Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all 1790 articles
Browse latest View live

Stralerjakkers deur Leon van Nierop: ’n resensie

$
0
0

Stralerjakkers
Leon van Nierop

Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624082941

Hier hoor jy die karakters se stemme om ’n heel ander rede.

En jy sien hulle nes tevore, hoewel in die geestesoog.

Hulle het op lug bestaan, spesifiek op weeksdae vir ’n paar jaar, die radiogolwe vol. 

Stralerjakkers is ’n totale herinneringsvlug – mits jy destyds die radioverhaal gevolg het.

Dit is ’n baie interessante hersienning om dié romanverwerking van die bekende radioverhaal deur Leon van Nierop te lees.

Vir jare (1996 tot 2001) het luisteraars Stralerjakkers geluister.

En hoewel Van Nierop met sy roman getrou bly aan Girly Lubbe (in die radioverhaal vertolk deur Elize Cawood), is daar sommige van haar uitdrukkings wat ’n mens onthou wat nie in die boek is nie.

Jy hoor haar veral lag. Jy sien haar nog in die televisieadvertensie toe Stralerjakkers in die radio-ateljee verfilm is en vir ’n tydperk op kykNET uitgesaai is. Daardie temamusiek, die komposisie “Caravans”, hoor jy ook nog, en selfs onthou jy waar jy was toe jy die eerste keer die lied gehoor en van die radioverhaal bewus geword het.

Dit is ’n lekker lees al die pad tot by bl 246, deels omdat jy wonder watter van die (ou) bekende karakters hul opwagting sal maak. Sal sommige storielyne van destyds terugkeer?

’n Mens wonder nou wel of die nuuskierigheid steeds so sterk sou gewees het as dit nie vir die radioverhaal was nie.

Verder het ek baie hard probeer onthou of Girly se storie, haar “biografie” Skrikkelkind: Girly se storie (ook deur Van Nierop), presies dieselfde verloop het.

Spesifiek op radio was Girly aan’t skryf aan haar eie storie. Hoogs geheim, verbode om te sien wat sy tik op daardie toetsbord waarvan jy op die radio die druk van die knoppies kon hoor.

Hoewel daar baie tonele is wat ’n mens nou nog hoor, verloop die roman anders in vele opsigte.

Die roman verteal van Tiaan, die rykmanseun, wat na twee jaar uit die tronk vrygelaat is vir ’n misdaad wat hy nie gepleeg het nie. Nou beland hy in Girly se losieshuis in Newlands (sy het tog so graag “Madeliefiestraat 13A” in die radioverhaal gesê). Steeds is Girly die vrou met die groot hart wat vir straatkinders kos uitdeel en ma van Karlien is, en “oorle lewende Gert” (hoewel sy hom in die boek nie so noem nie) figureer ook.

Die onheil druis reeds vroeg. 

Die storie lees lekker, hoewel lesers dalk soms ’n bietjie mooiskryf sal ervaar, maar tog is daar lekker beskrywings, ook met humor, en die storie is vroeg-vroeg op dreef, te danke aan ’n nare karakter (nogal my naamgenoot) wat op die toneel verskyn.

Jy word egter nie verveeld nie, want die nostalgie van die destydse reeks hou die leser se aandag. 

Dit is te verwagte dat nie al die karakters dit tot in die roman sou maak nie.

Tog was die meeste van dié wat ek onthou, daar.

Dit is interessant om ’n bietjie meer van hulle te wete te kom.

Soos Van Nierop met Ballade vir ’n enkeling se romanweergawe (dit was ook eers ’n televisiereeks en in 2015 is ’n rolprent uitgereik) is dit na vandag verplaas.

Dikwels is die aanpassing van tyd vir my minder belangrik as die storie self. Sommige fiksie hoef nie aan aan ’n sekere tydperk gekoppel te word nie.

Stralerjakkers het ook destyds nuus van die dag in sy dialoog ingesluit gehad.

Hier word ook ’n paar meer hedendaagse onderwerpe genoem, soos die die Mall of Africa, en die politieke hede bly nie agterweë nie.

Nie almal sal daarvan hou nie, maar as jy teen Stralerjakkers-tyd die radio aangeskakel het, sal hierdie boek jou vermaak.

The post Stralerjakkers deur Leon van Nierop: ’n resensie appeared first on LitNet.


A man of Africa. The political thought of Harry Oppenheimer: book review

$
0
0

A man of Africa. The political thought of Harry Oppenheimer
Editor: Kalim Rajab
Publisher: Penguin Random House
ISBN: 9781776092116

Monopoly capital is in the air as present-day South Africa stumbles through the most doggy of its post-apartheid dog days. It has become an enemy of the National Democratic Revolution / Jacob Zuma Stage. Depending on who you are, the beast of monopoly capital is either white in complexion or colourless in class.

Noisy public debate over the position and condition of mining, too, is to be heard in the land. The appearance of a book on Harry Oppenheimer, the global twentieth century South African tycoon who embodied perfectly the union between the power of capitalist monopoly and the wealth of mining, could hardly be more timely.

As is obvious from this volume’s subtitle, The political thought of Harry Oppenheimer, it is not a biography, although there are illuminating flashes of biographical information, such as the fact that Oppenheimer served on the board of Anglo American for 36 years, and was its chairman for a quarter of a century. It is no wonder that he so personified the ravenous empire that he owned. That said, A man of Africa skips over Harry Oppenheimer brooding over the company balance sheet, and concentrates squarely on his political instincts and the ideological views that he expressed – in short, it examines what it was that he stood for, and what his legacy can be said to have come to represent.

To throw light on this, the book’s perfectly fashioned editor, Kalim Rajab (Oxford, De Beers, Helen Suzman Foundation), has assembled a fat handful of prominent contributors to ponder and weigh up an interesting range of Oppenheimer’s views. Several of the writers assembled here are individuals who might be seen – not unreasonably, perhaps – as the usual suspects, predictable Anglo American business notables such as Bobby Godsell and Clem Sunter. Equally, as this is a sober and measured evaluation of its subject’s thinking, some of the other contributors to A man of Africa are less tame. They include such ANC worthies as Albie Sachs, Kgalema Motlanthe and the incendiary sociologist Xolela Mangcu, who uses Harry Oppenheimer’s connections with the University of Cape Town mostly as a peg upon which to hang his personal denunciation of that infamous institution’s poisonous white liberalism and suffocating racism.

Generally, though, this book’s tone is sober and restrained. Avoiding polemic, its writers are more inclined merely to wrinkle their noses over the less rosy features of Harry Oppenheimer’s prosperous English South African world – the deep conservatism, profound contradictions and glaring hypocrisy of its lukewarm liberalism.

As with many compilations of this kind, a book with 15 individual contributors is virtually bound to be a bit of a mixed bag when it comes to quality. In addition, in the case of A man of Africa, the nature of the contributions is also variable. While a few of these are substantial, many more are brief snapshots of an aspect of Oppenheimer: a couple of pages on the basis of his opposition to anti-apartheid economic sanctions, for instance, or on his weighty family role as a benefactor of education and development. While it is useful to have explorations that are concise, occasionally they may be a little too concise.

Lastly, given the key Harry Oppenheimer leitmotif – either the principled, moderate reformer, or the dubious exploiter of African labour – there is, unavoidably, considerable repetition of the conundrum posed by his big and complicated life, that of how to balance Harry the good against Harry the bad.

That said, both well edited and well written, A man of Africa is a thoroughly enjoyable read, if more studiously informative than particularly entertaining. One of its real merits is the characteristic distinctiveness of one or two of its voices. You can read the veteran journalist, Denis Beckett, justifying his “pro-Harry bias”, while simultaneously acknowledging that he was no saint and “could have made the differential between his wealth and his workers’ much squarer”. Or, you can turn to the eminent academic, Heribert Adam, for a view of how his addiction to “business as usual” confined him to “only symbolic opposition to apartheid”.

The editor’s device of presenting extracts from Oppenheimer’s speeches around which to frame a series of appraisals provides a good set of wheels upon which to turn the book’s unfolding assessment. One particularly captivating speech, “The case against Rhodes”, delivered in 1970, is reproduced in full. In it, as if suddenly mindful of a mirror, Oppenheimer notes that even in his lifetime Rhodes was deplored “for a certain coarseness of moral fibre and a lack of scrupulousness in his dealings”. Equally, the reality of his imperialist vision of South Africa’s future as a “great modern industrialized state” is that it could never be realised on the basis of “tribal attitudes within its borders, whether the tribes be black or white”. In a strange and timely way, it captures something of the messy tragedy which remains the South African condition.

Kalim Rajab’s collection is a readable and even-handed account of Harry Oppenheimer as a reticent philosopher-capitalist, leading readers to view him within the limits and possibilities of his time, and to appreciate in hindsight the flawed nature of his legacy. In that respect, it is to the credit of this volume that it does not whitewash its subject. Unlike classically benign British capitalists like Joseph Rowntree, remembered in history for paternalism, philanthropy and Kit Kat chocolate, Oppenheimer, for all his reforming impulses and good doings, is forever associated with the blight of cheap migrant labour, squalid mine compounds and ruthlessly exploitative wages for Anglo American’s African mineworkers. Still, as we are reminded by A man of Africa, Harry Oppenheimer’s mind was not imprisoned completely by the clatter of the company cash register. The paradoxes of the man whose thinking we encounter here can be seen in his views on apartheid, liberalism, the franchise, socialism, trade unions, education and much else besides. Why would you want to waste time reading about what this country’s current crop of corporate pygmies think, when you can reflect on the ironies of Harry Oppenheimer?

The post A man of Africa. The political thought of Harry Oppenheimer: book review appeared first on LitNet.

Susanna M Lingua, Gunstelinge 6: ’n resensie

$
0
0

Gunstelinge 6
Susanna M Lingua
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624080954

Susanna M Lingua was ’n gewilde Afrikaanse skrywer wat haar toegespits het op liefdesverhale. Alhoewel sy al op 16-jarige ouderdom begin skryf het, is haar eerste manuskrip vir publikasie eers in 1952 aanvaar en dáár het haar loopbaan afgeskop.

Haar romantiese verhale het dikwels op eksotiese plekke afgespeel en haar tweede huwelik was self met ’n Italianer. Volgens bronne het sy 58 boektitels nagelaat by haar afsterwe in 1997.

In die eerste verhaal, Waar die frangipani bloei, is die streng, tradisievaste Portugese edelman Duque Diago de Velira Cervantes in beheer van Braco, ’n rustige dorpie aan die kus van Afrika. Niemand in dié tropiese dorpie met sy pragtige, bloeiende frangipani’s sal durf om teen dié edelman te handel nie. Hy is geensins voorbereid op die koms van die vurige, selfstandige Ronelle Dekker wat haar vader op dié Afrika-kusdorpie kom besoek nie. Ronelle kom gou tot die ontdekking dat haar modern lewensuitkyk en kleredrag indruis teen die ongenaakbare Duque se beginsels. Dis nie lank nie of die vonke spat tussen haar en die aantreklike hertog. Dié verhaal het in 1967 die lig gesien by President-Uitgewers.

In Lied van die Isar gaan kuier Tillie Joubert by haar familie in Duitsland nadat sy haar onderwysstudies voltooi het. Daar ontmoet sy die aantreklike baron Ludwig Krafft. Hy raak dadelik smoorverlief op haar en teenstrydig met die tradisies van die Kraffts vra hy haar om te trou, al is sy nie Duitse adelstand nie. Sy weduweesuster, Heidi, wat by hul woon, is nie geneë met dié huwelik nie en probeer hul uitmekaar dryf vanweë haar jaloesie. Dit is in 1976 gepubliseer deur JP van der Walt & Seun.

Jy is my droommeisie is die derde verhaal in Gunstelinge 6. Dit is in 1998 gepubliseer deur JP van der Walt & Seun. Dié spanningsliefdesverhaal handel oor Liza Steenberg se baas, Thys Rademeyer – lank, blond en onweerstaanbaar. Die vraag is, is Liza sy droommeisie of gaan sy sekretaresse hom vang? Liza het die klein plattelandse dorpie, Denneheuwel, verruil vir Johannesburg se stadsliggies en bekom ’n betrekking by ’n vooruitstrewende sakeonderneming. Rademeyer-beleggings se direkteur, Thys Rademeyer, is op soek na sy droommeisie, maar dis ’n ingewikkelde keuse tussen die mooi Liza en sy beeldskone, bekwame sekretaresse.

Gunstelinge 6 is ’n maklike, ontspannende leeservaring en neem jou op reise na verskillende wêrelddele waar jy teruggeneem word in die tyd en deurentyd herinner word watter belangrike, leidende rol liefde en aanvaarding in ons lewens speel.

The post Susanna M Lingua, Gunstelinge 6: ’n resensie appeared first on LitNet.

Early one Sunday morning I set out and discovered South Africa: an interview with Luke Alfred

$
0
0

Early one Sunday morning I set out and discovered South Africa
Luke Alfred

Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624075530

Authors on their new books: Luke Alfred on his book Early one Sunday morning I set out and discovered South Africa.

Hi Luke! You were a sports journalist; was walking your own personal sporting activity? Please tell our readers about your background. And maybe about walking.

No immediate relationship for me between walking and sport. Walking, in fact, was a way of escaping my past as a sports journalist and heading off in a new creative direction ...

I asked you about walking, because your book Early one Sunday morning ... is mostly about travels on foot. Or how would you describe this book?

It’s a meditation on contemporary South Africa; it’s literature and history, through the medium of 12 walks in a calendar year through the length and breadth of our breathtaking and sometimes stunningly frustrating country.

There are plenty of travel guides on some of the most well known walks in the country: the Otter Trail, the Hole in the Wall Trail, Blyde River Canyon ... but your book is different. The walks you discuss are not even necessarily nature trails! What inspired you, and what gave you the first idea to write something about various walks in this country?

I came from a walking and hiking family, so it’s a fairly natural activity for me. Walking gives you an interesting perspective into human time. I like its sense of scale and the activity’s meditativeness.

Why did you write Early one Sunday morning ..., and did you write this in one go, or did you put this book together after years of travelling?

I wrote it to tell people something different to the normal junk you find in newspapers. I wrote it because landscape provides inspiration, and I wanted to share my view of the world and the country. I wanted to do something different, face a different challenge and have some fun while doing it.

A journey on foot through the soul of the country. Please can you share some of the stories which crossed your path along the way?

On one walk, I walked with Philip Kgosana, who led an anti-pass book demonstration to parliament in 1960. It was a seminal moment in the history of anti-apartheid protest.

Is it safe to travel by foot in South Africa?

Yes, but don’t do anything stupid. Don’t walk in unsafe places at night, for example.

Can you recommend a specific walk (discussed in your book) to our readers – and why?

Walk on Table Mountain; walk in Soweto; don’t be hijacked by your fears. Create your own walk!

What have you discovered about this country’s past while travelling?

It’s interesting, contested, often full of incredible stories. There’s always some new fact or anecdote to roll back and discover for the first time. South Africa is a fountain of stories untold.

A practical question: Your book’s title refers to walks on a Sunday morning – can all the walks in this book be walked in one day?

Mostly, yes; one walk was planned for two days, but after walking for 25 kilometres on day one, we bailed. Walking isn’t a macho activity for me; you aren’t trying to beat anyone, you’re trying to discover things ...

Can you share maybe three of your favourite photographs from your travels with our readers?

I particularly like the photos of our two sons while walking in the Cederberg one late summer morning ...

A proud dad (middle) with sons, Sam (green T-shirt) and Jake (turquoise T-shirt) – walking in the Cederberg.

The long walk to reconciliation: Freedom Day walk at the foot of the Voortrekker Monument

Carling Black Label brigade: Vuka Tshabalala (centre) in Orlando Pirates tracksuit, with the peerless Bangomuzi Manyana (green Nedbank Cup hat) in the foreground

Photos: Provided

The post Early one Sunday morning I set out and discovered South Africa: an interview with Luke Alfred appeared first on LitNet.

Paaiboelie deur Chanette Paul: ’n resensie

$
0
0

Titel: Paaiboelie
Outeur: Chanette Paul
Uitgewer: Lapa
ISBN: 9780799385397

Jojo Richter is terug! En soos gewoonlik is dié privaat ondersoeker gepantser met ’n bont kaftan en gewapen met ’n glasie Southern Comfort. Chanette Paul-aanhangers het Jojo reeds in Siende blind (2013), Raaiselspieël (2014) en Ewebeeld (2014) leer ken as ’n navorser wat haar intuïsie vertrou en nie vir die duiwel stuit nie. In Ewebeeld is sy gereeld as fokalisator ingespan en in Paul se jongste spanningsroman, Paaiboelie, word sy uitgebou tot ’n volronde karakter.

