Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1782 articles
Browse latest View live

Ys deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

$
0
0

Ys
Rudie van Rensburg
Uitgewer: Quillerie
ISBN: 9780795801501

Plaaslike boekwinkels se rakke staan deesdae vol van Afrikaanse spanningsverhale met kragtige een-woord titels. Vir diegene wat op soek is na ’n lekkerlees-boek om die stil Sondag-middagure, voor die Carte Blanche-deuntjie begin speel, mee te verwyl, is een grilller seker net so goed soos die ander.

Maar verkies jy ’n intelligente, donker spanningsroman wat jou lank na die laaste bladsy nog effe ongemaklik laat, is Rudie van Rensburg jou man.

Kaptein Kassie Kasselman en sy kollega Rooi Els is terug in Ys, Van Rensburg se jongste spanningsverhaal. Hierdie keer bevind die paar hulle in die Spesiale Spookeenheid (SGU) – die SAPD se nuwe elite-speureenheid. Ondanks die fênsie naam en die belofte aan hoëprofielsake sonder administratiewe rompslomp, bied die SGU (nooit die SS nie, asseblief) nie veel opwinding vir Kassie en sy regterhandman nie.

Met net twee moordsake tussen drie speurspanne, lees hulle intussen maar deur stapels en stapels opleidingsmateriaal. Boonop het Kassie se nuwe bevelvoerder nie veel vertroue in twee oud-stasiespeurders se vaardighede nie.

Wanneer ’n vooraanstaande Amerikaanse wetenskaplike in ’n Waterfront-hotel vermoor word, is dit die ideale geleentheid vir die tweemanskap om hulle speurvernuf te bewys. Op die oog af lyk dit soos ’n rooftog wat skeef geloop het, maar daar is dalk meer as een kinkel in hierdie kabel.

So word Kassie in ’n ingewikkelde komplot gedompel. Hoe steek ’n moord in die Noordpool, ’n politiese gekonkel in Washington, en die geval van ’n voortvlugtige oud-Pollsmoor-gevangene inmekaar? En dan is daar ook nog die geheimsinnige man met Die Drang wat snags deur die Kaap se strate rondsluip. Die intriges loop diep, maar Kaptein Kassie Kasselman laat hom mos nie so maklik afskrik nie.

Ys bevat al die kenmerke van ’n goeie spanningsverhaal. Soos dit die genre betaam, is dit ’n boeiende, aksie-belaaide roman met genoeg onverwagte draaie in die knoop om die leser se aandag tot die einde te behou.

Wat van Ys ’n uitstekende speurverhaal maak, is egter Van Rensburg se vermoë om fyn verwikkelde verhaallyne, komplekse karakters en vlymskerp sosiale kommentaar te verweef in ’n roman wat bloot net lekker is om te lees.

Ys deins nie terug vir groot vraagstukke nie. Die roman ondersoek die interseksie tussen politiese- en omgewingskwessies op ’n manier wat, veral in ’n nuwe, onsekere Trump-era, na genoeg aan die werklikheid voel om die leser onrustig te stem oor die lot van ons wêreld. So ook word die kwessie van huishoudelike geweld met sensitiwiteit en vernuf hanteer.

Boonop wend Van Rensburg ’n prysenswaardige poging aan om in sy moorddadige antagoniste se psiges rond te delf en hulle motiverings en snellers op ’n geloofwaarlike manier uit te beeld – iets wat bitter selde in blitsverkopers te vinde is en dui op diep insig in die kriminele gemoed (of dalk net goeie navorsing).

Kassie Kasselman is een van die mees innemende hoofkarakters wat ek nog in ’n speurverhaal teëgekom het. Met sy onooglik rooi windjekker, hare wat lyk of dit elke oggend deur ’n koei natgelek word en ongesonde Creme Soda en Lucky Strike gewoonte, herinner hy aan Peter Falk se Columbo – oënskynlik onbekwaamd en lomp, maar as’t ware ’n skerpsinnige bobaasspeurder.

Indien jy nog nie met Kassie Kasselman kennis gemaak het nie, wag daar ’n groot bederf op jou. Hy is ook te vinde in Van Rensburg se vyf vroëere spanningsverhale: Slagyster (2013), Kopskoot (2014), Judaskus (2015), Pirana (2016) en Kamikaze (2017). Jy kan hulle almal sommer binge-lees.

The post <em>Ys</em> deur Rudie van Rensburg: ’n resensie appeared first on LitNet.


Tot die dood ons skei deur Schalk Schoombie: ’n lesersindruk

$
0
0

Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor
Schalk Schoombie
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798172905

Hierdie lesersindruk is uit eie bewewging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

In sy inleiding tot Tot die dood ons skei onthul Schalk Schoombie reeds die hoofargument van sy boek: Wêreldwye geweldsmisdaad teen vroue is grotendeels die resultaat van “’n patriargale sienswyse”. Dit is misdade wat intiem verweef is met ’n magspel. Met ’n ongesonde balans in genderverhoudinge. En, verklaar hy dan ook ten slotte in sy inleiding, dat hy “nou in murg en been ’n feminis” is. Dan volg daar 14 hoofstukke, 14 lang, pynlike hoofstukke. Pynlik, nie omdat dit oninteressant is nie, maar dis ’n lang bloedspoor van geweld. Dit is nie die tipe stof wat jy lees vir ontspanning nie. Die goeie mense wen nie. Dis die een bloederige geval na die ander. ’n Stroom van sinnelose geweld teen vroue, wat soms voel of dit nooit gaan einde kry nie.

Die boek bevat geen hoofstuk wat as ’n slot of samevatting beskryf word nie. In die laaste twee hoofstukke ondersoek Schoombie die tipiese gevaartekens van gewelddadige mans, en hy maak ook voorstelle oor hoe om uit gewelddadige verhoudinge los te breek. Die boek het dus ook ’n nuttige praktiese deel.

Dit is heel gepas dat Schoombie ’n sin uit die trouformulier gebruik as tema van hierdie boek. Want as daar nou al ooit ’n patriargale gebruik was wat genderrolle tipeer, wat die basis van die wanbalans tussen verskillende genders sement, dan is dit nou die troue en die huwelik. Natuurlik het die huwelik ook goeie bedoelinge. Dis ’n kontrak tussen twee partye en dis eintlik veronderstel om mense se regte te beskerm. Wanneer die huwelik werk, werk dit dikwels baie goed, maar die huwelik skep ook verwagtinge by baie; dikwels ongesonde en onrealistiese verwagtinge. Saam met die aanhaling uit die huweliksformulier, plaas Schoombie ook twee aanhalings uit die Bybel. Beide uit die boek Spreuke van die 1933-vertaling van die Afrikaanse Bybel. Die Bybel is natuurlik in eie reg hoogs omstrede waar dit by gender kom, en dit is asof hierdie twee aanhalings uit die Bybel, wat reg aan die begin van hierdie boek geplaas word, nie vir my lekker hier pas nie. Die feit dat die moderne mensdom nog so baie waarde aan die Bybel as ’n boek wat na bewering normatief is heg, dra na my beskeie mening net verder by tot die probleem van geweld teen vroue, aangesien die Bybel die grootste wapen in die hande van die patriargie is. So was dit in die verlede, en dit is vandag nog so. Hoe dikwels sal mens in ’n kerk instap en hoor: "só lyk ’n Bybelse huwelik", "só lyk die lewe van ’n Christenman of -vrou", en selfs "só lyk Bybelse seksualiteit " … Of jy ry daar verby en sien ’n advertensie: Kom woon ons seminaar by, ons besprekinge, ons sal jou uit die Bybel wys hoe ’n gelowige man se lewe moet wees, hoe ’n Christusvrou lyk …

Die kerk en die samelewing het nog lank nie die onderwerp van die Bybel, en hoe die Bybel vandag verstaan en gelees moet word, voldoende uitgepluis nie.

Schalk Schoombie | Foto: verskaf

Daar word baie in hierdie boek geskryf oor die geweld van mans teen vroue. Dit sal, want dis die boek se onderwerp en dit is goed dat dit gedokumenteer word en die verhale moet vertel word. Dis pynlike verhale, en moet daarom juis vertel word. En daar volg wel interessante ontledings oor die patriargie en sielkundige ontleding saam met elke bespreking, maar ek voel die onderwerp van patriargie kon selfs nog meer ontgin geword het. Van die grootste proseliete van patriargale waardes is dikwels self vroue. Vroue tipeer in verhoudinge ook dikwels  mans en mans se rol in die samelewing. En dan is daar die rol van God, godsdiens en die Bybel.

Die onderwerp van misdaad en veral geweldsmisdaad sal altyd belangstelling wek. Miskien is dit vir baie van ons ’n desperate poging om sin te probeer maak van al die sinnelose geweld waarvan ons elke dag hoor en dikwels selfs in ons eie gemeenskappe sien. In Tot die dood ons skei verlang mens amper na ’n lekker ou misdaadfiksie. Dié is ook maar meestal baie bloederig, maar jy weet ten minste die karakters is fiktief en uiteindelik sal die goeie ouens die oorhand kry. Daarteenoor lyk die bloedbad in Tot die dood ons skei na ’n onoorkombare berg, en miskien is dit nie meer genoeg om net met onsself nie, maar met die saak van die bevordering van vroueregte te identifiseer. Miskien het die tyd aangebreek om meer krities met die Bybel om te gaan, en die Bybel as ’n voorbeeld te begin voorhou van hoe dinge nié moet wees in die verhoudinge tussen mense nie. Die mens moet hulle romanse met die Bybel en ook ander godsdienstige boeke soos die Koran begin verwater, en aanvaar dat die verhoudinge wat daarin geskets word, dateer uit ’n baie verre en donker verlede. Dat die mens sedertdien baie ontwikkel het, en dat mens eers die mens in die ander moet raaksien voordat jy die gender van daardie persoon oorweeg. Byna alle godsdienste is patriargaal, en moet drasties hervorm word.

The post <i>Tot die dood ons skei</i> deur Schalk Schoombie: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Blinde sambok en Meerkat Maantuig: Die aanpassing van boek na fliek

$
0
0

Blinde sambok
Riana Scheepers

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624039808

Blinde sambok, ’n jeugverhaal deur Riana Scheepers, het in 2001 verskyn, en vroeër vanjaar was Meerkat Maantuig deur Hanneke Schutte, wat die draaiboek sowel as regie gedoen het, op ons fliekkringloop te sien. Die film vaar uitstekend – teen April 2018 was dit al gekies vir veertien filmfeeste wêreldwyd én het dit al ’n hand vol pryse ingepalm.

Mense kan oneindig stry oor boeke wat aangepas word vir film, met die grootste argument oor watter een beter was: die boek of die fliek. Die tweede gewildste argument gaan gewoonlik oor of die boek getrou nagevolg is, en of die storie verander is. Dié kan strek van “’n bietjie aangepas” tot “onherkenbaar verander” – laasgenoemde gewoonlik met groot verontwaardiging begroet deur teleurgestelde lesers.

Wat mense dikwels uit onkunde nie in ag neem nie, is dat die filmgegewe noodwendig aangepas moet word omdat die twee mediums, boek en fliek, so baie van mekaar verskil. ’n Skrywer het geen beperking wat betref dit wat hy wil uitbeeld nie – geen gevegstoneel of skare is te groot nie, geen wêreld is onmoontlik of geen monster te fantasties nie – terwyl koste gewoonlik die eerste beperking is waarteen filmmakers hulle vasloop (veral in ons piepklein plaaslike mark). ’n Ander belangrike beperking vir filmmakers is verteltyd: terwyl ’n boek se verteltyd (hoe lank dit neem om die boek te lees) baie ure kan wees, is dit vir ’n film skaars twee ure. Daarteenoor het die filmmaker die letterlike voordeel van “a picture is worth a thousand words”.

Vir my berus die sukses van die aanpassing op ’n verdere aspek: Hoe getrou het die film gebly aan die gees, eerder as die letter, van die boek? "In order to deliver the emotional truth in the story, you have to include some [my beklemtoning] of the literal truth," is ’n stelling van die gevierde Skotse jeugboekskrywer Theresa Breslin wat ’n mens met vrug kan toepas op die boek vs fliek-vraagstuk.

Hoe het Hanneke Schutte dit in Meerkat Maantuig hanteer?

Eerstens is daar die aanpassing van ruimte – ’n tipiese afwyking van ’n boek se “literal truth” wat geen afbreuk hoef te doen aan die “emotional truth” nie, maar wat groot winste vir die filmmaker kan bring. Scheepers se verhaal speel af op ’n plaas in die Sandspruit-omgewing in KwaZulu-Natal; daar is ysterkliprante, ’n rietbos by ’n dam, grasveld waar springhase gejag word en ’n windpomp (wat in die fliek transformeer tot die maantuigkonstruksie). Schutte plaas haar film in Magoebaskloof in Limpopo; ’n klam, digte woudomgewing wat sorg vir ’n magiese atmosfeer – en hier moet ’n mens veral die kinematografie deur Willie Nel noem, wat welverdiend in 2017 by die kykNET Silwerskermfees bekroon is.

Die volgende opvallende aanpassing is die ouderdom van die hoofkarakter, Gideonette de la Rey. Scheepers het ’n bekkige ek-verteller geskep wat pas ná haar geboorte begin kommentaar lewer op die stand van sake, en die storie eindig wanneer sy nege is. Schutte se Gideonette is dertien (puik vertolk deur die veertienjarige Anchen du Plessis, wat vroeër al beïndruk het as die jong Killer in Vaselinetjie) en die film speel af oor ’n klompie maande. Dis geldige en verstaanbare aanpassings, gegewe die enorme uitdaging wat kinderakteurs verteenwoordig, sowel as die kompleksiteit van ’n filmvertelling wat oor ’n lang tydperk strek.

’n Interessante uitvloeisel van bogenoemde is hoe Schutte die sentrale tema aangepas en eintlik ingekort het. Die boek-Gideonette word aanvanklik gedryf deur woede: "My volgende baklei sal teen my pa wees, het ek toe geweet ... Ek sal alles wees wat ’n seun kan wees, Pa, het ek besluit. Alles, én meer." Sy is ’n vreeslose karakter wat wild en gevaarlik saam met haar beste maat Bhubesi speel, en eers op agt, ná haar pa se dood en nadat sy van die vloek gehoor het, raak sy vir die eerste keer bang.

Die ouer fliek-Gideonette is heeltyd bang, soos aan die begin uitgebeeld word by die dorpskonsert met die monster waarteen haar pa haar moet beskerm (met dié Maurice Sendak-agtige figuur benut Schutte die visuele voordeel van film uitstekend). Ná haar pa se dood raak Gideonette toenemend obsessief en dra beenskutte en ’n valhelm om haar teen enige fratsongeluk te beskerm. Sy maak ook ’n lang lys van maniere waarop sy kan sterf wanneer die vloek van die Gideon de la Reys haar tref – ’n wrang-komiese toneel wat nogmaals Schutte se vaardigheid as draaiboekskrywer wys.

Waar sy radikaal afwyk van die boek, het spesifiek te doen met Bhubesi: Gideonette ontmoet hom vir die eerste keer as sy by haar grootouers gaan kuier, hy is doof en het terminale kanker (waarvan sy nie bewus is nie). Haar oupa bou vir Bhubesi die Meerkat Maantuig van die filmtitel – ’n kontrepsie waarin die bang Gideonette weier om te klim. Franklin D Roosevelt het gesê: “The only thing we have to fear is fear itself”, en dis rondom dié kern dat Schutte haar film bou.

