Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1801 articles
Browse latest View live

Boekresensie: Komplot deur André Krüger

$
0
0

komplot250

Titel: Komplot
Skrywer: André Krüger
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798169714

Komplot is Krüger se tweede historiese roman, hierdie keer met die Spaanse Burgeroorlog as agtergrond. Soos in sy bekroonde debuut, Die Twee Lewens van Dieter Ondracek, (met die Tweede Wêreldoorlog as agtergrond) is daar ook vir hierdie hoofkarakter, Thomas Jacobs, 'n tweede lewe.

Jacobs word groot in die tyd van die mynwerkers se gereelde opstande teen uitbuiting en dit maak van hom 'n anargis wat hom dan in 1938 midde-in die Spaanse Burgeroorlog bevind.

Hy word lid van die Anargiste, een van die baie verdeelde faksies wat hulle aan Republikeinse kant teen Franco se terreur verset, en maak kennis met die verraad, wantroue, verdeeldheid en wreedhede van 'n revolusionêre stryd. Masjiengeweervuur ("die duiwel se tikmasjien") word deel van sy lewe en hy word self 'n moordenaar.

Maar die ontnugtering kom staan gaandeweg 'n kort tree agter sy ideale en oortuigings as anargis. Hy het genoeg bloedvergieting gesien en self vergiet en hy is nie meer dieselfde mens as die idealis wat hy was nie. Dit word al duideliker dat geen oorwinning sonder eensgesindheid en leierskap (deur die kommuniste) moontlik is nie en sentrale leierskap druis in teen sy filosofie as anargis. Jacobs ontdek dat die werklikheid selfs die edelste ideaal kan versmoor en dat sy vertroue in die revolusie "aan die wingerdstok gevrot" het.

Na 'n ontberende vlug bevind hy hom terug in Suid-Afrika vir sy "tweede lewe" as 'n vreedsame en vooruitstrewende plaasboer wat verlief raak, trou en die pa van 'n dogter word. Dit gaan twintig jaar lank goed, maar die leser weet dat sy gewese kamerade hom uiteindelik gaan betrek by die moordpoging op Verwoerd.

My probleem met die boek se hooftema is dat die leser van die begin af weet dat die aanslag op Verwoerd se lewe (op 'n plaas in 1959) tot mislukking gedoem is. Dit ontneem die roman van 416 bladsye van die meeste spanning wat opgebou kan word – jy weet wat gaan gebeur en jy lees sonder gedrongenheid of spanning voort om uit te vind hóé en hóékom dit gebeur.

Spanning hoef natuurlik nie 'n groot bestanddeel van 'n historiese roman te wees nie, maar Komplot lees tog – ondanks sy interessante inhoud – soos 'n boek van Agatha Christie wat die titel The Butler Killed Him sou hê.

Een van die vertakkinge van die historiese roman is die fiktiewe "Sê nou maar"-kategorie, of wat ook as die distopiese roman geklassifiseer word, waarvan George Orwell se 1984 (in 1949 gepubliseer) een van die beste voorbeelde is. Distopiese romans – op sigself 'n wye begrip – lê die klem op die negatiewe omstandighede, ontgogeling, versplinterde ruimte en ellende wat op 'n fiktiewe of ware politieke gebeurtenis volg – die antitese van utopie.

Met sy bewese en bekroonde skryfvermoë, sy vaardigheid met deeglike navorsing en sy vlugtige verbeelding is dit dalk die soort boek wat Krüger vorentoe kan oorweeg.

'n Historiese roman – en hier moet 'n mens die skrywer bewonder vir sy navorsing oor en bydrae tot die kennis van 'n era waarvan die deursnee van ons so min weet – is natuurlik deels om fiksie gebou. Maar selfs fiksie moet darem min of meer oortuigend, getrou en geloofwaardig wees. Soos Mark Twain gesê het, fiksie moet nog altyd sin maak.

Selfs wetenskapfiksie moet oortuigend wees, soos in Jan Rabie se toekomsfantasie Die Groen Planeet (1961, oor die eerste aardse Marsbewoners). Die boek is nie louter fantasie nie, maar is op 'n geloofwaardige wyse gebaseer op daardie dae se wetenskaplike kennis oor Mars en oor die ruimtevaart. Rabie se boek oortuig, al moes hy soms voortbou waar die wetenskap nog slegs kon raai.

Geloofwaardige fiksie is ongelukkig juis een van Komplot se gebreke. 'n Mens byt maar moeilik aan die Sowjetunie se premier, Nikita Chroestsjof (die boek gebruik deurgaans die Engelse fonetisering Kruschev teenoor die gevestigde Afrikaanse vorm), se direkte, persoonlike en alleenbetrokkenheid by die komplot.

Die opdragte geskied in die grootste geheimhouding net van die Russiese staatshoof, wat seker baie betroubare huurlinge vir die beplanning van sulke klandestiene operasies gehad het?

Die blote vermoor van 'n staatshoof gee meestal ook maar weinig mag aan die moordenaars: om 'n land oor te neem, moet jy sy weermag verlam.

Net so ongeloofwaardig is die nagtoneel waarin 'n agent op 'n donker plek op Johannesburg se stasie gefusilleer word. Die moordenaar kan skaars die toevallige swart toeskouer se gelaatstrekke uitmaak. Hy laat ook die enigste, ongewapende getuie wegkom en die getuie slaag later daarin om die pistool in die fynste tegniese besonderhede te teken, al het hy net die wapen se loop op hom gerig gesien!

'n Klein foutjie wat gerus maar oorgesien kan word, is dat die reël oor die vervanging van beseerde rugbyspelers eers 'n dekade ná 1958 in werking getree het.

Die outeursaantekeninge bied die leser goeie bykomende inligting oor die Spaanse Burgeroorlog. Die lys van karakters – waarvan daar baie in die boek is – stel jou ook in staat om nuttige terugverwysings te doen.

The post Boekresensie: Komplot deur André Krüger appeared first on LitNet.


Boekresensie: Voetspore op die ewenaar deur Johan Badenhorst

$
0
0

voetspore250Titel: Voetspore op die ewenaar
Skrywer: Johan Badenhorst
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781485301325

Ek het nog altyd daarvan gedroom om deur die Kongo te reis. Die demokratiese deel van die Kongo. Daar is donker woude en water, min infrastruktuur en nog minder toeriste. Dit is ‘n uitdaging, want dit kan lewensgevaarlik wees.

My reis het effe van die Voetspore-span s’n verskil. Een laat Vrydagaand in die Ishasha-gedeelte van Uganda se Koningin Elizabeth Nasionale Park pak die Kongokoors my weer. Ek is saam met ‘n medegids en ‘n groep toeriste slegs een kilometer van die Kongo af. Die Ishasharivier is die skeiding. ‘n Paar plathonde en ‘n trop seekoeie bewaak die rivier. Aan die ander kant is dit donker en vol rebelle. Duskant lag die hiënas en die leeus brul. ‘n Gewapende wag sit en slaap langs sy vuurtjie. Die toeriste slaap ook. Om ‘n lang storie kort te knip, ons twee is deur die lang gras en oor ‘n boomstomp na die ander kant van die rivier, waar ons twee minute lank op die nat grond van die Kongo gesit het.

Die Kongo staan duidelik uit op ’n kaart van Afrika – die groot groen deel met baie water en min paaie. Die hart van Donker Afrika. Die plek van stories en nagmerries. Kingsley Holgate is juis nou op pad soontoe. Dit lok mens. Maar Johan Badenhorst se Voetspore-span was al daar. Hulle is dwarsdeur die Kongo. En hulle het dagboek gehou van hulle agtste Afrika-ekspedisie: Voetspore op die ewenaar.

Die span het hierdie keer van Lamu aan die ooskus van Afrika in Kenia al die pad tot in Muanda aan die weskus in die Demokratiese Republiek van Kongo (DRK) gereis. Die poging was om al langs die ewenaar te vorder, maar dis ’n moeilike taak. Die DRK het slegs ’n deel van die roete uitgemaak. Hul tog was deur drie van die ses lande waardeur die ewenaar loop – die ander twee lande is Kenia en Uganda. Somalië was ’n te groot risiko, Gaboen het later heeltemal uit die prentjie verdwyn en daar was nie tyd om in die Republiek van die Kongo te kom nie. Van Lamu is hulle met die kus na Mombasa, van hier na Nairobi via Tsavo-Oos Nasionale Park. Blykbaar het die span dié deel van die reis baie geniet, met afdraaipaaie na interessante plekke soos die Magadimeer met die grootste natriumkarbonaat-aanleg ter wêreld.

Van Nairobi is hulle verder na die Victoriameer en Uganda, waar hulle onder meer die Ruwenzoriberg bestyg het. Hulle het die indrukwekkende Murchisonwaterval besoek en oor die Nylrivier in die rigting van Kibali in die DRK vertrek. Ek het die meeste daarvan gehou om te lees van die Okapi Nasionale Park by Epulu in die DRK en die pigmeë wat hulle in die woud gaan besoek het. Die Volkswagen Amaroks het blykbaar tot hul reg gekom op hierdie modderige paaie in die DRK.

Van Epulu is hulle na Kisangani, waar hulle 18 dae lank gewag het vir die vragskip om te vertrek. Die plan was om op die Kongorivier tot in Kinshasa te vaar. En van daar tot by die Atlantiese Oseaan te ry. Dit het uiteindelik 28 dae geneem om in Kinshasa te kom.

Die storie tel spoed op soos wat die reis vorder. Dalk net omdat die Kongo so onbekend is. Die vertelstyl is nie boeiend nie en volg die trant van Johan se stemtoon in die televisiereeks. Maar die ervarings van die ses en die karakters wat hulle langs die pad ontmoet het, maak dit lewendig. Die foto’s dra ook by tot die reis – net ‘n jammerte dat daar nie byskrifte by die foto’s is nie. En ek sou graag meer gedetailleerde kaarte wou sien om myself heeltemal in die reis in te leef.

Die span het vele struikelblokke, soos te verwagte, langs die pad teëgekom, maar dit word nie te veel gedramatiseer nie. En die manne het baie geduld getoon om tot op die Prince Amir-vragskip te kom en daar te bly op hul vaart op die Kongorivier. Die vaart vat hulle deur die hart van die oerwoud en deur die hart van Afrika na Kinshasa. Die gedeelte wat handel oor die mikrogemeenskap op die skip is boeiend. Hier en daar is humor ingespan: “Die mense begin met hulle vroegoggendroetine. Dis baie soos by ‘n karavaanpark. Almal is in hul nagklere, besig om tande te borsel, gesigte te was, ‘n draai te maak by die toilet. Alles gebeur in ‘n klein ruimte en persoonlike spasie is min” (142).

Dit is opvallend hoe daar na byna elke ete verwys word. Maaltye en die aankoop van kos maak duidelik ‘n integrerende deel van die Voetspore-kultuur uit. Dan is daar stories van gate en van paaie wat die gate verbind, malaria en longontsteking, slegte nuus uit Suid-Afrika, duisende dollar wat hul sakke verlaat (dis duidelik dat baie geld opgedok word vir die manne se prettog deur die vasteland), en lang dae se wag.

Ongelukkig blyk dit dat die ewenaar nie ’n belangrike deel van die Voetspore-span se reis “op die ewenaar” uitmaak nie. Hulle bereik die ewenaar eers ná 18 dae en kom daarna slegs ‘n handvol kere daarby. Dit is moeilik om die ewenaar deur hierdie vasteland te volg. Volgens die Voetspore-span was dit hulle moeilikste reis so ver.

Die kassies met ekstra inligting is baie interessant en werp lig op hul sypaadjiebesoeke. Die leser kry ’n goeie idee van die bestemmings en die geskiedenis daarvan. Ongelukkig is Wikipedia te veel as ‘n bron gebruik.

Johan is nie ’n danige storieverteller nie, eerder ‘n goeie sakeman met kontakte wat dit regkry om die vasteland plat te reis en dit dan later met ons te deel. ’n Mens beleef jou reisdrome as jy hierdie dagboek lees en staan verstom oor wat die span al alles bereik het.

Aan die einde kry hierdie dagboek van die Voetspore-span dit reg om die leser se voete te laat jeuk vir avontuur, reis en modder onder die tekkies (vir langer as twee minute).

Tog ontstaan die vraag by my: Waarom reis die Voetspore-span? Moet ‘n geborgde reisiger nie sy reis vir ’n goeie doel aanwend nie? Is daar steeds vandag ruimte vir ‘n reis van dié afmetings net vir die lekkerte?

The post Boekresensie: Voetspore op die ewenaar deur Johan Badenhorst appeared first on LitNet.

Resensie: Boomkastele: ‘n sprokie van ‘n stadsmens deur Schalk Schoombie

$
0
0

boomkastele250

Titel: Boomkastele, 'n sprokie van 'n stadsmens
Skrywer: Schalk Schoombie
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798167673

Boomkastele, die debuutroman van Schalk Schoombie, is tegelykertyd ‘n moderne sprokie, ‘n roman oor die lewe in die stad en ‘n versameling van ‘n verskeidenheid hedendaagse tekste wat op verrassende wyse in die lewe van uiteenlopende karakters geïntegreer word; ‘n veelfasettige stadsroman oor Johannesburg wat herinner aan die onlangs verskene Duisend stories oor Johannesburg deur Harry Kalmer.

Die verhaal sentreer veral op die navorser, Hannes Moerdyk, wat onredelik en buite beheer woedend raak oor die afkap van twee skadubome op die rand van sy erf (“dit het begin met ‘n wit moerbeiboom en ‘n witstinkhoutboom”) en daarvandaan in ‘n jare lange vete gewikkel raak met die agterste bure oor takke, ganse, ‘n koliekbaba en ‘n papegaai terwyl hy sy eie reuseboom troetel en sy eie boomkasteel bou. Die ander verhaallyn wentel veral om sy dogter, Ina, ‘n misdaadjoernalis met ‘n swart gordel in karate wat op die spoor is van ‘n misterieuse graffitikunstenaar, die Sirkelman, wat die stad versier met nabootsings van Leonardo da Vinci se Vetruviaanse Man. Sy is so gefassineer deur hom dat sy meer aandag aan dié soektog spandeer as aan die moorde om haar, soos die gesinsmoord langs haar pa-hulle.

In die roman is daar die beskrywing van wisselende ruimtes tussen natuur en stad, voorstad en agterplaas teenoor die middestad “wat onophoudelik maal” (200), koerantkantoor, kroeë, die rekenaarwêreld van “Diepnet” en “Onderweb” en meer as een droomkasteel. In hierdie ruimtes kom ook ander karakters na vore: Dawid die seksbehepte, testosteroongedrewe Boertjie by wie Ina betrokke raak; die ma van die huis; Daniella, Ina se vriendin, wie se drankie gedokter word; die bure met wie die leser eers baie later kennis maak. Dit is langsamerhand duidelik dat elkeen maar “in sy eie web” (303) leef en uit daardie beperkte perspektief die ander slegs gedeeltelik ken. Soos die Sirkelman dit stel: “Blindelings in die stroom. Ons is onsself, maar ons is ook meer as onsself. Of minder. Ons leef asof ons in reality TV rondneuk, ons eie befokte klein movie … Ons is almal aktiviste, op ons eie klein mission” (191).

Dit ís dus onder andere die sprokie van Koos du Plessis se moderne stadskind wat tog nog met sprokies grootword, onder die neonboog geluk soek en in die onmoontlike glo, soos haar pa wat sy droom van ‘n boomkasteel verwesenlik. Soos in die tradisionele sprokies is daar ook die ewige stryd tussen Goed en Kwaad. Daar is byvoorbeeld die sprokie van “Die prinses wat alles gesien het” en die boom met ‘n naam: Sfinks, wat ‘n karakter op sy eie word, later selfs ‘n dreigende “monsterboom” (92), “onafhanklik en onstuitbaar” (175) wat wag op wraak (219.) Daar is ook die werklikheid van uiterste woede en geweld, hokvegtery en verkragters, internetbedrog en sindikate, ‘n Daisy de Melker-groep “wat gif voer vir scammers” (112), moorde en ongelukke, seks, bedrog oor die internet, mense se obsessies wat hulle voortdryf, die isolasie van mense en die absurde werklikhede soos weerspieël in die nuusberigte wat die navorser versamel. In hierdie “klein-vreemder-as-fiksie lewensgrepe” (287) is daar onder andere ‘n vermiste vrou wat by haar eie soekgeselskap aansluit en ‘n man wat vermoor word omdat hy meer van prosa as poësie hou. Maar daar is tog ook die liefde …

Schoombie maak gebruik van ‘n verskeidenheid oënskynlik totaal uiteenlopende tekste: die verskillende fokaliserings deur belangrike karakters, e-posse, gemorspos, nuusberigte, getranskribeerde onderhoude, kettingbriewe en ‘n sprokie wat onmiddellik daarna opgevolg word met die beskrywing van ekstreme geweld in ‘n hokgeveg. Hy maak ook gebruik van intertekstuele verwysings soos onder andere Die Bybel, uitsprake van en oor Einstein, Alice in Wonderland, George Borges se Labirinte, flieks, Where the wild things are, Les Misérables, Griet skryf ‘n sprokie om aan te sluit by die navorser en Ina se belangstellings, maar ook die motiewe en temas oor die lewe wat hy wil aanraak.

Verskillende motiewe word gebruik om hierdie verskeidenheid tekste, karakters en ruimtes te verbind tot ‘n web van geïntegreerde verwysings en motiewe soos ‘n veelvoud van sirkels, die spinnekopweb, kastele (want daar is meer as een), geweld, obsessies, drome en die soek na antwoorde op baie vrae waarop die antwoord soms “niks” is.

Die roman wissel vinnig tussen fokalisators, laslappieberigte, gemorspos en ander tekste. Waar die prosa soms besonder uitgebreid en oënskynlik oordrewe raak, soos in die beskrywing van die bome en die boomfluisteraar, help die wisselende en kort tekste weer om dit teë te werk. Vir sommige lesers kan beide die uitgesponne prosagedeeltes en die vinnige afwisseling met skynbaar onverwante kort tekste irriteer, totdat die verband later- tot so ver as 100 bladsye later - wel duidelik word. Die spanningslyn word ook volgehou deur die navorser se intense emosies en betrokkenheid by veral die bome en die vete met die bure, asook Ina se ewe gedrewe speurtog na die Sirkelman. Dit lei uiteindelik tot meer as een verrassende soort ontploffing en inploffing.

Soos die roman begin en eindig met die oorskouende perspektief op die voorstad uit die lug, is daar deurlopend die tema van ineengestrengelde sirkels in die mens se bestaan waarvan hulle self skaars bewus is, die gedurige wisseling van goed en kwaad, geweld en toenadering, die wisselwerking tussen natuur en mens, ‘n voortsnellende chaos waaruit die mens moet probeer sin maak. Dit word ‘n soort “road movie”, soos Ina aan die einde verduidelik: “’n Fliek sonder ‘n duidelike storie oor reisigers op pad na ‘n bekende-slash-onbekende bestemming. Gewoonlik ‘n onpaar karakters, vir humor en konflik. Die reis word die storie, die bestemming veronderstel ‘n keerpunt en persoonlike groei. Die pad loop na binne. So iets” (305).

Miskien was Schoombie oormoedig om soveel aspekte gelyktydig in een roman te probeer integreer, is die prosa soms net té oordadig, al pas dit by die betrokke fokalisator se karakter. Ek het ook aanvanklik my bedenkinge om bostaande redes gehad, maar soos ek al hoe meer betrokke geraak het by ruimte, karakter en motiewe het dit uiteindelik ‘n baie bevredigende leeservaring geword.

