofkarakter is Siem Sigerius. Rektor aan ’n universiteit en ’n hoog-aangeskrewe wiskundige. Sy tweede huwelik is met Tineke, moeder van Joni en Janis. Hy is die vader van Wilbert. Hierdie jongman word beskryf as ’n krimineel wat homself “soos ’n kurktrekker in die ellende ingeskroef het”. Hy maak hom skuldig aan dwelmmisbruik, gebruik ’n vierkilogram-metaalhamer om iemand in ’n staalfabriek te vermoor.

Ons kry ’n beskrywing van sy lewe in ’n tronk en ’n psigiatriese kliniek. Siem-hulle se “eie skuimballetjie”.

Siem se stiefdogter Joni het ’n verhouding met Aaron, ’n fotograaf wat saam met Siem judo beoefen. Aaron is ook ’n kenner van jazz. Maar hy het ’n vreemde lewe as gesertifiseerde sielkundige geval. Deur die roman heen sal ons Aaron se eie siening van homself kry en ook menings van ander oor sy gedrag. Met Joni raak hy betrokke by die pornobedryf. Sy word ’n internetprostituut. Siem besef hoe groot die gevaar vir hom as akademikus en moontlike politikus is indien dit bekend sou raak. Hy gaan doen in die geheim ondersoek in Aaron se huis. 

Siem se besinnings en optredes oor onsedelikheid in sy eie en ander se lewens skep spanning intrigegewys en spreek ook duidelik tot die leser. Dit word beeldend gestel op bl 277: “Die helderwit lig van sy morele verontwaardiging val op ’n prisma en waaier uit tot ’n spektrum van genuanseerde en emosionele doemgedagtes.”

In Bonita Avenue is ’n hele aantal erotiese tonele, speel poedelnaaktheid ‘n rol. Ander temas is jazz, sokker en judo. Ook die Nederlandse en Belgiese landskappe word uitgebeeld.

Dit was vir my telkens opwindend hoe vol besonderhede die teks is en hoe Bezuidenhout oor die taalkennis en letterkundige aanvoeling beskik om alles oortuigend en ongedwonge in Afrikaans te stel. Wonderlik ook die verrassings aan die eindes van sinne.

Voor ek ’n paar heerlikhede aanhaal, wil ek noem dat ek nie met alles vrede het nie.

Iets was vir my vreemd en hinderlik. Kort-kort word die spraakbeurte van verskillende sprekers alles in een lang paragraaf gegee. Die normale is tog om die spreekbeurte van verskillende sprekers apart en onder mekaar te gee. Soms ook met strategiese aanduidings van wie wat sê. Hier sukkel ‘n mens om die inhoud te volg. En dikwels word ’n tydsaanduiding met ’n onnodige “vir” gegee: “vir ‘n oomblik”; “vir ‘n halfuur lank”, ens.

Nou ’n paar bonita skeppinge. In Spaans en Portugees beteken bonita mos mooi en oulik:     

So vaal soos ‘n eierboks.

Voorbeelde van ’n verrassende sinseinde:

‘n Windvlaag lig ’n belastingkoevert op.

 Haar gesig val soos ’n looddeur wat toeslaan.

 Sy lag ongemaklik, die gesig ’n maer grimas van ongeloof.

 Somber rusteloosheid.

 Ek het my argumente soos blommerangskikkings voorberei.

Baardhare wat soos ’n skottelgoedborsel oor die boordjie van sy aandhemp skuur.

Leidse aksent is so plat soos ’n stroopwafel.

’n Bostukkie waardeur Ray Charles sou kon sien.

Staalneusskoene.

’n Pa kyk seeleeuagtig.

Gesig soos ’n leë pakhuis.

 Hy kan die ou kastaiingboom in die stewige Meibries hoor ruis.

 

* Bonita Avenue van Peter Buwalda is uit Nederlands vertaal deur Zandra Bezuidenhout en word uitgegee deur Protea Boekhuis.

The post <em>Bonita Avenue</em> deur Peter Buwalda: ’n FMR-resensie appeared first on LitNet.