Onder meer danksy die feit dat haar hoofkarakter ouer is, kan Schutte nog ’n bepalende aanpassing maak: Gideonette se predikant-pa dood homself weens sy stryd met depressie, terwyl hy in die boek ’n boer is wat weens weerlig sterf. Wanneer Bhubesi in die film doodgaan, herleef Gideonette die trauma en verlies van haar pa se dood, maar juis dit bring ook katarsis sodat sy haar vrees vir die lewe kan oorkom. Die boek lewer eweneens ’n bevredigende oplossing, maar op ’n heel ander manier, deurdat die hoofkarakter besef: "Ek is nie Gideon nie. Ek is Gideonette ... My ma is reg. Ons plaas het ’n vrou nodig." Gevolglik verloor sy haar vrees vir die vloek en maak sy ook vrede met die feit dat sy ’n meisie is, en só sluit die slot netjies aan by die begin.

Scheepers gebruik van die openingsin af die tegniek van magiese realisme en Schutte doen dieselfde, maar sy voer dit veel verder met die slottoneel – die lansering van die maantuig – wat suiwer magiese realisme is. Daardeur benut sy op briljante wyse die visuele voordeel van film en bewys sy haarself as ’n filmmaker wat kan waag én wen.

Lank lewe skrywers en hul verbeelding, en lank lewe filmmakers wat ons sinne betower!

The post <i>Blinde sambok</i> en <i>Meerkat Maantuig</i>: Die aanpassing van boek na fliek appeared first on LitNet.

Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722 deur Jan Malan: ’n resensie

$
0
0

Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722
Jan Malan
Uitgewer: Africana Uitgewers
Prys: R225
ISBN: 9780639911113
Bestellings: africanapublishers@mwebbiz.co.za

“Dwalings, verdigsels en raaisels”. Só heet een van die hoofstukke in Jan Malan se pas verskene Die stranding van die VOC-skip Schoonenberg: Struisbaai 1722. Die kuslyn en waters wat bestryk word deur die lig van die Kaap Agulhas Vuurtoring is inderdaad een van die geheimsinnigste gebiede in Suid-Afrika. ’n Oseaan wat die een dag nog in onskuldige reëlmaat in die helderste skakerings van groen en blou teen mosbegroeide rotse en skitterende sand aanspoel, maar net daarna totaal kan verander. 

’n Misbank kan alles vervaag of ’n woedende Suidoos en Westewind kan die see omkeer tot ’n wrede monster, honger na slagoffers. Onder die oppervlak bestaan ’n paradys van kleurryke seelewe, maar rus ook die reste van eens trotse vaartuie, van groot tye uit die wêreldgeskiedenis, verlore skatte en verpletterde ideale.

Malan probeer in sy boek agter die kap van die byl kom van die mees romantiese van al die verdigsels wat oor die jare uit hierdie kontrei ontstaan het. Dit is die storie van die stranding van die VOC-skip die Schoonenberg in 1722 in uitstekende weersomstandighede in die baaitjie naby die huidige Northumberlandpunt. Die eienaars van Vergelegen in die Hottentots-Holland sou met kaptein Albertus van Soest saamgesweer het om die skip doelbewus te laat strand sodat hulle die vrag en veral die kratte met goud, silwer en edelgesteentes kon buit. Vergelegen is trouens die plaas wat kort daarvoor nog deel uitgemaak het van goewerneur Willem Adriaan van der Stel se korrupte praktyke.

Van Soest het sy bemanning weggestuur om kuswaarts Kaap toe te stap. Kort daarna het die boere met hul waens oor die duine verskyn om die vrag te kom laai. Die goewerneur het egter uiteindelik snuf in die neus gekry. Van Soest en twee van die medepligtige boere, Jacob Malan en Jacob van der Heiden, is in hegtenis geneem en die waarheid is uit hulle gemartel.

Hendrik Klopper wat die skat op Vergelegen begrawe het, was egter die enigste wat geweet het waar dit is, maar hy is kort te vore deur ’n onbekende sluipskutter doodgeskiet. Van Soest sou vervolgens die doodstraf gekry het en geradbraak word terwyl Malan en Van der Heijden na Batavia verban is. Die skat sou tot vandag êrens op Vergelegen lê en wag op ’n gelukkige ontdekker.

Die feit dat Jacob Malan, vrome Hugenoot en stamvader van die Malans in Suid-Afrika, so ’n geslepe rol in die verhaal speel, was een van die redes waarom die skrywer hom tot die argief gewend het. Uiteindelik kon hy nie slegs die feite nie, maar ook die bron opspoor van die verdigsels wat jare lank in die een publikasie na die ander herhaal is.

Dit is Eric Rosenthal se The hinges creaked: True stories of South African treasures lost and found (1951). Die omslag maak daarop aanspraak dat die  feite “have carefully been investigated by the author who has spent years in collecting his material from old records, etc.”! Dit bevat ook ’n stuk oor “The Treasure of Vergelegen”. Hierin kom die name en uitgebreid verdraaide weergawe voor. Rosenthal het weer, volgens Malan, sy opstel waarskynlik gebaseer op ’n stuk van Roy Jenkins in die Cape Times van 23 Desember 1939, bekende komkommertyd vir koerante.

Malan vermoed dat daar nog ’n ouer bron bestaan, maar dit is volgens hom eweneens “een van die Schoonenberg se raaisels”. Hoe hardnekkig die verdigsels bly voortleef, blyk daaruit dat dit selfs nog deel uitmaak van The Cape Odyssey 105 – Wrecked at the Cape, Part 2, wat in Mei 2015 verskyn het! Dit sal dus interessant wees om dop te hou of Malan se boek nou wel ’n einde gaan bring aan die Rosenthal-verdigsels.       

Soos Malan se navorsing toon, is daar by elke ramp van hierdie aard is ’n magdom kwessies betrokke. Bowendien het voorvalle soos die Schoonenberg-ongeluk plaasgevind in ’n tyd toe die gebied yl bevolk was. Kommunikasie wasmoeilik en die owerheid kon slegs met groot moeite 'n ondersoek uitvoer. Anders as sy voorgangers, het Malan hom tot die beskikbare argiefmateriaal gewend en so gesorg het vir ’n deeglike, gegronde weergawe van hierdie klein onderdeel van die Kaapse geskiedenis. Die verhaal wat hom so ontvou, is steeds boeiend. Die weergawe van die prosesse daaromheen is eweneens ’n verhelderende bydrae.

Malan sorg hiermee vir ’n knap sistematiese verslag: Allereers van die konteks en toestande waarin hierdie vaart plaasgevind het, insluitend goeie tegniese inligting oor die vaartuig (’n “spiegelretourschip” uit 1717) en bevelstruktuur. Vervolgens word die gegewens uit die skip se logboek oor die noodlottige vaart self weergegee en beredeneer.

Daarna kom gegewens oor die voorvalle aan land, die verskillende amptelike sendings uit Kaapstad, besluite oor ’n moontlike berging van die vrag, die verbranding van die wrak en die geregtelike proses. Die aard en onstaan van legendes word behandel en ten slotte ook die ontdekking van die wrak in 1985 en die artefakte wat opgediep is. Elke onderdeel word goed ondersteun deur voetnote en bronaanwysings. Dit lyk of die skrywer werklik geen steen onaangeroer gelaat het om inligting te bekom en seker te maak dat dit so korrek moontlik is nie.

Hy maak korte mette met die samesweringsteorie, ten minste in die vorm wat dit in die Rosenthal-storie aanneem. Die oorsaak van die stranding word deur sobere beredenering nagegaan. Dit sluit ’n beskrywing in van die instrumente en wyse waarop die posisie op see vasgestel is. Op grond van inskrywings in die skip se logboek, wat in die Kaapse Argief bewaar word, word foutiewe navigasie uitgewys. 

Die bemanning is nie deur die kaptein weggestuur Kaap toe nie, hoewel die meerderheid ’n dag later kuslangs begin stap het. Op die strand het volgens skipper Van Soest se skeepsjoernaal ’n muitery en ’n drinkery ontstaan wat ook uitgeloop het op die plundering van vrag deur die agtergeblewe matrose. Van Soest is volgens sy inskrywing persoonlik beroof. Latere verslae en getuienis van sy offisiere bevat inligting wat teenstrydig is met syne, selfs dat hy eweneens diep in die bottel gekyk het. Dit staan egter vas dat Jacob Malan se wa, opgekommandeer deur die owerheid, pas meer as twee weke later opgedaag het.

Van Soest is, soos van sy medeoffisiere, skuldig bevind aan nalatigheid en onthef van amp, rang en salaris. Uiteindelik is ook probeer om sy besittings te konfiskeer. Van fisieke straf is daar geen sprake nie. Hy het daarin geslaag om met ’n Engelse skip uit die Kaap weg te glip terug Nederland toe. Hy en die Vergelegense boer Jacob van der Heijde, omstrede vleisleweransier, was inderdaad “op besonder goeie voet”. Dat daar tussen die twee suurlemoensop deurgeloop het, lyk baie waarskynlik uit wat die skrywer omtrent die plaaslike VOC-amptenare se ondersoeksproses gevind het.

Uiteindelik, ná sy terugkeer, het die VOC-owerhede in Nederland – heel waarskynlik ontereg – die vermoede geformuleer dat Van Soest die skip doelbewus laat strand het sodat hy homself kon verryk. Teen die tyd dat hul laaste opdrag vir ’n streng ondervraging van Van der Heijde die Kaap bereik het, was dié egter al oorlede.

Dit staan vas dat stamvader Jacob Malangeen strandrower was nie.

Die boek bevat ook interessante illustrasies. Dit is ’n publikasie van dieselfde kwaliteit as Dan Sleigh en Piet Westra se Die aanslag op die slaweskip Meermin 1766 (2012) wat by dieselfde uitgewer verskyn het. Albei boeke toon dat goed nagevorste weergawes geen afbreuk hoef te doen aan die pakkende weergawe van historiese gebeurtenisse nie. Daar bly nog meer as honderd strandings in hierdie area oor wat roep om deeglike ondersoekers.

The post <i>Die stranding van die VOC-skip </i>Schoonenberg<i>: Struisbaai 1722</i> deur Jan Malan: ’n resensie appeared first on LitNet.

Polemieke – Bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël J Botma: ’n lesersindruk

$
0
0

Polemieke: Bekgevegte in Afrikaans
Gabriël J Botma

Uitgewer: Struik
ISBN: 9781776092314

Hierdie lesersindruk is uit eie bewewging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Elke jaar word daar baie boeke gepubliseer. Dis ’n goeie ding, want die behoefte aan leesstof is groter as wat mens ooit sal besef. Maar dit maak jou keuses moeilik, en ek is gewoonlik bitter selektief in wat ek sal koop en lees. Dit beteken nie ek lees net dit waarvan ek hou nie. Inteendeel. Ek hou byvoorbeeld van die "groot" boek. Daardie soort boeke waarvan mense getuig. Boeke wat mense beweer hulle lewens verander het. Wat hulle perspektiewe geskuif het. Dikwels dié wat blitsverkopers was. Sulke boeke het gewoonlik ’n belangrike boodskap. Iets daarin sal ook waarskynlik vir jou waarde hê, ongeag wie jy is. Maar ander oorweginge lok my ook by die koop van ’n boek. Die kort en die lank is egter dat ek gewoonlik goeie navorsing doen voor ek ’n boek koop en lees. En ek is net by uitsondering impulsief. En selfs dan loop mens nie jouself altyd vas nie. Maar daar is ook uitsonderinge, groot uitsonderinge, hierop …

Ek het myself totaal misgis met Gabriël J Botma se boek Polemieke: Bekgevegte in Afrikaans. Laat ek bieg, ek het die boek beslis te impulsief gekoop. My vermoede was dat hierdie boek sal handel oor al die kontemporêre vraagstukke waarmee Afrikaanse mense vandag in 2018 worstel. Dit is die indruk wat ek uit die voorblad en die titel van die boek gekry het. Dit het gelyk soos een van daai: “Waarheen nou, Suid-Afrika?” of “Wat volgende, Suid-Afrika?”-tipe boeke. Maar dit is nie wat hierdie boek is nie. Hierdie boek is ’n historiese studie van die grootste polemieke wat in Afrikaans gevoer was oor honderde jare, en dit fokus dus nie net op kontemporêre debatte nie.

Dis nie dat die boek onkeurig geskryf is nie. Dis nie dat die boek vol foute is nie. Dis nie dat dit in elke opsig ’n teleurstellende boek is nie. Inteendeel, met Botma se skryfstyl is daar geen fout te vind nie. Maar soos wat ek voort gelees het, het ek begin voel dat hierdie boek ’n onderwerp wat eenvoudig te omvangryk en geskakeerd is te neem en in een bundel te probeer inprop. Polemieke dokumenteer eintlik maar net sommige van die groot debatte wat deur “Afrikaners” oor baie eeue gevoer was. Dit is ’n geskiedenisboek. Dit maak ’n ondersoek na die geskiedenis van polemiek in Afrikaans, maar die onderwerp is, na my beskeie mening, eenvoudig te wyd vir een volume.

Bothma se boek is in agt hoofstukke verdeel en dek onderwerpe soos sport, politiek, kerksake, misdaad en taal. Hierdie verdelings onderbreek net die kronologie, want elke hoofstuk moet weer van vooraf teruggaan in tyd. Soms oorvleuel die onderwerpe, want kuns en sport en politiek en kerk krap mos maar uiteraard altyd in mekaar se slaai. Die inleiding van die boek is so goed, dit sou ’n beter slot gemaak het as die bestaande slot. Dit is asof die skrywer belangriker gevolgtrekkinge oor Afrikanerpolemiek maak in die inleiding as in die slot, en die slot lees meer soos ’n opsomming uit ’n geskiedenisboek. Die slot van hierdie boek sê meer oor die geskiedenis van die “Afrikaners” as wat dit oor die aard van hulle polemieke sê, maar ten minste is daar ’n baie knap inleidende bespreking.

Bowenal is daar egter die reusegapings in die teks. Die oomblik wanneer mens wegval en begin lees, dan val dit jou op: Daar is so baie sake en onderwerpe van polemiek wat nie in hierdie bundel gedek word nie, dat dit my met ’n bietjie van ’n wrang smaak gelaat het. Daar is byvoorbeeld onderafdelings oor Steve Hofmeyr, Joost van der Westhuizen en Koos Kombuis, maar wat van ’n deeglike bespreking oor iemand soos Siener van Rensburg en die nag van die lang messe? Die histerie oor Siener van Rensburg was nogal ’n gewigtige saak in die verlede. In meeste gevalle maak Botma ’n studie van wat die bekende Afrikaanse koerante van die tyd oor ’n bepaalde saak geskryf het, maar sommige sake word so vlugtig in die boek bespreek dat daar eintlik min weergegee word oor die polemiek rondom die saak, en al waarmee mens gelaat word is ’n opsomming van die feite, waarmee jy gewoonlik reeds vertroud is.

Onder die afdeling oor Adriaan Nieuwoudt is daar ’n bespreking van Nieuwoudt se kubusskema en sy latere kaolienmynery, maar daar is geen bespreking van Nieuwoudt se meer onlangse aktiwiteite met betrekking tot die pogings van die stigting van ’n nuwe eksklusiewe wit dorpie  aan die Weskus nie. Die hele hoofstuk oor misdaad, wat begin met ’n bespreking van Daisy de Melker, is trouens maar net ’n beperkte voëlvlug van Afrikaanse misdaad. Daar is so baie ander misdaadsake wat oor die jare polemiek ontlok het dat mens oor die onderwerp van Afrikaanse misdaadpolemieke alleen waarskynlik tientalle boeke sou kon skryf. Mens dink byvoorbeeld aan die eenheid van okkultiese misdaad, wat in Suid-Afrika op die been gebring was onder die  leiding van doktor Kobus “Donker” Jonker, en Suid-Afrika se weergawe van die “Satanic panic”, wat sterk onder Afrikanergemeenskappe gewoed het. Trouens, daar is al sulke boeke geskryf, en mens dink byvoorbeeld aan Nicky Falkof se boek: Imagining the End of Whiteness: Satanism and Family Murder in Late Apartheid South Africa (Jacanda, 2016).

