Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1795

My eerste Afrika-avontuur deur Riaan Manser vir lesers drie of 300, ’n lesersindruk

$
0
0

Titel: My eerste Afrika-avontuur
Skrywer: Riaan Manser
Uitgewer: Penguin
ISBN: 9780637003117

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Een van die grootste en lekkerste voordele van boeke is dat jy enige boek kan lees, of jy nou drie of 300 jaar oud is. Die boek wat Riaan Manser geskryf het oor sy reis van twee jaar en twee maande op ’n fiets rondom Afrika Around Africa On My Bicycle het hy nou toeganklik gemaak vir jonger lesers. Sy oudste seuntjie James het so pas vyf jaar oud geword. As jy self kinders het, sal jy weet dat Riaan in-diensopleiding ontvang om hierdie mensies se ratwerk te verstaan.

Hierdie boek van Riaan is in Engels geskryf, maar die Afrikaanse vertaling is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van die Stigting vir Bemagtiging van Afrikaans.

...
Die getekende Riaan se gesigsuitdrukkings is een van hierdie boek se grootste aantrekkings. Jy kan nie anders as om saam met Riaan moeg, bang, benoud, verbaas, verras, verleë en verlig te voel nie.
...

Met die eerste oogopslag weet jy dadelik dat dit nie net ’n gewone vertelling van ’n storie is nie. Riaan se vriende Murray Williams en Chantal Tarling het hom gehelp om hierdie meesterstuk te skep. Selfs die papier waarop die boek gedruk is, het ’n heerlike kraakgeluid sodra jy begin blaai daarin.

Hulle val weg met ’n bladsy vol aanhalings wat Riaan het.

LAAT ELKE DAG TEL: Ek het probeer om aan die einde van elke dag op my avontuur die sonsondergang te waardeer en “Goeienag” te sê vir nog ’n dag van VERKENNING in Afrika. Ek onthou dat ek so dankbaar was om te leef en gesond te wees! SJOE!

Sodra jy omblaai, is daar ’n yslike groot Afrika wat jou uitnooi om haar beter te leer ken teen jou eie pas. Maar dis nie die gewone boring detail wat Riaan met jou deel nie. In blokkies, die hele bladsy vol, leer jy van die tale, hoofstad, bevolking, geldeenheid, avontuurbestemmings, smullekker kos, die nasionale dier en ook hoe die mense mekaar groet in daardie spesifieke land.

Die illustrasies van hierdie boek is vol pret en emosie. Martinus van Tee het hierdie meesterlike illustrasies gedoen. Die getekende Riaan se gesigsuitdrukkings is een van hierdie boek se grootste aantrekkings. Jy kan nie anders as om saam met Riaan moeg, bang, benoud, verbaas, verras, verleë en verlig te voel nie.

Hierdie boek is gelaai met inligting wat interessant en opvoedkundig van aard is. Soos die voorbeeld hieronder wat in een van die venstertjies is:

’N PLAASLIKE SOLDAAT HET MY ’N SLIM DING GELEER: Wat is die verskil tussen ’n tsetsevlieg en ’n gewone vlieg? Wanneer jy ’n gewone vlieg slaan, is hy dood en val hy van jou af. Maar wanneer jy ’n tsetsevlieg slaan, doen hy net 10 “push-ups” – om jou te wys wie’s BAAS – en vlieg dan weg.

Wat ook merkwaardig is, is die feit dat die boek nie vol suksesse is nie. Inteendeel. Riaan deel veel meer van sy benoude ervaringe as sy triomfantlike oomblikke. Die boek is eerlik en opreg geskryf. ’n Fantastiese fondasie vir gesprekvoering met jou kinders, en in my geval, my man.

Beurtkrag gee vir ons die geleentheid om weer met mekaar te praat. Veral noudat ons nie meer in die COVID-19-isolasie is nie, en die lewe teen die spoed van wit lig weer op dreef is.

Skaf hierdie boek vol lewe, waarhede en lag-tot-jou-maag-pyn-oomblikke aan. Dit sal ’n wenner in enige kerskous wees. Maar glo my, sodra jy hierdie boek self gelees het, gaan jy terug na die boekhandelaar of webtuiste haas om nog twee of drie eksemplare te koop. In Engels en Afrikaans.

Lees ook:

The post <i>My eerste Afrika-avontuur</i> deur Riaan Manser vir lesers drie of 300, ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1795


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>