Jojo word gehuur om uit te pluis wat regtig sewe jaar gelede ten tye van Eduard Swiegelaar se moord gebeur het. Sy doen haar voor as ’n barmhartige Samaritaan wat Zaan Mentz, oftewel Lezanne Swiegelaar, Eduard se weduwee, help om haar intrek te neem in haar nuwe huis op die Crystal Crags-landgoed by Duiwel-se-snoet. Hier maak sy ook kennis met die ander inwoners, soos Lalie Laslap, Morbid Megan die Gothic Ghostbuster, Tertia die Tert, Douw die Donnerwetter, en die baas van die plaas, Estian die Black Knight. Dan is daar ook Tessa, Vister en die ander Roose. En natuurlik die paaiboelie: ’n haaslipseuntjie wat op ’n stormnag verdrink het en nou aan ’n mens verskyn net voordat jy die tydige met die ewige verwissel.

Die verskyning van die paaiboelie is nie die enigste Gotiese element in dié riller van ’n roman nie. Die onheilspellende atmosfeer wat op Crystal Crags heers, die raaiselagtige verdwynings, die sin(ne)begogelende Crystal Manor met sy trompe l'oeil-muurkuns en die begroeide grondvroue in die tuin wat lyk asof hulle hulle “probeer losworstel uit die aarde” sorg vir naelkouspanning. Die Duiwelsdriehoek se bose geheime word oopgevlek en kwessies soos verbode seksuele drange en die sondes van die vaders word blootgelê.

Te midde van al hierdie grusaamhede sorg Jojo vir ’n paar ligter giggeloomblikke en lyk dit ook asof daar uiteindelik weer liefde in haar rigting wink. Dis Joachim, oftewel “Vader Krismis gone wrong” soos sy hom aanvanklik takseer, wat haar oortuig dat ’n droë rosé darem nie soos “Kalahari-stof op die tong” is nie en amper nét so lekker soos haar geliefde Comfortjie smaak. Later sien ’n mens hoe haar gevoelens teenoor haar eksman begin taan en hoe Joachim mettertyd haar hart laat vermurwe, al gee sy hom elke nou en dan nog ’n kyk wat “’n braambos aan die brand kan laat slaan”.

Paul slaag skynbaar moeiteloos daarin om ’n oortuigende stem aan elke karakter te gee, twee verhaallyne deeglik te verweef sodat ’n mens male sonder tal kopkrap, en ’n ontknoping neer te pen wat jou mond behoorlik sal laat oophang.

Die feit dat karaktername nogal ooreenstem (Estian en Eduan; Tessa en Tertia) kan moontlik bydra tot die misterie, maar is tog verwarrend – veral as ’n mens vinnig wil lees om te sien wat op die volgende bladsy gebeur. Die leser word ook plek-plek met inligting gebombardeer, en al noop dit jou om aandagtig te lees, is daar hier en daar dele waar die dialoog langdradig is.

Paaiboelie sal nogtans soos soetkoek deur spanningsvrate verslind word. En Jojo Richter-aanhangers sal hoop dat sy in die volgende Paul-roman weer met haar “kwikstappie” aangestoom sal kom.

The post Paaiboelie deur Chanette Paul: ’n resensie appeared first on LitNet.

Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n resensie

$
0
0

Boereverneukers: Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters
Izak du Plessis
Penguin Books
ISBN 9781776092185

Hierdie bundel van 14 boereverneukers bied lekkerlees.

Wat ook jammer is. Du Plessis is ‘n storieverteller, vlot, verknog aan woorde soos swerkater, gebruik graag die woord glo om sekere feite te staaf of nie heeltemal te staaf nie.

Moenie onthullings verwag nie.

Du Plessis gebruik reedsbekende feite, koerantargiewe en ‘n aantal publikasies, en herinner aan goeie ondersoekende joernaliste soos Martin Welz, Herman Jansen en Jacques Pauw. Huisgenoot is ‘n sterk bron. Moenie na psigoanalitiese, geskiedkundige of belangrike vernuwing in misdaadoplossings soek nie.

Jy gaan wel weer opnuut verbaas wees oor die Garies-gebore Adriaan Nieuwoudt se skouspelagtige vrotmelk-piramideskema. Die blote vindingrykheid en verneukery sal jou laat kopskud, en ook met 'n greintjie bewondering vir die aantreklike ou jakkals laat.

Jy gaan miskien nog meer verbaas wees oor die omvang van oom Paul, die nimlike staatspresident van die Transvaal, se jakkalsdraaie. Du Plessis toon geen genade vir Kruger se nepotisme, sy knoeiery met konsessies (laat jou dink aan hedendaagse staatskaping) of sy noue bande nie met Joodse grootgeld (nee, nee, ek dink nie aan die Guptas nie, maar kan dit nie verhelp nie). Du Plessis herinner ons ook hoe lank presidensiële ondersoeke in daardie republiek kon duur!

Om weer oor die Groot (en mislukte) Trustbank-rooftog van Derek Whitehead en Willem Antonie van der Merwe in die jare 1971 te lees, klink hartseersnaaks soos die twee uit hul verknorsing wou kom – grootse planne, grootse flaters. Amper op ‘n Keystone Cops-vlak.

Martin Radloff, die Houdini van die misdaadwêreld, herinner aan die negentigerjare toe Radloff nuwe betekenis aan die woord skurk gegee het met die beplanning van sy eerste vrou se moord deur sy tweede vrou (hy het tydens sy tweede vrou se moordverhoor met ‘n derde vrou getrou). Radloff het selfdood gepleeg en is nooit verhoor nie.

“Dr” André Esterhuizen het agt jaar lank as pediater en weermagkolonel sonder enige skoling gepraktiseer en die dood van baie babas veroorsaak.

Gervan Lubbe, van die destyds befaamde pynstillermasjientjie, het ook sonder geleerdheid en as aanvanklike Telkom-tegnikus die land en die VSA laat gons met sy mediese “uitvindings”. Ongelooflike rykdom, ongelooflike idees het van Lubbe ‘n koerantsensasie gemaak totdat ‘n ondersoekende joernalis, Elsabe Brits, agter die kap van die byl gekom het.

Arno Smit, die sg beesbaron, het in die VSA sy streke utigehaal – ook vroue gesjarmeer en toe verneuk; en Derek Haynes, die godfather van die Wes-Rand, het in ’n Ford Bantambakkie verdwyn, nadat hy ‘n nes van geld, dwelms en seks in sy besige onderwêreld bedryf het.

En dan, en dankie daarvoor: Du Plessis se herhaling van die vreemde verwagte opstanding van oom Paul Meintjies van Hertzogville. Die skurk agter hierdie amperse Middeleeuse verhaal was die evangelis David Francis, wat glo deur God meegedeel is dat oom Paul uit die dood sou opstaan. Vir meer as 60 dae het oom Paul se lyk in die dodehuis gelê tot die regering hom as armlastige laat begrawe het. David Francis het by oom Paul se weduwee, tannie Anna ingetrek.

Die oorbekende en ongeloofwaardige storie van Ruitertjie Ruiters word vertel, asook dié van die bekende Scotty Smith en die minder bekende Cecil Barnard se oorgrensmanewales. Du Plessis herhaal die lang, immer weer ondersoekte storie van Fritz Joubert Duquesne wat hom as Duitse spioen daarop geroem het dat hy die sinking van die HMS Hampshire en die gevolglike verdrinking van lord Kitchener georkestreer het.

Dy Plessis herinner ons ook dat Chris Barnard volgens Gervan Lubbe R10 000 betaal is vir sg publisiteit vir Lubbe se werk.

Ook dat Winnie Madikizela-Mandela 50% van die aandele in Martin Radloff se saak Professional Builders vir haar dogter wou koop. Mandela was toe adjunkminister vir kuns, kultuur, wetenskap en tegnologie. Sy het die trekpas uit die kabinet gekry en die koopsaak teen haar is later teruggetrek.

Die leser sal enduit lees, en vir Du Plessis vergewe vir sy soms te gemoedelike styl. Dis dalk die geselligste manier om oor boereverneukers te praat.

The post Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n resensie appeared first on LitNet.

Kleurenblind door Trevor Noah

$
0
0

Trevor Noah
Kleurenblind
Amsterdam, AW Bruna Uitgevers BV, 2017
ISBN 978 94 005 0797 5
Originele titel:
Born a Crime: Stories from a South African Childhood
Nederlandse vertaling:
Annoesjka Oostindiër en Ineke van Bronswijk

“De wereld houdt niet van je”, zo drukt Trevors moeder hem op het hart.

Trevor Noah is een duizendpoot. Hij goochelt met woorden die iedereen raken. Sedert ik in het voorjaar aan de boekenstand van de tentoonstelling Goede Hoop in het Rijksmuseum de Nederlandse vertaling kocht van Born a Crime: Stories from a South African Childhood, is een nieuwe wereld voor mij opengegaan. De aankoop van het boek was geen sinecure. De baliebediende was zo geconcentreerd de originele, Engelstalige versie aan het lezen dat hij geen oog had voor de kopers die in de rij stonden. Het boek is moeilijk in een hokje te stoppen. Memoires zijn het zeker niet, want die kunnen alleen worden geschreven op het einde van een bewogen leven. Een biografie is het ook niet, want die verwacht je niet over een opgroeiende knaap. Kleurenblind leest zoals een sprookje. Zoals de meeste sprookjes bevat het boek veel hartstocht, toverstokjes die het leven rooskleurig maken, maar ook veel doffe ellende. Het boek is vooral het persoonlijke verhaal van Trevor, die de naweeën van de apartheid in Zuid-Afrika moedig verwerkt, juist hierdoor een bijzondere taalgevoeligheid ontwikkelt en zich telkens uit de slag trekt wanneer het leven in het eenoudergezinnetje met zijn moeder op de proef wordt gesteld.

Trevor Noah is geboren in 1984, wanneer de apartheid nog volop woedt. Bij zijn geboorte overtreedt hij de wet al, omdat zijn moeder Patricia zwart is en zijn vader een Zwitser. Zijn moeder was een probleemkind, een tomboy, ontzettend koppig, steilorig en opstandig. Tot ze 21 was, woonde ze in Transkei in een hut met veertien neefjes en nichtjes. Daarna doolde ze rond; ze had geen echt thuis. Toen ze Trevor kreeg – ze was ondertussen 24 – ging zij met haar zoontje wonen in Eden Park, een kleine buitenwijk aan de rand van Johannesburg. Trevor is lichtbruin zoals melkchocolade. Hij is heel groot en zijn leven speelt zich grotendeels binnenshuis af omdat hij buitenshuis altijd het buitenbeentje is: een halfbloed, noch zwart, noch blank, geen kleurling en geen Indiër. Maar Patricia voedt hem op alsof hij een blank kind is, niet in de culturele zin, maar in de zin van geloven dat de wereld aan je voeten ligt. Zij wil breken met de vloek van arm en zwart zijn. “Dat is de vloek van ieder kind dat aan armoede probeert te ontsnappen. Omdat de voorgaande generaties zijn uitgebuit, moet je alles wat je hebt verdiend aan hen afstaan, omdat ze zoveel in te halen hebben. Daardoor kun je zelf niet vooruitkomen.” (blz 84). Bij Patricia is dat ook gebeurd, maar zij zal koste wat het kost verhinderen dat Trevor in hetzelfde sukkelstraatje terechtkomt.

“Zuid-Afrika is een mengeling van oud en nieuw, van traditie en moderniteit. Ik kom uit een land waar mensen in plaats van naar een “westerse” arts eerst naar een sangoma gaan.” – Kleurenblind, blz 47 – foto: Herman Meulemans, Sangoma (2002), Transkei, waar Patricia, de moeder van Trevor, woonde tot ze 21 was.

Doordat Trevor een studiebeurs krijgt van de werkgever van zijn moeder, kan hij schoollopen op Maryvale, een katholieke eliteprivéschool, die een knus gemengde oase vormt te midden van de harde werkelijkheid. Na de zesde klas gaat hij naar een openbare middelbare school: HA Jack Primary, waar hij voor het eerst ziet en voelt dat de groepjes op het schoolplein en in de gangen geordend zijn naar huidskleur. Dat is een ontnuchterende revelatie voor de elfjarige Trevor. Hij reageert daarop door zijn uitgebreide talenkennis actief in te zetten en allerlei talentrucjes met medescholieren uit te halen in het Xhosa, Zoeloe, Afrikaans, Engels en nog andere inheemse talen. Hij leert vlug dat taal de snelste manier om de rassenkloof te dichten. “Als je tegen iemand praat in een taal die hij verstaat, gaat dat naar zijn hoofd. Als je in zijn eigen taal tegen hem praat, gaat dat naar zijn hart”, heeft Nelson Mandela ooit gezegd (blz 267). Trevor maakt er een spelletje van om deze raad in daden om te zetten en om een kameleonachtige leefstijl te ontwikkelen. Omdat hij bij geen enkele groep hoort, leert hij naadloos te laveren tussen alle groepen en zich onzichtbaar te maken in de massa. Op zijn 17de doet hij eindexamen en overweegt hij om naar de universiteit te gaan en computerprogrammeur te worden maar er komt niets van omdat hij het collegegeld niet kan betalen. Maar dat kan hem niets schelen want in de middelbare school heeft hij al een lucratieve business opgestart door geripte cd’s op straat te verkopen en op feesten muziek te draaien.

Vanaf zijn 20ste gaat zijn carrière steil opwaarts. Hij treedt op als komediant, gaat op tournee door het land, speelt voorstellingen in Engeland, presenteert radio- en televisieprogramma’s. Nu wordt Trevor een echte duizendpoot en een immens charmant performer, die op de podia staat van vele grote steden. In 2015 wordt hij anker van het Emmy en Peabody Award winnende tv-programma The Daily Show als opvolger van de legendarische Jon Stewart. Trevor Noah is plots wereldberoemd, maar het sprookje Kleurenblind eindigt wanneer deze steile opgang nog moet beginnen. Het sprookje eindigt met een wondermooi hoofdstuk – met een totaal onverwachte wending – over het leven van zijn moeder Patricia Nombuyiselo Noah, een hoofdstuk dat de meest gevoelige liefdesbrief is die een zoon over zijn moeder kan schrijven.

Door de kleine dingen van het dagelijks leven te beschrijven verschaft Kleurenblind een berg aan inzichten in de micro-relaties binnen de Zuid-Afrikaanse samenleving. De laatste jaren wordt er veel gepalaverd over het belang van kwalitatief sociaalwetenschappelijk onderzoek. Maar de grootste bijdrage tot zulk onderzoek wordt geleverd door levensechte analyses zoals Kleurenblind. Trevor Noah is een insider. Zijn verhaal is levensecht. Het borrelt op uit zijn leven en omgeving. Het spreekt de lezer aan. Het wordt zelfs vaak door de lezer herkend als het eigen verhaal. In de achttien verhalen die het boek rijk is, getuigt Trevor Noah openhartig over wat het betekent om als halfbloed op te groeien in een land in volle transformatie. Ik raak maar enkele uitspraken aan die Noah haast onopvallend verweeft met de verhaallijn van zijn boek maar die de lezer haarscherp laten zien hoe het eraan toegaat in de Zuid-Afrikaanse samenleving.

“De vijandigheid en rancune die ik van kleurlingen over me heen kreeg, heeft me geleerd dat het gemakkelijker is om een insider te zijn onder outsiders dan een outsider onder insiders.” (blz 141) Of het verhaal van Trevor en zijn boezemvriend Teddy die in de Belfour Park Shopping Mall likeurpralines stelen (blz 179-186), het geknipte verhaal om aan te tonen hoe hardnekkig vooroordelen zijn. Of het verhaal van Trevor, zijn moeder en haar opvliegende vriend Abel, dat als geen ander aantoont hoe dubbel huiselijk geweld is: “Als je opgroeit te midden van huiselijk geweld worstel je met het tegenstrijdige gevoel dat je kunt houden van een persoon die je haat, of een persoon kunt haten van wie je houdt.” (blz. 299). Kan er iemand sprekender verwoorden wat er leeft aan de binnenkant van de samenleving?