Ja vir God, nee vir die kerk? deur Kobus Kok: ’n lesersindruk

$
0
0

Ja vir God, nee vir die kerk?
Kobus Kok
Uitgewer: Carpe Diem Media
ISBN: 9781432208677

Die agteruitgang van die kerk is ’n onderwerp waaroor ’n hele versameling literatuur die laaste klompie jare ontstaan het. En die lys van publikasies bly groei. Van dié onlangse boeke wat ek gelees het, is byvoorbeeld die paleontoloog Jurie van den Heever se Wat moet ons met ons kerk doen? (Naledi, 2017) en Die opkoms en ondergang van die NG Kerk deur Jean Oosthuizen (Penguin, 2018). Ja vir God, nee vir die kerk? (Carpe Diem Media, 2018) sluit aan by hierdie tipe boeke, maar iets wat van meet af aan duidelik is, is dat daar nie juis sprake is van ’n breër gesprek in hierdie boek nie. Dit is veral so wanneer mens die boek lees teen die agtergrond van Van den Heever se boek. Die vrae wat Van den Heever stel, word in Kok se boek vermy. Dit word met ’n doodse stilte begroet.

Op bl 19 skryf Kok oor die joernalis Chris Louw (1953–2009) se bekende Boetman is die bliksem in, en beskryf dit as ’n “ope brief aan FW de Klerk”. Dit is natuurlik ’n feitefout (mens hoop eintlik dis ’n drukfout), want Louw se skrywe was eintlik gemik op die teoloog Willem de Klerk (1928–2009), wat FW se ouer broer was. Willem de Klerk het self ’n boek geskryf oor die kerk wat in 1998 verskyn het met die titel Die vreemde God en sy mense. In dié boek maan De Klerk die kerk om sy belydenisgeskrifte dringend te hersien in die lig van nuwe insigte. Van den Heever maak sowat 20 jaar later dieselfde oproep in sy boek. Tog het niks in die kerk verander in terme van die belydenis gedurende hierdie twee dekades nie. In plaas van enige hersiening van die belydenis, is baie tyd verkwis op debatte rondom die Belhar-belydenis. Die onderwerp van belydenisgeskrifte is egter iets wat Kok nie eens aanroer in sy boek nie. Kok vermy deurgaans enige gewigtige onderwerpe, en bied in die proses geen antwoorde en voorstelle oor die kwessies wat waarlik van belang is nie. Hy skryf ook byvoorbeeld niks oor homoseksualiteit, een van die mees brandende onderwerpe in die kerk, nie. Daar is geen bespreking van die gesag van die Bybel nie. Vrae oor die historiese Jesus word vermy. Dogmatiese konstruksies soos die erfsonde, soenoffer en Drie-eenheid word nie onder die loep geneem nie. En so kan mens aangaan.

Kok se vergelyking met die voorgeslagte se toewyding tot godsdiens teenoor baie moderne mense se apatie teenoor dieselfde godsdiens slaag nie. My oupagrootjies en oumagrootjies het die Britte gehaat, en hulle het goeie rede gehad. Ek het nie. Mense dink anders as hulle voorgeslagte. Tye verander, maar die kerk pas nie aan nie. Op bl 95 beskryf Kok sy een vriend se ateïsme as ’n “probleem”. Hoekom is ateïsme ’n “probleem”? Dit is juis hierdie manier om andersdenkendes as ’n “probleem” te sien wat ’n probleem is in die kerk. Indien die kerk nie daarin kan slaag om verskeidenheid meer te omhels nie, dan gaan dit aanhou om ten gronde te gaan.

Vir baie gelowiges is die eerste drie eeue van die Christendom ’n tydperk wat hulle verromantiseer. Die kerk is soms in hierdie tye vervolg, maar die Christelike godsdiens het soos ’n veldbrand versprei. ’n Studie van daardie eerste Christene kan dalk waardevolle pitkos bied vir moderne gelowiges – so loop dié rasionaal. Kok verwys self ook na die hierdie eerste Christene. Maar die Christene van die eerste drie eeue het die vis in plaas van die kruis as simbool gebruik. Miskien is dit een van die tradisies wat die kerk gerus weer moet laat herleef. Daar verskyn juis ook ’n kruis op die buiteblad van hierdie boek en, nog erger, ’n haan! Op bl 43 noem Kok net so terloops dat die kerk se idees vandag dalk nie strook met wie Jesus werklik was nie. Dit is tog so jammer dat hy nie meer op hierdie stelling uitbrei nie. Want dit is wat my betref die kern van die saak.

