Wanneer ‘n boek wat reeds in 1964 verskyn het, heruitgegee word, spring die “waarom” soos ’n “pop-up” van ’n kinderboek op om jou as leser te konfronteer. Jy wonder waarom die uitgewer (Protea Boekhuis) hierdie besluit geneem het, veral as dit nie die uitgewer (‘n NB-druknaam) is wat dit oorspronklik uitgegee het nie. Ja, wel, Tafelberg het dit in 1970 weer uitgegee, maar dis nou 45 jaar later. Daarmee saam wonder jy of die styl dalk verouderd is en of die tema steeds relevant is.
Wat laasgenoemde betref, behoort daar nie ’n probleem te wees nie – Stevenson se Treasure Island word steeds gelees en die gewildheid van filmreekse soos Pirates of the Carribean en Black Sails lewer bewys van die post-2000 mens se fassinasie met die verbeelde romantiek van seilskepe en seerowers. Ek sê “verbeelde”, want dit was eintlik ’n harde en uitsiglose lewe, veral vir gewone matrose. Vir die skrywer van (ont)spanningsverhale is dit maklik om op die aksie te fokus en milieu en karakterontwikkeling te verwaarloos. Dit doen Kielblock nie; hoewel daar wel romantiek in Lafras se verhaal is en tragiek en versugting aan vryheid, liefde en erkenning – om iewers ongebonde te behoort – skets hy die lewe op Britse en Franse seilskepe met genoeg besonderhede vir die leser om hom of haar in die verhaal te kan inleef.
Kielblock, wat sy debuut in 1936 met Die skat van Java gemaak het (‘n boek wat ek as laerskoolkind geweldig geniet het en wat Parow se kinderbiblioteek as’t ware vir my oopgesluit het, soos daardie skatkiste wat in sulke verhale voorkom) se styl is onopgesmuk, dog kleurvol genoeg om die bladsye te laat oop- en aanrol: ‘n mens empatiseer met die jong Lafras oor die lotsbesluite wat aan hom opgedwing word en jy identifiseer met hom omdat hy ‘n soort proto-Afrikaner is – altans hy toon die eienskappe wat ons graag aan ons voorouers toeskryf: hy is edel, individualisties, skrander, hardwerkend, sterk en onverskrokke en hy kan beter skiet as enigiemand anders. Hy verteenwoordig dus die stoffasie waarvan die Boere aanmekaargesit is en hy stel gou die Britte en Franse in die skadu, beïndruk vriend en vyand (daar ontbreek wel ’n sterk en weersinwekkende antagonis sedert hy die Kaap reg aan die begin verlaat het) en soos die Afrikaner van die sestigerjare, toe hierdie boek verskyn het, geglo het, wys Lafras die wêreld gou wie’s baas op vele terreine. Hy maak ook planne, toon leierseienskappe en oorleef gevaarlike situasies, is onbaatsugtig, leer vinnig en ja, natuurlik: hy is fisies aantreklik – die bloudruk van ’n fiksieheld, want wie wil nie só wees nie? Nogtans oordryf Kielblock nie en bly dinge redelik binne die grense van die moontlike.
Deesdae word dalk meer klem gelê op “backstory”, en die hedendaagse leser sou sekerlik graag meer oor Lafras se kinderlewe aan die Kaap wou weet, soos wat sy opvoeding behels het en hoe so ’n weetgierige seun sy drang na kennis versadig het. Het hy byvoorbeeld toegang tot boeke gehad? Ons weet boeke aan die Ou Kaap was skaars, want die boedelinventarisse in die Kaapse Argiefbewaarplek, asook Karel Schoeman se beskrywings van die lewe in die Hollandse tydperk, maak dit duidelik, maar miskien sou die verhaal ’n ekstra dimensie kon hê as Lafras ’n mentor gehad het, iemand wat sy ooglopende potensiaal raakgesien het en hom aangemoedig het om homself uit te druk, soos hy wel reggekry het in ’n omgewing waar so iets selfs onder die hoër range ontmoedig was.
Die Lafras Cuyper-reeks van sewe, waarvan hierdie boek die eerste was, herinner nogal aan Alexander Kent alias Douglas Reeman se Bolitho-reeks van die sewentigerjare, wat waarskynlik deur CS Forester se Horatio Hornblower-reeks uit die 1930’s geïnspireer was. Kielblock se boeke val dus tussen Forester en Kent se reekse, tydsgewys. Gerrie Radloff (alias Gerrit van Zyl) se Oloff die Seerower-reeks rondom die 1950’s kon dalk eerder ’n aansporing gewees het, maar Kielblock se styl is minder “swashbuckling” en meer realisties, met die gevolg dat Lafras, sy effens obskure agtergrond ten spyt, meer geloofwaardig voorkom as Radloff se Oloff (of sy Zorro-agtige Buiter-karakter, wat ook groot pret was om te lees). Kielblock, wat ook etlike speurverhale geskryf het, se boeke oor die Ou Kaap is ’n waardige onderdeel van hierdie tradisie en kom heel oorspronklik voor, wat iets van sy skryfvermoë sê.
En dit was veral Kielblock se skryfvaardigheid wat my geïnteresseer het toe ek na soveel jaar weer lees oor die seun wat uit die Kaap weggeloop het en op ’n Britse oorlogskip beland het. Sou ek teleurgesteld wees? Ek het onlangs weer probeer om Fritz Deelman, Trompie en Die Rooi Ridder te lees en was teleurgesteld. Veral in laasgenoemde reeks, wat ek soveel maal oorgelees het as kind. Maar nee, Kielblock het my waarlik meegesleur – méér, verbeel ek my, as bykans 40 jaar gelede. Miskien was sy skryfstyl juis te volwasse vir my toe ek ‘n tiener was, sodat ek nou meer waardering daarvoor kan hê? Hier en daar het ek ‘n argaïsme raakgelees en op twee plekke het hy te veel verduidelik deur gelykenissies te vertel, en die skrywerstem voel ‘n bietjie soos ‘n skeidsregter wat ‘n wedstryd oorheers, maar meestal kon ek saam met die jong Lafras leer – oor hoe seilskepe werk, gevegsmetodes van toentertyd, van die wel en wee van seelui. En die romantiek van die 1800’s het my soos destyds bekoor.
Kielblock self was ’n seun uit Beaufort-Wes wat op 23 Oktober 1907 daar gebore is, dus nou 108 jaar gelede, en hy is in 1991 oorlede, ook al byna ‘n kwarteeu gelede. Tog bekoor sy Lafras Cuyper vandag steeds en ek dink die meeste van sy sowat 40 ander boeke sal ook nog die moeite werd wees om te lees. Ek voel amper skatpligtig jeens hierdie baanbreker van Afrikaanse avontuurverhale, want nadat ek as sesjarige Die Uile in die wapad deur Cor Dirks gelees het – my eerste biblioteekboek ooit – was ek gereed om my verbeeldingshorisonne te verbreed, en ek hét, deur boeke soos Lafras Cuyper kannonier.
Ek glo baie ander Afrikaanssprekende jongelinge het ’n soortgelyke pad gestap en ek hoop dit sal nou weer die geval wees. En as jy nie meer so jonk in jare is nie, maar jonk in gees, beveel ek steeds hierdie boek aan. Dit bied meer as blote nostalgiewaarde en dit voel vir my reg dat Karl Kielblock nog nie vergeet is nie. Mag hy deur sy karakters voortleef.
Sommige romans stel die leser in staat om die verlede te herbeleef en anders te verstaan. Hierdie ander verstaan van die verlede deur die roman is nog merkwaardiger as die roman betrekking het op geskiedkundige gebeure wat die leser self beleef het.
Breyten Breytenbach se versamelde toesprake, Parool/Parole, het ’n hierdie soort effek op my gehad. Dit is enersyds ’n hoogs ontstellende leeservaring, omdat die leser teen wil en dank ’n aantal verskriklike geskiedkundige gebeure oor die afgelope anderhalfeeu waarvan Breytenbach getuie en dikwels akteur was, meemaak. Om byvoorbeeld te herbeleef hoe Afrikaans se grootste digter en die Afrikaners se morele gewete in ’n toespraak voor die hooggeregshof in November 1975 op die ouderdom van 36 jaar met ’n mengsel van bykans tasbare durf én vrees sy verset aan sowel die regter as die hof van die openbare mening verduidelik, is soos om gedwing te word om oor en oor ’n marteltoneel mee te maak. Parool/Parole is andersyds ’n hoogs besielende leeservaring, omdat dit getuig van die moontlikheid om altyd weer te verbeel en uitweë uit die donker, die onnoselheid en die geweld van ons tyd te soek.
Dit word dikwels van Breytenbach gesê dat hy ’n hoogs ingewikkelde kunstenaar is, maar soos hierdie bundel bewys, is Breytenbach se werk eweneens klokhelder, danksy die konsekwentheid waarmee hy ’n aantal deurlopende temas oor die afgelope anderhalfeeu ontwikkel het. Uitvoerige studies sou oor elkeen van hierdie temas gedoen kon word, maar gegewe die voorneme om sy gehoor telkens te betrek in ’n gesprek met die hoop om duidelike geestelike, etiese en politieke veranderinge mee te bring, gaan ek probeer om in die res van hierdie opstel hierdie temas so helder as moontlik te behandel. In afdeling 1 sal ingegaan word op die deurlopende temas in sy denke en veral die etiese bronne waarop hy hom beroep. In afdeling 2 sal stilgestaan word by Breyten se verhouding met die Afrikaners. In afdeling 3 sal sy bemoeienis met die Suid-Afrikaanse politiek tydens en ná apartheid behandel word.
By die lees van die bundel het dit duidelik geword dat minstens twee sleutels nuttig is om die bundel te verstaan. Die eerste sleutel is bykans vanselfsprekend: omdat Breytenbach in hierdie tekste telkens op aktuele sake reageer, is dit telkens nodig om die konteks waarbinne hy die betrokke teks geskryf het, in gedagte te hou. Hiervoor is die nawoord wat die samesteller van die bundel, Francis Galloway, vanaf bl 193 verskaf, baie nuttig. Die leser wat haar oog telkens op die datum van ’n gegewe teks se ontstaan hou, sal makliker die deurlopende temas en hul ontwikkeling kan raaksien. Dus sal ek telkens hier onder ook verwys na die datums van aanhalings uit die tekste.
Die tweede verstaansleutel is die kwessie van Breytenbach se reg om hom dwarsdeur sy volwasse lewe oor Suid-Afrika uit te spreek terwyl hy al sedert ongeveer sy 20ste jaar nie voltyds in die land woon nie – uitgesluit die sewe jaar wat hy tussen 1975 en 1982 in die destydse Pretoria Sentraal-gevangenis (nou Kgosi Mampuru-gevangenis) in Pretoria deurgebring het. Omdat Breytenbach telkens sy gehoor vreesloos uitdaag en tot morele verantwoording roep, is die beskuldiging deur sy opponente in Suid-Afrika dikwels teen hom ingebring dat hy weens sy meestal buitelandse verblyf die reg verbeur het om hom oor die land uit te spreek, onder meer omdat hy na bewering nie regtig meer weet wat in die land aangaan nie. By die lees van hierdie bundel is ek egter getref hoe Breytenbach ondanks sy buitelandse verblyf keer op keer sy vinger presies op die pols van die land had en steeds het. Myns insiens is dit danksy die feit dat hy ’n intense liefde vir die land het, asook ’n intense bemoeienis met die Afrikaners as sy mense, met vratte en al. Vanweë sy diepe verbintenis oor afstande heen het hy lewenslank meer betrokke by die land en by sy eie mense gebly as wat die geval is met baie mense wat voltyds in die land woon. Dit bewys dat die reg om jou oor die land en jou mense uit te spreek, nie in die eerste plek afhang van waar jy woon nie, maar van jou verbintenis en betrokkenheid.
Teen hierdie agtergrond kan nou oorgegaan word tot ’n bespreking van Breytenbach se deurlopende temas en sy etiese bronne.
1. Deurlopende temas, etiese bronneImage may be NSFW. Clik here to view.
1.1 “My mense”: Die Afrikaners en die bruin mense
Soos die ander twee literêre Afrikanerreuse van sy geslag – Karel Schoeman en JM Coetzee – het Breytenbach ondanks sy dubbelsinnige verhouding met die Afrikaners dwarsdeur sy lewe ’n identifikasie en bemoeienis met die Afrikaners. Al ontken hy by tye dat hy ’n Afrikaner is, is die groter, dieper bewussyn van sy Afrikaneridentiteit altyd maar weer daar. Dit is ’n morele posisie voortspruitend uit die erkenning dat al kan die individu in ’n mate kies hoe hy sy groepsidentiteit vertolk, hy nie dieImage may be NSFW. Clik here to view. vryheid het om hierdie identiteit as sy toegang tot die wêreld te ontken nie. So verklaar Breytenbach tydens die Sestigers-somerskool van Februarie 1973 by die Universiteit van Kaapstad in “’n Blik van buite” metverwysing na apartheid: “Wat bestaan in hierdie land is gepleeg in ons – in my – naam, in ons – in mý – taal. Hoewel ek dus niemand se afgevaardigde is nie behalwe my eie en dié van my vlooie, wil en kan ek my nie distansieer van hierdie gemors nie” (10). Op hierdie bemoeienis met die Afrikaners word hier onder in afdeling 2 verder ingegaan, maar vir eers is dit noodsaaklik om daarop te wys dat Breytenbach eweneens ’n diep bemoeienis met bruin mense maak.
Image may be NSFW. Clik here to view.In dieselfde taal waarmee Breytenbach se groot voorganger as digter en denker, NP Van Wyk Louw, uit protes teen die Nasionale Party se verwydering van die bruin mense van die kieserslys in 1956 aan Afrikaners gesê het hulle kan dit nie doen nie, want dis “ons mense”, doen Breytenbach met sy welbekende hekel in openbare verskonings in die politiek die seldsame ding om tydens sy toespraak by die aanvaarding van die Hertzog-prys in 2008 op Stellenbosch te sê: “Daar is één saak waarvoor ek persoonlik om verskoning wil vra. Dat ek nie hard genoeg en helder genoeg baklei het teen die onreg aangedoen aan die bruin mense nie. En dit nog steeds nie doen nie. Want hulle is bloedfamilie. Dis my mense” (131).
Image may be NSFW. Clik here to view.Insgelyks funksioneer die seldsame openbare verskoning om sy eksistensiële en morele verbintenis met “sy mense” te bevestig by sy hoftoespraak in 1975 wanneer hy verklaar: “Ek sou graag, indien dit my beskore word, wil vergoed vir die onreg en die verdriet wat ek my mense oor die verkwiste jare aangedoen het” (22). Na hierdie toespraak sal telkens hier onder teruggekeer word: Dit is nie net die grootste polities-morele standpuntstelling deur ’n Afrikaner teen apartheid nie; dit staan ook sy plek vol in die tradisie van die polities-morele verweer voor die hof waarvan Sokrates se Apologia voor sy Atheense aanklaers en teregstellers die stigtingsdokument is.
Uit die posisies wat Breytenbach teenoor die Afrikaners en die bruin mense as almal synde “sy mense” ingeneem het, kan dus afgelei word dat die beskuldiging wat soms teen hom ingebring word dat hy verkies het om as ’n soort ongebonde nomadiese individu te funksioneer, grootliks ongegrond is. Soos hier onder aangetoon sal word met verwysing na sy begrip van die Middelwêreld, was daar ongetwyfeld ná 1995 ’n paar jaar in Breytenbach se lewe toe hy wel met die konsep van ongebonde nomadisiteit geflankeer het, maar dit moet verstaan word as ’n poging om deur tydelike psigiese afstandname sy intense teleurstelling met die mislukking van die postapartheid bedeling te verwerk.
Hier wil ek eers net wys op die feit dat Breytenbach se erkenning van sy gemeenskapsidentiteit reg van die begin af ten grondslag van sy siening van skrywerskap lê, waarvolgens die skrywer onvoorstelbaar is sonder sy gemeenskap. So verklaar hy dan met die gemeenskapsmetafore van die klassieke Christendom by die Somerskool in 1973: “Om te skryf is om te kommunikeer, om saam te eet, om geméénskap te hê, ’n nagmaal, ons almal se bloed, ons almal se vleis. Ons is mense, ons skryf vir mense óór mense, en daarom oor verhoudings tussen mense” (22).
Dit is een ding om hierdie woorde te lees van ’n strydlustige 34-jarige digter oënskynlik aangevuur deur die romantiese drif van verset teen onreg, maar dit is ’n ander ding wanneer hy as 44-jarige digter aan die ander kant van sewe jaar tronkstraf toegedien deur sy eie mense in 1983 voor ’n Nederlandse skrywersgehoor dieselfde band tussen skrywer en gemeenskap onomwonde stel: “Any writer, to my mind has at least two tasks, sometimes overlapping; he is the questioner and the implacable critic of the mores and attitudes and myths of his society, but he is also the exponent of the aspirations of his people” (25). Terwyl Suid-Afrika in dieselfde tyd gebuk gegaan het onder die toestande wat tot die eerste van twee noodtoestande in die 1980’s sou lei en die Afrikaners hulle absolute morele laagtepunt bereik het, is dit niks minder as merkwaardig nie dat Breytenbach selfs tóé die band tussen die skrywer en sy gemeenskap met verwysing na hul aspirasies bevestig het.
Die skrywer se gemeenskap funksioneer dus vir Breytenbach nie slegs as estetiese bron van sy werk nie, maar ook as morele bron.
Wat van die ander etiese bronne van sy werk?
1.2 Ouerhuis
Aristoteles het reeds meer as 23 eeue gelede gewys op die onlosmaaklike band tussen die gemeenskap en die gesin, en dat die gesin as’t ware die politieke mikrokosmos van die gemeenskap is. As dit goed gaan met die een, gaan dit goed met die ander. In ’n land waar verskeie vorme van staatkundige en ekonomiese geweldpleging oor eeue heen die gesinstruktuur van ons samelewing verwoes het, met al die verskriklike geweldpleging en wanhoop wat steeds daarmee gepaardgaan, bevestig Breytenbach voor die hof in 1975 die belang van die gesonde gesin vir sy eie vorming: “In die huis van my ouers is ek van kleins af respek vir my medemens geleer, ongeag hulle afkoms of posisie in die maatskappy. My ouers is godsdienstig in die ware sin – hulle het hul naaste lief en hulle alledaagse lewenshandel bewys dit. Ek is ook geleer dat ek my lewe moes lei op só ’n wyse dat ek myself altyd sonder skaamte in die oë kan kyk” (37).
1.3 Van Wyk Louw en Jan Rabie
Naas die etiese gemeenskapsbron van sy ouerhuis is daar vir Breytenbach twee ander etiese bronne van ’n meer openbare aard in sy gemeenskap, naamlik dit wat hy ontleen het aan twee van sy literêre Afrikaanse voorgangers. Ek verwys eerstens na Van Wyk Louw se eis om voortbestaan in geregtigheid, wat dwarsdeur Breytenbach se lewe ’n norm sou wees waaraan hy hom en sy mense sou hou. In sy hoftoespraak van 1975 regverdig hy sy politieke verset met verwysing na Louw: “Dit is dalk paradoksaal, maar vir my het dit gegaan om die voortbestaan van ons volk, ’n voortbestaan met regverdigheid soos Van Wyk Louw dit uitgedruk het, oor die inhoud en die gehalte van ons beskawing” (21).
Dan, 11 jaar later in veel donkerder politieke omstandighede, by sy aanvaarding van die Rapport-prys in die Staatsteater, Pretoria, 1986, pas hy Louw se eis onverbiddelik toe om aan sy mense te sê dat die onreg wat hulle gepleeg het, nou ’n vraagteken agter hulle voortbestaan plaas: “Hierdie staat, ’n anomalie en ’n anakronisme, se malheid is doodsgevaarlik. Dit beteken ontwrigting vir die buurstate, massamoord vir die meerderheid, vernietiging vir hulle – julle – in wie se naam die staatsterreur gepleeg word” (35). En: “’n Minderheidsregime wat nog net met geweld gehandhaaf kan word, het sy bestaansreg verbeur omdat dit in konsepsie en in toepassing onregverdig is” (37).
Image may be NSFW. Clik here to view.Die gemeenskapsgebaseerde geregtigheidsbegrip wat Breytenbach aan Louw ontleen, is aangevul deur Jan Rabie se gemeenskapsmatige begrip van die verbeeldingsgebaseerde verandering van mekaar in ons volgehoue verhoudings met en betrokkenheid by mekaar, oftewel die groot Andersmaak. So verklaar hy in Augustus 1990, die jaar waarin Nelson Mandela vrygelaat is en die ANC en ander politieke organisasies ontban is, voor ’n Stellenbosse gehoor: “Suid-Afrikanerskap loop deur die afbreek van apartheid en die help bou aan die groot Andersmaak. Ons máák mekaar. As ons tuis wil wees, bewuste maaksels en nie ganskuikens uitgebroei onder die kalkoen van voorbeskikking of historiese Image may be NSFW. Clik here to view.determinisme nie, dan moet ons vir máák makmaak, dit soms máák vir mekaar, onsself en die ander dikwels vermaak, mag kan bemaak, vermakerig wees wanneer dit moet, partykeer maak of ons maak. Suid-Afrikanerskap is deelname aan die soeke na die vergestalting van ’n dwingend noodsaaklike metamorfose aan die hand van vereistes van regverdigheid en geregtigheid” (51).
Waar Louw se voortbestaan in geregtigheid deur Breytenbach as maatstaf van volgehoue etiese verandering van sy eie mense “na binne” voorgehou word, is Rabie se groot Andersmaak weer sy norm vir die etiese verandering wat mense en gemeenskappe in verhouding met en betrokkenheid by mekaar teweeg bring. Dit is belangrik om daarop te let dat die groot Andersmaak nie verwar moet word met die huidige Afronasionalistiese leitmotief van “transformasie” nie (wat Breytenbach ook eksplisiet verwerp): waar “transformasie” toenemend duidelik deur die Afronasionaliste verstaan word as ’n voorafbepaalde program wat met brute magsuitoefening deurgemoker moet word, is die groot Andersmaak ’n oop, onbepaalbare proses waarvan die rigting bepaal word deur volgehoue betrokkenheid by en verbeelding van die self en die ander.
Dat Breytenbach die groot Andersmaak nie as magsprogram nie, maar as esteties-etiese proses beskou, maak hy reeds voor die Somerskool in 1973 duidelik: “Ek is partydig. Ek kies kant. Omdat dit vir my gaan om die totstandkoming van leefbare omstandighede in ons gemeenskap. Omdat dit vir my gaan om ’n soeke na, ’n óópmaak na ’n samelewing waarin elkeen van ons en almal van ons sy regmatige aandeel kan hê, waarbinne ons op gelyke voet verantwoordelikheid vir mekaar kan aanvaar” (9–10).
1.4 Boeddhisme
Breytenbach se lewenslange beïnvloeding deur die Boeddhisme en die Taoïsme – wat hy met die groot Katolieke Afrikaanse filosoof en een van sy leermeesters, Marthinus Versfeld, gedeel het – is welbekend. Die vraag word dikwels gevra hoe ’n Afrikaner uit ’n Calvinistiese agtergrond toegang tot die Boeddhisme kan kry. In Breytenbach se geval wil dit voortkom asof Louw en Rabie se prosesmatige konsepte (om te lewe is ’n volgehoue proses van soeke en verandering) aan hom ’n toegang tot die Boeddhisme gegee het en hom in staat gestel het om dié twee Afrikaanse skrywers en die Boeddhisme in gesprek te bring.
Voor ek dié gesprek kortliks hier onder toelig, haal ek eers Breytenbach se besonder helder opsomming van die invloed van die Boeddhisme op hom aan soos hy dit by dieselfde Stellenbosse geleentheid in 1990 verwoord het:
Boeddha het my gehelp om Marx te verstaan. Eerstens: dat daar nie Boeddhisme is nie, slegs Boeddhas. Ek is Boeddha. Jy en jy en jy eweseer. Ons, alles, gesamentlik en afsonderlik, is potensieel of geaktualiseer Boeddha. Tweedens: maar as jy Boeddha teëkom, maak hom dood! Derdens: dat my radikalisme (wortelsoeke of wortelwerk) nie geënkapsuleer kan word in ’n dogma, ’n skool of ’n party nie. Op jou eie het jy in die kak getrap, jy het sélf die bodderasie geruik, jy sal sélf die skoen moet ontslagyster. Vierdens: dat ek met my voorkop die grond voor jou sal aanraak as groet vir die lewe en die lewedraende boodskap in jou. Vyfdens: dat die feit dat soveel mense so lank gely en so baie opgeoffer het vir die illusie van Utopia (Nirvana?) of klassevergelding dit nie minder van ’n illusie maak nie. Selfopofferende neerlegging by ’n leuen maak nie daarvan ’n waarheid nie en my respek vir verbryselde drome kan slegs betoon word deur dit as drome uit te lig. Sesdens: die doel kan nooit die middele heilig nie; die middele – dis juis die middeweg! – is elke oomblik van die etmaal volledig die doel self. Terloops, hierin lê vir my ook die kern van ’n dialektiek oor voortdurende beweging en betrokkenheid, want jy is slegs neutraal en onverbonde as jy totaal deel van die proses is. In die sewende plek: dat dit daarom nie beteken dat jy somaar kan rus onder die vyeboom nie; bevryding moet verwesenlik word, en dit verg ’n metodiek, ’n dissipline, ’n toepassing – met die dringendheid van ’n doodstryd. Agstens: die riglyne bly, al klink hulle teenstrydig, die oplossing van self en die totale respek vir die Ander. In die neënde instansie: doodnormaal, natuurlik, met humor en deernis, sonder om vas te klou, selfs aan die nievasklou. Die tyd sal leer op voorwaarde dat ons bereid en onbevange en ootmoedig genoeg is om te leer. (55–6)
Die verband wat Breytenbach lê tussen Louw, Rabie en die Boeddhisme kan gevolglik beskryf word as een van medeverantwoordelikheid voortspruitend uit gedeelde bewussyn, bewussyn van die dinamiese werklikheid synde die basis van ’n etiese lewe volgens die Boeddhisme.
Hieroor laat Breytenbach hom konsekwent sedert die 1980’s uit met betrekking tot ’n Suid-Afrika ná apartheid, soos byvoorbeeld by die beraad tussen skrywers en die ANC by die Victoria-waterval in Zimbabwe in 1989 op die vooraand van die val van apartheid en die Berlynse Muur:
For some considerable time now we have been living in the sign of a regrouping of forces – a realignment not defined by ethnic or even cultural affinities, but by the striving for the same values. Our shared consciousness, nevertheless, still remains shredded, and it is only natural that we should each have our own ways of looking at reality through the cracks of our experience. (40)
Ofskoon hy nie naïef is oor hoe die verdelings van die Koue Oorlog wêreldwyd en apartheid plaaslik ’n gedeelde bewussyn as basis van medeverantwoordelikheid belemmer het nie, spreek hy nietemin sy volgehoue verbintenis tot die gedeelde bewustheid en verantwoordelikheid uit:
I may be totally naive in my belief that a broader awareness must lead to a greater sense of responsibility. Here I ought to admit to my Buddhist convictions that ignorance is a sin, and that a growing consciousness will constitute the grounds for transformation. (42)
Elders, en heelwat later – in 2007 – sluit hy vanuit sy Boeddhistiese perspektief ook aan by die Platoniese tradisie wat die skone en die goeie aan mekaar verbind as hy verklaar dat “processes of beauty constitute the ground for ethical consciousness. Beauty – however we conceive of it (but we always recognise it) – is a way towards accessing ethical values. Conscience flows from consciousness ...” (123). Daar kan kwalik ’n meer Platoniese stelling wees as dat ons skoonheid altyd herken.
1.5 Taal
Taal is die medium wat Breytenbach se verbintenis tot gemeenskap, skrywerskap, geregtigheid, bewussyn en verantwoordelikheid met mekaar bemiddel.
Wat dan in die eerste plek gemeenskap betref, verklaar hy by die Victoria-skrywersberaad oor taal:
Daar sit klanke en verbuigings en prente en verwysings en stomp goete in wat herlei na ’n geografiese gebied, ’n geskiedenis van waarneming van spasie en ritme en tyd en verhoudings en natuur en klimaat, van ’n manier waarop die hond so al langs sy eie pote bly draf. Dis nie ’n opsie nie. (41)
Dit is opvallend dat hy hiermee amper 30 jaar nadat hy via Portugal Parys toe is, voor ’n gehoor, waarvan heelwat politieke uitgewekenes sou wees, verkies om sy verbondenheid aan sy gemeenskap en sy land deur taal, en spesifiek die Afrikaanse taal, voor te hou. Hiermee herbevestig hy ook dat jy jou diepste gemeenskapsverband nie kan kies nie, maar dat dit jou – deur jou taal en plek van herkoms – kies.