The post Resensie: Boomkastele: ‘n sprokie van ‘n stadsmens deur Schalk Schoombie appeared first on LitNet.

Boekresensie: En toe kom Tom deur Edward van de Vendel

$
0
0

tom250Titel: En toe kom Tom
Skrywer: Edward van de Vendel
Uitgewer: Protea
ISBN: 9781485301967

Toe ek die eerste keer En toe kom Tom in my hande vasgehou het, het ek afgekyk na die voorblad en effens gesug.

As 'n egte boekwurm kan ek sê dat die voorblad een van die eerste en belangrikste dinge is wat 'n leser se oog vang. Daarna die titel, en dan natuurlik die agterblad se voorsmakie. Dié boek se omslag is nie een van die aantreklikstes wat ek al ooit gesien het nie. Al het ek gehou van Philip Hopman se eenvoudige, en nogtans oulike, illustrasies, is 'n veelkleurige omslag vir veral vandag se kinders noodsaaklik vir 'n goeie eerste indruk. En toe kom Tom verskaf nie veel hiervan nie.

Al begin die storie al afspeel met die heel eerste sin van die boek, het die storielyn vir my 'n bietjie langdradig en stadig in beweging gekom. Die storie het eers rondom die laaste derde van die boek vir my begin woema kry.

My eerste indruk van die karakters was dat hulle dialoog op 'n paar plekke redelik styf en onnatuurlik is, maar dit mag dalk wees hoe dit in die oorspronklike Nederlandse uitgawe deur Edward van de Vendel geskryf is. Nietemin het Daniel Hugo daarin geslaag om die vertaalwerk baie goed en eenvoudig te doen. Woorde soos “gekwispel” en 'n paar ander is egter later gebruik, wat dalk vir die jong ouderdomsgroep moeilik sal wees om te verstaan. Ek neem aan die teikenmark is kinders van ongeveer nege jaar, aangesien dit die hoofkarakter, Kix, se ouderdom is.

Wat vir my uitgestaan het van hierdie boek, is dat daar regdeur die hele storie baie nuwe plaasterme te voorskyn kom, soos byvoorbeeld die skopgraafmasjien waarnatoe Kix verwys, wat dan ook verduidelik word. Selfs dinge soos toe hy en sy sussie hulle vingers in melk doop sodat die lammertjies daaraan kan suig, is iets waaraan die meeste van ons stadskinders nog nooit voorheen bekendgestel is nie. Dit was vir my baie oulik hoe die hele ervaring beskryf is, en hoe jy jou amper kan indink hoe dit moet voel. Selfs ek het 'n paar nuwe plaasdinge deur hierdie boek leer ken, dus sal dit definitief kinders se kennis heelwat verryk.

Aan die ander kant het ek 'n paar dinge opgemerk wat my ongemaklik laat voel het. Die eerste ding was dat daar van Kix verwag was om die bierdoppies vir die ouer mense oop te trek. Dit is dalk nie so onalgemeen nie, maar ek dink nie dit is iets wat negejarige kinders behoort te doen nie. Die tweede ding was dat daar in die laaste helfte van die boek baie oor bloed en dood gepraat word. Dit skep natuurlik die realistiese atmosfeer van die hele situasie, maar mag dalk vir kleiner kinders té ernstig raak.

Oor die algemeen sal die boek diereliefhebbers van 'n lekker storie voorsien, met 'n spannende klimaks en 'n gelukkige einde. Maar as jou kind meer hou van boeke oor towerperdjies of buiteruimtelike robotte, sal hierdie boek hulle nie baie interesseer nie.

The post Boekresensie: En toe kom Tom deur Edward van de Vendel appeared first on LitNet.

Boekresensie: Tussen heinings deur Corlia Fourie

$
0
0

tussenheinings250

Tussen heinings
Corlia Fourie
Tafelberg 
ISBN: 9780624074762

Tussen heinings is Corlia Fourie se vierde roman en is onlangs deur Tafelberg uitgegee. Die keurige voorblad gee reeds ʼn aanduiding van die belangrikste tema in hierdie roman, naamlik dat ons lewens deur heinings afgesper, versper, gereguleer en bepaal word.

Die roman bied nie net ’n blik op die lewe van Elize, ’n pasgeskeide enkelma wat so pas in ’n nuwe huis in ʼn nuwe buurt ingetrek het en ’n artikelredakteur by ’n nuwe tydskrif is nie, maar vertel ook die verhaal van haar wewenaarbuurman Tom, van die ander vroue wat by die nuwe tydskrif aangestel is, en van Welcome en Lina. Die roman vertel veral van wat tussen die heinings van en in hulle lewens aangaan.

Tussen heinings vertel die verhale van veral die vrouekarakters, wat almal by die nuwe tydskrif werk. Daar is Elize, wat aanpas by ʼn nuwe lewe en blyplek en werk met ’n tienerdogter, Michelle, wat haar eie tipiese jongmeisieprobleme het; Sarita, oorgewig en wat graag ’n roman wil skryf en wie se broer oorsee is; Hermia, wat perfeksionisties en skerp met die tong is; Bessie, wat jonk is en nog baie drome het wat sy wil bereik; en Maggie, wat as bruin joernalis haar voete in die tydskrifwêreld vind. Die vroue se stories is nie net hulle eie stories nie, maar verteenwoordig ’n hele kosmos van vroue en wat in elkeen se lewe aangaan: hoe om aan te pas na ʼn egskeiding, hoe om gewig te verloor, hoe om as tienermeisie ʼn gebroke vriendskap te hanteer. Maar dit vertel ook die verhale van Lina, Elize en Sarita se swart huiswerker en Welcome, ’n Zimbabwiër, wat tuinwerkies vir Elize en ander mense, onder wie Tom, doen. Welcome het sy eie geheim en sy eie drome van geluk en rykdom vir hom en sy familie in Zimbabwe. Tom is Elize se buurman en die roman begin met Tom wat sy vrou aan die dood afstaan en daarby moet aanpas.

Dit is ’n verhaal wat veral vertel wat tussen en agter heinings aangaan. Elkeen van die karakters leef agter heinings wat verteenwoordigend raak van ’n mensdom wat afgeslote van mekaar leef, veral in ’n stad: “Mense agter razor wires, agter hoë mure, agter electric heinings.” Tussen die heinings waaragter elke karakter leef, is daar iemand met sy of haar eie drome, begeertes, wense, bekommernisse, teleurstellings, pyn en alleenwees. Dit is wanneer ons as lesers tussen elkeen se heinings inbeweeg en ’n blik op elkeen se wêreld kry dat die verhaal ’n mikrokosmos raak van die hedendaagse Suid-Afrika. Dit beeld ’n Suid-Afrika van misdaad, vrees, gevaar, dood, armoede uit: “Sy kry haar handsak op die kombuistafel, maak die agterdeur toe, skakel die alarm aan, luister na die alarm se waarskuwingsgeluid terwyl sy die agterdeur oopmaak, toemaak en sluit.” “Tom, daar is net so baie gevare, soveel goed waaraan ʼn mens in dié stad moet dink om jouself te beveilig dat jy maklik paranoïes kan raak. En as hulle wil inkom, gaan hulle inkom. Heinings, diefwering, veiligheidsdeure gaan hulle nie keer nie.” Dit beeld veral die gaping tussen rykdom en armoede uit; tussen dié wat het en dié wat nie het nie: “Die honger mense neem net toe. Jaar na jaar, nee, maand na maand, om presies te wees, week na week word hulle meer.” “En as jy nie werk kan kry nie, wat bly oor: bedel of steel. Wat sou hy byvoorbeeld gedoen het as hy in Welcome se posisie was? Seker ook oor ʼn grens gestap het as hy gedink het daar is hoop vir hom in ʼn ander land.” Dit beeld die skrikwekkende ervaring van gewapende rooftogte uit en families wat oorsee is en nie wil terugkom nie: “Ons het ʼn muur met elektriese drade bo-op regom die erf, ons het diefwering, ons het veiligheidsdeure, ADT en ʼn rewolwer, en nogtans kon ons hulle nie uithou nie.”; “... en dink aan haar eie broer en sy gesin in Perth in Australië.”; “Nee, ek is te gewoond aan ʼn veilige bestaan. Te gewoond daaraan om nie bang te voel nie, al is dit laatnag en moet ek alleen ʼn trein vat huis toe. En waar gaan ek in elk geval in Suid-Afrika werk kry.” Hierdie is geen mooi prentjie van postapartheid Suid-Afrika nie en die leser is bewus van die onderliggende donker toon van hoe Suid-Afrika vandag daar uitsien.

Maar dit is ook ’n verhaal oor verhoudinge en die vriendskappe tussen vroue, en met hierdie twee temas kan baie lesers identifiseer. Die tema van verhoudinge is een wat met hartseer en somberheid uitgebeeld word: Elize is geskei, Sarita is enkellopend en Tom het sy vrou verloor. Daarteenoor is die tema van vriendskap een van ondersteuning en hoop en dit is veral die jonger, maerder Maggie wat vir die ouer, oorgewig Sarita hulp bring. Dit is ʼn tema waar vroue met mekaar kan praat en ʼn ondersteuningsnetwerk vorm – hulle is daar vir mekaar.

Tussen heinings handel ook oor die tema van kommunikasie of gebrek daaraan. Lina praat ’n mengsel van swak Afrikaans en swak Engels en Elize en Sarita kommunikeer moeilik met haar. Met ander woorde, dit verteenwoordig dat mense in Suid-Afrika mekaar nie kan verstaan nie en dat daar dus nie werklike begrip vir mekaar se situasie is nie. Verder verteenwoordig dit dat ons by mekaar verby praat. In die roman word daar gereeld oor en weer ge-Skype. Dit toon die fisiese skeiding wat tussen geliefdes soos pa en seun en tussen broer en suster is: “Sy skype nou byna elke Saterdagoggend met haar doktersbroer in Perth.”; “Hulle was die dag op die strand, sê Eben, toe hulle na verskeie probeerslae, swak aansluitings en beelde wat wip, rek en krimp soos Alice deur die spieël uiteindelik mekaar duidelik op skype kan sien.” Maar dit toon ook die emosionele skeiding en die verlange om by mekaar te wees.

Fourie werk op ’n interessante en byna onopsigtelike manier intertekstualiteit in die roman in om so ’n klein bietjie dieper nuanse aan die verhaal te gee. Daar is ʼn speelse stekie na gekanoniseerde skrywers; dit is veral Sarita met haar skryfdrome wat die motief uitbeeld. Daar is haar verwysings dat sy net wil skryf as sy soos Marlene van Niekerk en Ingrid Winterbach kan skryf; dat sy in Hennie Aucamp se woorde slegs “tweede liga” is; dat sy eerder by ʼn uitgewer moes gaan werk het om ʼn Karel Schoeman of André P Brink se werke te kon redigeer. Voorts kry ons sinne soos: “Ek weet te min van gedigte om te sê of ‘elke keer’ ʼn goeie of slegte gedig is.” Of: “Ja, as dit by artikels kom, maar met verhale en gedigte, dink ek, moet ons die lesers veral vermaak. Die arme mense moet darem vir ʼn wyle van die land en al sy probleme vergeet.”

Tussen heinings is ʼn lekkerlees-boek. Enkele punte van kritiek kan tog teen die roman genoem word, soos die vinnige laaste paar bladsye wat dit laat voel of die roman stoom verloor teen die einde se kant toe en die “gelukkige einde” en “mooi slot” wat tipies in romantiese verhale voorkom; asook die enkele geforseerdhede in die taal, soos “Hy voel sy eensaamheid soos ʼn houtsplinter in sy hart”; asook die eensydige uitbeelding van die stedelike lewe as boos en sleg. Ten spyte hiervan is dié ’n roman wat lesers gerus kan lees, want dit verwoord nie net die verhaal van vroue tussen heinings nie, maar verwoord veral die verhaal van oorlewing en aanpassing tussen hierdie heinings.

Tussen heinings bied ten slotte ’n blik op ’n wêreld waarvan ons daagliks in koerante lees en op televisienuus sien; een wat ons moontlik ook self al beleef het.

The post Boekresensie: Tussen heinings deur Corlia Fourie appeared first on LitNet.

Boekresensie: Brandwaterkom deur Alexander Strachan

$
0
0

brandwaterkom250Brandwaterkom
Alexander Strachan
NB Uitgewers
ISBN: 9780624073369

Brandwaterkom is Alexander Strachan se vierde roman. Strachan het al tevore van historiese stof gebruik gemaak, byvoorbeeld in sy kortverhaal “Die ‘music box’” wat in Boereoorlogstories (1998, onder redaksie van Jeanette Ferreira) verskyn het. Later is dieselfde verhaal meer uitgebreid in Dwaalpoort (2010) gebruik. Brandwaterkom is egter Strachan se eerste roman wat breedvoerig op historiese navorsing steun. (Henriette van “Die ‘music box’” en Dwaalpoort kom ook weer in die roman voor.)

Hoewel die romantitel, Brandwaterkom, ʼn geografiese ruimte in die Oos-Vrystaat aandui, roep dit ook dadelik ʼn historiese gebeurtenis op. Generaal Marthinus Prinsloo is tydens die Anglo-Boereoorlog met meer as 4 000 man in die Brandwaterkom vasgekeer en hy het op 20 Julie 1900 aan die Britse magte oorgegee. Hierdie oorgawe was ’n besonder gevoelige knou vir die Boeremagte en boonop het sommige Boere sy oorgawe as ’n onnodige en lafhartige daad beskou. In die roman is daar selfs sprake daarvan dat Prinsloo eintlik verraad gepleeg het, aangesien daar gerugte was dat hy geld van die Britte ontvang het vir elke Boer wat oorgee. Die skermutselings om en in die Brandwaterkom en Prinsloo se oorgawe speel ’n belangrike rol in die roman. Brandwaterkom sluit dus aan by die steeds groeiende aantal romans oor die Anglo-Boereoorlog, maar die spesifieke historiese gebeurtenisse in die Brandwaterkom herinner veral aan Christoffel Coetzee se belangrike roman van 1998, Op soek na generaal Mannetjies Mentz. Die oorvleuelende geografiese ruimte, maar ook die verwysings na Boervroue wat in grotte bo in die berge skuil om aan die konsentrasiekampe te ontkom, is aspekte wat die leser onwillekeurig ’n verband tussen hierdie romans laat lê.

Brandwaterkom mag Strachan se eerste roman wees wat so uitgebreid op historiese navorsing steun, maar dit bly tog ’n kenmerkende “Strachan”-werk: tematies staan oorlog en die gevolge van oorlog weer eens sentraal, die karakters oorvleuel met karakters uit die vorige werke en wat vertelling betref, gebruik Strachan dieselfde postmodernistiese vertelstrategieë. Die gedrongenheid wat sy eerste werk gekenmerk het, is plek-plek ook onmiskenbaar in Brandwaterkom aanwesig. Net so is daar ook dele van die roman waarin die broeiende, onheilspellende atmosfeer wat kenmerkend van Strachan se werk is, die leser daaraan herinner dat jy ʼn Strachan-werk lees. Lesers verwag nie noodwendig dat ’n skrywer altyd dieselfde styl sal gebruik nie, en groot lof kom skrywers toe wat telkens hul styl vernuwe, maar ongelukkig is lang dele van die roman ‘n bietjie uitgerek en neig selfs na ʼn vervelige relaas, omdat die tipiese gedronge styl en rustelose, broeiende atmosfeer wat Strachan se vroeë werk so boeiend gemaak het, nie oor die nagenoeg 380 bladsye heen volgehou word nie.

Oorlog het nog altyd 'n belangrike rol in Strachan se werk gespeel. Sy debuutwerk, 'n Wêreld sonder grense (1984), was 'n baie dun kortverhaalbundel waarin die nege kort-kortverhale (die langste is maar agt bladsye lank en die kortste skaars een bladsy) losweg by mekaar aansluit en eintlik 'n langer verhaal in nege "episodes" word waarin ʼn jong man se betrokkenheid by die grensoorlog beskryf word. Gedurende die 1980’s het verskeie ander skrywers ook oor die destydse grensoorlog geskryf (oa Louis Kruger, Koos Prinsloo, Etienne van Heerden) en daar is soms na “grensliteratuur” as ’n soort subgenre verwys. 'n Wêreld sonder grense staan egter steeds (al was dit een van die dunste boeke uit daardie tyd) uit as een van die sterkste fiksiewerke oor die grensoorlog. Anders as in baie van die ander grensverhale van destyds val die klem in ʼn Wêreld sonder grense nie op die politieke oorwegings van (veral) dienspligtiges en op morele besinnings oor die oorlog nie, maar op die oorloggebeure self en op die effek van oorlogsgeweld op mense.

In Die jakkalsjagter (1990) en Die werfbobbejaan (1994), Strachan se twee romans wat op die debuutwerk volg, staan oorlog steeds sentraal. Hierdie drie werke saam is deur Hennie van Coller as ’n drieluik beskryf, omdat soveel ooreenkomste en herhalende elemente daarin voorkom. Die hoofkarakter is telkens 'n oudsoldaat, ʼn jagter en ʼn swerwer. Die komplekse verhoudings tussen mense – veral in gesinne – tussen vader en seun – speel ook herhaaldelik 'n belangrike rol.

Reeds in die heel eerste verhaal in ’n Wêreld sonder grense, “Herinnering”, staan die rusteloosheid van die hoofkarakter uit. Hierdie broeiende onrustigheid en onvervuldheid van die karakters, wat ook deur die ruimtebeskrywings ondersteun word, is een van die opvallendste kenmerke van Strachan se prosa. Die ongedurigheid van die karakters kan besweer word slegs deur voortdurend te beweeg, want wanneer karakters tot stilstand kom, ontstaan ʼn gevoel van eensaamheid, soos duidelik blyk uit die eerste reël van Die jakkalsjagter: "As 'n mens aanhou beweeg, is daar nie eensaamheid nie." Andries Visagie het hierdie eensaamheid, wat besweer kan word slegs deur aan te hou beweeg, as ’n “leemte” in die karakters beskryf, ’n leegte wat die karakter in homself ervaar en wat gevul kan word slegs deur ’n mite te skep – ’n mite van die stil soldaat/jagter/swerwer. In die kortverhaal “Grootmanne se hoesgoed” sit die jong soldaat, pas nadat hy die keuringskursus om deel te word van die weermag se elite-eenheid geslaag het, in die trein op pad huis toe en dink: “Dis mos hoe ek nou veronderstel is om te wees, het ek gedink … stil en gevaarlik.” Hierdie mite van die stil en gevaarlike man sluit aan by die argetipiese held wat die bedreiging vir die gemeenskap moet afweer, maar wat nooit deel van die gemeenskap kan word nie.

In albei hierdie romans kom terugflitse na belewenisse tydens die grensoorlog dikwels voor en daar is telkens pogings (deur vroue) om die soldaat tot rus te laat kom – maar elke keer swerf die soldaat/jagter/wildvanger, soos 'n held in 'n Western, verder. Hierdie patroon word ook in Brandwaterkom voortgesit.

Kenmerkend van sowel Die jakkalsjagter as Die werfbobbejaan is die aansluiting by postmodernistiese verteltegnieke waardeur onder meer duidelike grense tussen fiksie en “werklikheid” ondermyn word. Hierdie grensvervaging ontstaan telkens uit ʼn selfbewuste skryfproses wat voorop gestel word, sodat dit moeilik word om te weet wat geskryf word en wat “regtig” gebeur. Karakters oorskry soms die grense tussen “fiksie” en “werklikheid”, maar ook die grense tussen karakters vervaag en soms skuif verskillende karakters oor mekaar. (Aspekte hiervan kom al in ʼn Wêreld sonder grense voor.)