Met ’n onderwerp soos hierdie, is ek nou oortuig, sou selfs die heel beste skrywer (as daar so iets soos die beste skrywer kon wees) in Afrikaans gesukkel het om die boek vir my oortuigend te maak. Dit is so omdat daar te veel gesê moet word om alles in een bundel behoorlik saam te kan vat. Die spasie is eenvoudig te min, en die onderwerp te wyd. Dit is selde dat ek ’n boek koop en sê ek is maar bietjie teleurgesteld, maar hierdie is so geval. Dit is seker maar mens se straf as jy nie jou navorsing oor die boek wat jy koop behoorlik vooraf gedoen het nie.

The post <i>Polemieke – Bekgevegte in Afrikaans</i> deur Gabriël J Botma: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie

$
0
0

Wit issie ’n colour nie
Nathan Trantaal
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795707988

Nathan Trantaal se Wit issie ’n colour nie, behoort verpligte leesstof te wees. Vir wie? Wel, alle politici, alle kerkgangers en almal wat in die onderwys belangstel. Gooi sommer mediese mense en regsmense ook hierby in.

Waarom? Want, dit is bitter min dat armoede van binne beskryf word. Hierdie resensent was onlangs in gesprek met ’n baie senior bestuurder van een van ons groot boekwinkelgroepe en dié sê toe: “Lesers is middelklas, daarom is skrywers ook middelklas.” Sy is natuurlik korrek, en daarom is die probleme wat tans in ons boeke aangespreek word, middeklasprobleme. Dit is maklik om oor armoede te sê: “Ek het nie geweet nie.”

Suid-Afrika het ras baie vinnig met klas vervang. In my woonbuurt woon mense van alle rasse. Hulle is hoogs professioneel. Met sommige, van alle rasse, kom ons goed genoeg oor die weg, daarom kuier ons oor en weer. Hier woon egter nie ’n enkele arm persoon in ons buurt nie. Huispryse skakel selfs die gemiddelde inkomstegroepe uit. Dit is dus maklik om te sê: “Ek weet nie. Ek betaal wel my bediende meer as die minimumloon.”

Dis maklik. En dit geld vir alle rasse in my buurt.

Die Afrikaanse letterkunde het ’n baie trotse en deeglike rol gespeel in die stryd teen apartheid. Die lys boeke en skrywers wat aktief die staat se wanstaltigheid uitgedaag het, is lank en indrukwekkend. Maar wat nou?

Een van die redes waarom middelklasprobleme aangespreek móét word, is presies omdat daar universele kwessies is wat ons almal raak: seks, gender, die (skyn)heiligheid van ’n verbrokkelende huwelik, vroueregte in ’n manswêreld... so kan ons aangaan.

Sophia Kapp is ’n uitstekende voorbeeld van iemand wat namens haar portuur skryf, maar neem haar na die Kaapse Vlakte, dan ken die lesers haar karakters asof hulle ou vriende is. Die werkersklasvroue, veral, kan identifiseer met vroue wat mishandel word. Dit maak nie saak van watter stand of klas jy is nie, geweld in die huwelik vind orals plaas.

Maar wat van armoede? Hans du Plessis se Drie vroue en ’n meisie (LAPA Uitgewers), is ’n onlangse boek wat hierdie kwessie aanspreek – maar dan in ’n historiese konteks.

’n Mens sou verder in die Afrikaanse letterkunde kon gaan delf in Boerneef se sketse en beslis sommige van daardie bergies se honger kan ervaar, maar... hoe weet ek tans in my wit huis (-watdit is) versteek agter ’n sesvoetmuur met viervoet-elektriese-heining, wat aangaan in iemand se huisie op die Kaapse Vlakte?

Sommige van ons ry wel “daarheen” om te gaan help. My geliefde werk in ’n buurt waar geen ambulans sonder polisiebegeleiding mag ingaan nie. Sy ry vrou alleen daar in en uit. Elke weeksdag.

En tog: Tog kan ons terugkeer, die outomatiese hek oopmaak nadat ADT die straat veilig verklaar het, en weer die hek outomaties toemaak om te kan skuil agter die elektriese heining, diefwering en alarm.

Dis die punt. Selfs ons wat daagliks in ons middelklashuise worstel met ander se armoede, doen dit met ’n daaglikse bord kos om te geniet.

Nathan Trantraal (Foto: Naomi Bruwer)

Enter Nathan Trantaal, stage left

Nathan mag dalk vandag al opbeweeg het. Ons weet waar hy studeer (feit) en hoe die Nederlanders vliegkaartjies borg (so skinder die jaloerses graag). Is Nathan al middelklas? Wie weet? Maak dit saak? Hy is steeds na genoeg aan die honger en die skaam wees oor armoede om daaroor te kan skryf. Van binne.

Interessant genoeg verwys hy na ’n gedig van sy broer, André, toe hy by geleentheid gevra word om oor sy komvandaan te vertel: “Skaam oo alles / Skaam oo kakpapie / Koerante in plaas van toiletpapie”.

Maar, al is Nathan deesdae meer bevoorreg, is die honger naby genoeg aan hom dat hy vanuit sy eie maag kan skryf daaroor. Een van die treffendste stukke is juis die verhaal “Departures” waarin hy praat oor hoe hy wegvlieg van die Kaapse armoede af. Lees dit.

Het hierdie resensent pas geskryf “een van die treffendste stukke”? Hoe kies ’n mens? Dit is waar dat sommige verhale dalk minder seer in die maag skop as ander, maar daar is min van hulle wat nie skop nie. Keer op keer het Nathan se gestroopte verhale, gemeng met die allerslimste aanhalings uit die wêreldletterkunde, hierdie leser na sy asem laat snak.

Ek kan nie anders nie as om te sê: Lees Wit issie ’n colour nie.

Nathan Trantaal is dalk nie uniek nie. HemelBesem se biografiese werk God praat Afrikaans (LAPA Uitgewers) vertel ook verhale van swaarkry en sou as tweelingteks interessante vergelykings met die van Trantaal oplewer. Ek sou beslis ook Jeremy vannie Elsies, deur Jeremy Veary (Tafelberg) aanbeveel. Laasgenoemde is ’n fantastiese teks. Ook sou ’n mens Skollie – One man’s struggle to survive by telling stories, die boek deur John W. Fredericks (Penguin), waarop die film Noem my Skollie gebaseer is, moet noem.

Eintlik is die eerste sin in die vorige paragraaf louter snert. Nathan se stem is juis nie uniek nie. Daar is duisende ander op die Kaapse vlakte wat stories het soos syne, en wat praat soos hy. Maar hoeveel van hulle sit in ons huise en vertel daardie stories?

Dis waarom Wit issie ’n colour nie so ’n wonderlike boek is. Ten spyte van die overte rasverwysing in die teks, is daar bitter min geskryf oor rassituasies. Hierdie boek spreek armoede aan op ’n manier waarop niemand kan sê “ek het nie geweet nie”. Mag die diknekke in die parlement elkeen so ’n boek kry vir Kersfees.

Wit issie ’n colour nie is geskryf in Trantaal se dialek van Kaaps. Ek lees dit baie maklik met slegs enkele woorde wat my gepootjie het.

Daar is al gewag gemaak van Trantaal se aanvallende houding oor Adam Small se taal, maar net soos “Standaardafrikaans” geen standaard is nie, so is daar ook geen standaard vir Kaaps nie.

Nathan Trantaal is dalk nie uniek nie, ook nie noodwendig altyd reg nie. Dit is egter sy storie en sy stem hierdie en hy vertel ’n storie waarvan ons moet weet – juis omdat Nathan nie uniek is nie.

The post <em>Wit issie ’n colour nie</em> deur Nathan Trantraal: ’n resensie appeared first on LitNet.

Pioneers of the Dorsland deur PJ van der Merwe: ’n resensie

$
0
0

Pioneers of the Dorsland
PJ van der Merwe

Uitgewer: African Sun Media
ISBN: 9781928314387

Die bekende historikus, wyle Piet van der Merwe (1912–1979), se werke het danksy sy dogter, Margaretha Schäfer, en African Sun Media (onder die druknaam Rapid Access Publishers) ’n tweede asem gekry.

Gedurende die tagtigerjare toe ek as student aan die Geskiedenisdepartement van Stellenbosch verbonde was, het ek staaltjies oor hom gehoor – die professor was ’n goeie voorbeeld van die soort lektor wat voorheen soos ’n ware diktator opgetree het, maar mense het nie gehuiwer om by te voeg dat hy dieselfde hoë standaarde wat hy van ander verwag het, self gehandhaaf het nie.

Iemand het ook gesê dat hy veel meer kon gepubliseer het indien hy nie so puntenerig or sy werk was nie. In die Leopold von Ranke-tradisie moes elke stelling onomstootlik bewysbaar wees en elke bron, indien moontlik, teenoor ander getoets word. Primêre bronne was inderdaad prima, en dié tipe deeglikheid is uiteraard uiters tydrowend.

Nou sorg Schäfer egter dat sy noukeurige navorsingswerk steeds beskikbaar is. Sy het etlike boeke by Sun Media laat heruitgee, soos Pioniers van die Dorsland in 2016 (dit het oorspronklik in 1941 by Nasionale Boekhandel verskyn). Ander titels is die tweeluik Berigte uit die Dorsland en Meer oor PJ van der Merwe (albei in 2017). Van sy werke is ook in Engels vertaal, soos Pioneers of the Dorsland (2017), en nog is op pad. In 2015 het Trek: Studies oor die mobiliteit van die pioniersbevolking aan die Kaap (1770–1842) in druk- of PDF-formaat verskyn, individueel of as ’n stel van drie. Laasgenoemde het oorspronklik in 1945 verskyn.

Van der Merwe het sedert 1937 (Die Noordwaartse beweging van die Boere voor die Groot Trek) tot 1972 met Die bronnelys en voetnote (ook in Engels vertaal) ses werke gepubliseer, terwyl Die Matabeles en die Voortrekkers ook in 1986 in beide tale verskyn het.

Schäfer belê werklik baie tyd, energie en geld in hierdie projek en verdien erkenning juis vir die manier waarop sy erkenning aan haar vader gee. Sodoende doen sy egter meer – sy sorg dat die geskiedenis van die mense waaroor haar vader navorsing gedoen het, onthou word. Die relase van dosyne deelnemers aan die professor se projekte word nou weer in een gesamentlike projek saamgevoeg en in ’n reeks Africana-werke aangebied.

Vir my persoonlik het die bewaring van elke stukkie van ons landgenote se stories besondere betekenis, want ek is bekommerd dat ons hulle gaan vergeet. Toe ek in 1999 van Geskiedenis na Kultuurgeskiedenis oorgegaan het (ek het in 1992 ’n meestersgraad in Geskiedenis en in 2003 in DPhil in Kultuurgeskiedenis verwerf), was ek verbyster oor hoe min ek van my eie kultuur weet – iemand wat altyd in Geskiedenis belanggestel en wyd daarin gelees het, was eintlik onbewus van soveel geestelike én stoflike kultuurgoedere wat reeds aan die moderne Afrikaner onbekend is.

Daarom is dit vir my ’n hartseer saak dat die vak Kultuurgeskiedenis intussen as’t ware self in die vergetelheid verdwyn het, en sommer vinnig ook. Vandag word gevra: Wie was die Feniciërs?

Ons weet hulle was groot seevaarders, maar wie was hulle Langehovens, MER’s en Van Wyk Louws en wie was hulle Smutse en De Wets? Wie was hulle Jan Spiese en Tolla van der Merwes selfs? En hulle Renier de Winnaars? Presies – hoeveel mense weet vandag nog dat hy ’n beroemde grootliegverteller in die klas van Baron von Münchhausen was? Gaan ons kultuur dieselfde pad as dié van die Feniciërs volg? Of van die talle vergete volke, die inwoners van stede wat in die Midde-Ooste opgegrawe word?

Volgens die demograwe kwyn die Afrikaner se getalle steeds en teen 2050 sal ons ’n digitale komma van die landsbevolking verteenwoordig. My vraag is wie gaan dan nog Afrikaans lees, of sal mense Afrikaans later soos Latyn of Sanskrit in ’n laboratorium in die VSA, of dalk Zuid-Afrikahuis in Amsterdam, gaan bestudeer?

Miskien wel, niks is vir ewig nie, nie eens ons planeet nie. Maar dit bly hartseer as die bewaarders van ons kultuurgoedere, insluitend taal, hulle voorgeslagte verloën en in die proses hulself kultuurloos verklaar, die verteenwoordigers van geen bydrae tot die globale menslike kreatiwiteitsproduk nie.

Pioneers of the Dorsland

Ja, dis ’n bekvol, en hoe meer jy sê hoe meer kos dit om te verteer, sodat die gemiddelde leser eerder sal sê: “Laat ek verbyhou.” Ons word immers so gebombardeer met inligting vanaf soveel toestelle en platforms dat ons sat en lui word om self nog te dink en te verbeel. Dis makliker om liewer agteroor te sit met eetgoed vir die lyf pleks van vir die verstand, en onbetrokke na ’n rekenaar of televisieskerm te staar.

Dit is die werklikheid, uit en gedaan. Kultureel gesproke is ons van moedermelk gespeen en suip ons snoep saam aan formulemelk, voorberei vir die gemene deler.

Daarom skryf ek hier oor die Van der Merwe erfgoed, wat ook ons s’n is. Ek verwag nie dat honderde mense die moeite gaan doen om die vermelde boeke te bekom nie, maar ek hoop wel dat daar altyd ’n kerngroep van intellektueel soepeles en kultureel verantwoordbares sal wees wat sal belangstel. Ter wille van hulle dan beveel ek die lees van ook Pioneers of the Dorsland aan, die nuutste produk van Schäfer.

Hierdie boek handel oor inligting wat Van der Merwe tydens sy reise deur die Noordweste versamel het. Die Noordweste sluit in Boesmanland, Namakwaland en die Kalahari, asook ’n minder bekende deel soos die Mierland, met beskrywings van die grense daarvan, wat op sigself interessant is, al die omstredenheid daaroor in ag genome.

Wat my egter die meeste getref het, is die beskrywings van die mense. Dit is met soveel respek en deernis beskryf, maar nooit sentimenteel nie. PJ van der Merwe was immers altyd ’n nugtere akademikus, maar ook ’n geesteswetenskaplike wat onderhoudend kon skryf in sy talle artikels vir Huisgenoot en Landbouweekblad.

Die teks is toeganklik en die navorser of aspirantnavorser word ook meegedeel hoe die professor te werk gegaan het, al is hierdie boek, soos die ander, vir die gewone publiek bedoel. Van der Merwe het duidelik destyds reeds geweet dat Geskiedenis gehumaniseer (nie noodwendig gepopulariseer nie) moet word en dat akademiaanse taal of aanbiedingswyses nie sou werk nie: Dit deug nie om vir die gemeente alleen te preek nie.

Die hele oeuvre

Schäfer sit haar vader se werk dus voort, ek glo soos hy dit sou wou hê, en bowenal moet hierdie versameling boeke as ’n geheel beskou word om die werklike waarde daarvan na behore te delg.

Van der Merwe se boeke ontsluit sekere kulturele landskappe en is daarom sterk emotief. Dit ontlaai op ’n manier emosies wat op die huidige Suid-Afrikaanse landskap, geografies en kultureel, reflekteer. Hierdie boeke stimuleer bowenal ’n reiservaring wat beide na binne (emosioneel) en in tyd (histories) beweeg, sodat dit waarlik kultuurhistories van aard is. Hoe meer ek oor Van der Merwe se werk dink, hoe meer voel dit vir my dat hy nie bloot ’n nasionalis was nie, maar ’n patriot, aangesien nasionalisme uiters eenogig is, terwyl patriotisme ware vaderlandsliefde behels – moesies, plooie en al, en van politiek gestroop.