In ’n terugblik by sy Hertzog-toespraak in 2008 op die politieke posisie wat hy tydens apartheid ook teenoor sy “volk” (sic) ingeneem het, beklemtoon hy die etiese basis van taal nog sterker:
As ek my taal sou onteien sou dit beteken dat ek die wewing van my bestaan probeer vernietig. En so het ek uitgekom by die plek waar ek kan sê, ek het in opstand gekom teen die volk ook in naam van die woord. In naam van die basterskap van die woord. (131)
In hierdie uitspraak verset hy hom opnuut teen die toenmalige versugting op verengelsing wat op plekke soos Stellenbosch voorgekom het. Terselfdertyd eggo hy hier Johannes 1:1 se “In die begin was die Woord ...”
Uit hoofde van sy diep band met sy moedertaal, hoe dit hom aan ’n gemeenskap, ’n plek en ’n land verbind, voer hy in 1998 in Zanzibar voor ’n Afrikaïese gehoor aan in “The Afrikaner as African” dat moedertaalonderrig die voorwaarde van verbeelding en kritiek is:
Taking the difficult road of promoting mother-tongue education, for instance, in the politically correct tyranny of South Africa where “history” is chanted in the histrionic hysteria of breast-beating, will suggest that the potential of language is more than just being the lowest common denominator of communication and record among diverse groups: it is, as well, a tool of inventiveness and renewal, a voice of history (among many others) and thus the living tissue from past to present, and that all of this must go towards enabling citizens to develop a critical stance to the state. (95)
Nodeloos om te sê dat die ANC-regering se verwaarlosing van moedertaalonderrig, en die druk waaronder Afrikaans tans aan openbare universiteite verkeer, dit alte maklik maak om te vermoed dat dié regering liefs nie te veel kritiese burgers wil opvoed nie.
In ’n artikel wat Breytenbach in 2006 in Die Burger publiseer te midde van die verset teen Chris Brink se groeiende verengelsing van die Universiteit Stellenbosch, verbind hy moedertaal eksplisiet aan die groot Andersmaak en die verruiming van die bewussyn (teenoor die parogiale siening van moedertaal as verengend):
Taal – énige taal, en by uitstek daardie grootword- en mensword-taal waarbinne jy soepel kan beweeg soos ’n slang in sy vel – is nie alleen ’n kommunikasiemiddel nie. Dis die bemiddelaar tussen jou en die wêreld, dis die sintuig (sinnetuig) waarmee jy jou omgewing begryp en leer verken en verander, dis die maak-ding wat jou in staat stel om jouself verby te steek en anders te maak, dis die beliggaming van ’n spesifieke ervaring en uitdrukking, dit is daarom ’n essensiële bydrae tot die synsdiversiteit wat ons as kultuur en as mensdom moet hê om te kan oorleef. Want taal is nie net vir opvang en aanleer en weergee nie; dis ook ’n metamorfose. (114; sy beklemtoning)
Hiermee speel hy per implikasie klaar met die oppervlakkige siening van taal as blote kommunikasiemiddel soos wat dit posgevat het te midde van die globalisering en gepaardgaande vervlakking van Engels, waaroor die Britse filosofiese teoloog Catherine Pickstock so verhelderend skryf in haar gerugmakende werk After Writing: On the Liturgical Consummation of Philosophy (1998).
Om hierdie afdeling saam te vat: Breytenbach se etiese bronne is sy verbondenheid met die Afrikaners en bruin mense via sy herkoms en die Afrikaanse taal, tesame met sy ouerhuis, Louw se voortbestaan in geregtigheid, Rabie se groot Andersmaak, die Boeddhisme en (moeder)taal. Dit is teen hierdie agtergrond dat ons nou in afdeling 2 sal stilstaan by Breytenbach se dubbelsinnige verhouding en volgehoue bemoeienis met die Afrikaners vanuit hierdie etiese bronne.
2. Breytenbach en die Afrikaners
Die verwydering wat Breytenbach se verhouding met die Afrikaners grootliks gekenmerk het tydens apartheid, het sedert die einde van apartheid vir toenadering tot die Afrikaners plekgemaak. Dit het daartoe gelei dat Breytenbach soms in die afgelope jare daarvan beskuldig is dat hy sogenaamd regs gedraai het – so asof dit ’n doodsonde sou wees, en asof dit nie te wagte was dat iemand wie se gemeenskapsband nog altyd so sentraal was, nie ook die verhouding met sy gemeenskap sou normaliseer namate die abnormale apartheidsbedeling agtergelaat is nie.
Breytenbach se toenadering tot die Afrikaners kan egter allermins as sluitend verstaan word. Neem byvoorbeeld die volgende uitspraak oor identiteit wat hy in 2009 in Berlyn maak tydens ’n vergelykende bestekopname van Suid-Afrika ná apartheid en Duitsland ná die val van die Berlynse Muur: “We are partly what we remember ourselves to be and partly what we aspire towards – and there is a link because imagination is informed and to an extent conditioned by memory. We call this ‘identity’” (139).
Iemand wat so oor identiteit praat, verstaan dit duidelik as ’n oop proses wat altyd in die spanning tussen herinnering en hoop, die verlede en die toekoms, in die hede is. Om te onthou sonder ’n oog op die toekoms, is om jou terug te trek in die verlede ten koste van die hede; om die toekoms te droom sonder die lesse van die verlede, is om die hede via die toekoms te ontvlug.
Hierdie soepele verstaan van Afrikaner-identiteit vind natuurlik van baie vroeg af in sy denke neerslag in die begrip van die Afrikaners as tussenmense, oftewel, as basters. Volgens Breytenbach is dit hierdie tussentoestand wat aan Afrikaners ’n buitengewone potensiaal gee om die wêreld anders te verbeel, maar wat tegelyk ook in ’n meer negatiewe sin in sommige omstandighede ervaar kan word as eksistensiële onsekerheid wat dan besweer moet word deur toe te slaan en toe te sluit. Volgens een van sy beroemdste uitsprake (Somerskool, 1973) oor apartheid het juis dit tot Afrikaners se keuse vir apartheid gelei:
Ons is ’n bastervolk met ’n bastertaal. Ons aard is basterskap. Dis goed en mooi so. Ons moet kompos wees, ontbindend om wéér in ander vorme te kan bind. Net, ons het in die slagyster getrap van die baster wat aan bewind kom. In daardie gedeelte van ons bloed wat van Europa kom, was die vloek van meerderwaardigheid. Ons wou ons mag regverdig. En om dit te kon doen, moes ons ons gewaande stamidentiteit stol. Ons moes áfkamp, bekamp, verkramp. Ons moes ons andersheid verskans en terselfdertyd behóú wat ons verower het. Ons het van ons andersheid die norm, die standaard gemaak – en die ideaal. En omdat die handhawing van ons andersheid ten onkoste van ons mede-Suid-Afrikaners – en ons Suid-Afrikaansheid – is, het ons ons bedreig gevoel. Ons het mure gebou. Nie stede nie, maar stadsmure. En soos alle basters – onseker oor hul identiteit – het ons die begrip van suiwerheid begin aanhang. Dit is apartheid. Apartheid is the law of the bastard. (12)
Twee jaar en agt maande later, in sy hoftoespraak, is Breytenbach op sy weerloosste en op sy mees ontblote van al die toesprake in Parool/Parole. Die diepe band met en verantwoordelikheid jeens die Afrikaners wat hy in daardie stadium voel, spreek duidelik uit die feit dat hy sy toespraak open deur aan die regter te sê: “Ek is aan u en al die mense hier – mý mense – ’n verduideliking verskuldig ...” (17). Dat hy ook ten diepste as ’n Afrikaner weerstand gebied het teen wat sy mense met apartheid gedoen het, blyk uit hoe hy sy optrede motiveer vanuit “die liefde vir my land” en – soos reeds hier bo aangehaal – vanuit die groot Afrikanervolksdigter, Van Wyk Louw: “Dit is dalk paradoksaal, maar vir my het dit gegaan om die voortbestaan van ons volk, ’n voortbestaan met regverdigheid soos Van Wyk Louw dit uitgedruk het” (21).
In dieselfde toespraak dui Breytenbach aan dat sy verhouding met die Afrikaners een van liefde en haat geword het ná die weiering om ’n visum aan sy Viëtnammese vrou vir ’n besoek aan Suid-Afrika in 1964 toe te staan. As die liefde vir sy mense tot met sy verhoor in 1975 nog die sterker motief in sy verhouding met hulle is, word die haat in die verhouding sterker tydens sy tronkjare en dan die uiters gewelddadige dekade ‘80.
Hierdie laagtepunt druk Breytenbach soos volg in 1983 in sy eerste openbare toespraak ná sy vrylating voor ’n Nederlandse skrywersgehoor uit: “I do not consider myself an Afrikaner; the definition, whichever way you turn it, has a political content with which I cannot identify. Even culturally I can’t claim to be an Afrikaner” (28). Met ander woorde, die verharding van Afrikaners se basteridentiteit in ’n versugting tot suiwerheid, soos hy dit tien jaar tevore in een van die aanhalings hier bo gestel het, het hy oënskynlik so intens ervaar dat hy nie meer sy liefde vir die kulturele bedding van sy diepste identiteit kon toelaat nie – en hierdie vertolking gee ek met groot huiwering, want wie kan ooit begryp waardeur Afrikaans se grootste digter in daardie sewe tronkjare moes gegaan het, die jare waartydens die politiek wat die Afrikaners in die naam van ons kultuur beoefen het, hierdie einste kultuur amper totaal doodgesmoor het? Dat daar vir hierdie kulturele bedding lewe ná die dood van apartheid was, is ’n tema in Breytenbach se denke waarna ek hier onder terugkeer.
Vir eers word verder stilgestaan by die laagwatermerk van Breytenbach se verhouding met die Afrikaners – tydens die dekade ‘80 – soos dit uitgedruk word in die volgende vier aanhalings uit sy Rapport-prystoespraak in die Staatsteater midde-in die noodtoestand in 1986. In die eerste van die vier aanhalings boor hy in op hoe die Afrikaners se oorbeklemtoning van die politieke ten koste van die kulturele tot ’n baie ironiese bydrae tot die wêreld se geesteskat gelei het:
[D]ie Afrikaner het ’n besondere bydrae gelewer tot die geskiedenis se skatkis van geestesgoedere: die oprig en ophemeling van rassisme as staatsideaal en, as sakrament van hierdie idolatrie dan, ook as sosiofilologiese inset, apartheid as die ideale staat. (33)
Selde indien ooit is die gevaar van ’n politiek gebaseer op abstrakte ideale weg van die werklikheid so sterk in Afrikaans verwoord.
Die versmorende implikasies hiervan vir Afrikaners se menswees en vir ons kultuur verwoord hy in die tweede en volgende aanhaling:
Daar is ’n intieme korrelasie tussen die feit dat ons apartheid bedink en toe deur ons apartheid uitgedink is, sodat ons vasgeweef leef in die oneindige selfkreërende vlegwerk van ’n burokratiese totalitarisme. Ook ons denke en ons drome is onvermydelik gevorm in daardie kille klem van verstokking ... (33)
Let daarop dat hy selfs op hierdie woedende laagtepunt van sy verhouding met die Afrikaners homself steeds met “ons” met die Afrikaners identifiseer. Dit kan vertolk word as ’n eksistensiële band met sy mense wat sterker is as selfs die diepste morele verontwaardiging, en daarom een van die kragtigste morele standpuntstellings deur ’n Afrikaner tydens apartheid.
Image may be NSFW. Clik here to view.In die verlenging van hierdie volgehoue identifisering met sy mense in hulle waansinnigste uur hou hy dan nie terug nie om in die derde, volgende aanhaling aan die Afrikaners uit te spel hoe hulle poging tot die erkenning van die wêreld in ’n perverse vorm gekom het:
Michel Foucault, die Franse filosoof, het so min of meer beweer dat enige gemeenskap sy malles uitwerp; dat malheid funksioneel nodig is vir die groep as versekering van ’n ewewigtigheid. Van buite gesien, is die Afrikaner die wêreldgemeenskap se uitgeskeide waansin. (35)
En tog kon die Afrikaners se donkerste uur en ons oomblik van die minste verbeelding nie Breytenbach se liefde vir en geloof in sy mense se potensiaal vir iets anders en beters blus nie, soos hy dit dan in die vierde, volgende aanhaling uitdruk:
Want om Afrikaner te wees is nog lank nie somaar of dáárom ’n diskwalifikasie nie. Waarom sou ek anders my hart hier staan en uitpraat? Ek verwerp met al my oortuiging die fatalistiese voorbestemmingsteorie wat van ons eers moordenaars en dan selfmoordenaars maak. (38)
Met hierdie laaste woorde het hy destyds al die modieuse eietydse moralistiese siening waarvolgens Afrikaners as’t ware gedoem is om altyd maar weer geweld aan andere te doen, ontbloot vir die kwasirassistiese nonsens wat dit is.
Die volgende keerpunt in Breytenbach se verhouding met die Afrikaners, die begin van sy toenadering, val saam met die keerpunt wat die politieke omwentelinge van 1990 in die Suid-Afrikaanse geskiedenis verteenwoordig. Dieselfde man wat in 1983 sy Afrikaner-identiteit verwerp het, verklaar sy vrede daarmee in 1990 voor ’n Stellenbosse gehoor – weliswaar met die kwalifikasie dat hy dit op tipies veelvuldige, nierassige wyse toelig:
Ek het selfs vrede met my eie Afrikanerskap. Al my jare van aansit by die vleespotte van Parys – al was dit dan ook meesal in die agterste gelid – het my nie minder Afrikaner, Suid-Afrikaan en Afrikaan gemaak nie. Inteendeel. Mens hoef tog net die name te noem van Leipoldt, Bram Fischer, Betsie du Toit, Beyers Naudé, Allan Boesak, Stephanie Kemp, Carl Niehaus, Uys Krige, Vernon February, Jan Rabie, Hein Grosskopf en Hein Willemse, Marius Schoon, Antjie Krog, Martin Versfeld, Johan Degenaar, André du Toit, Van Zyl Slabbert ... die lys kan lank so aanhou ... om te weet dat die spektrum altyd ruim genoeg was om sonder moeite mens se eie Afrikanerskap te aanvaar. (52)
Agt jaar later, in sy toespraak “The Afrikaner as African”, is sy identifisering met die Afrikaners weer so sterk dat hy hulle skaars vier jaar ná die einde van apartheid vreesloos voor ’n beskuldigende gehoor van Afrikane in Zanzibar verdedig:
I should note that our fatigue was maybe brought on by a “dark” emotion seeping from deliberations in the place of discussions we’d fled, to wit that the Afrikaners would have to pay reparations to the rest of the continent for the privilege of being accepted, eventually, as Africans. It was nearly as if to be African was synonymous with being a victim, and thus endowed with a strange moral superiority, a closed circle to be defended fiercely, no erstwhile devil would be allowed to butt in. Nearly then, as if to be black was to be blessed with the “comforts” of a never-ending pain that could not be rationalised: a last sign of difference. (88)
Wat hierdie standpunt verder onderskei, is sy afwysing van die verlammende effekte van politieke slagofferskap, ’n goeie 15 jaar voor die ANC en sommige swart Suid-Afrikaanse intellektuele, net soos baie van hulle Afrikanernasionalistiese voorgangers, begin het om vanuit ’n verdiepende slagoffermentaliteit te midde van groeiende politieke mislukking sondebokke onder hulle wit en/of ryk landgenote te begin soek. Wie sig as slagoffer beleef, is gedoem om ’n sondebok te soek en die ander sy slagoffer te maak in ’n bloedige offerpolitiek wat die dood bo die lewe kies.
Nadat Breytenbach die politiek van slagoffers afgewys het, gaan hy dan in dieselfde toespraak voort met ’n besinning oor Afrikaner-identiteit waarin hy voortborduur op sy ouere tema van die Afrikaners as basters. Dit is ’n lang aanhaling wat verdien om in sy geheel aangehaal te word, omdat dit dui op Breytenbach se poging om die Afrikaners se politieke mislukking van apartheid te probeer rehabiliteer vanuit ’n herontdekking van hulle ouer inheemse tradisie. Met verwysing na die eerste persoon wat, sover bekend, die term Afrikaner gebruik het – Hendrik Bibault (Biebouw) – wat hom in 1707 verset teen die gesag van ’n Nederlandse magistraat deur uit te roep “Ik ben een Africaander!” verklaar Breytenbach:
Bibault’s defiant cry (I am an Afrikaner!) of secession from Dutch law and company sovereignty must have been a leap towards defining another identity. He says: I am beyond your possession. But he also says: You cannot tax me or govern over me since I’m no longer a Dutchman or a Frenchman; I’m of this continent. The general conditions of his environment and his situation now narrow down to a specific attempt at redefinition. An interesting line of exploration would be to understand why, in disaffiliating from the known “racial” and cultural group to which he belongs and in the absence of being able to become part of any other grouping present in his environment, he should choose to become “African”. To what extent, if ever, during this shift in self-definition did he recognise the shared Africanness of the Khoi people? For that matter, did the Dutch and other colonials think of the inhabitants of Africa as “Africans” or were they distinguished by tribal connotation? And when did the continent’s inhabitants start referring to themselves as Africans? Or was Bibault to be (or become) an “Afrikaner” exactly because he was no longer the one and not yet the other? Caught in a middle world, as it were? Did “Afrikaner” then mean to be the rainbow that is neither sun nor rain but a pretty illusion spanning the two? (92)
In die verlenging van sy herverkenning van die grondige dubbelsinnigheid van Afrikaner-identiteit hervat hy dan sy gedagtegang van 1973 se Somerskool deur die morele hoogte- én laagtepunte van Afrikaners se geskiedenis na hierdie dubbelsinnigheid te midde van soms onverbiddelike geskiedkundige omstandighede te herlei:
Afrikaner is the product of history (at times other people’s histories), and of an evolution in perceptions. Of choices too. And history is singularly cruel and brutal; it is always the sun darkening you. The Afrikaner was successively and sometimes simultaneously victim and destroyer, both oppressor and oppressed. For instance, he fights British imperialism, has his farms torched in a scorched-earth policy and his wife and children starved in concentration camps, only to go on and become a racist and plundering overlord. (91)
Nadat hy in die verbygang verwys na die eerste selferkende Afrikaner, Biebouw, se lot om tragies as balling in Tasmanië te sterf – ’n ironiese voorspooksel van die golf van Afrikaner-emigrasie na onder meer Australië ná die einde van apartheid – vestig hy ten slotte in dieselfde toespraak sy hoop vir Afrikaners se toekoms op die herontdekking en verbeeldingryke herontginning van hul basterskap:
By mixing, by making other, by painful or pleasurable or shameful passages from the known to the unknown (urgently manifesting its need to become known), by seizing the moments of intervention, by inhabiting niches and exploring interstices, by moving, by travelling deeper, by learning to read the wind, by confrontation, through struggle, and by conflict, the bastard, I think, has a heightened sense of identity-awareness as pathology and as passport, perhaps of the furtiveness thereof: the past is more complex and entangled than that which meets the eye, the future less certain. Identity accrues from the wells and the pastures and the stars along the lines of the journey. It has the smell of blood. The Afrikaner is only an identity in becoming another. (94; sy beklemtoning)
Hierdie laaste beklemtoonde sin herbevestig dan Breytenbach se oop, prosesmatige en narratiewe verstaan van Afrikaner-identiteit. Kortom, sy hertoenadering tot sy mense word duidelik gekwalifiseer met sy verbintenis tot Afrikaner-identiteit nié as gestol nie, maar as altyd in wording.
Om hierdie afdeling saam te vat: Breytenbach se etiek en politiek is van meet af gewortel in sy Afrikaner-identiteit, ’n identiteit wat hy as oop en altyd in wording verstaan. Die element van haat in sy verhouding met die Afrikaners bereik ’n hoogtepunt ná sy vrylating tydens die donkerste jare van apartheid, oftewel wanneer die Afrikaners die wordingselement in hul identiteit volgens hom deur ’n sluitende politieke stelsel verdring. Wanneer die politieke opening van 1990 plaasvind, bring dit ’n kentering in sy verhouding met die Afrikaners, en heropen hy met hulle ’n gesprek aan die hand van die tradisionele, dubbelsinnige bronne van hul identiteit. Dit kan beskryf word as ’n politiek van hoop geskoei op die herontdekking van ’n diep kulturele bedding. Hierdie gedagtegang sou Breytenbach mettertyd ook uitbrei tot sy besinnings oor ’n politieke alternatief vir postkoloniale Afrika en veral postapartheid Suid-Afrika, soos hier onder in die derde en laaste afdeling van hierdie opstel sal blyk.
3. Postapartheid Suid-Afrika: kritiek en hoop
En wanneer ek verwys na Suid-Afrika, dan is dit nie ’n abstrakte begrip nie – hier binne-in my praat ek van ’n land met berge en seisoene en seë en woestyne, van herinneringe en van drome en van my jeug. Maar veral van mense. My eie familie, my vriende en kennisse, en verder al die mense van hierdie land, ons met ons spesifieke probleme en ons met ons wonderlike toekoms. (19)
Hier bo het ek aangevoer dat Breytenbach in sy hoftoespraak in 1975 op sy weerloosste is en homself die meeste ontbloot, altans in vergelyking met die ander tekste in Parool/Parole. Die omskrywing van Suid-Afrika wat hy in die aanhaling hier bo uit daardie toespraak van 1975 gee, is een wat veranker is in ’n sin vir plek, gemeenskap en hoop. In hierdie afdeling sal blyk hoe sy kritiek op en verwagtinge oor ’n Suid-Afrika ná apartheid telkens weer uit hierdie sin vir gemeenskap, plek en hoop voortvloei.
Image may be NSFW. Clik here to view.In sy rigtinggewende boek, Oor gemeenskap en plek: Anderkant die onbehae (Pretoria: FAK, 2015), voer Danie Goosen aan dat waar die tradisionele gemeenskap altyd ’n sterk sin vir plek koester, die moderne staat dié sin vir plek verdring deur ’n meetkundige standaardisering van alle plekke in sy gebied tot een “neutrale” gebied. Volgens Goosen was die apartheidstaat se brutale kartering van sy grondgebied en gedwonge bevolkingsverskuiwing part en deel van hierdie moderne meetkundige ruimtelike standaardisering. Goosen sonder die letterkunde van die 19de en 20ste eeu – insluitend die Afrikaanse letterkunde – uit as een medium waarin ’n tradisionele sin vir plek as bron van verset teen die (apartheid)staat se ruimtelike standaardisering lewend gehou word. Hierdie plekgebonde verset spreek uit die laaste aanhaling hier bo, soos ook uit die kommer wat Breytenbach vanuit sy sin vir plek voor sy Nederlandse skrywersgehoor in 1983 oor die toekomstige ruimtelike nalatenskap van die apartheidstaat uitspreek:
Some of the structural changes being effected down there, such as the creation of the bantustans, have already altered the landscape to the extent that any future solution of South Africa’s problems will have to accommodate the changed and contaminated situation. (27)
Hoe waar het hierdie woorde nie byvoorbeeld geword toe die verskriklike lewensomstandighede van mynwerkers wat uit voormalige “tuislande” steeds in trekarbeid vasgevang is, ná Marikana opnuut belig is nie?
Reeds in 1986, dié keer tydens die Rapport-toespraak, spreek hy sy kommer uit oor waarheen Suid-Afrika op pad is:
Is hierdie land al te ver op weg na ’n Libanisering, na ’n rasseoorlog wat soos ’n onblusbare vuurwind deur die subkontinent gaan woed? Wat bly dán van die Afrikaner oor? ’n Klompie verloopte huursoldate in diens van die dood en dié wat te kerkmuis was om Australië of Kalifornië toe te emigreer? Net die vet politieke base sal hul eie basse reeds gered het ... (36)
Ofskoon dit in hierdie uitspraak gaan oor sy kommer oor sy gemeenskap en oor die land indien apartheid nie tot ’n vreedsame einde sou kom nie, is dit nietemin merkwaardig dat hy al destyds die verskynsel van grootskaalse Afrikaner-emigrasie as moontlikheid voorsien het toe dit skaars nog op die radar verskyn het. Wie sou kon dink dat skaars ’n dekade ná hierdie uitspraak, toe die Mandela-lig nog oor die land geskyn het, Afrikaner-emigrasie die eerste keer meer as dié van ander bevolkingsgroepe sou wees? En watse verhaal het die statistiek nie vertel van hoe amper 50 jaar se verstaatliking Afrikaners se gemeenskapsbewussyn sodanig verswak het dat hulle hulself toenemend begin sien het as outonome, onverbonde individue wat na vrye keuse, danksy hul professionele kennis, by hierdie of daardie buitelandse ekonomie kon inskakel? Het Afrikaners maar meer ag geslaan op die ontsettende verlies en verlange na die land wat ons bekendste uitgewekene, Breyten Breytenbach, reeds vanaf die vroeë 1960’s in sy poësie en besinnende werk uitgespreek het, was baie van ons dalk nie so haastig om afskeid en vertrek te neem sonder die voorkennis van die psigiese prys wat jy vir jou passaat betaaln ie.
In ag genome die laagtepunt wat Breytenbach se verhouding met die Afrikaners in die dekade ‘80 bereik het, is daar twee merkwaardige aspekte aan hoe sy posisie vanaf 1989/90 verskuif. Die eerste is dat waar hy in 1989 se toespraak by die Victoria-skrywersberaad sy hoop nog betreklik onkrities vestig op ’n swart meerderheidsregering in ’n eenheidstaat en hom onder meer op die Pan-Afrikanisme en selfs die marxisme beroep (43–4), hy daarna toenemend pleit vir ’n meer federale Suid-Afrika gebaseer op ’n politiek van gedeelde bewussyn en medeverantwoordelikheid begelei deur die leitmotief van die groot Andersmaak. Die tweede is dat hy hom toenemend begin verbind tot ’n politiek van gemeenskap eerder as van die nasie, waarin kultuur die bron van verset, verdere demokratisering en die politiek in die algemeen word. Hierbenewens ontwikkel hy ook sy begrip van die Middelwêreld in hierdie jare.
3.1 Federalisme
Wat federalisme betref, is sy eerste tree in die rigting ’n verstommend nugtere inskatting te midde van Suid-Afrika se oorgangseuforie van die land se gebrekkige demokratiese kultuur – ’n gebrek wat pas weer met die onlangse studentebetogings gedemonstreer is toe die studente vir praktiese doeleindes die eerste burgerlike groepering geword het wat in 21 jaar van nominale grondwetlike demokrasie daarin kon slaag om die regering nie net sover te kry om te praat nie, maar ook om te luister en betekenisvolle toegewings te maak:
Suid-Afrika se heersende politieke kultuur is dié van koöptering. Daar is nog te veel areas van stilte, van medepligtige swye, van ’n wedersydse morele afpersing wat teer op erfskuldigheid en die behoefte om verneder te word. Ons vat mekaar mos nie aan nie, ons voel nie eens aan elkander nie, ons probeer mekaar manipuleer of hanteer.(47)
Oor hoe die ANC, namate hy sy houvas tans verloor, opposisie uit wit en spesifiek Afrikaner-geledere probeer neutraliseer met aanklagte van onbetaalde historiese skuld, of pas die studente met allerlei slim truuks probeer koöpteer het, kan ’n mens maar net jou hande saamslaan.
Die koöptasiepolitiek wat die ANC rustig by die Nasionale Party oorgeneem het, berus onder meer op die kontinuïteit van die koloniale staatstruktuur wat die Nasionale Party in 1948 geërf het en in 1994 aan die ANC oorhandig het. Verdeel-en-heers en koöptasie is klassieke truuks wat koloniale state inspan om hulle gebrek aan politieke legitimiteit te probeer oorkom.
Oor hierdie kontinuïteit laat Breytenbach hom soos volg uit by die geleentheid in Berlyn, 2009 waar Duitsland en Suid-Afrika se oorgange met mekaar vergelyk is:
[T]he opposing political formations in South Africa produced, in a dance of power and submission and illusions, a new constitution that in essence did not change the structures of the state, and certainly did not radically modify the economy on which the state rests. In both instances, one could say that what was there before had to be stretched to accommodate the newcomers, the slightly unwelcome family-in-law. (135)
Dit is op grond van die handhawing en uitbuiting van die geërfde ekonomiese en staatstrukture dat dit algaande duidelik geword het dat die ANC se verbintenis tot diversiteit slegs ’n rookskerm was vir sy eintlike drif om Suid-Afrika se derde poging (naas Britse imperialisme en Afrikaner-nasionalisme) te loods om die bevolking na die beeld van die staat te omvorm. In Suid-Afrika staan dit bekend as “nasiebou” en dit word gebruik om die regerende elite se belange ten koste van die mense in wie se naam hulle regeer, te bevorder.