Trevor schuwt ook geen politieke uitspraken. Zo denk ik aan het voorval dat hij uit de gammele VW Kever van zijn moeder wordt geslingerd, met onmiddellijk daaraan gekoppeld het verhaal over de minibussen als een informeel netwerk van buslijnen uitgebaat door particuliere bedrijfjes, of nou ja, door bendes. (blz 25). Of de uitspraak die de werkhypothese zou kunnen zijn van een lijvige historische studie: “Het einde van de apartheid was iets wat geleidelijk gebeurde. Het was niet zoals bij de Berlijnse Muur, die van de ene dag op de andere opeens weg was. In Zuid-Afrika duurde het jaren voordat de muren barsten gingen vertonen en langzaam afbrokkelden.” (blz 87). Om nog maar te zwijgen over Koning Leopold II en de vele zwarten die zijn omgekomen bij het rubbertappen in het toenmalige Belgisch-Congo. (blz 224).

Trevor Noah is een jonge dertiger die bij zijn moeder in het krijt staat. Zij heeft hem geleerd om mensen met woorden te beroeren en om met talen de kloof tussen mensen te overbruggen. Met zijn Born a Crime, ondertussen in het Nederlands en het Duits vertaald, heeft hij een massaal publiek aangesproken. Trevor is een absolute kei in het vertellen van verhalen, levendig, pittig, vol humor, met een glimlach, met een traan. Hij munt uit in the art of storytelling. De Jiddische traditie van bubbe meise is hem op het lijf geschreven, met als enig verschil dat het niet gaat over overlevering uit vervlogen tijden maar over wat mensen tegenwoordig bezighoudt. Er is onlangs een audioversie van Born a Crime uitgebracht. Met zijn rustige stem, die ook in zijn laatavondprogramma’s op de radio voor zen zorgt, brengt Trevor Noah zijn verhalen ten gehore. Dan is de verteller op zijn best. Dan wordt de luisteraar zelf kleurenblind en gaat hij helemaal op in het verhaal.   

Terzijde:

1) Het boek is in het Nederlands vertaald door Annoesjka Oostindiër en Ineke Bronswijk. Hun vertaling is uiterst eigentijds en dringt regelrecht door tot de jongerencultuur die zo prominent aanwezig is bij Trevor Noah: chillen, hood, hufter, rippen, ritselen, enz.

2) De website van Amazon vermeldt ook de Audible Audio Edition van Born a Crime, uitgegeven door Billionaire Mind Publishing, zowel integraal (2016, 8u50min) als verkort (2017, 46min).

3) De duizendpoot in volle actie (12min):  

Envisioning President Trump’s First Term: The Daily Show, Comedy Central, with Trevor Noah: 

The post Kleurenblind door Trevor Noah appeared first on LitNet.

On Your Bike deur Chris en Tim Whitfield: ’n resensie

$
0
0

On Your Bike
Chris & Tim Whitfield
Tafelberg Publishers
ISBN: 9780624077749

Die Whitfield-broers Chris en Tim is al jare lank fietsryers en koerantmanne. Beide het in hul lewens tyd in die saal by plaaslike koerantgroepe spandeer, die een aan die voete van die Berg by die see, en die ander net neffens die Draak se Berg, oftewel "The Berg" soos die Ingelsman dit sou vertel.

Ek is totaal en al bevooroordeeld vanweë die feit dat ek die twee karperde ken en ek al heelwat van hul werk kon lees. Dié boek, wat hulle in hul besige skedules kon aanpak, som die wêreld van bergfietsry in Suid-Afrika, dws die nuwe gholf, mooi op, en lê baie mooi naweekontvlugtings mooi uiteen. My enigste vraag sou wees of die aanwend van "bekende" ryers 'n oulike of onnodige idee is al dan nie. Dit voel half onnodig, vanuit een (my) hoek gesien: topryers wat kommentaar op roetes (trails) lewer, se inslag is dikwels redelik ver verwyderd van die werklikheid, en die meeste mense sal nogal skrik as hulle by ‘n plek aankom en sien hoe steil die hellings of hoe groot die klippe is. Sy sal verseker kan burp, bonk, air en bail. (Kyk maar laer af wat dit beteken.)

Die belangrikste komponente van kennisneem van enige roete, hetsy dit stap-, hol- or fietsroetes is, is die sogenaamde moeilikheidsgraad, wie dit bepaal het, en dan waar dit is, hoe lank dit kan wees, in myle of kilometers, en tyd in die saal (of dalk per voet met die fiets oor die skouer), en/of hoe lank 'n sekere soort mens daaraan sou ry, en of daar belangrike fasiliteite soos water, kosplekke, veilige parkering en dies meer is. 

'n Stuk of 20 roetes het die boek gehaal – die ongelooflike ding is dat die somtotaal van roetes en venues (waar ook fasiliteite vir oumense en kinders bestaan) nou reeds meer as 450 plekke sterk staan in die hele Suid-Afrika! Die gebroeders Whitfield kon definislis nie al 300 of 400 roetes lys wat daai tyd in die land, net maar nou die dag, was nie, en sal seker 'n baie dikker boek moet uitbring om so 'n takie afgehandel te kry.

Die boek word goed ondersteun met foto's deur Ewald Sadie en Craig Kolesky, beide kranige fietsryers, en verdere genot kan maar geput word uit die terminologie van bergfietsry, soos burp, bonk, air en bail, wat verwys na 'n binnebandlose band wat van die velling afklim; iemand wat vrek van die honger en ver van die naaste kosplek is; iemand wat teen wil en dank deur die lug vlieg; en iemand wat dan neerslaan op die genadelose oppervlak.

Daar is ook kaarte – natuurlik nie interaktief soos deesdae op slimfone en handvatselgebaseerde stelsels soos Garmin nie – maar dit gee mens ook 'n perfekte idee van wat om te verwag, waar die naaste geriewe is, en dus hoe om nie te burp, bonk, air (as jy nie wil of kan nie), of bail nie. 

The post On Your Bike deur Chris en Tim Whitfield: ’n resensie appeared first on LitNet.


Die Poort: Krygers deur Nelia Engelbrecht, ’n resensie

$
0
0

Die Poort: Krygers
Nelia Engelbrecht
NB-Uitgewers
ISBN: 9780624077565

Reeds in 2007 debuteer Nelia Engelbrecht as kinder- en jeugboekskrywer met Alicia en die Zitstappers en sedertdien het sy geen bekendstelling meer nodig nie. Haar jeugboeke en liefdesverhale vir tieners is opwindende en broodnodige toevoegings tot die Afrikaanse fiksiemark.

Gedurende 2016 verskyn die eerste in ‘n fantasievierluik uit Engelbrecht se pen. Die Poort: Bewakers is ‘n behoorlike lusmaker en ‘n belofte vir nog ure se meesleurende leesgenot in opvolgtekste wat realiseer in Die Poort: Reisigers (2016), Die Poort: Helers (2017) en nou ook Die Poort: Krygers in ‘n reeks wat duidelik-herkenbare ooreenkomste toon met gewilde internasionale reekse soos die Twilight-sage van Stephenie Meyer, JK Rowling se Harry Potter en selfs met Tolkien se Lord of the rings en The Hobbit. Soms word daar wel in die teks na hierdie reekse verwys, maar dit is nie vir die leser moeilik om self parallelle tussen die onderskeie reekse te herken nie.

In hierdie finale aflewering van die avonture van die jong Bewakers bevind Kali Theron en haar vriende hulle in ‘n Middeleeuse kasteel in Ierland, waar hulle moet leer om hulle magte en kragte te beheer. As sterk vroulike hoofkarakter ontwikkel Kali tot ‘n gedugte leier van die groep en staan sy nie ‘n tree terug vir enige vyand nie. Veral nie nou dat haar superkragte in oortreffende trap aanmeld nie. Die “merke” op haar lyf brand en gloei by die teenwoordigheid van gevaar en haar oë glim pers wanneer woede ‘n “wit lig” in haar word wat “by elke sweetgaatjie uitbars”. Behalwe dat sy vreemde tale soos Mitigons verstaan, haal Kali onder water asem, “heel” sy beserings aan haarself en aan ander met yssplinters wat uit haar vingers flits, en ... wait for it ... sy vlieg. Nie soos Superman wat skielik die bloute in opwip nie; nee, sy vlieg as Chikawa, haar totemdier, die arend.

Behalwe dat hulle mekaar se gedagtes kan lees en sodoende in die geheim kan kommunikeer, is elk van die Nuweling-Bewakers verbind aan ‘n oernatuurkrag. Kali s’n is vuur, Tara s’n is lug, Leonardo s’n is water, en tot haar ontsteltenis is Nomsa s’n grond. Die belangrikste supermag van Kali-die-Kryger, Leonardo, die slim, arrogante, maar sjarmante Italianer, Tara die Ier en Nomsa, die Afrika-koninklike, is egter dat hulle kan reis. Op verskillende maniere en uit verskillende situasies kan hulle plaaslik op aarde (Gaia) van plek verwissel en deur middel van die Portaal rondreis, maar hulle kan ook deur ‘n Poort gaan en sodoende (met behulp van hulle magte en kragte) ongesiens op Planeet Mitigon tussen die Ander gaan rondsluip.

Soos in die vorige drie boeke in die reeks is daar opnuut in hierdie finale toevoeging ‘n hele string naelbytkonfrontasies met die Ander. Veral wanneer die bewoners van Mitigon vir Zak ontvoer en Kali en haar groep Bewakers hom moet gaan terugsteel. Verder los hulle ook talle raaisels op, soos dié van die verdwynende vroue, en hulle uitoorlê die slinkse Chanda-Mundia en sy trawante, selfs daar op die vyand se eie tuisplaneet.

In die liefdesdriehoek tussen Kali, haar kindervriend, die aantreklike Zak, en die vurige Italianer, Leonardo, kom die seksuele ontwaking van die tienerkarakters in ‘n warboel van komplekse gevoelens en verlangens ter sprake. Die intensiteit waarmee elkeen van die jong gemoedere hierdie emosies ervaar en die eise wat dit aan hulle onderlinge vriendskappe stel, word met deernis en begrip aan die leser weergegee. En “shitters” is die taalgebruik in hierdie boeke nie lewensgetrou en uiters oortuigend nie! Die natuurlikheid en gemak van die tipiese tienerdialoog tussen die karakters maak hierdie boeke uiters toeganklik vir die jong leser.

Tieners lees dikwels eerder Engels as Afrikaans, waarskynlik omdat die genres wat hulle verkies (soos fantasie, wetenskapfiksie en futuristiese verhale), nie geredelik in Afrikaans beskikbaar is nie. Juis om hierdie rede is die Poort-reeks so ‘n lekkerlees- en uiters waardevolle toevoeging tot die fantasiegenre in Afrikaans.

The post Die Poort: Krygers deur Nelia Engelbrecht, ’n resensie appeared first on LitNet.

Heiliger deur Dibi Breytenbach: ’n resensie

$
0
0

Titel: Heiliger
Skrywer: Dibi Breytenbach
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799385212 (gedrukte boek)

Heiliger begin met 'n moord in die eerste sin en skep 'n groot verwagting. Daarna val die skrywer vas in 'n yslike stuk dryfsand waarin min gebeur voordat die boek weer vlam vat.

Amalia en haar verhoudingsmaat, Hendrik, ontdek die lyk van 'n vrou – Sarah Goode – waar sy in haar huis wreed vermink en vermoor is. Die storie verval dan tot digby bladsy 60 in 'n sielewroeging oor die daad, die reuk van die dood wat alles omkleef en Amalia se reaksie en uiterste ongesteldheid. Tussendeur verskyn daar 'n hopelose speurder en 'n karakter met 'n gestremde seun, maar die moord word nie ondersoek nie.

Die storie verval hier in die soort verveling wat 'n mens tot spoedlees dwing en jou maklik die boek laat eenkant toe skuif as jy nie daarvoor betaal het nie. Gelukkig volg daar 'n geloofbare verklaring van Amalia se ongesteldheid en vat die storie behoorlik vlam.

Hendrik het intensiewe ondervinding van gevegsituasies in die buiteland wat verband hou met sy karakter en optrede, maar ongelukkig word daar tussendeur net te veel met korterige grepe teruggegryp na situasies wat hy beleef het. Dit kan die gevoel by kritiese lesers skep dat die terugflitse nie veel meer as lengte tot die storielyn voeg nie. 'n Mens kan iets te dikwels sê.

Maar as die storielyn eers uit die dryfsand is, verander dit in leeswerk wat enduit boei en vol goeie ontknopingswerk is.

Hendrik skiet 'n geel hond op sy buurman, George Mkhize, se plaas. Dan word hy van moord op die buurman se seun aangekla en in die tronk gestop.

Die skrywer is 'n aanklaer van beroep en die regsprosedures wat volg, bied baie interessante leeswerk. Hendrik kry 'n vroueprokureur wat haar man in die beste geselskap kan staan, maar steeds magteloos is teenoor talle polisievergrype wat Hendrik gereeld aan die kortste ent laat trek.

En natuurlik is daar massabetogings deur groot groepe mense wat Hendrik reeds tot die dood veroordeel nog voor hy in die hof verskyn het.

'n Groot deel van wat volg, speel in die vuil tronkselle af waar 'n interessante deursnee van die bevolking hulle bevind, elkeen met 'n storie. Dit, en die bestaande rangorde onder misdadigers, word uitstekend en geloofwaardig geskets, hoewel 'n mens moet wonder oor die "Blikses!" wat een van hulle uiter. Dit klink darem nie na tronkdialoog nie.

Hendrik se verhouding en omgang met sy medegevangenes is ook interessante leesstof. In die proses beland hy in die hospitaal by 'n ondergekwalifiseerde Kubaanse dokter wat ook 'n gebrekkige woordeskat het, maar nie voordat hy sy man knap gestaan het nie.

Die rol van toordokters en die vertroue wat selfs welvarende mense in hulle stel, kom ook ter sprake wanneer die gebeure op Mkhize se plaas ontknoop word.

Die verhaal verdiep verder wanneer Amalia geld vir Hendrik se borgtog gaan trek. Van die vroeëre bykarakters in die storielyn word skielik hoofkarakters wat 'n belangrike bydrae tot die ontknoping van die moord op Sarah Goode lewer.

Heiliger kan – as jy geduldig deur die dryfsand gestoei het! – goed vergelyk met Dibi Breytenbach se debuut, Saliger, en sy opvolg, Vrediger. Sy het reeds 'n groot aanhang verwerf en lewer 'n belangrike bydrae tot die Afrikaanse spanningslektuur.

The post Heiliger deur Dibi Breytenbach: ’n resensie appeared first on LitNet.

Gesprek sonder einde deur Chris van der Merwe: ’n resensie

$
0
0

Gesprek sonder einde
Chris van der Merwe
Lux Verbi
ISBN: 9780796319784

Waar pas ek in by God se verhaal?

Hierdie keurig-versorgde boek (Lux Verbi, 2016) deur die bekende letterkundige Chris van der Merwe volg kort op die hakke van Die wonder van die Goddelike liefde. Sinvolle waardes vir die lewe (Lux Verbi, 2014). Die feit dat laasgenoemde boek tans internasionaal in ‘n netjiese Engelse vertaling deur Wipf & Stock (een van die groot name in die internasionale teologiese boekebedryf) uitgegee word, spreek boekdele. Dit beteken onder meer dat die outeur die vereiste interdissiplinêre aanslag en die diskoers tussen letterkunde en teologie sodanig bemeester dat vakteoloë en letterkundiges sy boeke met ewe veel belangstelling opneem. Van der Merwe put inderdaad uit sy jarelange omgaan met tekste, wat godsdienstige en wetenskaplike tekste insluit, om interdissiplinêr mee te praat in die teologie en die etiek. Wat die titels (en die subtitels) van bogenoemde twee boeke betref, kan die welwillende leser tereg beaam dat teologie primêr handel oor ‘n verstaan van “God se verhaal” en dat etiek “sinvolle waardes vir die lewe” identifiseer, interpreteer en toepas.

Binne die reeds interessante gesprek tussen die teoloog en die letterkundige in hom betrek Van der Merwe die huidige aktuele “gesprek tussen geloof en wetenskap” ook op ‘n besonder deurdagte en stimulerende wyse in die ontwikkeling van sy gedagtes oor die meer omvattende en allesbepalende gesprek tussen God, mens en wêreld. Hierdie belangrikste van alle gesprekke is vir hom “die gesprek sonder einde”. Die denkende leser sal beslis hoop dat hy hierdie prikkelende pogings – oor die enger vakgrense heen – sal opvolg, en dat sy genuanseerde verstaan van die tekste van die Joods-Christelike tradisie in ‘n wye leeskring aanklank sal vind en lesersreaksie sal ontlok. Sy oorwoë aanpak help om nuwe horisonne vir eerlike Christelike, intergeloof- en sekulêre diskoerse oor die dieper dinge van ons menslike bestaan te skep.

