Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1796 articles
Browse latest View live

The book club cookbook by Louise Gelderblom: reader impression

$
0
0

The book club cookbook: Eat your words
Louise Gelderblom
Publisher: Quivertree Publications
ISBN: 9781928209904

If you love books and are hosting a book club evening where you also want to treat your guests to a culinary feast, look no further than this delightful cookbook by Louise Gelderblom. This “charming collection of recipes” promises “to make your gathering the event of the year”. The idea is that although you do not “kill yourself during the preparations for the evening”, your guests will adore your books and love your food.

Even if you only plan on inviting the “family over for a catch-up or special celebration”, you can, with these delectable recipes, prepare a scrumptious meal “with a bit of planning and without too much fuss”. The secret to a successful evening is “dishes that can be prepared – and often completed – before the guests arrive”. You do not want to stress “about last-minute-this-and-that in the kitchen”. The book club cookbook: Eat your words is all about stress-free, delicious recipes that can be prepared in a jiffy.

Louise Gelderblom, an artist specialising in ceramics, has been a member of Eat Your Words book club for the past two and a half decades. She is a compulsive reader who loves to cook. Her late mom, Martlé Gelderblom, to whom the book is dedicated, “was a fearless cook and voracious reader”. Her two grown-up daughters, Alice and Rose, are both inventive cooks. Gelderblom stays in Cape Town “in a house filled with cats and poodles”.

She thinks of entertaining “as a little show that I put on”. She makes a point of enjoying the preparations and sees it as a “sort of Zen activity”. For her, it is all about the noble ingredients, and she uses fresh produce, extra virgin olive oil, good bread and real dairy ice cream when a recipe asks for it. Her advice is to “taste, taste, taste – and adjust if need be – as you go along”. She often uses “a Wonderbag for cooking stews, soups, grains and legumes”.

Craig Fraser’s colour food photographs present the dishes in a way that not only complements the delicious recipes, but actually makes you itch to try them out yourself. When I saw the recipe for Italian hunter’s chicken on page 112, my stomach growled. I felt like pressing my nose to the photo of the dish on page 113 and inhaling the wonderful aroma I thought would be clinging to the paper. This is really a cookbook that you want to curl up with on the sofa, as it is a visual feast on its own.

The book club cookbook: Eat your words contains the following chapters (examples of recipes given, too):

Snacks: Devilled eggs, parmesan paprika umami biscuits, and bruschetta

Antipasti: Asparagus with a lemony dressing; sweet and sour poached vegetables; and frittata with courgettes, peas, mint and ricotta

Soups and salads: Broccoli and feta soup, red lentil soup, and couscous salads

Mains: Baked chicken and porcini risotto, butternut and sage burnt butter lasagne, and lime and sweet chilli fish parcels

Side dishes: Roasted cauliflower with garlic and capers, green beans with tomato and onion, and Dagny’s super-easy no-knead bread

Desserts: Melktert, baked chocolate pudding, and pavlova

The commentaries of various longstanding members of different book clubs make this book very special. They expertly dole out tips and advice on how to have successful book club meetings. In some instances, the host provides the main dish and the members take it in turns to do snacks and puddings. Many support local writers especially, and make a point of buying the print version of a book. Some buy books to keep in a pool; others prefer to buy their own books. I found it very interesting to read their stories. People who love books and food are my kind of people!

The book club cookbook: Eat your words is published by Quivertree Publications. It has 168 pages and is available here and at various other bookstores.

Photos: Quivertree

Louise Viljoen is a freelance reviewer from Jeffreys Bay.

The post <i>The book club cookbook</i> by Louise Gelderblom: reader impression appeared first on LitNet.


Bet-El deur Helena Hugo: ’n resensie

$
0
0

Bet-El
Helena Hugo
Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796320520

Sedert ek Mispa twee jaar gelede gelees en resenseer het, het Helena Hugo nog twee boeke die lig laat sien. Die eerste was Elim, die volgende hoofstuk in die lewens van die Bassons en Fullers. Toe Daniël Basson vir Anna Catharina die eerste keer soen, is dit op aanbeveling van sy neef Arnoldus. Dié het hom die raad gegee om ’n vrou te kies wat hom liefhet en die een te vergeet op wie hy so hopeloos beenaf is. Adrie het hom nie net seergemaak nie, sy het hom ook verneder.

Anna is van kleins af verlief op Daniël en sy verruil met plesier haar gemaklike lewe vir die harde bestaan van ’n boervrou op ’n afgeleë Karooplaas, sonder om selfs op hul troudag seker te wees dat Daniël haar net so volkome liefhet soos sy vir hom.

Onderlinge struwelinge is daar wel nog, tog lyk dit asof hierdie verbintenis ’n tydperk van vergifnis en versoening vir die Bassons van Mispa inlui.

Ek het nie Elim gelees nie, maar was bly dat dit wat ek in my resensie van Mispa as ’n stomp einde van ’n boek beskryf het, toe inderdaad ’n voortsetting ervaar het.

Nou is Bet-El aan die beurt: die derde een in hierdie reeks. Die boek het ’n stamboom voorin waarin die kinders, kleinkinders en ander nasate van die Basson-pioniers en Fuller-1820-setlaars uiteengesit word. Dis nuttig om terug te blaai daarheen as al die Willem Roedolfs, Anna Catherinas en Daniël Matthyse jou kop deurmekaar wil gooi.

Ons is weer in die laaste paar jaar voor die draai van die 20ste eeu op ’n afgeleë Karooplaas. Dié keer nie weer Mispa soos in die vorige romans nie, maar op die buurplaas, Elim.

Daniël, die oudste van Caroline en Willem wat ons so goed leer ken het in Mispa, met die gebreklike voete, is nou die hoofkarakter in hierdie boek. Sy hart is by Adrie, maar hy kies die goeie weg toe hy met Anna trou.

Anna vertel hoe die “donkerte haar medepligtige is: die hitte van die dag haar verskoning om haar voor hom uit te trek. Sy het vermoed dis hoe getroudes mekaar liefkoos. Dat dit so maklik kom, het sy nooit kon droom nie.”

Ek lees toevallig hierdie kommentaar van Irene Cornelissen na hierdie uittreksel op LitNet se “Eerste slukkie” raak: “As ek nie reeds Helena Hugo se boeke hoog op my leeslys gehad het nie, en dit my eerste kennismaking met haar werk was, sou ek nadat ek die uittreksel gelees het, die boek gaan koop het. Wie kan daar ophou en nie meer van die mense wil weet nie? Want Hugo se karakters is altyd mense – mense wat vir jou bekend is en oor wie se optrede jy begaan is. In hierdie gedeelte, gewis die mooiste beskrywing van ’n liefdestoneel wat ek nog in Afrikaans gelees het.”

Sela.

Want Anna is ’n goeie vrou vir hom, bring vir hom ’n gesin en is die sterk pilaar in sy lewe. Sy bemin haar man en gee elke boervrou wat in baie moeilike omstandighede ’n gesin versorg het met kapkarre en stofstrate en kerslig ’n gesig. ’n Gesig waarmee ek in 2018 kan identifiseer en waarvoor ek my hoed kan afhaal.

Die familieskeuring tussen broers en familielede wat in Mispa begin het, duur in hierdie boek voort, maar genadiglik is daar vergifnis en inkeer, hoewel nie sonder hartseer nie.

Meester Elie is weer daar, en hy is nou ook die steunpilaar vir Anna as sy op Mispa kom kuier wanneer Daniël Kimberley toe gaan om produkte op die mark te gaan verkoop. Hy vra Anna gereeld om vir die kinders op die serfyntjie te speel, terwyl hulle uit volle bors saamsing, en vir daardie kosbare minute val al die kommer oor haar man se onbeantwoorde liefde, die somberheid wat oor Mispa hang, weg.

Daar is weer geliefdes wat sterf en in die rooigrond van die plaas begrawe word, en daar is afguns op die rykes en tussen die rykes.

Anna, die verstandige, bly begeer dat haar man net moet sê hy het haar lief ... Dis uiteindelik die uitbreek van die oorlog wat haar wens laat waar word, maar terselfdertyd ook haar geliefdes van haar wegruk.

My kritiek op Mispa dat die krete na die hemel uit die donkerte wat Caroline omvou het, te erg geword het en die boek te lank gemaak het, is heeltemal vergete. Ek het Bet-El baie geniet en dis asof Helena Hugo haarself in hierdie familie se lief en leed ingeskryf én ingeleef het. Ek was jammer om die Bassons te groet.

Op daardie pynlike aand voor die mans oorlog toe vertrek, sit geliefdes wat mekaar dalk nooit weer sal sien nie, om ’n tafel en klou vas aan die nóú. Daar is samesyn en vrede terwyl die reën saggies begin uitsak. Hugo se beskrywing van die klam grond wat soos gebreekte brood ruik, is tegelyk hartseer en mooi.

Maar jy besef ook dat ongeag hoe groot die geloof, hul lewens onherroeplik gaan verander met die oorlog en dat die tweespalt tussen Boere- en Britse ondersteuners wat klaar deur die familie geskeur het, hulle almal onomkeerbaar geraak het.

Hugo skryf maklik. Met meer as 50 boeke op haar kerfstok, 40 jaar se skryf en regisseer van kleuterstories en jeugdramas, sepies vir die radio, en enkeldramas (waarvan drie met RSG/Sanlam-dramawedstryd eerste pryse bekroon is, en een, Swane, met ’n ATKV-veertjie) kom die woorde natuurlik.

Sy skryf die afgelope vyf jaar Christelike fiksie en in Bet-El is dit asof sy regtig die balans tussen storievertel en Christenskap vind. Die boek is aandoenlik en goeie leesstof, ongeag jou geloofsoortuiging.

Ek het in my resensie oor Mispa genoem dat die konteks – net voor die Anglo-Boereoorlog – my baie genot verskaf het, want dis ’n hoofstuk in Suid-Afrika se geskiedenis waaroor daar gerus meer fiksie geskryf kan word. Ek wonder opnuut weer oor ’n opvolg op Bet-El en of die Bassons in ’n volgende boek hul storie deur die oorlog gaan vertel. Dis die boek wat ek wil lees. Die menslike aspek van regte mense wat uitmekaar geskeur is deur ’n verbete stryd om grond en mag, want dis die drumpel waarop ons nou weer staan, 118 jaar later.

Foto van Helena Hugo: verskaf

The post <i>Bet-El</i> deur Helena Hugo: ’n resensie appeared first on LitNet.

Rympies vir kleintjies en kleuters, saamgestel deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit

$
0
0

Rympies vir kleintjies en kleuters
Samestellers:  Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit
ISBN:  9780624081920
NB-Uitgewers

Rympies vir kleintjies en kleuters is ’n opvolg op Rympies vir pikkies en peuters, saamgestel deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit, met illustrasies deur Alzette Prins, Karen Ahlschlager, Marleen Visser, Dale Blankenaar en Vian Oelofsen.

Hierdie is seker die volledigste en keurigste samestelling van kleuterversies wat tans in Afrikaans beskikbaar is. Die pragtige boek is deur Tafelberg uitgegee en is hopelik by alle boekwinkels beskikbaar.

Elke grondslagfase-opvoeder en dramajuffrou soos ek is voorwaar baie dankbaar vir so ’n allesomvattende rympiesboek.

Ek was bevoorreg om ‘n ma te kon hê wat altyd ’n rympie of versie gehad het vir enige geleentheid. Dit het my lewe van jongs af ingekleur met ritme en rym, speelsheid en klank wat tot vandag nog my lewe verryk. Elke ouer en opvoeder moet rym en vers gebruik as ’n sleutel om die deur tot ryke woordeskat, keurige taal en kreatiwiteit oop te sluit. Rympies, versies en gediggies baan ’n pad vir literêre en wiskundige ontwikkeling. Ek kan seker nog meer liries raak oor die belangrikheid van vers en rym, maar laat ek eerder hierdie bundel verder bespreek.

Hierdie bundel is baie goed deurdag en noukeurig saamgestel om al die ontwikkelingsdimensies van ’n 3–5-jarige kind in ag te neem.

Die afdelings en items waaroor gedig en gerym word, is deur die Nasionale Kurrikulumraamwerk gemotiveer. Gelukkig is die titels van die vyf hoofafdelings nie so formeel bewoord soos in ’n onderwyshandleidingsboek nie.