Elders skryf Kok (106) dat die kerk nog aan die ontwikkel was toe die Bybel geskryf is. Maar wat sê dit van die Bybel se gesag? Hy brei nie hierop uit nie. Op bl 116 skryf hy ook dat die eerste volgelinge van Jesus eintlik nie Christene was nie, maar “Jode”. Die woord “Jood” is vir my eintlik net so vaag soos die woord “Christen”, en dit is tog duidelik dat mens hier te make het met ’n klomp mense wie se identiteit vertroebel geraak het. En daar was twis onder die Israeliete oor wie hulle nou eintlik is. Kan ’n mens redeneer dat so ’n menslike versameling geskrifte, wat op so ’n menslike wyse worstel met kopsere van menslike identiteit, alles teen die kultuurspesifieke agtergrond van Judea in die eerste eeu, dan die onfeilbare woord van God is? Stilte.

“Jode”, so noem Kok die eerste “Christene”. En tog, wanneer Kok die Bybel inspan, toon hy ’n oordadige klem op die anti-Semitiese evangelie van Johannes. Die evangelie volgens Johannes is die onderwerp van baie van Kok se eie studies, maar as ’n bron van die lewe van Jesus is dit ’n uiters verdagte boek. Dit is miskien die evangelie wat die meeste deur historici bevraagteken word.

Ja vir God, nee vir die kerk is nie ’n boek wat antwoorde bied op die uitdagings wat die kerk in die gesig staar nie. Dit is ook nie ’n boek wat vloeiend lees nie. Die boek gee deur middel van ’n kode vir mens toegang tot 12 aanlyn video’s wat ooreenstem met die hoofstukke van die boek. Dié video’s toon ’n baie gepoetste kerk, een wat bitter ver verwyder is van die Judese Messias wat na bewering op ’n donkie gery het. Dit toon ’n kerk wat lief is vir groot woorde, maar wat nie meer relevant is nie.

Daar is darem twee punte wat Kok stel wat werklik die bal raakslaan in hierdie boek. Die een is dat die kerk sterwend is, en die ander is dat die kerk te veel in homself gekeer is. Origens het die boek my grootliks koud gelaat.

The post <i>Ja vir God, nee vir die kerk?</i> deur Kobus Kok: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

The land is ours: die wortels van grondbesit en –onteiening lê diep

$
0
0

The land is ours – South Africa’s first black lawyers and the birth of constitutionalism
Tembeka Ngcukaitobi

Penguin Random House
ISBN: 9781776092857

Moenie hierdie boek sonder meer op sy baadjie takseer nie. Die titel, The land is ours, is in hierdie dae van baie warm lug oor grondbesit sonder twyfel ’n bemarker se droom en lyk dalk op die oog af na ’n emosionele betoog oor grondbesit, maar Tembeka Ngcukaitobi se publikasie het veel meer om die lyf.

Die subtitel lei jou na die hooftema: “South Africa’s first black lawyers and the birth of constitutionalism”, maar selfs dit vertel nie die helfte van wat Ngcukaitobi vir die leser ontsluit nie. Sy grondstof is die lewensverhale van Suid-Afrika se eerste ses swart regsgeleerdes, in die laat 19de en vroeg-20ste eeu – Henry Sylvester Williams, Alfred Mangena, Richard Msimang, Pixley ka Isaka Seme, Ngcubu Poswayo en George Montsioa – en hul geloof in grondwetlikheid, respek vir individuele regte en vryhede en die oppergesag van die reg. Die boek vertel van hul benutting van die reg teen onreg en van hul bydrae tot die ontwikkeling van die idee van ’n handves van menseregte meer as ’n eeu voordat Suid-Afrika uiteindelik daarby sou uitkom.