‘n Mens kan nie anders as om by die lees, en herlees, van Gesprek sonder einde herinner te word aan die titel van Dirkie Smit se bundel van ‘n keur uit sy opstelle in die Saterdag-Burger nie: Dieper as wat mens dink. Van der Merwe se “vertelsel” oor geloof as ‘n voortgaande gesprek met God rus op dieper wysgerige veronderstellinge oor die aard van die werklikheid as sodanig: ons gesprek met God is tegelyk ‘n gesprek met die naaste en met die volle werklikheid van ons lewe. Soos Smit self in die flapteks van Van der Merwe se boek skryf: “Die boek word hartlik aanbeveel – vir deurlees in een sitting, of vir stadig lees, stukkie vir stukkie, soos daaglikse brood. En vir herkou en bedink, en dalk vir verdere oorvertel.”

Chris van der Merwe se meer onlangse skryfproses, uit die tyd rondom en ná sy aftrede as ‘n senior akademikus, beklemtoon veral die krag en werking van die bekende ou narratiewe van ons normatiewe tradisies. So word die waarde van narratiewe terapie vir traumasituasies ontgin in sy werk saam met die bekende sielkundige Pumla Godobo-Madikizela: Narrating our healing – Perspectives on working through trauma (Cambridge Scholars Publishing, 2007), asook die omvattende werk, saam met Hans Ester en Etty Mulder: Woordeloos tot verhaal. Trauma en narratief in Nederlands en Afrikaans (Sun Press, 2012). ‘n Werk wat doelbewus ook oor ánder grense, die grense van godsdiens, heen beweeg, is sy boek oor die aartsvaderverhale in Genesis, Ancient tales for modern times. Reflections on Abraham and his children (Lux Verbi, 2008). Hierdie 40 narratiewe bevat ‘n slotgedeelte met eerlike, waarderende reaksies van kenners van die ander Abrahamitiese gelowe. Die Joodse rabbi professor Azila Reisenberger en die Muslim-teoloog Imam Rashied Omar vind duidelik aanklank by die skrywer se inklusiewe verstaan van God se omgang met “Abraham se kinders”.

Die mees onlangse werk, die een wat hier bespreek word, is beslis Van der Merwe se mees teologiese boek tot dusver, soos ook beklemtoon word in Jaap Durand (let wel: nie Durandt nie!) se kort maar kragtige flapteks-aanbeveling. Hierdie boek van 239 bladsye bied inderdaad aan die leser ‘n rykgeskakeerde, omvattende teologiese interpretasie van “God se verhaal”. Dit gaan uit van die veronderstelling dat ons God, asook ons hele bestaan, slegs as “een groot vertelsel” kan benader.

In ‘n uitgebreide eerste hoofstuk, getiteld “Een groot vertelsel”, verskaf die skrywer ‘n narratiewe hermeneutiek vir wat hy in die volgende vyf hoofstukke uitwerk en op ‘n aantal eietydse vraagstukke toepas. Ons konsentreer hier veral op die hermeneutiek en laat die plesier grotendeels aan die leser om na te gaan hoe dit in die verdere hoofstukke toegepas word.

Die argument ontwikkel soos volg: Ons eie verhale, ja, elkeen se lewensverhaal, is opgeneem in ‘n groter verhaal, God se verhaal. Ons taak is as’t ware om uit te pluis waar ons eie verhaal binne die groter verhaal inpas. Om God en onsself te verstaan, moet die letterkundige in ons wakker word, om naamlik God se narratief te volg en te verstaan, en dan ook gepas daarop te reageer. Binne hierdie voortgaande gesprek of dialoog vind ons sin en identiteit.

Vir hierdie ingrypende verstaansinsig sluit Van der Merwe aan by filosowe en sosiale wetenskaplikes soos Manuel Castells (bl 123), Paul Ricoeur (136), Victor Frankl (157–9), CG Jung (181), godsdiensleiers soos die Oosters-Ortodokse Maximus en Bartholomeus I (38), Mahatma Ghandi (56), Augustinus (68), asook teoloë soos Dietrich Bonhoeffer (113), Alisdair MacIntyre (136), Marcus Borg en NT Wright (102 en 221), John de Gruchy (149), Julian of Norwich (150), Mary Oduyoye (177) en, deurgaans, CS Lewis. Kernfrases wat telkens pragtig ingeweef word in sy betoog kom egter veral uit bekende tekste uit die Afrikaanse, Nederlandse en Engelse letterkunde. Op verskillende plekke in sy “verhaal” (bv ble 11, 22, 33, 48, 64, en 75) verwys hy na die treffende reëls van NP Van Wyk Louw in die bundel Nuwe verse:

        Omdat die aarde en elke aardgebeurtenis
         en die son self, en tot die verste ster,
         tesame net een groot vertelsel is
         oor Hom en ons, en deur Homself vertel –
         vol beeld, prefigurasie, voorbereiding
         op een voleindigende slot.                  

Van Wyk Louw se idee dat elke gebeurtenis en elke verskynsel verstaan kan word as beeld, prefigurasie, van die eintlike, uiteindelike werklikheid waarop die verhaal van die groot Verteller uitloop (sien ook aanhalings uit Tristia, bv ble 180, 190), word aangevul met ‘n soortgelyke insig ontleen aan die Vlaamse digter Guido Gezelle se pragtige vers “Als de ziele luistert” (21, 38, 81 en 84):

         Als de ziele luistert
         Spreekt het al een taal dat leeft [...]
         Wind en wee en wolken,
         Wegelen van Gods heiligen voet,
         talen en vertolken   
         ‘t diep gedoken Woord zo zoet -   
         als de ziele luistert!

As die “siel”, die mens, maar reg luister, luisterend en ontvanklik ingestel is op die verhaal, die kommunikasie, van die totale werklikheid rondom hom, spreek alles om ons ‘n taal wat lééf en wat weë word vir God se heilige gang, en tolke word van die helende (“soete”) geïnkarneerde Woord van God.

Dit word gou duidelik dat Van der Merwe (soos Desmond Tutu) geloof teologies verstaan as ‘n heel bepaalde soort “kyk” na die ganse werklikheid, ‘n kyk wat in alle dinge ‘n beeld, ‘n prefigurasie, ‘n voorbereiding sien van wat elke ding of wese bedoel is om te wees en wat eers in ‘n “voleindigende slot” duidelik en voltooi sal wees. In die eerste hoofstuk word hierdie hermeneutiek van wording, van duiding, van antisipering van die finale “voleindiging”, uiteengesit. Ons lewe is ‘n vertelsel, ‘n gesprek waarin ons ons identiteit vind via die reaksie, die respons, die antwoord, wat ons dag vir dag, oomblik vir oomblik, op “elke aardgebeurtenis” gee. Saam met die son, en die verste ster, is alles tesame “een groot vertelsel”.

Afhangende van ons reaksie en duiding, is hierdie storie egter op pad na vervulling of verwording, op pad na “Jerusalem” of “Babilon”. Dit gaan in die vertelsel van God, oor Hom en ons, en deur Homself vertel, nie oor “hemel” of “hel” as sodanig nie, ook nie oor individuele “sieleheil” nie, maar oor ‘n keuse vir die teenwoordigheid van die ewigheid in die tyd: “Dit is die keuse tussen die vrede en harmonie waar God se wil ‘n werklikheid word, en die haat en bitterheid waar selfsug die botoon voer” (11). “God roep ons tot ‘n ewige lewe, gekenmerk deur ‘n liefdevolle bewussyn van Hom en die naaste. God wil dat ons sy ewige, goddelike liefde in die tydelike, aardse lewe uitleef” (35).

Die skrywer is deeglik bewus van die feit dat ons as moderne, rasionele mense allengs sterk bedenkinge ontwikkel het teen hierdie soort “God-praatjies”. In die verre verlede, toe ons nog “primitief” was, toe “wonderwerke” nog algemeen was, toe godsdiens nog ons ervaring van die numineuse kon vertolk, kon ‘n grootse Godsverhaal, ‘n “grand narrative”, moontlik nog sin maak. Ons besef egter toenemend via ons redelike insigte en nugtere nadenke dat godsdiens dikwels botsings, oorloë, verwoesting en haat veroorsaak het, en steeds veroorsaak. Is God-taal, teologie, dan eintlik nog moontlik? Is dit nie moontlik slegs in ‘n dampkring waar die wonder steeds die werklikheid kan troef nie?

Dit is duidelik dat Chris van der Merwe geen naïewe Christelike verhaaltjie wil navertel nie. Ons geloof kan nie ons rede uitsluit of negeer nie; ons self-wees as unieke individue kan nie ontken word nie; ons materiële nood en behoeftes kan nie geestelik vergoelik word nie. Dit beteken egter allermins dat ons die komplekse geestelike dimensies van ons wonderlike menslike bestaan in eensydige definisies van “rede”, of “individu”, of “materie” moet laat opgaan. Ja, seker, die kompleksiteit van die lewe moet noodwendig beaam word; die teenstrydighede, en selfs die paradokse, van ons lewe moet eerlik erken word. Nogtans is dit moontlik om met ‘n veel meer dinamiese verstaan van “werklikheid” te werk as wat moontlik is binne geslote sisteme soos die individualisme, of rasionalisme, of materialisme. Die metafisiese aspekte van ons bestaan hoef nie idealisties aan ‘n ewige “siel” gekoppel te word nie, maar “hemel” en “hel” kan konkreet beleef word as dimensies van hierdie aardse lewe. Die “ander” hoef nie as vreemde vyand, selfs as “hel” (Sartre), ervaar te word nie, maar juis as “God se oor” (AE Loen) waarin ons antwoord op die vrae, die dialoog, van elke dag se lewe gehoor word – deur ons medemens, maar ook deur God.

Van der Merwe implementeer ‘n dinamiese werklikheidsduiding (wat herinner aan CA van Peursen se “deiktiese ontologie”) wat van Gesprek sonder einde ‘n opwindende teologiese gesprek maak. Ons as mense leef eksistensieel-fenomenologies met die taak dat ons voortdurend die werklikheid moet “dui”, deur sin te “neem” van, en sin te “gee” aan, die werklikheid! In die omvattende eerste hoofstuk word die basis van so ‘n narratiewe, “duidende” teologie uitgewerk, wat dit vir die skrywer moontlik maak om in die daaropvolgende hoofstukke in gesprek te tree met kernkwessies binne die huidige debatte rondom geloof en rede. In hoofstuk twee spreek hy die samehang tussen godsdienstige en daaglikse rituele aan; in hoofstuk drie die rol van die kerk as draer van die “heil” in die wêreld (wat niks minder is nie as die ware terrein van God se “koninkryk”); in hoofstuk vier die mitiese (“onsienlike”) kant van die lewe wat nie minder werklik is as dit wat empiries gepeil kan word nie; in hoofstuk vyf die raaisel en pyn van menslike trauma en lyding; en in hoofstuk ses die onopgeloste paradokse van ons bestaan.

Dit behoort duidelik te word dat die skrywer geen fundamentalistiese of piëtistiese kortpaaie aanbied nie. Inteendeel, hierdie boek is voltooi in die tyd toe sy eie geliefde suster wreed in haar eie huis vermoor is – uiters traumaties en onverstaanbaar, soos Jesus se dood vir sy verslae volgelinge moes gewees het!

Soos Dirkie Smit tereg rondom hierdie boek aanbeveel, moet elke leser op sy of haar eie tyd en ritme die hoofstukke deurwerk en deurdink. Op elke bladsy is daar oorgenoeg stof tot nadenke. Van der Merwe gebruik heelwat pittige verwysings na bekende literêre bronne, en hier en daar ook na filosowe en teoloë, maar dit gebeur op gepaste en subtiele wyse, sonder ‘n sweem van pedantiese pretensie. Hier volg slegs ‘n paar voorbeelde van sulke verwysings wat min of meer lukraak gekies word, maar wat hopelik ook die skrywer se gemaklike skryfstyl en duidelike diskoers illustreer.

Rondom die tema van wetenskap en geloof verwys hy byvoorbeeld na uitsprake van moderne kosmoloë en kwantumfisici soos Marcus Chown en JSB Haldane. Hy toon aan hoe hulle bevestig wat ‘n skrywer soos die bekende CS Lewis reeds lankal beklemtoon het: dat die “misterieuse energieë” van die wetenskap (soos gravitasie!) baie naby aan “wonderwerke” kom, en dat ‘n dinamiese siening van die werklikheid nodig is vir beide wetenskap en geloof. Newton se “vaste” wette van beweging en gravitasie moes noodwendig plek inruim vir die aanvullende en veel meer onvoorspelbare realiteite van die atoom: “Contrast this (Newton se “wette”) with an atom flying through space. Nothing is knowable with certainty” (Chown, soos aangehaal op bl 14). Hy haal ook vir Haldene aan om die dinamiese en “oop” werklikheid van die wetenskap van die toekoms aan te toon: “I have no doubt that in reality the future will be vastly more surprising than anything I can imagine. Now my suspicion is that the Universe is not only queerer than we suppose, but queerer than we can suppose” (15).

In hoofstuk twee, wat handel oor ons reaksie op God se spreke, God se “roepstem”, verduidelik die skrywer hoe ons daaglikse rituele van gee en omgee vir die medemens geanker kan word in die ritueel van die nagmaal, en dat die kern van die Christelike lewe juis hierdie “vrye sterwe” aan die self is, waarvan Van Wyk Louw praat (75), en wat treffend deur Jesus se lewe en dood geïllustreer is. Dit is ook hierdie selfde geheim van selfprysgawe wat Shakespeare sy beroemde uitspraak in The merchant of Venice laat maak: om genade só aan ander te verleen is “twice blest; it blesseth him that gives and him that takes” (74). Die skrywer stel dit so: “Die heling van die samelewing begin met die heling van indiwidue wat van selfgesentreerdheid bevry is sodat hulle ander kan help” (77). Guido Gezelle se “siel wat luister” sal ontdek wat die aarde én die ander nodig het (84), en sodoende sal ‘n mens se lewe ‘n gebed word van dialoog met elke ander se materiële en geestelike nood, soos saamgevat in die “Onse Vader” (89–91). Die hele lewe word dan een groot ritueel, ‘n voortdurende gebed om God se wil vir die wêreld, dus, ’n gesprek sonder einde: “Gedurigdeur, in elke situasie, praat God met ons en wag Hy op ons reaksie. En wanneer ons positief reageer, in dade en ingesteldheid, reageer God op ons. Op dié manier word ons lewe ‘n gesprek sonder einde met die Almagtige” (91).

In hoofstuk drie, wat handel oor die kerk en die heling van die samelewing, word hierdie empatiese liefde as ‘n opdrag aan die kerk in die wêreld gestel. Dit gaan nie om die kerk as sodanig nie, maar om dit wat die kerk dien en verteenwoordig: God se ryk vir alle mense wat gebaseer is op selflose liefde: “’n Fundamentalistiese Christelike samelewing, waar almal gedwing sou word om die Christelike godsdiens te beoefen, sou vir mense met ‘n ander lewensbeskouing nie ‘n hemel wees nie, maar ‘n hel. En dan sou die Christelike godsdiens ‘n verdelende in plaas van ‘n helende faktor wees” (95). “Die mees fundamentele genesing vir ‘n verdeelde en disharmoniese samelewing lê in die transformasie van egosentriese mense tot mense wat omgee en wat boosheid bestry. Hierdie transformasie begin met individue se positiewe reaksie op God se roepstem.” Die kerk se rol is hierdie heling, wat beteken dat die hele mens versorg word (100). In hierdie verband wys die skrywer op Franciskus se “wonderlike opdrag” aan sy volgelinge: wanneer hulle die wêreld ingaan, moet hulle die hele dag getuig ... en soms mag hulle dit selfs met woorde doen! (99). Die skrywer erken dat die kerk dikwels glad nie opgewasse was en is vir hierdie grootse taak nie, maar dat die soeke na die dóén van God se wil tog hele terreine van die menslike lewe oor tyd heen getransformeer het: slawerny, koloniale onderdrukking, apartheid, menseregte (114–7). Dit is ook in hierdie verband, van gevoeligheid vir die dinge wat heling benodig in die wêreld, dat Van der Merwe die rol van die kunstenaar beklemtoon: hier haal hy Paul Tillich aan wat gesê het kunstenaars is die “voelhorings van die samelewing”, asook Tolkien, wat aanbeveel het dat as jy die nuus wil weet, jy die letterkunde moet lees: daarin is nuus wat nie van verbygaande aard is nie! (109).