Ek glo dat genot en liefde vir taal die hoofmotivering moet wees vir so ’n kinderverseboek en nie ’n oordrewe drang om op te voed en inligting oor te dra nie. In my dramaklasse is dit die gediggie met die meeste rym en ritme, lawwe woorde en humor wat die kind se aandag trek. So katrol jy die kind in om toevallig die ander uiters belangrike dinge te leer, soos voeding, higiëne, veiligheid, ens. Die afdeling “Hier is ek” (met subafdelings soos “Wie is ek?” en “My lyfie”) is vol lekker rympies wat die kind se liggaamsbeeld sal bevorder, asook die kind sal help om liggaamsdele te herken en te benoem. Onder die subafdeling “My lyfie” roer die gediggie “My hart”, deur Gerda Beyers, my hartsnare. By die subafdeling “My lyfie is siek” sal baie kinders slegte medisyne kan afsluk met die ritmiese lekkersê-rympie van Linda Rode oor medisyne, “Malinkie malakie malyne, kom drink jou medisyne”. Hierdie afdeling is pragtig en kindvriendelik geïllustreer deur Alzette Prins.

Die volgende afdeling, “Ek speel”, is kleurvol en vrolik deur Karen Ahlschlager geïllustreer en kinders sal die speelse prentjies baie geniet. In dié afdeling het Sunette du Plessis se rympie, “Lawwe rympie”, se lekker rym en ritme my aandag gevang. Ek sal hom beslis vir my graad R-dramaklassie leer. Kinders is mal oor klanke, en as die klanke nog gekombineer word met ’n lekker ritme is dit ’n wenresep, soos met Moja Beyers se “Ons orkes”. Vi le Roux se “Ewe swaar” is ’n uitstekende voorbeeld van waar rympies gebruik kan word om wiskundige begrippe te bevorder. “T-Rex in die swembad” deur Marion Erskine is vir my pragtig, omdat ek kan sien hoe ek en my graad R-klassie die gediggie kan uitspeel.

Onder die subafdeling “Fantasiespel” wonder ek sommer net of ons nie moet pasop vir stereotipering nie, byvoorbeeld in gediggies soos “Meisies en seuns” deur Leonette Smit. Ek het al seuntjies in my dramaklasse gehad wat ook eerder hulself wil optof as om geveg-geveg te speel en vice versa.

“Rondom my” is sag en vloeiend geïllustreer deur Marleen Visser. In hierdie afdeling het die gediggie “Ouma Afrika” my aan my ma laat dink as sy met haar kleinkinders in Nederland gepraat het, en ek het byna trane in my oë gekry toe ek dit lees. Dit wys dat hierdie digbundel aangepas is by hedendaagse Suid-Afrikaanse realiteite rondom families wat ver weg van mekaar op ander kontinente woon. ’n Gediggie soos “Spaar water” deur Jaco Jacobs wys dat hierdie bundel toegewy is om ons kinders op te voed ten opsigte van toepaslike en dringende kwessies.

In die subafdeling “Troeteldiere” is ek dankbaar vir Dalina Heese se humoristiese gediggie “Nee, Kaptein”. Kinders is gaande oor so ‘n bietjie toilethumor, en kinders wil almal ’n babahondjie hê, maar niemand wil sy gemors opruim nie. Nog so ’n lekker humoristiese gediggie is Engela Duvenage se “My troeteldier”.

Die subafdeling “Tegnologie” wys ons dat die samestellers erns maak om die gediggies te laat aansluit by die kind se hedendaagse lewe wat omring is met tegnologie. Die versie deur Melodie Veldhuizen, “TV”, gaan ek beslis vir sekere van my gesinslede voordra as waarskuwing. Dankie vir hierdie versie, Melodie, ek het hom reeds gememoriseer. Elaine Coetzee se “SMS” leer ons kinders dat jy selfone ook vir positiewe boodskappe kan gebruik wat verhoudings versterk. Daar is dus ’n goeie balans tussen waarskuwing rondom oorgebruik en hoe om dit verantwoordelik te gebruik. Dae van die week, vorme, kleure en getalle is eenvoudig kennis wat ons kinders moet bemeester en daarom is hierdie afdeling onmisbaar in so ‘n bundel.

Die volgende afdeling, “Ek raak slim”, is geïllustreer deur Dale Blankenaar, en aangesien dit oor emosies en sensitiewe sake handel, hou ek van die eenvoudige swart-en-rooi  illustrasies wat die fokus rig op die emosies en sensitiewe situasies soos vreemdelinge by ons deur en van versies soos Emmie Becker se “My swembroekie”. In hierdie afdeling is die gediggie “Janus en Waldie”, deur Andree-Jeanne Totemeyer, baie treffend. Ons moet ons kinders empatie en begrip gee vir mense met gestremdhede, soos in die hierdie versie wat oor gesigsgestremdheid handel.

Die laaste afdeling, “In die natuur”, is pragtig speels en humoristies geïllustreer deur Vian Oelofsen. Ek hou veral van daardie hondjie met die vlooie wat so spring as hy homself krap. In hierdie afdeling is daar soveel verskeidenheid, en daarom was dit slim om ook ’n raaiselvers te plaas. Dalina Heese wys met haar onderwyservaring dat kinders graag in die klas wil beweeg en dat dit vir hulle tog te lekker is om diere na te boots. Raaiselverse soos “Diereraaisels” kan tot baie pret in die klaskamer lei. Ek hou ook baie van Leonette Smit se “Laksman”. So ’n gediggie kan interessant wees, omdat nie almal sal weet wat ’n laksman is nie.

Die bundel is so deeglik dat die boek met ’n uitgebreide gebruikersgids afsluit. Indien jy nog sou twyfel oor die waarde van so ’n boek, moet jy Gertie Smit se noukeurige en akademies-gefundeerde gebruikersgids bestudeer.

Ek is so bly ek kan nou hierdie bundel toevoeg tot my reeds bestaande kinderverseboekversameling, Nuwe kinderverseboek en Rympies vir pikkies en peuters, ook deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit.

Baie dankie vir hierdie onmisbare bydrae tot die Afrikaanse letterkunde.

The post <em>Rympies vir kleintjies en kleuters</em>, saamgestel deur Riana Scheepers, Suzette Kotzé-Myburgh en Gertie Smit appeared first on LitNet.

Tot die dood ons skei deur Schalk Schoombie: ’n resensie

$
0
0

Tot die dood ons skei: mans wat hul vroue vermoor
Schalk Schoombie

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798172905

Enigeen van ons kan ’n moord pleeg. Ek. Jy. Enigeen.

Dit is die mening van talle kenners. Ons almal beskik ook oor ’n donker kant. Duideliker gestel: enigeen van ons kan onder sekere omstandighede moor en wanneer daar bepaalde snellers is.

Ek weet dat vroue wat bloed op hul hande het en hul mans vermoor, of laat vermoor het, byna almal in ’n stadium mishandel, misbruik of verkrag is. Daarom kon ek nie wag om uit te vind wat mans daartoe dryf om die vrou wat hulle na bewering in ’n stadium liefgehad het, gewelddadig te wil laat sterf nie. Die naam vir hierdie kommerwekkende verskynsel is “intieme vrouemoord”.

Hoekom skei hulle nie maar net as die huwelik/verhouding so ondraaglik geword het nie? Hoe lyk ’n man wat sy vrou vermoor? Soos ’n monster wat ’n byl rondswaai of soos die duiwel in die Kinderbybel? En verskil die psige van moordlustige mans van dié van vroue?

Danksy deeglike navorsing deur die skrywer word die antwoorde hierop in veral internasionale gevallestudies in die boek uitgespel. Schoombie skryf dat mans se motiewe minder uiteenlopend as hul metodes blyk te wees. Een ding waaroor kenners wêreldwyd saamstem, is dat intieme vrouemoord se wortels in ’n patriargale sienswyse lê.

Die sinistere titel, Tot die dood ons skei, en die voorblad waarin ’n vrou se gesig in die duister gehul is, trek dadelik aandag. Dit het vir my veel meer emosionele trefkrag as die makabere bloedkolle op misdaadboeke se voorblaaie wat deesdae byna ononderhandelbaar is. Party van hierdie bloedkolle is selfs gelamineer!

Die boek bevat skokfeite, soos dat drie vroue elke dag in Suid-Afrika deur ’n jaloerse, depressiewe of beheersiek man – ’n eggenoot, ’n eks, ’n minnaar of selfs ’n huurmoordenaar, vermoor word.

Van die talle bydraende faktore in ons land wat in die boek gelys word, is stres, misdaad, uiters streng dissipline in die kinderjare en ’n gebrek aan goeie rolmodelle.

Veral interessant is die beskrywing van “eremoorde” en “bruidskatmoorde” elders, wat onderskeidelik deur eer en gierigheid gedryf word, en die feit dat ’n vrou byvoorbeeld Alzheimersiekte kon gehad het en die man nie meer kans gesien het om na haar om te sien nie. Daar is ook bevind dat mans wat hul swanger vroue vermoor, byna altyd psigopate is.

Van die rillermetodes om vroue te vermoor, wissel van bruidverbranding en versmoring deur die vrou se suurstoftenk tydens ’n duiksessie onder water toe te draai tot verdrinking in die bad. Voorwerpe wat al as moordwapens gebruik is, is ’n pen, ’n kierie, ’n toiletbakdeksel, ’n stofsuierpyp en ’n kettingsaag. Dan is daar die grusame voorvalle waar die moordenaars kannibaals optree of hul vrou se oorskot naby hulle hou, byvoorbeeld in ’n drom.

Ongelukkig is dit so dat huishoudelike geweld ’n tameletjie bly. Die polisie sal jou vertel dat hierdie soort sake selde aangemeld word en gereeld teruggetrek word. En dit is deel van die probleem. Schoombie skryf oor vroue wat uit vrees by hul manipulerende mans bly of selfs teruggaan nadat hulle herhaaldelik aangerand is. In een geval het die man aan die vlugtende vrou vertel dat hy kanker het. Sy is terug huis toe, en is net daarna doodgeskiet.

Baie van die mans is as “liefdevol” en skadeloos beskou – die laaste mense van wie mens bloedvergieting sou verwag.

Schoombie maak vroue bedag op die feit dat hoewel daar nie altyd ’n herkenbare profiel is nie, daar wel ’n herkenbare patroon is.

Praktiese raad in die boek oor gevaartekens, vuurwapenwetgewing en beskermingsbevele kan mishandelde vroue hopelik daarvan oortuig om betyds pad te gee. Daar is ook ’n lang lys van hulporganisasies waar hierdie vroue kan gaan aanklop, wat toon dat die skrywer omgee. Mens hoop net mishandelde vroue lees hierdie boek.

Van die beste raad wat verskaf word, is dat geen vrou ooit met ’n man moet trou wat sy ma haat nie.

Schoombie skryf in die toeganklike styl van ’n ervare joernalis, maar steun swaar op taamlik lang aanhalings uit verskeie publikasies en bronne. Niks fout daarmee nie, maar ek sou daarvan gehou het as hy meer oor Suid-Afrikaanse gevallestudies uitgebrei het en meer direkte onderhoude met Suid-Afrikaanse misdaadkenners, forensiese sielkundiges en kriminoloë gevoer het.

Vir aanhangers van narratiewe niefiksie sou dit ook interessant gewees het as hy persoonlike onderhoude met die moordenaars kon gevoer het, maar dan weet ons ook hoe moeilik dit is om toestemming te kry om agter tralies te kom indien jy nie ’n misdadiger is nie. (Talle sal opmerk dat dit net so moeilik is om in die tronk te beland indien jy wel ’n misdaad gepleeg het!) Maar daar is natuurlik ook ruimte vir alle benaderings wat feitelike benaderings soos syne insluit.

Kriminologiestudente, aanhangers van oorsese televisiemisdaadreekse en krimiskrywers sal hierdie boek verslind. Laasgenoemde het al skertsend aan my erken dat hulle altyd bly is as misdaadniefiksieskrywers hul “navorsing” vir hulle doen

Schoombie is ’n selferkende feminis. Soos hy self verklaar, “in murg en been”. Mag die manlike geslag na deser nog vele meer oplewer.