So het Breytenbach dit tydens dieselfde Berlynse konferensie in 2009 gestel:
South Africa is inhabited by several peoples and remnants of peoples, some of whom can rightly be considered nations with historical legitimacy, each informed by layered and sometimes ancient identity-forming, shared memories. However, beyond the initial phase of transition it soon became clear that the one nation promoted or promised by the new regime was premised on hegemonic black nationalism and a deeply held need to undo and preferably rewrite history. The claim of “It is now our time” by the party in power, using nationalism as the last refuge of the scoundrel, plays out in practice as the rapid and ruthless enrichment of its deployed cadres at the cost of the country at large. The ANC policy of “inclusiveness” does not allow for the tolerance or the understanding of diversity. (138)
Ses jaar later, tydens ’n gedenkgeleentheid vir die ontslape André P Brink by die Universiteit van Kaapstad, laat Breytenbach hom veel sterker uit oor hoe die ANC sy ideale en die land verraai het deur te begin met woorde wat Hamlet se “Something is rotten in the state of Denmark” eggo:
Iets is verkeerd in hierdie gewelddadige en in wese onregverdige republiek: miskien is dit nie net die middele wat die doel besmet het nie, maar die basis van aannames waarop dit tot stand gekom het. Ons het te doen met ’n politieke bedeling wat nie ’n dêm omgee vir enige etiese bevraagtekening, wat duidelik nooit nadink oor waardes nie, wat skynbaar seker is omtrent hulle identiteit, met wie jy nie eens in gesprek kan tree nie. Jy kan hulle nie tot verantwoording roep in die naam van die Nuwe Nasie nie – daar is nie so iets nie. En soos by die vorige regime is die Gryses weer al hoe sterker aanwesig in die skrewe en die nate van die staat, met dieselfde funksies en ongebreidelde mag – die veiligheidsapparatchiks, hulle wat hul psigopatiese afwykings straffeloos uitlewe en vrye teuels kan gee aan hulle verminkte selfbeeld. (189)
Wie sou kon gedink het dat Breytenbach die ANC-regering in 2015 sou kritiseer in haas dieselfde terme as waarmee hy die NP-regering in sy Rapport-prys-toespraak omtrent 30 jaar tevore in 1986 gekritiseer het?
Dit is as deel van hierdie gedagtegang dat Breytenbach reeds in 1994 tydens sy Walter Battiss-gedenklesing die gevierde Ugandese politieke denker Mahmood Mamdani met instemming aanhaal as dié die nasiestaat in Afrika afwys, ’n gemeenskapsgebaseerde politieke alternatief voorstel, en hom tot federalisme verbind:
The point is neither to celebrate “modern tribalism” nor to recoil from it in alarm. Rather, to recognise its contradictory nature is to appreciate the contradictory possibilities in any liberation of “modern tribalism”. While any type of federation would have to recognise the legitimacy of “tribal” interests, the resulting “tribalism” could either be democratically constituted or turn into top-down manipulation. The outcome, in turn, would depend on whether or not federalism has been joined to “mass participation” through a reform which goes beyond simply federalising the colonial hold of the peasantry to dismantling it ... For if we are to arrive at a political agenda that can energise and draw together various social forces in the highly fragmented social reality that is contemporary Africa, we need to devise an agenda that will appeal to both civil society and peasant communities, that will incorporate both the electoral choice that civil society movements seek and the quest for community rights that has been the consistent objective of peasant-based movements. (61)
Hierdie verbintenis tot ’n federale bestel in Suid-Afrika as alternatief vir die mislukkings van die ANC-geleide eenheidstaat het Breytenbach natuurlik nog veel sterker gestel ná die selfmoord van die joernalis Chris Louw in ’n gerugmakende artikel in Rapport van 5 Desember 2009 (wat nie in Parool/Parole opgeneem is nie):
Dit beteken dat gesprekke, aangevuur deur ’n morele en praktiese verbeeldingsvermoë, rondom die noodsaak van ’n opnuut geformuleerde Suid-Afrika – gegrond in ’n bestel van funksionerende federale deelstate, met dieselfde regte en moontlikhede vir almal – op alle vlakke aan die orde moet kom. (So nié, is dit nag.)
3.2 Die Middelwêreld
Seker die mees eksperimentele, maar konseptueel ook die mees problematiese toespraak in Parool/Parole is Breytenbach se “(Notes from the Middle World)” wat hy in 1996 as die Fernando Pessoa-lesing te eThekwini aangebied het. Ofskoon dit dagteken uit die tyd toe Breytenbach te midde van sy groeiende ontnugtering met die postapartheid bedeling en die Suid-Afrikaanse eenheidstaat opnuut oor gemeenskap en kultuur, asook federalisme begin besin het, flankeer hy in hierdie lesing met nomadisiteit, tuisteloosheid as bykans gegewe toestand en ’n verromantisering van ’n politiek van radikale nuutskepping wat deur heelwat moderne politieke bewegings (soos die nasionalisme en die marxisme) voorgestaan is, dikwels met gewelddadige nagevolge (waarvan die Franse Revolusie die voorloper was, soos onder andere Burke en Hegel in hul kritiese besinnings daaroor aangedui het).
So skryf Breytenbach byvoorbeeld oor die kunstenaar van die Middelwêreld:
As artist or warrior, he will practise an inventive and transforming reporting of fact, using the self (the “identity") as a transient and mutating guest in his work: he was there, he knows it can never be the way it is remembered. He also knows it is the matter and the manner of making that establish the Middle World as a means to that consciousness of alienation from which he cannot escape. In other words, it will be by crossing lines and exploring the contours that the artist discovers and “creates” the Middle World, which will generate his separateness. For he will be obliged to create concepts: the security of repeating the known is forbidden to him, and this is why fundamentalists of all stripes will abhor and wish to expectorate the very name. (78)
Kan dit wees dat Breytenbach op grond van sy eie ontnugtering oor en vervreemding van wat Suid-Afrika toe reeds ná apartheid begin word het, dié toestand probeer verwerk het tot ’n oortuigende basis van ’n radikaal estetiese lewe? Per slot van rekening het hy ook per geleentheid in die laat jare ‘90 iewers gesê dat hy ’n man sonder wortels geword het, en dat dit nie noodwendig ’n slegte ding is nie.
Dit is egter ook belangrik om daarop te let dat hierdie impuls tot radikale onverbondenheid tog wel in dieselfde toespraak getemper word deur ouer, bekende temas van gedeelde bewussyn en medeverantwoordelikheid in sy werk. So skryf hy byvoorbeeld:
The Middle World is (ideally?) where the nothingness of being and the being of nothingness are continually inflected by the ethical awareness of living in a society where you are responsible through the narrative for others, and by the sharpened imperative of non-power which should not be equated with the static. From an accrued sensitivity to the rapport between words (the narrative) and action (movement) Middle World ethics arise. (82)
By laasgenoemde sin ontstaan die vraag: Wat van die ou verhouding tussen die vita activa en die vita contemplativa vir die etiek van die Middelwêreld? Is dit aanhou stil word en beweeg, in samehang met Jan Rabie se “liefde is aanhou beweeg en geraas maak”, wat Breytenbach hier eggo?
Met hierdie té skramse oorweging van die oortuigende en minder oortuigende aspekte van die begrip van die Middelwêreld moet ek ongelukkig hier volstaan ten einde drie laaste aspekte van Breytenbach se besinnings op alternatiewe vir wat skeefgeloop het in die postapartheid bedeling, kortliks te vermeld. Die drie aspekte is onderskeidelik kultuur as die bron vir ’n politieke alternatief, en die implikasies hiervan vir Suid-Afrika in die algemeen, en vir die Afrikaners as Afrikane in die besonder.
3.3 Kultuur en ’n alternatiewe politiek
Hier bo is reeds kortliks verwys na Breytenbach se besinning vanaf die vroeë jare ‘90 oor kultuur as die bron van ’n alternatiewe, demokratiese politiek van diversiteit. Hierdie besinning moet verstaan word as ’n verdere verkenning van sy sin vir plek, gemeenskap en hoop soos verwoord in die motivering van sy verset teen apartheid in sy hoftoespraak in 1975 (reeds hier bo aangehaal). Voorts is dié verdere verkenning na alle waarskynlikheid aangehelp deur Breytenbach se besef tydens die oorgang dat die struktuur van die Suid-Afrikaanse staat en ekonomie grootliks onveranderd sou bly en verdoesel sou word met mooiklinkende beroepe op nasionale eenheid, wat in werklikheid die politieke uitbuiting van Suid-Afrika se kulturele diversiteit sou vervang met ’n ewe verstikkende politieke uitbuiting van die ooreenkomste wat ons met mekaar deel.
Reeds in die euforiese oorgangsjaar van 1994 kondig Breytenbach hierdie motief in sy Battiss-gedenklesing aan:
Togetherness (as opposed to apartheid, and you dare not yet speak of unity) is a movement harnessing diversity. And national togetherness, in order not to rot into totalitarianism, must be rooted and nourished by cultural variety. Without differences there can be no motion. (58)
Hy gaan verder en sonder kultuur eksplisiet uit as noodsaaklike teenwig vir die misbruik van staatsmag: “[W]e need culture to restrict the state’s arbitrary powers and to rein in the bureaucrats and other public parasites” (62).
’n Beroep op kultuur kan uiteraard kwalik gedoen word sonder ’n verbintenis tot die gemeenskap wat ’n kultuur beoefen, en so sluit Breytenbach dan in dieselfde lesing eksplisiet aan by die bekende klassieke sosiologiese onderskeid tussen samelewing en gemeenskap:
How will the differences be fitted into a larger pattern? Perhaps it will behove us to remember that old sociological dichotomy between community and society, where community relations are seen as natural or primordial because they arise from all manner of shared emotions and traditions that create a fairly homogeneous culture, and where society can be considered a historical construct, defined (according to Max Weber) by a “rational free market” or “voluntary associations”, in other words by economic necessity or political convenience. (59)
’n Mens hoef nie die uitvinder van buskruit te wees om te snap dat Breytenbach hier, enersyds, die kunsmatigheid van die Suid-Afrikaanse “nasie” en al die gevare van manipulasie wat dit inhou en, andersyds, die ryke verskeidenheid van Suid-Afrikaanse kultuurgemeenskappe in gedagte het nie. Die brutale wyse waarop die ANC-regering sedertdien omgegaan het met kulturele verskeidenheid en veeltaligheid – buiten waar dit misbruik kon word vir skadelose toerisme-advertensies en folkloristiese kultuurdorpies – namate sy kunsmatige nasieboupoging al hoe verder op die rotse van gemeenskapsweerstand loop, spreek tans bykans vanself. So ook die bykans voorspelbare hernude mobilisering op grond van kultuur en etnisiteit met al die gevare en moontlikhede wat dit insluit, vanaf “100% Zulu Boy” tot “in my kultuur ...” tot die politiek van wedersydse erkenning wat die dryfkrag van 1994 se skikking was, wat met sy foute en al die land destyds van die afgrond gered het.
Op ’n meer positiewe trant spreek Breytenbach hom ook in 2007 in sy toespraak “Imagine Africa” uit oor die wesenlike rol wat kultuur in die heropbou van postkoloniale Afrika kan speel:
[W]e are here to promote better practices in assuring a sustainable cultural environment, and how these practices and systems may contribute to viable economies. But I also hope that this conference will underline the extent to which cultural creativity participates in the shaping of personal identity, and thus of responsibility and dignity. I hope we can recognise how vital it is to understand and promote the progressive dialectic between, at one end, the riches of diversity and their expressions and, at the other, the overarching and shared goals of national and historic entities. At this interface of reciprocal and mutual shaping, the culture of transformation appears. And Africa is rich first of all because of its diversity. (122)
Kortom, Breytenbach se vroeëre beroep op gedeelde bewussyn en medeverantwoordelikheid in die groot Andersmaak van mekaar word hier bo geëggo met verwysing na die dialektiek tussen kulturele diversiteit en nasionale entiteite, asook die kultuur van volgehoue verandering wat so eie aan sy opvatting van identiteit is.
3.4 Kultuur as bron van ’n hoopgewende alternatief vir postapartheid Suid-Afrika
In die toesprake tussen 1994 en 2015 wat in Parool/Parole opgeneem is, verwoord Breytenbach met gereelde reëlmaat die alternatiewe politiek van hoop wat hy vir Suid-Afrika voorsien. In hierdie verskillende uitsprake is ’n sin vir gemeenskap en kultuur as bron van ’n beter bedeling en ware staatshervorming telkens aanwesig.
Telkens word hierdie uitsprake ook aangepas en verder genuanseer in reaksie op steeds vermenigvuldigende vorme van staatsverval en magsmisbruik. Ter illustrasie haal ek hier slegs die mees onlangse voorbeeld daarvan aan, uit die toespraak “The PIG stye in the eye”, gelewer voor die Politically Incorrect Group in Kaapstad, Maart 2014:
Bring about, by an all-inclusive national convention, truly elective politics, constituency based so that parliament can become vitalised and represent the interests and the aspirations of the people, and establish a true devolution of power that will reflect local concerns and responsibilities and conditions.
Bring about, by an all-inclusive national convention, a “social contract” between the state and its citizens so that priorities can be agreed upon, explained and accepted, and the state be held accountable.
Allow for the vigorous and constitutionally guaranteed autonomy of institutions, free from party political interference.
Actively understand and enshrine that our essential richness is the diversity of our make-up, the depth of our languages, the force of our dreaming ... (179)
Hieruit spreek dan sy sin vir plek en die politiek van die plaaslike (1), die hervorming van die staat (2), funksionele grondwetlike instellings (3), en kultuur as die bron van die groot Suid-Afrikaanse Andersmaak soos deur ons tale bemiddel (4).
3.5 Kultuur as bron van hoopgewende politieke alternatief vir die Afrikaners as Afrikane
Hier bo is reeds verwys na Breytenbach se aansluiting by Mahmood Mamdani se demokratiese gemeenskapspolitiek. Met verwysing na wêreldwye tendense toegelig vanuit Afrika se ervaring van die herlewing van tradisionele gemeenskapstrukture te midde van postkoloniale staatsverval verklaar Breytenbach in sy brief aan sy dogter in 2013 voor ’n Bloemfonteinse gehoor:
[T]he paradox is that we, the ordinary scavengers for sense to our existence, depend ever more on state hand-outs and the life sentences permitted to us by public authorities. Yet, we know that survival, if any, will be parallel to the public norms laid down by unrepresentative and self-perpetuating power establishments. In a way the whole world is becoming Africa where nearly everything pertaining to everyday life – the economy, the moving of people and goods, providing for health and education, even the concept of the individual’s national identity – will be “administered” by parallel circuits and structures. (164)
’n Welbekende kritiek op die herlewing van ’n politiek van gemeenskap onder Afrikaners die afgelope 20 jaar, soos byvoorbeeld beliggaam deur die Solidariteit-beweging, is dat dit eintlik maar ’n tipiese (Westerse) neonasionalisme is. Maar binne Breytenbach se siening van die Afrikaners as Afrikane maak dit meer sin om hierdie verskynsel te vertolk as ’n tipiese postkoloniale Afrikaïese reaksie om jou toevlug weer te neem tot tradisionele gemeenskapstrukture waar die staat nie behoorlik funksioneer nie. Op hierdie trant stel Breytenbach dit reeds in 2000 in “Die bobbejaan agter die bult” op LitNet aan die Afrikaners: “As julle politiek wil bedryf, sal dit waarskynlik op ’n etniese grondslag moet wees, want julle dink tog nie daar is plek vir julle in die ANC nie?” (102–3).
Dit is belangrik om daarop te let dat Breytenbach in sy kenmerkend pluralistiese styl hierdie voorstel van ’n demokratiese etniese of gemeenskapspolitiek nié op (uit)sluitende wyse tot die Afrikaners beperk nie, maar dit inderdaad sien as die basis van ’n demokratiese politiek van diversiteit, wedersydse erkenning en die groot Andersmaak. So verklaar hy by die Berlyn-kongres van 2009 aan sy Duits-Suid-Afrikaanse gehoor: “I asked myself what the reality of individual achievement and freedom could be unless it found resonance and continuation in the group. One’s awareness of existential space is rooted in collective memory expressed in the mother tongue” (140).
En dan neem hy ook eksplisiet afskeid van sy flankering met ’n soort ongewortelde, nomadiese enkelingskap van die laat jare ‘90: “The individual existence of the free, disconnected radical carries the exultation of senselessness; the ‘cross-over’ embodies the uselessness of tokenism” (140).
Om hierdie afdeling saam te vat: Breytenbach se weiering om sy liefde vir sy mense en sy land in die jare ‘80 toe te laat ná sy vrylating uit die tronk, word met die Suid-Afrikaanse politieke oorgangslente van 1990 vervang deur toenadering tot sy mense en sy land. Namate sy ontnugtering met die oorgang en die postapartheid bedeling toeneem, ossilleer hy in die tweede helfte van die jare ‘90 tussen ’n demokratiese politiek van kultuur en wortellose nomadiese enkelingskap. Dan, vanaf ongeveer 2000 tot nou word laasgenoemde tema, indien nie heeltemal nagelaat nie, ietwat onderbeklemtoon ten gunste van ’n hernude verbintenis tot ’n sin vir plek, gemeenskap en hoop, wat hy uitwerk met betrekking tot die wêreld, Afrika, Suid-Afrika en die Afrikaners. Hiermee bly hy doen wat hy 40 jaar gelede beskryf het as die kern van wat ek hier wil noem sy radikaal-demokratiese gemeenskapspolitiek: “In ’n gedig neem mens ’n beeld en ontplooi dit tot aan sy uiterste gevolge. So het ek ook met my opvattings probeer doen” (21).
As Sokrates ons leer dat die onbetragte lewe nie die moeite werd is om te leef nie, leer Breyten Breytenbach ons met die poëtiese droomtoesprake gebundel in Parool/Parole dat die grondig-deurleefde oortuiging die hoogste vorm van durf is – selfs, of miskien juis, ómdat ons feilbare dromers is.
Title:Etta and Otto and Russell and JamesImage may be NSFW. Clik here to view. Author: Emma Hooper Publisher: Penguin Books South Africa ISBN: 9780241185865
Eighty-three-year-old Etta has never seen the ocean. And so, armed only with her best boots, some basic provisions and a rifle, she sets off from her home in Saskatchewan to undertake the 3 232 km journey to Halifax on foot.
This is the intriguing premise of Emma Hooper’s Etta and Otto and Russell and James. Part The Unlikely Pilgrimage of Harold Fry, part Forrest Gump, the account of Etta’s last great adventure goes well beyond the offbeat fortune cookie wisdom so often found in narratives of the “walking trend” variety.
Set mainly against the backdrop of the dusty and unforgiving Saskatchewan farmlands, the novel evokes the tradition of the Canadian prairies novel and sensitively explores themes of poverty, loss and the devastating effect of war on the community. The minutiae of prairie life and the characters’ struggle to carve out an existence in a harsh and isolated environment is handled with some humour.
Add to this a light dusting of magical realism and the result is a thoroughly charming, if somewhat ambitious, debut novel.
Image may be NSFW. Clik here to view. Following a trend often noted in the prairie novel,[1]Etta and Otto and Russell and James inverts the gendered binary oppositions of house/female and horse/male. Etta, the travelling female, leaves behind not only her husband, Otto, but also long-time admirer, neighbour and all-round good guy Russell (we’ll get to James a bit later).
Strangely paralysed by his increasingly forgetful wife’s sudden desire for a brisk cross-country hike, Otto seems resigned to remaining on their farm in uncertain anticipation of Etta’s return. Here he channels his restless energy into stereotypically female pursuits such as mastering the recipes so thoughtfully written out for him by Etta and creating a menagerie of papier mâché animals.
Russell, on the other hand, demonstrates a whit of good sense by following Etta, who appears to be exhibiting the early symptoms of dementia. However, it is soon clear that Russell has his own journey of self-discovery to make.
The fourth and final titular character to join the cast is James, a talking, often singing, coyote who keeps Etta company on her travels. With the introduction of James, the reader’s already tentative grip on reality (our suspicions having been raised earlier by Otto’s unexplained clairvoyance about Etta’s chosen route and some offhand mention of shared dreams) is firmly destabilised. We are ready to cast off disbelief and troop happily into the murky territory of magical realism. Here be dragons, but are they the figments of a mind ravaged by old age and illness?
The novel’s ethereal quality is further aided by Hooper’s sparse, almost hypnotic prose and her expert blending of past and present. Etta’s present-day expedition is interspersed with glances into the characters’ childhoods, the love triangle that unfolds between them and the trauma they must endure as the horrors of the Second World War begin to intrude on the quiet solitude of their homes.
As Etta’s mind spirals further into confusion, her sense of self is slowly eroded, blurring the boundaries between her own epic journey and the terrifying march into the unknown experienced by Otto as young soldier.
Moving between remembering and forgetting, past and present, the real and the imagined, Etta and Otto and Russell and James is a slippery, sometimes challenging novel that does not deal in neatly packaged conclusions.
If you prefer your narratives to move smoothly from A to Z with proper regard for the quotation mark as indicator of direct speech, proceed with caution. If you’re up for something with a little more meat around the bones, this moving and imaginative offering is well worth the effort.
Image may be NSFW. Clik here to view.Titel: Buhr van die Bokveld: ‘’n Sprankelende Intelligensie’ Samesteller: Hermann Giliomee Uitgewer: Africana Uitgewers ISBN: 9780620666138
Ek wil graag vertel van ‘n besonder aangename en verrassende bloemlesing. Dit heet Buhr van die Bokveld: ‘’n Sprankelende Intelligensie’. (Waarom die enkelaanhalingstekens hier gelaat word, verduidelik ek in die laaste paragraaf hier onder.) Dit is saamgestel deur die historikus Hermann Giliomee en die navorsing en teksversorging is deur Anton Naudé. Dit is ‘n publikasie van Africana Uitgewers en kan bestel word by africanapublishers@mwebbiz.co.za.
Met hierdie bloemlesing word die joernalis en kortverhaalskrywer 75 jaar ná sy dood aan die vergetelheid ontruk. Giliomee beskryf hom só: “Buhr was een van die blinkste sterre van die jonger generasie van Afrikaanse joernaliste in die vyftien jaar nadat Afrikaans in 1925 ampstaal geword het.”
Giliomee gee vir ons biografiese besonderhede. Buhr is op 26 September 1900 op die plaas Grasberg naby Nieuwoudtville gebore. In 1918 word hy student op Stellenbosch, wat toe pas ‘n volwaardige universiteit geword het. Eers verloop alles nie vlot genoeg nie, kan hy nie sy BA-eksamen aflê nie, en werk hy eers ’n tyd lank vir Die Burger. Hy keer in 1923 terug. Hy beskryf die lotgevalle van so ‘n teruggekeerde student in sy artikel “Die teruggekeerde student se nagmerrie” (Die Burger, 24 Junie 1931): “Solank (so ‘n student) net voel dat die wêreld hierlangs op sy kop staan, gaan dit nog, maar daar kom die dag wanneer dit vir hom ’n onweerstaanbare behoefte word om die wêreld hierlangs weer op sy bene te laat staan. Dit is waar die stryd begin, en die teleurstelling en ontgogeling in wrewel en bitterheid oorslaan. Hy word soos die buffelbul wat snags met sy agterwêreld in ’n doringbos staan om sy humeur gaande te hou.”
Buhr word studenteraadsvoorsitter. In dié amp moet hy op 4 Mei 1925 die Prins van Wallis op Stellenbosch verwelkom. (Hy verslaap byna die funksie.) Hy sê ‘n ent weg deur sy toespraak: “I am afraid your Highness will find that all our most popular heroes are people who have either been in gaol for political crimes or in hospital for fractured bones. I must admit that the fact that your Highness has never been in gaol is a serious disqualification, which I sincerely trust your Highness will manage to get remedied before leaving the country.“ Later doen Johann verslag aan sy pa: “Die Prins, tussen ons gesê, is ‘n taamlike hopelose ‘specimen of humanity’. Hy is uiters senuagtig, ... en boesem jou nie die minste ontsag in nie. ... Hy het een groot goeie karaktertrek en dit is dat hy probeer om aangenaam te wees. Ek vrees egter hulle oorwerk die arme kêrel.”
Ná Johann sy BA-graad behaal het, werk hy ‘n jaar by The Times of Natal in Pietermaritzburg. Hy kom weer terug na Stellenbosch, nou vir ‘n graad in die regte. In 1929 sluit hy hom aan by die redaksie van Die Burger. Maar in 1930 word hy ‘n teringlyer. Tot sy dood op 20 November 1940 woon hy op Grasberg. Steeds stuur hy artikels en kortverhale vir Die Burger en Die Huisgenoot.
Die bloemlesing bestaan uit drie afdelings: “Toesprake en briewe”, “Artikels en essays” en dan “Verhale”.
In die tweede afdeling word ‘n paar opspraakwekkende gebeurtenisse uit die verlede vir ons ‘n onmiddellike werklikheid gemaak.
In 1929 probeer kaptein Malcolm Campbell om met sy Bluebird ‘n wêreldsnelheidsrekord op land op te stel. Johann Buhr beskryf Verneukpan se lugspieëlings en wat Campbell tussendeur doen: grammofoon speel, ’n krieketbal rondslaan. Buhr kry “die geluk van sy lewe”. Die publiek moet ‘n myl van die baan af staan. Hý mag saam in ‘n polisiemotor ry en kan alles van ongeveer 200 treë gadeslaan. Hy sien die Bluebird in sy “sierlike vorm; alles behalwe die wiele wat in die lug weggesmelt het¸ sodat dit meer gelyk het soos ’n vliegtuig wat teen geweldige vaart naby die aarde” verbygaan.
In Desember 1926 reis hy saam met generaal JBM Hertzog per trein. Dit is ‘n triomftog nadat die generaal sterk opgetree het tydens ‘n Rykskonferensie. Sy pleidooi sou daartoe lei dat alle lande van die Britse Statebond as outonome gemeenskappe sou funksioneer.
Buhr gee indrukke van wat op die stasies gebeur. So is hulle op Saterdag 18 Desember om 20:20 op Worcester. ‘n Dogtertjie kom gee ‘n ruiker vir die generaal, ‘n ander ‘n kissie droëvrugte. Die generaal soen hulle. “Die blomme en vrugte begin in te stroom; dit klap van soene. Die ruikers word al groter en die dogters ook ...”
Tussen 8 Desember 1926 en Januarie 1927 reis hy weer per trein, hierdie keer op versoek van akteur André Huguenet. Hy skryf vir Die Burger die artikelreeks “Agter die gordyne” oor die lotgevalle van die eerste Afrikaanse beroeptoneelgeselskappe. André (self ‘n goeie joernalis) het dit as reklame beplan, byvoorbeeld vir hulle toer met Jan van Ees se As mans huishou. Toe ek teen 2003 navorsing by die letterkundige museum (NALN) in Bloemfontein gedoen het vir my boek juis oor hierdie toneelpioniers, Voetligte en applous!, het ek een wintersoggend in die toneelhistorikus FCL Bosman se toneelknipsellêers op hierdie artikels afgekom. Ek het my verlustig in sy evokatiewe beskrywings van gebruike en avonture. Hoe hulle in ‘n treinkoepee op ‘n stormnag by Mosselbaai by kerslig gerepeteer het. Gilliomee konsentreer meer op sy betoë oor die negatiewe omstandighede waaronder hulle gewerk het. Buhr se opmerkings oor akteurs soos Wena Naudé en Mathilda en Hendrik Hanekom se voortreflikhede, en veral beperkthede, is seker waar van die beginjare toe hy hulle ervaar het, maar dit is dan juis ‘n uitdaging om dit met hulle latere prestasies, veral by die streekrade, te vergelyk.
In die laaste afdeling is daar 11 verhale. Dis opmerklik hoe hy die geskiedenis betrek en dan daarmee heel ongewone inhoude skep. Met “Die heilige moeder” van Die Huisgenoot van 13 en 20 Augustus 1937 beleef ons byvoorbeeld die Spaanse Burgeroorlog. Hier is insigte in die Rooms-Katolisisme, die beeldhoukuns en die morele oorwegings met oorlogvoering. ’n Ou kunsskool op die heuweltjie, “vroeër die trots van Torrajeda”, is in puin – sal die “handjievol verdedigers, vuil en verflenter, half-verhonger en half-vergaan, van ontbering, spanning en slapeloosheid” hulle “onverbiddelike verweer” kan volhou? Buhr skryf sterk dramaties; die sinsbou is indrukwekkend ritmies. (Vergelyk ook “Die perd van Attila”, bl 155.) Daar’s helder besonderhede. Soos dié oor ‘n majoor wat voor ‘n vuurpeloton moet sterf: Hy hef eers sy linkervuis op en roep: “Lewe Spanje!” Maar dan, “toe die blinddoek die lig voor sy oë uitsluit”, val hy op sy knieë en smeek om genade. Die teks kan as ‘n novelle beskou word.
Van die ander verhale is humoristies, byvoorbeeld “Die skoolmeester se sukses”, “Die plaasvryery” (oor ‘n dominee se pogings om twee oumense wat byna ‘n driekwarteeu lank soos kat en hond gelewe het saam te laat bid) of die geestige “Gekuier oor die Jordaan” (oor “spookklops” wanneer ‘n mens geeste uitnooi).