Hierdie verteltegnieke kom weer in Dwaalpoort (2010) voor. Dwaalpoort verskyn 16 jaar ná Die werfbobbejaan. (ʼn Bundel kortverhale, Agter die suikergordyn, en ’n drama, Hartebees, waaruit Dwaalpoort later gegroei het, het tussenin verskyn.) Ook in Dwaalpoort staan oorlog en jag sentraal, maar soos hier bo genoem, word nie slegs die grensoorlog betrek nie, ook die Boereoorlog speel hierin ʼn rol. Henriette, 'n Boervrou, wat in 'n konsentrasiekamp by 'n Engelse soldaat swanger word en later deur die gemeenskap as ʼn hoer verwerp word, speel ʼn belangrike rol in die geskiedenis van die plaas Dwaalpoort. Dwaalpoort is egter ook die verhaal van Bullet – wat, soos Strachan se vorige karakters, 'n veteraan van die grensoorlog, ʼn jagter en ʼn swerwer is. Benewens die twee oorloë wat in Dwaalpoort betrek word, is ook komplekse gesinsverhoudings – veral vader-seun-verhoudings – weer teenwoordig.

Terwyl die Boereoorlog op die oog af sentraal staan in Brandwaterkom, maak die soldaat-jagter uit Dwaalpoort, Bullet, ook hier sy opwagting en sodoende word ʼn verband tussen die grensoorlog (wat nou ook al tot die geskiedenis behoort) en die Boereoorlog gelê.

Verskeie verhaallyne word in Brandwaterkom vervleg. In die eerste plek is dit die verhaal van Esther van Emmenes, 'n historikus wat besig is om in Fouriesburg in die Oos-Vrystaat navorsing te doen oor gebeurtenisse wat tydens die Boereoorlog in die "Brandwaterkom" plaasgevind het. Esther se navorsing fokus egter nie op Prinsloo se oorgawe, die groot gebeurtenis van die oorlog nie, maar op die lewe van hoofsaaklik een persoon, Fanie Vilonel, die prokureur wat aanvanklik as uitstekende skut, ruiter en strateeg en as bevelvoerder van die Senekal-kommando baie wyd respek onder Boere en Britte afdwing. Later word Vilonel egter ontnugter deur die oorlog (en deur generaal De Wet se optrede). Uiteindelik neem hy aktief die wapen teen die Boeremagte op, onder meer omdat sy eie prokureurspraktyk en materiële welvaart vir hom swaarder weeg as die Boeremagte se ideale en geloof. Sy “verraad” tydens die oorlog word ook weerspieël deur sy “verraad” teenoor sy vrou. Hy trou kort voor die oorlog met ʼn vooraanstaande Boeredogter uit die omgewing, maar is eintlik verlief op ’n Engelse meisie in die dorp. Hoewel sy hart by die een lê, voel hy verantwoordelik teenoor die ander. (Ook Esther word in haar liefdesverhouding met haar studieleier verraai.) ʼn Individu se verskeurdheid tussen groepsbelange en individuele belange en die uiteindelike “verraad” teenoor die een of die ander, asook die vernietigende gevolge daarvan, is seker een van die oudste temas in die letterkunde. In Brandwaterkom ondersoek Strachan egter nie slegs hierdie spanning tussen individuele ideale en groepsbelange wat tot verraad lei nie, maar geleidelik word eintlik ook die interessante vraag oor of ʼn individu regtig keuses kan maak, gevra.

Esther se verhaal oor die verraaier Vilonel maak ʼn baie groot deel van die roman uit. Vilonel word nie positief in die (Afrikaner-)geskiedenis behandel nie, maar haar rekonstruksie van sy lewe bied uiteindelik ʼn veel simpatieker beeld. Sy brei haar navorsing uit om ook ander verraaiers se lot te ondersoek. Haar sterk belangstelling in verraaiers tydens die oorlog spruit uit die feit dat haar eie Van Emmenes-voorgeslag verraaiers was.

Verraad is ʼn belangrike tema in die roman en dit is ook ʼn tema wat die afgelope tyd dikwels bespreek is, veral na aanleiding van Albert Blake se boek Boerverraaier (2010) oor die teregstellings van verraaiers tydens die Anglo-Boereoorlog en die rolprent Verraaiers (2013) wat bevestig het dat die geskiedenis van verraaiers nog steeds sterk emosies onder sommige Afrikaners ontlok.

Benewens die verhaal van Esther se worsteling en die verhaal van Vilonel is daar ook die verhaal van Catharina, ʼn “spook” uit die Anglo-Boereoorlog wat probeer om met Esther kontak te maak sodat Esther ook háár storie kan vertel. Catharina het tydens die Boereoorlog in die grotte bo in die berge geskuil en vertel onder meer van ʼn “toneel” wat die kinders opgevoer het om die tyd te verwyl. Hierdie toneel, wat in fyn besonderhede beskryf word, is óók ʼn historiese werk – ʼn opvoering oor die geskiedenis van Hans “Dons” de Lange, eertydse voortrekker in Natal.

Esther se pogings om haar navorsing op een onderwerp te fokus en dit dan met akademiese strengheid uit te voer, word bemoeilik deur hierdie ander stories van Catharina, maar ook deur al die ander verhale wat sy by ʼn verskeidenheid van mense uit die omgewing hoor. Wat haar taak nog verder bemoeilik, is dat die eertydse grensvegter en jagter Bullet (uit die roman Dwaalpoort) ook by haar opdaag. Hy dring daarop aan dat sy nie alleen oor die Boereoorlog moet skryf nie maar dat sy ook die grensoorlog moet betrek. Deeltjies van sy manuskrip oor die grensoorlog maak uiteindelik ook deel van die roman uit en kompliseer sodoende die nadenke oor oorlog en verraad, maar veral ook oor geskiedskrywing. Esther kry uiteindelik nie slegs sy manuskrip oor die grensoorlog nie, maar hy neem haar ook na die plaas Dwaalpoort, waar hy Henriette se dagboeke uit die Boereoorlog letterlik uit die graf haal en aan Esther oorhandig.

Gevolglik het Esther later heeltemal te veel inligting, te veel stories wat hulle as’t ware aan haar opdring, en sy kan nie ʼn enkele houvas daarop kry nie.

Verraad kom op verskeie maniere aan bod en uiteindelik verraai die karakters selfs hulle skrywer, maar dit is veral interessant om daarop te let hoedat met die verlede omgegaan word. Nadenke oor geskiedskrywing as die manier waarop die verlede beskryf word sodat sin daarvan gemaak kan word en wat uiteindelik belangrike implikasies het vir selfbegrip in die hede, vir identiteit en vir die manier waarop die toekoms ingegaan word, staan sentraal in die roman.

Brandwaterkom is nie ʼn historiese roman in die gewone sin van die woord nie, maar sluit eerder aan by wat Linda Hutcheon historiografiese metafiksie noem – die soort werk waarin nagedink word oor die maniere waarop die verlede in geskiedskrywing weergegee word. Dit word gou reeds in die roman duidelik dat geskiedenis nie ʼn objektiewe weergawe van die verlede kan wees nie, dat die verlede nie onproblematies teenwoordig gestel kan word nie en dat ons gevolglik nie toegang tot die verlede kan kry nie. Esther besef dat die manier waarop sy haar proefskrif skryf, nie goed deur die akademici ontvang sal word nie. Sy benut haar verbeelding om die historiese gebeurtenisse tekstuur te gee te ruimskoots vir ʼn “akademiese”, objektiewe weergawe. Haar beskrywings van Vilonel se ervarings is dikwels in liriese prosa vol sintuiglike waarnemings.

Nog belangriker is egter die feit dat sy weier om slegs sekere gebeurtenisse uit die verlede uit te soek wat haar in staat sal stel om ʼn enkele samehangende verhaal te vertel. Sy versamel steeds meer en meer inligting. Die soort inligting wat sy versamel, is die ervarings van gewone mense (die “klein geskiedenissies” waaroor Lyotard in The Postmodern Condition skryf). Omdat daar so baie klein verhaaltjies is, word dit vir haar onmoontlik om samehang daaraan te gee. Sy verloor haar greep op die oorweldigende klomp besonderhede van die uiteenlopende klein verhaaltjies en sodoende word dit duidelik dat die geskiedenis wat slegs op die groot momente fokus – die vredesluitings, die oorgawes, die deurslaggewende veldslae – altyd ongenoegsaam sal wees. Sy wil juis ook die onbenullige skermutseling waarin ʼn gewone soldaat sterf, die opveil van die gevalle soldaat se besittings in ʼn klein dorpie, by die verhaal oor die verlede insluit.

Die insluiting van al die klein verhaaltjies veroorsaak dat ʼn eenvoudige oordeel oor reg en verkeerd, oor verraad en dapperheid, nie meer moontlik is nie. ʼn Eenlynige groot verhaal oor die verlede maak dit maklik om te besluit wie die helde en wie die skurke was, en daarom kan verraaiers maklik veroordeel word vanuit die perspektief wat deur die “groot verhaal” verskaf word. Só ʼn groot verhaal is egter moontlik slegs as die skrywer daarvan selekteer. Die historikus se dilemma is gewoon dat nié álle inligting ingesluit kan word as ʼn enkele samehangende verhaal vertel word nie. Om enige verhaal te vertel moet slegs sekere gebeurtenisse geselekteer word wat noodsaaklik is vir dáárdie verhaal.

Die keuses om sekere gebeurtenisse in te sluit en ander uit te sluit het verreikende gevolge. Esther probeer om inligting weg te laat ten einde ʼn verhaal te vertel, maar telkens word nog meer inligting as’t ware aan haar opgedring en sy verloor uiteindelik haar greep daarop. Teen die agtergrond van al die inligting en steeds meer komplekse verbande met onder meer die grensoorlog, word maklike besluite oor verraad onmoontlik.

Verder word die oogpunt waaruit geskiedenis geskryf word, ook telkens eksplisiet op die voorgrond geplaas as ʼn keuse wat gemaak word. Sodoende word die leser se aandag daarop gevestig dat geskiedenis nie objektief aangebied kan word nie, maar altyd vanuit ʼn bepaalde perspektief, uit ʼn sekere oogpunt vertel word, en dat ʼn keuse vir ʼn ander oogpunt ʼn ander verhaal tot gevolg sou hê. Esther wys byvoorbeeld daarop dat die Britse verslaggewers nie gedink het dat hulle werk ooit in Afrika gelees sou word nie, en dat hierdie wete ook hulle perspektiewe bepaal het. Bullet probeer ook om Esther van ʼn ander perspektief op oorlog bewus te maak deur ʼn verband met die grensoorlog te lê, wat daartoe lei dat dit nie meer ʼn geskiedenis van die Boereoorlog of die grensoorlog is nie maar ʼn geskiedenis van oorlog as sodanig word. Sodoende word beklemtoon dat enige geskiedenis bepaal word deur die doelwitte wat gekies word.

Die maniere waarop Esther se pogings om die geskiedenis te skryf in die roman geproblematiseer word, word nog verder gekompliseer wanneer dit telkens deurskemer dat Esther en Bullet op hul beurt ook karakters in ʼn skrywer se roman is:

Demmit! Esther sit nou met die Boereoorlog-dagboek opgeskeep, nie met die manuskrip nie. Dis op die manuskrip wat sy eintlik moet konsentreer. Dis nie hoe ek dit wou gehad het nie. En vir wat sou Bullet ook die dagboek so pertinent aan haar uitgewys het? Ja, ek weet en ek het dit nog altyd geglo, dat ʼn skrywer sy karakter vrye teuels moet gee, maar hier het die handeling ʼn verkeerde rigting ingeslaan. Haar aandag moet so gou moontlik terug na daardie manuskrip wat sy van Bullet gekry het. In dáárdie geskrif sal daar vir haar genoegsame rigtinggewing wees. Dit is nou as sy dit noukeuriger lees, met toegespitste aandag. Ek het Bullet trouens met daardie doel na haar gestuur. Vilonel is net ʼn rookskerm, was dit nog altyd, want hoe anders as deur Vilonel sou ek by haar uitkom, haar bewus maak ... Nee, nie van verraad nie, nie daarvan nie, maar van die afgeskeepte momente in die geskiedenis. (318)

Hierdie tipies postmodernistiese verteltegniek waarvolgens dit telkens onthul word dat die verteller eintlik net ʼn verteller binne ʼn ander vertelling is, vestig die leser se aandag daarop dat elke vertelling, elke geskiedenis, juis net ʼn vertelling, ʼn konstruksie is, en dat daar geen direkte toegang tot die werklikheid (in hierdie geval die werklikheid van die verlede) kan wees nie.

Die feit dat Bullet en Vilonel hier ook oor mekaar beweeg (en later verwar Esther werklik vir Vilonel en Bullet wanneer laasgenoemde op sy perd na haar toe aangery kom) is ʼn ander postmodernistiese tegniek (en kenmerkend van Strachan se oeuvre) wat ook die leser se aandag vestig op die “gemaakte” aard van karakters. Die skrywer-karakter wat erken dat hy vir Bullet met ʼn bepaalde doel na Esther gestuur het, beklemtoon die gemanipuleerde aard van alle vertellings, van alle kennis.

Soos wat die “skrywer” ervaar dat die karakters wat hy skep en stuur nie heeltemal binne sy beheer is nie, ervaar ook Esther dat sy nie heeltemal beheer het oor haar eie skepping nie. Sy maak ʼn beeld, “Posman”, uit hout, maar is dan geskok wanneer sy agterkom dat die beeld nie meer lyk soos wat sy dit gemaak het nie, dat die beeld (teen haar sin) al meer soos Bullet voorkom. Op dié manier skuif al die karakters uit verskillende “werklikhede”, uit verskillende ontologiese vlakke, oor mekaar as “maaksels”. Om karakters as verraaiers of as helde of op watter manier ook al uit te beeld, hang af van die keuses oor hoe die verhaal vertel word. Tog blyk hieruit ook dat geen verteller volledige beheer kan uitoefen oor die karakters nie. Dit blyk dat karakters ook hulle verteller kan verraai.

In die slothoofstuk wonder die skrywer of hy self die einde moet skryf en of hy dit aan Esther sal oorlaat. Die beeld wat die skrywer gebruik, is aan die skilderkuns ontleen:

Nou maar goed, dis die spel wat ek gespeel het, die skilder wat deel wou wees van sy eie skildery. Ek verf dus ʼn struik, ʼn boom, ʼn donker skadukol. In daardie skadukol staan ek. Vanuit die skadu hou ek hulle dop. Ek kan nie roer nie, ek kan nie voortgaan met die skildery nie – ek kan húlle allermins skilder sonder dat hulle van my bewus sal raak. (370)

Hierdie selfreflekserende vertelling lei tot onsekerheid op ontologiese vlak, en is een van die uitstaande kenmerke van die postmoderne fiksie van die laaste twee dekades van die vorige eeu. Die “spel” van ʼn skrywer het nie meer die skokeffek op die leser wat dit tóé gehad het nie. Brandwaterkom se selfreflekserende nadenke oor die Boereoorlog en oor historiese romans oor die Boereoorlog stem nietemin tot nadenke oor die verskynsel van so baie Boereoorlogromans in ons tyd.

ʼn Verdere implikasie van die skrywer wat erken dat hy nie volle beheer oor karakters het nie, dat hy die ruimte skep en die karakters daarin plaas, maar dat hulle dan tot ʼn mate hulle eie gang gaan, is dat dit lei tot nadenke oor mense se keusevryheid. Die skrywer het 'n doel met karakters, maar kan nie waarborg dat hulle doen wat hy met hulle bedoel nie. Die individu se posisie in die geskiedenis word uiteindelik belig. Die vraag is of die individu eintlik die geskiedenis ondergaan en of daar werklik keuses uitgeoefen kan word. Is selfs verraad uiteindelik ʼn individuele keuse of spruit dit uit ʼn onvermydelike situasie waarin die individu eintlik geen keuse het nie?

Die beskrywing van Vilonel en Miss Sutty se ontmoeting by die stalle is belangrik in hierdie verband:

Indien dit hoegenaamd sou gebeur, sal dit vinnig wees. Dit het hy nog altyd geweet. Die oomblik sou homself aankondig. Daar sal nie 'n gewik en geweeg wees nie. Iets wat oor 'n lang tyd ryp geword het. Was die skrif al aan die muur met die intrek van die perd voor die stalle? Dalk selfs vroeër die oggend toe hy aangetrek het vir die dag? Oor dinge wat voorbestem is, het mens min beheer. (211)

Soos wat die intieme oomblik tussen Vilonel en Miss Sutty nie regtig beplan is nie, maar ook nie heeltemal onverwags plaasvind nie, is sy verraad waarskynlik ook nie terug te voer tot ʼn spesifieke besluit op ʼn gegewe oomblik nie. Die indruk word gewek dat “dinge voorbestem” kan wees en dat ʼn mens min beheer daaroor het. Enersyds wil dit lyk asof die groter geskiedenis “voorbestem” is – soos wat die skrywer ook planne met sy karakters het – maar andersyds dat karakters ook soms buite beheer van die skrywer kan optree. Dit word baie moeilik om te bepaal of ʼn individu ooit regtig vir sy/haar keuses verantwoordelik is. Hierdie komplekse situasie wat deur die roman voorgehou word, suggereer dat ook verraaiers nie sonder meer veroordeel kan word nie.

Ook die toneeltjie oor Hans “Dons” de Lange wat die kinders opvoer bevestig die opvatting dat individue – selfs die heel sterkstes – uiteindelik nie ten volle in beheer kan wees nie, soos wat niemand met die opvoering kan inmeng nie en selfs die sterk boelie uiteindelik ondergaan.

Interessante vrae oor verraad en menslike werksaamheid word in Brandwaterkom gevra. ʼn Mens dink onwillekeurig aan die besonder aangrypende manier waarop verraad reeds in Brink se Oomblik in die wind belig is, of hoedat Antjie Krog daarna kyk in Relaas van ʼn moord (en later verwerk in Begging to be Black). Een van die mees deurtastende ondersoeke van verraad in die onlangse verlede is in Jacob Dlamini se Askari (2015). Dlamini verwys na die verband tussen die joiners en verraaiers van die Boereoorlog en die askari’s van die apartheidstryd. Hy wys ook daarop dat verraad eintlik nie op abstrakte wyse verstaan kan word nie en dat die kompleksiteit eintlik net in die verhaal van ʼn individu ondersoek kan word. Brandwaterkom belig eweneens hierdie komplekse probleem deur die verhaal te plaas binne die verwikkeldheid van pogings om die verlede weer te gee. Saam met al hierdie ander tekste dra Strachan se roman beslis by tot nadenke oor geskiedenis en oor verraad. ʼn Mens kan egter nie daarby verbykom dat die manier waarop hy dit doen, steun op verteltegnieke wat al bietjie trefkrag verloor het nie, en dele van die roman en die karakters is gewoon nie so fassinerend dat dit lesers enduit sal boei nie.

The post Boekresensie: Brandwaterkom deur Alexander Strachan appeared first on LitNet.