Foto van Schalk Schoombie: verskaf

The post <i>Tot die dood ons skei</i> deur Schalk Schoombie: ’n resensie appeared first on LitNet.

Somer deur Jaco Fouché: ’n resensie

$
0
0

Somer
Jaco Fouché
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798175340

“Lank lê sy so stil, met haar wang teen die boom, haar liggaam op die sagte aarde en in haar gebroke hart die diepe wete dat alles moet verbygaan …” (Van den Heever 1957:149). Met die eerste oogopslag van Jaco Fouché se jeugroman Somer het ek my gehawende 1957-kopie van CM van den Heever se klassieke roman, wat in 1935 verskyn het, geraadpleeg. Bostaande aanhaling is die karakter Linda se woorde en die slotsin in daardie roman. Soos seisoene kom en gaan, loop die mens se lewensiklus sy gang en word daardie somerseisoen van die prille jeug met die bewuswording van verganklikheid vervang.

Jaco Fouché is ’n gesoute romansier met ’n rits romans agter sy naam. In 1997 word die Eugène Marais-prys vir Die Ryk van die Rawe (1996) aan hom toegeken. In 2012 ontvang hy die derde prys in NB-uitgewers se Groot Roman-kompetisie vir Liefste Lena. Vanjaar word laasgenoemde prestasie herhaal en ontvang Fouché dieselfde prys vir Die aanspreeklikheid.

Om ’n jeugroman te skryf sit nie in enige skrywer se broek nie. Somer is Fouché se tweede jeugroman naas Siobhán van die sirkus, wat in 2014 verskyn het. Nadene Kriel se aanloklike omslagontwerp prikkel onmiddellik die leser se herinneringe aan vergange somers en jeugdige drome wat soos die wye oseaan voor menige skoolverlater uitgestrek lê. Soortgelyk aan Hans du Plessis se Disse flippen stukkende wêreld dié, my ou (1991) handel die verhaal oor die vriendskap tussen twee seuns uit verskillende sosio-ekonomiese groepe – een wit en een bruin. Die roman belig, soos in Du Plessis se geval, die komplekse rasseverhoudings wat steeds in talle gemeenskappe regoor Suid-Afrika aan die orde van die dag is. Na 24 jaar van ’n veelrassige demokrasie word Suid-Afrikaners steeds deur middel van sosio-ekonomiese faktore van mekaar geskei.

Die verhaal word vanuit Maison Jonkers se perspektief vertel. Maison woon in die onderdorp van Hawston. Sy ma het haar gesin versaak om sendingwerk in Kaapstad te doen. Maison word met allerlei uitdagings, soos armoede en werkloosheid, gekonfronteer. In teenstelling woon André Lourens in die gegoede buurte van Onrus en het nie enige materiële tekort nie. Maison en André se paaie kruis op skool en deur die loop van hul matriekjaar en die daaropvolgende somervakansie word ’n vriendskap tussen hierdie twee jong mans gesmee.

Fouché bespreek talle temas in die roman: emigrasie, godsdiens, seksualiteit, vriendskap, geestesgesondheid, armoede, misdaad, afwesige ouers, rassisme en stereotipering kom aan bod. Beide Maison en André se lewensverhale geniet aandag deur die loop van die roman en enkele raakpunte tussen hul onderskeie lewens word sodoende geïdentifiseer.

Alhoewel die narratief op sigself interessant daar uitsien, is daar enkele aspekte wat my kwel. Maison en André se taalgebruik kom as ongeloofwaardig voor. As kritiese leser het die skrywer se volwasse stem te dikwels deurgeskemer en sodoende afbreuk gedoen aan die geloofwaardigheid van die tienerkarakters. Op bl 137 antwoord Maison André byvoorbeeld soos volg: “Aag, hel. Oud en moeg en der dagen sat in die diens van die Here.” Dit is hoogs onwaarskynlik dat ’n tienerseun (wat homself as ’n swak akademiese presteerder beskryf) in 2018 so ’n Nederlandse aanhaling in ’n informele gesprek met ’n vriend sal gebruik. Op bl 34 sê André hy “hoor [h]ulle het teenspoed gehad”. Alhoewel daar nie noodwendig van skrywers verwag word om streng by Standaardafrikaans te hou tydens die skryf van ’n jeugroman nie, is dié twee karakters se taalgebruik effens dik vir ’n daalder.

Sekere aspekte van die narratief, soos André se broer, Martin, se siektetoestand, die ma wat haar gesin uit die bloute verlaat om sendingwerk te gaan doen, en André se obsessie om met Maison bevriend te raak, laat my met meer vrae as antwoorde. Aanvanklik kom Maison en André se vriendskap gedwonge voor. Waarom reik André eers in sy matriekjaar na Maison uit ten spyte van die feit dat hulle in dieselfde skool en graad is en al ’n geruime tyd saam rugby speel? Die uitbeelding van André se broer wat aan ’n senutoestand ly, skep ’n wanindruk van persone wat aan geestesiektes ly. Hy word as ’n patetiese figuur uitgebeeld. Boonop word daar gesuggereer dat Martin genees kan word as Maison se ma hom help deur vir hom te bid. Om godsdiens as Martin se “kruk” te gebruik, grens net te veel aan ’n sedelessie – ’n aspek wat in jeugromans vermy moet word: “Ek hoop eintlik Martin kan weer beter word as hy net by die kerk is” (38). Alhoewel Martin wel later in die roman in ’n psigiatriese hospitaal opgeneem word, is sy obsessie om deur Maison se ma “genees” te word, problematies. Die slot is vertelagtig en opsommend van aard en skep die indruk dat al die onderskeie verhaallyne met ’n enkele handgreep bymekaar getrek moes word.

Die konsep waarmee Fouché gewerk het, het die potensiaal gehad om ’n opwindende jeugroman tot stand te bring. Die teks kon egter strenger geredigeer gewees het om die verhaal in sy geheel meer vaartbelyn te maak. Te veel temas word by die narratief betrek en die soms té formele taalgebruik doen afbreuk aan die hoofkarakters se geloofwaardigheid. Vergeleke met ander jeugromans wat onlangs verskyn het, haal Somer nie die paal nie.

 

Bibliografie

Van den Heever, CM. 1957 (1935). Somer. Pretoria: JL van Schaik.

The post <em>Somer</em> deur Jaco Fouché: ’n resensie appeared first on LitNet.

Pharos Afrikaansgids deur Nicol Faasen: ’n resensie

$
0
0

Pharos Afrikaansgids
Nicol Faasen

Uitgewer: Pharos
ISBN: 9781868902095

Vertel my watter boeke is op jou bedkassie …

… en ek vertel jou wie jy is! (Overgeset synde: Watter leesgoed neem jý saam kleinhuisie toe?) Is jy een van daai mense wat verlore kan raak in ’n kookboek, ’n woordeboek, ’n ontbytpapboks …? Dan is die boek onder bespreking nét die ding vir jou: dit is boeiende leesgenot vol interessante nuwe inligting – pitkos en lekkerlees in dieselfde omslag saamgevat. Dié besonder begeerlike boek is die nuwe Pharos Afrikaansgids.

Dit is ’n praktiese, hedendaagse gids wat gemik is op hoërskoolleerders, onderwysers, studente en ander belangstellende taalgebruikers wat meer wil weet oor hoe om in Afrikaans te spel en skryf. Dit bied eenvoudige riglyne vir spelling en skryfwyses volgens die 2017-uitgawe van die Afrikaanse woordelys en spelreëls. Die inhoud is in die gees van, en in ooreenstemming met, die vereistes van die amptelike Kurrikulum- en Assesseringsbeleid-dokumente (KABV) vir Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal vir graad 7 tot 12.

Dié “een-stop”-naslaanbron is uiters toeganklik; die uitleg is maklik om te volg. Dit bestaan oorwegend uit lyste. (Ervare onderwysers sal hier hulle handjies vryf en sê dat “lyste ’n effektiewe manier van leer kan wees” en dat “niemand nog dood is van ’n bietjie papegaaiwerk nie!”)

Die gids is in drie dele verdeel, elk met ’n inleiding wat duidelik uiteensit wat in die afdeling voorlê. Die dele vul mekaar aan by wyse van kruisverwysings. Deel A, “Lyste”, bevat naslaanlyste van woorde wat dikwels spellingprobleme oplewer, meervoude en verkleinings, intensiewe vorme, vergelykings en nuwe en ou idiome. Alhoewel die skrywer dit duidelik stel dat sy bedoeling is om voorbeelde uit die hedendaagse omgangstaal te gebruik, is sekere “gewoontemisdadigers” (“usual suspects”) wat deur die jare skelm ingesluip het en steeds dopgehou moet word, uitgelaat, byvoorbeeld “interresant”, “gebasseer”, “kanseleer”, “opdraend” en “onverskoning”, en lê dit steeds op die onderwyser se weg om die leerders se aandag op hierdie en soortgelyke “probleemgevalle” te vestig. Die skrywer beveel dan ook aan dat die inligting voortdurend aangevul moet word deur ander verklarende woordeboeke, asook die AWS en ander bronne. Woorde wat nie in konteks aangebied word nie, byvoorbeeld in die afdeling sinonieme en antonieme (ble 128–41), kan ook self verder deur die leerder ondersoek word. Daar is nuttige vaste uitdrukkings om die idiomatiese taalgebruik te bevorder. Ek self maak egter moeilik vrede met die reeds erkende “‘geveg om lewe en dood” en “in stede van” – na die Engels “instead of” (126). Dog die ontdek van “moderne”, hedendaagse woorde en uitdrukkings, soos “bestudeerde onnetheid” en “dinosourus” vir iemand wat verouderde idees het, die Groot Appel (New York) en The Boss (Bruce Springsteen) (sien die verdere interessante lys op bl 259), verskaf genot.

Deel B, “Taal- en spelreëls”, is ’n naslaangedeelte wat belangrike en algemene taalreëls aan die hand van eenvoudige definisies en voorbeelde verduidelik. Onder andere word ook die gewraakte “dieet – diëte”, “ingenieur”, die oortreffende trap “mees opwindendste” en die probleem van -de of -te by swak verlede deelwoorde word hier vasgevat. (Ook hier is duidelike verwysings na spesifieke hoofstukke in die AWS wat verder geraadpleeg kan word.) Die afdeling oor betekenisleer, met onder andere woordeskatuitbreiding, woordskepping en taalvariasie, erfgoed, eiegoed, leengoed en anglisismes, is besonder interessant en insiggewend in die ontstaan en groei van Afrikaans: woorde soos “township” en “venue” (292 ) het lankal burgerreg verkry. Die woord “potgooi” kom van die Engels “podcast”, ens. ’n Enkele drukfout het in die oog gespring: op bl 272, onder “Massanaamwoorde”, verskyn die woord “suiker” ook verkeerdelik in vetdruk.

Deel C, “Sinsleer, kritiese taalbewustheid en tekstipes”, bevat nuttige en diepgaande inligting oor byvoorbeeld sinsoorte, woordorde in sinne en die bou van paragrawe. Daar is ook ’n kort oorsig oor tekstipes, byvoorbeeld mediatekste, advertensies, geskrewe interpersoonlike tekste en literêre tekste (drama, poësie en prosa). Alhoewel die inligting hieroor taamlik kripties aangebied word, probeer die gids geen kitsresepte of sogenaamde “vereistes” daarstel nie, maar word wesenlike kenmerke, grondtrekke en verdienstelikhede duidelik vooropgestel. Uiteindelik sal ook die voornemende skrywer baat vind by die inligting en sal hy vir seker aangemoedig voel om oorspronklikheid aan die dag te lê, die juiste woord te soek en fris beelde in te span.

Verdere faktore wat die gebruik van die gids vergemaklik, is die metodiese uiteensetting van die inleidende vrae in die blokkies wat die aandag trek en dan vestig op die verduideliking wat volg, die “let wel”-blokkies wat die aandag op belangrike reëls en ander inligting vestig, asook die uitgebreide register aan die einde van die gids wat die soek van spesifieke inligting vergemaklik.