Pioneers of the Dorsland (papieruitgawe: ISBN 9781928314387) beslaan 168 bladsye, net twee minder as die Afrikaanse weergawe, en albei bevat kaarte en foto’s wat die professor, ’n bedrewe fotograaf, self geneem het. Die boek is ook as e-boek verkrygbaar, of by die uitgewers se kantore – Kantoor 12 van The Woodmill op die Vredenburg-pad in Devonvallei aan die westekant van Stellenbosch, of dit kan via die e-posadres orders@africansunmedia.co.za bestel word. Sien ook www.sun-e-shop.co.za.

The post <i>Pioneers of the Dorsland</i> deur PJ van der Merwe: ’n resensie appeared first on LitNet.

Vers & kapittel deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk

$
0
0

Vers & kapittel
Daniel Hugo

Uitgewer: Kraal uitgewers
ISBN: 9780994715944

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Die einste Cecile Cilliers wat onlangs oorlede is, het iewers geskryf dat ons ’n volk van poësieskrywers is. Maar, het sy gevra, is ons ’n volk van poësielesers? ’n Vraag wat my dikwels treiter omdat ek so skugter vir die poësie is. My kennis oor dié genre skiet eenvoudig tekort.

Met ’n skeut waagmoed dus het ek Daniel Hugo se Vers & kapittel aangeskaf. Dié bundel is ’n versameling van Hugo se artikels, rubrieke en naskrifte oor die poësie wat meesal in dagblaaie verskyn het. Gerusstellend het ek geweet dat Hugo met wyd erkende gesag oor die onderwerp skryf. Vers & kapittel bevestig hom as ’n kenner van dié genre.

Veral drie indrukke staan vir my uit na die lees van die boek: hoe die poësie funksioneer, allerlei interessante wetenswaardighede en Hugo se persoonlike bemoeienis met poësie.

’n Goeie voorbeeld van hoe poësie funksioneer, en daarmee saam die vertaling van klassieke werke in Afrikaans, is die behandeling van Omar Khajjam se Die Roebaijat. Die kwatryn as versvorm word wydlopig behandel. Hiermee saam word die uitdagings rondom die vertaling van gedigte uiters onderhoudend onder die loep geneem. In hierdie verband stel Hugo dit so: “Die graad van kulturele sofistikasie wat ’n taal bereik het, word dikwels gemeet aan die vertalings van klassieke tekste uit die wêreldletterkunde.” (95). Die stuk oor Goethe in Afrikaans onder die opskrif "Die Vermetelde Vertaler" is aangrypend mooi. Wat ’n mens bybly met die vele invalshoeke van die digkuns is die wonder van die woord.

Wat wetenswaardighede betref, is daar net te veel om in ’n enkele resensie te noem en ek volstaan met een voorbeeld. Dit is insiggewend om te dink dat die Afrikaanse digkuns, teoreties gesproke, alreeds 900 jaar oud is! Dit het inderdaad alles by ’n monnik in ’n klooster begin (96).

Daniel Hugo koester die digkuns van kindsbeen af en leef dit elke dag uit. Dít lei ’n mens deeglik af met vele outobiografiese mededelinge. So kan die verbintenis tussen hom, sy pa en Elisabeth Eybers as astraal aandoenlik beskryf word.

Wat ’n diep indruk op my gemaak het, is die respek waarmee Hugo as ongelowige die werk van gelowige digters behandel.

Vers & kapittel is ’n besondere stuk werk wat ’n poësie-groentjie soos ek daartoe kan beweeg om met toenemende waagmoed na digterlike tekste te kyk.

The post <i>Vers & kapittel</i> deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Jong lesers: Nina en die wacky hare deur Elizbè van der Colff en Chris Venter

$
0
0

Nina en die wacky hare
Elizbè van der Colff, illustrasies deur Chris Venter

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624054924

Die boek was baie interessant en het my laat lees tot heel aan die einde sonder om die boek neer te sit.

Die tannie skryf ook die woorde presies soos wat ons kinders in graad 5 met mekaar praat en dit was maklik om te lees en te verstaan.

Die illustrasies is mooi kleurvol en vertel jou ook ’n storie op sy eie. Dit het my omtrent laat voel asof ek binne-in die boek lewe.

Ek is ook in graad 5 en ek kon met die kinders identifiseer. Ook die feit dat hulle by “Tierkop” skoolgaan en ons sportklere dra. Ek is net so bly ons het nie sulke juffrouens by ons skool wat se koppe vol luise is nie.

Ek het ook baie van luise geleer wat ek nie geweet het nie. Jiggie … dis grillerig!

Ek moet nog besluit was is erger, om kougom in jou hare te hê of luise?

Dis ’n goeie boek wat my lekker laat lag het, en ook op plekke laat bang word het.

Ek het die boek baie geniet en sien daarna uit om tannie Elizbè se volgende boek te lees.

The post Jong lesers: <i>Nina en die wacky hare</i> deur Elizbè van der Colff en Chris Venter appeared first on LitNet.

Jong lesers: Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute

$
0
0

Die legendariese Lua Verwey: Wilder as die wildtuin
Dihanna Taute, illistrasies deur Theodore Key

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798176811

Die legendariese Lua Verwey: Wilder as die wildtuin is deur Dihanna Taute geskryf met swart en wit illustrasies deur Theodore Key. Dit is soos ’n dagboek geskryf, alhoewel dit nie elke dag se inskrywings is nie, daar is hoofstukke. Lua Verwey is ’n “tomboy” wat, volgens haar, die enigste een is wat meer as twee breinselle by haar ouers geërf het, allergies is vir seuns en eerder op haar J-board sal ry as om voor die televisie te sit, of aan haar strokiesprent, “Skatergirl”, sal werk as huiswerk doen. Dan is daar haar beste vriendin Lily wat ’n ou kry, haar ma wat die heeltyd in die toilet afgorrel en met haar pa baklei, gevolg deur iets onverwags …

Lua wil baie graag krieket speel, want die krieketspan gaan die vakansie see toe toer. ’n Vakansie sonder Simpel 1 en Simpel 2 (Janrè en Henrè), haar soet broer Ewan en moeilikheid is presies wat sy nodig het. Nou moet sy nog net haar ouers oorreed. Boonop moet sy ook nog vir Ma kry om op te hou probeer dat sy ’n “dame” moet wees. Terwyl Ewan se blindederm uitgehaal word, Ma moet werk en Lua oppasser moet speel, loop dinge bietjie skeef. (En met skeef bedoel ek groen vloere en beddens ,’n knoffelfabriek van ’n kombuis en ’n pa wat die heeltyd weg is).

Ek sal hierdie boek aanbeveel vir dogters van ouderdomme 8—13. Hierdie boek is anders as ander boeke, want baie boeke vir meisies gaan oor meisies wat van pienk, prinsesse, feetjies en grimering hou. Hierdie verhaal is die teenoorgestelde daarvan. Ek het hierdie boek baie geniet, want ek dink ek is nes Lua allergies vir seuns, maar ek het twee broers! Wat vir my ook interessant is, is dat die Diary of a Wimpy Kid-boeke oor ’n seun gaan, maar ek en my vriendinne geniet dit baie. Lua Verwey gaan oor ’n meisie, maar ek dink nie seuns sal hierdie boek so baie geniet soos wat ’n meisie sal nie. Dit is vreemd, want meisies gee nie om om boeke te lees waar seuns die hoofkarakter is nie, maar seuns hou nie daarvan om boeke te lees waar meisies die hoofkarakter is nie.

Hierdie is regtig ’n uitstekende boek, pret en spanning gewaarborg. Lekker lees!

The post Jong lesers: <i>Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin</i> deur Dihanna Taute appeared first on LitNet.

Ingrid Jonker – ’n biografie by Petrovna Metelerkamp: a review

$
0
0

Ingrid Jonker: ’n biografie
Petrovna Metelerkamp
Publisher: 
Penguin Random House
ISBN: 9781415209363

The writer Karen Karbo, author of In praise of difficult women, said in a recent interview that the “difficult woman” label is easily slapped onto a woman who might inconvenience others; on a woman who might believe that her own needs, goals and desires are at least as important as “everyone” else’s.

Men’s, in other words.

And that, one might say, was the poet Ingrid Jonker’s “problem”: she was inconvenient. She believed in her own talent and her calling as a writer, but the world was not structured to support her belief. And, if there’s one thing Petrovna Metelerkamp’s thorough and absorbing biography of the “difficult” poet shows, it’s that life simply pushed her aside or down. Not once, not twice, but daily.

And, not only while she lived, but also after she died. One small example I recently came across was when a (male) reviewer of Metelerkamp’s previous foray into the wild world of Ingrid Jonker’s life (Ingrid Jonker – a poet’s life) wrote that Jonker was “perhaps best known for her suicide”.

In six words, he manages to sweep aside all her work – and there was a lot of it, and it was new and different and bracing – and reduce her to the manner of her death, while insensitively sensationalising the death itself. I imagine those words would have enraged her. Every such reduction – countless numbers of them by the powerful men who surrounded her – unleashed the fight in Jonker and set her further adrift from the world of acceptance.

Metelerkamp is careful not to turn her biography into an abject lesson on the ravages of a patriarchal society on individual lives. She steers through her complex subject with a careful and steady rudder – a class journalistic act. But, it does leave one wondering whether her empathy for Ingrid extends beyond Ingrid’s own personality make-up, life circumstances and DNA inheritance to embrace the social milieu of her short adult life.

Metelerkamp’s choice to skipper away from a more political analysis – too complex, perhaps, in any case, to have fitted it into this biography – does, however, open the way for further studies, since Jonker is nothing if not a “difficult woman” trying to live a fully realised artistic, intellectual and creative life in a society with a very short fuse for women’s demands. How much shorter that fuse was in the middle of last century is almost unimaginable now. But then, as is often so now, her lack of education, her lack of standing, her life circumstances and her poverty, which I believe was her final undoing, were all the result of her being a woman.

The bare facts of Jonker’s life are well documented and quite widely known in broad brushstrokes: her father rejected her as his own before she was born, she lived in poverty with her loving mother and grandmother, and her mother spent time in Valkenberg and then died early as a result of breast cancer.

Her power-hungry father, a journalist with vacillating political affiliations and grasping ambitions, then unceremoniously uprooted Jonker and her sister Anna from their grandmother’s happy, if sometimes hungry, home to live unhappily with him and his new family.

Jonker’s own poetic ambitions manifested early. She had stormy relationships. She died young, possibly by walking into the sea, a death that seems to have been foreshadowed by her poetry.

Almost all Jonker’s struggles as an adult – her marriage to and divorce from the mediocre writer Piet Venter, her volatile relationship with the much older and very successful writer Jack Cope and her doomed affair with the married writer André Brink – were ascribed by her friends and her sister to her problematic relationship with her father.

Petrovna Metelerkamp | Photo: Penguin Random House

Metelerkamp mercifully annihilates this reductionist approach and offers the reader a larger platter of blame offerings from which, no doubt, many will want to pick and choose the single “reason” for Jonker’s apparent suicide. That, however, is not what the biographer herself does. She constructs, instead, through extensive research and interviews (there are 29 pages of sources and references in a font substantially smaller than that used in the body of the book), a story that, through its own meticulous accretions of both fact and the observations of others, develops a tapestry from which it would be impossible to trace Jonker’s undoing to a single factor.

That said, there is a clear turning point in the young poet’s life, and it arrives neatly in the middle of the book: a devastating rebuff from her lover which has dire consequences for her physical and mental health.

The book builds steadily towards this point, the first half painting a picture of an exceptional, unconventional woman. She was sociable and well liked and seemed to have an unusual effect on the people she met, who were generally drawn to her intensity, sense of humour, playfulness, as well as the earnestness with which she pursued her writing. During this time, she built up a large group of friends, many of them well known for their political outspokenness and the boldness of the art and writing they were producing in the verkrampte, stifling atmosphere of mid-century National Party paranoia.

From there, the steady pace of Jonker’s decline is like watching a train crash in slow motion and, even though one knows where it will end, Metelerkamp manages to maintain a very taut line all the way through to the awful night of Jonker’s death at Three Anchor Bay. The biographer was able to do this by interviewing the friend, Bonnie Davidtsz, who was with Jonker on the night of her death. This must have been a difficult interview both for Metelerkamp and for Davidtsz, who had remained silent for 30 years for fear that speaking about it would cause her to relive the full trauma of that last night with Jonker.

After her death, and even now, there has been a lot of finger-pointing about whose “fault” Jonker’s death was, and whether her friends did enough to help her. The author gives insight into the many ways her friends attempted to help her, and the ways they betrayed her. She shows us how demanding and exhausting it was to continue supporting someone whose mind was unravelling fast and whose behaviour had become intolerable, and the reader is sometimes caught between shock at their behaviour and admiration for their continued support of Jonker. Metelerkamp rounds out these feelings for the reader by quoting actor Dirk Bogarde, who said in a documentary movie about Judy Garland: “In the end we had to fail her. We had our lives to live, we had to go on. We had to walk away.”

There have always been unresolved questions around Jonker, many of them to do with the various constructions about her. Metelerkamp deftly addresses all of these unanswered questions as she documents Jonker’s life. Was Ingrid Jonker mad? Did she do drugs? Did she drink too much? Was she political or were the political resonances in her poetry a by-product of self-absorption? Was she exploited by her lovers? Did she, in fact, commit suicide? The author addresses each of these, and with so much fact and context that intelligent readers are able to draw fairly informed conclusions where Metelerkamp does not candidly offer them. The author did an enormous number of interviews over many years and seems to have read every scrap ever written by or about Ingrid Jonker.

The admirable thoroughness and careful plotting of this important biography aside, Ingrid Jonker – ’n biografie is highly readable. The exhaustive research nestles almost imperceptibly within an unfolding and highly dramatic story which Metelerkamp tells with clarity, restraint, compassion and a welcome journalistic cynicism. The reader senses that the topic has been approached with as much objectivity as might be mustered about one of the country’s most recognisable cult figures. It is the strongest – and definitely the most thorough – addition to the writings on Ingrid Jonker, and I have no doubt that it will be used extensively in studies about the poet in the future.

Also read:

Ingrid Jonker: ’n biografie, a review essay

Video en foto's: Bekendstelling van Ingrid Jonker – ’n biografie deur Petrovna Metelerkamp

The post <i>Ingrid Jonker – ’n biografie</i> by Petrovna Metelerkamp: a review appeared first on LitNet.

Katrienkie – van hawegirl tot lady deur Cara Blake: ’n resensie

$
0
0

Katrienkie – van hawegirl tot lady
Cara Blake
Naledi
ISBN 9782928426028

Om te praat of te skryf oo sulke goed is maa ’n swaa storie. En daai stilte wat nee val oo mense, vroumense veal, issie ’n niewe stilte nie. En vi my is die boek ’n manier wattie net Katrienkie nie, maa oek anners, wat self deu vekragting of molestering gegan het, as kind of tiener of selfs grootmens, kan velos van daai donke stilte.

Ek het my pad met selfhelpboeke begin trug in 2003, toe ek ’n boek, The artist's way deu Julia Cameron, angevattit. Nou, Katrienkie val innie selle genre soes The artist's way, wan dit is te doen met binne-heelmaak-wêk. Katrienkie is maa ’n kôt boekie van 83 bladsye, dis in twie gedeel, maa onthou dissie ’n gou liesie.

Deurie eeste deel vannie boek vat Katrien ôs deu haa worstelinge, en hoe die seer wat sy deugemak het ’n groot impak op haa liewe gehad het. Katrien vetel hoe wat sy deu gemak het haa uit haa eie lyf uit gejag het. Sy praat oo haa vehouding met Got, en hoe haa vekragting ennie feit dat sy seksueel misbruik was haa vehouding met Got lielik geknou het. Ek ken daai storie met Got. Sy praat innie boek van hoe moeilik dit is om, as iemand wat vekrag of gemolestee is, in ’n Got te gloe. Wan mieste vannie tyd issie molesteerder ’n man en Got, innie wêreld se oë, wôt as ’n man gesien. Katrien vat jou saam met haa om te sien hoe sy daamee gedealit. Dis nooit ’n maklike storie om na jouself te kykie. En hoe maklik is dit om jouself af te druk wanne djy na jouself kyk? Ek vestaan wat sy deugemak het, wan die storie is dan soe naby an meine.