Book review: Papwa - Golf's Lost Legend by Maxine Case

$
0
0


Papwa_golfs_lost_legendPapwa: Golf's Lost Legend

Maxine Case
Kwela Books
ISBN: 9780795707117

This book is by the South African novelist Maxine Case, whose debut novel All we have left unsaid (Kwela, 2006) won the 2007 Commonwealth Writer’s Prize for Best First Book (Africa). She was the joint winner of the Herman Charles Bosman Prize of 2007. She furthered her writing career from November 2009 to February 2010, as a student on the International Writing Program of the City of Asylum, Pittsburgh / University of Iowa. Her short story “Homing pigeons” which appeared in African Compass: New Writing from Southern Africa, edited by JM Coetzee, was her first published work. It was followed by studies in creative writing at the New School in New York City, from which she obtained a master’s degree. The online magazine Sampsonia Way published “Homing pigeons” in both English and Japanese; it is a nostalgic story of the chasm left by apartheid in the human experience for South Africans who were not white.

The political undertones in Papwa - Golf's Lost Legend are strong and the central theme is the same theme as that of “Homing pigeons”, of fiction and history explaining race absolutism and the sad reality of how its restrictive laws prohibited millions of South Africans from experiencing their potential. While Jessica Crispin suggests that to write a great memoir “you must have travelled to the underground or the heavens and come back with fire or golden apples or at least a little wisdom”, Case’s characters are still trying their best, mostly against all odds, to do what they can, tied down by the harsh constitutional restrictions on them. Papwa twice won the Natal Open, as well as the Dutch Open three times, and Mr Petersen achieved his dream to visit London. But these experiences almost pale into insignificance as the county’s laws took their toll: Papwa was banned from participating in golf tournaments in South Africa, and his passport was withdrawn, and Mr Petersen lived in a community that suffered from the Group Areas Act.

Case’s Papwa is the story of Sewsunker “Papwa” Segolum, the South African child golf-prodigy of Indian descent, who was discriminated against during apartheid because of the colour of his skin. He did not have a long life: born in 1930; died in 1978. He was the first golfer of colour to win a provincial open in South Africa, and became a symbol of the sports boycott movement as he was not permitted to enter certain premises because of the Separate Amenities Act and other “petty apartheid” legislation.

The story starts off explaining the boy’s incredible eye for the ball, like his father who was a soccer player and soccer lover. But Papwa the boy could not be restrained from striking hole-in-ones! Golf, not soccer, was to be his game. The story starts off in the 1930s the aftermath of the Great Depression, from which South Africa did not escape. It was a time of economic chaos as the strong pound in a protected economy caused further woes, not assisted by terrible droughts. However, Papwa’s dad, Pa, kept his job despite the economic upheaval, probably because the wages he was receiving as a grass-cutter for the Durban Corporation were so incredibly low. He had three boys to raise: Mohan, Papwa and Harilal. The dad would go fishing with Papwa to escape the claustrophobia of the limited space that their house provided. Papwa loved this opportunity to escape as he could ask his father important questions as together they fished off the north pier of Durban.

It was here, fishing one day, that Papwa became acquainted with the story of Ramnath Boodhan Bambata, a coloured person from Durban who had participated in the British Open at Muirfield. Papwa there and then declared that one day he would surpass Bambata in greatness in the game of golf.

Great pearls of wisdom were passed Papwa’s way by a wise father who exhorted his boy to great heights. “Don’t take the easy shots and you’ll go far.” Yet the obstacles were real – Papwa would not qualify to play in the competitions of his choice because of the country’s colour bar. No one needed to remind Papwa’s father of how the family had become impoverished – the taxes imposed by the British ruling administration in Natal had been so severe that Papwa’s father had lost his property through having to pay so much. While indentured labour was anything but sweet it nevertheless left them with choices to earn their wages from the sweat of their brow to keep hunger pangs at bay. But Papwa’s father’s father at least had had the good sense to steer his boy away from the perils of working on the sugar cane plantations, rats, snakes, the sun. And now it was Pa’s turn to guide his son, Papwa, into greatness. Papwa, never a soccer fundi, nor a cricketer, was interested only in striking a rounded object with a golf-like stick, and he did this all day. But questions arose: How would Papwa make it on to a golf course – after all, his was the wrong skin colour? Would it be possible for him to achieve this in the iniquitous political South African racial system?

Even the wealthy Hindu lawyer MK Gandhi had experienced the harshness of the race laws. Indians in South Africa were termed “alien”, so, what kind of future was Papwa expected to have, his father thought. But he had to show others his boy could swing a club. He had to get him on to the course. At the time the anti-Indian laws of the ’30 and ‘40s were being promulgated.

The death of Papwa’s father came early and Papwa was left only with the memories of a wise man. Ironicallym soon after Pa’s death, Papwa was invited to become a caddie. Soon his limited English vocabulary would be extended to include words like “par” and “birdie”. His well-earned tickey (2,5 cents) from caddying he handed to his mother, his late father no longer being there to be the breadwinner.

Papwa had something to work toward in the future – caddies were allowed to play on Monday mornings as long as they evacuated the greens in time, and there were caddie competitions. Barely knowing the names of the clubs – a wood, an iron, a putter –  and barefooted (as he used to be on the beach), and his grip unorthodox, he struck a ball from a bunker and it ran on to the green and into the hole – probably a fluke, thought the onlookers.

The enthusiasm for playing, however, was not affected by the restrictions of playing only on Mondays. It was soon clear that Papwa was a prodigy on the course. At 11 he was winning competitions, a true genius at the game. He wished his father was there to see. But like his father he needed to get a proper job as one day he, too, would have a family. He wondered, and it plagued him: What would he do? Eventually he found work as a thread-cutter in a garment factory in Prince Edward Street in Durban. But three years later once again he was earning money caddying, and his golfing prowess was good enough for him to win the highest competitions in the non-white golfing world.

Case’s narrative keeps the tension of the story. She weaves the politics into the story of Papwa, for example the effect on society at the time of the 1949 Indian and African riots, which was when Papwa got married. Marred by the memory of being chased by African hordes his bride, Suminthra, was not unaware of the socio-political landscape. She had needed a groom, and Papwa was it, one who might not have been financially secure but nevertheless was prepared to do his best for the family. Suminthra looked like a princess in her pink sari threaded with silver. The marriage scene in all its splendour is covered in chapter 17. It makes for good movie-making, Bollywood style. Papwa was smart in his patent-leather Crocket & Jones.

papwa_completegolfer

Photo: http://www.compleatgolfer.co.za/magazine/other-tour/

The following chapter describes the “seven steps” considered the most important in a Hindu wedding. The couple took up residence in a house in the politically active Seven Tanks, nothing more than a shack. Case creates vignettes, such as descriptions of Hindu traditions; the bride is not expected to perform housework …

Romilla was born to them, and the newly elected National Party’s brutal race laws were reinforced.

Papwa continued to be successful at golf, winning titles in the 1950s, and the tabloids reported on his successes. Caddying was the family’s bread and butter, and it was vital to keep a steady income flowing in, and a growing family increased with the birth of Beepraj.

The year 1956 saw the removal of coloureds from the voting roll; it was the year after the writing up of the Freedom Charter, followed by the Treason Trial. JG Strijdom, followed by HF Verwoerd, saw the NP enshrine its policy of race absolutism. Not even the close relationship with the influential Graham Wulff would see Papwa participating and competing in white tournaments yet. The times were reminiscent of the Ghetto Act which reduced Indians to menial labour. Now there were added to this the Separate Amenities Act, the Group Areas Act, and so many more heinous laws that took away opportunities for blacks. Maybe the thought of Bambata playing in the British Open brought on the idea that Papwa should venture abroad to play there. There he would meet Gary Player, South Africa’s best known of all golfers, but at huge expense, as he had to leave behind his mother, wife and children.

He went on to gain much success, winning the Dutch Open in 1959, 1960 and 1964. Back home Verwoerdian ideology excluded blacks in every sector of society, not least sport. While in Europe Papwa was playing alongside the greats such as Bobby Locke, playing with them in tournaments in Britain, France and Germany, and with fans from all over following his career, including whites from South Africa, the race laws in South Africa were being tightened up even more. He was earning a reasonable living from advertising money, as well as from wins in tournaments. He was now a member of the British PGA.

Then he decided to return home, and there he met with further success, winning the Natal Midlands Non-European Championship and succeeding Basil D’Oliviera as the Golden City Post’s sportsman of the year. But he might have been seen in the way that the Nazi Government saw Jesse Owens, a successful athlete who took the honours in four events, winning gold medals in them all, at the 1936 Olympic Games in Berlin. This is not what the white hegemony wanted to see, neither at the time in Germany, nor in the NP racist-led government in South Africa. His country’s political landscape was not a pretty one for blacks. Especially not after Harold Macmillan’s warning about change to come in Africa (1960) followed by the events at Sharpeville (1960). Except for Papwa, it seemed that things were looking up, as later, in the ‘60s he was the first non-white player to play in the South African Open. The contrasts are graphically sketched in the Case novel.

At this time, South Africa’s racial profile abroad had been severely tarnished. A sequence of demonstrations in Australia and New Zealand had ensued, and the issue around cricketer Basil D’Oliviera, playing cricket for the Middleton Cricket Club, formerly denied the opportunity to play without restriction in the county of his birth, gained great publicity. It was a time of severe pressure on the National Party government. The White Football Association was suspended from FIFA in 1961. Now playing on golf courses reserved for whites, Papwa’s magnificent game escalated and gained white support – not the kind of thing the apartheid government enjoyed. And his success at the game was a fine way to generate income. It was Papwa’s work – after all, he was a professional golfer. Case provides the statistics: who Papwa played, where, when, what the score was, all a sign of meticulous archival research. Also explained is why certain elements have been omitted and certain characters left out and their faces changed, for privacy.

The year 1962 was a disappointing one as the tide started turning against Papwa as far as participation in tournaments in South Africa were concerned. Limiting his chances to play restricted the family’s income. Not even the support from the top ranks in the golfing world could persuade the authorities to allow Papwa to enter national tournaments, yet his performance in the non-European tournaments was riveting.

And then the breakthrough came: he played in the 1963 Natal Open, convincingly winning the event and beaming with pride to receive the trophy and cheque. But he had to receive the trophy in the rain because he did not have a permit from the Group Areas Board as a black man to play in a white man’s tournament and be allowed inside the premises – hence the headlines in the local newspaper: “The Glory and the Shame”. This is the story of South Africans such as Papwa forced to be second-class citizens in their country of birth.

And playing abroad was no longer as successful, and the Papwa Trust Fund was drying up. Remarkably, however, Papwa’s success on the South African circuit continued, taking the Natal Open in 1965, ahead of Gary Player, the second time he won this prestigious tournament. It is sheer irony that but for apartheid South Africa could have had two persons of the likes of Gary Player. And then later in the same year he came within a few strokes behind Retief Waltman of winning the South African Open. Then followed the severest of all blows, a banning on him in 1966 – irony: the year of Verwoerd’s assassination – from playing in all white local tournaments. Having his passport withdrawn essentially took away his earning a living. With his soul amputated he began declining. The politics of sport entered the South African sporting arena more forcibly and on a much larger scale than ever before, nomenclature-dominated: multiracial versus multinational. Case makes these clear distinctions; she has done the research!

So while it might have been OK for blacks to play on sport turfs in the open or stand in the rain receiving trophies, no way would they be allowed by the NP government to socialise alongside whites or have a beer together at the bar after the game. 

Sadly, Papwa was not yet 50 when he died in 1978 from a heart attack.

Case’s story carefully examines a life that was lived “in triumph and in loss”. It should be read alongside the 2005 biography written by Christopher Nicholson and published by Wits University Press: Papwa Sewgolum: From Pariah to Legend; and there is a documentary film about his life: Papwa: The Lost Dream of a South African Golfing Legend. In addition there is a memorial plaque in honour of Sewgolum that was erected at the Durban Country Club in 2005.

But ultimately no memorial, no biography, no written account or account of any other nature will be able to reflect the ignominy, hurt and shame that the crippling racial laws inflicted on the emotions of the majority of South Africans restricted from participating in the broadest possible opportunities – such as to play golf when they wanted to, loved it and were good at it. Case has at least achieved giving one a glimpse of the reality of their triumph and their loss. The story of Papwa is a glowing example.

The post Book review: Papwa - Golf's Lost Legend by Maxine Case appeared first on LitNet.

Boekresensie: Sugar Man – The Life, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez

$
0
0

sugarman650

Sugar Man – The Life, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez
Craig Bartholomew Strydom en Stephen “Sugar” Segerman
Penguin Books SA
ISBN: 9781770228146

kooskombuisokt15.600

Koos Kombuis (foto: Naomi Bruwer)

Min van ons wat jonk en rebels was as jongmense in die Ou Suid-Afrika sal nie weet wie die musikant Rodriguez is nie. Die meeste van ons kan verskeie van sy liedjies neurie en ons ken sy lirieke.

Rodriguez se gewildheid in Suid-Afrika onder die apartheidregime is legendaries – en niemand het daardie merkwaardige verhaal meer skouspelagtig vertel as die Sweedse filmmaker met sy dokumentêre film Searching for Sugar Man, wat sedert 2012 met tientalle pryse, insluitend ‘n Oscar, bekroon is nie.

Nie net is die verhaal van Rodriguez – die mislukte Amerikaanse sanger wat jare lank in feitlik totale obskuriteit in sy tuisdorp in Detroit gewoon het voordat hy gehoor het dat hy derduisende aanhangers aan die ander kant van die aardbol het – legendaries nie, dit is ook paradoksaal. (Ek het self reeds my eie probleme met die Rodriguez-mite verwoord in Ver in die Wêreld, Sushi!, so dis nie nodig om daardie invalshoek weer hier op te haal nie.)

Nou, drie jaar na die geweldige sukses van hierdie rolprent, verskyn die volle verhaal vir die eerste keer in boekvorm, geskryf in die derde persoon deur twee van die sleutelspelers in die drama self: Craig Bartholomew Strydom en Stephen “Sugar” Segerman.

Ek onthou dat toe ek destyds die film die eerste keer gesien het, ek byna in trane was. Dit was ‘n wonderlike verhaal, puik vertel, vol drama en patos, en natuurlik met die onbeskryflike klankbaan van Rodriguez se musiek self.

Sedertdien is Rodriguez nie meer ‘n obskure musikant nie. Hy het verskeie besoeke aan Suid-Afrika gebring sedertdien, en is ook – dis ‘n feit wat, vreemd genoeg, verswyg word in die film – bekend in Australië. Intussen het hardnekkige gerugte deur die plaaslike musiekbedryf begin sirkuleer dat alles nie meer so goed gaan met die Rodriguez-legende en met die mense in sy dampkring nie.

Dit is dalk ‘n goeie ding dat hierdie boek – wat tog ‘n tipe exposé is – dus op so ‘n vreemde tyd verskyn, drie jaar na die groot filmsukses. Hoewel mens dit nie sodanig as ‘n aanval op Rodriguez kan of wil sien nie, kom heelwat dinge nou, “after the fact” (pun intended) aan die lig wat ons, die lesers, konfronteer met die feit dat die Rodriguez-mite ook sy donker kant het. Dit laat die leser ongemaklik voel, en veroorsaak dat hierdie nie altyd ‘n maklike of plesierige boek is om te lees nie. Sonder om ooit persoonlik te raak of ons held op enige manier te probeer seermaak, vertel Segerman en Strydom vir die eerste keer die volle verhaal agter die mite. Die boek is dus ‘n antiklimaks, maar dis ‘n nodige antiklimaks, want dit komplementeer die gebeure waarop die film gebaseer is en bring ‘n mate van koue perspektief en noodsaaklike realisme, hoe pynlik ook al.

Ons hoor vir die eerste keer dat Rodriguez laat was vir sy eie rolprent-première. Daar word aan ons vertel dat hy nie opgedaag het by die Oscar-seremonie nie. Vir die eerste keer hoor ons hoe hy soms vasgesit het met sy beste vriende en promotors, en hoe hy meer as een keer nie die verhoog wou betree voor iemand nie bereid was om vir hom dagga te gee nie. Dit is pynlik om te ervaar hoe Rodriguez, die groter-as-werklikheid-legende, aarde toe gebring word deur die eenvoudige openbaarmaking van sy eie menslike beperkinge. Mens kan nie anders as om te wonder oor ander dinge nie, soos hoekom hy sedert sy jeug nooit weer nuwe musiek geskryf het nie. I wonder ...

Ten slotte dring die skokkende besef tot jou deur dat sy obskuriteit in sy eie land nie net te make gehad het met toeval of ‘n ongelooflike sameloop van omstandighede nie, maar waarskynlik veroorsaak is deur sy eie gebrekkige selfpromosie en ekstreme introversie – hoe bemark ‘n platemaatskappy in elk geval ‘n nuwe sanger wat aandring daarop om lewende vertonings te gee met sy rug na die gehoor?  

Hierdie nuwe Sugar Man-verhaal is goed geskryf, by tye stilisties briljant, en Robert Plummer se redigering is, soos altyd, byna onverbeterlik. As daar, benewens die ongemak wat die storielyn bring, dele in die boek is wat moeilik is om te verteer, is dit dalk die magdom besonderhede en name wat orals opduik. Daar is so baie randfigure dat jy nie altyd die rolspelers as driedimensionele karakters kan ervaar nie.

Ek sou ook graag meer wou geweet het oor die onverklaarbare selfmoord van die filmmaker Bendjelloul so kort na sy eie grootste sukses; dit kom onverwags en sonder enige skynbare rede. Mens kan egter nie die skrywers hiervoor blameer nie, want dit is duidelik dat hierdie tragedie hulle net so onkant betrap het as vir die res van die wêreld. Dalk moet ‘n mens juis bly wees dat hulle nie geswig het voor die versoeking om hierdie gebeure melodramaties aan te bied of voor te gee dat hulle meer geweet het as wat hulle weet nie.

Na alles is Sugar Man – The Life, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez ‘n bittersoet leeservaring, by tye ‘n moeilike boek om deur te worstel, maar, in historiese konteks gesien, tog ‘n broodnodige en lywige voetnota tot ‘n mediasprokie wat sonder hierdie reeks regstellende feite dalk vir altyd net te goed sou geklink het om heeltemal waar te wees.

The post Boekresensie: Sugar Man – The Life, Death and Resurrection of Sixto Rodriguez appeared first on LitNet.


Boekresensie: Megastructures and Masterminds deur Tony Murray

$
0
0

megastructures250Megastructures and Masterminds
Tony Murray
Tafelberg, 2015
ISBN: 9780624072768

Mega Structures and Master minds, met die subtitel Great Feats of Civil Engineering in Southern Africa, vertel die interessante verhaal van sommige van die mees merkwaardige siviele-ingenieursprojekte wat in Suider-Afrika onderneem is. Elkeen van die 33 hoofstukke is die resultaat van deeglike navorsing oor die konstruksie van groot strukture soos bergpasse en tonnels, brûe, damme, hawens en vuurtorings.

Die skrywer delf diep in die sosiale en ekonomiese omstandighede wat aanleiding gegee het tot die konstruksie van elkeen van die 33 projekte, die politiekery agter sommiges daarvan (bv tydens die konstruksie van Sir Lowryspas, wat halfpad deur gestop is deur die Britse regering), die tegnologiese uitdagings wat in die gesig gestaar moes word, die boukoste, en veral die ingenieurs wat die ontwerp- en konstruksiewerk onderneem het. Dikwels moes hulle hul verbeelding oortyd laat werk om deur inspirasie, vernuwing, volharding, vernuf en tegniese kundigheid die vele uitdagings die hoof te bied. Hy behandel voorts die ekonomiese stimulus wat die gevolg was van sommige van die projekte, veral deur die oopstel van die binneland deur bergpasse en tonnels.