Volgens die skrywer is die gids “nie ’n omvattende taalnaslaanboek nie” en moes daar “perke aan die omvang gestel word”. Desnieteenstaande is daar baie inligting – ’n onuitputlike bron van leer- en leesgenot. Daar is met kennis en ervaring gesif en besin en fyn beplan om ’n produk te lewer wat die kol tref. Hierdie gids dra sonder twyfel by tot ’n beter begrip van die Afrikaanse taalstruktuur en die bevordering van die taalvaardighede van diegene wat hulle daarin wil verdiep. En dit kweek ’n liefde en waardering vir die korrekte en mooie in Afrikaans. As ons hom só kan praat, lyk die toekoms blink!

Dus: leerders, onderwysers, studente, belangstellendes en lees- en leergierige boekwurms, maak plek vir hierdie knap gids met sy mooi blou baadjie. Sit hom in jou boekrak, langs jou bed, jou rusbank, neffens die slopemmer en bo-op die TV – en troef daarmee elke “awesome”, “smaakvol”, “mees belangrikste”, “kóntak”, “as volg”, “die man wie”, ens, ens, ens, wat jou TV-ete van steak en tjips bederf.

The post <i>Pharos Afrikaansgids</i> deur Nicol Faasen: ’n resensie appeared first on LitNet.

Navigate by Karin Schimke: a review

$
0
0

Photo of Karin Schimke: Paul Reeves

Author: Karin Schimke
Title: Navigate
Publisher: Modjaji Books
ISBN: 978-1-928215-26-4

Karin Schimke's second collection is somewhat slimmer than her prize-winning debut volume and, for whatever reason, contains no Afrikaans poems. It is an unfortunate truism that second volumes of poetry often have a raw deal at critics’ hands. Poets are caught between the Scylla of continuing to write in the manner that made them prize winners, which gets them criticised for having little or nothing new to say – for not having developed – and the Charybdis of doing something new, different and innovative, and thus laying themselves open to criticism for not achieving the quality or technical verve of the first volume.

The figure of the father looms large in the early poems of the collection, introduced in the first poem, “Myopia”, as a man with “a monocle/ for the myriad mysteries/ he could fix and unpick”. At the same time, the paternal presence was emotionally labile, capable of violence, as we are shown in “The workshop”. This lability is the subject of a number of explorations of being damaged and hurt by the father, as well as the difficulty of trying to understand him. Indeed, what is his child, even as an adult, to make of a man such as this?

And you could never abjure your birthright
though you never went back. What for?
And you could never accept your permanence.

Everything chafed. But it was you all along: rubbing
your own sun-browned skin raw against the hemispheres,
always suspecting the existence of home.

Immigrants may often find it extremely difficult to live with a perpetual sense of deracination, always wanting to return “home” to a country that could well have changed significantly in their absence, to the point where they, too, would now feel alienated, to some greater or lesser extent, even in their homeland. The immigrants’ perspective on “home” is frequently distorted by nostalgia and aggravated by faulty memory. They tend to forget that they have also changed in many ways, not least by ageing. And language is always a central matter, as Peter Bland expresses it in his poem, “Advice to immigrants”:

For the rest of your life
there’ll be two sets of voices –
those in the street
and those in your head.

In the short, six-line poem entitled “Hybrids”, Schimke proffers a sharp criticism of her father’s life in his adopted country:

What were you planting and uprooting,
autodidact of turf and drought and flame-torch sun?
You never planted your bones here. Perhaps
you planted the nerves at the centre of your bones.
You grew hybrid languages and hybrid children.
Unlike God, you were not pleased.

He is a man more difficult to please than God. In “The workshop”, he has “a frown like a cocked gun across [his] forehead”, and when his daughter “needed to pee”, he shouted and grabbed her “by the hair”.

But, he becomes frail, attached to medical equipment, as we see in the poem “Superstition”, where he has been dehumanised to the point that he is depicted as a machine “plugged in/ winched, pumping air into the/ tubes and computers keeping/ themselves alive via you”. He even attempts some sort of change, a touch of tentative mellowing that still borders on volatility, as we discover in the fourth section of “Praxis”:

later when she was
an adult he would trail
his smelly fag in there [her bedroom]
come in stand stare
half smiling
half waiting      (maybe)

for the forgiveness
that comes before an apology
or to marvel that she was grown
and was seldom afraid now

Schimke can be no less critical of the humdrum, predictable nature of many people's lives. This is “Spring outing”:

our day in the daisies died early
while we spoke past one another
the coffee turned cold from indecision
i had wanted to walk alone the two of us
not to wash up on a stinking hazy shore
with fat men and their families camping
around their fat cars with cadacs and gazebos
and whining children arranged all around
and the mothers with their hopeful picnics
and the grandmothers with their useless hands
and the fathers the sitting drinking smoking fathers
with their two chins and their sausage fingers
and their four-by-four nonchalance

This image of social seediness reminds one of Larkin’s “Whitsun weddings” and its repulsive relatives.

I have chosen to focus on some of these intensely emotional, deeply personal poems, as they represent some of the best work in the collection. In other poems, the distance between speaker and subject tends to lessen the powerful emotion we have just seen.

For example, in “Praxis – four steps to understanding change”, which may be considered as a suite of poems, the first part (and the longest), titled “the wheels are coming off”, is a found poem dealing with wheel bearings losing their “perfect radial alignment”, while the second is a rejection of co-option, achieved by giving “my mouth to no one” and being “the ears of everyone/ and of my self”. The third section is titled “a short summary of revolution”, focusing on the paradoxes, including “nothing will/ remain everything will/ stay the same”. The final section, called “ferocious”, centres on her father. (Some lines from this part were quoted a little earlier.) Clearly, it is possible to see that all four parts deal individually with various processes of change, whether in the car, the revolution or the father. I find the first part somewhat incongruous, primarily because it is devoid of the emotional energy one feels in the other parts, particularly the last. But, it could also be argued that mechanical dysfunction is itself devoid of feelings, and that may account for its absence.

It is a pity about the misquotation or typographical error in the quotation from Alexander Pope’s “Ode on solitude”, which precedes the poem “The garden”. It is particularly noticeable because it is the epigraph. Be that as it may, throughout the volume, a wide range of subjects and diverse techniques are skilfully interwoven with a broad spectrum of emotions and finely tuned diction. The result is a second volume of poems which seems to have managed to achieve a balance between the two demands made of second collections; and that, in itself, is no small achievement.

The post <em>Navigate</em> by Karin Schimke: a review appeared first on LitNet.

If this be treason deur Helen Joseph: ’n resensie

$
0
0

If this be treason
Helen Joseph

Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708176

Dis so maklik om die hoogverraadverhoor van 1956 tot statistieke te reduseer.

Dit begin met 156 beskuldigdes; teen die einde is daar 30. Daar was 211 staatsgetuies; 200 spesiale-tak-polisiebeamptes; 9 000 hofstukke; 1 400 hofure. Totale duur van die saak is vyf jaar (1956–1961); 37 000 km gereis na en van die hof. Die staat se deskundige getuie bring 32 dae in die getuiebank deur, 23 daarvan onder kruisverhoor.

Uitspraak: 40 minute.

If this be treason, geskryf deur beskuldigde twee in die verhoor, Helen Joseph, slaag meesterlik daarin om ons daaraan te herinner dat daar vlees-en-bloed-mense agter die statistieke van hierdie marathonhofsaak was. Dit behoort verpligte leesstof te wees vir elke Suid-Afrikaner wat uit ons politieke geskiedenis probeer sin maak.

Die boek pas nie gerieflik in enige genre nie. Dis niefiksie, maar dit lees so maklik en boeiend soos die beste spanningsfiksie. Dis nie politieke kommentaar nie, maar dit posisioneer ditself gemaklik binne van die stormagtigste dele van ons politieke geskiedenis. Dis nie ’n regsdrama nie, alhoewel die sentrale tema van die boek die hoogverraadverhoor is waar Joseph saam met onder andere Nelson Mandela, Ahmed Kathrada en Walter Sisulu aangekla was. Dis nie ’n tronkdrama nie, alhoewel Joseph vir feitlik die hele tydperk waaroor die boek gaan, in aanhouding was.

If this be treason is in wese ’n dagboek deur ’n vrou in aanhouding op ’n klagte waar skuldigbevinding met die dood bestraf sou word. Die staat wou weerstand in die land smoor deur die militantste lede te dood. Een van die regters in die saak het inderdaad kort voor die hoogverraadverhoor 22 mans ter dood veroordeel, en 21 se vonnisse is voltrek. Joseph en haar medebeskuldigdes was terdeë daarvan bewus dat hulle dieselfde paadjie kon volg. Dis maklik om te vergeet dat terwyl sy besig was om die dagboek te skryf, sy geen idee gehad het van wat gaan gebeur met die saak, of in die land, in die jare vorentoe nie. Sy slaag daarin om die leser te plaas in die kopspasie van ’n persoon wat veg vir wat sy glo reg is, sonder enige versekering dat daar beterskap sal kom.

Joseph se vertelling van die drama tydens die verhoor en hulle tyd in die tronk word in teenstelling geplaas met gebeure wat terselfdertyd in die buitewêreld plaasvind: daar is die Sharpeville-slagting, die noodtoestand wat afgekondig was, gedwonge verskuiwings van groot groepe mense, eetstakings en intimidasie deur die polisie.

Treason se trefkrag lê egter in die beeld wat Joseph skilder van die menslike koste wat die verhoor geëis het. Daar is die verhaal van beskuldigde 17, Robert Resha, wat een middag van die hof terugkeer en vind dat sy huis in Sophiatown deur stootskrapers platgestoot en sy meubels op die sypaadjie gegooi is. Daar is die verhaal van beskuldigde 23, B Ndima, wat vir die eerste keer in agt maande huis toe kan gaan in Port Elizabeth en dan ontdek dat ook sy huis vernietig is, en hy weet nie waar sy vrou en kinders hulle bevind nie. Daar is verhale van beskuldigdes waar beide pa en ma in hegtenis geneem is, en hul jong kinders sonder versorging gelaat is.

Daar is vele verhale van beskuldigdes wat hulle inkomste verloor het en finansiële vernietiging in die gesig gestaar het as gevolg van die verhoor en die intimidasietegnieke wat deur die veiligheidspolisie toegepas is. Joseph vertel aangrypende staaltjies van hegte vriendskappe wat gesluit was tussendeur die stres van die verhoor, van vreugdes wat in klein oomblikke gevind was, van dissipline ten spyte van chaos wat van buite op hulle afgedwing was.

Nêrens word lewe in apartheid-Suid-Afrika beter uitgebeeld as in die verskil in behandeling tussen wit en swart gevangenes nie. Joseph skram nie weg daarvan nie. Dit veroorsaak natuurlik spanning tussen haar en die enigste ander vrou onder die beskuldigdes, Lilian Ngoyi, beskuldigde 14. Hulle word op dieselfde vloer in die tronk aangehou, maar spanning ontstaan uit die staanspoor wanneer Joseph ’n bed, lakens en ’n kussing kry omdat sy wit is. Ngoyi kry ’n matjie om op te slaap. Joseph kry vleis en aartappels om te eet; Ngoyi kry waterige mieliepap. Die eerste nag in aanhouding word die swart manlike beskuldigdes in so ’n klein vertrekkie aangehou dat hulle staan-staan moet probeer slaap.

Daar is ook humoristiese oomblikke, soos toe die tronkbussie gaan staan en daar niemand is om te stoot nie. Op die ou end klim die bewaarder uit en stoot, en Joseph, sy gevangene in aanhouding, bestuur die bussie.

Selfs die publikasie van die boek het met drama gepaard gegaan. Die eerste uitgawe is in 1963 gepubliseer, en blitsvinnig verban. Daarna is dit weer in 1998 uitgegee, en dan is daar hierdie 2018-uitgawe.

Dis jammer dat die uitgewers nie die moeite gedoen het om die inligting in die boek op datum te bring voordat hulle dit hierdie jaar weer uitgegee het nie. Een van die aanhangsels tot die boek is inligting oor elkeen van die 30 beskuldigdes. Beskuldigde nommer 6, Nelson Rolihlahla Mandela, word byvoorbeeld beskryf as die huidige president van Suid-Afrika. Dit sou tog redelik eenvoudig gewees het om sulke inligting by te werk.

Uiteindelik is Treason ’n verhaal van die triomf van die menslike gees oor strukturele en sistematiese pogings tot vernietiging.