Dis ’n terugblik, ja, maar een op veel meer as die reg en grondwetlikheid meer as ’n eeu gelede. Twee subtemas wat soos ’n sterk onderstroom deur die hele boek loop, maak dit hoogs relevant vir twee brandende kwessies van vandag: eerstens die diskriminasie teen en miskenning van hierdie baanbreker-regsgeleerdes nadat hulle almal hul regsopleiding in Londen of Oxford gekry het en in die meeste gevalle ook tot die Londense balie toegelaat was. En dan, ja inderdaad, die swart mense se verlies van grond (sonder die betogende toon wat die titel kan suggereer).

Sonder hierdie kennis wat so ver die verlede in strek en wat ingebed moet wees in die kollektiewe onderbewuste van die meerderheid Suid-Afrikaners, sal ons steeds net met ’n halwe begrip na die huidige rasse- en gronddebatte kyk. En ver die verlede in gaan hierdie geskiedenis wel, na lank voor daardie datum wat so maklik as “die begin van apartheid” aangedui word, die Nasionale Party se verkiesingsoorwinning van 1948.

In sy inleidende hoofstuk reik Ngcukaitobi so ver terug as die Britse bewindhebbers se onderdrukking van die Xhosas en die ontneming van hul grond ná hul onderwerping in die laaste sogenaamde Grensoorloë. Hy dui dan aan waar die wortels lê van die gewraakte Wet op Naturellegrond van 1913 wat die meerderheid swart mense as’t ware oornag hul reg op grondbesit ontneem het: Eers was daar die Glen Grey Wet van 1894, aanvaar deur die Kaapse regering van Cecil John Rhodes, wat ten doel gehad het om die swart mense se stemreg in te perk. Die wet het in so ’n mate hul reg op eiendomsbesit – die vereiste vir stemreg – aangetas dat sommige dit as ’n vroeë voorloper van die 1913-wet beskou. Maar die eintlike bloudruk vir die Wet op Naturellegrond, so bepalend vir die huidige grondproblematiek, argumenteer Ncgukaitobi, kom uit lord Alfred Milner se tyd as hoë kommissaris van Suid-Afrika, pas ná die Anglo-Boereoorlog. Hy het ’n kommissie onder Godfrey Lagden aangestel om aanbevelings oor ’n toekomstige “naturellebeleid” te doen. In 1905 het Lagden aanbeveel dat swart mense se aankoop en besit van grond beperk word. Dit sou weerklank vind in die Louis Botha-regering se 1913-wetgewing.

Ngcukaitobi verwys ook na die Native Affairs Commission wat Milner in 1903 aangestel het en in wie se werk ’n mens reeds die eerste klanke van die latere apartheid vind, nie die minste daarvan nie aanbevelings oor ’n passtelsel, wat daarna genadeloos toegepas is, ná 1948 “verfyn” is, en 50 en 60 jaar later tot optogte en opstande en uiteindelik die Sharpeville-skietery sou lei. Reeds in 1908 is Milner se opvolger, lord Selborne, ingelig dat soveel as 150 “naturelle” elke week weens pasoortredings in Johannesburg gearresteer word.

Daarby kom die aanbeveling dat swart mense se onderwys op hul nut as werkers gerig moet wees, want soms skep opvoeding “an aggressive spirit [in the natives], arising, no doubt, from an exaggerated sense of individual self-importance, which renders them less docile and less disposed to be contented with the position for which nature or circumstances have fitted them”. In daardie jaar was Hendrik Verwoerd, wat sowat ’n halfeeu later soortgelyke idees gehad het, ’n tweejarige seuntjie in Nederland.

Dis in dié era dat Ngcukaitobi se ses regsgeleerdes hul weg baan in ’n Suid-Afrika wat toenemend deur die destydse bewindhebbers as witmansland gevorm word, sodat al ses dikwels erge diskriminasie ervaar.