Die 33 projekte sluit in die konstruksie van die Swartbergpas, Tafelbaaihawe, Du Toitskloofpas en die Hugenotetonnel, Lesotho Hoogland-waterskema, en buite die grense van Suid-Afrika die brug by die Victoria-waterval, en die Karibadam. Uit vervloë se dae word die interessante verhale vertel van die ontwerp en bou van Ou Kaapseweg, die Chapmanspiek-roete, Voortrekkerweg in Kaapstad, Bainskloofpas, en die Agulhas-vuurtoring. Minder bekende bouwerke soos die hawehoof by Shark's Rock in Port Elizabeth, die Boegoebergdam en die Philiptonnel by Hankey in die Oos-Kaap kom aan die orde.

Dit is nie nodig om die hoofstukke in chronologiese volgorde te lees nie. Die lekkerte is dat die leser kan bontspring van voor na agter en agter na voor, aangesien elke hoofstuk op eie pote staan, en nie ʼn historiese tydlyn volg nie.

Tegniese uitdagings en ingenieurstegnieke vir die oplossing daarvan word in eenvoudige, nievakkundige taal beskryf en verduidelik sodat selfs die leek kan verstaan wat aangaan. Die uitdagings was dikwels enorm: Thomas Bain, seun van die vermaarde Andrew Geddes Bain (bouer van die Bainskloofpas), het die Swartbergpas tussen 1883 en 1888 gebou. Hy moes, soos sy vader, die werk onderneem sonder vandag se landmeterstoerusting om die roete en hellings te bepaal, sonder stootskrapers en masjienaangedrewe padwerktuie, en sonder vragmotors om materiaal en werkers te vervoer. Die pas is uiteindelik in Januarie 1888 teen ʼn koste van £14 500 voltooi. Vanweë kostebeperkings moes hy noodgedwonge gebruik maak van ongeskoolde bandiete-arbeid, wat sy eie uitdagings gebied het.

Nie al die konstruksies sou as "mega" beskryf kon word in vandag se terme nie. Wat egter onthou moet word, is die tydraam waarin die werk gedoen is, in baie gevalle sonder hedendaagse moderne konstruksiemasjinerie en siviele-ingenieurspraktyke. Vir hulle tyd het dit inderdaad reuse tegnologiese en ekonomiese uitdagings gebied. So byvoorbeeld is reeds in 1847 begin met die konstruksie van die Suikerbrug oor die Buffelsjagsrivier, sowat 12 km buite Swellendam. Die bouwerk het drie jaar geduur. Met ʼn spanwydte van 100 meter sou dit die langste brug in die Kaapkolonie wees. Die ingenieur in bevel was William Atmore, en die ontwerp is onderneem deur sy assistent, John Skirrow, wat oorlede is voordat met die konstruksie begin kon word. Per toeval het die skip Robert, op pad van Birma na Engeland, vroeg in 1847 by die monding van die Lourensrivier gestrand. Aan boord was ʼn vrag kiaathoutbalke, elk 12 meter lank. Atmore se bod van £400 vir die houtbalke was suksesvol, en dit is per ossewa na die konstruksieterrein vervoer (teen die buitensporige vervoerkoste van £800) vir die bou van die padoppervlak van die brug.

Portlandsement was destyds nog onbekend, en die boublokke vir die agt steunpilare en twee eindankerpilare moes met gips, ingevoer vanaf Montmartre in Frankryk, geheg word. Omdat gips snelstollend is, is suiker as stollingsvertragingsmiddel gebruik, vandaar die naam Suikerbrug Die brug is, na verdere drama rondom die persoon van Atmore en vals aantygings van wangedrag, in 1852 amptelik geopen en dit het vir 101 jaar die verkeer van die Tuinroete oor die huidige N2 hanteer.

Ewe interessant is die konstruksie van Sir Lowryspas deur majoor Charles Mitchell, landmeter-generaal en siviele ingenieur van die Kaapkolonie. Die ou roete oor die Hottentothollandskloof na die Overberg was gevaarlik, en selfs lady Anne Barnard het in haar geskrifte daaroor gekla. Tot vyftig osse moes ingespan word om ʼn ossewa oor die steil hellings te trek. Die waspore wat in die klip ingevreet is, is tot vandag toe sigbaar. Dit is beraam dat 4 000 ossewaens die roete in 1823 gebruik het (gemiddeld elf per dag), waarvan 800 tydens die rit beskadig of vernietig is.

Sir Lowry, wat in 1828 as goewerneur van die Kaapkolonie aangestel is, het Mitchell versoek om ʼn oplossing te vind. Sy voorstel was ʼn nuwe bergpas, waarvan die totale konstruksiekoste £2 682 8s 6d sou bedra – veilig genoeg vir ʼn kar met twee perde.

In die verwagting dat die koloniale kantoor in Whitehall, Engeland, die projek in elk geval sou goedkeur, gee Cole opdrag aan Mitchell om intussen met die konstruksie te begin. Whitehall oordeel egter anders en weier om die bou van die pas te finansier. Sou dit voortgaan, sou sir Lowry uit sy eie sak daarvoor moes betaal. Halfpad deur word die werk dus gestaak; die inwoners van die Kaap was ontstoke, en besluit om self te betaal vir die voltooiing van die pas.

ʼn Nuwe koloniale sekretaris in Londen word egter oorreed om goedkeuring te gee dat die koloniale regering sal betaal vir die voltooiing van die pas. Dit word ingewy op 6 Julie 1830 met ʼn triomfantelike Mitchell wat met ʼn perdekar, getrek deur slegs twee perde, daar oor ry, gevolg deur vier ossewaens. Die pas, vernoem na sir Lowry Cole, se tolhekinkomste in die eerste jaar was £490, ʼn goeie opbrengs op die totale belegging van £3 000.

Die skrywer beperk hom tot funksionele siviele-ingenieurskonstruksies soos bergpasse en tonnels, brûe, damme, hawens en vuurtorings. Die konstruksie van groot monumente, soos die Voortrekkermonument en Vrouemonument, het ewe groot tegnologiese uitdagings gebied, maar word nie behandel nie. So byvoorbeeld was die konstruksie van die obelisk van die Vrouemonument, wat in 1913 onthul is, in die dae voordat vragmotors vir vervoer, masjienaangedrewe klipgroefwerktuie en hyskrane bestaan het, vir hul tyd reuse-uitdagings. Gelukkig is baie van die 33 groot projekte wat in die boek opgeneem is, tot nasionale monumente verklaar.

Die boek is ryklik geïllustreer met kleurfoto’s en padkaarte, en lig die leser in oor hoe om die betrokke plekke te besoek. Die vuurtoring op Roman's Rock in Valsbaai is byvoorbeeld nie toeganklik vir die publiek nie, maar bootritte om die vuurtoring van naby te besigtig is vanaf Simonstad beskikbaar.

Die boek vestig die aandag op die groot taak wat aan siviele ingenieurs gestel word om die bronne van die natuur te tem (die barrage oor die Vaaldam, die Bulshoekdam by Clanwilliam), te voorsien in die mens se behoeftes aan skoon water, sanitasie, paaie en bergpasse, en strate in en tussen stede en dorpe, en hawens, en terselfdertyd bewaarders van die omgewing te wees met omgewingsvriendelike megastrukture. Die gewone leser wat belang stel in die geskiedenis van ons land se ontwikkeling sal die boek ʼn genot vind om te lees.

The post Boekresensie: Megastructures and Masterminds deur Tony Murray appeared first on LitNet.

Boekresensie: Skrik op die lyf saamgestel deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard

$
0
0

skriflyfTitel: Skrik op die lyf
Samestellers: Deborah Steinmair en
Gerda Taljaard 

Uitgewer: Tafelberg Uitgewers, 2015
ISBN: 978-062407-473-1

Die splinternuwe kortverhaalbundel Skrik op die lyf, saamgestel deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard, bevat 46 vreesaanjaende grilverhale.

Skrywers soos Marié Heese, Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, Karin Hougaard, Cecile Cilliers, Malene Breytenbach, Lien Botha, Herman Lategan, RR Ryger, Kerneels Breytenbach en Marion Holm, asook ’n hele paar nuwe bangmaakstemme, skryf hierin oor allerlei onverklaarbare bangmaakhede: spoke, welgeeste,  goëlery, krapgeeste, dwaalgeeste, fortuinvertellers, stigmata, wonderwerke, sieners, séances, sangomas, tokkelosse, djins, spookligte en nog meer.

Hierdie bundel is die resultaat van ’n blitskompetisie deur Taljaard en Steinmair, in samewerking met Tafelberg Uitgewers.

Deborah Steinmar het ’n BA-graad in Engels en drama behaal en is tans vryskutskrywer. Haar debuutroman, Marike se laaste dans”, is in 2011 bekroon met die Jan Rabie Rapport-prys. Haar nuutste raaiselroman, Moestas, het onlangs verskyn.

Gerda Taljaard het reeds as student verskeie pryse vir kortverhale ontvang. In 2006 wen sy die De Compagnie-prys vir beste kortverhaal en dit word opgeneem in die versamelbundel Die melkweg het ’n ster laat val. Haar debuutroman, ’n Engel in die hoenderhok, het in 2009 by Tafelberg verskyn.

Ek skrik nie vir koue pampoen nie en daarom verg dit regtig ’n boek wat sy man kan staan in die grilverhaalafdeling om my nekhare te laat rys. Hierdie boek kry dit gemaklik reg. Elke denkbare scenario is deur die skrywers gebruik om jou wildste vrese waar te laat word. Soos Marié Heese se verhaal, “Haar maaksels”, waarin die vier reeksmoordenaars in haar boeke lewe kry en haar op ’n afgeleë strand in ’n strandhuis beetkry; of Nicholas Hattingh se “Boekbevloek” waar die karakters uit stapels boeke ’n man se lewe bedreig en hom van sy kop wil maak; of Fanie Viljoen se “Dors”, waar ’n nuwe bloedjie op die plaas ’n vreemde kind is van wie blyk dat hy hiënabloed in sy are het. Marion Holm se “Blinde geloof”, van die blinde meisie op die verhoog wat hulp kry van ’n vreemde jongman wat niemand anders kan sien nie, maar die nag het die teenwoordigheid gevoel; die wêreld het asem opgehou vir die geweldige storm en diere het onrustig geraak, maar die storm het nooit gekom daardie nag van 13 November 1985 nie ...

Die verhale is kort – net lank genoeg om jou in te trek – en net soos jy voel jy kry jou sit en begin lekker lees, kom die kolskoot van vrees en slaan jou op die maag.

En moenie glo jy kan net een of twee lees nie. Maak nie saak hoe makaber die stories nie, hoe bang jy is vir die skaduwee in die hoek nie, omblaai sal jy en nog een en nog een lees.

Die verhale is ’n bewys dat jy nie baie woorde nodig het om iets treffend te vertel en jou leser se aandag gevange te hou nie. Ideaal vir diegene wat nie tyd of energie ná ’n uitputtende dag het vir lang stories lees nie.

Skrik op die lyf is ook as e-boek beskikbaar.

The post Boekresensie: Skrik op die lyf saamgestel deur Deborah Steinmair en Gerda Taljaard appeared first on LitNet.

Boekresensie: Liefde is 'n sprokie, saamgestel deur Santie Nel

$
0
0

liefdesprokieTitel: Liefde is 'n sprokie 
Samesteller: Santie Nel
Uitgewer: Human & Rousseau
Kategorie: Fiksie vir jong volwassenes
ISBN: 9780798170284

Liefde is ‘n sprokie is ‘n lekker versameling liefdesverhale geskep deur die Fynbos-skrywers, ‘n groep skrywers wat sedert 2010 al saamskryf onder die wakende oog van die sameroeper en administrateur, Santie Nel. Hierdie groepie is saamgestel uit mense wat saam ‘n kinderboekskryfkursus bygewoon het en toe begin saam skryf het met die doel om ‘n liefde vir lees by kinders te kweek. Die stories in Liefde is ‘n sprokie is geskryf deur 12 van die 30 Fynbos-skrywers en is 22 kort liefdesverhale wat op bekende sprokies geskoei is. Bydraer Elsabè van der Colff het ook pas die ATKV-prys vir die selfleeskategorie (gr 4–5) vir Nina en die funky eksperiment ontvang, so beslis nie ‘n klompie wat lig in die broek is nie.

Hierdie tienerfiksieboek se teikenmark is 13–15-jariges. Wat hierdie stories interessant maak, is dat hulle losweg gegrond is op bekende sprokies, gegeur met die realiteit van vandag se lewe. Dit bevat die basiese gegewe van die ou sprokie met ‘n moderne kinkel. Daar is ‘n paar verwerkings van “Skoonlief en die Ondier”, soos “Bleeksiel en die skoolhunk” en “Wipstert en Krok se wals”, en die Slapende Skone wat slegs ‘n kameeverskyning in een van die stories maak. Die Paddaprins word weer op sy beurt die Brilpaddaprins en Vingerhoedjie kry haar eie prins!

fynbosskrywersVan ouds af handel sprokies oor gesinsverhoudings, en hierdie sprokies met ‘n kinkel is geensins anders nie. Dit handel dikwels oor die tienerprobleme binne die gesin en hoe die hoofkarakter in die verhaal dan hierdie probleme moet oorkom. Op biblioterapeutiese vlak kan hierdie sprokies gesien word as ‘n tipe katarsis, omdat die tiener sy eie vrese, frustrasie, onsekerheid en jaloesie aan die hand van die sprokie of storie kan deurwerk. Die sprokie word gewoonlik gesien as iets wat uitloop op ‘n gelukkige of goeie einde – die oorwinning van goed oor kwaad. Dit wentel om die uitsorteer van probleme. Hierdie oplossing van probleme word dikwels in hierdie stories deur die karakters se eie vernuwende aksie teweeg gebring, maar dikwels ook met die hulp van ‘n onverwagte buitestander. Dit is dikwels in hierdie verhale die randfiguur met die letsels, lelike bril of krukke wat op die ou end die heldin te hulp snel of “red” van die jock wat op die ou end die eintlike wolf of vark in die verhaal is.

Hierdie verhale plaas tieners in die sentrum van hul eie lewensverhaal en gee hulle ‘n stem om hulself en hul gevoelens mee uit te druk. Wat interessant is, is die kernwaarheid of die basiese gegewe van die sprokie wat deurgaans in Liefde is ‘n sprokie behoue bly. Na samestellers soos die Grimm-broers sprokies begin opskryf het, is sprokies telkemale en oor eeue heen herskryf, met dikwels klein veranderings en toevoegings uit ‘n eie sosiokulturele milieu.

Elsabe Steenberg skryf in haar inskrywing oor die sprokie op Literêre Terme en Teorieë dat “die feit dat die basiese gegewe behoue gebly het en tot vandag toe oorleef en geliefd is by kinders, bewys dat die essensie en nie ‘n bepaalde klimaat nie, die kern van die sprokie is.” In hierdie boek word die leser gekonfronteer met hedendaagse, sosiokulturele probleme van geweld, misdaad en dwelms, groepsdruk, egskeidings en dood waarmee alle tieners op een of ander manier in hul alledaagse lewe gekonfronteer word. Die sprokie help dan die kind of tiener om hul probleme te aanvaar of te verwerk deur ‘n tipe van “ek is nie alleen nie”-identifikasie.

Die byna mitiese struktuur van die sprokie spreek tot die kollektiewe onbewuste en verskil slegs op sosiokulturele vlak van kultuur tot kultuur. Dit verteenwoordig ‘n kernwaarheid wat op fiktiewe wyse oorgedra word. Net soos elke kultuur byvoorbeeld sy eie skeppings- en vloedmites het, maar wat verskil in terme van kulturele gegewens, so ook vind mens variasies van dieselfde sprokies wat dwarsoor die wêreld bekend was nog voordat daar geredelike kontak tussen verskillende volkere was (Literêre Terme en Teorieë):

Die siening word gesteun deur die feit dat variasies van dieselfde sprokies dwarsdeur Europa bekend was in ‘n stadium toe die verskillende lande geen kontak met mekaar gehad het nie, as sou ‘n kollektiewe onbewuste wat oral met identiese probleme te doen gehad het, dit op dieselfde verhaalmatige wyse verwoord het. Van Aspoestertjie is bv honderde variasies opgeteken.

Dit is juis hierdie bekendheid van die verhale wat die sprokies in hierdie bundel so geslaagd maak, omdat die leser maklik die bronsprokie, en dus ook die kernwaarhede daarin, kan herken.

Een van my gunstelingverhale was “Vlam von Huten”, wat die Rooikappie-sprokie op sy kop draai. Vlam, ons hedendaagse Rooikappie, is letterlik ‘n rooikop en sy woon op die sprokiesagtige dorpie Woudenburg, waar sy op haar fiets deur die strate ry en vir haar ouma in die ouetehuis, die Toevlug Aftreeoord, gaan kuier. Die wolf is hier Wolfie, of Wolfgang, wat eintlik die goeie ou is wat haar op die ou end red. Dis die rugbyspelende hunk Shaun Woods, die “houtkapper”, wat die skurk in die verhaal is en haar letterlik in en om die bos probeer lei.

‘n Ander interessante storie is die een oor ‘n moderne Rapunsel, Munah, in “‘n Vlegsel in die son”. Interessant genoeg is dit nie ‘n nare stiefma wat haar in ‘n toring toesluit nie, maar haar eie, liefdevolle, maar oorbeskermende ma wat haar dogter laat voel asof sy toegesluit is vanweë haar begeerte om haar dogter veilig te hou in ‘n gevaarlike samelewing. Sy maak seker dat sy te alle tye weet waar haar dogter is en dat sy haar altyd by die skool gaan oplaai vir ingeval sy iets oorkom as sy alleen huis toe sou stap. Natuurlik, soos dit enige goeie sprokie betaam, is dit juis die dag wat Munah uiteindelik op haar eie huis toe stap in ‘n poging tot selfstandigheid dat sy werklik ontvoer en toegesluit word. Weer eens, soos met die oorspronklike sprokie, is dit haar lang, blonde vlegsel wat haar red wanneer sy in die bak van die ontvoerder se kar die lig uitskop en haar vlegsel by die gat laat uithang totdat haar vriend en redder, Henri, haar vlegsel sien en tot haar redding kom.

Sprokies het ‘n eenvoudige struktuur en die opbou van spanning vind vinnig plaas, sodat dit na verlossing kan lei. Die kortverhaal is dan ook die perfekte genre om hierdie sprokies in te “herskep”. Die leser van hierdie ouderdomsgroep kan deurgaans identifiseer met die karakters, alhoewel hulle telkens met volwasse probleme en situasies gekonfronteer word, wat dit ‘n geslaagde tienerboek maak. Hierdie idee dat hulle nie meer besig is met “die dinge van ‘n kind nie” is waarom daar ook verwys kan word na jeugliteratuur as oorgangsliteratuur. Selfs volwasse lesers met ‘n bietjie tienerherinnering in hulle sal hierdie boek vol liefdesprokies terdeë geniet.

The post Boekresensie: Liefde is 'n sprokie, saamgestel deur Santie Nel appeared first on LitNet.

Book review: The Fetch by Finuala Dowling

$
0
0

thefetch250

The Fetch
Finuala Dowling
Kwela, Cape Town
ISBN: 9780795707179

“Transformation” is a word that at present is being tossed about in the political and social air, kept afloat by accusations and defensive appeals, among other pronouncements. Novels like The Fetch suggest a way of opening up the word to apply it – along with its meanings of change and progress – to literature. This entails going back to 1984, to a keynote address by Njabulo Ndebele.