Buhr het herhaaldelik in sy skryfwerk moeite gedoen om misverstande oor die name van drie landstreke uit te wis. Mense het in daardie jare Boesmanland, Namakwaland en Buhr se heimat, die Bokveld by Nieuwoudtville, verwar. Heel moontlik gebeur dit vandag nog. Oor hierdie onderwerp is hy op sy aller amusantste in sy skets uit 1935 in Die Huisgenoot, “In Boesmanland”. Daniel Hugo het dit in 2002 opgeneem in Tydskrif 2: ‘n Herontmoeting met vroeë Afrikaanse kortverhale (Lapa). Giliomee haal Hugo se karakterisering van Buhr se werk aan: “‘skalkse styl’ waarmee hy, meer ongenadiglik as voorgangers, sy wêreld beskryf” (bl 12).
“In Boesmanland” is as ’t ware ‘n gunstige reaksie op die werk van ‘n medeskrywer uit die Bokveld: E de Roubaix (1880–1944). Pieter Strauss stel in 2010 ’n bloemlesing saam uit De Roubaix se bundels kontreiverhale, soos Boesmanlandse sketseen verhale (1926), Uit Boesmanland – kykies in die volkslewe (1928) en Giel Ool en ander verhale uit die Boesmanland (1929). Die bloemlesing heet Vlam uit die vlaktes: ‘n keur uit die prosa van E de Roubaix.
Bessie nooi vir Johann Buhr uit om by haar en haar pa, mnr Lintvelt, op hulle plaas in die Boesmanland te kom kuier. Toe Johann hom ontmoet, verseker mnr Lintvelt hom: “Ek hoop jy sal agterkom dat die ou Boesmanland nie halfpad so eenvoudig is as wat baie mense dink nie.” Nadat “Bessie die boedel van die aandete beredder het”, begin haar pa by die etenstafel ‘n De Roubaix-verhaal in ‘n tydskrif lees. Johann en Bessie verkeer heel aangenaam op die stoep. “Daar het ‘n duik gekom in Bessie se netjies versorgde kring krulletjies waar hulle teen my skouer gerus het. In ons albei se siel het die rus en tevredenheid van die horisonlose vlaktes gedring.”
Ongelukkig nie lank nie! “Die rustige stilte is deurboor deur die onstigtelikste van alle geluide, dié van ‘n mens wat alleen lag.”
Dis dan mnr. Lintvelt wat so geweldig lag vir die Roubaix-verhaal. Hy kom gesels op die stoep. Hy bewonder die goeie beskrywing van die mense. Wonder of ‘n mens regtig nog sulke eenvoudige mense kry as dié wat De Roubaix beskryf.
Die ontknoping van die skets gaan ek nie verklap nie!
Redaksioneel is besluit om “so min as moontlik (te) verander aan ouer taal- en spellingverskynsels asook woordkeuses om dit steeds ’n historiese teksuitgawe te maak”. Dit sorg vir woorde wat ’n mens bewonderend wil aanteken en gebruik. Jy is verstom oor ellelange sinne wat ook lang paragrawe skep. Maar die teks raak “onhistories” deurdat enkelaanhalingstekens gebruik word. Die dubbelaanhalingstekens kom nie voor nie. Dis ‘n steurende afwyking van die skryfwerk toe en nou.
Image may be NSFW. Clik here to view.Titel: Hartstories: Huis toe met 'n ligter tred Skrywer: Amore Bekker Uitgewer: Tafelberg Kategorie: Verstand, liggaam en gees ISBN: 9780624075080
Hallo Amore
Ek besef my saamrystorie is bitterlik laat. Jammer daaroor. Ek is egter van kleintyd af maar ‘n bietjie van ‘n kansvatter en ek vra gewoonlik eerder om verskoning as toestemming. Jy kén daai.
Ewentwel. So ‘n hele paar jaar gelede los ek Die Ma agter in my truspieëltjie voor haar huis in die Suid-Kaap en ek en die swart hond (‘n regte hond, nie die droefheid nie) maak ‘n stoffie terug na die Eikestad. Dis nie ‘n vreeslike lang of moeilike pad nie, en al wat soms lol is die radio-opvangs plek-plek. Iewers tussen Heidelberg en Swellendam vervies ek my vir die slegte sein en ek skakel summier oor na RSG. Ek wou in elk geval na die kriekettelling luister, maar watter wedstryd dit was, kan ek lankal nie meer onthou nie.
Image may be NSFW. Clik here to view.Nou die dag besef ek egter met ‘n reuseskok dat ek toe wraggies nooit weer die stasie terug verander het nie. Die Ma vir wie ek in die truspieëltjie gewaai het? Ongesiens en niksvermoedend word ek sy. Ek bak selfs nou en dan Japie se gunsteling en ek het al, kan jy glo, ‘n skaapboud suksesvol ontbeen. En ek luister RSG.
Maar ek dwaal af. Waaroor ek eintlik wil praat, is oor jou en oor die mense wat hulle stories betýds vir jou gestuur het. Die stories waarna so baie van ons in die middae geluister het terwyl ons tyd verwyl in ons motors op pad terug huis toe of mall toe of wie weet waarheen ook al. Daai einste hartstories wat jy nou so netjies in ‘n bundel bymekaar gemaak het. Baie geluk daarmee, terloops.
Ek het baie van die stories oor die draadloos gehoor. Ek het ‘n klompie ander in jou bundel gelees, ‘n paar herken en oor ‘n paar gewonder. Ek het van die stories bepeins, ek het my volk bepeins, soms hard gelag en hier en daar selfs ‘n traan gepink. Ook Die Ma se skuld, dié los traankliere.
Een van die stories wat in my oë kom sit het, is die een van Matthys van St Helenabaai. Hy beduie wat hy als sien en wie hy almal raakloop op pad werk toe in die oggende. Groen koring, ‘n visfabriek, Gertjie by die vulstasie. Die see, die St Helena Hotel en die asemrowende uitsig. Maar, dan maak Matthys se storie ‘n draai en jy besef dit is als net ‘n versugting. Want sien, Matthys is deesdae blind. Maar jy kén die storie, Amore, jy het dit tog immers voorgelees vir ‘n magdom mense wat in die middae saam met jou en daai stoute Mariëtta iewers heen tjaila.
Image may be NSFW. Clik here to view.‘n Man wat min van ons seker kan nadoen as dit by tjaila en rondrits en saamry kom, is Dave Pepler. Benewens sy merkwaardige kennis van die natuur en sy onblusbare entoesiasme vir al Moeder Aarde se lewende wesens, is hy ook ‘n reisiger van formaat: “Om te reis gee mens ‘n kristalhelder blik – nie net op die vreemde nie, maar op jouself” (Erfenisdagbrief uit die vreemde). ‘n Deel van dié self is natuurlik jou taal, en oor Afrikaans sê Dave die volgende: “Wat sou ek wees sonder Afrikaans? Absoluut niks! Gee my blindheid, laat my ore verdof, neem my smaak weg, maar los tog net asseblief my stem. Met my stem besing ek die wêreld, kan ek my liefde aan mense en landskappe oordra en kan ek my dank aan die heelal oordra.”
Hoe mooi praat hy nie? Ek stem saam. Los tog asseblief Dave se stem! En Riana Scheepers, die twee Holms (Marion en Erik) en Riaan Cruywagen s’n ook. Want hulle is almal bedrewe met die taal – skrywers, pryswenners en woordenaars. En hulle almal het hulle saamrystories met jou gedeel.
Natuurlik is nie al die briefskrywers in Hartstories so vaardig met die pen soos die bekende bydraers nie. Sommige stories is lomp en onverfynd. Ander is ooremosioneel en soms ‘n bietjie schmaltzy. Party is wel met sorg geformuleer en hier en daar is selfs een wat lyk na ‘n blote toevallige onthou. Maar niks daarvan maak regtig saak nie, want al die stories het een belangrike ding gemeen: dis eerlik. Soos Dana Snyman tereg op die voorblad oor dié briewe sê: “Eg menslik … laat jou met genadige oë kyk na die mense rondom jou.” Jy sien vir Mervyn, Linda, Sandra, George, Mol en Moediehi, nie nét in hulle eie stories nie, maar in al die mense wat jy ken. Mense met liefde, met woede, met deernis en seer. Mense met humor en pyn. Maar bowenal, soos jy dit self gesê het, Amore, mense met hart.
Maar wag, ek moet in die pad val. Nee, regtig.
Dankie vir al jou stories. En dankie vir die saamry.
Image may be NSFW. Clik here to view.Title: Storm Over the Transvaal Author: TV Bulpin Publisher: Protea ISBN: 9781485304142
A quirk of consuming media in so thoroughly globalised an era as this one is that we get to experience, not infrequently, the strangeness of recognising that the books we’re reading, or films we’re watching, are not made with us in mind.
Reading stuff when you’re outside of the cultural hegemony is a little like eavesdropping on someone else’s conversation – although we’ve been doing this for so long that we barely notice the strangeness of books that assume an intimacy with the London underground, or an understanding of what it was like to be in New York before 9/11. South African readers, any readers who import large chunks of their media, will by this time have developed a talent for interpreting books directed at cultures, and demographics, different from their own.
This is a talent that needs to be exercised less than one might hope in reading TV Bulpin’s Storm Over the Transvaal. The book deals with the two decades of brutal colonial adventurism in the former Transvaal and surrounds leading up to the Anglo-Boer War, shifting its focus from nascent border towns to doomed mining ventures to especially infamous bar fights to broader geopolitical manoeuvring, depending more on the author’s whims than on strict chronology.
Storm, first published in 1955 by Howard Timmins, is republished this year by Protea Book House as part of their apparent, and inexplicable, project to get Bulpin’s works back into print – from biographies of poachers in Southern Africa, to rambling travel guides, to recollections of disastrous hunting expeditions, to whatever other form would best allow Bulpin to cram in the various yarns dug up during his frontier researches. The first of Bulpin’s books resurrected by Protea was Islands in a Forgotten Sea in 2010, a series of anecdotes from the Seychelles, Mauritius, Réunion and Madagascar strung together into a loose history of the region. The publisher’s blurb informs us that Bulpin “has … left an invaluable account of an enchanting and often brutal world far removed from the air-conditioned resorts and package tours so familiar to tourists today”.
This seems to be the implicit value of Bulpin’s work, then – that it offers insights into a version of the world which no longer exists, that it is a book addressing itself to a vanished audience, but from which we can derive some useful insight. One might ask what benefits there are to be derived from another white man’s account, but one should know better than to expect an answer. The incredibly brief editor’s note which prefaces the book, and which is the sole effort made to contextualise this half-century-old text, is at pains to inform us that
Storm over the Transvaal was originally written in the 1950s and much of the scenery described by TV Bulpin has changed considerably since then, but the author’s account has been left unchanged … Please note that some quotes may contain offensive words. The Editor has chosen not to alter such words in order to retain the authenticity of the reprinted work.
“Authenticity” is a strange word. Bulpin’s account of various happenings in the Transvaal – stolen lands, ridiculous scams, eccentric stories and pithy putdowns – is obviously heavily curated. This can’t be a surprise; obviously a popular book of South African history written by a white South African in the 1950s would have had a largely white South African audience in mind, and as such the narrative is chiefly concerned with the lives and misadventures of white settlers, even as their misadventures were largely bent towards circumscribing the lives of indigenous peoples. Within the first six pages, Bulpin compares the depletion of antelope around Ermelo to the devastation of the “Bushman” population in that same region; 30 pages later his account of the massacre of 150 Griqua men, women and children by armed Europeans commences with the line “and so the fun began”; the sixth chapter offers the extended account of a lynching of one “Jim Zulu”. The symbolic and actual acts of violence do not diminish as the book proceeds. As a historical document, as an artefact demonstrating a specific sensibility and set of interests in the publishing world of mid-20th-century South Africa there can be no question but that Bulpin’s text is authentic; but as a piece of historical writing, to be engaged with uncritically or sympathetically as the editor’s hand-wringing note seems to suggest, is ridiculous. Bulpin’s text is a product of its times, and they were not good times.
Nor, distressingly, are they wholly unfamiliar times; as jarring as the elisions of history and casual accounts of violence may be, they depict an occasionally recognisable country, and addresses an audience that isn’t entirely unfamiliar. It is a book more familiar to me than many contemporary novels, which is a difficult thing to acknowledge in light of the book’s offensiveness, its unsurprisingly insensitive racial, sexual and religious politics, and its wilful obscurantism. Because in spite of these, his accounts of doomed mining ventures, smuggled diamonds buried and lost again, should be familiar to most white South African readers – excepting those from successful mining families. His depictions of grim Highveld towns are pithy and remain accurate, in a few cases.
There are some damning similarities between the heavily curated version of South African history that Bulpin offers and the one we live in; commenting on the South African Republic's immigration policy in 1880 he observes, "The idea of protection or privilege by means of artificial legal barriers had always seemed logical to the Republic."
Image may be NSFW. Clik here to view.This – alongside his accounts of a corrupt and stubborn government, of indignant citizenry protesting and getting manhandled by thuggish police, of constant highway robbery between Johannesburg and Pretoria, and of another, higher kind between Pretoria and London, can’t help but be familiar. And so while it is perplexing that Protea should see fit to resurrect unwanted parts of our history, they’re clearly not the only ones doing it.
Image may be NSFW. Clik here to view.Title:Career of evil Author: Robert Galbraith Publisher: Little, Brown Book Group ISBN: 9780751563603-029 Date of publication: 20 October 2015
Whenever I pick up one of Robert Galbraith’s crime novels, there is a part of me that suspects the only reason I’m doing so is that the name Robert Galbraith is, as most people will know by now, JK Rowling’s pseudonym, and Rowling is one of my literary heroes. Am I reading her latest novels out of some sense of nostalgia? Some misplaced loyalty to the woman whose books defined my childhood? Simply put: Am I reading her adult detective novels only because I liked (loved) Harry Potter?
Career of evil, released this month, is Rowling’s third novel starring ex-military detective Cormoran Strike and his partner Robin Ellacott. The first in the series, The cuckoo’s calling, was an interesting and well-written, if conventional, detective novel; The silkworm, the second entry, while perfectly competent, was, frankly, a little dull. The most accomplished thing about the novels was the characters at their heart: Rowling’s two protagonists were complex and captivating, superior to many other literary detectives. Devoid of cliché, both had an edge of authenticity that was difficult to ignore.
But at the same time both these earlier novels dealt with a certain kind of crime: passionate, one-off acts committed by otherwise innocuous criminals. Weak people driven to extreme acts. Rowling was dealing with a certain kind of murderer, ripped right out of the cosy pages of Agatha Christie. The novels were gritty, beautifully set in a dark and brooding London, but not very original. Readable, but not stay-up-all-night readable.
But in Career of evil Rowling finally achieves something she had failed to do up until then with her Cormoran Strike novels: scare me. Trap me in a web of real, full-blown suspense. The stakes in Career of evil are much higher than before, and the criminals are much crueller. In this novel Rowling turns her not inconsiderable talents to another class of criminal: rapists, abusers, and serial killers. She explores the kind of criminal psychology that is truly twisted: dark, misogynistic, pathological. She takes her reader to very dark shores, and strands you there.
She also reveals much more detail about her two detectives than ever before. For the first time, the reader comes to understand what motivates Robin’s ambitions; the true nature of the past that formed Cormoran Strike’s psyche. For the first time, she reveals the true complexity and humanity of these two detectives. They are laid bare to each other, and to the reader, like never before. And the novel is the richer for it.
For the first time Rowling also gives the reader a glimpse into the mind of the killer; and she captures his psychosis with a worrying sense of realness.
Career of evil opens with the delivery of a severed leg to the tiny detective agency on Denmark Street, personally addressed to Cormoran. It’s a warning, or a threat. He immediately names the four people from his past he thinks capable of this kind of act. He and Robin need to track down four very dangerous men, and they need to do it before one of them kills again.
It is difficult, these days, to write a good detective novel. The market is saturated. Readers are savvier, puzzles more difficult to concoct. Our television screens are overloaded with crime-solving detectives: our brains are used to the narrative, cliché is almost inevitable. And beyond cliché, there is boredom. But Rowling manages, with controlled and clean prose, to grab the reader by the neck and tighten the grip as she pulls you into the dark heart of her world. It is rare for a detective novel to truly keep you guessing until the big reveal, to cloud the truth without resorting to cheap tricks and unforgivable red herrings, but Career of evil manages to do both. Surprising until the last page, of the three out so far, this is by far the superior Cormoran Strike novel. Rowling has proven that what keeps me coming back is not simply a yearning for a taste of the writer who dictated my childhood reading, but something much keener and more important: an undeniably original and captivating crime thriller.
Titel:Tikkun Ha'olam - Herstel die wêreld Skrywer: Marzanne Leroux-Van der Boon Uitgewer: Lux Verbi ISBN: 9780796318664
Tyd van herkenning deur Marzanne Leroux (destyds nog sonder die “-Van der Boon”) het in 1984 by Waterkant-uitgewers verskyn – Leroux se elfde roman. Dié hardebandboekie met die grys omslag is die verhaal van Marc Krige, ’n begaafde en talentvolle seun, se emosionele ontwaking en sy stryd om vrede te maak met sy heteroseksualiteit (stet). Die deernis en sensitiwiteit waarmee die karakters en hul wroeginge uitgebeeld word, is ’n kenmerk van Leroux-Van der Boon se vroeëre se werk. Haar werk het ook ’n Christelike inslag gehad, ’n aspek van haar skryfwerk wat subtiel en opreg aangebied is.
Die romans wat op Tyd van herkenning gevolg het, was dikwels ewe indrukwekkend en soms minder geslaagd: Aandmis oor Paternoster (1983) met liefde oor die kleurgrens as tema was ’n hoogtepunt en, vir die tyd waarin dit verskyn het, vreesloos sonder om té doelbewus uitdagend te wees, al het die skrywer in ’n destydse onderhoud erken dat sy juis ’n omstrede roman wou skryf. Soos honde van die hemel (1995), oor kindermolestering, was gedwonge en het nie altyd oortuig het nie.
Klaprose teen die wind is in 1992 uitgegee en was weer eens ’n hoogtepunt: in dié verhaal is Marc Krige, wat hom nou in Nederland bevind, en sy verwarde seksualiteit weer op die voorgrond. Die roman is destyds op radio voorgelees en het baie luisteraars, om dit lig te stel, die hel in gemaak omdat dit te gewaagd sou wees. (Klaprose teen die wind en Soos honde van die hemel is in 2013 in een band heruitgegee met die gepaste titel Skadu’s van gister.)
Marc Krige, die sentrale karakter in Herstel die wêreld (die agtste en jongste titel in die “Israel”-reeks), het dus ’n lang pad geloop. In 2003 is Marc boonop, voos gewroeg, nadergesleep vir Granate bloei in Jerusalem, die eerste in die “Israel”-reeks, waarin hy ontdek dat hy Joodse bloed het, hom in Israel vestig en later met ’n Jodin trou. Margo Luyt beskryf die boek op die voorplat as “eerlik en passievol”; Christine Ferreira verkondig op die agterplat: “Marzanne se kennis van Israel is verbysterend, haar passie aansteeklik.”
Luyt en Ferreira is gerekende boekmense op wie se mening ’n mens kan staatmaak, maar die generiese lofreëls op sommige boeke se omslae laat jou wonder of die skrywers daarvan blatant lieg of hulle net misgis. Weet sulke eensinskrywers dat om één gloeiende sin met gekruisde vingers uit ’n minderwaardige teks te wurg, onregverdig is teenoor lesers? Is dit ook hier die geval – of is Luyt en Ferreira se opmerkings in die kol?
Nog iets waaroor ’n mens reeds voor die lees van hierdie roman wonder, is: Tot hoe ’n mate tel die gewildheid van veral populistiese romans in so ’n boek se guns wanneer dit onafhanklik beoordeel word? Vergoed goeie verkoopsyfers ten minste gedeeltelik vir ondeurdagte en lomp skryfwerk?
In Herstel die wêreld is Rivkha, Marc se vrou en ’n paramedikus, in die hospitaal nadat sy haar been tydens ’n reddingsoperasie in die Filippyne beseer het. Rivkha word ontslaan – dan word drie Israeli-tieners ontvoer en vermoor. Dié ware gebeurtenis word ’n kettingreaksie en nog gebeure uit Israel se onlangse geskiedenis word betrek. Israel loods ’n grondoffensief en Marc word as reservis na die Gasa-grens gestuur.
Bladsy ná bladsy en hoofstuk ná hoofstuk word in beslag geneem deur ritse dialoog waarin die Joodse geloof uitgelê word sonder dat dit enigiets tot die storie bydra. ’n Skrywer met soveel ervaring het tog seker al gehoor van “show, don’t tell”?
Verder word bladsy na bladsy daaraan afgestaan om karakters te laat verduidelik hoekom die Israeliete stralende engeltjies is wat deur die wêreld misverstaan word terwyl die Palestyne min of meer uit die vagevuur gekruip het. Dié dialoog word lukraak onderbreek deur ’n spreker wat aan sy koffie slurp of in sy lieste krap, maar dan duur die getjommel voort. Die konflik in die Midde-Ooste is sekerlik nie so eenvoudig en eensydig soos dit hier beskryf word nie – geen konflik is nie. Dalk moes die skrywer teruggegaan het na die 1930’s toe Jode, met die hulp van die Haganah-beweging, siviele Arabiere van hulle grond verdryf en in sommige gevalle vermoor het. Sou dit verkeerd wees om te sê dat die Palestyne se kollektiewe geheue hiervan vergelyk kan word met Israeli’s se herinneringe aan die Tweede Wêreldoorlog, wat ook hier ter sprake kom?
Indien Leroux-Van der Boon se karakters sulke aanvegbare uitlatings móét maak om getrou te bly aan wie hulle is, was dit dalk ’n ander saak, maar met dié braaksels wil die skrywer haar eie sienswyses by lesers se kele afdwing – maar die dame protesteer eenvoudig te veel.
Later in die boek is daar ’n oplewing wanneer Marc en Rivkha in Parys saam met ander gyselaars in ’n kosjer supermark aangehou word, maar dis heeltemal te laat en heeltemal te min. Hierdie voorval het, soos baie ander in die boek, ’n jaar of wat gelede die nuusopskrifte oorheers. Dit bring ’n interessante realiteit, maar dis nie genoeg om die boek “bymekaar te hou” nie.
Die nuttelose dialoog wat aan lesers opgedring word, dra grootliks daartoe by dat Herstel die wêreld geen struktuur en geen ruggraat het nie: die boek is ’n vormlose massa woorde.
Wat die teleurstelling soveel erger maak, is dat ’n skrywer se jongste boek altyd met haar béste boek vergelyk word: Hoe kan die skrywer van ’n roman soos Klaprose teen die wind ’n onding soos Herstel die wêreld die wêreld instuur?
Herstel die wêreld oorleef nie sy gewildheid nie. Mag God ons behoed van nog ’n boek soos hierdie.
Miskien is ek die uitsondering, maar my moed sak in my skoene met ‘n dagstukkieboek in my hand. My gesin noem hulle “pienk boekies” of “blou boekies”, beduidend van hulle skadeloosheid en noodwendigheid, soos dié van babaskoene. Ons almal gebruik hulle soms, maar ons verwag nie dat hulle ‘n groot verskil moet maak nie.
Hierdie boek het wel ‘n blou omslag, maar sommer met vluglees kom ek agter: hier is kosbare, bruikbare inhoud. Die gebede in die boek is wel in daaglikse leesstof verdeel, hoewel onopvallend in die kantlyn. Maar ek twyfel of dit geskryf is as ‘n dagstukkieboek; die kort hoofstukke maak dit seker ideaal om op hierdie wyse gepubliseer te word.
Vos verduidelik sy – en ons almal se – liefde vir die Psalms in sy voorwoord. In die boek word die leser gelei om die Psalms in ‘n jaar deur te werk, met uitgesoekte herhalings in Desember. Dit is egter nie die Psalms wat gedruk is om te lees nie, maar gebede oor die Psalms. En watter lekker gebede: eerlik, amper gedagtestroom; menslik en eg; gelowig en juigend; strydend en stoeiend. Alles in keurige, maklik leesbare taal.
Ek blaai dus eerste na my gunstelinge: Psalm 16, 18, 73, 103. En ek vind in elkeen emosies en gedagtes waarmee ek identifiseer. Geloofsgoed wat onder die bewussyn se oppervlak lê, word deur die skrywer raakgevat en fyn verwoord. Daaglikse dinge word deurgesels met God. Ek lees sy gebede en kom agter dat ek, met die lees, alreeds my eie gebed bid.
‘n Paar hoogtepunte
Die slotparagraaf van die gebed oor Psalm 23:
Ek weet nie hoekom U so goed is vir my nie, ek ken nie sulke behandeling nie. Ek weet net dat hierdie goedheid, hierdie guns, my lewenslank sal herinner aan hoe bevoorreg ek werklik is. Hoe dit is om tuis te kom by U.
Die begin van die gebed oor Psalm 139:
Haai, Here, dink U regtig ook aan my? Aan my? Ek is tog veerlig; dons. Willoos as die wind opsteek. Sonder ‘n greintjie gewigtigheid. Miswolkie op ‘n vlugtige besoek.
En uit een van my gunstelinge, die gebed oor Psalm 100:
Juig voor die Heer! Kom staan voor Hom met ‘n lyf vol lag – ingehoue lekkerte én uitbundige skatering. Hy is die Here! Die vrolike God is óns God; Sy vreugde is ons behoud, Sy blydskap ons alibi vir die lewe.
Vos se opregte gebede het ‘n liriese kwaliteit, net soos heelwat van die Psalms wat hy gebruik. Dit maak die gebede ook geskik vir voorlesing, en behoort met groot gemak liturgies gebruik te kan word in verskeie denominasies en kerke. Ek het sommer die afgelope Sondag al een gebruik, en mense het kom vra daarna.
Maar as jy nou ‘n dagstukkieboek wil aanskaf vir volgende jaar, of onder iemand se Kersboom wil sit, is hierdie ‘n baie goeie keuse. Ek vermoed selfs dit kan ‘n groot verskil in mense se lewens maak.
The Good Story. Exchanges on Truth, Fiction and Psychotherapy. Arabella Kurtz, JM Coetzee Harvill Secker, Londen
Is die psigoterapeut nie maar net ‘n medeskrywer van stories vir die self en sy verlede wat die pasiënt kan help om produktiewer en gelukkiger aan te gaan met sy lewe nie? Hoe antwoord die Freudiaanse psigoterapie hierop? Waarom glo die selferkende “fictioneer” Coetzee dat die terapeut van vandag “waarheid” voorop moet stel? In watter mate kan eietydse postmoderne en postreligieuse psigoanalise probleme van die samelewing toelig?
The Good Story bundel ‘n briefwisseling tussen JM Coetzee en die professionele psigoterapeut en dosent Arabella Kurtz. Die gedagtewisseling het in 2008 begin in die vorm van e-posse wat in 2010 in die tydskrif Salmagundi gepubliseer is. Die bedoeling van die gedagtewisseling en bundeling word in die inleidende “Author’s Note” soos volg saamgevat: “The exchanges are premised on the idea that something is to be gained by a therapist exploring their practice in the company of an outsider to the discipline of psychology” (vii).
Die uitruilings word in 11 hoofstukke met ‘n bronnelys en glossarium van psigoanalitiese terme en met opsommings boaan elke hoofstuk aangebied. Hierdie versamelde kommunikasies met hulle vrae, stellings, reaksies, argumente en voorbeelde uit die terapeutiese praktyk en die letterkunde is besonder lesenswaardige ekskursies.
Die gesprek word ingelui met Coetzee se vraag: Hoe vertel ek (as skrywer of outobiograaf) “my storie”? Wat laat ek weg, gedagtig aan Freud se waarskuwing: “(W)hat I omit without thinking … may be the key to the deepest truth about me?” (2). Wat “stories” betref, antwoord Kurtz, is dit die taak van die psigoanalitiese terapeut “to analyse the resistances to its telling so that an individual’s story can emerge as full and coherent and engaged a way as possible” (3).
Die “Author’s Note” beskryf Coetzee se rol as dié van “a sympathetically disposed writer and literary critic” (vii), maar die Coetzee wat hier aan die woord is, is intens betrokke en intellektueel skerp, met die gevolg dat ‘n mens soms wonder of hy skeptiese problematisering as sy eie besondere bydrae sien. As dit almal vry staan om hulle eie stories te maak, argumenteer hy, dan kan ons pynlike of kompromitterende misdade en wandade uit ons verledes wegmaneuvreer deur middel van ‘n positiewe storie oor ons lewe en onsself.
As Kurtz opmerk dat dit op die onderdrukking van ‘n psigiese inhoud kan neerkom wat in die persoon se werklike verhoudings groot skade kan aanrig, wys Coetzee daarop dat sulke “mask-narratives” wel ‘n suksesvolle lewe tot gevolg kan hê. As ons sou ooreenkom om mekaar se “as if”-narratiewe of -fiksies te aanvaar (vervolg Coetzee met wat na sardoniese logika lyk), “there is no reality to crash against” (4).