Dit was hulle byvoorbeeld nie beskore om as advokate te werk nie. Die Transvaalse balie het glad nie swart mense as advokate toegelaat nie. Die Kaapse balie het wel, maar wit prokureurs het gewoon geweier om kliënte na swart advokate te verwys. Net twee van die ses het kortstondig as advokate gepraktiseer. Henry Sylvester Williams was van Trinidad, die enigste van die ses wat nie ’n Suid-Afrikaner was nie. Besiel met die gees van Pan-Afrikanisme en met sy Londense regskwalifikasies in die sak het hy pas ná die Anglo-Boereoorlog na Suid-Afrika gekom en die eerste swart lid van die Kaapse balie geword. Binne twee jaar het wit vooroordeel en die weiering dat hy as swart advokaat in die rondgaande hof werk, te veel geword en hy is terug Londen toe en het hom later in Liberië gevestig. Ngcubu Poswayo het in 1904 in Londen gekwalifiseer en het dadelik na Suid-Afrika teruggekeer. Hy word tot die Kaapse balie toegelaat, maar die teenkanting van wit regslui was so sterk dat hy sy naam ná twee maande van die balie se rol laat verwyder en verder as prokureur gepraktiseer het. Dit sou 50 jaar duur voordat ’n swart regsgeleerde weer tot ’n Suid-Afrikaanse balie toegelaat is.

Dis ook nie asof almal altyd as vanselfsprekend tot prokureursordes toegelaat is nie. Alfred Mangena het byvoorbeeld reeds as lid van die Londense balie vir hom naam gemaak gehad toe hy terugkeer Suid-Afrika toe. In 1910 het die Transvaalse prokureursorde verseg om hom as prokureur toe te laat, omdat daar sterk teenkanting teen “litigasie vir naturelle” in die howe was – hulle moes hulle liewer tot die naturellekommissaris wend. ’n Regter Smith van die hooggeregshof het nietemin dié besware verwerp.

Naas dié institusionele hindernisse moes die ses regsgeleerdes ook nog blatante rassisme ervaar. By meer as een geleentheid is van hulle hardhandig die deur van die hof gewys wanneer ’n beampte of polisieman, onbewus van die status van die onbekende swart man wat die hof met ’n dokumentetas en in ’n toga binnegestap het, hom hardhandig probeer verwyder het. Pixley ka Isaka Seme moes by geleentheid, onderweg na sy huis in Johannesburg ná ’n saak op die platteland, in ’n stal slaap, want vir swart mense was daar nie plek in die plaaslike hotel nie.

Uiteraard het die sake wat die ses prokureurs gehanteer het, grootliks om kwessies eie aan die probleme van die swart gemeenskap gewentel – pasoortredings, arbeidskwessies, uitsettings, grondgeskille – maar dis uiteindelik sommige van die regsgeleerdes se werk oor grondbesit ná die promulgering van die Wet op Naturellegrond van 1913 wat so swaar op die gemoed van die leser van 2018 kom rus dat mens nie anders kan as om die huidige woelinge teen daardie agtergrond te lees nie.

Dié wet het nie net swart mense se grondbesit tot sowat tien persent van die land se grond – en net sewe persent daarvan verboubare landbougrond – beperk nie, dit het ook grondtransaksies met swart mense verbied. Die South African National Native Congress (die latere ANC) het een van die ses regsgeleerdes oor wie Ngcukaitobi skryf, Richard Msimang, saam met die joernalis Sol Plaatje opdrag gegee om, nadat die wet in Junie 1913 van krag geword het, die uitwerking daarvan op die lewens van swart mense te dokumenteer.

Ngcukaitobi skryf dat Msimang waarskynlik die lewendigste en mees grafiese illustrasie gee van die uitwerking van die wet. Aan die hand van individuele verhale van uitsettings, swaarkry en ontneming het Msimang uiteengesit hoe swart mense op groot skaal van die grond wat hulle hul lewe lank bewoon en bewerk het, afgesit is en die sekuriteit van eiendomsreg verloor het. Meer nog, hulle het ander eiendom verloor, veral in die vorm van hul vee, waarvoor hulle nou geen heenkome gehad het nie. Swart boere het dikwels geen keuse gehad nie as om arbeiders te word, by die stede of op wit boere se plase, dikwels teen ’n hongerloon. Die swart boerderyklas is feitlik oornag in ’n arbeidersklas omskep. In baie gevalle het hulle geen toevlug gehad nie en het van plek tot plek rondgeswerf in die hoop om verblyf en werk te kry.