In hoofstuk vier volg die skrywer ‘n interessante roete om oor wetenskap en geloof, rede en spiritualiteit te praat: dit gaan daarom dat die mens ‘n onblusbare drang het “om die onsienlike te sien”! Hier verwys hy na Manuel Castells se empiriese sosiologiese bevestiging dat in die postmoderne Europa spiritualiteit toeneem en sekularisasie, teen alle verwagtinge in, afneem (123). Dan volg daar die “nuus wat nie van verbygaande aard “ is nie, uit Dostojefski se Die broers Karamazov, waar Dmitri met Rakitin, die sekulêre intellektueel, se tese oor God worstel: “What if Rakitin’s right – that God’s an idea made up by men? Then, if He doesn’t exist, man is the king of the earth, of the universe. Magnificent! Only, how is he going to be good without God? That’s the question. I always come back to that. Who is man going to love then? To whom will he be thankful? To whom will he sing the hymn?” (125–6) Hy verwys ook na natuurwetenskaplikes soos Albert Einstein en Paul Dirac wat betower was deur die sinlike ordelikheid, die estetika, van die heelal (127). In aansluiting by filosowe soos Alasdair MacIntyre en Paul Ricoeur (136), wat die identiteitskeppende soeke na sin, na betekenis, na “verhaal”, by die mens beklemtoon, maak Van der Merwe die gevolgtrekking: “Die beste moontlike lewensverhaal word geskep deur ‘n gesprek sonder einde met God, deur sensitief te wees vir die dikwels byna onhoorbare influisteringe van God. So eer God ons, deur ons medeskeppers te maak van ‘n waarlik betekenisvolle lewensverhaal” (137). Bertrand Russell kan kla: “God, you provided us with too little evidence!” (135), maar iemand soos Desmond Tutu redeneer, soos die Amerikaanse ruimtereisiger, dat God orals te sien is deur dié wat met oë van die geloof kyk: dan word die "onsienbare" sigbaar! Daarvoor is egter ‘n goeie dosis nederigheid nodig: “Spirituele ongeërgdheid en apatie, tipies van ons tyd, is die vrugte van hoogmoed” (144). “Nederiges besef hoe min hulle weet, en hoeveel hulle nié weet nie!” (145). Dit is vanweë hierdie aksente in die boek dat Dirkie Smit skryf: “Só word dié gesprek sonder einde ‘n soort apologie, maar dan ‘n apologie vir ‘n bepaalde lewenstyl – een van stilte en luister en nederigheid, van lewe ván genade en mét genade” (flapteks).

In hoofstuk vyf, wat handel oor geloof en trauma, word Julian van Norwich se bekende geloofsuitspraak eerlik aan die orde gestel: “All shall be well, and all shall be well, and all manner of things shall be well” (150). Hierdie positiewe oortuiging word dikwels deur omstandighede (“all manner of things”) aangeveg, soos in die lewe van Job, of die rivierervaring van Jakob, of in die ervaring van gelowiges soos John en Isobel de Gruchy wat hulle briljante jong teoloog-seun tragies in ‘n rivierongeluk verloor het (149–53); of soos in die lewe van CS Lewis wat sy vrou, nadat sy volkome herstel het, tog onverwags aan kanker moes afstaan (153–5), of soos in Viktor Frankl se heroïese soeke na sin in die hopelose toestande in Auschwitz (157–9). In hierdie hoofstuk word ook geen maklike antwoorde aangebied nie, maar word die gelowige teruggewerp, soos Job (“Die dag waarop ek gebore is, moes nooit aangebreek het nie”, 152, 170–1), en Jesus (“My God, my God, waarom het U my verlaat?”), om in die situasie van wanhoop en twyfel die moontlike sin, die potensiële sin, te ontdek vir die voortgaande lewensverhaal. Frankl het dit só verwoord in sy Man’s search for meaning: “A human being is not in pursuit of happiness but rather in search of a reason to become happy ... through actualising the potential meaning inherent and dormant in a given situation” (159). En Nietzsche soos volg: “He who has a why to live for can bear almost any how” (158).

Dit is asof die skrywer, ten spyte van die hoopvolle, toekomsgerigte strekking van ‘n verhalende teologie, nie die slothoofstuk (ses) se opskrif kan vermy nie: “Teenstellings en teenstrydighede”. Ten slotte gaan hy dus in op 12 teenstellings en skynbare teenstrydighede binne ‘n Bybelse lewensduiding. Die eerste is die vraag hoe ‘n mens “heilig” kan lewe, volgens Bybelse en geloofsvoorskrifte en tog volledig mens wees. Hier sluit hy treffend aan by Carl Gustaf Jung se uitdaging dat ons ons skadukante volledig op ons moet neem (181), en by die bekende reëls uit Van Wyk Louw se Tristia (180):

         Miskien nog van Gods weë weet:
         – Sy paaie en Sy pyn:
         Maar ingewikkeld alles ken
         En mens wil wees én rein.

Ander dergelike “teenstrydighede” wat behandel word, is onder meer die paradoks dat ons soos ‘n kindjie moet word (183–8); die paradoks dat die mens vele dinge kan ken, maar nooit die geheel nie; dat die mens kan dink (in Van Wyk Louw se woorde, weer eens uit Tristia): “My brein kry die waan, dat ek, omdat ek altyd sirkels sien, die sfeer-self kan verstaan” (188–3); die skynbare botsing tussen “eiebelang” en “self-opoffering” (193–7); die “sentrale Christelike paradoks”: dat ons stérwend léwe (198–202); die skynbare teenstelling tussen vreugde en verdriet (203–6); die uitdaging om die ander (mens, karaktertrek, kultuur, godsdiens, filosofie) te aanvaar en lief te hê, maar dit in waarheid te doen, dus ook met die vermoë om dit objektief te beoordeel (206–11); om die allesversoenende krag van die liefde te erken (die krag wat wyd uiteenlopende menslike deugde sáám kan smee: nederigheid en regverdigheid, geloof en waarheid, geregtigheid en vrede (211–6); om alle verskille en die groot verskeidenheid binne die menslike situasie te aanvaar in nederigheid, dus om eie beperkinge en die beperkinge van ander te aanvaar (216–20); om die krag van mistieke omgang met God (dus, in die woorde van William James: “a firsthand religious experience, rather than a secondhand belief”) te aanvaar as ‘n legitieme aanvulling van redelike oortuiging (220–5); om “God in alle dinge” te aanvaar, dus selfs in Hitler of ‘n kankersel, iets wat slegs binne die vóórtgaande verhaal van God se uiteindelike oorwinning van die kwade deur die goeie moontlik is (226–9); en om ten slotte “God ágter alle dinge” te aanvaar, wat behels dat ons erken dat God ons in alle dinge en omstandighede steeds bly roep tot die nimmereindigende gesprek (230–4).

Hierdie resensie is vanweë omstandighede veels te “laat”, maar hierdie boek bly steeds ‘n waardevolle verjaardaggeskenk of (eersdaags al weer) Kersgeskenk. Sommige mag ook oordeel dat dit “veels te positief” is: dit bied tog sekerlik nie alle antwoorde op die warboel van geloofsvrae en redelike vrae wat deesdae dreig om geloof as iets uit die oude doos agter te laat nie? Die boek het egter nie die pretensie om volledig en omvattend sodanige antwoorde te bied nie. Ek self is die skrywer besonder dankbaar vir die eerlike en nederige wyse waarop hy hierdie taak op hom geneem het: om met die vele tekste wat hy in sy lewe gelees het, denkend om te gaan om sy eie verhaal met intellektuele en morele integriteit binne die “grand narrative”, waarmee vele van ons grootgeword het, te probeer karteer.

So ‘n aanpak maak dit moontlik vir vroom gelowiges om ook denkend met hulle tradisie om te gaan, maar dit nooi hopelik ook twyfelaars, agnostici, wetenskaplikes en ateïste uit om weer met nuwe oë na geloof en die werklikheid te kyk, en met nuwe ore te luister na die taal van die ganse werklikheid, wat ook as die taal van God verstaan kan word, binne ons voortgaande gesprek met die lewe self.

The post Gesprek sonder einde deur Chris van der Merwe: ’n resensie appeared first on LitNet.

Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie

$
0
0

Moordhuis        
Madelein Rust
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799385007 (gedrukte boek)

Renata, Stef en hul twee kuberkrakers van Malan en Coetzee Privaatondersoeke speel weer die hoofrolle in Madelein Rust se derde spanningsverhaal en is, soos haar 13de Kaart en Bloedlyn, ’n stuk knap misdaadfiksie.

’n Gesin van vier en twee buurkinders word op ’n plaas vermoor en die dooie gesin word op ’n makabere wyse uitgestal as ’n gesin wat in gesellige interaksie in ’n sitkamer sit en gesels.

Dis vir die speurders duidelik dat dit geen plaasmoord is nie en sommer gou-gou is daar ’n lang lys verdagtes wat onder die loep kom. Die mans is ou weermagvriende met vriende in hoë posisies en stywe bankrekeninge danksy die onwettige handel waarby hulle in die Bosoorlog betrokke was. Hul eggenotes en familie is ook nie engeltjies nie en daar is twyfel oor die vaderskap van die kinderslagoffers, iets wat tot hul gruweldode kon gelei het.

Die storielyn verdiep wanneer die geraamte van ’n ou weermagkameraad op die plaas uitgeploeg word, en later word die vrolike samesyn van die viertal van Privaatondersoeke ernstig deur nog ’n moord versteur.

’n Goeie saak kan vir elke verdagte uitgemaak word en die skrywer slaag op ’n puik wyse daarin om die twee ondersoekers duiwelsadvokaat te laat speel soos hulle die verdagtes as skuldiges opstel en mekaar se teorieë weer met oortuigende teenargumente afskiet. Dit raak baie van die leser se eie vermoedens aan en laat hom deel voel van die storie.

Renata se biologiese vader, George Alfred Hill, verskyn weer as haar onsigbare beskermengel wanneer daar pogings aangewend word om haar te vermoor. Hy is al ’n dekade lank ’n voortvlugtige nadat hy ’n klomp mense wat aan misdade skuldig was, maar deur die hof vrygespreek is, van die gras af gemaak het. Renata vrees wat haar as geregsdienaar te doen sal staan as sy hom ontmoet. Dis dan ook die rede waarom hy net per SMS met haar kommunikeer." 

Tussendeur is daar ’n voortsetting van die verhouding tussen Renata en Stefan. Hulle is twee mense wat vir mekaar gemaak is, maar Renata wil haar nie vas verbind nie, omdat sy glo dat sy die draer van ’n misdaadgeen is (sien Bloedlyn). Wat vir my as resensent verblydend is, is dat daar nie eksplisiete hygtonele tussen hulle is nie, iets waarvoor veral Amerikaanse misdaadskrywers so ’n onkeerbare voorliefde het. Die twee se verhouding is baie meer op die geestelike as die fisieke vlak.

Moordhuis is ’n vars en baie komplekse storielyn wat wye draaie maak, ook in die Bloemfonteinse onderwêreld van dwelms, bordele, molestering en kinderpornografie. Hierdie grawe in die werklikheid dra by tot die storielyn se egtheid, maar sal nie vir baie sensitiewe lesers lekker leesstof wees nie. Rust se karakters is verwikkeld en eg menslik en word met knap dialoog uitgebeeld. En soos wat mens in ’n goeie boek sou verwag, word daar by die leser tog ook ’n mate van insig en simpatie gewek, selfs in en vir die ongure karakters wat later as nog verdagtes aan die beurt kom.

Dis in die geheel ’n baie komplekse storielyn wat van lesers vra dat hulle moet kophou, veral lesers wat stuk-stuk lees. Dit geld ook die uiteindelike ontknoping (waarin die skrywer self met twee karakters se vanne deurmekaar raak!).

Is dit ’n beter boek as 13de Kaart en Bloedlyn? Dis iets wat lesers maar self moet besluit.

Foto van Madelein Rust: Gert Duvenage

The post Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie appeared first on LitNet.

’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie

$
0
0

’n ope brief aan Dorian Gray
Ruan Fourie
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485307471

In Ruan Fourie se debuutbundel word die verloop van ’n liefdesgeskiedenis geskets deur ’n volgehoue intertekstuele spel met Oscar Wilde se roman The Picture of Dorian Gray. Die omslagontwerp toon ’n leë raam waarin ink (of bloed) afloop, ’n tabula rasa waarteen die projeksies van ’n mislukte liefdesverhouding geportretteer word.

Die bundel skep ’n verliteratuurde indruk en dra swaar aan ’n oordaad motto's en verwysings. Die Victoriaanse leefwêreld van Dorian Gray word betrek, afgewissel met gesprekke oor klassieke kuns, letterkunde en musiek, die verromantisering van kunstenaarskap, die sosiale media, popmusiek en die kampuslewe. Ongelukkig dra die magdom verwysings niks by tot die yl diggegewe nie en dit vertoon soos borduurwerk om die mankemente in die verse te verdoesel. Die aanbod en tematiek van die bundel werk eerder kontradiktories as aanvullend op die geheel in, en skep die indruk van willekeur. Ook die stilistiese truuks, soos die plaas van titels onder aan die bladsye het geen doel nie – dit belemmer net die leesproses.

Van die verse is infantiel:

in graad 7 moes ons elk ’n vriend se naam
hardop aan die juffrou verskaf
om aan te teken op ’n klaslys
(vir veiligheidsdoeleindes).
hier al besef jy met skok
dat iemand vir jou omgee
sonder dat jy dit verwag het,
en skrik jy oor jou gebrek
aan skuldgevoel
voor almal die spelling van tjienkerientjee
nog gou herkou vir die toets.   (tjienkerientjee, 39)

Jeugdige en studentikose pedanterie vier hoogty, byvoorbeeld "stille raas" (50):

"living in a parallel universe
means you have to think
parallel thoughts."

ek ontdek ... nee.
ek skok myself.
is dit die geval?
my gedagtes kleef
aan moontlikhede.
soos om te slaap. dit werk so:
jy moet slaap eers naboots
voor die ware jakob manifesteer,
en in die limbo
van hierdie gefabriseerde slaap,
op pad na die ware droom,
stoot my brein vieslike
gedagtes na die voorgrond.

Die verse bly vassteek in ’n belydenisagtigheid en verdowende ekkerigheid, byvoorbeeld "ar/seer" (19–20):

ek wil eintlik net iewers om verskoning vra
want ek verstaan ek is fucked up.
ek sukkel met die onderskeid
tussen mense wat ék kruis en dwars liefhet
(soms tot my spyt)
en dié wat my terug liefhet.
ek was nog nooit so seker
dat iemand bloot opreg is nie,
maybe you're a daydream
dressed as a nightmare
for all misandrists.

liefde is, ten aanvang, slegs gesog
as dit martel.

Asook "lights, camera, acción" (41):

ons is in ons moer.
ons het mekaar nie ontgroei nie,
net begin stagneer.
[…]

ek het my stil gehou,
ons het die rolle van antieke jongmense
aangeneem, kakkerige bands beluister
in die buitelug […]

Soms word die narratiewe gang in die verse bederf met pretensieuse woordkeuses, byvoorbeeld (my kursivering): "jou igtiomorfe oë (23); "dat jy hier is,/ bewus van die kognitiewe dissonans (11); en "kaneel is bitter, maar ongetwyfeld olfaktories aangenaam (26).

Alhoewel “catacombes” (49) die nodige afronding mis, is dit tog ’n aangrypende vers:

kraaie voer ’n danse macabre uit in die dowwe lug
terwyl met die beendere van ses miljoen
weggedoen word in die gange en grotte van l'ossuaire municipal,
die katakombes van Paris.

Die semiotiese spel met leestekens in "typo" (70) bly ongelukkig, net soos die leestekens self, teen die oppervlak vassteek: die poging tot uitgebreide metaforiek slaag nie.

Eweneens is die woordspeling en neologismes nie altyd ewe geslaagd nie, byvoorbeeld "hel/ing" (68); "gema/a/k" (12), "seepbelsubtiels" (21) en "ar/seer" (20).

Die verse herinner aan voortstuwende-bewussynstroom-tegniek, maar die assosiatiewe skuiwe is té lukraak en arbitrêr en het ’n fasiele indruk by my gelaat. Dit is verse wat nog nie poësie geword het nie.