If this be treason is ’n boek wat my nog lank sal bybly. Bewys jouself ’n guns: gaan koop dit.

The post <i>If this be treason</i> deur Helen Joseph: ’n resensie appeared first on LitNet.


Leer lees en skryf vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie

$
0
0

Leer lees en skryf: graad 1, 2 en 3
Mart Meij
Uitgewer: Best Books
ISBN: 9781776071814 /  9781776071821 /  9781776071838

Nóg ’n kleintjie op pad …?!

In werklikheid het dié nuwe aankomelinkie reeds op 13 Oktober 2017 sy opwagting gemaak – springlewendig en gesond – én al die vingertjies en toontjies daar …

Die nuwe Leer lees en skryf-werkboek vir graad 1 tot 3 Afrikaans Huistaal is goed beplan deur ervare opvoedkundiges en taalkundiges en volgens die vereistes van die KABV: die leeslesse en handskrif- en taaloefeninge in dié werkboeke sal leerdertjies se woordeskat verbeter, hulle help om met selfvertroue en begrip te lees, hulle help om die uitspraak van klanke korrek aan te leer, en hul handskrifvaardighede help ontwikkel.

Die werkboeke is ook uiteengesit volgens die voorgeskrewe KABV-volgorde vir die leer van klanke, drukhandskrif en taalwerk in die onderskeie grade.

Die handskrifoefeninge, skrifstrokies en skrifpatrone is daarop gemik om lettervormingsvaardighede en druk- en lopende skrif in die regte lettertipe en met die korrekte reëlspasiëring, soos die KABV vereis, te oefen.

Die nuwelinkie is gretig om tevrede te stel en plesier en genoegdoening te verskaf: ná elke leesstukkie (volgens progressie in moeilikheidsgraad gegradeer) volg daar oefeninge wat die bepaalde klanke, spelling en taalstrukture en sigwoorde vaslê, en die leerdertjies sal leer hoe om woorde en volsinne te skryf, én terselfdertyd fyn motoriese en lopende en drukhandskrifvaardighede in die korrekte fonttipe en reëlspasiëring ontwikkel. Dié oefeninge kan ook vir assessering ingespan word.

Benewens ’n aantreklike voorblad is daar duidelike en kreatiewe illustrasies, met ’n Suid-Afrikaanse aanslag, wat die leerdertjies ook kan inkleur om hulle verder te stimuleer en betrokke te hou.

Die temas is gepas vir die ouderdomme en interessant en oorspronklik – vanaf die onmiddellike omgewing, alledaagse menslike bedrywighede en verskillende kulture tot die verkenning van die natuur, die aarde en die maan!

Elke kleintjie kom met sy eie potjie pap, lui die spreekwoord. Só kom dié kleintjie ook met ’n CD en die nodige gebruiksaanwysings vir onderwysers en ouers voor in elke boek.

Hierdie nuwelinkie verdien om met ope arms verwelkom te word.

The post <i>Leer lees en skryf</i> vir graad 1, 2 en 3 deur Mart Meij: ’n resensie appeared first on LitNet.

Jong leser: wen met jou boekresensie!

$
0
0

Is jy op skool en wil jy vir ander leerders vertel van die boeke wat jy lees? LitNet nooi jou uit om jou indrukke van ’n kinder- of jeugboek te skryf en vir ons te stuur. Word ’n LitNet-sterleser en wen R500 kontant vir jou resensie.

Die doel van hierdie kompetisie is om boekgesprekke onder leerders aan te moedig en medelesers se aandag op boeke te vestig.

Hier is ’n paar riglyne:

  • ’n Resensie moet asseblief nie die hele storie verklap nie.
  • ’n Kort opsomming van die storie is wel gepas.
  • Kritiek is welkom, maar moenie die skrywer beledig nie.
  • Woordtelling: minimum 300.
  • Gaan taalgebruik asseblief noukeurig na voordat jy die bydrae instuur.
  • Geen betaling is ter sprake indien jou resensie as deel van die kompetisie verskyn nie.

Hoe om in te skryf

Stuur jou lesersindruk, naam, graad en die naam van jou skool na jonglesers@litnet.co.za met die titel: "Leerderindruk van [titel en skrywer van boek]". Slegs indrukke wat per e-pos ontvang word, sal oorweeg word.

Reëls

  • Slegs een inskrywing per persoon.
  • Inskrywings moet deur ’n ouer of onderwyser gestuur word.
  • Geen anonieme inskrywings sal aanvaar word nie. 
  • Jy mag oor enige boek in ’n Suid-Afrikaanse taal skryf, maar jou resensie moet in Afrikaans wees.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet gepubliseer mag word en vir bemarkingsdoeleindes gebruik mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie werk wees en mag nog nie voorheen iewers anders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Die uitslae is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die sluitingsdatum is 25 Julie 2018.

Pryse

Daar is vier kontantpryse van R500 elk ter sprake.

Die kategorieë waarvoor ingeskryf kan word, is:

  • graad 4 en 5
  • graad 6 en 7
  • graad 8 en 9
  • graad 10 tot 12.

Daar is dus een prys van R500 wat in elke afdeling gewen kan word.

The post Jong leser: wen met jou boekresensie! appeared first on LitNet.

Jong lesers: Onderwêreld deur Fanie Viljoen

$
0
0

Onderwêreld
Fanie Viljoen
NB-Uitgewers
ISBN: 9780624046691

Onderwêreld is ’n jeugroman met ’n kinkel. Dis ’n fantastiese boek om hedendaagse kinders se konsentrasievermoë te verskerp. Die boek is uniek weens die manier waarop dit geskryf is, die konsentrasie wat dit benodig en die intensiteit van besonderhede.

As ’n huidige 15-jarige kan ek onthou hoe ek twee jaar terug mooi moes konsentreer – toe ek die boek vir die eerste keer lees – om by te bly. Dis weens die terugflitshoofstukke wat verskyn, wat meer agtergrond gee oor afgelope gebeure.

Die boek handel oor ’n leerder, Eckardt Wilken, wat in sy matriekjaar by Lawson-kollege aansluit. Aan die begin van die boek is daar konflik tussen hom en die hoofseun, Greg Owen, maar na ’n tyd word hulle goeie vriende. Greg word geïnteresseer deur wat Eckardt doen in sy vrye tyd. Eckardt is ’n hacker en Greg het uit nuuskierigheid aan hierdie aktiwiteit begin deelneem, as ’n “withoed”. Eckardt het ’n agenda en verdwyn na ’n ruk. Die verhaallyn loop af in ’n ontsyferende speurverhaal. Die leser moet kophou met gebeure om self te probeer uitvind wat met Eckardt gebeur. Die boek handel oor meer as net dit – alledaagse realiteite soos druk wat tieners ervaar en gerespekteerde mense wat met kwaad te doen het, verskyn.

Ek beveel hierdie boek aan vir almal, jonk en oud, om te probeer agterkom wat met Eckardt Wilken gebeur het en watter geheime rondkinkel in albei karakters se lewens. Die boek neem jou in na ’n ander realiteit en is perfek vir as jy ’n blaaskans vanaf die wêreld wil neem. 

Ekstra

Verskoon hoe informeel dit is. Dis die eerste keer wat ek, Renaldo van der Merwe (15), ’n resensie skryf. Ek het dit net gedoen weens die liefde wat ek vir Fanie se boeke het. Sy boek Uit het my ’n passie gegee vir lees wat tot vandag toe by my is. Skrywers soos hy doen ’n ongelooflik goeie werk en het die krag om mense se lewens te verander.

The post Jong lesers: <em>Onderwêreld</em> deur Fanie Viljoen appeared first on LitNet.

Confessions oor kerkwees deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk

$
0
0

Confessions oor kerkwees
Jaco Strydom
Uitgewer: Carpie Diem Media
ISBN: 9781432208219

Confessions oor kerkwees is nie my tipiese leesstof nie. Ek het die boek verniet gekry, en omdat dit verniet was, het ek dit maar gelees. Maar ook om ander redes. Dalk is dit die buiteblad van die boek wat my nuuskierigheid geprikkel het. Jaco Strydom is duidelik nie ’n tipiese NGK-dominee nie. Hy dra ’n beanie op sy kop en maak die vredeteken met die hand. Hy gebruik Engelse woorde en is hip en with it en cool. Oukei, nie dat Engelse woorde my werklik beïndruk nie, maar dit skep tog ’n bepaalde atmosfeer van iets anders as die gewone. En die boek self is darem nie werklik deurspek met Engels nie. Dis eintlik net die titel. Die inhoudsopgawe bevat ’n hele rits opskrifte wat redelik uitdagend sal wees vir ’n tradisionele gelowige. Opskrifte soos “Sê nou die Christene sou vir Jesus volg” en “Die illusie van ‘goeie teologie’”. Dis nie ’n boek wat mens in ’n sin of twee kan opsom nie. Strydom beskryf die boek as ’n “stirfry”. Dit is ’n versameling van sy rubrieke en webjoernaalplasings oor sy bediening en sy gewaarwordinge daarrondom. Maar daar is ’n interessante goue draad wat deur sy skryfsels loop.

Strydom keer keer op keer terug na een saak, en dit is Jesus. Vir Strydom bly die fokus op Jesus. Daar is ook vir my as ateïs waarde hierin, en dit het my geboei, want ook ek geniet dit om oor Jesus te lees. My eie siening van die Bybel, en spesifiek die evangelies, is dat die sinoptiese evangelies waarlik fassinerende boeke is, en niks minder as literêre meesterstukke nie. Die groot verligting, hoe meer jy lees, is dat daar nie in hierdie boek al weer ’n gedurige gehamer is op die smet van die mensdom nie. Op die soenoffer en Triniteitsleer en die erfsonde nie. Nee, Strydom adem vir my iets van die gees van die Bybelse Jesus en bepleit eintlik juis minder wette en reëls. Hy sê selfs dat die kerk se sinodes minder mag moet hê. Volgens Strydom het Jesus “meer gepraat oor hoe ons moet leef as oor wat ons moet glo” (37). As dit nou nie verfrissend is nie, dan weet ek nie! Ek het juis altyd hierdie saak in my hart dat dit tog absurd is dat god (nie dat ek dink daar is so ’n wese nie) enigsins begaan is oor watter teologiese konsepte sy eie skepsels ken en aanvaar. Getuig dit nie van homo sapiens sapiens se eiewaan nie? Dat die mens dink dat sy teologiese belydenisse, en die konsepte wat hy uitdink, vir hom die wa deur die drif moet trek in die lewe? En wat is die nut van geloof wat “reg glo”, maar wat nie reg leef nie? Moet geloof nie hier en nou ’n verskil maak nie? Fokus kerke nie dalk hopeloos te veel op die eendag wat nog moet kom nie?

Ander verfrissende idees in die boek: Strydom wil he gay mense moet aanvaar word, en hy is ook nie so anti-Katoliek soos wat ek as kind die Gereformeerde dominees leer ken het nie. Ag aarde. Hoeveel keer moes ek nie hoor die pous is die antichris nie? Of dat Satan vir Martin Luther persoonlik probeer aanval het nie. Nie dat ek enige heldeverering vir Katolieke het nie, maar die punt is, hulle is nie minder of meer heilig as Protestante nie. Hulle is maar net mense met ’n ander godsdiens as “ons” godsdiens. En dit kan nie skade doen om oor die draad te loer nie. Geen mens het alle kennis in pag nie. Daar is dus veel wat Strydom te sê het wat van waarde is, of mens nou in god glo of nie. Strydom pleit dat mense na verskillende stemme sal luister en nie net na hulle eie nie. Hy skryf gedurig oor Jesus se stryd teen sosiale ongeregtigheid. Volgens hom is die kerk “vervelig”, teenoor Jesus wat dapper was en ’n opwindende lewe gehad het.