Só bring hierdie boek insig in hoe die grondslag gelê is vir die ongelykheid in grondbesit, wat nou een van Suid-Afrika se grootste nasionale vraagstukke geword het, net meer as ’n eeu nadat die Wet op Naturellegrond in werking getree het. Selde nog het iemand, in die woorde van Ngcukaitobi, soveel lig gewerp op die werklikheid van menslike lyding wat die gevolg van dié wet was. Msimang was die eerste een wat verstaan het dat die wet se reikwydte veel verder was as grondonteiening.

“Swart mense het as gevolg daarvan vee en besittings verloor en is gedoem tot die status van arbeidseenhede ... Wanneer grondonteiening beskou word deur die ervarings van dié wat daardeur geraak is, ontstaan ’n ryker narratief. Dit is uit sulke werklikhede dat ’n nuwe toekoms vir Suid-Afrika verbeel kan word,” skryf hy.

  • Tembeka Ngcukaitobi is ’n advokaat in Johannesburg met B- en M-grade van die Universiteite van Transkei en Rhodes en die London School of Economics and Political Science. Hy is ’n lid van Cyril Ramaphosa se adviserende paneel oor grondhervorming.
  • The land is ours word deur Penguin uitgegee en het sedert sy verskyning vroeër vanjaar reeds vyf herdrukke beleef.

The post <em>The land is ours</em>: die wortels van grondbesit en –onteiening lê diep appeared first on LitNet.

The history of intimacy by Gabeba Baderoon: a review

$
0
0

The history of intimacy: Poems
Gabeba Baderoon

Kwela, 2018

It is heartening to see the proliferation of high quality poetry collections on the local literary scene, publishers like uHlanga Press, Modjaji Books, Protea Book House and Dryad Press leading the way. The history of intimacy by Gabeba Baderoon – “[a]n exquisite new collection from one of South Africa’s finest, most treasured poets”, according to Nadia Davids – is the only poetry volume published by Kwela Books this year, but one which is a most welcome addition to the plethora of distinguished South African poetic voices. It is Baderoon’s fourth after The dream in the next body (2005), The museum of ordinary life (2005) and A hundred silences (2006). She is also the author of the monograph Regarding Muslims: From slavery to post-apartheid (2014).

At the beginning of her literary career, Baderoon received the DaimlerChrysler Award for South African Poetry. The jury described her voice as being able to find “the poetic in the ordinary with a fine sense of locality and space”. They noted that Baderoon “weaves political and social issues into her poetry without sloganeering. Her work tackles a wide range of themes, astutely shifting the focus from the outside to the inside.” These remain her strengths as she takes us on a poetic journey of note in The history of intimacy.

The shift described above is beautifully captured in poems like “Axis and revolution” and “Stone skin”. In the former, we find the following lines: “In the door, I am a reflection/ on reflection, gleaming/ against the facing windows, seamless/ turning, turning// outside into inside, opening/ a dark glint of entry to your house./ Through glass skin,/ I am inside, invited in.” And in the latter: “In the castle the statues stiffen/ with perfection. Outside the stone walls/ the Senegalese immigrants hold out their hands/ full of roses and good fortune.” These “gestures”, we are told, “are not aesthetic, are not silent.” Only “the stone wall keeps in its place [at night]/ and outside, the silence, the growing silence”. Local history is encapsulated in the skin of stone, and the present moment of the foreign immigrants is alive in their skin and gestures of hope, commerce and exchange.

In “A prospect of beauty”, the poet wanders through the streets of Cape Town, “through the old silences of the city”, as “the air thickens with history” and “the city glints white and hard as bone” at sunset. “Poetry cannot be afraid of this”, the lines boldly proclaim as they recall the atrocities of the past and the bones of slaves buried under the streets of “white and hard” architecture above. Poetry also finds a way to navigate a global history of injustice as, “The port cities sing of other horizons. Ships turn the curve of continents and the past … Languages string the docks together./ Leiden, city of suffering,/ Cape Town, Camissa, place/ of sweet waters” (“The port cities”).