Dit is duidelik dat die digter moeite gedoen het om die bundel in sy geheel na ’n groot literêre besigheid te laat lyk. Só open Deel II byvoorbeeld met disparate verwysings na The unbearable lightness of being (Milan Kundera), The real life of Sebastian Knight (Vladimir Nabokov), An artist's life manifesto (Marina Abramovic), We the animals (Justin Torres), Lolita (Vladimir Nabokov), asook die genoemde interteks van Oscar Wilde. Die bundelnarratief is nog nie sinvol deurgekomponeer nie en skep ’n versnipperde indruk. Die individuele verse self sou kon baat met selfkritiek. Die  “ek-jy”-gedreun raak eenselwig en steurend, en die brief of epistel is nié ’n matrys vir literêre slordigheid of vergrype nie.

Dalk moet Ruan Fourie vir eers die verestetiseerde idees en groot konsepte los en terugkeer swartbord toe om te skrýf. Sonder geleende vere.

Die bundel sluit af met "as die verlange" (75), wat ook aansluit by "die liefde's niks anders" (8). Die toespeling in die titels op Jonker se "Gistraand" voel egter na ’n futlose literêre speletjie:

die laaste keer
het ek ’n briefie in jou posbus laat glip
en weggehardloop soos ’n kind
wat toktokkie speel.

in dié nota het ek geskryf:
"tot hier."

Fourie is ’n ambisieuse jong digter. ’n Ope brief aan Dorian Gray is ongelukkig ’n voortydige debuut wat ’n vraagteken laat hang oor die rol en verantwoordelikheid van die keurder en uitgewer in die publikasieproses.

The post ’n ope brief aan Dorian Gray deur Ruan Fourie: ’n resensie appeared first on LitNet.

Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

$
0
0

Die bergengel
Carina Stander

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485307501

1. Inleiding: Wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans

Sowat vyf jaar gelede het ek in ’n LitNet-onderhoud met die WF-skrywer Eben van Renen gesels oor die stand van wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans. Destyds was die vooruitsig ten beste huiwerig optimisties. Die groot Afrikaanse uitgewers het nie juis tougestaan om “harde” WF-verhale soos Eben se Arwantië 2953 te publiseer en te bemark nie, en die fantasiegenre in Afrikaans was so te sê niebestaande.

Tog was daar die feit dat Afrikaans oor ’n veel ryker WF-tradisie beskik as wat ’n mens eers sou dink.1 CJ Langenhoven se Loeloeraai (1923) word oor die algemeen beskou as die eerste werk van wetenskapfiksie in Afrikaans. In die tweede helfte van die 20ste eeu word Afrikaanse lesers bekoor deur die buiteruimtelike avonture van Leon Rousseau se Fritz Deelman;2 Jan Rabie se baanbreker-WF-romans Swart ster oor die Karoo (1957), Die Groen Planeet: ’n toekomsfantasie (1961) en Die Hemelblom (1971) verskyn; en die prolifieke Wille Martin verruil liefdesromans vir toekomsfiksie met haar Kaptein Kristin-reeks (1981–1982).

Ten spyte van die feit dat fantasiereekse soos Game of Thrones tans groot gewildheid geniet, strek hierdie gewildheid ongelukkig nie tot die Afrikaanse letterkunde nie. WF-skrywers soos Jaco Jacobs (die Professor Fungus-reeks) , Elizabeth Wasserman (die Anna Atoom-reeks) en Fanie Viljoen (die Nova-reeks) geniet wel aanhang onder jonger lesers, maar daar is nie veel op die mark om volwasse lesers van wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans tevrede te stel nie en dié moet hulle noodgedwonge tot Engelse letterkunde in die genre wend.

In 2017 verskyn twee belangrike werke van Afrikaanse spekulatiewe fiksie: Deon Meyer se Koors en Carina Stander se Die Bergengel.

Koors is ’n vertrek van Meyer se gewone blitsverkoper-misdaadrillers en bied ’n blik op ’n distopiese wêreld waar 95% van die aarde se bevolking deur ’n dodelike plaaguitgewis word. Meyer se uitbeelding van ’n postapokaliptiese Suid-Afrika is nie die eerste Afrikaanse roman wat die leser in ’n alternatiewe werklikheid dompel nie. Hiervan is daar verskeie voorbeelde, insluitende Eben Venter se Horrelpoot (2006) en Karel Schoeman se Na die geliefde land (1972). Koors staan egter uit as ’n unieke genreverbuiging wat byna soomloos die elemente van ekokritiek, spekulatiewe fiksie en die tradisionele motiewe van die misdaadsverhaal verweef. Meyer se status as die gewildste skrywer in Afrikaans beteken ook dat Koors die spekulatiewe genre toeganklik maak vir ’n veel wyer leserskap – Meyer se naam op die voorblad is genoeg om selfs diegene wat nie gewoonlik by die WF-afdeling in Exclusive Books sal talm nie, te oortuig.

 

2. Die Bergengel: eiesoortige fantasie

Stander se allegoriese fantasieverhaal toon verskeie raakpunte met Koors. In ’n onlangse resensie merk Jonathan Amid op dat “die vermenging van die bildungsromangenre met ekokritiek en die reismotief Die Bergengel gedurig met Deon Meyer se Koors in gesprek bring”. Soos Meyer se roman kan Die Bergengel losweg as “spekulatiewe fiksie” bestempel word, maar hierdie enigmatiese verhaal laat hom nie sommer maklik kategoriseer nie.

Die grense tussen wetenskapfiksie, spekulatiewe fiksie, fantasie en ander subgenres is soms vaag, en selfs WF-teoretici soos Adam Roberts kan nie ’n vinnige definisie van wetenskapfiksie aanbied nie:

The term “science fiction” resists easy definition. This is curious, because most people have a sense of what science fiction is. Any bookstore will have a section devoted to SF: shelves of mostly brightly-coloured paperback volumes, illustrated on their covers with photorealist paintings of intricate spaceships perhaps, or of men and women in futuristic cities or bizarre alien landscapes. Most of these novels are narratives that elaborate some imaginative or fantastic premise, perhaps involving a postulated future society, encounters with creatures from another world, travel between planets or in time. In other words, science fiction as a genre or division of literature distinguishes its fictional worlds to one degree or another from the world in which we actually live: a fiction of the imagination rather than observed reality, a fantastic literature. (Roberts, 1)

Spekulatiewe fiksie word dikwels as ’n breë term ingespan om fiksie wat bonatuurlike, futuristiese of fantasie-elemente bevat, te omskryf. In hierdie sin is Die Bergengel wel spekulatief: die verhaal bevat beide bonatuurlike en fantasie-elemente.

Die roman het egter meer gemeen met die literêre tradisie van magiese realisme soos gesien in die werke van Gabriel García Márquez, Isabel Allende en Kahlil Gibran. Soos WF self, ontwyk Die Bergengel ’n maklike definisie en speel ook op die tradisie van die sprokie, Joseph Campbell se The Hero’s Journey, Bybelverhale en reismistiek in.

Die Bergengel is Stander se tweede roman en volg Wildvreemd (2011), haar debuutroman, en twee digbundels, die vloedbos sal weer vlieg (2006) en woud van nege en negentig vlerke (2009).

Stander se talent as digter en visuele kunstenaar is onmiskenbaar in die liriese prosa van Die Bergengel. Hierdie enigmatiese en meesleurende verhaal speel af op die fiktiewe vasteland van Gabriëllië, ’n pre-industriële land wat verdeel is in 12 onafhanklike streke. Die sinspeling van Gabriëllië en die engel Gabriel wat in Islam, die Judaïsme en die Christelike geloof as boodskapper van God erken word, asook die verwysing na 12 streke, soos die 12 stamme van Israel, val op en suggereer raakpunte met die mitiese Bergengel as behoeder van die ryk.

Die dertienjarige Eron Verberger, die enigste seun van die klokgieter-egpaar Alida en Gibor Verberger, groet sy rustige bestaan in die kusdorpie Skittering en vertrek saam met sy pa op ’n reis wat hom uiteindelik dwarsoor die wye Gabriëllië neem. Op sy avontuurtog ontmoet Eron kleurryke karakters en leer hy die fyn kunste van klokgiet en manwees met sy pa as wyse leermeester.

Dit is egter gou duidelik dat die rede vir Eron en Gibor se skielike vertrek uit Skittering veel meer onheilspelend is as ’n blote vader-en-seun-uittoggie. Die sinistere kulkunstenaar en stelstapper Verbluffende Bluffer, oftewel Velvel Azazel, is op Eron se spoor met moorddadige bedoelings. Boonop dreig ’n Vuurstorm om die ganse Gabriëllië te verswelg, skares mense word vermis en daar is gerugte dat die slagoffers as slawe op walvisbote gebruik word. Daar is net een persoon wat ’n Vuurstorm kan stuit: die mitiese Bergengel, ’n besonderse verkose persoon wat die betrokke amp vir 20 jaar beklee voordat die vaandel aan ’n opvolger oorgehandig word. Maar daar het reeds 13 jaar verloop sedert daar enige teken van ’n Bergengel in Gabriëllië was. Sonder die hulp van die Bergengel is dit nou Eron se taak om die Vuurstorm te blus en sy geliefdes teen die gevare van Die Uitdooftyd te beskerm.

In die tradisie van The Hero’s Journey word Eron gesteun in sy taak deur enigmatiese mentorfigure, sy pa se broers Rauch en Korban, en moet hy menige toets en struikelblok oorkom om die saak te red.

Die fisiese reis gaan gepaard met ’n reis na binne, na die “inmost cave” waar ons jong held sy vrese en skuldgevoelens in die gesig moet staar en uiteindelik moet afskud. Rauch waarsku: “[J]y gaan die kuns van selfloosheid moet bemeester, die kuns om mense ver buite jou lewe so lief te kry dat jy ook hulle wil beskerm. Jy gaan ’n honderd maal van jouself moet sterf, opstaan uit die graf en nuut begin” (151).

 

3. Die Bergengel as ekokritiek

Die term wêreldbou (worldbuilding) word dikwels gebruik in wetenskapfiksie en fantasie en dui op die skep van fiktiewe wêrelde en in sommige gevalle, soos die Star Wars- en Star Trek-reekse, hele heelalle. Wêreldbou verskil van milieu- of toneelstelling in die sin dat die skepper nie bloot die agtergrond waarteen ’n verhaal afspeel, skets nie, maar met groot toewyding en in fyn besonderhede ’n verbeelde wêreld skep. Die gekonstrueerde wêreld wat uitgebeeld word, beskik oor sy eie geografie, tegnologie, etniese groepe, geskiedenis, letterkunde, tale, sprokies, en so meer. Een van die bekendste voorbeelde van wêreldbou is natuurlik te vinde in die werk van JRR Tolkien.

Soos Tolkien se Middel-Aarde, word Stander se mitiese Gabriëllië haarfyn beskryf. Die leser ontdek die dialekte en idiome van die verskillende streke, die modes en kleredrag, kultuurgebruike, digkuns en geskiedkundige tekste, liedere, asook mites soos Die Bergengel en die Wonderwese.

Die opvallendste is Stander se beskrywing van die natuurlike omgewing. Die skrywer het ’n fyn aanvoeling vir natuurlike plek (sy is immers opgelei as visuele kunstenaar) en skryf lewe in die geografie van die vasteland, sy uiteenlopende ekosisteme en groot verskeidenheid plant- en dierelewe in. So word die natuur in die gedaante van die seelewe van Skittering, die swaanpare van die waterland Eziovlei, die heuwels van die Bergland, eksotiese ape met wit kuifies, en die vulkaanklipstrande en vlambome van die tropiese Eiland van die Ure ’n aktiewe rolspeler in die verhaal.

Die Bergengel kan gelees word deur die lens van ekokritiek. Die roman ondersoek die verhouding tussen tegnologiese vooruitgang, hebsug, magsug en die verwoestende impak hiervan op natuurlike omgewing. Die pre-industriële Gabriëllië staan op die drumpel van ’n industriële revolusie. Nuut-aangelegde treinspore deurkruis die voorheen ongerepte landskap en ’n korrupte bewind stook met geweld die vure van “vooruitgang”.

Die heersende regiohoofde, in sameswering met die ryk en magtige walvismagnate, loods ’n veldtog om die selfonderhoudende agrariese gemeenskappe van Gabriëllië stelselmatig uit te wis en te vervang met onvolhoubare industrie ter ondersteuning van die winsgewende walvisjagbedryf.

Die inwoners van Gabriëllië, verblind deur wanhoop en die belofte van goudwater (die walvistraan wat hulle vasteland skynbaar tot ’n wêreldmag sal verhef), sien die verwoesting as ’n uitkoms: “’n Skoonbrand, ’n nuutbegin” (163).

Eron luister met groot ongemak hoe ’n houtkapper wat hy in Slagtingstrand raakloop, die Vuurstorm wat die stad Barbel in puin gelê het afmaak as “hoop vir die land”:

Die nuwe Regiohoof, die vrygewige Strasius, [het] die versukkelde uit hulle ou krotjies verwyder, die bourommel verbrand en sy stad herbou tot iets nuttig. Fabrieke en goeie geriewe, daardie klas van ding – alles gebou met die fortuine van die walvishandel wat nou die streek instroom. Veral aan die kus waar die walvisbote aandoen is daar baie bouwerk aan die gang. Van die ander Regiohoofde is glo ook deel van die plan om van Gabriëllië ’n wêreldmag te maak ... (132)

Die roman vertoon ’n verwewing tussen die uitbuiting van natuurlike en menslike hulpbronne. Die bloederige handel van die walvistraanbaronne het nie net ’n effek op die natuurlike omgewing en walvisbevolking nie, maar eis ook menslike slagoffers in die vorm van slawe, diegene wat ontvoer word tydens Vuurstorms om die walvisskepe te beman.

Hierdie direkte verband tussen die mens en die natuur word verder versterk deur die parallel wat deurgaans tussen menslike en niemenslike kinders getrek word.

Alida offer ’n handgemaakte poppie wat haar doodgebore dogtertjie verteenwoordig aan die see en “toe sy die serp oopvou, het die kind verander in ’n bloupers seester wat stadig, stadig tuimelswem, al dieper in die baarmoeder van die oseaan” (18)

Tydens Eron se besoek aan die Eiland van die Ure ontmoet hy Olga, die ma van Velvel, en sy suster Lia. Olga se desperate pogings om ’n gestrande walviskalf veilig terug na die see en sy moeder te besorg word gedryf deur Alida se voorspelling dat “sy haar seun aan die wêreld gaan afstaan, maar haar dogter sal terugvind as sy ’n ander ma help om haar verlore kind te vind” (186). Hierdie belofte – ’n kind in ruil vir ’n kind – dui op ’n verwewing, ’n komplekse verhouding tussen die mens en sy natuurlike omgewing.

Die Bergengel bied nie ’n antroposentriese siening van die wêreld nie. Soos reeds vermeld, is die natuur nie net ’n passiewe agtergrond vir die menslike drama wat op die bladsy ontvou nie, maar ’n aktiewe rolspeler wat intrinsieke waarde besit.

Stander beskryf haar beeldende kuns as “’n spel tussen natuur en bonatuur”:

’n Jakkals ruik aan ’n vrou se hand: na wie aard ons? Wat is die verskuilde aard waarmee ’n lewende wese gebore word? Waar aard ons, waar voel ons tuis? Die aarde as planeet verskyn in ’n aantal sirkelvormige skilderye, maar uiteindelik wens my kuns vir die terugkeer na Eden of die Nuwe Aarde. As die kind ’n pofadder onder ’n druiwetros vashou, is dit asof vrede tussen dier en mens en God herstel. (http://theresawilds.wix.com/carinastander#!visuele-kunstenaar)

Hierdie idee word ook in Die Bergengel ondersoek. Die natuur, in sameswering met die bonatuur, het soms ’n ingrypende effek op die menslike gebeure: ’n geveg tussen twee herte laat Eron tuimel en so vind hy sy oom Rauch; Die Wonderwese, ’n magiese voëltjie, kan in sy uur van nood aan ’n Bergengel verskyn en hom te hulp staan; en die natuur kan selfs in weerwraak op die mense se verwoesting en hebsug reageer. So heers daar byvoorbeeld ’n “onvoorspelbare oorlog tussen walvisjagter en wildernis” op Die Eiland van die Ure, waar walvisskepe halfjaarliks aandoen om voorrade aan te vul:

Soms, so het Clover in sy opskrywings beweer, het die natuur geantwoord met wraakaanvalle. Onder die walvisbote het riviere van vuur gevloei en uitgebreek in verwoede vlamme. Wanneer puinsteen uit die see spat, was die hawe en huise en alles daarrondom binne ’n oogwink ’n blink begraafplaas. Hoe dikwels dit gebeur, kon niemand voorspel nie. Dalk in hierdie leeftyd, dalk eers in die leeftyd van die tiende nageslag. (175)

 

4. Slot

Met die lees van Carina Stander se Die Bergengel het ek uiteindelik besluit dat ek nou maar gerus kan voel oor die stand van fantasie in Afrikaans. Stander se pragroman is ’n waardevolle bydrae tot nie net die afgeskeepte fantasiegenre nie, maar ook die Afrikaanse letterkunde in sy geheel. Selfs lesers wat nie aanhangers van die fantasiegenre is nie, sal hierdie roman toeganklik vind. Die magiese elemente van Die Bergengel verryk die verhaal en dra by tot die meesleurende, amper gewyde, toon van die roman.