Toe ek die boek gekry het, het ek gedink okay, dis maa net 83 blaaie, dis ’n breeze. Maa immediately soes ek beginte lies het, het ek ’n gevoel gekry wat ek baie goed ken. Daai gevoel wat mens kry wanne djy iets oepmak of begin wat djy, sonnerie wêreld se kennis, wiet gan jou van binne af veanner. ’n Gevoel wat soes ’n stêk wind an toe deure beginte ruk, deure wat ek baie jare trug toe gedruk het, om net daai seer binne te lat bly. En soes ek vi Katrienkie lee ken en haa storie lies, deu allie veskillende fases van pyn wat sy deugemak het, het daai stêk wind beginte deure oepruk. En Katrienkie het begin familiar raak vi my. Livy het haa kôp beginte uitstiek by my deure, en ek het myself kô kry op ’n plek waa ek allien is, en ek moet deal, met daai gesig wat by dié deu en daai deu haa kop kô uitstiek het. Maa ek het my fokus gehou en truggekô na Katrienkie se storie toe, wan dis mos Katrienkie se storie ennie myne nie. Maa soes Katrienkie deu haa storie geklim het, het my storie mee prentjies by gekry. En ek het my eie storie begin sien, my eie seerplekke, my donker wat vi die afgelope 29 jaa oo my liewe geheersit.

Dis wat die boek soe goed maak, voel ek, wan ek kon my storie sien en oek die stories van vrinne van my, in Katrienkie se storie. En dan was daa die feit dat ek ’n selfhelpboek kon kry in ’n taal wat naby my huistaal is. Om mens se trauma te kan vewêk betieken baie as jou hartie taal kan vestaan, en dittie nog norrag is dat jou kop dit moet vetaal vi jou hartie. Wat as jou koppie slim genoeg is om dit te vetaalie? Ek dink hoe soe ’n boekie baie tieners, kinners en grootmense oppie Vlaktes, of innie Eldorado, of vêder af tienie Weskus, of innie Witzenberg se areas, of innie Kalahari, of mense tienie noorde op, sal kan help om wee hulleself te kan sien, wan die boek vetel ’n storie wat te veel van ôs kan mieë relate en praat in ’n taal wat ôs kan vestaan.

Katrienkie is geskryf met straight vroumense in gedagte, wat as kinners gemolestee of vekrag was. Nou vi my, wattie indentifiseer as straightie, raak vannie reference points ’n muur wat ek nou eers oo moet klim, voo ek kan vorentoe beweeg. En dit kan miskien oek soe raak vi anner vroumense wattie as straight identifiseerie, of as Christen, of as vrou nie. Maa ’n mens kan mos oo of om mure loep as djy wil uitkô waa djy wil uitkô.

Dan is daa die twiede deel vannie boek, en dis waarie wêk inkô. Katrien het nou kla haa storie vetel, dié wat sy gevoel het om te vetel. En dan gie sy vi jou assie leserie kans om oekie selle te doen. Om oek jou storie begin te vetel, an jouself, deurie detailed exercises wat sy beskryf wat vi haa gehelp het. Dit wat djy kan doen om jouself deu jou donkerte te help om wee te sien, soes Katrien sê, “dat dit veilig is in jou eie lyf.”

Nou, soes ek geskryfit innie vorige paragraaf, is dit moeilik om an iets te vat as djy nie kan relate met dittie. Dis die ienigste riede hoekô die wêreld soe rou is, wan ôs sienie mekaa nie. Maa die boek het iets anners vi my gedoen, dit het my lat begin dink an die eindelike ding wat aliewig in my pad staan, die feit dat ek noggie myself gat haal het daa wat ek myself gelos hettie. En ek voel dan hiemee dat soes dit my tot by die realisation gebring, dat dit okay is as ek dit doen. Soe sal dittie selle doen vi anners wat die boek optel en lies. Die twiede deel vannie boek gie vi jou leiding om ’n pad te loep om die kind in jou wat djy agte gelos het te gan veken, en haa te gan optel in jou arms, en vi haa lief te het, soes sy is. Op bladsy 49 praat Katrien oorie song “Vier seisoene kind” en sy veduidelik hoe daai meisekind binne in haa nou al vi soe ’n lang tyd gewag het vi haa en hoe belangrik dit is om trug te gan en jou eie seer te gan veken, en salf an te smee en dan toe te laat dat Got Got se wêk doen om daai letstel weg te vat.

Katrienkie volgie die selle formaat wanne dit kô by anne selfhelpboeke nie, of eeder nie die wat ek al gelies het en deugewêk hettie. En dies wat ek deugewêk het, is glattie baie nie. Wan ek kan myself nooit veby die eeste of twiede exercises kry nie. Die manier hoe Cara besluit het om die boek te deel in twie, maak dit rêrig ’n goeie selfhelpboekie. Wan soes mens deu sulke goed wêk, maak nou nie saak watte soot trauma dit issie, is dit ’n moeilike ding. Dis soes al daai seer binne-in mens baklei om daai deu toe te hou. En die feit dat daa twie dele is, maak mens bietere voel oo dit. Die bieter wat mens kan voel oo sulke goet. Dis makliker om die boek te nader, dis makliker om te beginte dink an jou eie seer en eie storie. Dis makliker om te lies dat djy nie allien issie, en miskien met daai vestandhouding oorie feit dat djy nie allien issie, gie dit jou die hart om tog na die volgenne deel toe te stap, al is dit ses maane na djy die eeste deel geliesit.

Vi amal is die healing proeses ’n different ene. But wat Katrienkie vi my gebring het is daai leiding om te sien en te wiet dat ek issie allien in my strugglie. Sy het vi my kô sê sy wiet wat dit is om uit mens se liggaam uit te klim ennit net daa te los waa dit see gekry het. Katrienkie het my kô help om wee te begin kyk na daai Livy van ag jaa oud. Soevê sien ek net haa groot bryn oë, diep smile, twie vlegsels wat lank oo haa ore hang ennie onskuld in haa oë, maa dis goed genoeg vi nou. Dis nog baie wêk vi my vêder, maa Katrien het my kô sê "dis okay" en ek moet daai seer gan salf opsit, soedat Livy, haa huil kan uithuil en daai seeplekke kan salf ansit, en vi Gottie kans kan gie ommie res te doen.

Dis nooit maklik om as ’n victim van seksuele misbruik die wêreld mooi by te kô nie. Dit voel aliewig soes djy vat net mis. Katrien sê vi my dis tyd ommie mee die victim te wiesie en myself innie oë te kan kyk eendag en te sien dat ék ’n suvivor is. Ek hoep sy doenie selle vi jou.

Dankie, Katrien, dat djy met ôs jou storie kô deelit.

The post <i>Katrienkie – van hawegirl tot lady</i> deur Cara Blake: ’n resensie appeared first on LitNet.

Vroue van die Bybel 2 deur Esté Geldenhuys: ’n resensie

$
0
0

Vroue van die Bybel 2
Esté Geldenhuys

Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796320872

Esté Geldenhuys is ’n bekende radio-omroeper wat in haar opvolgboek weereens vroue van die Bybel en hul verhouding met God uitlig. Nóg ’n boek met die klem op vrouwees? Ja, maar nie heeltemal eksklusief nie. Hierdie ontginning van die lewe van sekere Bybelse figure is wel hoofsaaklik op vroue gemik maar álle gelowiges kan hieruit put.

Geldenhuys se hantering van die Bybelse geskiedenisse van hierdie vroue is omvattend en gedetailleerd sonder om te soetsappig te wees. Haar skryfstyl is spontaan maar het genoeg teologiese gravitas om ernstige lesers tevrede te stel. Geldenhuys dra ’n stewige kennis van die lewe van hierdie vroue. Daarby, nadat sy op ’n onderhoudende wyse die geskiedenis van dié vroue vertel het, brei sy met ’n besinning uit oor die gebeure en die betrokkenes se reaksie daarop. Hoofstukke word met ’n paslike gebed afgesluit.

Geldenhuys diep vroue op van wie ’n mens al amper vergeet het, dog is daar bepaald ’n rede waarom hulle in die Bybel genoem word. Mevrou Noag word uitgebeeld as iemand wat haar man vir 100 jaar lank getrou bygestaan het om, selfs onder die bespotting van die algemene publiek, die ark te bou. Alhoewel daar nie veel oor mevrou Noag bekend is nie, kan ’n mens volgens Geldenhuys dít by haar leer: “Hierdie God van Abraham, Isak en Jakob is tot alles in staat” (20). Só trek Geldenhuys hierdie vrou uit die skadu van die geskiedenis sodat die leser ’n inspirerende blik op haar lewe kry.

Nie net godvresende vroue word intensief ondersoek nie. Lot se vrou (die vrou wat wel uit Sodom gered maar nie daarvan verlos is nie), en ook haar twee dogters se gruwelike geskiedenisse hou lesse in. Hieruit leer die leser onteenseglik dat God se heiligheid onaantasbaar is.

Die twee Egiptiese vroedvroue, Sifra en Pua, wat deur die farao aangesê is om Hebreeuse seuntjies dood te maak, was nie aan hom gehoorsaam nie. Hulle het God veel meer gevrees as wat hulle die farao gevrees het (Eks 1:17). Geldenhuys verweef die ware betekenis van die begrip ‘vrees vir God’ knap in by die vreesloosheid van hierdie vroue. Om God te vrees, beteken dat mens Hom leer ken en as gevolg van hierdie kennis Hom dien. So word die begrip ‘vrees vir God’ verhelder.

Ander vroue wat maklik misgelees word, is die vroue by die ingang van die tabernakel. Tog speel hulle ’n belangrike rol. Die tabernakel het net een ingang gehad, duidend op Jesus wat die Weg is. Dié vroue se aanbiddende diens moes die “atmosfeer van die heilige teenwoordigheid van die Almagtige help voed het” (72). Die skrywer belig hier die aktuele kwessie van identiteit en wel gelowiges se identiteit in Christus tydens aanbidding. Dit is naamlik so dat “ons identiteit in Christus tydens die proses van aanbidding in ons bevestig word” (77). Geldenhuys bevestig verder hier dat God nog nooit op vroue neergesien het nie — ’n belangrike begrip wat ook in die hoofstukke oor die vroue van die Nuwe Testament beaam word.

Die skrywer gebruik haar kennis van Israel om die konkrete ruimte waarbinne die gebeure afgespeel het, uit te beeld. Die opgrawings by Kapernaum is veral interessant in oa die stuk oor Petrus se skoonma – ’n vrou wat nie net genesing deur Jesus ervaar het nie, maar ook Hom as mens ervaar het. Haar huis het as ’n bymekaarkomplek vir gelowiges gedien. Betrokkenheid is hier die voorbeeld.

Die mens se ongoddelike beskikbaarheid vir die Bose word in die hoofstuk oor Herodias se dogter onder die loep geneem. Die dogter, Salome, het Johannes die Doper se kop op ’n skinkbord gevra en dit gekry. Geldenhuys verwys dan na Paulus wat die Efesiërs maan om aan die duiwel geen vatplek te gee nie (Ef 4:26).

Van die arm weduwee wat haar enigste twee munte in die skatkis gooi omdat sy ten volle op God vertrou, tot die talle vroue wat Jesus gevolg het “omdat Hy ’n direkte invloed op hulle gehad het” (219) word bespreek. Hier kom een feit uit Geldenhuys se hantering van spesifiek hierdie geskiedenis onweerlegbaar na vore: ’n Gelowige leer Jesus veral tydens krisissituasies ken as die enigste Bron van ware lewe en die enigste Waarheid.

Die boek word afgesluit deur ’n hoofstuk wat heenwys na Jesus se boodskap vir vroue van toe én nou. Jesus het nie net alles geweet en weet steeds alles nie, Hy het daadwerklik iets aan krisisse gedoen en doen dit steeds. Dis ’n paslike slot.

Hier en daar verwys Geldenhuys na haar eie ervarings van God. Skeptiese lesers mag persoonlike getuienisse steurend vind, ander weer inspirerend, want Geldenhuys praat eerlik en reguit oor haar eie lewenskrisisse en wys sonder skroom daarop dat God altyd die enigste Toevlug is. Lesers behoort hierdie boek verrykend te vind.

The post <i>Vroue van die Bybel 2</i> deur Esté Geldenhuys: ’n resensie appeared first on LitNet.

Gifbeker deur Irna van Zyl: ’n resensie

$
0
0

Gifbeker
Irna van Zyl

Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 9781485903680

Die gewildheid van kos, sekere geregte en restaurante is soms ernstig afhanklik van die giere en geite van modebewustes, nes die lengte van ’n romp of die aantal denim-items wat jy op een slag mag dra. Tandestokkies geryg met viennas en gekleurde uitjies of die nederige mostertring is byvoorbeeld lankal nie meer ’n geskikte bydrae vir ’n bring-en-braai nie. Die gasvrou, wat besig is om deconstructed patats met vreemde, skaars eetbare sade te besprinkel, gaan jou verstom aankyk as jy met dié geel gevaar by haar braai opdaag. Die ander gaste gaan gril (maar heimlik hoop jy stuur van jou gestolde slaai in ’n Tupper-bakkie saam met hulle huis toe) om dan net verder aan hulle vervelige vlamgeskroeide blomkoolkoppe, gedoop in humus, peusel. Maar, die hoop beskaam nie. Volgende seisoen besluit ’n bekende kosblogger of restaurateur of wêreldberoemde sjef dat ’n Onderstebo Pynappelkoek vir die volgende seisoen die enigste ding is wat op die poedingtafel hoort.

Mens se smaak in kos en klere en kuns en ander kreatiewe uitlaatkleppe verander gedurig en word natuurlik ook gedikteer deur kenners en trendsetters. Vroeër jare was daar slegs ’n paar gespesialiseerde joernaliste aan wie se opinie jy jou moes of kon steur, maar deesdae het enigiemand met ’n slimfoon en ’n e-posadres die geleentheid om sy mond in die openbaar uit te spoel. Party met meer sukses as ander.

Irna van Zyl maak ruim gebruik van bogenoemde gegewe in haar jongste riller, Gifbeker. Kos, restaurante, kosbloggers, kostoekennings en mense se persoonlike smake en afkeure word ingespan om, soos die treflyn dit stel, die tafel te dek vir ’n paar interessante moorde in die Hemel-en-Aarde-vallei. Haar eie ervaring as joernalis en kosskrywer vir Eat Out-tydskrif kom natuurlik handig te pas.

Irna van Zyl | Foto: http://www.irnavanzyl.co.za/

Die eerste slagoffer is ’n bekende kosblogger wat nét te veel aan die Kaapse foodie, Chris von Ulmenstein, herinner. (Van Zyl erken self in die Huisgenoot van 29 Maart 2018 dat die karakter dalk mag klink soos iemand in die kosbedryf, maar versuim om die naam te noem.) Von Ulmenstein maak mense die duiwel in met uitsprake op haar berugte blog, The Whale Cottage, soveel so dat daar al petisies opgestel is om haar blog te probeer verwyder. In Gifbeker is ’n petisie blykbaar nie genoeg nie – ’n dodelike sampioen (die gifbeker) word opgedis om enige verdere gewraakte woorde van die blogger-karakter, Sandra Dippenaar, te kniehalter. Of was die gif vir iemand anders bedoel?