Strydom is nie op ’n missie om gewild te wees nie. Hy skryf ook dat Suid-Afrika se kerke mense polariseer op grond van ras. Elkeen gaan elke Sondag na sy eie kerk. Dit is beslis my eie ervaring ook. Trouens, dit is een van verskeie redes hoekom ek nie meer die kerke enigsins ernstig opneem in die lewe nie. Vir vyf, party weke ses, dae per week, werk ek vir agt ure skouer aan skouer saam met Suid-Afrikaners van elke ras, net om die sewende dag vir ’n uur elkeen in ons eie kerkie te gaan sit. Ons kan saam werk, maar ons kan nie saam ’n godsdiens beoefen nie. Dit is nou buiten die kerk se verspotte debatte oor homoseksualiteit en selfs gender, spesifiek die rol van vroue, wat nog in sekere van die Afrikaanse susterskerke debatteer word – dit alles is dinge wat nie meer hoort in die eeu waarin ons lewe nie, maar ons sit daarmee, danksy die kerk. Al wat dit vir my wys, is hoe ver agter die kerk geraak het. Hoe reaksionêr en irrelevant die kerk geword het.

Ek het Jaco Strydom se boek oor die kerk baie geniet, maar ek is bevrees dat hierdie boek net maar gaan wegsink in ’n see van “korrekte teologie”. Jesus self het lankal verdrink in daardie moeras. Danksy Jaco Strydom kan ons vlugtig weer bietjie lees van hoe anders die Bybelse Jesus was in vergelyking met onsself. Dis ’n lekker verposing te midde van die lewe se dolle gejaag – ’n boek van pypdrome, van hoe die wêreld sou kon wees as ons die Bybelse Jesus ernstig as voorbeeld sou volg.

The post <i>Confessions oor kerkwees</i> deur Jaco Strydom: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Ter wille van die vaders deur Marzanne Leroux-Van der Boon: ’n resensie

$
0
0

Ter wille van die vaders
Marzanne Leroux-Van der Boon

Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 9780796320841

Ter wille van die vaders is die tiende in ’n reeks titels deur Marzanne Leroux-Van der Boon wat hulle grootliks in Israel afspeel, met die lewe in Israel en die Joodse geloof as agtergrond – en telkens met Marc Krige as hoofkarakter.

In ’n resensie oor Tikkun Haòlam: Herstel die wêreld, ’n vorige titel in die reeks, word dié boek aan flenters geskiet en beskryf as een wat “geen struktuur en geen ruggraat het nie: Die boek is ’n vormlose massa woorde.”

Dis bitter en venynige woorde ... maar is dit geldig? Móét ’n boek, selfs ’n roman, aan tradisionele maatstawwe – soos ’n sterk struktuur en deurlopende funksionaliteit – voldoen om bestaansreg te hê? Is dit verkéérd om ’n boek te skryf wat eerstens daarop gerig is om inligting te gee, met intrige en karakterontwikkeling in die tweede plek? Dalk het die genoemde resensie dit mis – en het Leroux-Van der Boon iets is beet.

Om dit te bepaal is dit nodig om met ’n oop gemoed en “vars” oë na Ter wille van die vaders te kyk.

Die eerste 60 bladsye handel oor ’n besoek aan Auschwitz. Die gruwels en ontbering wat gevangenes in dié konsentrasiekamp moes deurmaak, word in besonderhede beskryf. Sulke beskrywings is interessant en skokkend, maar helaas: niks in dié beskrywings is openbarend nie en is vir die meeste van ons ou, deurtrapte nuus. Dié sekwens kan wel as funksioneel gesien word, omdat dit voorgehou kan word as motivering vir die Israeliete se onvoorwaardelike bereidwilligheid om vir hul land te sterf – wat die soms onredelike aggressie teenoor die Palestyne insluit.

Net soos in vorige boeke in die reeks, maak Ter wille van die vaders hom skuldig aan blatante propaganda: die Palestyne word uitgebeeld as kwylende terroriste wat Jode met messe vermoor. Natuurlik is Palestynse militantes se moorddadige metodes onder verdenking, maar Leroux-Van der Boon sê nie veel oor Israel se alombekende vergrype in dié konflik nie.

Daar word selfs, die hemel behoed, ’n lansie of twee gebreek vir Donald Trump – met sy oranje gevreet en die kraaines op sy kop, maar dan moet ’n mens aanvaar dat die meeste Israeli’s na aanleiding van Trump se vooroordeel teenoor Israel, hom as ’n gawe kêrel beskou.

Te veel ruimte word aan die verduideliking van die Joodse dogma afgestaan, maar gelukkig nie die een bladsy ná ander soos in Tikkun Haòlom nie.

Daar gebeur hier en daar iets. Marc se stiefpa sterf en hy reis na Suid-Afrika. Hier ontmoet hy Simon, Marc se kunsonderwyser toe hy (Marc) ’n tiener was. Sy besoek aan Suid-Afrika bring ook herinneringe aan Nicola, Marc se eerste liefde van jare gelede (daar kan meer hieroor gelees word in Tyd van herkenning, die boek waarin Marc aan lesers bekendgestel word en wat jare gelede verskyn het). ’n Herontmoeting met Nicola en die konflik wat daarmee kon saamgegaan het, sou ’n gawe kinkel aan die narratief verskaf het, maar Leroux-Van der Boon laat dié geleentheid verbygaan.

Marc moet haastig na Israel terugkeer toe sy seuntjie siek word. Die seun het ’n gewas op die brein wat in ’n operasie verwyder moet word, maar ook dié gegewe loop nie regtig op iets uit nie.

Indien dit moontlik is om ’n roman te skryf wat meestal steun op die deurgee van inligting en waarin intrige tot die minimum beperk word en wat nogtans die leser se aandag hou, is Ter wille van die vaders nié so ’n boek nie. Al is die roman ’n effense verbetering op sy voorgangers, is die doodsteek weer eens in die eerste plek ’n gebrek aan struktuur: dis nie hoe ’n roman moet lyk hierdie nie.

Met apologie aan die skrywer en haar lesers: ek is nogmaals nie beïndruk nie.

The post <i>Ter wille van die vaders</i> deur Marzanne Leroux-Van der Boon: ’n resensie appeared first on LitNet.

Jong lesers: Grilgrypers – die vloek van Vreesbaai deur De Wet Hugo

$
0
0

Grilgrypers: Die vloek van Vreesbaai
De Wet Hugo
NB-Uitgewers
ISBN: 9780798176750

"Wees gewaarsku: Die Grilgrypers-reeks is grillerig, rillerig en hoendervleis-lekker leesstof!"

Hoe waar is hierdie woorde op die agterblad van De Wet Hugo se Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai, uitgegee deur Human & Rousseau, nie. 

Toe ek ’n ruk gelede te hore gekom het van hierdie nuwe grilboekreeks vir kinders in Afrikaans was ek vreeslik (verskoon die woordspeling) opgewonde! Hopelik sou hierdie boek van 123 bladsye presies wees wat ek nodig gehad het – ’n leesboek wat my nie sou oorweldig nie, maar wat my van die eerste bladsy af tot aan die heel einde sou boei. En Grilgrypers 1 het my in geen opsig teleurgestel nie! Die oomblik toe ek dié boek met sy pragtige blou omslag wat deur die talentvolle Schân Fischer ontwerp is opgetel het, het ek geweet ek wíl hierdie boek lees. Die aksiebelaaide hoofstukke eindig elk op ’n spanningspunt wat jou dwing om verder en vinniger te wil lees! 

Waaroor gaan dit? Miek trek saam met sy gesin na Vreesbaai, ’n spokerige kusdorpie waar hy van die eerste oomblik af deur sy grootste vrees, ’n monsterhond, gekonfronteer word. Dit is ook nie lank voordat hy ontdek dat elke kind en tiener op Vreesbaai ook in vrees lewe nie. Maar wanneer hy besef dat ’n vrou in ’n swart trourok, wat ’n pop sonder oë vashou, by sy jonger sussie spook, besluit hy om met die hulp van sy vriende iets aan die saak te doen. Maar wie is verantwoordelik vir die kinders se paniek en vrees waarvan hulle ouers duidelik nie notisie neem nie? En wie op Vreesbaai kan Miek en sy vriende vertrou? Die antwoorde sal jy in hierdie opwindende grilboek ontdek! 

Ek beveel Grilgrypers 1: Die vloek van Vreesbaai ten sterkste aan vir seuns én dogters wat van stories vol spanning, raaisels en kinkels hou. En asof dít nie reeds genoeg is om 'n huiwerige leser aan die gang te kry nie, beloof hierdie onheilspellende boek as ’n welkome bonus ook nog 'n stewige dosis hoendervleis, koue rillings en kriewels!

The post Jong lesers: <em>Grilgrypers – die vloek van Vreesbaai</em> deur De Wet Hugo appeared first on LitNet.

Sterre en planete: ’n lesersindruk

$
0
0

Sterre en planete
Hennie Maas, Matie Hoffman, Willie Koorts, Kobus Olckers en Japie van Zyl
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9780928316926

Ek het Sterre en planete met ’n traan in die oog en ’n knop in die keel gelees. Dit was een van die laaste boeke wat ek vir my pa gekoop het en in Desember 2017 vir hom gegee het. Hy is die daaropvolgende Februarie oorlede, maar hy het die boek wel deurgelees. Die sterrekunde is nie iets waarmee ek my tipies bemoei nie, en of ek uit my eie so ’n boek net vir myself sou koop, daaroor wonder ek soos ek hier sit. My aandag word te veel verorber deur ander titels, veral geskiedenisboeke, en ek is boonop nie juis ’n luisteraar van die Radio Sonder Grense-program Sterre en planete soos my pa was nie. Maar my liefde vir Afrikaanse boeke het my laat lees, en laat deurdruk, selfs al is die natuurwetenskappe glad nie my sterkpunt in die lewe nie. Ek onthou jare gelede het die joernalis Gideon Joubert ’n boek geskryf met die titel Die groot gedagte, waarvan ek as kind groot dele gelees het. Dit was in 1997 of 1998 rond as ek reg onthou, en die boek het nogal aandag getrek onder die behoudende Boeredom-klomp onder wie ek my bevind het. Joubert het ’n gawe gehad om komplekse inligting op ’n uiters verstaanbare wyse aan te bied vir ’n absolute leek. Maar terugskouend weet ek dat Joubert se boek eerder ’n boek van Christelike apologetiek was wat met die gedagtes van intelligente ontwerp gemoeid was. Daarvan kry mens niks in Sterre en planete nie, want die aanslag is totaal anders. Daarby het die kennis van sterrekunde ook sedert 1998 groot spronge gemaak. Sporadies het ek hier en daar ook iets anders gelees, soos Bill Bryson se A short history of nearly everything, wat ook aan die sterrekunde raak, maar as daar nou ’n tipiese leek is, dan is ek ’n goeie voorbeeld, sou ek sê.

Wat het my pa van Sterre en planete gesê? Hy het net een groot klagte gehad wat ek onthou, en dit is dat daar te lang hoofstukke is oor teleskope. Stem ek saam? Ek kan verstaan dat die hoofstukke oor die teleskope dalk bietjie langdradig kan raak vir sommige lesers, maar dan moet mens altyd ook onthou hoe belangrik teleskope in die bestudering van die sterre is. Die dele van die boek wat die geskiedenis van die sterrekunde dokumenteer, is vir my eintlik van die interessantste dele van die boek. Ek reken met ’n boek soos hierdie lees verskillende mense dit om verskillende redes. Die bestudering van die sterre was self om uiteenlopende redes gedoen oor die eeue. En dit is ook waar die boek begin, by ’n hoofstuk oor “Antieke sterrekunde” deur Hennie Maas, wat die ontstaan van die Westerse sterrekunde herlei na Mesopotamië. Daar is vandag nog mense wat astrologie beoefen en ook dus die sterre om ander redes bestudeer, maar in hierdie boek gaan dit oor die wetenskaplike studie van die sterre, die astronomie. Die astronomie sluit ook aan by die kosmologie, maar Sterre en planete is nie veel met die kosmologie gemoeid nie, en die fokus bly hoofsaaklik op die astronomie.

Die boek word bemark as ’n brug tussen akademiese sterrekunde en die sterrekunde van die amateur en die leek. En dit is inderdaad so. Daar is selfs ’n hoofstuk spesiaal gewy aan amateursterrekunde, waar praktiese raad aan amateursterrekundiges voorsien word. Die grootste gedeelte van die boek was vir my darem heel verstaanbaar, maar hier en daar was ek wel verlore. Die feit dat wetenskaplikes nog nie die son se werkinge presies uitgepluis het nie, is fassinerend. Dan is daar sinne soos: “Solank as wat die ioonskeppingstempo groter is as die herkombinasietempo, is daar ’n oormaat van elektrone wat vir die weerkaatsing van radiogolwe gebruik kan word" (180). Dit is maar net een van ’n aantal sinne wat so klink en waarvan ek nie veel verstaan het nie.