The poet, trembling “at the door/ between language and music” (“Promised Land”), observes butterflies “fluttering/ like fragments of midnight/ to our feet, then rising again” (“Black butterflies”), and listens to “the stories of the ghosts of slaves who crossed/ the mountains two centuries ago and are still hiding” (“Koggelbaai”). These cannot be easily articulated: “Now I am one of the dead./ I pull myself to Hangklip on a cord of names. I hear them sing in the throat of the sea,/ the long, blue throat of the sea” (“Hangklip”).

The book opens with “Poetry for beginners” and the startling description of a novice poet asking in an evening class how to write to her imprisoned boyfriend. The question is met with laughter, and the young woman retreats into silence. The poem continues: “and I think of her for years/ and what poetry is// I think this is my origin/ where poetry is risk, is betrayal// and the memory of the first question/ how not to be alone”. Later on in the collection, we encounter the poem “Effective immediately”, in which the poetic voice struggles as much against the strict rules applied during prison visits as with finding a way to touch “through the bars” (“Poetry for beginners”).

The concepts of risk, betrayal and memory are integral to the collection. In “Focal length”, distance of space and time exposes that “[f]olded, hidden, forgotten,/ memory doesn’t come to me straight”. In “The word” and “The law of the mother”, when parents entrusted with the brutality of intimate violence fail to comfort the girl child, there is no one but “shame” to turn to: “if everything you are/ was born of that breaking,/ is a subset of breaking,/ is broken” (“The law of the mother”). It is only when the poet begins to write and attempts to reclaim the girl’s sense of self, “On the page appeared my bones/ and my memories/ and at last I stepped again into my body” (“The word”).

Other questions about identity persist with their necessary urgency: “Why do we all hate our ID photos/ Our faces without spectacles hair tucked/ behind ears eyes too wide the moment/ our identity, identity is being made” (“Tell me what you see”). Who are we in the face of specifications which do not seem to be able to reflect us, which are often intended to undermine, if not crush, what we believe about ourselves? What happens when our own desires betray us? “It was the first time I admitted to myself/ I loved the skin of white boys … I never resolved the mess of it, the way/ want is desire/ and lack at the same time”. The poem, “Surface”, probes further: “Does it matter there were no names/ for whiteness”.

In the intimacy of knowing another, we are confronted with the fact that, “Search as you will, you’ll never find/ all of me. Some splinter/ of light will elude you, stay” (“Axis and revolution”). In the family, the forces of history tear at the fabric of belonging: “Born in the new place [the Cape Flats], I was their ghost child,/ a grief growing/ older and older. … I forgive them their slow love/ of the place,/ of me” (“The Flats”). The titular poem, “The history of intimacy”, addresses the question of, “Mother, how do I write about you?” but also seeks out in history “the intimate and inverse/ but unknown to each other”. How do we face all these layers of complexities embedded in the everyday, in objects like a plank with “Non-Whites Only” and “Whites Only” spelled out on opposite sides? There are no simple answers, but Baderoon’s poetry does not shy away from attempting to forge an understanding, on a broader political scale and in the intimacy of our souls.

In “I saw you walk toward something”, a tribute to the late National Poet Laureate, Keorapetse Kgositsile, one of the most moving poems of the collection, Baderoon writes: “You taught us that a border/ is a place of yielding or refusing to yield,/ for after refusal might lie a new country. And the line runs through the land,/ the mind, the skin.”

The post <em>The history of intimacy</em> by Gabeba Baderoon: a review appeared first on LitNet.