Ndebele, a writer who is also one of our most perceptive and prescient cultural critics, titled this address “The Rediscovery of the Ordinary”. It has since been published in a collection of essays (1991). In this collection, referring predominantly to black protest writers, Ndebele says that in South Africa literature had “located itself in the field of politics” and that “it has done so without discovering and defining the basis of its integrity as an art form” (1991:85). One of the results of this failure was, he says, its reliance on a “highly dramatic, highly demonstrative form of literary representation”, devoted to “the highly organized spectacle of the political wrestling match of the South African social formation” (1991:31).

Even today, more than 20 years after the abolition of formal apartheid, biographies and other non-fictional forms that often recall the violence of the apartheid period remain popular in our country. But what is happening in the field of fiction? Fortunately for the development of the art form we have writers like Dowling and novels like The Fetch, for in The Fetch Dowling asserts precisely the central value of “the ordinary”, doing so through plot, character and style.

Her style is plain – neither “highly dramatic”, nor “highly demonstrative”. It does not draw attention to itself:

A couple sat at a window table, eating, but otherwise the restaurant side of things was empty. Sharon was at work in the shop section. She directed Nina outside. On the deck, her husband Neville was moving three tables together in preparation for the meeting. (15)

There is no exhibition of cleverness, though the tale is peppered with Dowling’s characteristically subtle (and clever), sly wit and humour. Worms in a worm farm are described as leaving “no apricot stone unturned” (14). There is also no strenuously figurative or descriptive language, though there are controlling motifs, such as the “fetch” of the title which attracts metaphorical meaning. As defined in the front of the book, it may mean “the distance that a wave travels without impediment before reaching the nearest coast”, but for some in this coastal community it is a reminder of the stretch of time that encompasses a life or a period in a life. Chas dies prematurely, of Aids. For Nina and William, after years of emotional toing and froing, the “coast” they fetch up on is each other.

Dowling’s metaphors do not merely adorn, they earn their keep, as in “transforming her mousy words into dapper footmen in shiny livery”, where the imagery is part of a sustained, but not insistent, critique of Nina’s approach to her emotional and sexual life – one of naive idealisation fed by fairy tales and popular romance.

A particular source of pleasure in this novel is the finely observed, exact descriptions of place. Place is the small settlement of Slangkop, near the lighthouse close to Kommetjie, and the ridges behind Slangkop. Such exactness signals not merely the importance of place to author and character, but also, as the plot reveals, that one is more likely to achieve happiness if one sees as clearly as possible, if one engages with experience to the full extent of the senses, with attention, clarity of mind:

Although the Slangkop sign was clear – bold black writing on a white background – there was no immediate evidence of human settlement. You had to look closely to see where the untarred access road began its plunge through the reeds and milkwoods to the sea.

To allow [the van] to pass they had to step backward into the fynbos. Their action disturbed a sunbird in a sugarbush: he ceased his tseep-tseep and flew away. The women stood for a moment among the sea roses and fragrant buchu, watching the bakery van making its perilous way down to the plateau. (3)

We’re on the first page and, located in Nina’s consciousness, we are invited to note her imaginative sympathy with those who built the road – they were probably convicts – as she “touches the stone of the cutting”; meanwhile her other senses – visual, aural, and nasal – are all responding to her surroundings, making the reader’s experience felt, immersive. Dowling’s style bears the influence of values central to the narrative, such as attempting to perceive and care for / take care of what and who are materially real and close by, rather than what one may desire and so fantasise about. This is the lesson Nina learns as she transfers her affection from Chas to William.

The tale, then, follows a conventional trajectory: girl meets boy, but he, though glamorous, wealthy, a Prince Charming, is the wrong boy; as she shucks off the blindness of enchantment, the girl grows to appreciate the qualities of the more homely boy (who has always wanted her) and they marry, tidy up his messy house, and she falls pregnant. So far, so conventional. It is the South Africanness of this version, even its Western Capeness (the fynbos, for instance), as well as its mood – gently wry, humorous, stingingly satirical at times, but also with a tragic element that lends depth – that gives The Fetch freshness, originality and particularity.

Dowling – who began her writing career as a poet, for which she has won the Ingrid Jonker Prize, the Sanlam Prize for Poetry, and the Olive Schreiner Prize – won the 2012 M-Net Literary Award for her first novel. The Fetch is her fourth. In The Fetch, a group of neighbours interact with one another in a small community over a period of years, as the novel’s sections move elliptically through time: the “politics” is that of the “ordinary”, of the necessity for kindness, taking care of one another, especially in times of need, individually and collectively. Through the hedonistic Chas Fawkes and his patrician mother, Dowling suggests the alienness and decline of ways of life reaching back to Britain as “home’. The name of the Fawkes’s house, The Midden, is ironic.

Chas’s is not the only death. Four among the small group of characters die, only one of them, Chas’s mother, having lived to what could be called a ripe old age. It is the death of Emmanuel, servant to Chas and his mother, that deepens the element of tragedy in the novel and makes it more than a comedy of manners. Emmanuel, when free to sit in his room, which is outside Chas’s large house, endeavours to extend his constricted world through knowledge. Nina, who is a librarian, brings him books and a radio on which he can listen to the BBC. Of his language proficiency, Nina thinks that it marks a heroic struggle to survive:

Emmanuel’s language was not really broken Afrikaans or broken anything. It was an idiolect made up of words garnered from his travels across southern Africa, all held together with mime. And something else: sheer will, Emmanuel’s determination that his interlocutor would understand him. (81)

When Chas, to whose service he has been devoted, says he suspects him of stealing, William is devastated by the realisation that he has failed to be understood by the most significant person in his life, and the old man’s will to live collapses. Chas, in effect, kills him. And Dowling captures in this sad tragedy, of an ordinary, ageing servant and his pampered, thoughtless master, a glimpse of the callous brutality that inhered in the apartheid system, and that endures. Though the period is not specified (the narrative covers a stretch of eight years), the sanctioned intermingling of “black” and “white” in domestic and public spaces indicates the post-apartheid period.

William, by contrast with Chas (who is a lifelong friend), instead of throwing alcohol-fuelled parties, is attuned to nature, is loyal and tender towards his friends. No elegant prince, he is instead an eccentric, almost clown-like, suitor, badly dressed and capable only of very clumsy addresses to Nina. He frequently bores his companions with too much information about flora and fauna; his home has a random collection of creatures and is stuffed with a chaotic mix of bits and pieces that may come in handy. But we are meant to see that this kind man, like the proverbial “boer”, does frequently have a plan. As a result, he often comes to the rescue, even taking in an abandoned baby, and he does, with the help of Nina once she moves in, impose order in his home.

The most authoritative character in The Fetch is Fundiswa. She lives in the same block of flats as Nina. A nurse, she has been educated and once (as she constantly reminds her neighbours) worked for the WHO. Independent, she owns a flat and is having an enjoyable affair with a bishop. She is the source of wise advice (often ignored) about how the much younger Nina should conduct her emotional life.

There is much to charm and delight — not least some very funny dialogue — in this story about a motley ("mixed") group of South Africans living their "ordinary" lives and learning to express love for each other in practical ways.

Here it was, then, [Nina] thought, a marriage proposal. She wished William would stop swivelling in Chas’s chair and look a bit more capable of love. Not that she needed proof of that: it still shamed her to think how much the better friend he had been to Chas through his illness and death. The whole of Slangkop had relied on William during that time. And it didn’t end there. She depended on him … He would make a good husband, she knew: faithful, compassionate, practical. (306)

I suggest that Ndebele would approve of the aesthetic and community values promoted by this novel, and that such values are compatible with the change and progress required of transformation.

The post Book review: The Fetch by Finuala Dowling appeared first on LitNet.

Boekresensie: Grave Murder deur Jana van der Merwe

$
0
0

gravemurder250Grave Murder
Jana van der Merwe
Zebra Press
ISBN: 9781770227767

In 2011 is die stil en vreedsame gemeenskap van Welkom in die Vrystaat tot in sy fondasies geruk deur wat kenners beskryf as een van die grusaamste moorde in die geskiedenis van Suid-Afrika.

Die oorskot van die 23-jarige Michael van Eck is een oggend deur werkers by die Welkom-bergafplaas in ’n vlak graf gevind. Sy kop, sowel as sy een arm was nie in die graf nie. Die polisie op Welkom se hare het gerys toe hulle ondersoek instel en op die donker en vreesaanjaende motiewe van die moordenaars en die wyse waarop Van Eck vermoor is, afkom.

In Jana van der Merwe, gesoute misdaadjoernalis van Rapport en Beeld, se eerste boek, Grave murder, ontleed en bespreek sy hierdie moord. Sy skryf met presiesheid oor die ontdekking van Van Eck se lyk sowel as die haarfyn beplanning van die moordenaars.

Chané van Heerden was ’n stil, ingetrokke jong meisie, skryf van der Merwe. Vir haar ouers was sy nog altyd stil. Vriendelik teenoor hulle. Min het hulle geweet dat sy idees koester om diere en mense te slag. Sy en haar verloofde, Maartens van der Merwe, was ’n bloedige kombinasie in hulle drang om te moor en te skend. Sy wou slag en hy wou moor, skryf Van der Merwe. Saam het hulle rituele wat grens aan heksery en satanisme beoefen.

Van der Merwe se joernalistieke vaardighede en kleurvolle skryfvaardighede gee aan die boek ’n boeiende element wat jou in die middel van die moordtoneel en die hofkamer plaas. Al wat neul is die feit dat sy nie op die toneel was op die oggend toe die lyk ontdek is nie. Dit wil lyk of sy gebeure laat grens aan fiksie, aangesien sy heel moontlik haar inligting van die dag op hoorsê gekry het.

Afgesien daarvan kry sy dit reg om die aanloop tot die moord sowel as die hofgebeure na die tyd goed in chronologiese volgorde te rangskik. Dit maak dit maklik leesbaar en verstaanbaar vir die algemene leser.

Die boek delf ook in die psige van beide Maartens en Chané en gee ’n goeie terugblik op hulle lewens om die motief sowel as die moordenaars te probeer verstaan.

Van der Merwe kry dit reg om die vermoorde Van Eck se lewe in perspektief te stel. Hoewel die familie glo nie gelukkig is met haar boek nie, kan dit ook as ’n huldeblyk aan sy kort maar tog ryk lewe gesien word. “Michael was the proverbial golden boy. As the only son in a family of four sisters, his life had been sheltered but free. He lived for his family – Michael was unquestionably the heart of the Van Eck home.”

Tydens die hofverrigtinge het Van Eck se ma, Henriëtte, ’n brief hardop gelees wat sy pa, Naas, aan Michael geskryf het. Volgens Van der Merwe was dit asof Michael uit die graf opgestaan het en self in die hof getuig het. “You thought that you would get away with murder, but those who cared about me and loved me searched for me and found me. My father knew me so well that, even though he was shocked by what he saw, he could still tell by my back and two severed legs that it was me.”

Die boek is bloedig en gevul met grusame besonderhede oor die slagting van Van Eck en dus nie vir sensitiewe lesers nie. Grave murder is op dieselfde trant as Hanlie Retief se Byleveld: Dossier van ’n baasspeurder geskryf. Indien jy ’n groot aanhanger van misdaad-niefiksie is, sal hierdie boek jou boei en terselfdertyd hoendervleis gee.

The post Boekresensie: Grave Murder deur Jana van der Merwe appeared first on LitNet.

Jeugresensie: Lotta se lewe – my skilpad kruip uit sy dop deur Alice Pantermüller

$
0
0

lottaseleweLotta se lewe: My skilpad kruip uit sy dop 
Alice Pantermüller en Daniela Kohl (illustrasies) 

Human & Rousseau
ISBN: 9780798169905

Resensie deur Suzanne Swart (twaalf jaar oud)

Die boek is die vyfde een in die reeks Lotta se lewe. Die ander vier is Konyne by dosyne, Bendes, swape en skape, Wieg, wurm, wieg en ’n Haas uit die hoed.

Die reeks gaan oor ’n baie avontuurlustige meisie met die naam Lotta Liebenberg. Sy is die een wat die storie vertel. Haar lewe is vol avontuur en pret en kort-kort is daar een of ander katastrofe wat haar tref.

In hierdie boek het die avontuur alles een oggend begin toe Lotta se vriend Paul Gerber (lid van haar bende) baie interessante nuus gehad het om vir die klas te vertel: al die skole in die stad kon inskryf vir ’n kompetisie. Die wenklas mag prente op die poskantoor se nuwe heining verf. Al wat die klas moet doen, is om idees te gee oor wat hulle wil verf en die klas wat die interessantste tema uitdink, wen. Daar was ’n paar vrek vervelige idees, maar op die ou einde het juffrou Knacker besluit om Berenice (die een wat altyd met haar neus in die lug loop) se idee te aanvaar om bedreigde diere te verf. En daar is nogal baie sulke diere, hoor. Dink maar aan goed soos die stompievoetpadda, die slurphondjie, die rooiboudleeuapie en die oorlose grasvelddraak. Dit sal vreeslik wees as hulle moet uitsterf.

Lotta en haar vriendin Chantelle is albei mal oor diere. Lotta besluit  om ’n skilpad te verf omdat sy een by die huis met die naam Metusalem het. Hy is al stokoud. Chantelle wil ’n Tasmaniese duiwel verf, maar dit is baie moeiliker om een te verf as wat sy gedink het.

Lotta kan nie wag om die volgende dag te begin verf nie. Sy probeer haar bes om mooi te verf, maar alles verloop nie volgens plan nie. Elke oggend as Lotta by haar prent kom, is daar wit smeermerke regoor haar prent en dan moet sy van voor af begin verf. Sy is seker dit is die werk van daardie simpel Berenice en haar bende: Emma, Hanna en Leigh-Anne (of Die Skaapkoppe, soos Lotta hulle noem). Lotta wil sommer maak of sy wurg en opgooi as Berenice so aansit en by die onnies kruip. Sy pes vir Berenice, met haar eie perd en haar vioollesse en haar ryk ouers en haar mondeling oor pandas!

Lotta moet hulle terugkry daarvoor, maar hoe? Boonop moet sy ook uithou met twee superirriterende kleinboeties wat nooit ophou praat nie en haar twee beste vriende wat kort-kort met mekaar baklei oor simpel goed soos watter soorte vlermuise vrugte eet.

Dan gaan Lotta en Chantelle vir haar verjaarsdag dieretuin toe. Hulle is aanvanklik nogal ontsteld oor al die diere in hokke en daarom maak hulle eers doodseker by almal wat by die dieretuin werk dat al die diere mooi behandel word sodat hulle nie sal uitsterf nie. Lotta sien reuseskilpaaie in hokke en is baie bly om te sien dat hulle baie gelukkig lyk en genoeg kos en water het. Die piekniek op die dieretuin se groen gras langs die aaphok maak dit haar beste verjaarsdag  ooit. 

Niks is ooit rustig in Lotta se lawwe lewe nie. Ek hou baie van hierdie reeks en het die ander boeke ook al gelees. In hierdie een het ek ’n klomp goed oor diere soos vlermuise, skilpaaie en pandas geleer.

Ek leen my boeke vir my maats uit, en het al agtergekom dat die vinnige én die minder vinnige lesers van Lotta hou. Ook dié wat effens ouer of effens jonger as ek is. Ek dink dis omdat die boek in dagboekstyl geskryf is (baie soos die Dagboek van ’n Wimp-boeke) en die prentjies is regtig skreeusnaaks. Hierdie boeke is maklik om te lees en lekker ook!

Ek sien voor in die boek dat die storie aanvanklik in Duits geskryf is, en toe in Afrikaans vertaal is deur Kobus Geldenhuys. Ek het al ander boeke ook gelees wat hy vertaal het, soos die Hoe om jou draak te tem-boeke deur Cressida Cowell. Ek kan amper nie glo dat hierdie boeke eers in ’n ander taal geskryf was nie, want dit lees regtig baie lekker in Afrikaans.

Kersfees is naby. As ek genoeg geld gehad het, sou ek regtig vir ’n spesiale maatjie die hele stel van Lotta se lewe wou gee.

The post Jeugresensie: Lotta se lewe – my skilpad kruip uit sy dop deur Alice Pantermüller appeared first on LitNet.

Jeugresensie: Spooksoene deur Troula Goosen

$
0
0

spooksoeneSpooksoene
Troula Goosen
Proteaboekhuis
ISBN: 9781485304074

Resensie deur Zoë Salzwedel (sestien jaar oud)

Wat sal jy doen as jy ‘n geheimsinnige uitnodiging kry na die hotel op Skimbaai? Dieselfde hotel waar die Haunted Hotel-saga verfilm word, en beslis dié spookhotel in die land?

Micki – of Muis, soos haar agterbakse vriendin Roxanne Foxx haar noem – kry op ‘n dag ‘n silwer boksie by ‘n wildvreemde ou in ‘n lang swart, sakkerige jas. Die boksie bevat ‘n uitnodiging vir twee persone vir drie dae en vier nagte in die Skimbaai Hotel. Dis hier waar Micki se silwerdoekheld, Voltaire X, se nuwe riller verfilm word. Aaaaa, Voltaire X, die aantreklike skimridder met die lui glimlag en die kepie in die ken! Micki sal enigiets doen om ‘n rol teenoor hom los te slaan, maar daar is ‘n klomp dinge wat hierdie droom pootjie. Soos die feit dat Roxy beeldskoon is, en dat daar skielik ‘n yslike puisie op haar wat Micki is se neus uitslaan …

Dis gou duidelik dat dinge in die spookhotel net nie sin maak nie. Hoekom lyk dinge bedags in die helder daglig soveel anders as snags? Watter geheime lê agter kamer 13 se deur? Hoekom trek die koerantopskrif van TONEELGESELSKAP VERONGELUK IN STEIL PAS NABY SKIMBAAI, haar aandag so? Dwarsdeur die boek word Micki geteister deur vrae. Soos wie is die Sielieslurper? Was dit net ‘n droom of gebeur die vreemde goed regtig met haar? Wie is Joachim, en hoekom duik hy orals op?

Saam met Aldo, ‘n seun wat vakansiewerk in die hotel doen, beleef Micki ‘n spookagtige avontuur terwyl hulle die hotel se donker geheime probeer ontrafel. Sy leer vinnig dat mense nie altyd is wie hulle voorgee om te wees nie. Soos die Sielieslurper, wie se ware identiteit haar verstom! Skielik word haar wildste nagmerries ‘n nare werklikheid, en moet sy Charlie se geheim ontrafel om haarself te red.

Een middag gaan wys Aldo vir Micki ʼn swart-wit film in die solder. Dit is ʼn stilfliek waarin Charlie speel. Daar was ook beelde van ʼn huis, maar die huis wat presies lyk soos die Skimbaai Hotel. Micki is totaal gefassineer deur die beelde wat deur die projektor op die wit muur geprojekteer word, maar wat sê die beeldskone meisie? Die volgende oomblik flikker die lig en die skerm word swart en skielik kom Micki tot ʼn besef: die rok ... dit is dieselfde silwer rok waarvan sy die vorige nag gedroom het.

Vra jy dalk ook nou duisende vrae soos Micki? Wil jy ook weet wat toe geword het van die silwer rok? Wie is die vreemde Joachim? En wie is die Sielieslurper? Lees dan gerus die boek en kyk hoe Micki se avontuur ontvou.

Ek het die storie geniet, maar het tog enkele punte van kritiek. Dit het hier en daar gevoel of die storie bietjie meer uitgebrei kon word, asof ek inligting kort. Daar was min groei by die karakters, iets wat mens tog sou verwag moet gebeur tydens so ʼn intense ervaring. Die skrywer kon gerus ook meer beskrywend geskryf het – dit sou die boek ‘n lekkerder leeservaring gemaak het. (Ek sou byvoorbeeld baie meer agtergrond oor elke spook wou gehad het.) Dit was ook nie altyd duidelik presies watter dag dit is nie – soms het dit gevoel asof die storie veel langer as net drie dae geneem het om te ontvou. Daar was ook ander dinge wat gepla het, soos dat Roxy nooit eers die moeite gedoen het om enigsins na Micki te gaan soek nie.