Die polisiespeurder, Storm van der Merwe, wat in Van Zyl se eerste riller, Moordvis, haar verskyning gemaak het, word weer ingespan om die skuldige vas te trek. Storm se oudkollega, Andreas Moerdyk, is ook terug op sy pos, maar dié slag as leepoog-verliefde wat hard werk vir Storm se aandag. Die moontlike ontluikende romanse tussen dié twee karakters voel ongelukkig erg geforseerd en onsexy en is net so onwaarskynlik soos ’n Duitse oorwinning in die 2018 Sokkerwêreldbeker.

Sjef Zeb Tswalo en sy restaurant, Zebardines, staan sentraal tot die verhaal en al die aksie, moorde en misdaad draai rondom dié bekroonde sjef en sy restaurant, ’n entjie buite die gewilde kusdorp Hermanus. ’n “Moordlys” met vier datums word in die restaurant gevind en Storm is onder druk om die skuldige vas te trek voor die laaste datum op die lys; ’n toekenningsaand waar die land se Top 20 restaurante aangekondig word. Benewens die reeds gepleegde moorde, die potensiële moorde, Moerdyk se attensies en die verdwyning van Storm se geliefde hond, is daar soos in enige waardige misdaadroman red herrings by die dosyne (en nee, dis nié een van Zeb se geregte nie). Storm en die leser word van meet af mislei oor wie die moontlike skuldige nou eintlik is. En die lys van verdagtes is lank, hoewel nie almal ewe oortuigend as moordkandidaat oorkom nie.

Van Zyl het beslis deeglike navorsing gedoen en elke bladsy spreek van haar liefde vir die koswêreld. Die inligting oor kuskos, sampioene en foraging is interessant en leersaam, maar het later effe oordadig gevoel. Meer moord en minder mushroom(!), het ek later gedink. Maar, die oordaad ten spyt, trek Van Zyl op die einde die drade netjies bymekaar. Haar jarelange ervaring as joernalis en redakteur maak haar ’n baie natuurlike, sleek boekskrywer en hoewel Gifbeker op ’n paar plekke moontlik tekort skiet, vergewe mens haar dit, want dis steeds ’n … nou ja … liplekker boek.

The post <i>Gifbeker</i> deur Irna van Zyl: ’n resensie appeared first on LitNet.

You have to be gay to know God deur Siya Khumalo: ’n resensie

$
0
0

You have to be gay to know God
Siya Khumalo

Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708244

Die titel van hierdie boek is die eerste waarskuwingskoot oor die boeg: Siya Khumalo skroom nie om kaalvuis in die kryt te klim nie.

You have to be gay to know God is egter veel meer as net die aandagtrekkery van ’n shock jock. Hierdie boek is ’n weldeurdagte, sinvolle bydrae tot ’n reeks gesprekke oor ras, godsdiens, seks, politiek en die snypunte van al vier in die geleefde realiteit van een man. Hierdie teks is inderdaad politieke analise, teologiese oordenking, by tye taamlik erotiese beskrywing en terselfdertyd memoir wat deeglik gegrond is in die zeitgeist van die tyd waarin Khumalo grootword. In sy eie woorde: "If religion, politics and sex were the three things that weren’t spoken of in polite company, we were all dying of politeness."

Siya Khumalo is veral bekend as blogger en gereelde kontroversiële bydraer, of opinionista soos wat iemand met sterk uitgesproke opinies ook genoem word, by Daily Maverick. Hierdie is sy eerste boek en ,soos wat hy self verduidelik, die logiese uitvloeisel van sy blogs en rubrieke.

Khumalo is nie ’n teoloog nie, maar sy kennis van Bybelse tekste, en die in diepte bespreking daarvan dui daarop dat hy lank en deeglik oor elke teks besin het. Ten spyte van wat die titel wil impliseer, is hierdie teks nie in die minste godslasterlik nie. Inteendeel, You have to be gay to know God is die naaste wat ek in ’n lang tyd aan ’n liefdesbrief vir God gekom het. Dit beteken egter nie dat Khumalo kerkmense vrye teuels gee om met hul vooroordele weg te kom nie. Sy felste kritiek is vir die kerke, met die politici kort op die kerkvaders se hakke.

Hy kritiseer die ANC, DA en EFF met ewe veel ywer, en werp sy skerp ondersoekende oog op die verband tussen Zuma se stam-trots, Mbeki se HIV ontkenning en die huidige ekonomiese impasse waarin ons ons bevind met klinkklare helderheid.

Wat Khumalo se analise van die politiek verfrissend anders maak, is die wyse waarop hy onderliggende verbande herken en uitlig. Oor die DA het hy onder andere die volgende te sê : “That the DA is a young party doesn’t take away from the fact that the economic structures and advantages it emerged from are old.” (sy beklemtoning)

You have to be gay to know God behoort verpligte leesstof te wees vir elke persoon wat ooit gewonder het oor die verhouding tussen staat en kerk, tussen ras, geslag en seksualiteit. Dit behoort verpligte leesstof te wees vir enigeen wat oor menswees wonder.

Plek-plek voel dit asof hy profetiese uitsprake maak oor waarheen ons land polities op pad is, oor die keuses wat by die stembus gemaak kan word in 2019. Hy verduidelik byvoorbeeld met vernietigende presisie hoekom veral swart kiesers keuses maak wat op die oog af teen hul eie belang indruis en hoekom dit wit mense keer op keer onkant vang. They forget this fellow man (wittingly or not) takes revenge on their white upper Maslow’s hierarchy privileges in the voting booth.”

Khumalo se beskrywing van sy ervaringe in die Weermag is beide skreeusnaaks en bittersoet. Die wyse waarop hy egter tradisionele Zulu-denke asook die spanning tussen godsdiens, tradisie en genderverwagtinge aanpak, is waarskynlik die grootste enkele geskenk van hierdie teks. Die spanning waaraan ’n gay swart man onderwerp word wanneer daar bepaalde verwagtinge vanuit die gemeenskap is oor wat ’n man is, word liries en hartverskeurend beskryf. Dis ’n rare blik wat nog selde in ons plaaslike literatuur op tradisie gewerp was.

Die teks kon doen met behoorlike redigering. Daar is ooglopende, hinderlike vingerflaters wat deur ’n skerp redaksionele oog verhoed kon word, wat afbreuk doen aan ’n andersins uiters verdienstelike teks.

You have to be gay to know God is ’n boek wat ek met die grootste vrymoedigheid aanbeveel.

The post <i>You have to be gay to know God</i> deur Siya Khumalo: ’n resensie appeared first on LitNet.


Jong lesers: Skwiek deur Jaco Jacobs

$
0
0

Skwiek
Jaco Jacobs

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799383683

Die boek Skwiek was vir my baie interessant en ek kon dit glad nie neersit nie. Waar in die wêreld het jy al ooit gehoor van ’n hamster wat mense kan hipnotiseer? Kom ek vertel jou ’n bietjie meer.

Nathan, oom Denzil en Nathan se ma was my gunsteling karakters. Oom Denzil is Nathan-hulle se buurman. Hy is ’n fotograaf, dra altyd ’n leerbaadjie en ry met ’n groot, swart motorfiets. Hy is baie cool. Nathan se ma kom baie eenvoudig voor. Sy dra vaal klere, ry ’n ou motor en is ’n ontvangsdame by ’n tandarts. Tog so vervelig, of miskien dalk nie? Almal dink Nathan is ’n ordinêre seun wat deel is van ’n ordinêre gesin, maar dít is waar almal verkeerd is …

Een Dinsdag sit Nathan nog so diep verveeld toe die voordeurklokkie lui. Hy spring op en gaan maak die deur oop. Hy verwag sy beste vriend, Charlie, wat vanmiddag gaan kom kuier. Maar wat is dit wat hy daar buite vind? Daar is ’n vreemde klein boksie en daarop staan geskryf: NATHAN NEL.

Hy tel die pakkie op en vat dit na binne. Toe hoor hy ’n ge-grrrts-grrrts en ’n gevroetel! Voordat hy verder kon ondersoek instel, lui die voordeurklokkie weer. Hierdie keer is dit wel sy beste vriend, Charlie.

Hy en Charlie gaan loer in die boksie en daar is ’n hamster in … maar iets is vreemd aan hierdie hamster. Daar is ’n tatoeëermerk op sy oor. Daarop staan: SKW13K. Wat kan dit beteken? Waar kom hierdie vreemde hamster vandaan? Hoekom is hy juis by die Nels se huis afgelewer?

Hierdie is geen gewone troetelhamster nie. Nee! Hy het superkragte en is deel van ’n geheime operasie. Iemand is op sy spoor ... Wie kan dit wees?

The post Jong lesers: <i>Skwiek</i> deur Jaco Jacobs appeared first on LitNet.

Redelike twyfel deur Chris Marnewick: ’n resensie

$
0
0

Redelike Twyfel
Chris Marnewick
Protea Boekhuis, 2018
ISBN: 9781485304258

Danél Hanekom, Protea Boekhuis se redakteur wat hierdie publikasie versorg het, is vermoedelik ook verantwoordelik vir die raak opsomming in die bandteks op die agterplat: “Die jong advokaat Manon Viljoen”, lees ons, “word in ’n hoëprofiel-moordsaak aangestel as amicus curiae, vriend van die hof, om ’n regverdige beslissing te verseker. Die beskuldigde is Charles Mouton, ook ’n advokaat, wat een oggend langs sy vermoorde vrou wakker word. Hy beweer dat hy nie weet wat gebeur het nie.”

“Manon kom van aangesig tot aangesig met haar eertydse groot liefde – nou regter Nantes Castel – te staan. Na-ure ontvlug sy met haar motorfiets terwyl sy wonder oor haar gevoelens vir hom. Het sy hom nog lief? Bedags soek sy na die waarheid, maar loop telkens ’n bloutjie: moeilike getuies, die halstarrige Charles wat homself nie verdedig nie, dreigemente deur die Staatsveiligheidsagentskap en vreemde omstandigheidsgetuienis. Oral, so lyk dit vir Manon, is daar twyfel. Maar is dit redelike twyfel?”

Redelike Twyfel het van die begin af my nuuskierigheid as regspraktisyn geprikkel, want dit vertrek uit ’n ongewone hoek: die begin van die verhoor van ’n moordsaak. Die leser moet maar geduldig wag om te verneem wat daartoe aanleiding gegee het.

Op ’n swart bladsy, wat hoofstuk 1 voorafgaan, lees ons in vetgedrukte wit letters: “Openingsrede”.  Dit is ’n “uittreksel” uit ’n lesing oor verhoortegniek wat die beskuldigde in sy hoedanigheid as senior advokaat vantevore vir aspirant-advokate gelewer het. Dit bevat nuttige wenke oor hoe ’n openingsrede aangepak moet word.  Dié vindingryke patroon word plek-plek in die boek met soortgelyke swart insetsels gevolg, namate Mouton se verhoor vorder: wenke oor die lewering van getuienis-in-hof; die tegniek van kruisverhoor; en oplaas die moets en moenies van die advokaat se slotbetoog.

Die skrywer skets op ’n meesterlike wyse die spanning wat alle regspraktisyns op daardie noodlotswanger oomblikke ervaar voordat die verhoorregter vir die eerste keer sy opwagting maak. Met die aanvang is regter Castel gou oorhoops met die groot aantal mediaverteenwoordigers en hul televisiekameras wat die verrigtinge lewend wil uitsaai in die hofsaal. Dit is steeds ’n omstrede aangeleentheid — veral ná die Oscar Pistorius-sage. Ek gaan nie verklap wat die uitkoms van dié relletjie is nie, behalwe om daarop te wys dat die skrywer tereg fokus op die sterk onafhanklike houvas wat ’n regter op die verloop van verrigtinge in “sy” hof behoort te hê. Dit word dikwels met gepaste hofepisodes geïllustreer.

’n Ander interessante invalshoek is die rare verskynsel dat die beskuldigde oënskynlik nie ’n snars omgee wat sy lot oplaas gaan wees nie. Hy weier regsverteenwoordiging en dit lei tot ’n eweneens ongewone verskynsel dat die hof ’n advokaat as “vriend van die hof” (amicus curiae) aanstel — nie soseer om die beskuldigde te verdedig nie, as om (binne perke) te help dat daar ’n regverdige uitkoms sal wees. Die vergoeding vir sulke dienste is skraps, en dit kan ’n advokaat se praktyk skade berokken (veral as die verhoor uitgerek is), maar dit kan ook tot roem en aanloklike nuwe opdragte lei.

Castel se keuse val op ’n jong vroulike advokaat. Sexy Manon is om verskeie redes teësinnig, maar die skrywer beklemtoon dat sulke opdragte nie maklik geweier mág word nie. Sy gooi versigtig diékant en dááikant toe wal, maar as daar oplaas nie ’n eerbare uitkomkans is nie, neem sy haar taak besonder ernstig op: Dalk om die regter (haar ou liefde) te beïndruk en opnuut te verlei? Dalk omdat sy met ’n stok kan aanvoel daar’s iewers ’n slang in die gras? Dalk omdat sy klaarblyklik hoogs intelligent is; druk kan verwerk; gou tot die kern van ’n probleem deurdring; knap met kruisverhoor is — en dit als boonop geniet? Of dalk net omdat sy van uitdagings hou; avontuurlustig is (haar gunsteling ryding is ’n warm BMW-motorfiets) en ’n ervare duiker is wat oplaas, geklee in ’n duikpak, met genoeg getuienis vorendag om die verhoor in ’n onverwagse rigting te swaai.

Daar is helaas ’n paar onwaarskynlikhede in die verhaal. Wat my die meeste pla is hoe ’n uiters bekwame advokaat in die nag langs sy vrou se erg verminkte lyk wakker word en glad nie weet wat gebeur het nie. Hy vergemaklik selfs die vervolgingsgesag se taak aansienlik deur te verklaar dat dit net sowel hy kon wees was wat haar vermoor het; hy wéét nie. Sy komplekse persoonlikheid — wat gaandeweg geskets word — bied nie die antwoord nie, en dit laat jou oplaas met ’n gevoel van:“Nee, dít werk nie”.

Ek meen ook dat die Staatsveiligheidsagentskap spreekwoordelik by die hare bygesleep word — eers tentatief, maar later blatant. Dit pla heeltyd waarom die beskuldigde ’n jáár lank nadat hy in hegtenis geneem is nie op borgtog vrygelaat is nie en, nogal ongewoon,  deurgaans in ’n polisiesel aangehou word. Die uiteindelike ontknoping van dié raaisel — die sleutel is die beskuldigde se spesialiteitsrigting as advokaat — vind ek ook maar moeilik om te sluk (alhoewel ons in ’n tyd leef waar die waarheid dikwels vreemder as fiksie is).

Dan begaan die skrywer ook ’n taktiese fout deur betreklik vroeg in die verhaal die suspisie op ’n karakter ná aan die beskuldigde te vestig, wat afbreuk doen aan die getuienis wat aan die einde rondom dié karakter ontvou. Die verrassingselement is dus vir my gevoel al vroeg daarmee heen.

Daar is versagtende omstandighede vir die paar elemente wat pla: dié boek was Chris Marnewick se bydrae vir 2016 tot die jaarlikse internet-gebaseerde “National Novel Writing Month” (kortweg Nanowrimo). Dit is ’n projek om veral jonger skrywers aan te moedig om kreatief te begin skryf. Die kinkel is egter dat ’n manuskrip van 50 000 woorde streng tussen 1 en 30 November gelewer moet.  Dit kom neer op 1667 woorde per dag. Voornemende skrywers word toegelaat om vooraf hul huiswerk en beplanning te doen, maar niemand mag vóór die aanbreek van 1 November begin skryf nie, en die sleutelborde moet om middernag op 30 November tot rus kom. Daar is geen pryse op die spel nie — wonderlik! Lees gerus meer oor dié verbeeldingryke projek by www.nanowrimo.org.

Uit dié oogpunt dus: welgedaan, Chris!