Dit lyk of Coetzee sinspeel op ‘n eietydse samelewing wat individuele trauma sien as iets wat effektief – met behulp van ‘n modieuse terapie – oorkom moet word in die naam van “well-being”, “self-innovation” en produktiwiteit. Kurtz se beskrywings van die werkwyse en sin van psigoanalitiese terapie maak dit duidelik dat dit vir haar nie om lewensberading (“life coaching”) gaan nie.
Die bundel plaas homself in “the age we live in” (68). Kurtz beskryf haar werk as ‘n psigoanalise vir die postreligieuse, postmoderne era waarin die kritiese en bewuste denker vasgevang is in ‘n “double awareness”. Met verwysing na die postmoderne historikus (ook ‘n storiemaker?) sê Coetzee: “(O)ne believes sincerely in the truth of what one is writing at the same time that one knows that it is not the truth” (76).
Die ontleding van die argumente waarmee postkoloniale samelewings ‘n verlede van etniese of rasse-onderdrukking (Coetzee gebruik Australië as voorbeeld) rasionaliseer, sal vir baie lesers boeiend wees. Psigiese repressie en die herhaling wat dit tot gevolg het kom ter sprake, asook sosiale diskoers as verdedigingsmeganisme. “I write not in a cool, scientific spirit but under the sway of feelings,” skryf Coetzee as hy die huidige Australiese immigrasiebeleid as ‘n “strategy of doublethink” beskryf (89). Kurtz se uitleg van Melanie Klein se skisoïed-paranoïese psigiese fase is nie net in die konteks van die boek insiggewend nie. Dit sou van toepassing kon wees op die motiverings vir terreuraanvalle en internasionale reaksies daarop.
Om Coetzee se stem as die dinamiese faktor van die boek te bestempel, soos baie resensente doen, is om Kurtz se rustiger, oortuigde en helder formulerings en konsekwent pasiënt-georiënteerde instelling te onderskat. In die psigoterapeutiese proses word, aldus Kurtz, die pasiënt se verbeelding bevry, nie om gelukkiger stories of fiksies op te bou nie, maar “in order to help see what does not hold, so that a more convincing underlying story may emerge” (2). Die terapeut probeer om die pasiënt te begelei na ‘n kreatiewe moment van insig en ‘n nuwe bewustheid as hy sy eie emosionele waarheid herken – ‘n pynlike proses. Vasgelegde waarhede en sienings van die werklikheid word uit die terapie-ervaring uitgesluit.
Die professionaliteit en outentisiteit van albei deelnemerstemme speel ‘n groot rol in die waarde van die bundel.
Kurtz en Coetzee se boek is hier bo as “ekskursies” beskryf. Daar nie ‘n vaste roete nie, soos die “Author’s Note” ook waarsku. Dit boots nie ‘n vraag-antwoord- of argument-respons-model patroonmatig na nie. Dis moeilik om in ‘n resensie reg te laat geskied aan die intensiteit en gedetailleerdheid van sekere gedagtewisselings. Die oop struktuur met sy vermyding van finale sinteses is ‘n uitnodiging tot enige leser wat betrokke wil raak.
Vir Coetzee-lesers en -navorsers is daar heelwat van belang. Coetzee “bely” byvoorbeeld ‘n “longing or nostalgia for the one and only truth, a longing that I myself happen to feel strongly” (6). Vir ‘n sogenaamd postmoderne skrywer is dit ‘n onverwagte erkenning. Praat Coetzee hier uiteindelik namens homself – “under the sway of feelings” – of is hy tog nog die skrywer ágter die “strong opinions” van Diary of a Bad Year? Coetzee lug ‘n paar sterk persoonlike menings oor tendensieuse sake, soos die roman as terapie, en oor afstandsonderrig. Die besprekings van belydenis en skuld in die werk van Dostojewski – ‘n bekende belangstelling van Coetzee – is insiggewend, met Kurtz wat nuwe insigte verskaf oor die optrede van die priester-terapeut Tikhon in The Possessed. Die onvermoë van die geheue om die werklike gebeurtenis in die verlede teenwoordig te maak, die rol van verdraaiing en onderdrukking in die onthouproses, kry baie aandag en word eksplisiet met een van Coetzee se outobiografieë, Summertime, verbind.
The Good Story eindig met ‘n psigoanalitiese interpretasie van WG Sebald se roman Austerlitz wat ‘n hoogtepunt in die boek is.
Die boek is nie bloot gemik op literêre belangstellendes en Coetzee-aanhangers nie. Lesers wat self al terapie, veral psigoanalitiese terapie, beleef het, sal identifiseer met die pasiënt se frustrasie as ‘n terapeut nie ‘n “waarheid” oor homself, sy familie of sy baas wil onthul nie. Hulle sal waarskynlik saamstem met Coetzee se verbygaande opmerking dat psigoanalitiese terapie lank en duur is.
Die opset van die bundel dui sterk op gebruik vir studie, byvoorbeeld in ‘n akademiese seminaar. Die twee aanhangsels sal egter vir enige belangstellende leser nuttig wees. Saam met die oop struktuur gee die boek duidelik aan dat vir verdere (kritiese) lees, bespreking of gesprek bedoel is. Hoewel die klem op die psigoterapeutiese inslag in die “Author’s Note” in ‘n mate misleidend is, sou dit nie onvanpas wees om ‘n kliniese sielkundige of dosent om ‘n resensie te vra nie.
Die bespreking van groepspsigologie vanaf hoofstuk 9 is minder intens en boeiend, met die gevolg dat ‘n mens wonder of dit ingesluit is ter wille van sielkundestudente, vir wie dit waarskynlik goeie besprekingsmateriaal sou wees. Vir baie lesers mag die glossarium pedanties voorkom, en so ook skuinsgedrukte notas voor elke hoofstuk. Dit herinner aan ‘n konvensie wat soms by uitgawes van filosofiese werke voorkom, maar is waarskynlik die student en die gedagte-uitruiling ter wille. Dit versterk die indruk van ‘n bedoelde Sokratiese soort gesprek nie bloot tussen Coetzee en Kurtz nie, maar ook tussen die boek en enige moontlike leser.
In The Good Story gaan dit om veel meer as interessante briefwisseling (soos tussen Coetzee en sy medeskrywer Paul Auster in Here and Now). Dis ‘n kritiese interdissiplinêre eksperiment met twee ingeligte en noukeurige deelnemers wat vir baie lesers belangwekkend, stimulerend en relevant sal wees.
Marianne de Jong skryf hierdie indrukke in haar hoedanigheid as onafhanklike navorser.
Recce - kleinspanoperasies agter vyandelike linies Koos Stadler NB Uitgewers ISBN: 9780624069447
Mites word deur feite vernietig, lament fiksieskrywers dikwels, maar soms is die feit wat die mite vernietig so verstommend dat ’n mens besef dat die mite eintlik tot die genus van suiwer kaf behoort en daarom is slegs die asblik die gepaste tuiste daarvoor. “Fact is stranger than fiction”, is die gesegde. Koos Stadler se boek Recce is weer eens ’n bevestiging hiervan.
Mites rondom recces was deel van die wit psige vir die ’70’s en ’80’s, omdat alle wit mans tussen die ouderdom van 16 en 60 aan diensplig onderworpe was. Mites is vertel. Mans het recce-status vir hulle toegeëien. Aanpassingsprobleme na traumatiese gebeure is aan recce-mites toegeskryf. En so gaan die lys aan. Koos Stadler maak op vele vlakke korte mette met die mites.
Voordat daarop in gegaan word, word die boek eers as ’n boek self bekyk.
In die narratief is Stadler self aan die woord, maar die narratief is in ’n groot mate van emosie gestroop en die skryfstyl baie formalisties. Aan die begin is dit effens hinderlik, want dit begin soos ’n SAW-lesing uit daardie era klink. ’n Mens besef gou dat daar vir Stadler nie ’n ander narratief bestaan nie en dat hy dit op geen ander manier kan verwoord as wat hy gedoen het nie. Dit gee die boek ’n unieke karakter, want die narratief is in objektiewe metanaratiewe woordeskat, maar in die eerste persoon geskryf.
Die boek is kronologies van Stadler se lewe tot en met die begin ’90’s met ’n laaste hoofstuk wat sy lewe daarna beskryf. Stadler se eerste hoofstuk beskryf sy baie gewone lewe as ’n skoolkind in wit Suid Afrika wat nie veel van dié van die meeste Afrikanerseuns van sy tyd verskil nie. Dan volg sy eerste Weerma loopbaan waar hy vir kort diens aansluit en by 31 Bataljon eindig as ’n verkenner. Die volgende gedeelte is sy lewe as ’n Recce met baie goeie beskrywing van dit wat hy gedoen het. Die boek bevat heelwat kaarte wat die vertellings ’n objektiewe realisme gee.
’n Mens is bewus daarvan dat die lengte van boeke deur uitgewers bestuur moet word, maar ’n mens voel tog dat die boek ’n paar ekstra hoofstukke verdien deur ook ’n bietjie te kyk na die Weermag in sy postdemokratiese era.
Daar moet dadelik bygevoeg word dat daar nie veel in die boek uitgehaal kan word om plek vir sulke ekstra hoofstukke te maak nie. Inteendeel, daar is baie plekke waar ’n mens honger raak vir meer inligting. ’n Mens weet nie of die inligting uitgeredigeer is nie en of Stadler dit nie insit nie omdat hy dit nie belangrik ag nie of dalk nie wil insit nie.
Voorbeelde hiervan is die min inligting oor wat die ander recce-eenhede, wat nie kleinspanne was nie, gedoen het. Of presies hoe jy teenspoornsy doen nie. Of presies hoe jy ’n hele dag op een plek kan stil lê nie. Daar is talle sulke voorbeelde.
Wat die boek sy trefkrag gee, is dat Stadler nie probeer om enigiets van sy lewe te regverdig nie, hetsy met ’n politieke ideologie of godsdienstige oorwegings nie. Of probeer hy nie met die nou bekende nabetragting een of ander kleur aan sy eie gewete gee nie. Nog minder is Stadler nostalgies in sy woorde. Hy beskryf dit wat gebeur het en beperk sy eie insig op die mikroskaal van die gebeure. Stadler ontbloot nie sy emosies nie en gaan baie spaarsamig met sy eie gevoelens te werk. Dit maak die boek treffend en die moeite werd om te lees.
As ’n mens die boek lees, soek jy die hele tyd die beweegrede hoekom Stadler regtig ’n recce wou word – want dit is natuurlik deel van die mite. Hy is mishandel as kind, of daar is een of ander onreg aan hom gedoen, of sy troumeisie het hom gelos vir ’n pennelekker of so iets wat hom ’n algemene wrok teen die mensdom sou gee. Stadler was nie so nie. Hy het op skool gehoor van die recces – eenmalig – en besluit dit is wat hy wil word. En dit is wat hy geword het. Niks langs die pad kon hom van hierdie doel laat afsien nie. Hy het nooit in daardie tyd getwyfel daaroor nie. So eenvoudig eksistensieel soos dit – en die mite van die geestelike geskade mens as die hoofvereiste vir ’n recce word vernietig.
Wat hierby aansluit is dat dit wat Stadler beweeg het om ’n recce te word, nie die recce-mite is nie, maar die ware recce wat ’n verkenner is. Hy was nie agter die “aksie” aan nie, maar wel agter die vaardigheid om iets te gaan verken wat onbekend is sonder om gevang of gedood te word. Hy beskryf onder andere dat in die gevalle waar hy vir ’n lang ruk alleen moet stilsit, hy homself afvra of hy eerder êrens anders wil wees en hy hom getroos het met die gedagte dat hy nêrens anders wil wees nie. Dat hy hierdie deel in tye van stilte en nie in die aksie nie, is soos die Engelse sê “significant”. Daar is geen sprake van ’n euforie van doodmaak nie. Inteendeel is Stadler baie skraps met inligting oor die skiet van mense.
Wat Stadler dan ook demonstreer met die boek, is dat seuns en jong mans wat in die Weermag was, nie noodwendig kortasem was oor die politiek nie, maar dat hulle ten spyte daarvan dit gedoen het en die meeste dit na die beste van hulle vermoëns gedoen het. Dit was deel van die wit psige gewees. Die morele bankrotskap van die politieke bestel het nooit opgekom nie – slegs dit wat voorhande was, is gedoen en goed gedoen.
Die mite dat die recces taf was, word ook deur die boek die nek ingeslaan. Hulle was nie taf nie, hulle was verby taf of soos die kinders sal sê, “next level”. Dit maak die gedurige toe-eiening van recceskap deur nie-recces eintlik lagwekkend. Die enorme fisiese gehardheid van Stadler het nie ’n woordeskat nie en jy kan net kopskuddend wonder hoe dit moontlik is dat ’n mens ’n rugsak wat swaarder as hy is vir 30 km deur die nag dra terwyl hy besig is om te verken, spore dood te vee, op die uitkyk te wees, wakker te wees en dit dan vir dae aan een te doen. Daardie fisiese vermoë is net vir ’n paar mense beskore. Dié wat dalk gewonder het of hulle nie maar recces moes word nie, kan hulle daaraan troos dat hulle doodgewoon nie oor die fisiese vermoëns beskik het om te dit te word nie. Dit is hierdie onbeskryflikheid en onbegryplikheid van fisieke uitset wat die mite van die hondjie wat grootgemaak en dan doodverwurg moet word, opstuur as iets obseens en belagliks. Dit wat jy as ’n recce moes doen, was baie baie tawwer as dit. As die hondjie jou oordeel van taf is, het jy net geen begrip hoe taf ’n recce is nie.
Die ander mite dat recces eintlik maar net mense is met ’n baie sterk instink om dood te maak en dat die instink ’n tipe outomatisme verskaf wat hulle laat funksioneer in situasies van doodsvrees, word ook baie noukeurig deur die boek vernietig. Die opleiding wat hulle ondergaan het is duiselingwekkend en die kennis wat hulle besit het, ewe verstommend. Dan die weke en weke se inoefening van daardie kennis voor daar op ’n operasie gegaan is en hoe niks aan toeval oorgelaat is nie. Hierdie mense was geoefende masjiene en wat vir gewone mense dalk na instinkmatige optrede mag lyk, was baie goed beredeneerd.
Iets wat bybly is dat hulle die vryheidsliedere van die ANC moes leer en kon sing sodat hulle dit kon identifiseer as hulle dit hoor – wat ook gebeur het tydens die laaste operasie wat in die boek beskryf word, diep in Angola. Hy beskryf hoe mooi die gesing vir hom was. Stadler het groot lof vir die swart soldate gehad met wie hy baie nou saam gewerk het. Hy het ook ontsag gehad vir Swapo-soldate en hulle vemoëns. Hy vertel dat hy eenkeer gewonder het waarmee hulle besig was toe hy ’n Bybeltjie in een van die dooie Swapo-soldate se sak gekry het en gewonder het hoe die soldaat se familie ooit sal uitvind wat met hom gebeur het.
Dit laat ’n mens wonder hoekom so iets nie bevraagtekening kon bring dat daar polities iets nie reg was nie. En dit maak vir my die boek belangrik, want Stadler slaag daarin om aan te dui dat ongeag waarmee jy besig is, die tydsgees ’n mens kompleet vasvang en dat daar feitlik geen kans is om ’n ander blik op die tydsgees te kry as die een wat op daardie stadium om jou bestaan nie. In daardie opsig is die teks eintlik anti-oorlog.
Dit resoneer met die Donovan-liedjie van die 1960’s oor die Universal Soldier:
He's the Universal Soldier and he really is to blame, His orders come from far away no more, They come from here and there and you and me, And brothers can't you see, This is not the way we put the end to war.
Image may be NSFW. Clik here to view.Jasper op hoërskool CF Beyers-Boshoff Protea Boekhuis ISBN: 9781485303664
Jasper op hoërskool is die eerste titel in dié gewilde jeugreeks. Dit is die eerste keer in 1959 uitgegee en daar was verskeie herdrukke van die reeks. Vanjaar het Protea Boekhuis met ‘n heruitgawe van die reeks begin.
Christiaan Frederik Beyers-Boshoff (1926–1989) was ’n baie produktiewe skrywer wat veral vir die Jasper-boeke onthou sal word. Hy het ook tientalle tydskrifverhale, kortverhale en ontspanningsromans geskryf. Hy het veral bekendheid verwerf vir radioverhale soos Ongewenste vreemdeling, Dans van die flamink en My liedjie van verlange. Twee van sy draaiboeke, Catch me a dream en Karate Olympia, is in Amerika verfilm en versprei.
Daneel Swart, 11 jaar oud en in graad 5, het Jasper op hoërskool gelees en hier is sy mening:
Die soort boeke wat ek gewoonlik lees, is goed soos Dagboek van ’n Wimp, die Hoe om jou draak te tem-reeks en feiteboeke met prente in, soos die Hoezit-boeke. Ek hou ook baie van die tydskrif National Geographic Kids en boeke soos Guinness Book of Records.
Jasper op hoërskool is een van die dikste boeke sonder prente in wat ek al gelees het. Dit het my so ’n week geneem om die boek klaar te lees, maar toe ek eers oor die helfte was, het ek baie vinnig en lekker gelees.
Die storie gaan oor ’n seun met die naam Jasper en sy bende wat op die dorp Leliesvlei woon. Dié viermanskap (Jasper, Mossie, Giep en Ferdinand) het baie avonture, maar hulle het ook vyande – Floors en sy bende. Die ding wat vir Jasper die kwaadste maak, is wanneer iemand hom Poenskop noem, en Floors doen dit sommer baie kere.
Ek hou van al die lekker dinge wat hulle aanvang en al die stoute goed wat hulle doen.
Daar was ’n paar woorde in die boek wat vir my ’n bietjie outyds was en wat ek eers moes gaan uitvind wat dit beteken. Dit is woorde soos “bloemlesing”, “kladpapier” en “kweperlat”. Ek het ook nie geweet wat “seepkiskarretjie” en “kleilatoorlog” is nie, maar toe ek eers uitgevind het wat dit is, het dit vir my na baie pret geklink.
Jasper-hulle vang baie kattekwaad aan, maar hulle is eintlik ouens met goeie harte. Dit was gaaf van hulle om hulle R50 vir klein Fransie te skenk vir sy hartklep-operasie. Dit was vir my moeilik om te glo dat so ’n groot operasie net R600 kon kos en dat R12,50 die meeste geld is wat Jasper nog ooit in sy lewe in sy hand vasgehou het, maar miskien was die ou tyd anders as nou.
Ek glo die boek is net vir seuns. Meisies sal nie van hierdie tipe avonture hou nie. As daar nóg Jasper-boeke is, sal ek hulle ook lees.
Image may be NSFW. Clik here to view.Teks Donker stroom: Eugène Marais en die Anglo-Boereoorlog Skrywer Carel van der Merwe Uitgewer Tafelberg, 2015 Genre Outobiografie: Histories, polities en militêr ISBN 9780624073420
Mens vra jou twee verwante vrae oor Eugène Nielen Marais af: Wat is dit aan hom wat so enigmaties is, en hoe het hy so ’n ikoonstatus in die Afrikaanse, en in mindere mate in die Engelse, geesteswêreld gekry? Hoewel hierdie vrae nie aan die wortel staan van Carel van der Merwe se allemintige nuwe boek oor Marais nie, of nie volledig nie, gee hy tog ’n antwoord daarop terwyl hy terselfdertyd die misterie verdiep. Oor meer as vierhonderd bladsye van nougesette ondersoek weerstaan Marais steeds definisie.
Image may be NSFW. Clik here to view.Terwyl alles deesdae gekommodifiseer word, kan mens seker tereg praat van die handelsmerk, of “brand” Marais. Dit genereer immers tot vandag toe nog handel, ’n honderd jaar later, soos byvoorbeeld deur hierdie boek en ’n ander onlangse een. Trouens, is daar ’n ander Afrikaanse literêre figuur oor wie daar soveel biografiese werke gepubliseer is? Van Wyk Louw dalk? Ek het nie ’n opname gaan doen nie, maar sou jy vra oor wie daar ’n eeu later nog geskryf sal word, raak die moontlike antwoorde enigsins gedemp en spekulatief.
Benewens Van der Merwe, wie se boek meteens as die standaardwerk oor Marais en die oorlogsjare moet geld, is daar eerstens die (veertig jaar lank reeds ikoniese) biografie van Leon Rousseau, Die groot verlange (Human & Rousseau 1974, drie uitgawes, en Protea Boekhuis 2005, reeds weer twee uitgawes). Meer onlangs is daar Die handdruk van die dood: die onvertelde storie van Eugène Marais deur Friedel Hansen, 2013. Laasgenoemde boek, self uitgegee, word hier net genoem weens die onlangsheid daarvan; teenoor Donker Stroom staan dit as ’n mindere en swak nagevorste werk waarmee Van der Merwe ook gou klaarspeel. Rousseau ontgeld dit ook op verskeie punte, maar oorleef die kritiek in sy statuur. Langer gelede het F.G.M. du Toit se boek Eugène N. Marais: sy bydrae tot die Afrikaanse letterkunde in 1948 in Amsterdam verskyn, en ’n uitgebreide lewenskets van Marais deur Gustav Preller in Historiese opstelle, 1925. Daarbenewens verskeie studies en artikels.
Image may be NSFW. Clik here to view.Op Marais se suiwer literêre pennevrug kon die hele edifies van hierdie “brand” nie opgerig gewees het nie. Dit is nóg in volume, nóg in gehalte van die eerste orde, en ’n oorgroot deel van sy literêre reputasie is gebou op die gedig “Winternag”, wat Marais self eerste gepubliseer het in sy koerant Land en volk, 1905. Hieraan het Merwe Scholtz ’n aandeel deur die artikel “Herout van die Afrikaanse poësie” in sy byna gelyknamige boek van 1975 – “Winternag” synde die bedoelde herout. Hierdie werk word vreemd genoeg deur Van der Merwe verswyg; al is sy boek nie ’n literêre ondersoek nie, bespreek hy tog wel die interpretasie en oorsprong van die gedig. In verband met die oorsprong lê daar ’n groot verrassing opgesluit wat maar een instansie is van die wonderlik deeglike navorsing en skerp ontledingsvermoë wat Van der Merwe se boek onderlê. Ek kom later hierop terug.
Die sterkste mitologiserende faktor rondom hierdie gedig is egter miskien die vroeë interpretasie daarvan as uitdrukking van die lyding van die Boerevolk tydens die Anglo-Boereoorlog. Alleen die emosionele energie wat hierdie oorlog steeds uitsaai kan die hardnekkigheid van dié interpretasie verklaar, in weerwil selfs, soos Van der Merwe aantoon, van Marais se eie ontkenning daarvan. Ek onthou spesifiek hoe ons dit op hoërskool geleer is.
Dit is miskien daardie selfde energie wat die skryf en publiseer van ’n boek soos hierdie een deur Van der Merwe moontlik gemaak het, hoewel die skrywer self impliseer dat dit eintlik nuuskierigheid is wat hom gedryf het. Die verhaal van hoe die boek ontstaan het word ’n integrale deel van die boek self, en die speurtog waarlangs dit vertel word, is een van sy leesplesiere. Dit is soos ’n los rafel waaraan die skrywer getrek en wat hy bly uitryg het tot daar ’n tamaai netwerk van konneksies na vore getree het – of liewer na vore gebring is. Die orde wat die skrywer uit ’n chaos van feite, leidrade, geheime, misleidings en gewoon leuens geskep het, is om die minste te sê indrukwekkend.
Geskiedenis is altyd morsig, maar mens verkies jou geskiedskrywing ordelik. Dat die ordening van gebeure vanuit ’n sekere oordeel moet uitgaan, of dit nou bedoeld of onbedoeld is, is ’n onvermydelike risiko. Van der Merwe is so ewewigtig as wat mens seker kan wees, maar hy dra nietemin in mindere mate by tot die apologetiese literatuur rondom Marais, en bygevolg sy “brand”.
Maar afgesien nog van Marais se skryfwerk en die durende stukrag van oorlog was Eugène Marais as persoon klaarblyklik ’n charismatiese, enigmatiese en uiteindelik tragiese mens – almal bydraers tot ikoonstatus. Van der Merwe bring afdoende bewys van die effek wat die man op mense gehad het. Van die hoogste Britse staatslui tot die gesofistikeerde sosiale kringe van fin de siècle-Londen het hy mense met sy intelligensie en sjarme beïndruk. “Finest flower of civilisation” is die soort beskrywing wat sy geselskap geïnspireer het (bl. 86).
Image may be NSFW. Clik here to view.Gustav Preller het waarskynlik die meeste gepoets aan Marais se beeld as volksheld, en nie sonder flinke hulp van Marais self nie, wat Preller in onderhoude vir sy lewenskets gevoer het met halwe waarhede, verswyings en leuens – as mens nie wil aanvaar dat Marais se geheue hom in die steek gelaat het nie. Van der Merwe betrap sowel Marais as sy biograaf op selektiewe omgang met feite. Onder meer plaas Preller vir Marais aan die hart van die Tweede Taalbeweging, terwy hy in werklikheid maar ’n randfiguur daarvan was, en hy verswyg ’’n kortstondige terugkeer van Marais uit Londen pas voor die uitbreek van die oorlog om hom te weer teen kritiek dat hy nie vir die republiek kom veg het nie.
En dan is daar die feit dat Marais in 1936, op die ouderdom van 66, brandarm en ’n jammerlike skadu van homself, sy eie lewe geneem het. Literêre selfmoorde het ’n manier om tot langlewendheid by hul slaggoffers te lei. Daarvoor sorg ons voyeuristiese fassinasie met die daad wanneer iemand self daardie deur oopforseer wat nog vir ons almal moet oopgaan. Dink aan Ingrid Jonker, Sylvia Plath, Virginia Woolf … daar is meer. Van der Merwe bemoei hom met die oorlog en sy nadraai tot 1907 en gaan net kursories en saaklik na Marais se einde op die Prellers se plaas naby Pelindaba. Rousseau se vertelling hieroor, daarenteen, is gedetailleerd, dramaties en aangrypend.
Image may be NSFW. Clik here to view.Daar sien ons Marais aan die eindpunt van sy verslawing aan morfien, wat vir hom beide fisieke en geestelike salwing moes wees en wat uiteindelik sy foltering geword het. Terwyl Rousseau Marais meer volledig in die konteks teken van die kultuur van destyds wettige dwelmmiddels, merkeer Van der Merwe eerder stadia in sy verval, wanneer hy self – gereeld – laat weet dat hy ongesteld is, of wanneer ander dit vermeld, of berig dat hy nie geskik lyk vir wat ook al van hom verwag word nie.
So het ons dus oor die afgelope eeu ’n prentjie gevorm van ’n gefolterde genie, charismatiese gespreksgenoot, skerp waarnemer, passievolle stryder vir geregtigheid, en daarby digter, skrywer, taalstryder … dit wil sê die durende “brand” Eugène Nielen Marais.
Maar, soos ek aan die begin sê, die antwoord op die een vraag word terselfdertyd weer die oorsprong van ’n ander: Wie is hy en hoe ’n man? Van der Merwe se werk bring onvermydelik ’n minder gunstige beeld van Marais uit die newels as Rousseau, en nie net omdat hy ’n meer kliniese forensiese instrument aanlê as sy voorganger van veertig jaar nie.
Bewegende teiken
Image may be NSFW. Clik here to view.’n Forensiese talent is inderdaad nodig om op Eugène Marais se spoor te bly. Hy was ’n leuenaar van formaat. Soos Van der Merwe dit stel, hy het soms “pleinweg gelieg”. Dit was asof hy by voorbaat sy biograwe van sy spoor wou afgooi, indien nie sy spore heeltemal wou doodvee nie. Dit is wat Rousseau in soveel woorde sê. Behalwe vir ’n paar feite en heelwat bespiegeling loop die spoor vir Rousseau in Londen grotendeels dood, en hy verklaar in Die groot verlange: “Tensy ontdekkings gemaak word wat mens jou op die oomblik [d.w.s. 1974] kwalik kan voorstel, sal dit vir altyd onmoontlik bly om ’n samehangende relaas van Marais se vyf jaar in Londen te gee” (bl. 108 in die Protea-uitgawe). In ’n aanteking by hierdie (vierde, 2005-) uitgawe haal hy homself aan uit sy latere boek Die dowwe spoor van Eugéne Marais (Ibis-Pers 1998) waar hy oor sy aanvanklike vermoede van feitefoute in Die groot verlange skryf: “Dit was […] ’n onnodig beskeie siening, wat ek na die kontrolewerk van 1998 nie meer huldig nie.” Daarmee volstaan hy ook.
Vir Carel Van der Merwe was dit, in sy eie woorde, soos aas wat voor hom gedobber het. En nie net dit nie. Om na ’n ander metafoor te spring: Hy kom in die proses af op wat mens ’n brandende lont kan noem met ’n bom aan die ander ent. Die aanleiding was ’n navraag by die Inner Temple in Londen, die instituut waarheen Marais in 1897 is om in die regte te studeer. Hulle stuur hom twee getuigskrifte oor Marais, wat ’n inskrywingsvereiste was.