Maar ten spyte van hierdie kritiek kan ek Spooksoene steeds aanbeveel vir almal wat van spookstories hou. Dit sal veral gewild wees by jonger lesers van so tussen tien en dertien – dis nie heeltemal vir ouer kinders nie.

The post Jeugresensie: Spooksoene deur Troula Goosen appeared first on LitNet.


Resensie: Plasenta deur Peet Venter naelbytlekker

$
0
0

plasenta300Titel: Plasenta
Skrywer: Peet Venter
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799375053

Plasenta is die vierde en laaste boek in Peet Venter se Krige-reeks. Vir Thys Krige het alles begin die nag toe sy pa vermoor en sy twaalfjarige sussie, Karen, ontvoer is. Sy motivering om by die polisiediens aan te sluit en tot speurder te vorder, was juis om sy pa se moordenaar op te spoor en aan die pen te laat ry. In die eerste boek, Dieper as die bloed, leer ken die leser vir Krige as ʼn alleenloper wat effens eksentriek is en nie noodwendig daarvan hou om die reëls te volg nie.

Die aand van sy pa se moord het ʼn geheimsinnige figuur vir hom gesê om “dieper as die bloed” te kyk. Dié persoon maak in Ou bloed, die tweede boek, sy opwagting. Krige se soektog word telkens gedwarsboom – onder andere deur korrupsie in die polisiemag. Maar nou kry hy onwetend hulp van sy halfbroer, en dié lei hom op die donker spore van kinderpornografie, mensehandel en dwelmsmokkelary. In hierdie boek verkry Krige vinnig die reputasie van ’n bloedhond én ’n veghond; hy maak mense dood.

Waar boosheid broei neem hom na Zimbabwe waar Krige besef dat daar boosheid in die Suid-Afrikaanse polisiemag en die wêreld van oudmilitariste is wat die gruwels oorskry waarvan koerante berig. Hy probeer om Robyn, die mooi joernalis wat sy hart gesteel het, beskerm teen die boosheid wat sy oopvlek. Maar Krige is slegs een man teen ʼn oormag boosheid.

Met die opening van Plasenta weet die leser wat hierdie reeks getrou gevolg het, dat Krige alles verloor het: sy loopbaan en almal vir wie hy lief was. Hy is alleen en veroordeel homself vir Robyn se dood. Want Robyn het sy kop en sy hart deurmekaar gekrap, maar ook uitgewys presies waar sy prioriteite lê, hoe sterk die vergeldingsdrang en die soeke na bloed in hom loop: “Daar was konflik tussen sy prioriteite. Op die kritieke stadium het vergeldingsdrang sy besorgdheid oor Robyn se veiligheid oorheers, sy oordeel beïnvloed. In stede van om haar eers buite gevaar te kry, het hy die manne wat haar verkrag het, se bloed gesoek” (6).

Hy kon Robyn nie red nie, maar vir die eerste keer in jare is daar ʼn sterk leidraad wat hom na Karen kan lei. Krige is nie naïef oor Karen nie; hy weet meisies soos sy word vir die sekshandel ontvoer. Kry hy haar, is sy waarskynlik in ʼn haglike toestand. Maar hoe kan hy nie die leidraad opvolg nie? Hoe kan hy die bloedband tussen hom en Karen, ’n plasenta wat gedeelde gene dra, verontagsaam? Meer nog: hoe kan hy hierdie keer nié slaag daarin om haar te red nie? Sy missie is ook boetedoening vir Robyn.

 Venter se vorige boeke was reeds filmies geskryf, maar Plasenta kon net sowel ’n aksiebelaaide fliek wees. Die elemente is almal daar. Karen, die mooi blonde meisie wat as uitsondering nie as dwelmverslaafde seksslaaf verkoop is nie, maar die rol van “dogter” vir ʼn kartelhoof moet vervul. Die bedonnerde, mallerige kartelhoof, Dilman, wat in weelde en byna ondeurdringbare sekuriteit leef. Dilman se posisie binne die kartel is boonop in gedrang; daar is baie wat in die skadu’s wag om hom te onttroon. En dit sorg vir wantroue, gek optrede en ondeurdagte planne. Wat sou ʼn goeie aksiefliek wees sonder die welaf vigilante wat, vanweë goeie kontakte en konneksies, geen geregsdienaar nodig het in sy stryd teen ʼn oormag booswigte nie? Hy tree nie binne die wet op nie, maar sy gedrag kan verskoon word omdat dit eerbaar is.

Krige werk vir ʼn tweeman-privaatmaatskappy wat misdaad bekamp en spesifiek fokus op die groot kartels wat uitblink in kinderhandel en dwelmsmokkelary. Hy is onder geen illusies van wie en wat hy is nie. Die aanvanklike pyn van Robyn se dood en sy mislukking het “vinnig van vloeibare witwarm na yskoud gestol. Nou sit dit in hom soos ʼn blok ys. [...] En die kern daarvan is die boosheid in hom wat sonder skroom doodmaak. Ook daarmee het hy vrede gemaak. Hy is wat hy is. Klaar.” Krige het geen wroeging meer oor wat hy doen en hoe hy optree nie. Volgens hom is sy denke nou “minder gekompliseerd, maar dieper”: “Dit gaan nie meer oor reg of verkeerd nie. In die moeras van ʼn permissiewe samelewing is die reg ʼn vloeibare ding wat aan slagoffers en kriminele gelyke regte gee. [...] Tegniese punte. Dis waaroor dit gaan. [...] ʼn Kompetisie van vernuf. ʼn Spel. Die wet, die speelding. [...] Wie is reg? Wie is verkeerd? Wat maak dit saak? Moraliteit en etiek is net konsepkontrakte. Elke mens voeg sy eie fynskrif by” (7). Omdat hy geld en ʼn obsessiewe dryfkrag agter hierdie missie het, is selfs die kartelbase skrikkerig vir hom. Dilman, wat nie eers vir die duiwel stuit nie, bewonder Krige se domastrante dryfkrag, want “selfs die mees waaghalsige man weet waar om die streep te trek” (213).

Ons het dus die meisie, die kartelhoof, die vigilante. Voeg hierby Eldimir, die fyn kunstenaar wat in opdrag vir Karen, oftewel Ayla, moet skilder en haar so wegkry uit die imposante huis wat haar tronk geword het. Dan is daar ook die eksotiese plekke waarin die verhaal afspeel (van Johannesburg tot by Mosambiek en Ciprus), oorgenoeg gevegstonele waarin booswigte op hulle herrie kry en ons man so byna die spit afbyt, ontploffings – die hele lot. Selfs ʼn goeie car chase! Plasenta is die hoogtepunt van Venter se Krige-reeks en ʼn adrenalien-rush. Dis naelbytlekkerte, beter as enige aksiefliek, met Thys Krige as ʼn tipiese James Bond in die hoofrol. Dit vra vrae oor reg en verkeerd, waar die grense van etiek en moraliteit is en of ʼn mens jou optrede kan regverdig mits jy dit met “suiwer” intensies doen. Peet Venter posisioneer hom met hierdie reeks in die groep briljante krimiskrywers in Suid-Afrika. Vergeet maar van fliek by Ster Kinekor – jy sal Plasenta in een sitting wil deurlees en veel meer plesier daaruit kry.

The post Resensie: Plasenta deur Peet Venter naelbytlekker appeared first on LitNet.

Resensie: Die silwer stoel deur CS Lewis

$
0
0

diesilwerstoel300Titel: Die silwer stoel
Skrywer: CS Lewis
Illustreerder: Pauline Baynes
Vertaler: Kobus Geldenhuys
Uitgewer: Protea Boekhuis, 2015
Genre: Jeug/Klassiek
ISBN: 9781485302216

CS Lewis se kronieke van Narnia beklee ’n gevestigde plek in die kanon van kinder- en jeugliteratuur – daar is wêreldwyd reeds meer as 100 miljoen kopieë van die reeks verkoop sedert die verskyning van die eerste boek in 1950 (BBC News 2012), en dit is in sowat 47 tale vertaal (Sancken 2010). Die reeks bestaan uit sewe boeke, waarvan slegs die eerste vier tot onlangs in Afrikaans beskikbaar was, naamlik Die Towenaar se Neef (vertaling deur André P Brink oorspronklik uitgegee in 1968, heruitgawe in 2002), Die Leeu, die Heks en die Hangkas (vertaling deur Helene de Villiers oorspronklik uitgegee in 1967, heruitgawe in 2002), Die Perd en sy Seun en Prins Kaspian – laasgenoemde twee vertaal deur Janie Oosthuysen en uitgegee in 2002. Die uitgewer, Human & Rousseau, het besluit om nie verdere vertalings van die reeks uit te gee nie, wat ons met die volgende onvertaalde boeke in die reeks gelaat het: The Voyage of the Dawn Treader, The Silver Chair en The Last Battle. Intussen het drie rolprente, onderskeidelik gebaseer op The Lion, the Witch and the Wardrobe, Prince Caspian en The Voyage of the Dawn Treader, die Narnia-verhale opnuut aan ’n nuwe generasie bekendgestel. Protea Boekhuis het nou die geleentheid aangegryp om ons kultuurskat met hierdie ikoniese reeks te verryk, en bou voort op hulle indrukwekkende versameling vertalings. Die laaste drie boeke in die reeks het reeds verskyn, en volgende jaar is die eerste vier boeke aan die beurt, sodat die hele reeks onder die Protea-vaandel sal pryk.

In Die silwer stoel, die sesde boek in die reeks, gaan Jill Pole saam met Eustace skool by Die Eksperiment en is baie ongelukkig omdat sy geboelie word. Dis net ’n paar maande sedert Eustace die eerste keer in Narnia was (in Die vaart van die Dagbreker) en almal wat hom ken, merk op hoe hy verander het. Voorheen was hy een van die nare kinders, maar nou troos hy haar en vertel haar van Narnia.

Hulle moet vlug voor die boelies en beland in Narnia, waar Jill vir Aslan ontmoet. Hy gee vir haar die opdrag waarvoor hulle na Narnia ontbied is: om die verlore prins Rilian, seun van koning Kaspian, te vind. Sy kry vier tekens wat hulle in die soektog sal lei, maar dinge loop sommer uit die staanspoor skeef en hulle mis die eerste drie tekens. Hulle kry egter ’n bondgenoot, die moeraswriemel Doemdrommel – seker een van die kleurvolste karakters in die Narnia-reeks – ’n goedhartige pessimis! Op hulle reis kom hulle reuse teë, ontmoet ’n pragtige dame en ’n geheimsinnige ridder, word deur aardmannetjies gekonfronteer en sien selfs ’n slapende Vader Tyd. In die dieptes van die benederyk word die toekoms van Narnia beslis ...

Venuti (2000:469) is van mening dat ’n vertaling geïnisieer word om die letterkunde van die doelkultuur uit te brei – om te vergoed vir ’n leemte in die doelkultuur. Die vraag kan wel gevra word waarom dit, binne die Suid-Afrikaanse konteks waarin die meeste Afrikaanse kinders ook Engels ken teen die tyd dat hulle self kan lees, nodig is om vertalings van Engelse brontekste te produseer, soos die Harry Potter- en Narnia-reekse. Die antwoord hierop is dat die kweek van ’n gesonde leeskultuur grootliks afhang van die blootstelling wat kinders van kleins af aan goeie boeke gehad het – en dit is eenvoudig deur voorlesing in hulle moedertaal. Chambers (1985:45–59) verwoord dit as volg: “[T]he mediation of literature to children by a literate, sympathetic adult is the single most important factor in the creation of a desire among children to read and to read adventurously ...”

Daniel Pennac beklemtoon ook die belangrikheid van voorlees vir kinders in The Rights of the Reader. Maar hoeveel ouers waag dit nie naby goeie werke vir kinders nie omdat hulle nie kans sien om (soos ons dit nou maar moes doen met die drie onvertaalde boeke in die Narnia-reeks) te vertaal terwyl hulle lees nie? Daar is dan ook die groep jong kinders wat reeds self kan (en wil) lees, maar wie se Engels nog nie op die standaard is wat nodig is om die verhale in die oorspronklike Engels te kan geniet nie. Dit gebeur dus dat die verhale op hierdie kritieke stadium by hierdie groep kan verbygaan. Dat Protea Boekhuis die potensiaal raakgesien het – deur nie slegs die reeks te voltooi nie, maar die hele reeks uit te gee – verdien applous.

Smedman (1986:183) verwys na stories waarin “the spirit triumphs” – wat aan lesers selfs ’n religieuse belewenis bied: “[T]hey evoke a deep, aching, but welcome yearning for something bigger than oneself, accompanied by joy and tears.” Vir CS Lewis was literêre uitnemendheid ’n vereiste waarsonder hierdie vreugde nie moontlik is nie, en Smedman lys “powerful, precise prose, resonant with archetypical imagery and symbolism; compelling characters; themes of universal human significance” as kenmerke daarvan – alles eienskappe waarmee die Narnia-reeks beskryf kan word.

Lewis se belangstelling in en kennis van die Noorse mitologie, die Klassieke letterkunde, die Engelse geskiedenis en Christelike teologie vind alles inslag in sy verhale. Dit maak die stories besonder ryk en veelvlakkig. Vir die vertaler bied so ’n teks egter groter uitdagings, én ’n groter verantwoordelikheid teenoor sowel die skrywer as die teikenlesers.

Kobus Geldenhuys het geen bekendstelling as vertaler nodig nie. Hy is vanjaar bekroon met die Elsabé Steenbergprys vir Vertaalde Kinder- en Jeugliteratuur in Afrikaans vir sy vertaling Hoe om Drakonees te praat – die Afrikaanse titel van Cressida Cowell se How To Train Your Dragon. Vir dieselfde vertaling is hy op die Suid-Afrikaanse been van IBBY (International Board on Books for Young People) se ererol ingesluit. Buiten die ses boeke in Cowell se reeks wat hy onlangs vertaal het, is hy ook bekend vir, onder andere, sy vertalings van die laaste twee boeke van die Harry Potter-reeks van JK Rowling en die Charly Bucket-boeke van Roald Dahl. In ’n onderhoud gee hy sy goue reël vir vertaling: respekteer die bronteks en die skrywer. Hy sien sy werk as vertaler om ’n teks “toeganklik vir nuwe lesers in ’n nuwe taal te maak”.  

Lewis se styl word gekenmerk deur lang sinne, wat bydra tot die algemene gevoel van ’n storieverteller wat direk met die leser praat. Dit kan egter soms die teks moeilik maak vir jonger lesers, wat eerder korter, eenvoudiger sinskonstruksies sou verkies. Dit is dan ook ’n vertaalstrategie wat vertalers dikwels inspan om die leesbaarheid van ’n teks te verbeter, naamlik om lang sinne te verkort deur dit in twee of selfs drie korter sinne op te breek. Die vertaler loop egter dan die gevaar om die skrywer se stem te verloor. Maar sonder om die twee tekste in besonderhede met mekaar te vergelyk, kon ek nie agterkom dat sinne in die vertaling verkort is ter wille van verstaanbaarheid nie. Die vertaling van Die silwer stoel lees gemaklik en Geldenhuys slaag beslis in sy doel om nie net getrou aan Lewis se styl te bly nie, maar ook die teks vir jong Afrikaanse lesers toeganklik te maak.  

Daar is kritici wat kapsie maak teen die Christelike elemente in die Narnia-verhale – dit is juis hierdie elemente wat in die filmweergawes so ver moontlik vermy of afgewater is sodat ’n wyer gehoor geteiken kon word. Ek stem saam met Sancken (2010) dat alhoewel daar sekerlik Christelike elemente is, die verhale op ’n nie-allegoriese vlak steeds geniet kan word: “Children do not need to recognize Aslan as a symbol of Jesus Christ to enjoy Lucy’s rapturous experience of touching his fur or to understand why Reepicheep would sail to the edge of the world to see him.” Lewis (1982:72–3) se reaksie teenoor diegene wat hom daarvan verdink dat hy die reeks geskryf het met die vraag oor hoe hy iets Christeliks vir kinders kan sê, en toe op die feëverhaal as medium besluit het, was: “This is all pure moonshine. I couldn’t write in that way at all.” Hy gaan voort deur te vertel van die “prentjies” wat by hom opgekom het: “At first there wasn’t even anything Christian about them; that element pushed itself in of its own accord.”

Sancken (2010) is van mening dat die boeke so gewild onder ’n wye spektrum lesers is juis danksy die feit dat, ofskoon die boeke deur Lewis se teologie beïnvloed is, dit nie blatante morele instruksies bevat nie. Ook hier respekteer Geldenhuys die bronteks en skrywer, deur byvoorbeeld die verwysing na die Bybel te behou.

Daar was egter ’n aantal vertaalkeuses en -foute in die teks wat my leeservaring so effens gedemp het. Lastige foute wat mense gereeld maak en selfs in Skryf Afrikaans van A-Z se lys oor taalkwessies opgeneem is, kom regdeur die teks voor. So byvoorbeeld neem Jill haar padvindersmessie saam wat “handig” (bl 47) (in plaas van “nuttig”) kan wees; daar is ’n “opsoek” (51) wat twee woorde moes gewees het; “more anxious” is vertaal as “angstiger” (112) in plaas van “gretiger” (HAT6 wys dit selfs as ’n anglisisme uit – so almal wat graag anglisismes jag, hier is een); in Afrikaans duur ’n reis twee uur – dit “neem” nie twee “ure” (167) nie. Daar is ook ’n “Lank, lank later” (122) (“Long, long afterwards”) wat my in die laatnag weer vinnig laat regop sit het. Maar wat menige Narnia-aanhanger se wenkbroue onmiddellik die hoogte in sal laat skiet, is die vertaling van Doemdrommel se verwysing na “fricasseed frogs and eel pie” wat in Afrikaans “paddapastei en palingpiepie” (70) word. Hoewel toilethumor deesdae hoogmode in kinderboeke is, pas sulke banaliteit eenvoudig nie in Narnia nie. Daarby bied die alternatiewe, naamlik “gestoofde padda”/ “paddafrikkadel” en “palingpastei”, dieselfde mate van alliterasie as in die Engels (as dít dan nou die oorweging kon gewees het). Ek hoop regtig dis ’n geïsoleerde geval en nie iets wat in die ander boeke voorkom nie, want dit sal die gees van Narnia ongelukkig laat taan.

Die vertaling van eiename is altyd ’n interessante aspek van vertaling, en vertalers gryp dikwels die geleentheid aan om hulle kreatiwiteit en vertaalvernuf daarin ten toon te stel. So byvoorbeeld skitter Sonja van Schalkwyk-Barrois se Afrikaanse vertalings van eiename in die Asterix-reeks (ook uit die Protea-stal): daar is Kasterolix die druїde, Witblix die hond, Liederlix die dorpsanger, en Allamapstix die stamhoof, om maar ’n paar te noem. Ons kan aanvaar dat alle name in fiksie gebruik word danksy ’n onderliggende bedoeling van die outeur – vir sommige lesers is hierdie bedoeling net meer opsigtelik as vir ander (Nord 2003:183).