Redelike Twyfel se groot verdienste lê daarin dat ons met ’n hofdrama te doen kry wat in elke opsig geloofwaardig is, vir soverre dit betrekking het op die korrekte proses wat gevolg word, regsterminologie wat sekuur gebruik word en ’n uitbeelding van wat genoem word hof-decorum: rolspelers se gedrag wat getuig van waardigheid en goeie smaak. Die ervaring van die skrywer, self ’n senior advokaat, is in dié opsig ’n reuse-aanwins. 

Om dit prakties te illustreer: onlangs is die tweede seisoen van die Afrikaanse televisiedrama Sara se Geheim op kykNET (kanaal 144) uitgesaai.  Dié veelkantige verhaal wentel onder meer rondom ’n bisarre tradisie in ’n universiteitsmanskoshuis wat die bedwelming en verkragting van vroulike studente as ’n soort “inlywingseremonie” vir koshuisnuwelinge behels. Twee van hulle word oplaas aangekeer, verhoor en skuldig bevind. Die hoftonele, en veral die dialoog, is uit ’n regsoogpunt ’n fiasko.  Die voorsittende beampte is ’n streeklanddros, maar hy word bykans deurgaans as “u edele” (gepas vir ’n regter) aangespreek.  Net een keer, as ek reg onthou, word hy korrek as “edelagbare” aangespreek. 

Die verdediging word, ongewoon, om die beurt deur ’n vroulike advokaat en ’n manlike prokureur (wat ingehok by ’n klein tafeltjie sit) waargeneem. Die advokaat dra ’n toga (sonder die vereiste wit beffie), wat natuurlik nie die gebruik in ’n landdroshof is nie: dáár verskyn advokate sonder togas. 

Wanneer een van die beskuldigdes onder “kruisverhoor” (wat eintlik neerkom op emosionele druk deur die staatsaanklaer) knak en skuld beken, vlieg sy prokureur spontaan op en verander teatraal sy aanvanklike pleit van “onskuldig” na “skuldig” —onder om eers daaroor met sy kliënt te beraadslaag. Ag tog, daar is nog talle sulke onjuishede wat, ongelukkig, die kykers aan hulle neuse lei en laat glo dis maar hoe dit is.

Hier is ’n wenk vir skrywers wat regselemente in hul spanningsromans of televisiedramas wil inbou: raadpleeg eers iemand soos Chris Marnewick SC – Redelike Twyfel se skrywer.  Of lees dan maar net die verhaal en let op die netjiese en pynlik akkurate uiteensetting van ’n hofdrama en hoe die dramatis personae hul in hofsake behoort te gedra.

Dié begaafde skrywer verdien ook erkenning as ’n meester van die kuns van motorfietsry. Ek wed jou sy gunsteling is ’n BMW F800GS Adventure. Sy beskrywings van Manon se avonture met háre, is plesierig. Vergeet ook nie sy klaarblyklike insig in dames- en mansmodes én ’n raaiselagtige binnekennnis van wat in die kleedkamer van vroulike advokate aangaan nie.

Protea Boekhuis het ’n “mooi” boek hiervan gemaak — al is die illustrasie op die voorplat ietwat voorspelbaar: die geblinddoekte “lady justice” met die weegskaal in haar linkerhand. (Ek hou egter van die meegaande skets van Manon wat met haar BMW-motorfiets teen ’n ondergaande son om ’n draai zirts.)

The post <em>Redelike twyfel</em> deur Chris Marnewick: ’n resensie appeared first on LitNet.

Skermutselings en skandale: Paul Kruger deur ander oë, 1890—1895 deur Heinie Heydenrych: ’n lesersindruk

$
0
0

Skermutselings en skandale: Paul Kruger deur ander oë, 1890—1895
Heinie Heydenrych
Uitgewer: Imprematur
Pretoria
2017
ISBN: 9780620775809

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Skermutselings en skandale: Paul Kruger deur ander oë, 1890—1895 deur Heinie Heydenrych handel oor Paul Kruger en werp lig op aspekte wat minder bekend is en tot op hede bykans verswyg is. 

Die laaste paar dekades is ’n ommeswaai in die Suid-Afrikaanse geskiedskrywing te bespeur waarvolgens met ’n kritiese oog na sogenaamde volkshelde van die verlede gekyk word. Met hierdie stelling sou geargumenteer kon word dat dit vanselfsprekend is dat ander taal- en kultuurgroepe as die Afrikaners hulle tot so ’n benadering sou wend. Dit is egter uit die pen van Afrikaanssprekende historici dat dieper as ooit in die heersers se lewe gedelf word en hulle uit die ingebedde verheerliking van voorheen gelig word. En boonop het ’n nuwe uitgewery hierdie brawe stap geneem.

Die skrywer Heinie Heydenrych is ’n voormalige universiteitsdosent van die Universiteit van Pretoria en hoof van toegepaste geskiedenisnavorsing by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN). Vir LitNet het Heydenrych reeds onder meer JS Bergh se Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881–1900, (Protea Boekhuis, 2017) geresenseer en sy top leesgoed met LitNet Akademies gedeel. Verder sal lesers waarskynlik dit in herinnering roep dat Heydenrych reeds “Die staatsdiens van die ZAR, 1890—1895”,”Paul Kruger se verhouding met die pers in die ZAR, 1890—1895” en “Die Uitlanderstemregkwessie” vir LitNet gepubliseer het.

Paul Kruger was vir vier termyne die staatshoof van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), vanaf 1883 tot 1900. Die publikasie handel oor Kruger se presidentskap tussen 1890 tot 1895, met ander woorde tot net voor die Jameson-inval van Desember 1895/Januarie 1896. Heydenrych dui aan dat hy die kanonisering van Kruger wil vermy en poog om ’n beeld van sy loopbaan tussen 1890 en 1895 te gee.  Die doel is om Kruger se beperkings as staatsman aan te toon en hoe dit in samehang met die Britse imperiale ambisies uiteindelik tot die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 gelei het.

Heydenrych skryf in sy voorwoord dat groot historiese figure se tekortkominge en mislukkings ook erken moet word. Hier sluit hy aan by vroeë stemme wat teen die praktyk van kanonisering gewaarsku het, soos die negentiende-eeuse historikus Thomas Carlyle wat aangevoer het dat groot figure geëer, maar dat hulle gebreke ook erken moet word.  Voorts wys Heydenrych op AN Pelzer se vroeë mening dat Kruger herwaardeer moet word en dat FA van Jaarsveld byvoorbeeld krities teenoor Kruger se stemregvereistes van die Uitlanders gestaan het. In DW Kruger se tweeledige biografie van 1961 en 1963 het ’n meer geskakeerde beeld van Kruger se presidentskap na vore getree.      

Heydenrych was ’n navorser of medewerker aan JS Bergh se projek, Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881—1900 (Protea Boekhuis, 2017).  Heydenrych se onderhawige publikasie het uit dié projek voortgevloei en dit was sy taak om koerante en Volksraaddebatte van die ZAR deur te werk, veral die redaksionele kommentaar in tydgenootlike koerante.  

Die Nederlandstalige koerant De Volksstem was Kruger deurgaans goedgesind, terwyl Land en Volk veral onder die redaksie van Eugène Marais skerp kritiek teen Kruger en sy regering begin uitspreek het. Met die afhandeling van sy navorsing vir Bergh se projek, het Heydenrych alle uitgawes van Land en Volk van Oktober 1890 tot November 1896 vir sy eie projek deurgewerk en op alle wetenswaardige redaksionele artikels gefokus. Die skerp kritiek in laasgenoemde koerant op verskeie kwessies en op die persoon van die president het fassinerende leesstof opgelewer. Die gebruik van sekondêre bronne deur Heydenrych het nie agterweë gebly nie. As oorkoepelende motivering vir sy publikasie voer Heydenrych aan dat daar egter steeds ruimte vir ’n herevaluering van Kruger se presidentskap bestaan en om weer ’n slag na Kruger se staatmanskap te kyk met die gebruik van meningsvormers soos in die Transvaalse pers weerspieël. Vervolgens formuleer Heydenrych die kernvraag waarom sy publikasie draai: Waarom was daar so baie skandale, korrupsie en onbekwaamheid in die landsadministrasie gedurende die vroeë negentigerjare van die negentiende eeu?

Die vraag word in die verloop van tien hoofstukke uiteengesit. In hoofstuk een “Paul Kruger se lewensloop, 1825—1890” word hoofsaaklik op sy lewe tot en met 1890 gefokus en die doel daarmee, volgens Heydenrych, is om die leser ’n beeld van die man te gee wat die ZAR se lotgevalle in die laaste dekade van die negentiende eeu moes hanteer. Die vraag is waarom is Kruger se lewe nie tot en met sy dood en begrafnis hanteer nie? So ’n benadering sou nie afbreuk aan die bundel gedoen het wat net op die jare 1890 tot 1895 fokus nie.

In hoofstuk twee, “Paul Kruger se vertrouelinge: hulp of hindernis?” word die rol van AH Nellmapius, Bension Aaron, Gerrit Ribbink en Leo Weinthal geskets. In Nellmapius se geval het die President toegelaat dat sy vriendskap met hom gelei het tot die aanvegbare poging om in die regspraak in te meng. Vir Kruger moes dit voorts ’n skok gewees het dat iemand soos Aaron, wat so na aan hom beweeg het, dat hy selfs by hom in Johannesburg tuisgegaan het, die vernedering van tronkstaf moes ondergaan. Ribbink was op sy beurt nie ’n vooraanstaande persoon nie en is tog in Kruger se verkiesingskomitee opgeneem. Weinthal het weer Kruger in verband met die spoorboukontrak mislei.

Hoofstuk drie, “Twee skandale: die Eloff-waterkonsessie en die spaaiderskandaal” handel oor Kruger se optrede met die Selati-spoorwegskandaal en die spaaider-geskenke. Die leser kry ’n beeld van ontvangers van geskenke en hulle eggenotes wat in die strate ry en op hulle goue horlosies kyk. Niks het van die Eloff-konsessie (FC Eloff, skoonseun van Kruger) gekom nie, maar dit het volgens Heydenrych van 1890 af die spilpunt geword waaromheen die kritiek teen Kruger se konsessiebeleid saamgetrek is. 

Hoofstuk vier “Die standplaasskandaal: Paul Kruger as pleitbesorger vir sy amptenare” handel oor die standplaasskandaal van 1892—93. Kruger het volgens Heydenrych sy bes gedoen om die Departement van Mynwese se swak hantering van die aansoeke vir standplase goed te praat. Kruger het nooit die belangrike feit raakgesien of erken dat die standplase volgens die Goudwet vir die delwers bedoel was om huise of winkelhuise te bou en nie vir die algemene publiek nie. 

In hoofstuk vyf “Die staatsdiens van die ZAR, 1890—1895” word die staatsdiens ondersoek wat in die jare negentig onder fel kritiek deurgeloop het wanweë die swak administrasie van die staatsdepartemente. Volgens Heydenrych is nog min oor die staatsdiens onder Kruger se bewind geskryf. Heydenrych voer aan dat ernstige tekortkominge in die staatsdiens voorgekom het. Die Kruger-regering was geneig om “landzoons” , met ander woorde gebore Transvalers, in die staatsdiens aan te stel.  Die probleem is dat hulle weens ’n gebrek aan voldoende onderwysgeleenthede, nie opgewasse vir hulle taak was nie. So was die Departement van Mynwese onder Christiaan Joubert, Kruger se vriend, ’n goeie voorbeeld van swak bestuur en omgeef van skandale. Voorts was die polisiediens gebrekkig asook die verkiesingsadministrasie.

Hoofstuk ses “Kruger se Hollander-amptenare”, handel oor die vooroordeel van die Transvalers teenoor die Nederlanders in Kruger se regering. Ironies genoeg het die Transvalers se houding teenoor die Nederlanders na die mislukte Jameson-inval van 1895 verander omdat hulle ’n spontane diens op kommando gelewer het. 

In hoofstuk sewe “Paul Kruger se verhouding met die pers in die ZAR, 1890—1895”, word Kruger se houding teenoor die pers onder die soeklig geplaas. Artikel 19 van die Grondwet van 1858 het die vryheid van die pers gewaarborg. Marais se uitgesprokenheid het hom uiters ongewild by die President gemaak. Die uiteinde van die kwessie was die aanvaarding van die Perswet van 1893 wat tot die beperking van die persvryheid gelei het.

In hoofstuk agt “Die Loveday-insident van 1894”, word ’n insident beskryf wat minder bekend is. RK Loveday, Volksraadslid vir Barberton, is vir een dag uit die Volksraad geskors. Dit het op ontstellende neigings in die Kruger-regering se hantering van kritiek gedui.

Hoofstuk nege “Die onverdraagsame Paul Kruger”, handel oor die feit dat Kruger outokraties kon optree. Hy het selfs mettertyd so seker van sy posisie as staatsman geword, dat dit in verwaandheid en selfvoldaanheid oorgegaan het.

Die strydvraag van die stemreg vir die Uitlanderbevolking in die ZAR word in hoofstuk tien “Die Uitlanderstemregkwessie” bespreek. In dié lywige hoofstuk word die kwessie deeglik bekyk.

Elke hoofstuk beskik oor ’n besonder goed geskrewe en verhelderende slotgedeelte waar Heydenrych perspektief op die raakpunte van die voorafgaande hoofstuk gee. Ten spyte hiervan eindig die publikasie ietwat stomp en sou ’n oorkoepelende slotbeskouing waarin die koerantbronne geëvalueer word en die bevindinge saamgevat word, van waarde gewees het. Dit sou kon aansluit by die vermelde doel van die outeur, soos in die voorwoord uiteengesit, dat die koerantbronne benut is om tot Kruger se presidentskap deur te dring.

Elke hoofstuk in die bundel word hoofsaaklik van endnotas voorsien en die bibliografie asook register toon die wetenskaplike werkswyse van die outeur aan. Dit val egter op dat die titel van Bergh se publikasie nie by die eerste vermelding daarvan in die “Voorwoord” in die teks op bl 10 of in die voetnote genoem word nie. Boonop ontbreek dit as bron in die bibliografie. Voorts is die “Voorwoord” van voetnote voorsien en nie endnotas nie. Hoofstuk 1 “Paul Kruger se lewensloop, 1825-1890”, beskik voorts nie oor voet-of endnotas nie, wat dalk afbreuk aan die wetenskaplike werkswyse doen. Die leser moet bloot aanvaar dat Heydenrych die algemene oorsig oor Kruger se lewensloop uit bewese sekondêre bronne verkry het. Die skrywer kan nie aanvaar dat alle lesers so vertroud met Kruger se lewensloop is dat die gebrek aan bronneverwysings nie saak maak of ’n rol speel nie. Vanaf hoofstuk twee “Paul Kruger se vertrouelinge” hulp of hindernis?” tot en met hoofstuk tien “Die Uitlanderstemregkwessie” geld endnotas.   So hier en daar is ’n setfout opgemerk, soos met die plasing van voetnootnommer 10 op bl 42.

Tipografies val die publikasie maklik op die oog en die illustrasies is goed gekies. Dit is egter jammer dat ’n illustrasielys ontbreek, deels waarskynlik daaraan toe te skryf dat die illustrasies ongenommer in die publikasie opgeneem is.   

By die lees van elke hoofstuk word die leser se verstomming al hoe groter.  Skermutselings, skandale, korrupsie, nepotisme, omkopery en die aan die bande lê van die vryheid van spraak. Daar is niks nuuts onder die son nie, behalwe as ’n mens met ’n skok besef dat dit inderdaad ook met groot Afrikanerfigure die geval was.