Image may be NSFW. Clik here to view.Een van die twee was deur Percy FitzPatrick, wat ’n groot rol in die Zuid-Afrikaanse Republiek gespeel het en ’n sleutelfiguur was in die Jameson-inval van 1896 en die oorlog van 1899–1902. Hy is ook die skrywer van Jock of the Bushveld, wat vandag nog voortleef, onder meer in ’n geanimeerde rolprent, en van The Transvaal From Within, ’n voorbeeld van anti-Boerepropaganda in sy kruuste vorm. Rousseau haal net op een plek vir FitzPatrick waarderend oor Marais aan, maar hierdie getuigskrif het Van der Merwe laat vermoed iets groters was aan die gang. Toe begin hy krap. In in ’n boks by die National English Literary Museum in Grahamstad kom hy af op ’n brief van Marais aan iemand by die destydse mynmaatskappy Wernher, Beit & Co. waarin hy oor ’n vertaling skryf en dan verwys na iemand genaamd Milner.
Image may be NSFW. Clik here to view.Van Preller en Rousseau se Afrikanerheld na FitzPatrick en Alfred Milner, aartsimperialiste en ‑drywers van die oorlog teen die Boererepublieke is ’n verbysterende sprong. Die ontdekking hiervan is die grootste enkele meriete van Van der Mewe se boek, en dit is uit sy poging om dié kloutjie by daardie oor te bring dat die boek dus sy ontstaan het.
Dit het spoedig geblyk dat ’n ander Milner ter sprake was as die Britse hoë kommissaris in Suid-Afrika en latere goewerneur van die Transvaal- en Oranjerivierkolonies, maar dit het Van der Merwe se speurdersinstink genoeg geprikkel om uiteindelik af te kom op langdurige korrespondensie tussen Marais en lord Alfred Milner, wat nie net verraai dat hulle mekaar ontmoet het nie, maar dat Marais nou saam met Milner gewerk het in sy pogings om die Boeregemeenskap met hul lot onder die Britse regime te versoen.
En dis nie al nie. Marais onthul ook ’n ontmoeting tussen Marais en lord Joseph Chamberlain, die Britse minister van kolonies, ’n posisie wat hom volgens sommige die magtigste man in Brittanje gemaak het, gegee die globale ryk onder sy administrasie. En wat nog meer merkwaardig is van dié ontmoeting is die feit dat Chamberlain Marais ná afloop daarvan vra om ’n memorandum op te stel van die idees wat hy hom meegedeel het. En daar eindig dit ook nie. Chamberlain stuur die memorandum na Milner met ’n aanbeveling dat Milner punte daaruit oorweeg in sy bestuur van die twee nuwe kolonies. Marais word nou adviseur oor landsbestuur op die hoogste vlak.
Verder haal Van der Merwe ruim aan uit langdurige en uitgebreide korrespondensie tussen Marais en FitzPatrick wat, soos die Milner- en Chamberlain-korrespondensie, blykbaar aan Marais se vorige biograwe heeltemal verbygegaan het. Op die heel minste kan dit dui op die mate van sukses waarmee Marais sy spore doodgevee het, maar aan die ander kant is dit ook die resultaat van verbete en verbeeldingryke navorsing, iets wat die skrywer ryklik demonstreer.
Marais jok verskeie kere oor sy ouderdom. Hy vertel die onwaarheid dat hy aan die oorlog van 1880–1881 deelgeneem het toe hy tien was. Hy loop ’n fyn lyn tussen sy dikwels belyde patriotisme en sy waardering vir en samewerking met sy Uitlandervriende in hul stryd teen Paul Kruger, Marais se bêtenoir. Onder meer hou hy vergaderings met Uitlanderleiers met ’n versinde mandaat van die ZAR-regering. Hy verkondig dat hy na Londen is om medies te studeer en deur sy vriende omgepraat is om hom liewer as advokaat te kwalifiseer. In werklikheid het hy hom onmiddellik by die Inner Temple vir regstudie ingeskryf. In sy aansoekvorm lieg hy oor sy kwalifikasies (geen tersiêre studie nie) en oor sy pa se beroep. Hy stuur uit Londen vals berigte van sy merkwaardige vordering deur na Land en volk; in werklikheid druip hy meer as een keer of gaan skryf hy nie sy eksamens nie. Hy skep tuis die vals indruk dat hy ’n reeks briewe aan The Times in Londen geskryf het om die anti-Boerepropaganda teen te spreek. Hy verkondig dat hy tydens die oorlog onder paroolvoorwaardes in Londen leef, maar dit was na alle waarskynlikheid, soos Van der Merwe oortuigend redeneer, net ’n rookskerm vir die feit dat hy nie teruggekeer het om saam met sy mense te veg nie. Om dieselfde rede, skat Van der Merwe, lieg Marais oor die datum waarop hy tot die Londense balie toegelaat word: Hy maak dit veel later om te verduidelik hoekom hy eers toe die oorlog byna verby was, teruggekeer het na Suid-Afrika.
Aan die einde van sy tyd in Londen raak hy deur ’n rare sameloop van omstandighede deel van ’n ekspedisie om ammunisie en mediese voorraad via Mosambiek na die vegtende bittereinders in Noord-Transvaal te smokkel. Hy gee soveel weersprekende weergawes van hierdie verhaal dat die leser wil duisel by die lees van Van der Merwe se stilweg dodelike uiteensetting daarvan. Die toppunt van Marais se selfwaan is seker dat hy homself op een plek vir die leier van hierdie ekspedisie uitmaak, terwyl Van der Merwe min twyfel laat dat hy die ekspedisie eers op die boot deur die Suez-kanaal en onderweg na Beira teëgekom het.
Daar is nog meer leuens. Maar waarom sou Eugène Marais so speel met die waarheid? Dit is ’n ryk veld vir bespiegeling. In die vooroorlogse jare by Land en volk het hy blykbaar geen probleem daarmee gehad nie om vir sekere opinies wat hy nie onder sy eie naam as redakteur wou publiseer nie, ’n fiktiewe karakter genaamd Afrikanus Junior te gebruik. Hy het daarmee weggekom, hoewel op ’n keer naelskraap. Dalk is dit waar hy vertroue gekry het in sy atletiese vermoë om feite te systap en mense ’n rat voor die oë te draai. Dalk het hy die gevaarlike spel geniet – dit vermoed mens in ieder geval by die lees van sy volgehoue balanseertoer tussen die Uitlanders en later Milner aan die een kant en sy patriotiese beeld aan die ander kant.
VImage may be NSFW. Clik here to view.an der Merwe maak ’n goeie saak daarvoor uit dat sy onderwerp geskerm het teen die regverdigbare aantyging dat hy nie sy deel gedoen het om die ZAR te verdedig teen die aggressor nie. Hy het immers verskeie kere verklaar dat hoe sterk hy ook al teen Kruger se regering gekant is, hy die republiek met al sy krag sou verdedig. In latere jare skryf Preller ’n ongemaklike brief aan FitzPatrick om te vis wat laasgenoemde alles oor Marais sou kwytraak in die memoires wat hy aan die skryf was. Die benoudheid was klaarblyklik dat die man waarhede oor sy en Marais se politieke en vriendskaplike verbintenis sou openbaar wat Marais se geloofwaardigheid en agbaarheid kon kelder.
FitzPatrick het laat weet dat Marais niks het om te vrees nie. Hoewel hy sy memories nooit voltooi het nie, was daar – miskien amper teleurstellend – weinig verwysing hoegenaamd na Marais in die boek wat wel ná FitzPatrick se dood in 1931 verskyn het.
Van der Merwe gaan kortliks in op ’n moontlike sielkundige verklaring, pseudologia fantasia, waarvolgens iemand ’n innerlike en soms onbewuste neiging het om kompulsief te lieg. In Marais se geval, doen Van der Merwe aan die hand, kan dit wees vanweë ’n ongelukkige mengsel van skaamte- en skuldgevoel oor sy nederige agtergrond, onstabiele gesinslewe, gebrek aan geleerdheid en die feit dat hy nie aan die oorlog deelgeneem het nie. Hy wou homself in ’n gunstiger lig stel.
Hy het ook verskeie kere feite uit ander mense se lewens aan homself toegedig, wat myns insiens kan dui op ’n ander sielkundige kondisie. As mens kyk na hoe hy gedy het in die uitgelese geselskap van mense wat in werklikheid vyande van sy land was, lyk Marais soos ’n politieke verkleurmannetjie.
Wat ook al sy motiewe, indien Marais gemeen het hy speel sy Engelse vriende tot sy eie voordeel, dit wil sê om sy sukkelende koerant in kapitaal te hou, is dit ook moontlik, soos Van der Merwe sê, dat hulle hóm eerder in hul koloniale ambisie gebruik het as ’n “mak boer” – ’n nuttige dwaas. Die skrapse verwysing na Marais in FitzPatrick se memoire, iemand wat hy as sy goeie, selfs intieme vriend beskou het, is ’n jammerlike aanduiding daarvan. En wiens brood men eet …
Dit kan dus wees dat Marais, omrede van die herhaalde lenings wat hy gebedel het by Wernher-Beit en FitzPatrick, hom blind gehou het vir laasgenoemde se oorlogstokery in die laaste jare van die negentiende eeu. Hy het inteendeel bly glo FitzPatrick is ’n vredemaker. By dié se afsterwe nog skryf hy in Land en volk so ’n rol aan hom toe.
Image may be NSFW. Clik here to view.Marais was iemand vol innerlike teenstrydighede en dit is waarom sy spoor so rondspring. Ten diepste, egter, was daar ’n onpeilbaarheid by hom. In Katinka Heyns se film Die wonderwerker laat draaiboekskrywer Chris Barnard vir Marais sê: As ek in myself kyk, sien ek niks. Beide Marais en Rousseau haal hom aan waar hy aan Preller skryf:
Al die slegte goed kan maar wag tot ek dood is … So als U sê is die lewe ’n mosaiëk van herinneringe, – vir my ongelukkig meestal pynvol als ek my bewustheid ooit toelaat om in die donker stroom in te duik.
Vandaar dan die juiste titel van Van der Merwe se boek.
Hou jou vriende naby en jou vyande nog nader?
Ek het reeds verwys na die fyn lyn wat Marais geloop het tussen die Uitlanders van die jare negentig en wat hy gesien het as sy patriotiese plig teenoor die republiek. Laasgenoemde was allesoorheersend by Marais. Sy haat vir Paul Kruger en sy regering was so fel dat dit lyk of dit hom blind gemaak het vir enigiets anders. En hy het al sy energie, asook al sy geld, in die stryd gewerp om Kruger uit die kussings gelig te kry.
Image may be NSFW. Clik here to view.Hy het sy polemiese wapen goed gekies deur op die jong ouderdom van 21 ’n aandeel in die koerant Land en volk te bekom. (Nog ’n leuen was dat hy die koerant gestig het.) Sy buitengewone welsprekendheid en sy passie het hom ’n aktivis-joernalis van formaat gemaak, en seker en gewis was hy ’n doring in die vlees vir Kruger. Daar is ’n hele geskiedenis van oor en weer lasteraksies tussen hulle twee. Die feit dat die stoere, onbeweeglike Kruger meer as een keer die moeite gedoen het om Marais aan te val of te antwoord, dui daarop dat die ou man hom ernstig opgeneem het.
Marais was daarvan oortuig dat Kruger korrup en onbevoeg was, te ongesofistikeerd om ’n moderne land te bestuur wat aan die begin staan van sy oorgang van ’n agrariese na ’n industriële ekonomie. Die ontdekking van die rykste goudare in die wêreld was ’n onwerklike meevaller en terselfdertyd ’n onoplosbare politieke probleem vir Kruger. Die Uitlanders se aansprake op regte en hul maneuvreerdery het hom gedryf tot sy bekende uitroep teenoor Milner by ’n ontmoeting tussen hulle in Bloemfontein: “Dis nie stemreg nie, dis my land wat jy wil hê.”
Dit het Kruger en die koterie van vriende en familie binne sy kring van patronaatskap egter nie verhinder om hulleself ruim te help aan die geldelike voordele van politieke mag oor ’n goudproduserende staat nie. Die president, volgens Van der Merwe se omrekening in vandag se waarde, het ’n rojale salaris van sewe miljoen rand getrek en volgens Land en volk ’n boedel van R140 miljoen nagelaat. Maar die brandendste kwessie was Kruger se konsessiepolitiek.
Volgens die wet het die staat lisensies vir monopolieë uitgereik. Sammy Marks, Kruger se vriend en die skenker van die bekende standbeeld van hom op Kerkplein, het die drankkonsessie bekom. Die mynbase het gekla die drank ondermyn arbeid en produktiwiteit. Die dinamietkonsessie, ook aan iemand naby aan Kruger, het die dinamietprys die hoogte laat inskiet sodat dit te duur geword het om die myne te bedryf. Die konsessie om water uit die Vaalrivier aan Johannesburg te lewer het gegaan na Frikkie Eloff, Kruger se skoonseun, wat die konsessie teen ’n gawe wins van dertig miljoen rand verkoop het.
’n Dam op Kruger se plaas gebou deur die departement van openbare werke, ’n pad oor sy plaas … ’n neerdrukkend bekende prentjie vorm by die leser, en ’n moeitelose vereenselwiging met Eugène Marais in sy onvermoeide persgeveg teen die owerheid.
Image may be NSFW. Clik here to view.Die intensiteit van Marais se joernalistieke aktivisme kan mens laat vermoed dat hy ’n stem roepende in die woestyn was, maar in werklikheid was daar ’n sterk progressiewe element in die Transvaal, en Land en volk ’n invloedryke koerant. Invloedryk genoeg, ten minste, vir Marais se Engelse vriende soos FitzPatrick en Milner om enduit daarop te reken om hul gesigspune te bevorder. Die progressiewes was polities georganiseer rondom generaal Piet Joubert, wat Kruger in die presidentsverkiesing van 1893 byna verslaan het. Marais was oortuig die stemtelling was bekook.
Marais se joernalistiek het hom in ’n posisie gestel (of hy het homself daar ingewurm) om ’n brug te probeer slaan tussen die eise van die Uitlanders en wat volgens hom die belange van die ZAR was. Sy aanvoeling in vriendskap was om hom by die progressiewes te skaar, onder meer in die Pretoria Club, waar Engels- en Afrikaanssprekendes sosiaal ontmoet het. Sy gesprekke, korrespondensie en inderdaad vriendskap met mense soos FitzPatrick, of sy sakevennoot Peter Falconer, of later Milner, moet vir hom soos ’n toevlug gewees het. Mens kry by nóg Rousseau, nóg Van der Merwe die indruk dat hy deur persoonlike ambisie verteer is, dus het hy hierdie verbintenisse waarskynlik nie ter wille van opwaartse mobiliteit vertroetel nie. In ieder geval was hy tuis in die geselskap, soos die reaksie van die high society waarna hierbo verwys is, suggereer. Marais se ambisie het eerder gelê in die bereik van politieke doelwitte.
Voor die oorlog was sy doel om die Krugerbewind uit die kussings te lig, selfs al sou dit beteken dat die Uitlanders moes oorneem. Tydens en ná die oorlog was dit om sy landgenote te orreed dat hulle heil nie lê in weerstand teen die Britse bewind nie, maar in aanvaarding en samewerking. In beide gevalle is die interesse van die Britte in Marais se doen en late in die oog lopend. Marais se oorwegings, daarenteen, bly altyd ’n spel tussen twee pole. Hy is begerig vir wat die Britte en uitlanders hom (en die land) kan bied, naamlik bevoegde administrasie – altyd ter wille van die ZAR. Aan die ander kant het hy ’n broertjie dood aan imperialiste soos Cecil John Rhodes. Dit is merkwaardig dat Marais nooit agterkom in welke mate sy vriend FitzPatrick gemene saak maak met Rhodes, of in watter mate Milner een van hulle was nie.
Van der Merwe volg Marais se bewegings, sy korrespondensie en beriggewing oor hierdie hele tyd soos ’n hond ’n bloedspoor volg. Min ontsnap aan die skerp lig van sy speurwerk, al is dit, soos alle geskiedenis, ’n morsige, verwarrende besigheid met aktiwiteite aan verskeie fronte op enige gegewe oomblik. Hy konstrueer op vernuftige wyse die pad van sy vertelling tussen al hierdie spronge in tyd en lokaliteit, sy dit langs die politieke as Johannesburg-Pretoria of Transvaal-Engeland.
Ons sien Marais soos ’n vlinder promisku rondflap tussen al hierdie partye en belange. Sekerlik is dit nie Van der Merwe se doel om hom as ligsinnig uit te beeld nie, want hy is ’n waarlik ernstige mens. Daar is in Rousseau en Van der Merwe ewe min getuienis van humor by Marais. Hy was ’n forsende, soekende siel met ’n opregte belangstelling in ’n Renaissance-wye verspreiding van dinge, van die spiritisme tot die Egiptologie tot sy meer bekende natuurkundige ondersoeke tot die politiek en joernalistiek. Van der Merwe bemoei hom met laasgenoemde twee, waar ons wel vir Marais aan die speel vind, hoewel die gevaarlike soort speletjies waarvan hy blykbaar gehou het.
Image may be NSFW. Clik here to view.Marais vertaal en publiseer byvoorbeeld die manifes van eise wat die Uitlanders opgestel het, maar ontken dat dit is om hulle saak te bevorder. Daarenteen verswyg hy die vooraf kennis wat hy dra oor die Jameson-inval en beskuldig agterna die doeane- en speurdienste van nalatigheid. Hy publiseer waninligting oor die wapentuig waaroor die Uitlanders beskik, al weet hy wat die korrekte feite is. Hy het verskeie geheime ontmoetings met die Uitlanders se Reform Committee en gee agterna verwarrende weergawes van sy bewegings. En die blote feit dat die Reformers hom vertrou en sien as een van hulle, maak sy optrede verdag. Hy waag hom op die reeds genoemde dun ys van ’n fiktiewe briefskrywer om sy punte te stel en sodoende pro-Uitlanderaanklagte vry te spring. Hy doen mee aan die uitlek en publiseer van die “Great Deal”, ’n dokument van hoogs geheime voorstelle waarin die ZAR-regering verskeie toegewings maak om op die laaste minuut ’n oorlog te probeer vryspring. Die lekkasie doen mee aan die induiestorting van alle onderhandelings, en oorlogsverklaring volg. Tydens sy tyd in Londen doen hy mee aan 'n Nederlandse vertaling van FitzPatrick se reedsgenoemde boek The Transvaal From Within en wend 'n tragikomiese poging aan om van die ergste swartsmeerdery van sy landgenote daarin getemper te kry.
Niks hiervan dui op die vurige patriostisme wat Marais aan die ander kant bely nie. Van der Merwe gee hom uiteindelik wel die voordeel van die twyfel. “Aan Marais se opregtheid kan daar nie getwyfel word nie, al mag daar vrae wees oor wat hy beoog het” (bl. 230). Elders, op bladsy 296–299, doen hy ’n bietjie harde redeneerwerk om sin te maak uit die feit dat Marais, nog onderweg met die Oos-Afrika-ekspedisie, aan (vyand) FitzPatrick daaroor skryf. Van der Merwe lê, toegegee, deurgaans in sy boek dodelike logika aan die dag om die gapings te vul wat sy navorsingswerk nie kon nie. Die vraag wat hy homself egter nie vra nie, is of Marais altyd mooi reg wys was, of hy te alle tye geweet het wat hy doen, en of daar by hom nie net te veel verskeurdheid tussen lojaliteite was om onder die dwang van logika tot rus te bring nie.
Pas na sy aankoms in Londen in 1897 skryf Marais ’n merkwaardige brief aan sy vriend Charlie Pienaar in Pretoria waarin hy sy walging aan die imperiale hoofstad nie kan onderdruk nie. Hy sê onder meer:
We shall live to see retribution overtaking the Destroyer of Liberty, maybe we shall be able to strike a blow at the falling harlot & remember the blood of our people which she has poured out like water. (bl. 82)
Hy sou later van deuntjie verander, maar die teenstrydigheid in sy houding is onthutsend. Daarby is sy opmerking nie sonder ’n goeie skoot hubris nie, iets wat vyf jaar later in ’n ander brief, volgens Van der Merwe, tot ’n manies-depresiewe ondertoon eskaleer. Marais skryf aan ’n ander vriend in Londen, Jim Taylor, oor die afwagting van sy terugkeer na Suid-Afrika:
I’m just burning to get back now. I feel the good I can do much like the prophets of old must have felt a divine call. I see it all before me like an inspiration […] and I have the utmost confidence in myself. (bl. 204)
In die konteks van sy hele hooggestemde, waaghalsige en uiteindelik tragiese lewe is dit myns insiens in orde om te vra of Marais nie, al was dit net soms, bloot net die kluts kwyt was nie.
Déjà vu
Image may be NSFW. Clik here to view.’n Volledig onbedoelde newe-effek van Van der Merwe se boek is die neerdrukkende herkenning van teenswoordige werklikhede in ’n eeu gelede se dinge.
Daar is ’n korrupte president, kompleet met verbeterings aan sy eiendom uit die staatskas gefinansier, ’n buitelandse rekening van dertig miljoen rand en ’n falanks van familie en vriende in sy administrasie en met eersteklaskaartjies op die soustrein.
Daar is die stryd van die pers teen die owerheid en die handige aanklag dat die pers nie objektief is nie, maar die heerser tot ’n val wil bring. Terselfdertyd is daar wel geldige vrae oor persetiek en die onafhanklikheid van die pers. Land en volk se eienaar en finansier vir ’n goeie deel van sy bestaan is die mynhuis Wernher-Beit.
Daar is die verswarende omstandigheid dat die mynhuise reeds van die begin af gedy het op die uitbuiting van goedkoop swart arbeid. Een van die kwessies waaroor die Britse regering uiteindelik namens die Uitlanders oorlog toe gegaan het, is die ZAR-regering se onvermoë om die myne vinnig genoeg van swart arbeid te voorsien.
Daar is die verengelsingsbeleid van Milner wat sy skaduwee tot in die 21ste eeu werp. “English must prevail,” skryf hy reeds voor die oorlog, en dit maak hy sy taak sodra hy goewerneur van die twee voormalige Boererepublieke word. Die plan, nou verweef met die hervormings van die onderwys wat hy wil invoer, werk egter nie mooi uit soos hy wil nie, selfs met die ondersteuning van Marais, wat goedgelowig Milner se gerusstelling daaroor aanvaar.
Twee dinge werk teen Milner se oogmerke: die opkoms en vinnige toename van private Christelik-Nasionale skole, en die politiek in die Verenigde Koninkryk. Hy besef hy sal die verkiesing van die Liberale Party nie polities oorleef nie, en bedank in 1905.
Winternag
1905 is ook die jaar waarin die “herout van die Afrikaanse poësie” in Land en volk verskyn. Hoewel Van der Merwe sy fokus met opset tot Marais se joernalistiek en die politiek beperk, maak hy ’n merkwaardige en oortuigende ontdekking oor die oorsprong van hierdie gedig wat by elke literêre navorser verbygegaan het. En dit ’n gedig wat in ’n stemming honderd jaar later bo uitgekom het as die bekendste in Afrikaans.
Ter wille van die spesiale plesier wat hierdie paar bladsye in Van der Merwe se boek die leser bied, by al sy ander rykdomme, verswyg ek liewer wat die skrywer gevind het. Ek het reeds genoem dat hy heeltemal afwyk van die hardnekkige ortodoksie wat ’n skepping van Gustav Preller is en waarvolgens die gedig die Boere se lyding tydens die oorlog verwoord. En terwyl daardie siening lankal reeds gerepudieer is, wys dit hoe steeks ’n emosionele verklaring bo bewese feite kan vassteek.
Ná Van der Merwe se boek kan daar nie meer veel wegkruipplek oorbly vir halwe waarhede en volle leuens, vir wensdenkery en onvoldoende navorsing nie. Nie oor Marais se liefdeslewe wat Rousseau aan bespiegeling oorgee en Friedel Hansen heeltemal aan die bisarre uitlewer nie. Nie oor Marais die volksheld wat in groot mate ’n skepping van Preller is nie. Nie oor enige tydperk in Marais se lewe, soos die jare in Londen, waaroor nuwe inligting vir Rousseau onvoorstelbaar is nie. Sy deeglikheid en sy vermoë om feite te orden en interpreteer plaas hom in ’n ander klas.
Die groot verlange staan onverminderd as ikoniese boek oor ’n ikoniese figuur. Wat nou verander het, is dat jy nie Rousseau sonder Van der Merwe kan lees nie. Dit is ’n manjifieke stuk werk.
vry- Gilbert Gibson Human & Rousseau ISBN: 9780798170536
***
bloed is vir vir my soos gras vir waltwhitman
"gras" - GG uit oogensiklopidie
die gras hier neem my gevange en maak die tong skepties
"die gras hier neem my" -GG uit Vry-
Met Gilbert Gibson is niks voor die hand liggend nie.
Hoewel jy hom ook moeilik sal miskyk:
/ voor kloppers se winkel staan ‘n ou man hy het ‘n inkvlek op sy vingers (p 27)
Vir reisigers wat Bloemfontein besoek, maak gerus ‘n draai by Kloppers, alles behalwe ‘n urban legend. (Akademies het Afrikaans se laaste klokke in Durban gelui, berig die Boekbedonnerde Darryl David onlangs in Rapport en vele taalaktiviste spreek hul kommer uit oor Afrikaans, in die akademie, ook by daai ou bastion van ‘n Stellenbosch. Sou Steyn sy kop kon laat sak op die Rooi Plein, skat ek hy sou simboliseer wat almal wonder.)
Dank die sterre dus vir Kloppers.
woede het narratiewe obsessie van my tong geword (p 58)
Vir hulle sal die inkvlek op die ou man se vinger ‘n gerusstellende teken wees dat daar hier in die Hartland wel nog gedig word, en dat die poësie ook goed versorg word; hulle sou selfs ‘n tweede asem geskep het met Gibson se groeiende oeuvre op ons voorstoep.
Nog een opmerking oor die inkvlek.
Die teken van ‘n deelnemer aan demokrasie sou ook uitgeken word aan ‘n inkvlek op sy vinger, wat na ‘n verkiesing vir soms weke, selfs maande, sigbaar is.
Ek het gestem, ek het ‘n stem. Ek is dus vry.
Of is ek net kwansuis vry-?
En so is Vry-.
Die stem van die vry digter, afgesonder, uit die literêre akademiese kringe, intensief besig met sy
werk (toevallig in ‘n hospitaal)
sy vrou het daarna vertel hy is onverwags. aan ‘n gewone hartaanval (p 88)
my hande is die verhaal van ‘n blanko tjek en jy vul dit in ek kry ‘n werk ek ry na werk en bewerk my skuld/ (p 58)
reis
was skaars ‘n paar dae in londen toe iemand sê kom ons ry met die trein Stratford toe. Stratford upon.
herinneringe
die laaste keer dat my swaer piet by my gekuier het was vir die bring van ‘n vlekvryebraaier
en gesin
die kind is die som van my geheue (p 47)
opgesom: die kuns van (moderne) Afrika-dig in die middel van die land.
beloofde land daar is bloed aan jou tandvleis daar’s bloed aan jou deur
Ek dink dit is die rede hoekom lesers so passievol oor Gibson raak. Ek staan net die ander dag in ‘n uitgelese geselskap tussen ‘n klomp jongmense. Die geselskap kry so ritseling toe dit by Gibson kom. Die plaaslike boekwinkels mag nie uit kopieë van sy werk raak nie, noem ‘n student wat boeke verkoop naby Kloppers. Konstant is die aanvraag, word berig.
Niemand sal die progressie in sy werk en sewemyllaarse tree wat hy vanaf debuut en sedertdien gegee het miskyk nie. Veral sal mens wonder: waarmee volg hy sy kragtoer op in ‘n gestroopte deel van die land met alles behalwe ‘n glansryke omgewing?
Is dit hoekom die digter in Vry- ‘n soort kajuitraad hou? Dalk wou hy vir eers opsom voor ons verder gaan.
In die eerste handel van sy bundel, klinies verdeel (1), word suggereer dat die digter opsetlik terug wou keer na minder kompleksiteit, na dae dalk selfs voor sy debuut, voor sy graduering , voor sy eerstes: kind, vrou, toe hy nog naïef was oor selfs die dood:
en jy is die dood p 9
Ander voorbeelde geleen uit titels wat oorloop in die gedigte:
as kind ongewoon met ma afgevlieg kaap toe (p 10), dertig of so jaar terug haley se komeet in pa se telefoongesprekke …(p 12), ons het half in die middel van die vry-staat gebly my hare in hoofsaak altyd kort gesny (p 13), as kinders (ek & drie susters in die plaas-dam gedoop) (p 15)
Sorgeloos.
Dit is by die nabetragting waar die digter ‘n nuwe vryheid vir homself oopskryf en die leser uitdaag om ook te onthou, fyner te observeer, te soek vir ooreenkomste, te lees met verwagting, te weet - tussen ons en hom is die lewe gewoon.