Die genreverbuiging wat in Deon Meyer se Koors aangewend word, kom ook in hierdie roman na vore. In hierdie geval skep elemente van onder andere spekulatiewe fiksie, allegorie, magiese realisme, bildungsroman en ekokritiek, asook die verwewing van natuur, bonatuur en die menslike elemente, ’n intelligensie en literêre diepte wat die roman verhef tot een met meer om die lyf as ’n blote fantasievlug. Daarby suggereer die verbeeldingsvolle naamaanwendings in die verhaal ’n selfs dieper verwewing wat die liriek en rykheid van die verhaal verder verhoog en die menslike bewussyn terg om klaarheid oor die beelde en betekenisse wat dit oproep.

Behalwe dat die roman ’n intelligente leeservaring bied, behoort dit ook die aanslag van ernstiger literêre ondersoek te lok.

Die Bergengel is die eerste roman in ’n trilogie. Lesers wat hierdie roman geniet het, kan uitsien na twee opvolgwerke, Die Wonderwese en Die Waterplek.

 

Bibliografie

ATKV/LitNet-skrywersalbum: Carina Stander. http://www.litnet.co.za/carina-stander-1976/. 7 April 2016 (10 September 2017 geraadpleeg).

Amid, Jonathan. 2017. http://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/roman-verhef-woord-tot-heiligdom-20170702.

Roberts, Adam. 2003. Science fiction: The new critical idiom. Londen: Routledge

Steenkamp, Elzette en Eben van Renen. 2012. “Lank lewe die Arwantyne!: Elzette Steenkamp gesels met Eben van Renen oor Afrikaanse wetenskapfiksie”. http://www.litnet.co.za/lank-lewe-die-arwantyne-elzette-steenkamp-gesels-met-eben-van-renen-oor-afrikaanse-wf. 27 September (11 September 2017 geraadpleeg).

WF-tydlyn. http://afrifiksie.com/bestaande-wff/boeke/tydlyn (11 September 2018 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Lesers wat belangstel in die geskiedenis van wetenskapfiksie en fantasie in Afrikaans kan gerus die webwerf www.afrikafiksie.com besoek. Hier word ’n volledige rekord van Afrikaanse WF en F gereeld bygebring. Die webwerf bied ook vele ander interessante bronne, soos artikels, video’s en kompetisies.

2 Sien Fritz Deelman en die Skepe van Mars (1957) en Fritz Deelman en die groen dood (1958).

  • Sketse op fokusprent: Carina Stander

The post Die Bergengel deur Carina Stander: ’n LitNet Akademies-resensie-essay appeared first on LitNet.

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

$
0
0

Groen soos die hemel daarbo
Eben Venter
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624082613

Luhlaza okwesibhakabhaka b.nw. blou; (lett.) groen soos die hemel daarbo.

“Dis iets wat tussen twee liggame gebeur, uit en uit fisiek. Dis hoe ek dit sien, dr Spiteri. Dis intens en dit duur net ’n kort rukkie – daar lê die krag. En as jy alles saamvat, die intensiteit en die tyd en dan die krag – daar lê die permanensie. (210)

 

1. Inleidend

Onlangs het ’n joernalis-resensent in ’n onderhoud met ’n boekeredakteur die volgende opmerking gemaak: “Wat ’n veel groter sonde is, is die vaal akademiese resensie: So-en-so skrywer debuteer ens, ens …” (Prins 2017:10). Aangesien hierdie ’n akademiese resensie-essay is, sal ek my verstout om wel die joernalis-resensent se “sonde” te pleeg – dit verskaf immers belangrike agtergrondinligting aan lesers wat nie Perspektief en profiel langs die swembad lees nie. Dit plaas die skrywer se teks(te) binne ’n gegewe tydvak waarin sosiohistoriese gebeure heel moontlik ’n invloed op die teks gehad het en sodoende as belangrike verwysingsraamwerk dien. Verder bied dit ’n oorsig van die skrywer, digter of dramaturg se oeuvre.

Venter se oeuvre gaan so ver terug as 1986 met die publikasie van sy kortverhaalbundel Witblitz. In 1993 verras Venter die Afrikaanse leserspubliek met sy roman Foxtrot van die vleiseters, waarvoor hy in 1994 die WA-Hofmeyr-prys ontvang. Die roman word opgevolg met Ek stamel en sterwe (1996) en Venter ontvang nogmaals die WA-Hofmeyr-prys vir hierdie insiggewende, roerende roman wat die tema van MIV/Vigs op sensitiewe wyse aansny. Ander romans uit Venter se vernuftige pen sluit in My simpatie, Cerise (1999), Begeerte (2003), Horrelpoot (2006), Santa Gamka (2009) en Wolf, Wolf in 2013. Venter publiseer ook ander tekste, soos die kortverhaalbundel Twaalf (2000) en Brouhaha: verstommings, naakstudies en wenresepte (2010). Wat veral opvallend is omtrent Venter se oeuvre tot op hede, is die verskeidenheid temas wat in sy tekste, maar veral in sy romans, aan bod kom. Alhoewel daar sekere deurlopende motiewe aanwesig is, soos seksualiteit, Afrikanerskap en die diaspora, skroom Venter nie om onderwerpe aan te raak wat die voormalige sensuurraad se nekhare sou laat rys het nie.

Venter se nuutste roman, Groen soos die hemel daarbo, is oudergewoonte ’n aangename verrassing verpak in tien hoofstukke, met elke hoofstuk wat ’n aanhangsel bevat. Die titel van ’n teks, hetsy roman, gedig of dramateks, is altyd ter sake. ’n Belangrike komponent van ’n teks lê in die titel opgesluit. Venter het op ’n titel besluit wat afgelei is van ’n Xhosafrase vir die kleur blou, naamlik luhlaza okwesibhakabhaka. Letterlik vertaal beteken dié woord “groen soos die hemel daarbo”.

“Soos die? Luhlaza okwesibhakabhaka.”
“Wat beteken dit?”
“Ons sê: groen soos die hemel daarbo.”
“Wat bedoel jy? Is dit die woord vir blou?”
“Ja, dit is ons woord vir blou.”
[…] Xhosa het nie ’n woord vir blou. (208)

Die titel is besonder gepas indien die leser in ag neem dat die roman in Bulungula in die voormalige Transkei eindig wanneer Simon saam met ’n vriend aan ’n afgeleë kusoord besoek aflê. Selfs die kleur van die lug in die Transkei fassineer Simon: “Die hemel vlerk nou oranje en blou, groots ver oor die groen land” (202). Die titel van die roman se doel is om ’n konsep vas te vat wat ’n mens nie heeltemal kan verwoord nie – en hierin lê die kern van hierdie roman, naamlik Simon Avend se stryd om sy “manlikheid te bemeester [en] om uiteindelik ’n morele mens te word” (Botha 2017:12). Hierdie stryd word verwoord in sy talle seksuele ervarings regoor die wêreld – soortgelyk aan ’n persoon wat op reis gaan om hom- of haarself te ‘vind’. Elizabeth Gilbert dien met haar memoir Eat, pray, love: One woman’s search for everything across Italy, India and Indonesia (2006) as voorbeeld van ’n individu wat so ’n reis onderneem met die hoofdoel om sin te maak van die lewe en die gevoelens wat ons as mense nie altyd kan beskryf of begryp nie – net soos daar nie slegs ’n enkele woord is om die kleur blou in Xhosa te beskryf nie.

 

2. Simon Avend as reisiger

In Travel writing – The self and the world (2002:i-xi) noem Casey Blanton dat reisliteratuur as een van die oudste vorme van literatuur beskou kan word. Die Griekse historikus en reisiger Herodotus het reeds in 460 vC na die Mediterreense gebied gereis en sy reisaantekeninge in Histories gepubliseer (Blanton 2002:i). Talle Afrikaanse skrywers en digters het al reisliteratuur gepubliseer of oor die reiservaring gedig. Enkele voorbeelde sluit in Ernst van Heerden se Etikette op my koffer (1961), Elsa Joubert se Gordel van smarag: ’n Reis met Leipoldt (1997), André P Brink se Potpourri (1962), Olé (1965), Midi (1969) en Fado (1970). (Sien Koen 2011:1-7). In die Afrikaanse digkuns skryf onder andere Petra Müller, Johann Johl, Chris Lombard en Lina Spies oor hul reise na spesifieke stede en of lande regoor die wêreld. Joan Hambidge is veral bekend as “reisende digter” en reeds skryf sedert die tagtigerjare reisgedigte tydens haar talle besoeke aan lande regoor die wêreld.

Venter se protagonis, Simon Avend, reis na verskillende wêrelddele. Hy lê besoek af aan Bali in Indonesië, Wassenaar naby Den Haag in Nederland, Istanbul in Turkye, Melbourne en Queensland in Australië (waar Venter ook woonagtig is), Kaapstad, Jeffreysbaai en Bulungula in Suid-Afrika, asook Tokio in Japan. Reis is dus ’n belangrike motief in die roman.

In ’n onderhoud wat JP Smuts in 1971 met Hennie Aucamp gevoer het oor die verhouding tussen reis en skryf, reageer Aucamp soos volg:

Wanneer jy gaan reis, veral in lande waarvan jy die taal nie ken nie, lê jy jou ’n soort ballingskap op. Om dié ballingskap te oorleef, raak jy waaksaam; registreer jy skerper as gewoonlik, word jy een en al sintuig, wat ’n groot hulp is by waarneming. En as verdediging teen jou eensaamheid begin jy jouself afluister, luister jy na dinge wat jy vroeër nooit durf dink het nie. Jy raak in die volste sin van die woord blootgestel aan jouself. En soms kom jy, vir ’n oomblik maar, tot selfkennis. Dis dan dat jy paniekerig begin skryf in ’n poging om jou “ervaring” te red en te besweer. (Aucamp 2010:19)

Simon se reise word gekoppel aan sy seksuele ervarings. Soos Aucamp tereg noem, word Simon ook “blootgestel aan [hom]self” om sodoende deur middel van die verskeie seksuele ervarings in verskillende ruimtes sy “manlikheid te bemeester om uiteindelik ’n morele mens te word” (Botha 2017:12).

Tydens sy reis na Seminyak in Bali ontmoet Simon vir Dewa deur middel van ’n selfoonapp vir mans wat mekaar (hoofsaaklik vir seks) wil ontmoet. Om seks in woorde te omkryf sonder om in pornografie te verval, verg ’n bekwame hand. In hierdie opsig bewys Venter weer eens dat hy ’n gedugte skrywer is. Hy draai nie doekies om met sy seksuele beskrywing nie, maar terselfdertyd word die emosionele aspek verbonde aan hierdie uiters fisieke daad nie vermy nie: “Ek eis hom, ek vat hom vir my, die objek van my besonderlike soort begeerte” (16). Wat egter opvallend is, is Simon se gebrek aan selfvertroue tydens die seksdaad. Hy is wel bedrewe met die fisieke handeling, maar word telkens met selftwyfel oorval. “Trae beginner, en dit het my jare gevat om ook daarmee vrede te maak” (16). Interessant is die amper terloopse verwysing na sekere taalooreenkomste tussen Afrikaans en woorde soos kulkas (koelkas) en rattan (rottang) wat deur die plaaslike inwoners gebruik word. Die invloed van die voormalige Nederlandse koloniseerder is steeds in Indonesië (Batavia) teenwoordig. “Ja. In die sewentiende eeu is baie slawe van Batavia af ingevoer na die Kaap de Goede Hoop, en baie van hulle woorde het versmelt met ons s’n” (15).

Simon se verblyf aan die Nederlandse Instituut vir Gevorderde Studies naby Den Haag lewer nuwe uitdagings op. Vir die eerste keer het hy “soos ’n hond, […] ’n man uitgesnuffel wat [hom] ontsenu” (36). Tydens sy terapiesessie met dr Spiteri word dit duidelik dat Simon emaskulasie ervaar het.

Elke reis wat Simon onderneem, gaan met sekere seksuele ervarings gepaard wat in die daaropvolgende terapiesessie met behulp van dr Spiteri tot op die been ontleed word. Sy komplekse verhouding met sy pa en ma kom ook in die roman aan bod. Venter verken die ma-seun-verhouding op intensiewe wyse. Die braaivleis by sy ma se huis in Jeffreysbaai se aftreeoord is besonder humoristies en realisties verwoord.

 

3. Seksualiteit

Een van die treffendste tonele in die roman is die een waar ’n jong, seksueel onkundige Simon saam met sy pa op hul Oos-Kaapse plaas kyk hoe ’n Bonsmarabul ’n koei dek. “Ek kyk op na my pa. Dis maar dieselfde tussen ’n man en ’n vrou, sê hy weer. […] Dis hoe die mens paar, uit en gedaan” (5). Hierdie herinnering sou Simon vir die res van sy lewe affekteer. “My pa het nie weer oor die ding van paar gepraat nie, niks daarop uitgebrei, nie eens ’n bietjie advise nie. Nooit, ooit weer nie” (7). Simon was dus verplig om sy seksualiteit self te ontdek en sin te probeer maak van wat seksuele intimiteit en identiteit behels:

Jare later, so lank as dit my gevat het om lekker in my vel rond te loop en in te val by ’n kamer vol kaal mans, sê so ’n stuk of tien, en eenhonderd present gemaklik te wees, wel, byna, het ek weer daardie middag saam met my pa op die vasgestampte grondwal onthou. (7)

3.1 Dr Jo Spiteri

Elke hoofstuk word afgewissel met ’n beskrywing van Simon se besoek aan sy ietwat onkonvensionele terapeut. Simon bespreek sy seksuele dade op gedetailleerde wyse met sy terapeut in sy soeke om sy manlikheid te bemeester en sin te probeer maak van elke seksuele daad. Tydens dr Spiteri en Simon se sessies kom talle verwysings na die Franse filosoof Michel Foucault ter sprake. Laasgenoemde verwys hoofsaaklik na Foucault se werk oor seks en seksualiteit soos verwoord in The history of sexuality Volume I: The will of knowledge (1978), The history of sexuality Volume II: The use of pleasure (1984) en The history of sexuality Volume III: The care of the self (1984). Tydens een van hul terapiesessies bespreek dr Spiteri die kwessie rondom begeerte.

Jy weet die klassieke Grieke het dit nie oor seks gehad soos ons dit deesdae doen nie. Hulle het die woord aphrodisiac gebruik en vir hulle het dit drie dinge beteken: die handeling, die genot wat uit die handeling spruit en die krag van begeerte wat op die plesierervaring volg. (25)

Deur middel van Foucault se filosofie rondom seksualiteit lei dr Spiteri vir Simon op ’n pad na selfontdekking in sy soeke na antwoorde op vrae wat hy sedert sy kinderdae koester. “Jy het tog darem jou lewe gekarteer. Jou self ondersoek met die woorde van jou keuse. Die skripsie van jou lewe, die analise van jou bestaan, soos Foucault dit sou stel” (50). Volgens dr Spiteri wil Foucault se “teorieë oor seks en genot [hom] juis aanspoor om te groei, om [hom]self te verander” (53). Simon se onvergenoegdheid teenoor sy vader spruit uit sy vader se siening van seks: “[M]enseseks is maar net soos dié van ’n bul en ’n koei” (24). Sy vader se konsep van seksuele omgang het Simon emosioneel geskaad en hy moes gedurende sy volwasse jare soek na die ware betekenis van seks tussen twee (of meer) persone.