The post <em>Skermutselings en skandale: Paul Kruger deur ander oë, 1890—1895</em> deur Heinie Heydenrych: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Die spioen deur Paulo Coelho: ’n resensie

$
0
0

Die spioen deur Paulo Coelho
Uitgegee in Afrikaans deur Protea boeke
ISBN: 9781485308829

’n Aktrise kan dalk ’n spioen word, maar soms glad nie. Hoekom nie? Kan ’n mens dan nie enige rol aanneem nie? Kan ons nie almal dan wees en word net wat ons wil nie?

’n Danser en ’n minnaar is ter dood veroordeel. Hoe het die samelewing dit reggekry om skoonheid te straf?

Dit is die tipe filosofiese en ewige vrae wat ’n mens bybly lank nadat jy hierdie boek deur Coelho neersit.

Kom ons begin by die bondige titel van die boek — Die spioen.

Ek is baie lief vir sulke opskrifte, wat ’n mens in Coelho se boeke soos sy baie bekende boek The Alchemist of The Warrior of Light teëkom. Die titel is ’n rol of tipe mens in die samelewing wat verskillende moontlikhede daarstel. Dit staan die leser vry om self te besluit watter moontlikheid van toepassing is.

Wat dus van spioene? Iemand wat met die polisiemag vertroud is, sal jou dalk vertel dat die beste spioene dié is wat glad nie uitstaan nie. Hy/Sy moet alleman se vriend wees, iemand wat sommer deel is van die bondel. Die gewone guy nextdoor waaroor niemand iets indrukwekkend te sê het nie, maar ook niks sleg of eienaardig nie. Met ander woorde, enige eksentrieke gedrag is uit! Jy kan nie, byvoorbeeld, jou buurman se hond se drolle deur jou buurman se posbus pos nie, nie eers as jy heeltemal keelvol is van sy hond op jou grasperk nie. Dit was glo die eksentrieke gedrag van ’n voornemende Suid-Afrikaanse spioen wat elke liewe toets geslaag het (en spioene moet glo ’n klomp toetse slaag). Toe het hy met die drolpos-episode sy eie loopbaan as spioen gediskwalifiseer — die bure het gedink dit is eksentriek.

Ja, ’n goeie spioen moet soos die Britse krygers in die Eerste Wêreldoorlog in hul bruin uniforms, waarvan Coelho in die boek ook praat, heeltemal teen die agtergrond kan wegsmelt, gekamoefleer. Ja, juis die teenoorgestelde van die Franse krygers in hul rooi langbroeke en pette wat glad nie in die jaar 1914 diskreet was nie. Dit is nie toevallig dat Coelho op bladsy 128 vir Mata Hari laat skryf dat sy ’n kryger is wat nooit bitter gevoel het oor die gevegte waarin sy beland het nie. Oorlog word ’n metafoor. Ek skryf later weer daaroor.

As ’n spioen ’n doodnormale en vervelige mens moet wees, wonder mens dan onmiddellik: Hoe het ’n sjarmante en stylvol uitspattige spioen soos James Bond ooit die toets geslaag? En dieselfde geld vir Mata Hari. Die karakter sê dit self op bladsy 100:

“ Dink jy regtig —  in jou hart —  dat as hulle iemand sou kies om vir Duitsland, Frankryk, of selfs Rusland te spioeneer, hulle iemand sou kies wat pal in die openbare oog is?”

Die boek ontrafel die misterie oor hoe sy ooit as spioen oorweeg is en hoekom sy later gearresteer is. Was sy werklik ’n gevaar vir die staat?

Lesers wat gewoond is aan Coelho se vertelstyl, sal weet dat hy deur die gewone vertel van ’n ongewone storie, dit regkry om die siel bietjie vryer te maak, en die kop oop. Hy kry dit reg om ’n volronde beeld van ’n ding te skep. En dit terwyl ons glad nie ontsnappingsliteratuur of ’n ligte roman onder oë het nie.

Hierdie boek is beslis vir die liefhebber van geskiedenis alhoewel Coelho ons nie met te veel feite en oorlogpraatjies verveel nie. Hy vermy verveling deur die karakter van Mata Hari, wat self geen belangstelling in die onderwerp toon nie, ondanks haar belangstelling in reis en ander nasies en intelligensie. ’n Mens wil amper begin dink hy skets haar as oppervlakkig-dom, totdat jy begin wonder of dit dalk nog ’n filosofiese vraag is: Is al die detail van nuusberigte oor die politiek werklik nodig vir die gesogte “ware lewe” — die Frans is la vraie vie — wat die karakter van Mata Hari op bladsy 128 noem? Behalwe as dit natuurlik jou noodlot is om ’n politikus te wees. Coelho is nog altyd ’n voorstaander van die idee dat ons elkeen ons unieke lotsbestemming in die lewe moet vind, al is dit ook hoe vreemd, en dat elkeen van ons se noodlot eintlik piekfyn is.

Soos gewoonlik kry Coelho dit reg om filosofie en spiritualiteit in te weef en selfs die Bybel in die voorwoord aan te haal. Hy doen dit op sy slim manier; hy neem woorde uit spesifieke kontekste om dit universeel en toeganklik te maak terwyl hy steeds aan die oorspronklike bron krediet gee. Dit is deel van Coelho se oopkop benadering en die teken van ’n geniale skrywer.

Coelho ken van inligting inwin. En dit bring ons by die inhoud van die boek: In tye van oorlog word inligting waardevoller, gevaarliker en meer verdag. Die leser kom agter hoe hierdie paranoia sy slagoffers vind. In so ’n situasie vind ’n onafhanklike vrou soos Mata Hari haar in lewensgevaar: gewone skinder word staatsgeheime; vriende word vyande. Die middelpunt van die wêreld — die stad Parys — word ’n lokval al is dit omtrent al waaraan jy as bevryde vrou werklik deurgaans lojaal is.

Hoekom is sy Parys toe? Hoekom het sy lank voor dan, in die eerste plek, haar liggaam begin gebruik om ’n hupstoot in die lewe te kry? Die moontlike sielkundige redes daarvoor sowel as die sosiale aspekte — die loopbaanbeperkinge vir vroue van haar era — word ook in die boek uitgelig. Dit is probleme waarmee talle mense nog worstel, selfs in vooruitstrewende en demokratiese lande. Dit is belangrike vrae wat veral diegene in magsposisies moet vra.

Wat van skryftegnieke? ’n Mens kry telkens die tipe beeldspraak wat  ’n mens in Coelho se boeke verwag: riviere, blomme, instrumente. Coelho sorg ook vir genoeg kinkels in die kabel van die verhaal om die storielyn verrassend te hou. Die styl van eerstepersoon-verteller beteken dat die hoofkarakters ’n kans kry om hul eie verhale en emosies voor te lê en dus hul eie beste getuies in die getuiebank te wees. Die leser kry dus ’n kans om, ondanks die hoofsaaklik simpatieke behandeling van Mata Hari se karakter, steeds ’n taamlik wye en uiteenlopende siening van haar lewe in oënskou te neem. Emosies in die verhaal betrap jou onverwags, so tussen droë feite, soos in die lyste wat Coelho verskaf. (Lees die boek; ek kan die details nie hier verklap nie.) Wat dit ook baie tipies Coelho maak, is dat daar voorvalle is van amper ongelooflike toeval, wat in Coelho se oeuvre altyd op ’n groter plan of prentjie dui.

Oorlog word ’n metafoor vir interne konflik. Coelho is egter, soos dit ’n goeie skrywer betaam, ’n goeie Oracle of Delphi. Die leser kan raaklees wat hul wil. Dit bly dus moeilik om die boodskap in die boek presies op te som, maar ek sal dit elk geval waag. Een boodskap uit die boek is dat die tipe eer en roem wat ’n mens in tye van persoonlike of politiese onstuimigheid en veral oorlog bekom, bedenklik is, selfs vals vir die siel. Coelho kry dit altyd reg om die laasgenoemde punt sonder ’n kitsch gevoel oor te dra. In hierdie boek is die boodskap van valsheid versus liefde op beide mans en vrouens, kuis of hoer, van toepassing. Bedenklike roem word gekoppel aan alle vegtende lande (tot en met vandag), selfs die lande wat neutraal staan. Maar wat is waar? Dit is ’n vraag wat die skrywer vir elke leser los. En wat van die idee van voluit leef, sonder twyfel en sonder spyt? Dit is ’n baie hedendaagse vraag wat hy stel. Julle het seker al gehoor van die 100 mense in die ouetehuis wat in onderhoude te kenne gegee het dat hul oor niks spyt is wat hulle gedoen het nie, net oor wat hul nie gedoen het nie. Die hedendaagse boodskap is: leef voluit, al word dit van jou weggeneem.

Om waarlik te lewe raak dus ’n magiese en misteriese mengsel van etiese besluite gemeng met die vryheid om elke droom en wens uit te leef. So spring Coelho altyd ’n morele preek vry. En so wek Coelho altyd ’n beter gesindheid in die wêreld, want wie gaan sulke leesstof klaarmaak sonder om nie meer delikaat en meer vraend deur hul dag te stap nie? En dit, liewe leser, is skoonheid. Dit is hoe jy dadelik kan wees net wat jy wil wees. Dit is hoekom ons goeie boeke lees.

Soos dikwels in sy boeke, laat Coelho ons goed op die inhoud van liefde let, beide self-liefde en liefde vir die medemens.

Die boek voldoen volkome aan die riglyne vir ’n roman terwyl dit duidelik op ’n klomp navorsing en feite gebaseer is. ’n Mens kry die idee dat Coelho nie geskroom het met die feite nie (waarvan die foto’s ook die harde realiteit van Mata Hari se doodsvonnis en verouderingsproses wys), maar dat hy steeds vir Mata Hari op die ou end vrygemaak het.

My eie opinie van die boek is dat dit beslis Mata Hari se stereotipe beeld verander. Ek het in die jare neëntig by die Erotiese Museum in Amsterdam (Mata Hari is van Nederlandse nasionaliteit) ’n wasbeeld van haar raakgeloop, ’n lewensgrootte figuur in haar sexy dansuitrusting. Na hierdie boek kry ek ’n idee van die vernuf van haar dansstyl, maar sien ek haar minder as erotiese danser, minder as spioen, en eerder as ’n allemagtige kansvatter wat soos ons almal maar haar bes probeer het om te oorleef. Dit maak haar minder van ’n ikoon en meer menslik, sodat ons almal iets uit haar lewe kan leer.

Al laat Coelho ons in sy Skrywersnota en -erkennings daarop let dat ander skrywers ook haar ware verhaal al vertel het (sedert 1999, toe die Britse intelligensiediens die Mata Hari-lêer bekend gemaak het), is dit beslis so dat talle lesers dalk nie daardie skrywers se werk gaan lees nie. Ander skrywers het bloot nie ’n groot naam soos Coelho nie, en hy het immers ’n talent vir romanskryf. Hierdie boek is ’n groot geskenk wat hy aan ons en Mata Hari gee.

Die boek is oorspronklik in September 2016 uitgegee. Die Afrikaanse vertaling deur Kobus Geldenhuys is goed. Dit lees maklik en lekker. Ek kon net twee spelfoute raaklees wat in die proses van uitgee misgekyk is, maar dit is — en jammer om die uitdrukking te gebruik — genuine nie doodsake nie.

The post <em>Die spioen</em> deur Paulo Coelho: ’n resensie appeared first on LitNet.

Stroomop deur Harald Pakendorf: ’n resensie

$
0
0

Stroomop: Herinneringe van ’n koerantman in die apartheidsera
Harald Pakendorf
Penguin 
ISBN: 9781776091171

Pakendorf was vroeg in sy joernalistieke loopbaan bekend as stroomop— hy kon in geen “kamp”geplaas word nie — nuus, agtergrond en geen onderdanigheid aan ’n ideologie nie. Nóg links, nóg regs was sy stempel op die Afrikaanse joernalistiek: een van “die nuus kom eerste”.

Natuurlik sou hy ’n doring in die vlees word, soos veral vir John Vorster wat hom later verbied het om met hom te vergader (Pakendorf was daarvoor bekend dat hy met Vorster — soos met ander ministers – eers sou kyk of sy dagboek dit sou toelaat om ’n versoek/opdrag van die betrokke minister na te kom.

Vroeg in sy loopbaan is hy die prestigeryke Niemann Fellowship toegeken om aan Harvard te studeer. Hy is gestuur om in die destydse Rhodesië ’n finansiële koerant te begin, daarna is hy opdrag gegee om ’n onafhanklike oggendblad (Oggendblad) in Pretoria te begin. (Daar is in die algemeen geglo dat Perskor, wat hierdie opdrag gegee het, begin voorberei het om teen die sogenaamde “aanslag” van Naspers in die Noorde te begin walgooi.)

Die dinamiese en erg gevreesde Perskorbaas, Marius Jooste, het Pakendorf na sy beginjare by News/Check, na Perskor toe aangekeer. Tussen Pakendorf en Jooste het ’n goeie vriendskap, gebaseer op hul verskille, ontwikkel. Pakendorf was stellig die enigste redakteur wat nie onder die gramskap van Jooste deurgeloop het nie.

Die joernalistieke beginsel van ken en ag jou lesers het van Oggendblad ’n gewilde plaaslike blad gemaak. Gelukkig vir Oggendblad was die Uniegebou in sy opvanggebied.

In die sewentiger- tot tagtigerjare het Pakendorf as koerantman saam met verskeie uitstaande joernaliste gewerk. Joernaliste soos Koos du Plessis (die liedjiemaker wat na druktyd sy kitaar sou uithaal), Karin Brynard, Dries van Heerden, Jean Oosthuizen, Chris Louw, sy eie vrou Aletta Pakendorf, ’n skerp rubriekskrywer, en PG du Plessis wat ook as redakteur ná Pakendorf oorgeneem het.  

Na die Inligtingskandaal en die finale uittrede van John Vorster uit die openbare oog, het die plaaslike politiek warm gebly. PW Botha was aan die stuur, ’n grensoorlog het gewoed midde die links/regse politiekery in die Nasionale Party: eers die wegbreek van die Jaap Marais-groepering, toe Treunicht se versaking van die NP en bewegings soos Aksie Morele Standaarde en die Kappiekommando. Skerp joernalistiek was bitter nodig.

Pakendorf se redaksie het bygebly. Dit was die tyd toe Hillbrow nog ’n kosmopolitiese karakter gehad het. Selfs hierdie verskynsel was vir Pakendorf belangrik in sy siening van die politieke sfeer. Sy rubriek “Rondom die Politiek” het gemoedere ook laat opvlam. Maar dit was sy besoeke vroeg in tagtig aan die ANC in Lusaka wat hom die NP-gramskap op die hals gehaal het. Pakendorf het met sy kollega Dries van Heerden, tot binne die domein van OR Tambo toegetree.  Tambo het vir Pakendorf as toegankliker (en aangenamer) as Thabo Mbeki beïndruk. Selfs ’n afspraak met “die Russe “het onder eienaardige, maar suksesvolle omstandighede in Lesotho plaasgevind toe twee van sy redaksielede daar onderhoude gaan soek het. Dit was Pakendorf se strewe om “die ander kant ook gehoor te laat word”. 

Na wat allerweë as ’n briljante, maar stewig onafhanklike redakteurskap beskou is, is Pakendorf in 1986 afgedank. Dit was duidelik, alhoewel Pakendorf dit nie uitspel in sy memoire nie, dat die binnewoelinge in die NP-ondersteunende koerante ’n rol gespeel het. Later sou Vaderland en Die Transvaler vou. Die algemene vermoede was destyds dat Pakendorf dalk te onafhanklik was.

Pakendorf het na sy afdanking kontrakte van organisasies as politieke ontleder gekry, hy tree nog dikwels in kommentaar-programme en onderhoude op. Sy loopbaan as ’n stroomop-joernalis bly hom gestand. Sy memoire dek ’n hoogs interessante tydperk in die Afrikaanse koerantwese.

The post <em>Stroomop</em> deur Harald Pakendorf: ’n resensie appeared first on LitNet.

Viewing all 1782 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>