Gelukkig is dit nie hoe die hele boek lees nie. Inteendeel, die grootste gedeeltes van die boek bevat historiese inligting wat die ontwikkeling van die sterrekunde skets, en dit maak uit eie reg die boek besonder interessant en waardevol. Daar is selfs ’n hoofstuk wat fokus op die toekoms van die sterrekunde, en watter studieonderwerpe in die sterrekunde in die toekoms nog meer aandag sal moet geniet. Die boek bevat geweldig baie internetverwysings, veral verwysings na die aanlyn ensiklopedie Wikipedia, wat vir die gesofistikeerde navorser dalk lomp mag voorkom. Daar is ook die herhaaldelike gebruik van “Amerika” in plaas van “VSA”, maar dit kan as ’n klein jakkalsie afgemaak word. Die boek is ryklik voorsien van foto's en sketse wat die teks vergesel, en die verwagting is dat weens die spoed waarteen astronomie ontwikkel, nog boeke spoedig sal moet volg.

Dit is belangrik om op hoogte te probeer bly van die ontwikkelinge in die sterrekunde. Daar is nie groot getalle boeke wat oor die onderwerp verskyn in Afrikaans nie, en daarom kan mens net met lof praat van Sterre en planete. Dit is ’n uitdaging om die sterrekunde toeganklik te maak vir die leek, en die boek vul ’n belangrike gaping in daardie opsig.

The post <i>Sterre en planete</i>: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Jong lesers: Vandag is ek ’n windlawaai deur Philip de Vos

$
0
0

Vandag is ek 'n windlawaai
Philip de Vos
Protea Boekhuis
ISBN: 9781485307648

Vandag is ek ’n windlawaai is deur Philip de Vos geskryf en deur Piet Grobler geïllustreer.

Ons het onlangs in die Afrikaans-periode by die skool oor Philip de Vos geleer. Dit was regtig lekker om meer oor hom te leer en kort daarna sy boek te lees. Hierdie boek is ’n digbundel wat ek sal aanbeveel vir kinders van ouderdomme 7–12.

As ’n mens net na die voorblad kyk, sal jy dalk eers dink dit is kinderagtig, maar daar is regtig diepte in. Al die gedigte gaan oor ’n klein seuntjie wat enigiets sal doen om in sy boom te gaan klim en net wil droom. Ek was veral beïndruk deur die gedig “Spesiale dag”, wat sonder twyfel my gunstelinggedig in die boek was. Die titel van die boek kom ook van daardie gedig af. In een van my ander gunstelinggedigte kon ’n mens veral sy verhouding met sy ouers sien (lees, met ander woorde). Hy en Jaco Jacobs skryf baie in dieselfde styl – daar is ’n definitiewe verband tussen hulle boeke en verse. Hierdie boek is ’n goeie boek om net voor slaaptyd te lees – ek dink dit is half waarvoor dit bedoel is. Die boek is gebaseer op Robert Schumann se klavierwerk Kinderszenen (“Kindertonele”) en die dertien verse gaan, soos ek gesê het, oor ’n spesifieke seun se leefwêreld.

As jy nou al volwasse is, sal die manier waarop Philip de Vos die woorde weef, jou laat terugverlang na jou kinderjare.

Ek is nege jaar oud, in graad 4 (standerd 2), en soek altyd nuwe boeke om te lees – ’n mens kan nooit genoeg hê nie. Alhoewel ek deesdae meestal Engelse boeke soos Harry Potter, Wonder, The Secret Seven en The Famous Five lees, het ek hierdie boek verskriklik baie geniet.

Dit is ’n boek hierdie wat ’n mens oor en oor kan lees, maar nooit sal moeg raak daarvoor nie. Ek is mal oor die kleurvolle illustrasies – dit pas regtigwaar by die boek.

Dit is pragtige maar grappige gedigte!

Vandag is ek ’n windlawaai — die storie agter die inskrywing voorin die bundel

The post Jong lesers: <em>Vandag is ek ’n windlawaai</em> deur Philip de Vos appeared first on LitNet.

Vandag wil ek my blou skoene dra deur Koos Kombuis: ’n resensie

$
0
0

Vandag wil ek my blou skoene dra
Koos Kombuis
Uitgewer: Naledi
ISBN: 9781928426080

Koos Kombuis is daardie cool dude met die kopdoek. Net vir ingeval die leser van die resensie nie weet wie hy is nie. (Dan is jy waarskynlik van ’n ander land of het pas uit ’n lang koma ontwaak.) Hy speel kitaar, skryf songs, was in ’n band saam met Johannes Kerkorrel en skryf Afrikaanse romans vol vloekwoorde wat al menige doppertannie uit haar perm geskok het. Het jy al Raka die roman (2005) of Seks & Drugs & Boeremusiek (2000) gelees? Indien nie, klim nóú in jou motor. Leen, koop of indien die nood druk, steel een. Dié man se romans laat jou tone krul van literêre leesgenot.

Moet hom egter nie met die kopdoekdraende doktor van Johannesburg verwar wat altyd politiek op die televisie praat nie. Nee hoor, Koos Kombuis praat politiek in sy songs, sy poetry en sy romans. Maar dis lekker politiek. Hy draai nie doekies om nie. Hy dwing jou as leser om introspeksie te doen en laat jou terselfdertyd skaterlag.

Na twee dekades (en seker baie wyn tydens die bepeinsing oor wat professor doktor Opperman as verruklike poësie sou beskou het) het ’n nuwe digbundel uit Koos se pen verskyn. Eers was daar André le Roux du Toit wat in 1981 saam met Daniel Hugo (sonder die deelteken – Joan Hambidge het my eens oor die vingers gepiets hieroor), Peter Snyders en Etienne van Heerden in Brekfis met vier sy poetry die wêreld ingestuur het. Onder die skuilnaam André Letoit (celebrities en poets moet skuilname gebruik, want hulle fans is lastig) het Suburbia in 1982 by Perskor verskyn, gevolg deur Die geel kafee in 1985. Allawêreld! Daar kom Afrikaans se eie Beat generation-poet toe na vore met sy lekker loslit vrye verse vol surrealisme en dekadensie.

Koos Kombuis (Foto: Naomi Bruwer)

Laasgenoemde bundels het Kombuis nou nie die Hertzogprys vir poësie besorg nie, maar het ’n hele paar geslaagde verse bevat. Dink maar aan gedigte soos “Gebed vir my vervreemde vrou”, “Ek is ’n Afrikaner” en “elegie vir my toekomstige vrou”. Die gedig “in en uit” is selfs vir IEB-skole voorgeskryf. (Nie dat dit belangrik is nie, maar dit is die enigste manier waarop digters actually geld met hul gedigte verdien.)

Met groot afwagting én opwinding het ek Kombuis se nuwe digbundel gegryp en my lippe afgelek vir my Kombuis-hero se nuutste toevoeging tot ons taaltjie se poetry-oeuvre. My opwinding was egter van korte duur, liewe leser. Die bundeltjie is maar aan die dun kant, met slegs 26 gedigte. As ’n digter twee dekades wag voor sy/haar volgende bundel verskyn, verwag lesers immers gedigte wat deeglik afgerond is en ’n bundel met meer as 26 gedigte. Helaas is dit nie die geval nie.

Die bundel in sy geheel bevat grotendeels gedigte waarin Kombuis besin oor die stand van sy eie lewe asook ’n veranderde Suid-Afrika. Op sy humoristiese wyse word daar intertekstueel in gesprek getree met Van Wyk Louw asook die Onse Vader in “vier gebede by jaargetye in die boland” (een van die beter gedigte in die bundel) en “oorlewingsgebed van die 21ste-eeuse kunstenaar”. Die titelgedig, “vandag wil ek my blou skoene dra”, is somber van aard, maar treffend. In “alles vergeel” fokus die digter op sy verganklikheid:

alles vergeel
wat vroeër belangrik was;
gister se heldedade en veldslae
verdor tot
boring statistieke
in stowwerige
familie-albums.

in my vorige lewe was ek ’n rockster.
in my vorige lewe was ek ’n matroos.
in my vorige lewe was ek
’n doos van bellville-oos.
wie gee om
wat ek was
as alles broos en droog word
soos gras? […]

Kombuis erken self in die bundel dat hy van rymdwang gebruik maak (sien voetnotas op ble 24 en 45). Daar is niks verkeerd met die gebruik van rymdwang nie, maar too much of a good thing is ook nie goed nie, nè. Die oordrewe gebruik van rymdwang kom studentikoos voor en klink meer na ’n popdeuntjie wat by die KKNK se musiektent ad infinitum herhaal word as ’n gedig wat iets om die lyf het.

Alhoewel daar enkele geslaagde gedigte (en volop humor) in die bundel is, is die bundel in sy geheel teleurstellend. Op die agterblad skryf Kombuis dat hy die bundel “vir [sy] eie plesier [geskryf het]”. Boonop word dit as sy “ryp-word-bundel” beskou. As kritiese leser verwag ek van ’n gerekende skrywer soos Kombuis om iets meer substansieel te lewer as sy “ryp-word”-werk. Met ’n gedig soos “pampoenkoekies” is ek nie oortuig dat hierdie bundel Kombuis se skryftalent reflekteer nie.

help
ek wil net
pampoenkoekies eet.

Hierdie bundel sou nie gepubliseer gewees het indien ’n onbekende digter die manuskrip aan ’n uitgewer voorgelê het nie. Met Vandag wil ek my blou skoene dra doen Kombuis afbreuk aan sy poëtiese oeuvre. Die bundel was nie gereed vir publikasie nie.

Dit gesê, sal sy fans steeds die bundel koop en heel moontlik geniet. Ongeslaagde bundel en al bly ek steeds een van Koos se fans.

Naskrif: Ek teken by voorbaat verskoning aan by al die taalpuriste wat ’n weersin in my taalgebruik het. Ek en Koos is baie lief vir Afrikaans. Maar wanneer jy oor Koos skryf, mag jy maar so bietjie jou tale mix. Terloops, Koos Kombuis is ook die enigste mens in die wêreld wat maar Crocs mag dra. Want hy is Koos Kombuis!

The post <i>Vandag wil ek my blou skoene dra</i> deur Koos Kombuis: ’n resensie appeared first on LitNet.

Ek & jy: verhoudings wat werk deur Louis Awerbuck en Lise Swart: ’n lesersindruk

$
0
0

Ek & jy: verhoudings wat werk
Louis Awerbuck en Lise Swart

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798174404

Die meeste mense wat soms na Radio Sonder Grense luister, sal seker weet van Louis en Lise en hulle sielkundeprogram Wie is ek?. Soos verskeie ander RSG-programme het hierdie een ook nou uitgeloop op ’n publikasie, maar Louis en Lise se boek het darem ’n ander titel as die naam van die program; hulle boek se naam is Ek & jy: verhoudings wat werk. Dit is nie ’n boek wat in die algemeen na verhoudinge kyk nie. Die fokus in hierdie boek is spesifiek op die onderwerp van lewensmaats, hoewel daar darem in die inleiding gemeld word dat die boek “ook relevant vir die bestuur van verhoudings in familie-, gesins- of werksverband” (10) is.

Sielkundiges kan lekker stry onder mekaar, net soos in elke dissipline maar. Of dit nou teoloë, historici, argeoloë, dieetkundiges is, of wat die geval ook al mag wees, mense het verskillende idees oor hoe dinge moet werk. In hierdie boek word daar sterk gesteun op die psigoanalitiese idees van Carl Jung (1875–1961) asook die baie bekende Myers Briggs-model van ontleding. ’n Mens moet maar redelik oopkop probeer wees met dié tipe van ding. Die psigologie bied nie kitsoplossings nie. Inteendeel, Awerbuck en Swart se boek is eintlik wat mens sou kon noem ’n tipiese selfhelp boek, omdat dit ook praktiese oefeninge bevat. Die boek is in vier afdelings opgedeel en bestaan uit 13 hoofstukke. Daar is ook ’n opsomming van al die hoofstukke en dit eindig met ’n hele aantal gevallestudies.

