Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1795

Swyg deur Erla Diedericks: lesersindruk en onderhoud

$
0
0

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Titel: Swyg
Skrywer: Erla Diedericks
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776359646

Ek lees al ’n geruime tyd Erla Diedericks se boeke, van Sin, sushi & survival: A memoir; Seks, leuens en die internet, Agter grendels, Die kontrak, Die lys, Die bewonderaar, Salemstraat tot haar nuutste sielkundige riller, Swyg.

Dis uitstekend, manjifiek, briljant, fantasties! Gaan koop die boek! Jy weet jy wil!

Daar was ’n stadium vóór Die bewonderaar wat mense vir Erla wou label as ’n seksskrywer. Die blonde Erla laat haar egter nié label nie! Met Die bewonderaar, Salemstraat en Swyg het sy al daardie mense behoorlik tot stilswye geskryf. Sy mag blond wees, maar moenie dat dít jou flous nie. Erla skryf slim, maar jy word óók met die banale gekonfronteer. Erla is beslis nie ’n bang skrywer nie. Sy sien kans vir enige onderwerp. Ek is weer eens verstom oor dit wat sy met Swyg opgetower het. Ten spyte van een van die eerste resensies wat aan die negatiewe geraak het, bly Swyg op die top-verkoperlys!

Met Swyg skep Erla weer eens karakters wat baie uiteenlopend is en ’n mens kan net wonder hóé die klomp uiteindelik bymekaar gaan inskakel. Wees verseker daar is altyd reason behind her madness! Elke karakter het ’n plek in die uiteindelike plot wat ontrafel gaan word.

........
Met Swyg skep Erla weer eens karakters wat baie uiteenlopend is en ’n mens kan net wonder hóé die klomp uiteindelik bymekaar gaan inskakel."
........

Diedericks neem ons terug in tyd na 2009 en 2011. Wanneer ek lees hoe dit op Stellenbosch gegaan het tussen doktors, professore en studente in 2009, dan wonder ek of die dinge nóg gebeur. Mens word ook weer bewus gemaak van dinge wat vandag openlik gebeur, maar jare gelede altyd onder die mat ingevee is om mense se sogenaamde reputasies te beskerm. Sy beskryf situasies en gebeure wat mens net jou kop kan laat skud van verstomming.

Ann Marais is weer een van die karakters wat, op Vanessa Wessels se aandrang, haar besoek by die Molenberg-psigiatriese hospitaal, toe sy begin onthou wat in 2009 gebeur het die aand toe haar kamermaat op ’n sensasionele manier met ’n draadhanger vermoor is.

Ons maak kennis met digter en dosent, Didi Donkermann, in die terugflitse en haar seun, Louis. Ons ontmoet ook haar studente Frederik, Vanessa en Christie, en later ook vir Magrietjie en Ton by ’n huispartytjie. Mens besef eintlik dat Didi totally screwed up is en dan verstaan ’n mens die karakter, Louis, wat ná al die jare steeds sy ma se stem in sy kop hoor, baie beter.

Daar is ’n paar kru woorde in die boek, maar dis nie steurend nie en word geheel en al in konteks verwoord.

My gunstelingaanhaling uit haar boek is: “Nou weet jy. Daar is net een manier om te leer om weer op te staan – en dis om nie bang te wees vir val nie” (bl 109).

Is ons nie maar almal bang vir val nie? Swyg kry ’n besliste ses uit vyf sterre by my! Dis ’n moet-hou-boek en ek sal dit beslis weer op ’n latere stadium lees.

Erla hou jou aan die raai tot reg op die einde. Ek het dit nie sien kom tot en met ... Wanneer jý Swyg lees, sal jy presies weet van watter oomblik ek praat! Elke boek van Erla is beter as die vorige een. Sy stel die verwagtinge vir haar volgende boeke baie hoog.

***

Ek het ook ’n paar vrae aan Erla gevra:

1. Wanneer skryf jy en hoe lank skryf jy elke dag of is jou doel eerder ’n aantal woorde as tyd?

Ek skryf graag soggens en mik na 2000 woorde per dag.

2. Beplan jy jou karakters en stories / plot vooruit?

Ek dien vooraf ’n plot in, maar dit verander altyd. Die voorlegging en die finale boek verskil hemelsbreed.

3. Het jy al aan ’n storie-idee verander omdat ’n nuwe karakter hom / haar kom aanmeld of ’n nuwe situasie wat skielik net opduik?

Daar is nooit juis ’n storielyn nie, want my karakters vertel eintlik self die storie.

4. Hoe lank het jy geskryf aan Swyg?

Ses maande.

5. Moes jy herskryf aan Swyg, hetsy in geheel of gedeeltelik?

Die boek word altyd hersien, maar nie veel het verander nie. Die editor wou wel meer vloekwoorde aan die einde gehad het. Kan jy dit glo?

Lees ook:

Oor kraaie en neste: ’n lesersindruk van Salemstraat deur Erla Diedericks

Eerste slukkie: Die kontrak deur Erla-Mari Diedericks

Die geheime klippieklub deur Erla-Mari Diedericks: ’n lesersindruk

Dominique deur Erla-Mari Diedericks: ’n resensie

The post Swyg deur Erla Diedericks: lesersindruk en onderhoud first appeared on LitNet.

The post <em>Swyg</em> deur Erla Diedericks: lesersindruk en onderhoud appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1795


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>