Fernandes (2006:44) wys daarop dat alhoewel name belangrike kulturele merkers in ’n verhaal is, dit ook ander funksies het, veral in die geval van fantasieverhale, waar name ook ’n fundamentele rol speel deur die komiese effek daarvan en die weerspieëling van karakters se persoonlikheidseienskappe. Geldenhuys se vertalings is meestal in die kol: Puddleglum the Marsh-wiggle word Doemdrommel die moeraswriemel; Glimfeather (‘n uil) word Glimveer; die muis Reepicheep word Riepetjiep. Hoekom dit nodig was om Cair Paravel, Caspian en Cor te verander na Kair Paravel, Kaspian en Kor, is nie vir my duidelik nie en lyk (soos ook in die vorige vertalings van Jani Oosthuysen) of dit slegs ter wille van verandering gedoen is: name soos Casper, Corrie en Cassie kom tog algemeen in Afrikaans voor. Reg aan die einde word die boelies by Die Eksperiment genoem: “Adela Pennyfather and Cholmondely Major, Edith Winterblott, ‘Spotty’ Sorner, big Bannister, and the two loathsome Garrett twins” (205). Terwyl die eerste drie name net so behou word en “die haatlike Garrett-tweeling” in die Afrikaanse teks voorkom, val dit vreemd op dat Sproete Sorner en Boelie Bannister (207) skielik Afrikaanse byname het – hulle bly immers Engelse karakters wat in Engeland woon.

Of kinders se entoesiasme vir die reeks deur bogenoemde lastighede gedemp sal word, is natuurlik ’n ope vraag. As ’n mens egter in ag neem dat kinder- en jeugliteratuur ’n belangrike opvoedkundige rol speel, behoort teksversorging baie meer aandag te geniet, en ’n mens kan maar net hoop dat dit wel die geval is in die res van die reeks. Afgesien daarvan, kan ek die boek beslis as kandidaat vir die Kerskouse aanbeveel, en wens ouers en kinders heerlike gedeelde avonture in Narnia toe – in Afrikaans!


Vir Narnia-liefhebbers:

Writer of the Week: A decade of Lauren Beukes

LitNet
Books & Writers 

Die laaste geveg deur CS Lewis

Nina Swart 
Jeugresensies



Bronnelys

Chambers, A. 1985. Axes for frozen seas. In Fearn, M (red), Only the Best is Good Enough. The Woodfield Lectures on Children’s Literature 1978–1985. Londen: Rossendale.

Fernandes, L. 2006. Translation of Names in Children’s Fantasy Literature: Bringing the Young Reader into Play. New Voices in Translation Studies, 2:44–57. http://www.iatis.org/oldsite/newvoices/issues/2006/fernandes-paper-2006.pdf

Lewis, CS. 1982. Of This and Other Worlds. Glasgow: William Collins.

Narnia author to be honoured at Poets’ Corner. 2012. BBC News, 22 November [Intyds]. Beskikbaar by http://m.bbc.co.uk/news/entertainment-arts-20426778 (22 Februarie 2013).

Nord, C. 2003. Proper Names in Translations for Children: “Alice in Wonderland” as a Case in Point. Translator’s Journal, 48(1–2):182–96.

Sancken, R. 2010. Voyage of the Dawn Treader by CS Lewis. Being a Historical Exploration of the Creation and Reception of the Third Book of the Chronicles of Narnia. University of Illinois. [Intyds]. Beskikbaar by http://frowl.org/dawntreader/history.html (28 Mei 2013).

Smedman, MS. 1986. Out of the Depths to Joy: Spirit/Soul in Juvenile Novels. In Butler, F en R Robert (reds), Triumphs of the Spirit in Children’s Literature. Hamden: Library Professional Publication.

Venuti, L. 2000. Translation, Community, Utopia. In Venuti, L (red), The Translation Studies Reader. Londen: Routledge.

 

The post Resensie: Die silwer stoel deur CS Lewis appeared first on LitNet.

Jeugresensie: Die laaste geveg deur CS Lewis

$
0
0

dielaastegevegTitel: Die laaste geveg
Skrywer: CS Lewis
Illustreerder: Pauline Baynes
Uitgewer: Protea Boekhuis, 2015
Genre: Jeug/Klassiek
ISBN: 9781485302209

• Resensie deur Nina Swart (gr 8; 14 jaar oud)

Die jaar toe ek in gr 4 was, het ’n juffrou eendag aangekondig dat ons The Chronicles of Narnia in die klas gaan kyk. Ek was nie lus daarvoor nie, want ek hou meer van realistiese stories met mensekarakters – nie diere wat kan praat nie. Dalk het ek net nie daardie dag lekker gevoel nie of was ek nie lus vir fliek nie ... ek weet nie. Ek het toe maar op my arms gaan lê. Die juffrou het vir my gesê as dit my houding is, kan ek maar net sowel buite die klas gaan sit terwyl die ander fliek.

Ek was baie bang die hoof kry my daar op die stoep en dan is ek in nog groter moeilikheid, dus het ek toe maar vir die res van die fliek op my arms bly lê en gemaak of ek nie lekker voel nie. (En ek hét nie lekker gevoel nie, want ek het mos al gesê ek hou nie van onrealistiese stories waar diere kan praat nie.) Die res van die klas was mal oor die fliek en party van hulle het dit al ’n paar keer gesien.

Miskien was ek net hardkoppig, maar ek het daardie dag besluit Narnia val in elk geval nie in my smaak nie. Ek het as’t ware ’n gly in Narnia gekry. Toe ek dus vier jaar later hoor dat ek ’n Narnia-boek moet lees vir ’n resensie, was ek nie beïndruk nie. En ook nie lus nie (ek het weer eens “nie lekker gevoel nie”).

Nadat ek die boek klaar gelees het, kan ek egter eerlikwaar sê dat ek aangenaam verras is. Dit is nou wel nie my gunstelingboek ooit nie, maar ek sal ook nie meer weier om die ander boeke in die reeks te lees nie. Ek sal selfs vir my ma vra om hulle maar vir my te kry. En ek sal die fliek ook kyk.

Ek het nou ook eers uitgevind dat Clive Staples Lewis eintlik beskou word as een van die grootste skrywers van die 20ste eeu. Hy het meer as 30 boeke geskryf en hoewel hy al dekades gelede dood is, lees mense steeds sy boeke. Die Narnia-reeks is seker die gewildste daarvan en daar is oor die jare meer as een miljoen kopieë wêreldwyd verkoop.

Die laaste geveg is die sewende en laaste boek in die Kronieke van Narnia-reeks. Nadat ’n onnosele aap met die naam Swendel sy vriend Warboel die donkie soos Aslan – die koning en god van Narnia – laat vermom het (Aslan is ’n leeu), breek daar chaos en konsternasie uit. Die diere en dwerge glo hy is die ware Aslan. Tirian en Juweel (sy eenhoring) word gevang. Daar is chaos en ’n dreigende oorlog. Eustace Scrubb en Jill Pole is hierdie keer die twee wat kom om te help.

Sonder dat enigiemand dit ooit sou kon dink, moet hulle hulself regmaak vir die grootste en gevaarlikste geveg waaraan hulle nog ooit deelgeneem het. Maar koning Tirian se mense wil nie kant kies nie, want hulle is bang ná al die leuens wat die aap aan hulle vertel het. Nou moet die koning met slegs ’n handjievol getroue Narniane teen ’n hele weermag van wrede, slegte, skelm, agterbakse Kalormene te staan kom.

Daar is tye waar die boek so spannend is dat ek eers my naels moes gaan sny voordat ek verder kon lees. Of plekke wat net só goed beskryf is dat ek seker was dat wanneer ek opstaan, ek in ’n wêreld van hoë berge en groot bome sou staan, pleks van op my bed in my kamer. Ander dele het my mond laat water (“... in vergelyking met daardie vrugte is die varsste pomelo wat jy nog ooit geëet het smaakloos, die sappigste lemoen droog, die sagste peer wat in jou mond smelt hard en houterig, en die soetste wilde arbei suur. En daar is niks sade of pitte, en niks perdebye nie.” bl. 136). En skielik het ek onthou dat ek ook al ander boeke gelees het waarin diere kon praat (en wat terloops van my beste boeke ooit was, soos Droomoog Diepgrawer deur Leon de Villiers en Joran Noordewind deur Lilli Thal).

As ek nou terug in gr 4 was, sou ek maar onderdeur my arms geloer het. En ek sal selfs vir my ma vra om vir my die ander boeke in die Narnia-reeks aan te skaf. Dit is Die towenaar se neef, Die leeu, die heks en die hangkas, Die perd en sy seun en Prins Kaspian (almal uitgegee deur Human & Rousseau & Jonathan Ball). En dan die laaste drie wat deur Protea Boekhuis uitgegee is: Die vaart van die Dagbreker, Die silwer stoel en Die laaste geveg.


Vir Narnia-liefhebbers:

Writer of the Week: A decade of Lauren Beukes

LitNet
Books & Writers 

Die silwer stoel deur CS Lewis

Marike van der Watt
Resensies


 

The post Jeugresensie: Die laaste geveg deur CS Lewis appeared first on LitNet.

Resensie: Stories deur Julia Donaldson leer kinders om te lag

$
0
0

Genoeg kan dit nie beklemtoon word dat ’n boek vir ’n kind ’n toekomsbelegging is nie – ’n kind wat lees het in elk opsig ’n voorsprong. ’n Kind is nie te klein om ’n boek in die hand te hou nie. Inteendeel, hoe gouer ’n kind aan die wonder van ’n storie voorgestel word, hoe meer plesier wag daar vir so ’n kind.

Vandag het ek juis ’n arm vol boeke wat geskik is vir kinders vanaf vier jaar– stories wat die verbeelding prikkel, die kind leer om te lag vir wat plesier verskaf en stories wat die kind met woorde en ritmes bekoor. Lees die stories voor – meer as een keer – en laat die kind by jou sit as jy lees om die illustrasies te volg. Praat met die kind oor wat gelees word – maak storietyd iets om na uit te sien – oor die storie self, ja, maar ook vir die kosbare interaksie van ’n gedeelde plesier.

In Afrikaans is daar deesdae die beste kinderboeke van oor die hele wêreld beskikbaar. Wonderlike boeke wat met groot sorg pragtig uitgegee word. Vandag praat ons oor die reeks boeke deur die Skotse skrywer Julia Donaldson wat twee jaar gelede in Brittanje die erebenoeming Children’s Laureate ontvang het. Donaldson het verskeie blitsverkopers vir kinders geskryf wat wêreldwyd vertaal en gepubliseer is. Haar werk is geïllustreer deur Axel Scheffler, wat verskeie gesogte internasionale bekronings ontvang het. Sy illustrasies is in meer as dertig lande gepubliseer.

Ses titels, in Afrikaans vertaal deur Philip de Vos, het by Protea Boekhuis verskyn. Lekker humoristiese verhaaltjies, ideaal vir voorlees en selflees deur kinders vanaf ouderdom vier jaar. Die stories is ingestel om te vermaak, maar onderliggend is daar bepaalde waardes wat só ook aan die kind oorgedra word – van lojaliteit, vriendskap, omgee en meelewing. Nêrens is daar ’n swympie prekerigheid nie; inteendeel, dis juis wat so spesiaal is. Die storie word geniet, maar iewers word die saadjie gesaai wat die kind vroeg reeds deur voorbeeld leer om gevoelswaardes te ontdek en te koester.

Kortliks ’n voorstelling aan die ses Julia Donaldson-titels:

  • Zok is die storie van ’n ywerige drakie en ’n ongeluksvoël wat in bome vasvlieg en sy eie vlerke aan die brand steek. Gelukkig is daar altyd ’n gawe meisie wat hom help, maar die vraag is of sy hom sou kon help om óók ’n prinses te vang.
  • Tjokkie vertel van ’n vissie met ’n groot verbeelding. Hy is altyd vol stories oor hoekom hy laat vir die klas opdaag, maar wat sal gebeur as hy eendag régtig in die moeilikheid belang? Sal iemand hom dan nog glo?
  • Superwurm maak dat daar niks is waarvoor jy bang hoef te wees as Superwurm in die omtrek is nie. Hy kan sy lang lyf inspan om Gogga uit ’n put te red en Padda betyds uit ’n besige pad te gryp. Maar wie sal tot Superwurm se redding kom as Toornaar Akkedis hom ontvoer? Gelukkig voer Superwurm en sy insekvriendjies reeds iets in die mou.
  • Stokman vertel ons van ’n karakter wat saam met sy vroutjie en hul Stokkies in ’n familieboom bly. Maar op ’n dag word Stokman deur ’n hond weggedra. Stokman wil darem baie graag vir Kersfees saam met sy familie wees, maar dit lyk amper onmoontlik. Gelukkig kan Vader Krismis uithelp, en hy kry ’n perfekte geleentheid huis toe.
  • Rower Rot se hoofkarakter is nie ’n lekker kêrel nie. ’n Mens moet oppas vir Rower Rot. Hy steel jou kos ... en jou hart. Hy steel van ’n hasie se klawer tot sy eie perd se hawer. Maar altyd kom hy nie daarmee weg nie – eend sal hom ore aansit.
  • Kris de Kat vertel van ’n straatsangerskat. Hy en sy baas was onafskeidbaar saam om op ’n ou kitaar ’n liedjie te sing sodat mense ’n muntstukkie in sy bedelaarshoed kon plaas. Maar op ’n dag deur die noodlot heen verdwyn Kris de Kat. In al sy omswerwinge dink hy nét aan sy baas. ’n Pragtige boek oor vriendskap.

’n Spesiale kompliment aan Philip de Vos vir sy voortreflike en sensitiewe vertalings van hierdie pragtige prenteboeke, wat werklik ’n aanwins vir Afrikaans is.

Nog ’n heerlike boekie wat De Vos vertaal het, is die skreeusnaakse Die dag toe Louis deur ’n Grop gegryp is. Die Britse skrywer en illustreerder John Fardell het met hierdie boek twee gesogte kinderboektoekennings ontvang. Human & Rousseau is die uitgewer. Dis ’n lekker storie vol humor en afwagting – die dag toe Louis deur ’n Grop gegryp en ingesluk is, het sy suster Louisa geweet sy moet vinnig iets doen om hom weer daar uit te kry. Maar om ’n seuntjie uit ’n Grop se maag te kry is nie altyd so maklik nie, veral as daar ander vreemde gediertes soos ’n Grommelaar, ’n Gorrelama en ’n Growwerug Gasourus is wat ook lus is vir ’n happie.

Die dag toe Louis deur ’n Grop gegryp is, is ’n fantastiese boekie met ’n ondernemende dogtertjie as heldin.

Koop hierdie boeke vir die lekkerlees en weer lees – dis ’n aanwins vir elke kind.

  • Hierdie boekresensie is oorspronklik op Fine Music Radio uitgesaai.

     


Kollig op kinderboeke:

'n Babalela vir Kersfees

LitNet
ATKV-Portaal

Die laaste geveg deur CS Lewis

Nina Swart
Jeugresensies

Die silwer stoel deur CS Lewis

Marike van der Watt
Resensies

Spooksoene deur Troula Goosen

Zoe Salzwedel
Jeugresensies

Lotta se lewe – my skilpad kruip uit sy dop deur Alice Pantermüller

Suzanne Swart
Jeugresensies

KlasKamer

Skolenuus op LitNet


 

The post Resensie: Stories deur Julia Donaldson leer kinders om te lag appeared first on LitNet.

Boekresensie: Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale deur Deon Meyer

$
0
0

balladerobbiedewee

Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale
Deon Meyer
Human & Rousseau
ISBN: 9780798169462

Deon Meyer se nuwe kortverhaalbundel, Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale, is eintlik nie so nuut nie. Die meeste van die stories het vantevore verskyn in Meyer se eerste bundel, Bottervisse in die jêm (1997), en verskyn weer hier in ‘n hersiene vorm.

Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale sluit egter vyf nuwe kortstories in, onder andere die titelverhaal: ‘n aangrypende verhaal oor ‘n jong sanger met ‘n donker geheim. Dié verhaal vertoon al Meyer se kenmerkende talente in ‘n spanningsvolle, vermaaklike speurverhaal.

Maar nie al die verhale in die bundel is so suksesvol soos “Die Ballade van Robbie de Wee” nie. Die verskil tussen die ouer verhale – amper twintig jaar oud – en die nuwes is opvallend. Hierdie vroeër verhale het ongelukkig nie goed verouder nie en sukkel om relevant te bly. Die leser sal maklik kan onderskei tussen die jonger, minder selfversekerde Meyer en die aansienlik beter verhale wat meer onlangs gepen is.  

Die verskil is voor die hand liggend as dit kom by hul temas (die meeste van die ouer verhale is liefdesverhale, terwyl die nuwer verhale oor misdaad handel), maar ook skryfstyl – Meyer is ‘n baie meer kundige skrywer in 2015 as wat hy in 1997 was, en baie van die vroeër verhale is met tye effens eenvoudig en, om eerlik te wees, vervelig.

Neem byvoorbeeld “Magriet se Krokodilletjie”, ‘n storie waarin ‘n klein Karoo-dorp se SAPD-stasiebestuurder en NG dominee ‘n tienermeisie se ma help om haar dogter te oortuig om ontslae te raak van ‘n tatoe. Want tatoes is natuurlik verkeerd. Of “‘n Man wat kan huil”, ‘n storie waarin ‘n UFS-rugbyspeler verlief raak op ‘n medestudent wat hy nog nooit ontmoet het nie en dan so vreeslik verlief raak dat hy glad nie meer rugby kan speel nie. Want dít is hoe liefde werk? Of “Helena se kortverhaal”, oor ‘n vrou wie se huwelik uitmekaar gaan val as sy nie betyds aandete kan kook vir haar man se gaste nie. Want ‘n vrou se plek is in die kombuis? Hierdie stories is almal sentimenteel en oppervlakkig, en hoort in ‘n ander eeu – wat Meyer in hierdie stories beskryf is in ‘n Suid-Afrika wat glad nie meer bestaan nie, ‘n Suid-Afrika wat ek nie seker is ooit bestaan het nie. (Dit is moontlik dat Meyer hier besig is met subtiele satire, maar ek twyfel.)

Nie al die vroeër verhale is noodwendig skuldig aan dieselfde tekortkominge nie. “Bottervisse in die jêm” is nog net so hartroerend soos wat dit in 1997 was. ‘n Onsentimentele verhaal oor ‘n siniese kunstenaar wat ‘n nuwe lus vir die lewe ontdek, danksy sy buurvrou se onbeskofte en skaamtelose seun. “Om ‘n man te vang” is soortgelyk belowend; bewyse van ‘n meer volwasse skrywer. Dis ‘n pragtige verhaal.

Maar die verhale in die bundel wat die mees belowend en aangrypend is, is die verhale waarin Meyer sy bekende romankarakters en milieus gebruik om kort, kragtige speurstories te skep. Onder andere is “Die slagter”, ‘n uitmuntende spanningsverhaal waarin Bennie Griesel ook vlugtig verskyn, uitstekend. Speurder-inspekteur Mbali Kaleni verskyn ook in verskeie van die verhale. “In die bloed” en “Die derde laai” is veral puik: vol energie, vol spanning en kontemporêr.

Op die agterblad van Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale belowe die uitgewer “van eerste tot laaste verhaal krul die leser se tone van pure leesplesier”. Deon Meyer-aanhangers kan uitsien na kortverhale wat inderdaad dieselfde opwinding belowe as sy romans. Wees net gewaarsku: nie elke verhaal hou by die belofte nie. Wanneer die tyd aanbreek vir die volgende kortverhaalbundel mag dit dalk nodig wees om van die verhale te hou waar hul hoort: in die verlede.

The post Boekresensie: Die Ballade van Robbie de Wee en ander verhale deur Deon Meyer appeared first on LitNet.

Viewing all 1801 articles
Browse latest View live