Dit is dus ’n baie praktiese boek. Dis nie ’n boek van komplekse filosofie nie. Die filosowe word baie vlugtig besoek, en dan begin die nare waarhede uit die blaaie uitklim. Mense trou met vreemdelinge. Selfs mense wat 15 jaar getroud is, is dikwels vreemdelinge vir mekaar. Dit gebeur weens die aard van mense se verhoudinge. Moeilike vrae word aan die begin van verhoudinge vermy, en dan word dit later ’n kopseer. Die oplossing is vir mense om mekaar beter te leer ken. Dit kan gedoen word aan die hand van vraelyste wat in die boek voorsien word.

Maar verhoudinge vereis natuurlik nie net kennis van die ander persoon nie, dit vereis ook intieme selfkennis. ’n Mens moet jou eie nie-onderhandelbare eise vir ’n verhouding ken. Sê byvoorbeeld jy is soos ek en die reuk van sigarette maak jou naar. Jy sal tog nooit ’n verhouding met ’n roker begin in die hoop dat die persoon eendag sal ophou nie? Of dalk wil jy nooit kinders hê nie. Maak dit dan sin om met iemand te trou wat droom van vyf kinders? Selfs ’n enkele nie-onderhandelbare vereiste kan daartoe lei dat ’n hele verhouding skeefloop.

Dan is daar konflik en kommunikasie. Konflik floreer daar waar wanpersepsies en swak kommunikasie hoogty vier. ’n Mens moenie aanneem dat jy met ’n natuurlike talent vir kommunikasie gebore is nie. Kommunikasie is iets wat elke mens moet aanleer. Daar is baie hoogs suksesvolle mense wat nooit werklik die kuns van kommunikasie behoorlik geleer het nie, en wie se verhoudinge daaronder ly. Wanneer kommunikasievaardighede goed ontwikkel is, kan dit verrykende gevolge vir mense se verhoudinge inhou. Misverstande kan ook teëgewerk word deur groter begrip te ontwikkel. Awerbuck en Swart onderskei tussen temperament en persoonlikheid, en voer aan dat mens moet probeer om die ander persoon se temperament te leer ken, want dit kan ’n groter begrip vir mekaar se gedrag kweek. Mense verstaan en ervaar die wêreld verskillend, en om die verskille te probeer verstaan is die sleutel tot groter begrip en meer suksesvolle en bevredigende verhoudinge.

Volgens Louis en Lise is argumentasie die mees onsuksesvolle manier om die konflik van belange in verhoudinge op te los. Dit is omdat reg en verkeerd ook relatiewe begrippe is. In baie argumente is beide partye reg vanuit hulle perspektief. Geen normale mens wil ook opsetlik ’n ander te na kom nie. Daar is gewoonlik spesifieke faktore wat ’n persoon se gedrag veroorsaak en die konflik kan dan opgelos of bestuur word slegs deur groter begrip vir mekaar te ontwikkel. Die model wat Louis en Lise voorhou in Ek & jy is nie die enigste model wat bestaan nie, maar dit bied een stel praktiese riglyne van hoe mense tot groter insig in mekaar gelei kan word.

Ek & jy fokus, soos reeds gemeld, op lewensmaatverhoudinge, en die voorbeelde en studiegevalle is dan ook uitsluitlik daarop gebou. Dit maak dit ietwat moeilik om die beginsels in die boek in praktiese terme deur te trek na ander verhoudinge. Miskien kan daar nog boeke op hierdie een volg wat meer sal fokus op werksverhoudinge, of op algemene familieverhoudinge. Dit is nogtans ’n boek waarvan ek nie gou ontslae sal raak nie. Dis nie ’n lekkerleesboek nie, dis ’n boek wat mens prakties sal moet gebruik om konflik te ontlont.

The post <i>Ek & jy: verhoudings wat werk</i> deur Louis Awerbuck en Lise Swart: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

’n Luiperd in my bed deur Annelize Slabbert: ’n resensie

$
0
0

’n Luiperd in my bed
Annelize Slabbert
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624082354

“Saam met die vlamme begin X!uma en X!amse in ’n sirkel om die vuur skuifeldans. ’n Dans wat die lied sing van elande wat oor die rante draf, van gemsbokke in die gras, van duikers teen hange, van die liefde tussen man en vrou. En, natuurlik, van die maan.”

Dís vir my eenvoudig, maar tog so mooi gestel. Lanklaas het ek ’n boek gelees wat my tegelykertyd só laat lag het, laat terugdink het aan my eie ervarings in die bos én met soveel stof tot nadenke oor ons alledaagse bestaan gelaat het. Annelize Slabbert se verhaal van haar volwasse lewe, boeiend vertel, deurtrek met selfhumor, staaltjies en lewenswaarhede is ’n lekkerleesboek perfek vir ’n koue winternaweek.

Slabbert en haar man, Gerard, en seun Jacobus, het die knus lewe in Johannesburg (meer as een keer) verlaat op soek na die plattelandse rus en vrede. Uiteindelik het hulle op ’n plaas in Botswana se Sentraal-Kalahari beland, waar hulle ‘n luukse viersterlodge bestuur het. Hier leef hulle die ideaal van baie ander wat net soos hulle romantiese drome van ’n bestaan in die bos droom, maar die leser kom vinnig agter dit is nie so idillies soos mens dink nie. Dalk ook nie so winsgewend en gebruikersvriendelik nie. Tog voldoen dit aan die vereistes van ’n soeke na eenvoud en afsondering. En ek is sélf nog vol hoop om eendag óók so ‘n bestaan te voer.

Annelize en Gerard se reis begin in Johannesburg waar sy ’n joernalis en hy ’n apteker is. Hulle eerste skuif is na ’n klein plasie buite die stad, met sy eie uitdagings. En dan na ’n stuk grond naby Port Elizabeth, waar ’n steeks Jersey-bulletjie die hoofspeler is. Dan word alle wortels gelig en belangrike besittings gaan verlore langs die pad soos wat hulle stoei om hulself in die Kalaharisand in te grawe.

Slabbert beskryf die wêreld waar hulle woon met al sy geite op ’n poëties-humoristiese manier. Saam met die uitdagings soos droogte, ernstige veldbrande, muise, insekte, wilde diere, voertuigprobleme, administratiewe rompslomp en hardnekkige verkeerspolisie kom daar ook die prag van die lewe in die natuur.

Ek het veral saam gelag oor hulle inkopietogte na Maun, wat my onwillekeurig laat terugdink het aan ons eie tyd in die Kgalagadi-Oorgrenspark en die Parque Nacional do Limpopo in Mosambiek, waar die naaste dorpies ’n paar uur se klipperige of duinepad ver is.

Elke paragraaf sluit af met ’n watertandresep uit die lodge se kombuis, waar haar seun se verloofde wondere op ’n bord toor. Die resepte voer die leser mee na die etenstafel en atmosfeer om die kampvuur daar by die lodge in die middel van Botswana.

Ek is ’n groot voorstander van foto’s in ’n niefiksieboek (my verbeelding gaan net só ver). Haar seun, Jacobus, se foto’s gee die leser ’n goeie idee van die pragtige omgewing waarin hulle leef en werk.

Daar is ook heelwat mooi en respekvolle beskrywings van die Boesmans wat saam met hulle die werk by die lodge deel, en dit herinner nogal aan Christiaan Bakkes se stories. En natuurlik die keer toe ’n Land Rover hulle Toyota moes sleep. In Botswana wys mens nie hulp van die hand nie.

Om nie te praat van die behoeftiges in die veld nie, soos die drie aardwolfkleintjies, die vinke met hulle reusedors en troeteldiere om die lewe in die woesteny meer soos tuis te laat voel. Het ek reg gelees? Was daar ’n leeu op die stoep en ’n luiperd in die stort?

Helaas, die realiteit van hierdie bestaan gaan jou ook nie verby nie. Wees elke dag dankbaar vir drinkbare water uit die kraan, elektrisiteit en lekkerleesboeke oor die eenvoud van die lewe. Eenvoud wat bestaan uit gasvryheid, respek en aanpasbaarheid.

The post <em>’n Luiperd in my bed</em> deur Annelize Slabbert: ’n resensie appeared first on LitNet.

Blom in die hare deur Kristel Loots: ’n resensie

$
0
0

Blom in die hare
Kristel Loots

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799387575

Kristel Loots is ’n gesogte Afrikaanse skrywer met haar suksesvolle uitbeeldings van liefde en die bittersoet sy daarvan.

Kristel, ’n boorling van Despatch, was eers onderwyseres. Later jare het die gesin na Kaapstad verhuis. Nadat haar kinders, Werner en Sonja, gematrikuleer het, het sy ernstig begin skryf. Haar eerste tydskrifverhaal is in Huisgenoot gepubliseer, waarna verskeie kortverhale, novelles en vervolgverhale in Huisgenoot, Sarie, Rooi Rose en Landbouweekblad verskyn het. Haar eerste roman, Die agtervolger, het in 1998 die lig gesien.

Sy skryf graag oor vroue wat sy raakloop, en vertel die stories wat sy om haar hoor. By almal sien sy ’n universele begeerte: iemand om lief te hê en iemand wat vir jou lief sal wees. Deur haar stories skets sy die wêreld om haar en verweef dit met humor. Haar romans het al by LAPA, Tafelberg en Carpe Diem verskyn. Sy is al vir verskeie ATKV-toekennings benoem en wen in 2013 die ATKV-prys vir liefdesromans vir Eendagmooi.

Haar boeke is in druk en as e-boeke beskikbaar. Blom in die hare is haar agtste liefdesroman. Die voriges wat lesers meegesleur het, was Aspoesterskoene, Sjokoladesoene, Lemoenseisoen, Eendagmooi, Die ander vrou, Katerina se mojo en Foxtrot van die liefde.

Blom in die hare vertel die storie van Kaila Esterhuizen, ’n aangenome dogter wat grootword op die dorp Albertynshoop, ’n agter-die-klip-dorp aan die gatkant van die wêreld waar niks gebeur nie. Kristel slaag geheel en al daarin om die wel en wee van ’n verliefde hoërskoolmeisie weer te gee en menige vrou sal herinner word aan die tyd toe sy sélf as verliefde meisie in haar skoolskoene gestaan het. Blom in die hare is ’n meesleurende vertelling beginnende by die jong Kaila, haar stryd om aanvaarding en soeke na liefde – ongetwyfeld die deurlopende tema, asook iets waarmee ieder en elk van ons kan vereenselwig. ’n Keerpunt in die skrywe is die liefde wat ’n ouer vir sy eie vlees en bloed het, iets wat Kaila se lewe as volwassene ook tot nuwe insigte en begrip dwing. Haar eie ondervindings bring haar tot by ’n kruispad: die feit dat sy self kennis en ervarings deur haar lewe opgedoen het oor soveel belangrike aspekte, dwing haar om nie die realiteit wat haar in die gesig staar, te kan ontken nie. Sal haar eie seer haar inspireer om ’n ander keuse te maak, noudat sy die kans het?

Die skrywer lei die leser deur ’n rivier van emosies, meestal van wroeging en seer, tot ’n plek van selfontdekking. Soos die gesegde spreek: “What has been seen, cannot be unseen.” Inderdaad, dit is die groot faktor in Kaila se lewe. Wat sy weet en ervaar het, het haar gevorm en dit kan nooit verander word nie. Met ’n nuwe waarheid wat voor haar kom staan, word sy na selfondersoek gedwing. Sy word gekonfronteer om haar soeke aangesig tot aangesig aan te spreek. Vir my as leser was dit byna soos om ’n fliek kyk, asof dit nie die een bladsy na die ander is wat die woorde gevorm het totdat ek kon omblaai om te sien wat verder gebeur nie. Die karakters voel eg, nie soos net name in swart op wit nie. Die een bladsy volg natuurlik op die ander soos wat die storie, oftewel Kaila en haar gesin, se lewens ontknoop. Kristel Loots het ’n baie gemaklike skryfstyl en al is Blom in die hare ’n lywige 300 bladsye lank, lees mens dit moeiteloos in ’n japtrap deur.

The post <i>Blom in die hare</i> deur Kristel Loots: ’n resensie appeared first on LitNet.

Viewing all 1796 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>