Mens wil amper glo dat die leser uitgedaag word om dieselfde lug in te kom asem en ook om hier uit die middelpunt te kyk wat die digter bedoel, met
die vry- staat het ‘n horison (p 9)
skop hy af.
Geografies leun hy op sy onmiddellike omgewing.
Die verwysings wat ook persoonlike ruimtes, geheue en gebeure uit kinderjare insluit.
En dit is in hierdie terugblik wat hy ons ook weer herinner aan bv oogensiklopidie waar hy die leser geleer het hoe om die oog as ‘n soort poëtiese gereedskapstel te gebruik.
Wanneer die brein en die oog saamwerk om nuwe poësie te skryf. Die antisipasie van wat net om die draai wag, neem hy hier op ‘n hersiene kragtoer met die herdefiniëring van onder meer leestekens (-) en skep hy hersiene ritmes met die her-gebruik van titels in gedigte.
Dit is sy klemverskuiwende afbreek in die versreël waarmee hy spanning en antisipasie skep. ‘n Onverwagse vertroue tussen homself en die leser.
Wees gewaarsku: as hy sy verbeelding loslaat soos byvoorbeeld in ek;[beminuslaafs] gaan lesers, hoe gesout ook al, alle bekende en onbekende lees tegnieke moet inspan om agter die digter se ritmes te kom en die oomblik te ontsyfer tot hy jou dan tref.
Want selfs wanneer die slaaf in ons almal omskryf is skitter die vry- (of hoop).
- Van Wyk Louw
die germaan in my bemin jou al is jy swart soos jy (p 72)
Waaksaam vir afleidings of ontknopings tree hy met respek in gesprek met sy voorgangers, nooi hulle in sy lewe en neem hy vrymoedigheid om deel te neem in die klassieke digkuns.
Vir sy voorgangers wat die fondasies tot sy kuns berei het verwys hy en huldig hy, verwysings na vWL, BB, SC, CLL, GVN, DJO ("van die wilde vark wat ek en francis daar geslag het").
Die digter annekseer die hele speelveld waarop gedig kan word - van die ontoeganklike tot die gestroopte eenvoud:
ek het alles die (p 74)
Gibson sê in ‘n onderhoud by die Vrystaat Kunsfees (Julie 2015) dat hy nie met ‘n leser in gedagte skryf nie. Daarom wanneer hy skanse lig tot in sy binneruimtes sy unieke stem veral klokhelder gehoor word:
homerus, fluister jy. homerus
ook
en dus snags jou slaafsbemin
Om sy vyfde bundel onder die knie te kry moet die leser nie teveel hoop op enige maklike sleutels vir ontsluiting nie.
Natuurlik sou mens niks anders verwag van die uiters begaafde digter nie, vir sy “on”-akademiese, alles net the same to me-lesers (want vir hulle skryf hy graag, hoewel nie bewustelik nie), is die tonele bekend, maar, soos ‘n kameralens aspris uit-fokus gedraai, ons sien wat gebeur, maar kan nie die name, plekke en besonderhede uitmaak nie.
***
Maar moenie vrees nie, vir ons wat van sy eksperimentele (ek noem dit die Frank Zappa’s van Afrikaans), (in ii)
…=_gehoor[jou.hart.be(d)aar] en
ek;[beminuslaafs] of
soos.//[ ‘n invalide.sit&doodgaan&buurdogter:bring
gewoond geraak het, vir ons is daar genoeg om te ontsyfer(ing).
Vir die digbundelkopers in Afrikaans is dit goed bekend dat Gibson hoogs intuïtief, uiters af-ritmies (ek val myself vir oomblik in die rede- in sy vorige bundel vii [39] skryf hy,
eenkeer in die bakkie ‘n ryloper op harrismith keith jarrett geluister)
nou om Jarrett in die hooglande van die Vrystaat te luister is soos om kabeljou in Kaapstad te eet
ja af-ritmies, binnelands, eksperimenteel en aspris uit-voeling. En die dromerigheid.
in my slaap is ek ‘n bibliotekaris ‘n salmvanger langs ‘n breë rivier/ p 44
Dit is waar ons die empatiese digter/dokter (pa, eggenoot, reisiger, versamelaar, groot-menskind), ontmoet, waar Vry- op sy gemaklikste gebeur en waar hy direk met die leser se emosie werk.
my skene pleit bo die grond ‘n lewe uit my nek buig elke dag oor ‘n hospitaalbed (p 58)
Dis met sy fragmente geskrif waar sy binne mens duidelik verskyn, sommer in die eerste 20 gedigte objektiveer hy die atmosfeer waarin hy skryf.
Hierdie bundel staan op sy eie, maar mens ontneem jou die genot van die einste versameling as die leser nie probeer om die skakels tussen sy werke te vind nie.
Die digter se lewe blyk nie drasties te verander het vanaf sy debuut nie; ouderdom en moontlik ontwaking as gerekende skrywer is van die bykomstighede waarop ons nou ook kan let.
Sy posisie in Afrikaans gaan van krag tot krag, kort voor lank, so word voorspel, kan hy selfs bekend raak as die grandeurs original wat ‘n generasie jong bekroonde digters help vestig het.
Image may be NSFW. Clik here to view.Die dag na die rowers opgedaag het – leef hier en nou Johan Pienaar Lux Verbi ISBN 9780796319272
Selfhelpboeke se ware toets is of dit jou gaan motiveer om jou lewe so in te rig en te verander dat dit meer vervullend gaan wees. Geestelike selfhelpboeke, daarenteen, moet jou inspireer om jou hart en gemoed sowel as jou denke te verander.
Johan Pienaar se boek Die dag na die rowers opgedaag het – leef hier en nou doen beide. Wat ‘n uitmuntende gids vir selfondersoek. Die skrywer lei jou na jou eie antwoorde en gee nie kitsoplossings vir die vrae wat hy so tergend stel nie. Vir hom gaan dit oor die diep en vervullende lewe waarna ons almal so smag en hoe ons dit kan bekom.
Pienaar en sy gesin is op 28 Julie 2014 deur gewapende rowers gevange gehou in ‘n rooftog wat hy as “boos en brutaal” (bl 14) beskryf. Voor die aanval het hy landwyd lesers deur sy blog aangespoor om verhale te vertel en hulle indrukke te deel oor hoe om meer in die huidige te lewe. Hy was besig om ‘n manuskrip saam te stel uit die bloginskrywings. Op die dag van die rooftog was die manuskrip reg vir versending aan die uitgewers, maar die rekenaar waarop dit gedeeltelik was, is ook gesteel. Met volharding het hy die meeste gemaak van wat hy wel gehad het en die manuskrip oorgeskryf.
Só ‘n groot ingryping laat mens stilstaan om te dink. Dit is juis die bestaansvrae wat hierna by mens opkom wat Pienaar takel, soos hoe om weer vir die lewe lief te word.
Sy grootste bate as skrywer is dat hy deur sy versteekte spitsvondigheid en bondigheid selfs die lewe se groot vrae maklik kan laat klink. Daar is ‘n bruisende geesdrif wat die teks dra en die leser wil laat opspring om die lewe te gaan aangryp. (Die groot aantal uitroeptekens dra ongelukkig, tot die teks se nadeel, hiertoe by.)
Sy groot klem is op hoe om ‘n betekenisvolle lewe te lei. Dit is ‘n praktiese gids wat vir vrae soos hierdie ‘n werkbare strategie bied. Geen wonder nie: Pienaar, vantevore gemeentepredikant en moderator in die NG Kerk, is ook ‘n opgeleide bestuurs- en verhoudingskonsultant en raadgewer vir verskeie direksies. Hy dink en skryf in terme van oplossings.
Vir ‘n betekenisvolle lewe gee hy aan die hand dat jy altyd ‘n nalatenskap van integriteit moet hê. Vele van sy strategieë om nuwe gewoontes aan te leer en ‘n nuwe denkstelsel aan te kweek, draai om Jesus as Saligmaker en die vryheid wat Hy as Saligmaker bied.
Dit is ‘n boeiende en helende boek wat ook werksmetodes vir alledaagse opknapping van jou lewenstyl en emosionele lewe gee soos dat indien jy ‘n instelling het dat oorvloed gedeel moet word, jy buitendien nie sal opgaar nie. Werk dus aan jou ingesteldheid op oorvloed!
Vir alledaagse geluk sal dit bydra as jy leer om nie uit te stel nie, laf kan wees en weet hoe belangrik dit is om mense behoorlik te groet met die aankoms- en die vertrekslag. Sy wye verwysingsveld oor populêre sielkunde, Afrikaanse digkuns sowel as erkende, geliefde skrywers van geestelike boeke, maak hierdie boek ‘n klein biblioteek van alledaagse en antieke wysheid. Michael Josephson, Totius, Audrey Blignault en Ralph Waldo Emerson word onder andere aangehaal.
Vir ‘n skrywer van ‘n geestelike boek toon Pienaar ‘n uitermatige respek vir statistiek. Ná die lees van die boek weet ek nou dat daar in ‘n vyftigjarige se lewe 26 281 302 minute is en dat die brein 90 biljoen senuselle het.
Sy hoofuitgangspunt is dat Jesus ons glimlaggend beskou en dat die lewe ten spyte van so ‘n drastiese ingryping soos in sy eie lewe, nie ‘n somber affêre is nie. Hierdie standpunt illustreer hy goed in verhale en anekdotes soos oor die voorbereidingsdiens vir die Nagmaal. Swaarkry, bevestig hy, is nie ‘n straf nie.
Sy uiteindelike gevolgtrekking is: om sinvol te leef, verg toewyding, harde werk en doelbewuste keuses. Sterk aan te bevele.
Image may be NSFW. Clik here to view. Immer wes Irma Joubert LAPA Uitgewers ISBN: 9780799376968
Immer wes, die jongste boek van Irma Joubert, bied nie net ’n blik op die lewe van Hildegard von Plötzke, ’n vrou uit die Oos-Pruisiese adel wat as dogtertjie saam met haar ouers voor die Bolsjewiste uit Rusland vlug, nie, maar ook van die vernietigende uitwerking van oorlog.
Joubert het haarself reeds as skrywer van veral geskiedkundige verhale bewys. Immer wes is haar tiende boek en die eerste van drie oorlogverhale wat die lyding van kinders en vroue as tema het. Joubert skryf toeganklik en met patos oor die wreedhede van oorlog.
Immer wes vertel die verhaal van die vrouekarakter Hildegard von Plötzke vanaf 1905 tot en met 1956. Saam met Hildegard se verhaal, vertel Joubert deur Hildegard se oë ook van die verskillende oorloë wat sy beleef en die vernietigende uitwerking daarvan – nie net op Hildegard self nie, maar ook op haar geliefdes en die gemeenskap. Die oorlogstema is dié samebindende motief in die roman. Eers vlug Hildegard en haar ma en pa as Oos-Pruisiese adellikes vanuit Rusland na Köningsberg in Oos-Pruise. Die vertellersperspektief in hierdie gedeelte wys op die naïewe blik van ’n jong dogtertjie: "Hoe lyk die Bolsjewiste? Maar die skielike prentjie in haar kop van wrede, harige monstermense met bolwange en lang arms en skerp messe waarmee hulle Duitsers jaag, maak haar so bang dat sy dadelik aan iets anders begin dink." Selfs as adellike en bevoorregte kind, is sy tog bewus van die uitwerking van oorloë: "Ek hou niks van die woord ‘slagting’ nie. Dis soos ‘slag’ of ‘slagveld’, dit klink bloederig." en "Oorlogstories is bangmaakstories". Daarna in 1914 breek die Eerste Wêreldoorlog uit en Hildegard leer werklik die wreedhede van die oorlog ken toe sy in die hospitaal as vrywilliger gaan werk: "Maar die treinvrag gewondes wat twee weke later inkom, maak van die Somme ’n plek van slagting, al sien sy net die resultate."; "Die nag spook dit by haar. Dis tog nie die moeite werd nie? Waarom dan hou dit aan en aan?" en "Dis asof die hospitaal in hierdie dae al hoe dieper in die skadu van die dood beweeg".
Die Tweede Wêreldoorlog bring verdere hartseer vir Hildegard en toe die Tweede Wêreldoorlog eindig, ken sy die pyn en verlies, die hongerte en armoede, en die vrees wat oorlog bring: "Vroegoggend durf sy weer die pad stad toe aan, die kos is gedaan. Sy stap minder flink, haar lyf is moeg. In die gietende reën stap sy saam met ander vroue, stil, vormlose gedaantes in swaar jasse wat te midde van alles probeer oorleef."
En: "Dit is vernederende mense, verhonger, verswak, verward, mense sonder hoop." Die verhaal eindig waar sy in Duitswes-Afrika (Namibië) weer sonder heenkome opeindig. Joubert gee ’n chronologiese verslag van die oorloë en soos tipies Joubert is die geskiedkundige feite dig in die verhaal verweef. Die roman word ’n geskiedenisles in die kleine en dit is miskien een punt van kritiek teen die boek: dat die storie van Hildegard plek-plek in al die geskiedkundige feite verdwyn.
Dit is ’n verhaal wat ook handel oor verhoudinge – veral die ouer-kind-verhouding en die huweliksverhouding. As jong meisietjie het sy ’n kinderlike verering vir Gustav, wat by sy oupa en ouma bly: "Miskien, net miskien sal sy eendag met Gustav trou." Na die Eerste Wêreldoorlog trou sy met Herr Dokter, meer om uitkoms aan haar pa te gee. Die huwelik bring min vreugde vir Hildegard, behalwe haar kinders. Ons leer haar ken as dogtertjie met ’n liefdelose ma wat haar troos by Nanny vind: "Nanny is die liefste mens in die hele, hele wêreld." As ma wil sy nie wees soos haar ma nie, maar word tog gedwing om so op te tree: "Aan die een kant is sy bly die Kindermächen is daar, want van kinders en veral babas weet sy niks. Maar aan die ander kant verlang sy om die babalyfie teen haar hart vas te druk." En: "Al wat sy wou gehad het, was om vir haar kind ’n nanny te gee soos wat gehad het."
Immer wes handel verder oor die tema van ’n reis en ’n soeke, soos in die titel voorspel word: Hildegard is gedurig op reis (vlug?) weswaarts uit Rusland na Oos-Pruise na Berlyn om uiteindelik in Duitswes-Afrika te eindig: "My stories met gelukkige eindes het voor die Groot Oorlog al opgedroog." En dis hier waar sy weer vir Gustav raakloop en waar haar reistog tot ’n einde kom: "Ek het hier kom vrede vind."
Enkele ander punte van kritiek kan ook teen die roman genoem word, soos die "mooi" slot en "gelukkige einde" wat tipies in romantiese verhale voorkom - en die enkele geforseerdhede in die taal, soos die geykte "en saam met hom in sy wye en droë land gaan woon", terug in die kombuis druk sy haar bewende hande teen haar yskoue wange", "en sy bid vir die soveelste keer dat sy tog maar nie geweeg en te lig bevind sal word nie".
Ten spyte hiervan is Immer wes ’n roman wat mens maar kan lees, want dit verwoord nie net die verhaal van ’n vrou in oorloggeteisterde omstandighede nie, maar verwoord veral die verhaal van hoop en ’n toekoms uit oorlog uit.
Titel: Icons Subtitel: Imaging the Unseen - On Beauty and Healing of Life, Body and Soul Skrywer: Daniël Louw Uitgewer: African Sun Media ISBN: 1920689125
Daniël Louw se nuutste boek handel oor ikone en heet Icons. Imaging the Unseen. On beauty and healing of life, body and soul. (Stellenbosch: African Sun Media, 2014). Louw is ‘n deurwinterde en ervare teoloog, ‘n bekende skrywer en ‘n gerekende spesialis op sy terrein van die praktiese teologie.
Tog is die boek tekenend van ‘n ander boeiende nie-teologiese kant van sy loopbaan en lewe. Dit is ‘n boek wat om meer as een rede aandag trek: Louw skryf hierdie boek vanuit spiritualiteit as ‘n groeiende belangstellingsveld, maar hy doen dit ook aan die hand van die tema van ikone.
Image may be NSFW. Clik here to view.Dit is opmerklik - want ikone was nooit juis ‘n bekende of selfs gewilde onderwerp vir Afrikaanse gelowiges en vir Protestante nie. Trouens, ikone was vir die grootste deel van die Protestantse geskiedenis dikwels verdag. Daarom was dit ook opvallend toe John de Gruchy, ‘n ander bekende Protestantse (en gereformeerde) teoloog in ons land, ook ‘n boek oor dieselfde tema - Icons as a Means of Grace (Lux Verbi, 2011) - geskryf het. En ewe opmerklik was hoe ‘n jong teoloog-digter, Kobus van der Riet, onlangs sy debuutdigbundel met pragtige kontemporêre ikone verbind het.
Louw se boek wys op ‘n totaal nuwe waardering vir ikone. Dit toon verder hoe Protestante se geestelike visie aan die verbreed is, want die geskiedenis van onkunde of selfs afkeer in ikone as "beelde-afgodery" in hierdie tradisie is besig om inderdaad tot ‘n einde te kom.
Daarom tel ‘n mens die boek met meer as gewone belangstelling op: hoekom begewe ‘n gereformeerde teoloog hom op die terreine van ikone en wat skryf hy daaroor? Ikone is immers ‘n hoogs gesofistikeerde onderwerp wat vra dat ‘n mens deeglik moet kennis neem van eeue se tradisies en interpretasiegeskiedenis. Dit is ‘n dapper persoon wat hierdie onderwerp aanpak.
Image may be NSFW. Clik here to view.
Triniteitsikoon (prent: wikipedia)
‘n Mens kan verstaan dat iemand soos Louw met sy aanvoeling vir die estetiese, hierdie boek skryf. Daar is beroemde ikone wat dadelik met kykers resoneer. ‘n Bekende voorbeeld is die onvergelykbare triniteitsikoon van die groot Russies-Ortodokse meester, Rublev (oor wie Tarkovsky ‘n aangrypende en mistieke film met die naam Andrei Rublev gemaak het wat deur sommige as die grootste film van alle tye beskou word). Louw bespreek hierdie ikoon op ‘n paar plekke in sy boek. In ‘n Suid-Afrikaanse konteks het Reimer oor Rublev en die triniteitsikoon ‘n boeiende artikel geskryf, terwyl die Switserse skrywer en Benediktynse priester, Gabriel Bunge, in 2007 ‘n wonderbaarlik-interessante boek daaroor vanuit die interpretasiegeskiedenis geskryf het (The Rublev Trinity; Crestwood, New York, St Vladimir’s Seminary Press). Vele ander ikone het op die manier aandag gekry.
Maar ikone resoneer nie altyd so onmiddellik nie. Louw vra daarom pertinent die vraag: wie wil nou, wanneer moderne mense die allermooiste visuele ervaringe op die internet kan opdiep, ‘n boek skryf oor werke wat ‘n mens aan muwwerige kloosters en afgeleefde askete sou kon laat dink (bl 17) – en boonop in ‘n tyd dat groot maatskaplike en sosiale tema’s eerder bespreek behoort te word?
Sy antwoord in hierdie boek kom met ‘n ompad, maar is heel konkreet: hy het gesien hoe mense in ‘n afgeleë Afrika-stat met uitbundige verwondering vir die eerste keer water uit ‘n tenk as ‘n gawe van God kon tap. Hierdie wonderskone ervaring het hom met nuwe oë na die waterkrane tuis laat kyk as ‘n sakrament van goddelike voorsiening. Deur ‘n gewone, alledaagse voorwerp kan ‘n mens se oë oopgaan vir ‘n dieper waarheid en jou lewe vir altyd omkeer. ‘n Watertenk word ‘n ikoon wat ‘n mens in die teenwoordigheid van die Ander bring.
Hierdie belangrike beeld van Louw illustreer twee kernwaarhede. Die eerste een is dat ikone nie bloot net op sigwaarde bekyk kan word nie, maar ervaar moet word vir die geestelike dinamika wat daarin broei. Tweedens brei Louw die begrip "ikoon" op ‘n deurslaggewende manier uit om te beskryf hoe ‘n mens deur konkrete eenvoud in ‘n geestelike reis ingetrek kan word.
"Ikoon" beteken dus vir Louw veel meer as net ‘n kunsobjek of ‘n godsdienstige, visuele voorwerp uit die Christelike ortodokse tradisie. Dit handel baie breër oor bepaalde lewenskyk - ‘n gesig op die dieper, groter en belangriker dinge wat ‘n mens in alles om jou sou kon raaksien. Daarom gee Louw "Imaging the Unseen" aan as subtitel aan sy werk. Hoe word die onsienlike in en deur die sienlike ver-beeld?
Vandaar dat hierdie boek ‘n magdom van illustrasies en voorbeelde het.
Dit klink abstrak en kloosteragtig. Maar in werklikheid is sy benadering ‘n teken van presies dit wat ‘n magdom van mense in ons tyd in alledaagse omgang en gejaag begeer: die behoefte om verby die oppervlak en die oppervlakkige, verby die sigbare, maar ook in die eenvoud en eenvoudige, die gewone dinge van die lewe, dieper te kan sien en beleef. Uiteindelik gaan dit om die groot vraag na lewensvervulling en –vreugde: wat is die diepere wat die lewe uitmaak en wat lewe gee? En verder: Hoe word die dag se geraas tot musiek in die ore? Hoe kan ‘n mens by ander uitvind wat ikonies is?
Louw is iemand wat wel sinvol oor ikone kan praat. Hy ken boonop die kunswêreld goed. Hy skryf egter nie maar net as geestelike met ‘n by-belangstelling in kunswaardering nie. Hy ken kunsteorie, maar skryf boonop daaroor op ‘n reflekterende, konseptuele wyse.
In die proses sprei hy sy vlerke wyd. Sy boek is ‘n ryke spel van insigte uit vele vakgebiede (bv die tegnologie, kwantum-fisika) en van vele mense (bv Plato, Thomas Aquinas, Shakespeare, Nietzsche, Hammerskjöld, Dali, Sartre, Cox, Caputo en vele ander), maar dit is veel meer as net ‘n akademiese oefening. Hy staan met albei sy voete stewig in die praktyk en soek gedurig, eg-spiritueel, na die verskil wat sy teoretiese insigte maak. Daarmee kom transformasie as ‘n kernwoord uit die spiritualiteit in sy werk tot sy reg.
Op boeiende wyse word die geestelike verbind met die gewone alledaagse tegnologiese wêreld waarin ons ons bevind: Steve Jobs, skryf hy byvoorbeeld op bladsy 5, is bekend dat hy sy rekenaars ontwerp het sodat hulle voorbeelde van skoonheid word. Die dikwels dorre, saai wêreld van masjiene en blikbreine word deur Jobs bewustelik gemaak tot ‘n ruimte waarin die estetiese ‘n hoë premie geniet. Jobs, skryf Louw, word dus ‘n voorbeeld van die krag van ver-beelding: in hom herken ‘n mens homo aestheticus – die mens as skepper van skoonheid, die mens wat dieper delf en worstel met die ideaal van skoonheid. Op die manier word ‘n rekenaar, ‘n muis en ‘n sleutelbord, daaglikse gebruiksinstrumente, ikone.
Wat Jobs doen is al eeue met ons. Louw skryf oor Japannese tuine wat heel bewustelik met bepaalde tegnieke uitgelê word. Die tegnieke word gedra deur ‘n kontemplatiewe instelling: ‘n tuin is ‘n ruimte wat ‘n mens te staan bring voor die transendente, wat méér en dieper kyk as die voorhandene, die sigbare, die alledaagse, die empiriese en die blindelingse sleurgang van die lewe. In so ‘n tuin waar die kontemplatiewe beleef word, is daar skoonheid, geluk, tevredenheid en eenvoud (6-7).
Hierdie voorbeelde gebruik Louw om te wys dat selfs en veral in die konteks van die onvolmaakte, ‘n ikoniese leefstyl nodig en moontlik is: so ‘n leefstyl volg waar ‘n mens die oneindige op ‘n skeppende manier met ‘n digterlike oog soek, raaksien en uitbeeld. Die lewe in al sy eindigheid kan verbygesteek en verbygedink word om by sin uit te kom. Ten spyte van, maar, paradoksaal, ook weens lewensverveeldheid, of danksy ‘n knaende gevoel van durende betekenisloosheid, van wanhoop, van die sluipende teenwoordigheid van die dood is daar wel plek vir ‘n ikoniese leefstyl. Louw se nugtere nadenke oor die belewing van betekenis te midde van ‘n betekenis-verduisterde wêreld, word byvoorbeeld met vier boeiende vyf aangrypende voorbeelde uitgespel en verduidelik (bll.14-15). Die meditatiewe skrywer staan op hierdie bladsye met albei voete stewig op vaste grond.
Louw kan uiteindelik om ‘n ander rede met goeie reg oor ikone skryf. Hy is immers self ook bekend as ‘n skeppende kunstenaar wat konseptualiserend skilder (sien bv sy eie skildery met die bespreking daarvan op bl11, maar die boek bevat heelwat illustrasies van sy werke). Ook hier is sy dieper dink opvallend, omdat dit steeds weer berekend ingestel is op die konkrete en omvormende. Kuns, soos blyk uit hierdie boek, verryk, omvorm en verdiep beide hulle wat kuns skep én hulle wat dit ervaar. Die transformatiewe krag van kuns het konkrete, voelbare en sigbare gevolge.
Die boek se bydrae is ten slotte ook te vind in die wyse waarop godsdiens en estetika daarin met mekaar vervleg word. Teenoor ‘n oppervlakkige en sentimentele godsdiens wat op goedkoop effek en mooi-doenerigheid ingestel is, word in die werk in gesprek getree met die groot denkers oor die geestelike impak en aard van skoonheid. Die estetiese word met sentrale lewenservaringe verbind wanneer die boek uitwys hoe die estetiese juis vanuit ‘n bewussyn van eie sterflikheid en die onvermydelikheid van die dood sterker waardeer en ervaar word. In die verbintenis van die estetiese en die aaklige, word lewensbetekenis ontdek: dit gebeur wanneer mense hul ervaring bewustelik bekyk en dan deur inbeelding omvorm en herbeleef.
Terselfdertyd wys die boek daarop hoe kreatief en nuut die proses van ver-beelding kan wees. Soms gebeur ver-beelding ten spyte van of selfs teenoor kerklike tradisies. Of nog meer aangrypend is sy radikale opmerking: in vele opsigte kan kerklike tradisies die bose versinnebeeld eerder as besweer. Wanneer ‘n mens die werklikheid op ‘n nuwe wyse ervaar en inbeeld, gebeur dit dan ondanks en ten koste van verslete godsdienstige dogmas en godsdienstige magsgrepe (15).
En selfs nog sterker is sy kritiese gesprek met die teologie: die herontdekking van die estetiese en ‘n ikoniese leefinstelling, lei tot ‘n nuwe ervaring van wie God is, anders as die verslete opvatting wat God in die verlede byvoorbeeld as magtig, wraakgierig, en straffend uitbeeld. So ‘n ikoniese visie bring hoop vir en uitbundige viering van die lewe en die skepping as goed, mooi en heilig.
Hy is duidelik ook hoogs onvergenoegd met ortodokse teoloë se ernstige beheptheid met sonde, skuld en bekering en hul obsessiewe verdediging van die regte leer. Vir hom moet die teologie, ook in die oorname en omhelsing van die estetiese, eerder fokus op viering van lewe in sy volheid en van goddelike vreugde wat daarmee verbind kan word (39).
Louw se boek bring ‘n deurslaggewende tema in die godsdienstige diskoers na vore. Te lank het die (Protestantse) teologie gevoed op ‘n honger-dieet van intellektualiteit en rasionaliteit. So ‘n erflating, gevorm deur die onbehoorlike invloed van die Verligting en die vloek van die ortodoksie, het te lank geslagte van gelowige mense verarm en godsdienstige ervaring tot niet gemaak. Uiteindelik is daar die hoop dat die estetiese wat in ons tyd oorvloediglik die openbare diskoers vorm en stuur, deur sy werk weer as sentrale tema van die (Protestantse) teologie tot sy reg kom.
‘n Lang lys van voorbeelde wys hoeveel werke en denkers hulle wel met die ikoniese karakter van die estetiese besig gehou het en hoe nodig dit is om in Protestantse godsdienstige kringe daaroor na te dink. Dink maar net byvoorbeeld aan Sheila Cussons se mistieke digkuns, geskryf oor die diepsinnge aard van die mees konkrete, alledaagse dinge, en dit boonop in Afrikaans toe min Afrikaanse teoloë geweet het wat die mistiek was. Kobus van der Riet se sonnette, gedig in aansluiting by Cussons en geïllustreer met unieke ikone, het reeds twee jaar gelede hierdie tendens nog verder ontwikkel.
Hoe sterk kom ook die ikoniese en godsdiens na vore in die tydlose werke van Velasquez, in Salvador Dali se vreemd-mistieke fase, in Kandinsky en in die geniale Chagall (met sy onvergeetlike vensters in die Protestantse katedraal in die Fraumunster in Zürich – een van my geliefde pelgrimsoorde).
Image may be NSFW. Clik here to view.
