Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1795

Die eerste Crito-prys vir Lesersindrukke word aangekondig

$
0
0

LitNet het onlangs aangekondig dat ’n maandelikse Crito-prys vir die beste lesersindruk wat op LitNet verskyn, toegeken sal word.

’n Lesersindruk is nie ’n amptelike resensie nie, maar is ’n leesreaksie wat uit eie beweging gratis aan LitNet gestuur word.

Crito, LitNet se resensent van resensente, het die eerste wenner van die R1 500-prys aangewys, en wel met die volgende motivering:

Dit was interessant om te kyk na die ingesonde resensies, en agterna ’n gevoel van opgewondenheid oor te hou. Ek het waardering vir die manier waarop Maryke Roberts en Stefaans Coetzee hul resensies aangepak en gestruktureer het, asook vir die reaksie uit die hart deur Anne-Marie Burger oor die opspraakwekkende boek Hoerkind.

Barend van der Merwe

Maar dit was Barend van der Merwe se bespreking van Veldhospitaal 12 wat die langste in my gedagtes gebly het. Hy skryf reguit en sonder opsmuk, en ken die uitgeeterrein baie goed. Dit is ’n briefroman wat hy takseer, en hy gebruik daarom sy vryheid om die verhaal wat met ’n omweg vertel word, kernagtig op te som. 

Wat sy resensie verder noemenswaardig maak, is dat Van der Merwe nie terugdeins van die identifisering van gebreke in die publikasie nie. Dit is een van die kenmerke wat ’n mens dikwels kry by resensies wat nie gewerf is nie – hulle skram weg van indringende, soms negatiewe kritiek. 

Barend van der Merwe het hom as betroubare resensent bewys; hierdie resensie dra die stempel van gesaghebbendheid.

Anne-Marie Burger, Maryke Roberts en Stefaans Coetzee

 

Lees ook:

Toeganklik, nie maklik nie; ’n lesersindruk van Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl

LitNet loof maandelikse Crito-prys vir lesersindrukke uit

Geseënd is dié wat treur deur Susan Jordaan, lesersindruk

’n Wond deur sy pa toegedien: ’n lesersindruk van Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen

Lesersindruk: Boipelo se slim ruilhandelprojek sal jou nie onaangeraak laat nie

’n Eerlike en heerlike reis: Hoerkind deur Herman Lategan

The post Die eerste Crito-prys vir Lesersindrukke word aangekondig appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1795


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>