The enumerations by Máire Fisher: a book review

$
0
0

Book title: The enumerations
Author: Máire Fisher
Publisher: Umuzi
ISBN: 9781415209646

Noah Groome is a teenage boy with obsessive-compulsive disorder. He comes from a well-to-do family in Cape Town. His father is a successful economist and his mother is a busy home executive. He has a close relationship with his sister Maddie. He has always been an unusual child, with a special affinity with the number five. After experiencing a hijacking outside their home, Noah’s OCD goes into overdrive. He is drowning in guilt, as he feels that he failed to protect his family. He begins to obsess over what clothes to wear (a particular make), which colours are safe (blue, only blue) and which ones to avoid (red and black), and every single minute of his day has to be accounted for. He has colour-coded timetables, and counts his steps in groups of five, counts using each finger, sometimes whispering the numbers, and keeps five pebbles in his pockets. Noah is a prisoner of his mind.

Socially, school has never been particularly easy for Noah, but he performed quite well academically until his condition took over his life, and it is now virtually impossible for him to be productive; he struggles even to get to class on time, because if he doesn’t do things exactly in the way that he needs to, he has to start all over again, checking, counting and checking again. This makes him a target for bullies as OCD manifests in behaviour that is out of the ordinary. One of the main school bullies picks on him, and Noah breaks his arm. The parents of Kyle, the bully, launch an offensive, and the school, in a bid to keep peace and possibly to protect its reputation, strongly advises Noah’s parents to look into putting him into some kind of rehabilitative care.

This leads to his institutionalisation at Greenhills, a psychiatric home that has a special wing for adolescents. Without Noah at home, his mother, Kate, is feeling lost and as if she has failed her son. The family had had to make many allowances for Noah’s condition. It had reached a point where he couldn’t eat with them, because it violated the order that the ruler of his brain insisted on. A violation of order would result in untold horror and pain for his family, the ruler said, so order was a form of protection. Noah’s behaviour has also alienated his father, Dominic, who doesn’t seem (or want) to understand his son’s pain.

Noah’s obsession with his family tree began before his stay at Greenhills. He has managed to trace his maternal roots to the Huguenots, but his father is not forthcoming. There are no parents, no siblings – nobody. This causes Noah a lot of discomfort. It is not just about there being order, but knowing his roots would also provide him with a greater sense of belonging. One of the patients at the facility is a schoolmate, Juliet, who is notorious for her perceived sexual precociousness. This is not her first stay at Greenhills. Her father is verbally and psychologically abusive towards her mother, who turns to alcohol to numb the pain. Juliet is very talkative and won’t leave Noah alone, although she doesn’t pester him in a sexual manner. It is not clear why she is so demanding of his attention, but not only does she prove to be an ally and unlikely friend, but their relationship also contributes to both of them finding a path to healing.

In The enumerations, Máire Fisher uses story to draw the reader into thinking about mental illness in a holistic way. Mental illness is especially sensitive to psychosocial dynamics. Fissures in the family, bullying and the violence to which many are exposed in South African society are powerful triggers. Mental illness affects the family unit because the patient’s suffering brings up complex emotions – parental guilt and sibling protection, among others. In Noah’s case, it presents a real threat to Kate and Dominic’s marriage. Fisher also criticises the cruelty with which particularly middle class suburban mothers treat each other. The tribe of tiger moms can be vicious and exclusionary, and the mothers to two schoolmates at Greenhills are targeted for their children’s behaviour. The double standards of prestigious schools when dealing with bullying are also exposed. In the pristine suburbs, there is also pain that hides behind the facade of respectability.

The enumerations is written in the third person, observing how the protagonist and the people around him evolve or deteriorate as the plot progresses. It is a story that is written in a gentle manner, even though the viciousness of Noah’s OCD is striking. It is a story about relationships, and how toxic ones can break the mind and spirit, while safe, nurturing relationships can offer healing. The plot is well structured, and Fisher also manages to run a parallel plot in a different time to the central story. The two come together as part of the climax, leading to the resolution. The ending may be a bit on the tidy side (no spoilers!), but it is not unrealistic about mental illness as a condition that needs constant monitoring and support. This is a triumphant, hopeful work of fiction, and Fisher deserves commendation for writing about such a difficult, stigmatised topic in a creative and gripping way.

The post <em>The enumerations</em> by Máire Fisher: a book review appeared first on LitNet.

Viewing all 1790 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>