Snit uit Chagall se werk in die Fraumunster in Zürich (foto: www.zuerich.com)
Moderne Nederlandse en Duitse argitektuur het godsdiens en estetika op ‘n konkrete manier gekonseptualiseer en uitgedruk.
Die ongewone ontwerp vir die St Wuensdorf kerk in Berlyn wil die gebou met die omgewing laat saamsmelt en veral ‘n gebedsatmosfeer skep. Dit is argitektuur wat op ‘n ingrypende manier met die estetiese omgaan (sien verder hierdie artikel).
Hierdie opwindende boek bied aan ons ten einde laaste nou ‘n Suid-Afrikaanse bydrae tot die deurslaggewende rol wat die estetiese kan speel in geloofsvorming, teologie en godsdiens. Die hemel weet, tydiger kon hierdie werk nie op die toneel verskyn het nie. Daar is veel om in te haal en nog veel meer om te leer.
Image may be NSFW. Clik here to view.Titel: Die verdwyning van Billy Katz Skrywer: Chris Karsten Uitgewer: Human & Rousseau ISBN: 9780798171076
Chris Karsten het hom met sy Abel-trilogie gevestig as behorende tot 'n kleinerige topgroepie Afrikaanse spaningsverhaalskrywers. Met Die Verdwyning van Billy Katz bou hy voort op hierdie reputasie.
Sy voorkeur vir die makabere kom in Billy Katz weer na vore, hierdie keer met die raaisel oor vier voete wat in 'n plastieksak in Johannesburg se botaniese tuin gevind word. Die speurder Ella Neser het – twee Karsten-boeke later - ook genoegsaam herstel van haar onderonsies met Abel, hoewel sy die letsels nog letterlik en figuurlik dra.
Karsten het vir homself ruimte vir ekstra intrige geskep deur die storie twee dekades uit mekaar te laat afspeel en hulle dan saam te weef. Daar is die verdwyning van die rykmanseun Billy Katz in 1994, wat vervleg word met die ontdekking van vier voete in 'n plastieksak twintig jaar later. Ella is die een wat die punte bymekaar moet bring en in die proses kry sy hulp van Lou Pepler, wat betrokke was by die onopgeloste moord op Katz.
Soos met Neser, is daar ook baie vleis aan Pepler se karakter: 'n Hardekwas eksspeurder wat by tye nog bossies is oor sy wedervaringe in die Bosoorlog en homself onder beheer hou met towersampioene wat hy self kweek, tee en beetsap. Die ander hoofkarakters is Mona Pottas, haar twee dogters en haar aangenome seun Rakker, wie se tong uitgesny is en gedurig 'n waslap byderhand het vir sy kwyl.
Hulle bedryf openlik 'n begrafnisonderneming, maar om hul vroeëre blootstelling aan die uiterste geweld wat hulle moes deurmaak te wreek is hulle ook handig met die verwydering van liggaamsdele wat op aanvraag aan 'n wagtende mark se sangomas verskaf word. Harte word uitgeslag en ledemate afgesaag en om die makabere handelinge te kroon word dit vasgelê op tuisflieks waarin hulle self optree(!). Ella moet nou uitvind hoe hierdie hele legkaart inmekaar pas en of en hoe die afgekapte voete van twintig jaar tevore deel daarvan uitmaak.
Karsten het geen probleem met die skep van oorspronklike karakters en storielyne nie, want daar is ook nog die sakkeroller Attie Kieser, wat die voetevonds per ongeluk maak. Op die ou end word die hele spul met 'n skelm motorhandelaar en smokkelaars saamgeroer in 'n meesleurende spanningsverhaal vir die fynproewer.
Die redes vir Katz se verdwyning word gaandeweg ontrafel en daar is ook genoeg skiet, skop en boomklim, met Lou Pepler aan die ontvangkant. Ella slaag daarin om hom by die saak te betrek en hy vind in haar ook 'n simpatieke verpleegster in 'n verhouding wat dalk vorentoe kan blom.
Oor sy werk sê die verteller: "Karakters dryf my stories, nie gebeure nie. Ek hou veral van karakters wat bietjie afwyk van die geykte vorm en wat gedryf en gemotiveer word deur ou spoke wat soms vir hulle bekend lyk, soms onbekend." En dit werk!
Karsten is 'n uitstekende navorser wat allerlei interessanthede opdiep, hoewel hy soms te diep in sy eie navorsing verval en die pas vertraag, in welke geval jy die keuse het om te spoedlees. In Billy Katz word sonder te veel omhaal gemeld dat 'n Chileense stam die geheim van die preservering van ledemate ontrafel het 2 000 jaar voor dit in Egipte toegepas is.
So word die minderbekende feite oor Unita se plundering van Angola se renosters en olifante in die Bosoorlog en die rol van hoë SAW-figure ook by die verhaal ingesleep. En voordat dit as net nog "Boere-bashing" afgemaak word: Dit is onder meer geboekstaaf deur 'n man soos Jan Breytenbach in sy boek The Plunderers en 'n paar ander dokumente.
Afrikaanse spanningsverhale beleef 'n nuwe bloeityd wat ingelui is deur skrywers soos François Bloemhof, Chanette Paul, Piet Steyn, Peet Venter en 'n paar ander, terwyl Deon Meyer ook al verskeie oorsese pryse gewen het en Karsten dalk tans die toon aangee.
Soeke na 'n kultusfiguur
Maar ons soek nog na 'n Afrikaanse skrywer wie se speurder – man of vrou - 'n kultusfiguur word. Bloemhof het die eerste vrouespeurder (Alma van die Pool) in sy Rooi Luiperd-reeks geskep. Daarna het Meyer se Bennie Griesel en Karsten se Ella Neser gevolg, en toe Madelein Rust se baie belowende Renata Malan in Monstersaad (met 'n opvolg op pad).
In Afrikaans het ons egter nog nie 'n kultuskarakter in naastenby deselfde mate as wat geld vir speurders soos Harry Hole (Jo Nesbo), Van Veeteren (Håkan Nesser), Jack Reecher (Lee Child) en hoofspeurder Wexford (Ruth Rendell) nie.
Hul karakters is so uniek en deeglik ingeklee dat hulle net so bemarkbaar as die skrywers is en hulle seker minstens die helfte van die rede is waarom lesers hul boeke optel.
Baie van hul stories is dan ook suksesvol verfilm, hoewel 'n mens verstom staan oor die keuse van Tom Cruise om die skoene van die groot en sterk Reecher vol te staan.
Ons uitgewers voel skynbaar dat die leserspubliek nie "gesofistikeerd" genoeg is om by 'n vrou aanklank te vind nie en daarom word hulle amper as byspelers of dan medehoofspelers in hul eie stories gegiet. Feit is hulle hoef nie spiertiertjies te wees as hulle oor 'n sterk persoonlikheid beskik en die intuïsie, insigte en ontledingsvermoë van 'n manspeurder het nie.
Vir meer inligting oor die plundering van wild in die Bosoorlog, lees ook hierdie artikel.
Image may be NSFW. Clik here to view.Kamee Roela Hattingh Human & Rousseau ISBN: 9780798169172
I
Met Kamee – wat reeds in April 2015 verskyn het – maak Roela Hattingh ’n besonder belowende debuut as kortverhaalskrywer. Soos wat dit ook met Nicole Jaekel-Strauss se Maal die geval was, lewer Hattingh se debuutbundel bewys daarvan dat die Afrikaanse kortverhaal, wat kwaliteit betref, lewenskragtig en kerngesond is. Ofskoon die verhale in Kamee heelwat korter is as dié in byvoorbeeld Marlene van Niekerk se Die sneeuslaper, SJ (Fanie) Naudé se Alfabet van die voëls en Rachelle Greeff se Die naaimasjien en ander stories, is hulle op hul beste net so treffend soos die verhale in hierdie bundels. Meeste is inderdaad "kamees" in dié opsig dat hulle "kort letterkundige of dramatiese stukkies is wat die karakter van ’n persoon, ’n plek of ’n gebeurtenis in fyn en skerp reliëf bring".
Maar ook ander betekenisse van die woord "kamee" word in en deur die verhale in dié bundel geaktiveer. As estetiese objek verwys "kamee" na ’n juweliersartikel, tradisioneel ’n vroueprofiel wat op ’n ovaalvormige siersteen gegraveer word sodat die agtergrond ’n ander (dikwels donkerder) kleur as die verhoofde beeld het. Maar "kamee" kan ook verwys na ’n toneel of vertolking wat tref deur die fynheid, kleinheid of harmonieuse afgerondheid daarvan.
In die titelverhaal "Kamee" word die verskillende betekenisse van die woord "kamee" op vernuftige wyse saamgetrek. Die vertellerkarakter onthou byvoorbeeld dat haar tannie Margaret ’n baie ou kamee in ’n houertjie agter in een van haar laaie weggesteek het. Hoewel sy die kamee nooit self gesien het nie, verbeel sy haar dat die kamee "een van die tipies ovaalvormige kornalynkamees (was) wat ’n vroueprofiel uitbeeld. Wit op oranjepienk. Een van daai wat mens óf as ’n borsspeld óf as hangertjie kan dra." (45) Tannie Margaret sterf egter aan kanker voor sy die storie van die kamee aan die verteller kan vertel.
[D]ie storie van die kamee het, soos die kamee en die stiefouma, verdwyn. (45)
Wanneer die verteller se ma (ook aan kanker) sterf en sy self ’n operasie moet ondergaan, besluit sy om ’n kamee van haar ma te laat maak as ’n tipe amulet teen verlies, verdriet en vergetelheid:
Ek moet by ’n kameemaker uitkom. Dringend. Ek moet nuwe begrippe en materiaal en "implemente" kry om die woorde van vreemde herkoms wat deesdae so glad op my tong kom lê, te vervang.
Ek wil die krag van my ma laat kerf, ’n kamee vir haar kap, die grein van klip toelaat om haar lig vas te vang. Ek moet dinge in ivoor of skulp of glas wegwerk met bedoeling. Nie toelaat dat weefsel van ’n gewas as gevolg van onbeheerste groei ’n nuwe mutasie ondergaan nie.
Ek wil stukkie vir stukkie die agtergrond wegkrap. Nie spore laat vir metastase nie. (...)
Dis te laat vir my ma om ’n verskyning in ’n film of drama te maak; sy kan moontlik nog vasgevang word in ’n kort letterkundige bydrae ... maar dis alles tersyde. Ek moet ’n kamee van my ma agter in my laai wegsteek voor dit vir my te laat is. (46)
Uiteindelik slaag die verteller daarin om haar ma se gesig nie net letterlik op ’n kamee te verewig nie ["My ma in bruin en wit en oranje met ’n titseltjie donkergroen. Twee gesigte van haar in profiel. Die agterste een as jong meisie met hare wat wild waai, voor kaalkop, ’n Bhoeddistiese non." (52)], maar ook om haar in ’n tipe kameerol vas te vang in die kortverhaal "Kamee" wat sy skryf.
II
Kamee bevat 23 kortverhale waarvan 6 as kortkortverhale getipeer kan word. 19 van dié verhale het oorspronklik deel gevorm van ’n bundel wat Hattingh in 2013 saam met ’n mini-verhandeling oor skuld en vergifnis in 30 nagte in Amsterdam (Etienne van Heerden) vir haar magistergraad in Kreatiewe Skryfkuns onder leiding van Henning Pieterse (UP) ingehandig het. ’n Twintigste verhaal – "Om vredeswil" – is uiteindelik nie in Kamee opgeneem nie, moontlik vanweë die lengte daarvan, maar kan wel hier gelees word.
Die eenvoudige, maar visueel treffende, omslag dien as rigtingwyser vir die uiteenlopende verhaal-"teksture", -"patrone" en -"elemente" waarop ’n leser bedag moet wees wanneer hy/sy hierdie bundel aanpak. Simbolies gesien, is daar van alles en nog wat in Kamee te vind: van bloed(plaatjies), tot bedrukte tekstiel/papier, tot spesery/verfpigment. ’n Visuele leidraad dat die leser hom/haar met groot vrug sensories kan oopstel vir die verhale in die bundel.
III
Die beste verhale in die bundel is meestal daardie (effens langer) verhale waarin Hatting vanuit die perspektief van ’n bepaalde karakter self verslag doen. En al verteenwoordig die karakters in die bundel ’n bonte verskeidenheid wat afkoms en agtergrond betref, is hulle versugtinge, drome, kwellinge en begeertes algemeen-menslik en (dus) universeel.
Talle vrouekarakters in die bundel is slagoffers van disfunksionele verhoudings. Vanweë hul belemmerende omstandighede het hulle ’n dwingende behoefte aan ontvlugting. ’n Karakter soos die eens beskimmelde boervrou, Katrien, slaag in "So lief soos sout" byvoorbeeld daarin om letterlik te ontvlug en in die proses ook wraak op haar afknouende man, Bart, te neem. In "Swem" is die moslemvrou, Naseera, egter nié in staat om soos die vet vrou op die strand haar engomskrewe vroulike ruimte geografies te ontvlug nie. Sy bly almaardeur bewus van haar man se kolonialiserende, gebiedende blik:
Naseera draai om. Sy wil kyk of haar man en seun nog naby is. Sy sien hoe hy kyk. Na die vroue. Na die gladde bene wat so mooi saamgevoeg is by die plek waar sy hand sou kon inpas. Die broekies wys uit eerder as om toe te maak. Die oop naeltjies. Die vroue se onbedekte, los hare. Sy lag skelm. Voel hoe die lang vlegsel teen haar rug tot onder haar boude hang. Net vir haarself maak sy die vlegsel los. Nie vir haar man nie, nie eens vir God nie. (25)
Wanneer Naseera aan die einde van die verhaal haar hand bo by haar purdah insteek en haar dik vlegsel losmaak sodat "die hare om haar skouers onder haar purdah sprei" (26), word dit ’n simbool van daardie intieme ruimte waartoe sy geen man toegang gee nie; ’n ruimte waarin sy net so vry is soos vet vrou wat in die diepsee swem en "deur die water sweef, dans" (26):
Dit (haar hare) golf om haar borste, naeltjie, dit raak aan haar bene. Sy maak haar oë toe. Gaan die golwe tegemoet. (26)
IV
Hoewel vrouekarakters en -belewenisse die sentrale fokus in Kamee vorm, word die ervaringswêrelde van ’n hele galery manskarakters ook sekuur onder woorde gebring. In "Trousseau" is dit dié van die bobaas-bakkieverkoper Bert van Bastion Motors op Humansdorp; in "Voorspel" die verydelde planne van kontreiboer Kobus de Korte en in "Vrylopers" die laaste gedagtes van die eienaar van ’n hardewarewinkel in Westdene.
In "Land van die lotuseters" berou die viriele rentboy Lood Liebenberg - wie se "vlees en gees altyd gewillig [is], vir enige iets of iemand ... solank hy goed betaal word" (61) – uiteindelik sy aanvanklike besluit om nie van die "perlemoenpoeiertjies" by die ou man in die grys pak te koop nie. Wanneer Lood besef dat hy die gouelotusvoete van ’n bejaarde Taiwannese kliënt met sy hande moet was en met sy mond moet afdroog, verwoord hy sy ontnugtering (en gevolglike gebrek aan koerasie) soos volg:
Die walging stoot in hom op. Die tone is soos papgedrukte nartjiesegmente wat vrot. Hoe hy daaraan gaan suig, weet hy nie. Hy sal sy kop beslis vinnig op ’n ander plek moet kry. Lood dink aan die ou man in die klub. Hy sal hom môre gaan soek om te hoor waar om daai poeiertjies te kry. Net vir alternatiewe marknavorsing, natuurlik – ’n bietjie eksperimentele aktivering. (66)
Die vermaaklike "Boomplantdag" sluit by verhale soos "So lief soos sout" en "Take-away" aan in dié opsig dat die hoofkarakter wraak neem op iemand wat hom afknou en misbruik. In hierdie geval is dit die ondernemende skoolseun Kortgat Koekemoer wat die sadistiese krieketonderwyser, Knaterknol Ferreira, se spog-kolfblad saboteer. Dit sal die skeptiese leser waarskynlik nie loon om allerlei praktiese vrae oor die vérhaal te stel nie. Hoofsaak is: Kortgat se wraak is soet en vindingryk. Hoe hy egter genoeg plek in sy "moerse rugsak" (121) gevind het vir ’n huilboom en genoeg sporaxis-, ixia- en tritonia-bolle om uiteindelik die woord "knaterblad" so groot soos ’n hele kolfblad uit te spel, is nie so maklik uit te lê nie.
Myns insiens is "Rieme" en "Eintlik" twee van die aangrypendste kamees in die bundel: een handel oor die tuinier "Nog ’n chance" wat na ’n Damaskus-ervaring met ’n "tier" (luiperd) besluit om sy rug op bende-aktiwiteite en perlemoendiefstal te keer en ’n eerliker besigheid te begin; die ander een oor ’n jong man genaamd Eintlik wat in Johannesburg plastiek en papier met sy trollie na herwinningsaanlegte vervoer en allerlei stories teen vergoeding aan ’n skrywer vertel sodat hy uiteindelik die "wiele" kan kry om sy verlamde ma rond te karwei.
In laasgenoemde verhaal word daar op baie subtiele wyse verbande tussen die onderlinge verhale in die bundel gelê. Die "skrywersantie" aan wie Eintlik sy stories smous, herinner byvoorbeeld aan die hoofkarakters in "Congratulations. You’ve won! Do you want to start again?" en (die besonder treffende) "Werk", waarin daar op metatekstuele wyse oor die skryfproses besin word. En in die storie wat hy oor die "sangomagirl met die twaalf vingers en tone wat by die sjebien gesit het" (111) vertel, erken ’n mens duidelik die basiese gegewe van die inspirerende verhaal "Tambudzai (Swaarkry)".
V
Soos in Nicole Jaekel Strauss se Maal speel kos ’n belangrike rol in Kamee. In die openingsverhaal "Alibi" word die afloop van die huweliksverhouding tussen An en haar man vindingryk aan die hand van veral die slaai-gegewe uitgebeeld. As verliefde jong studente het hulle mengelslaai gemaak wat hulle sommer met hul vingers uit die bak geëet het. As ou-getroudes dring An se man ongeduldig daarop aan dat sy ’n uitpakslaai – met duidelike skeiding tussen die onderlinge bestanddele – vir sy nuwe, gesondheidsbewuste "vriende" voorberei:
"Moet asseblief nie die blare so met jou hande skeur en dan alles deurmekaar gooi nie. Hou dit heel, asseblief, en pak die slaaigoed op hierdie nuwe bord uit, tog net nie in daai bak van jou ou tannie Margaret nie. Dan kan almal opskep wat hulle wil eet en ons mors nie kos nie." (11)
Wanneer An haar aan die einde van die verhaal na ’n skokkende ontdekking saggies van die tafel verskoon en vir haar twee seuns sê: "Kom ons gaan koop KFC" (17), druk hierdie woorde véél meer as net ’n versugting na (ongesonder) kitskos uit. Dit druk ook haar bykans moedswillige verset uit teen alles waarin haar eens gelukkige huwelik sienderoë verander het.
In die tweede verhaal, "Gate uit", word die ontnugtering van die twee dogters wat huis toe stap nadat hulle gala geswem het, nié – soos wat ’n mens sou verwag – met ’n bitter of frank smaak in verband gebring nie, maar met die soet smaak van (verbeelde) sjokolade. Dit is ook eers wanneer hulle ou Bettie se soutgebraaide hoenderboutjies saam met krummelpap, botter en sheba eet, wat hulle uiteindelik tot bedaring kom.
Een van die sterkste verhale in Kamee is "Honger" – ’n verhaal wat afwisselend aangebied word uit die perspektief van die slagter, Dawid, en die tatoeërkunstenaar, Aymara. Die naalddunlyn tussen pyn en plesier, selfversiering en selfmutulasie (scarring), asook die inherente kompleksiteit van seksuele begeerte word op besonder veelseggende wyse aan die hand van die vleis-simboliek verken.
In die verhaal "Take-away" is die inrigting van hulle deeltitelkombuisie en die versigtige kosreëlings wat Roshni, ’n Hindoevrou, en Avi, haar Joodse lewensmaat, tref daarop gemik om die kultuurverskille tussen hulle liefdevol te oorbrug. Wanneer Roshni Avi egter saam met ’n ander vrou in die bed betrap, neem sy wraak deur die inhoud van die yskas drasties te herrangskik. ’n Mens sou heel letterlik kon beweer dat alles aan die einde van dié verhaal alles behalwe kosher is.
VI
’n Mens lei af dat Roela Hattingh uitgebreid navorsing moes doen vir die skryf van sommige van die verhale in die bundel – vanaf die uitstaande werksverrigting van ’n Amarok-bakkie in "Trousseau" tot by die tipe grassoorte wat vir die beste weiding sorg in "Voorspel" en die opwindende uitwerking van perlemoenpoeiertjies as seksuele stimulant in "Land van die lotuseters", om slegs enkele voorbeelde te noem. Hattingh slaag telkens daarin om dié navorsing op behendige en geloofwaardige deel van haar verhale te maak.
As skrywer beïndruk Hattingh veral met die wyse waarop sy uiteenlopende en oënskynlik onversoenbare dinge in die bestek van ’n paar bladsye op subtiele wyse met mekaar integreer. In slegs enkele gevalle kry ’n mens die indruk dat daar te doelbewus of te eksplisiet geïnterpreteer word, soos wanneer die kinderverteller in "Gate uit" opmerk "By die laaste troppie doringbome gaan die aarde oop en die dag val diep in ’n rysmiergat in" en bietjie later "Ons hardloop uit al ons stories, ensiklopedieë en kinderdrome uit" (20). Of wanneer die verteller, so as voorbereiding op die slot in "Vakansietog", dink:
Hoeveel keer het Theo nie voorspel dat hier nog ’n groot ongeluk gaan plaasvind nie. Kan die regering nie maar ’n brug bou vir die duisende mense wat hier woon nie? O ja, hierdie mense is plakkers, nie mense nie. Daar word net voor stemtyd aandag aan hulle gegee. (102)
In feitlik elkeen van die bykans tweedosyn verhale word die leser deur ’n onverwagse, meerduidige verhaalslot verras. Net in sommige gevalle – soos in byvoorbeeld "Tjoepstilte", "Weetlus" en "Vakansietog" – oorskadu die klinkende slot die (res) van die voorafgaande verhaal. Meestal dwing ’n slot die leser egter om ’n verhaal opnuut, en dan selfs met meer genot en insig, te gaan lees.
VII
Kamee is inderdaad ’n kortverhaaldebuut om oor opgewonde te raak.
Image may be NSFW. Clik here to view.In sneeu geskryf François Loots Umuzi, 2015 ISBN: 9781415207437
Brunswick, Bronx, Bar Code, Steamers. En dan Sizzler’s ...
Hoeveel van ons manne is nie rondom die jongste eeuwisseling na hierdie Kaapstadse seksplekke gedryf nie! Of ons kon ons verlustig in ouens se vertellings – alles eerstehandse ervarings.
François Loots gebruik die regte name vir dié plesieroorde. Hy stel dit aan die einde van die 372 bladsye dat hy Sizzler’s nie beskryf “presies soos die plek was nie”. Hy het "eerder gewerk met die beeld van ’n bordeel", soos hy dit in "dokumentêre werke, fiksie en rolprente teëgekom het". Kon ons nie maar bly glo het dis opwindend outentiek nie!
Sizzler’s sal voortbestaan in kliënte se herinneringe aan hulle seksuele uitlewings. Dis nou die pappies wat kon wegglip as die mammies na ‘n glam-guru toe is. Ook die "voltydse gays" wat beslis weet wat hulle wil hê; in die roman word hulle "suikeroutjies" genoem.
Die algemene publiek onthou ook hoe nege mans op 20 Januarie 2003 in dié masseersalon/bordeel vermoor is. Loots skep nie baie spanning met die moordgegewens op sigself nie. Dit gaan hier om die ervarings vóór die moord. ‘n Mens kan aflei uit die optredes van die personeel en die kliënte hoe geweld en selfs moord wel moontlik is. Op bladsy 275 is byvoorbeeld ‘n gelaaide kort opmerking: "Maar hoekom die gevoel van onrus? Wie was die drie mans wat hulle laas nag in ‘n ry laat staan het?" Vanaf bladsy 369 volg die besonder sterk klimakstoneel. Kliënt Bertus neem vir die sekswerker Heinrich alias Frikkie weg na ‘n plek waar niemand hulle "in die hande sal kry nie". So ontkom hulle aan die moord, maar juis hier in die afsondering word hulle wedersydse agterdog en vrees met geweld op die spits gedryf.
Loots laat die klem val op die werkers se menseverhoudings – hulle met die "veelbelowende" name, soos Black Stallion, Jay Gold en Cool Daddy. Hoe ervaar hulle die voortdurende seks liggaamlik en emosioneel? Hoe beïnvloed dit hulle selfbeeld? Hoe skakel hulle met hulle familie? Die kliënte se leefwyse word ook uitgebeeld. Op hierdie vlak kry die leser ‘n baie sterk oortuigende geskiedenis: Bertus se onvolmaakte verhouding met Gerald. Bertus is die boekhandelaar, kenner van die Russiese letterkunde, seksueel ‘n "beertjie" en iemand wat soms in sy kop net "elders" wil wees. Gerald het vanweë seks in die verhouding beland; hy is die materialis wat hom meer tuis voel by die "ryk mowwe" en dan vir Bertus belieg met die hulp van Bertus se vriende en hom finansieel wil uitroei. Bertus besluit: "(H)ierdie persoon se geaardheid is veels te vrysinnig, sy greep op enigiets veels te vlugtig, sy woorde betekenisloos" (131).
Loots maak hierdie realisme baie boeiend. Dit hang ook saam met helder natuurbeskrywings. Hy betrek ‘n verskeidenheid soorte gayseks en gebruik ‘n goeie versameling benaminge vir manne se geslagsdele. Die tril met ‘n slangbek; teelperd; pofadder; amandel; okkerneut; poena. "Voëls kom in allerhande groottes. Party lê duimpieklein in hul nessie en wil maar net gestreel word. Ander vlieg uit ‘n ritssluiter soos ‘n honger arend op soek na prooi."
Soos in sy vorige romans gaan Loots egter ook graag op in die onwerklike. Sal ons sê "die magiese realisme"? Die reklameteks beskryf dit as “anderkant die grense van ruimte en tyd”. In ‘n vooraf is tonele in ‘n Siberiese sneeulandskap in ‘n tyd van oorlog aan die begin van die 20ste eeu. Twee geestelikes, ‘n jonger en ‘n ouer man, gee hulle seksueel oor aan mekaar. Hoe kan God iets so moois veroordeel? ‘n Bakker se assistent hou egter ‘n bedreiging vir hulle in.
Hierdie teks word geweldig baie in die hoofteks gebruik. Personasies ervaar dit as drome en gesigte. Sneeu en koue word simbolies gelaai. ‘n Mens sou dit aanvaarbaarder gevind het as net Bertus met sy Russiese kennis dit so sou beleef het. Dié onwerklikhede word te veel gebruik; dit kom neer op oorbeklemtoning. Dit vertraag die intrige.
Die irreële duik ook kort-kort op wanneer die mooi vrou in die nag vir haar minnaars klavier speel en dan lê daar ‘n man op die sypaadjie en slaap. Of: Frikkie sien skielik ‘n vrou raak daar tussen al die naakte mans in die salon. ’n Toppunt is die uitbeelding van die geestelik versteurde kelner met sy beheptheid met verskillende skoene wat hom inspireer. Hy verdraai woorde. Dié tonele wen egter aan betekenis as mens in gedagte hou dat dié kelner met sy waansin ’n moordenaar kan wees; dat die moordenaars sulke mense kan wees.
Sekerlik sal sekere lesers hulle daarin verlustig om sin en betekenis uit hierdie stof te haal.
Twee probleme bemoeilik die lees. Gesprekke tussen meer as twee sprekers word weergegee sonder dat die leser weet wie wat wanneer sê. Die leser moet raai en bly maar onseker. Tweedens: paragrawe loop aaneen selfs wanneer daar meer as een oorgang van tyd en plek is.
Herhaling van ‘n belangrike woord op ‘n kort afstand word as nie te goeie styl beskou nie. Bertus se beskrywing as ‘n "beertjie" (‘n gayterm) word ongeveer 15 maal herhaal. Ook word kort-kort ‘n "klos bome" genoem. Vir al die betekenisse wat HAT vir "klos" gee, word verkleinwoorde gebruik. As die bome in die verte staan, sal dit klein lyk en kan "klos" dalk werk. Die bome is hier juis relatief naby en die karakters vlug daarheen.
Loots gebruik die anglisistiese "vir ’n oomblik". Hy vergeet verder dat ‘n oomblik geweldig vinnig verby is. Hoe lank is ’n "kort oomblik" dan (83)?
François Loots lewer met In sneeu geskryf weer ‘n belangrike roman – juis in ‘n tyd dat die gaydebat voortgesit word. Tog kon daar gerus nog redigering geskied het.