Dr Jo Spiteri se karakter is interessant, dog ietwat omstrede. Simon woon terapiesessies by haar aan huis by. Hy betree sodoende haar persoonlike ruimte. Boonop stel sy geen tydsbeperking aan haar konsultasies nie. Sy dink voortdurend aan Simon en maak selfs die volgende stelling: “Ek dink aan jou, Simon. Ons het immers ’n verhouding aangegaan. Ek dink oor hoe dit kan wees, wat in hierdie verhouding uitgewerk kan word, die moontlikhede” (164). Met die verloop van hul terapiesessies word hul verhouding al hoe meer intiem:

Maar sy begin ook die neiging toon om te na aan hom te kom. Dis onbehoorlik. Sy begin sy reuk herken, dié klas ding. Miskien is dit ook die geval met hom ten opsigte van haar, alhoewel sy geen sekerheid daaroor het nie. Om eerlik te wees, dit mag ’n geval wees van wat sy graag wil glo. (166)

Tydens hul laaste sessie erken dr Spiteri: “Om eerlik te wees, [ek] het lief geword vir Simon” (187). Boonop bied sy hom ’n alkoholiese drankie aan en vra hom om haar ’n drukkie te gee. (Miskien word dinge anders gedoen in Australië, maar in Suid-Afrika sou dié terapeut se onkonvensionele gedrag heel moontlik tot ’n klagte of skorsing gelei het.)

Dr Spiteri se karakter speel ’n prominente rol in die roman. Haar terapiesessies met Simon gee immers gestalte aan die tema van die roman en stel Simon in staat om oor sy diepste gevoelens rondom seks te praat. Haar gedrag as terapeut is egter ongeloofwaardig vanuit ’n etiese en professionele oogpunt en sekere gebeure doen afbreuk aan dié karakter. Met tye het ek haar karakter selfs irriterend gevind – ’n hartseer, onvervulde individu wat aandag by haar pasiënte soek.

3.2 Homoseksualiteit

Alhoewel Groen soos die hemel daarbo nie as ’n gay-roman geklassifiseer kan word nie, kom homoseksualiteit as tema wel sterk na vore. Aan die hand van Foucault vind intense gesprekke tussen Simon en dr Spiteri plaas waarin Simon se seksualiteit ondersoek word.

Simon poog om antwoorde op sekere vrae rondom sy homoseksualiteit te verkry. In die meerderheid romans waarin homoseksualiteit voorkom, word daar gereeld op stereotiepe karakters gefokus. Die homoseksuele of gay man (asook gay vrou) word gereeld in die media, sowel as die letterkunde, uitgebeeld op grond van sekere veralgemenings. Deur middel van Simon se sessies met dr Spiteri word Foucault se siening van seks en seksualiteit met die leser gedeel. “Moenie die vraag vra: wie is ek? Of: wat is die aard van my begeerte? Vra liewer: Hoe kan ek as homoseksuele man my lewe voer? Wat is die moontlikhede bo en behalwe die konvensionele leefwyses wat ek om myself waarneem?” (112).

Uit die laaste aanhaling blyk dit duidelik dat Venter daadwerklik gepoog het om sy hoofkarakter, Simon, die geleentheid te bied om, soos Botha (2017:12) dit stel, “sy manlikheid te bemeester om uiteindelik ’n morele mens te word”. In hierdie opsig is die roman verhelderend, aangesien dit die leser laat nadink oor talle aspekte rondom menslike seksualiteit, maar veral homoseksualiteit.

 

4. Samevatting

Groen soos die hemel daarbo is ’n komplekse teks met sterk outobiografiese kodes tussen die reëls versteek. Venter se vreeslose verkenning van moderne seksualiteit, intimiteit en identiteit vorm die kern van Simon Avend se karakter. Simon se deurlopende soeke na wat manlikheid vir hom persoonlik behels en beteken word op interessante wyse deur middel van die reismotief verken. Die wisselwerking tussen Simon en sy terapeut, dr Jo Spiteri, verleen aan die leser spreekwoordelike toegang tot Simon se denke in sy poging om sin te maak van sy talle seksuele ervarings.

Venter se fyn waarnemingsvermoë is ’n aanslag op die sintuie. Soos ’n goeie reisskrywer slaag hy daarin om die omgewing waarin die karakter hom bevind, telkens deeglik en op amper poëtiese wyse te beskryf. Geen besonderhede ontbreek nie en die leser voel deurentyd asof hy/sy saam met Simon reis. Venter se onberispelike aandag aan besonderhede verleen aan dié roman ’n amper poëtiese element.

Alhoewel hierdie roman in die geheel geslaagd is, is dit nie Venter se beste roman nie. Dit val in dieselfde kategorie as My simpatie, Cerise (1999). Beide romans vertel ’n interessante storie en is volop aan intriges, maar daardie “Venter magic” is nie vir my hier teenwoordig nie. Vergeleke met vorige romans soos Ek stamel ek sterwe (1996), Horrelpoot (2006), Santa gamka (2009) en Wolf, Wolf (2013) het Groen soos die hemel daarbo nie daarin geslaag om my deurentyd te boei nie. Met tye het ek die gevoel gekry dat daar ’n kliniese afstand tussen die skrywer en die teks bestaan het – hetsy as gevolg van die feit dat die teks uit Engels in Afrikaans vertaal is en of dat die skrywer te hard probeer het om die seksuele aspekte in die roman af te water vir ’n meer konserwatiewe Suid-Afrikaanse leserspubliek. Maar ten spyte van sekere bedenkinge sal Venter-aanhangers Groen soos die hemel daarbo koop én lees.

 

Bibliografie

Aucamp, HCL. 2010. Oor en weer. Pretoria: Protea.

Blanton, C. 2002. Travel writing – The self and the world. New York en Londen: Routledge.

Botha, FJ. 2017. Een groot tree tot in die internasionale arena. Rapport Weekliks, 3 September 2017, ble 12–3.

Koen, D. 2011. ’n Ontleding van die reisgedigte van Joan Hambidge in Visums by verstek. Ongepubliseerde MA-verhandeling. Port Elizabeth: Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit.

Prins, J. 2017. Resensie is ’n gesprek met leser. Die Burger, 5 September 2013, bl 10.

The post Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n LitNet Akademies-resensie-essay appeared first on LitNet.


Elevation: the rising tide deur Helen Brain: ’n resensie

$
0
0

Elevation 2: the rising tide
Helen Brain

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798172288

Helen Brain is die gewilde skrywer van meer as 50 kinder- en jeugboeke, waarvan Tamara in 2001 ’n ATKV-pryswenner was. Sy bied skryfkursusse aan en is ook die skrywer van kortverhale vir volwassenes. Volgens Brain is sy lief daarvoor om stories te vertel en haar jongste pennevrug is ’n postapokaliptiese jeugreeks, Elevation, wat afspeel teen die agtergrond van ’n wateroorspoelde Kaapstad as die laaste oorblywende menslike nedersetting in ’n verwoeste wêreld. Hierdie katastrofe was deel van die eerste “Great Purification”, waartydens die ontevrede god, Prospiroh, almal behalwe ’n uitverkore groep aan die voet van Afrika uitgewis het.

Die reeks is ’n futuristiese drieluik, met Elevation: The thousand steps (2016) as eerste boek. In hierdie eerste werk word die verhaal vertel van Ebba den Eeden, ’n sestienjarige meisie wat afgesonderd as deel van ’n uitgekose groep van 200 kinders onder Tafelberg woon. Hier werk hulle soos slawe en gereeld word van hulle aan Prospiroh geoffer. Ebba word onverwags herken as die erfgenaam van ’n florerende landgoed, Greenhaven, bogronds en sy word na die oppervlak gebring, waar sy ontdek dat daar ’n wêreld bestaan waarvan sy en haar medekoloniste (“the sabenzis”) onbewus was. Dit is egter ’n samelewing wat erg verdeeld is in ’n elitegroep (“the citizens”) en ’n werkersklas (die arbeiders). Ebba is vol komplekse emosies; sy is verward en naïef en maklik manipuleerbaar, maar gou besef sy dat sy spesiaal is, dat sy ’n kragtige kryger is en dat sy ’n roeping het – iets wat te doen het met die geboortevlek op haar linkerhand en die amulet wat sy om haar nek dra. Sy ontdek dat sy ’n afstammeling van die godin Theia is en dat die verantwoordelikheid om ’n tweede ramp af te weer op haar skouers rus.

In boek 2, Elevation: The rising tide (2017), kom Ebba voor nuwe uitdagings, besluite, keuses en beproewinge te staan. Sy word voortdurend daaraan herinner dat sy gewikkel is in ’n stryd teen die tyd. Voor die jaar om is, moet sy al vier die amulette vind en sodoende die poort na Celestia open. Slegs dan sal dit moontlik wees vir Theia om terug te keer, die aarde te kom heel en sodoende ’n tweede verwoesting af te weer.

Ebba vrees aanvanklik dat sy vir die dood van die hoëpriester verantwoordelik gehou sal word, maar tot haar verbasing word sy uitgenooi om ’n Tafeleiland-raadslid te word. Die Prosporiete is uitgeskop, die familie van die hoëpriester is gevange geneem en generaal De Groot en sy trawante het beheer oorgeneem. Maar donker magte is losgelaat; ’n massa-uitwissing van menselewens dreig onder die nuwe bewind. Dinge gaan slegter as ooit en Ebba is al een wat die generaal en sy boosaardige planne kan trotseer.

Dit is vir Ebba moeilik om haar roeping te verstaan. Haar vriende draai teen haar, haar verhouding met die aantreklike, rebelse Micah is onstuimig. Hy maak haar rol as gemerkte, uitverkore nasaat van die godin af as ’n blote feëverhaal en laat haar gevolglik in haarself twyfel. Verder bly sy jaloers op die medeleier van die weerstandsbeweging, die beeldskone Samantha Leë, wat hopeloos te veel tyd saam met Micah deurbring. Ebba verstaan ook nie aldag waarmee hulle besig is nie en sekere ontdekkings oor hulle bedrywighede ontstel haar. Uiteindelik kom sy te staan voor die moeilikste besluit van haar lewe – en sy word oorgehaal tot ’n finale stap van algehele selfopoffering.

Ekologiese kwessies vorm, soos wat tipies die geval is met postapokaliptiese fiksie, ook deel van hierdie verhaalgebeure. Die mens-natuur-verhouding en die katastrofiese gevolge van die vernietiging van natuurlike hulpbronne en die ekologie van die planeet kom ter sprake. As verteenwoordigers van Moeder Natuur as die versorger en koesteraar word Theia en Ebba ontbied.

In wat soms sterk herinner aan verhale soos The Hunger Games (Suzanne Collins) en The Maze Runner (James Dashner) maak Brain die leser deel van die ingewikkelde, aksiebelaaide, soms gewelddadige en ontstellende verhaalgebeure. Die storie is misterieus en mities, die tempo is supervinnig en die leeservaring uiters opwindend; en sentraal in die gebeure staan ’n jong, ontluikende vrou in ’n komplekse wêreld – een wat verantwoordelikheid en verandering eis – en sy dra die sleutel tot die oplossing en tot die redding.

Lesers van jongvolwassene-literatuur en fantasieverhale behoort hierdie reeks as uitdagende, maar opwindende leesstof te ervaar. Ek sien reeds reikhalsend uit na die laaste boek in die drieluik.

The post Elevation: the rising tide deur Helen Brain: ’n resensie appeared first on LitNet.

Hallo, Hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding: ’n resensie

$
0
0

Hallo, Hekel
Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN:
9780798174015

As jy hekel vereenselwig met jou eensame groottantes wat in skemer voorkamers toiletroloortreksels in kuikengeel of vaalpienk wol sit en uitryg, is jy verkeerd. Gedurende Mei 2017 bevestig Vogue dat jou persepsies werk nodig het toe hulle foto’s plaas van modelle wat die loopplank pronkend in hekeldrag afstap.

’n Mens kan dus aanvoer dat hekel mode is. Die weelderige, interessante hekeldraad en stylvolle patrone wat deesdae verkrygbaar is, is grootliks vir die hekelherlewing verantwoordelik. Talle mense getuig egter ook van die genesende effek van hierdie handwerk. Die ritmiese aard daarvan, asook die tel van steke, is meditatief en het ’n positiewe invloed op die gemoed. Dit is uitstekende terapie vir streslyers – en ons is legio in hierdie moderne tye. Boonop is daar min dinge wat kan kers vashou by die gevoel van trots wanneer ’n handgemaakte item voltooi is.

Hekelaars sluit juriste, medici, D-studente, bedryfsielkundiges, bikers, wynplaasbestuurders en byderwetse oumas in. Mans hekel lustig saam en ’n hekelende apteker het onlangs laat weet dat ’n polisiemanvriend op aanbeveling van sy sielkundige begin hekel het om sy stresvlakke onder beheer te kry.

Die omslag van Hallo! Hekel beklemtoon hoe modern hekelwerk geword het. Drie interessante, kleurvolle vroue staan op die voorblad, een met hekeldraad en die ander een met ’n prettige, nietradisionele doilie parmantig op haar kop gebalanseer. Dit lyk of dié drie pret het – waarskynlik meer as wat die hekelaars van skeloranje gestyfde swane toentertyd gehad het.

Hallo, Hekel is ’n lieflike boek en is uniek in die sin dat ’n enkele projek op vier verskillende maniere vertolk word na gelang van ’n spesifieke styl. Die style ter sprake is kontemporêr, kunstig, romanties en boheems. Elkeen van die vier stylafdelings in die boek bevat 16 patrone vir onder andere polsverwarmers, sjaals, teemusse en komberse. Die ontwerp en keuse van hekeldraad is aangepas om die afdeling se styl te weerspieël. Projekte wissel in moeilikheidsgraad: maklike projekte sluit basiese steke, herhalende steekpatrone en moeitelose kleurveranderings in; gemiddelde projekte gebruik ’n verskeidenheid tegnieke, soos basiese kant- of kleurpatrone; en moeilike projekte bevat ingewikkelde steekpatrone, veelkleurige tegnieke en nieherhalende patrone. Die skrywers het ook ’n nuttige lysie borge agterin die boek vervat en hekelaars weet dus waar om die onweerstaanbare hekeldraad ("jaarn") of wol wat vir projekte gebruik is te bekom.

Sierlike polsverwarmers uit die “Kunstig”-stylafdeling

Hallo, Hekel is nie vir beginners bedoel nie – ’n mens moet al ’n paar projekte agter die rug hê voordat jy hierdie patrone aanpak. Om te toets hoe maklik dit is om die patrone te volg, het ek op ’n motief wat vir my onbekend is besluit en dit om die beurt van die (teks)patroon en die diagram af gehekel. Dit het redelik maklik gegaan. My enigste kritiek is dat die skrywers gerus Engelse vertalings vir die Afrikaanse hekelterme agterin die boek kon verskaf het. Ek is byvoorbeeld in my spore gestuit toe ek sien dat my motief ’n “vooromspyker-gls” insluit en het vir ’n oomblik gewonder of ek my Kama Sutra moet nadertrek. Ek het my egter na die Ons Hekel-Facebookgroep gewend om na die vertaling te soek. (En dit was nogal eenvoudig; dit is die “front post slip stitch”, ’n steek wat ek as amper-beginner al een keer vantevore suksesvol gebruik het. Nietemin, vertalings sou my tyd bespaar het.)

Ek het weelderige 100% merinowol vir die toetsmotief gekies.

Die eindproduk, ‘n mooi en maklike motief.

Die drie vroue op die voorblad is die skrywers en bekendes in hekel- en handwerkkringe. Hulle het onder andere ’n pragtige webwerf, www.hellohart.com. Cornel Strydom is ’n dekor- en grafiese ontwerper met ’n passie vir permakultuur; Anisa Fielding is in die advertensiewese en akademie betrokke en omring haar met dinge wat ’n storie vertel; en Elsbeth Eksteen is ’n kinderboekillustreerder vir wie elke bol wol betowerende moontlikhede inhou.

Dit is nie meer honderd jaar tot Kersfees nie; skaf gerus die boek vir jou gunsteling-hekelentoesias aan. Jy sal vir lank in sy of haar goeie boekies wees.

Foto's: Nadia de Kock

The post Hallo, Hekel deur Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding: ’n resensie appeared first on LitNet.

Wolf trap by Consuelo Roland: book review

$
0
0

Wolf trap
Consuelo Roland
Publisher: Jacana Media
ISBN: 9781431425662

“The path to paradise begins in hell,” Dante Alighieri tells us in The divine comedy – and the first circle of hell is, of course, limbo, a haven for virtuous non-Christians. It is in limbo that we first meet Paola Dante, the anti-heroine of Lady limbo, the first novel in a projected trilogy. Hovering between life and death in a coma after having been hit by a car, Paola tells the story of her turbulent life in fragments – memories, historical documents, the crime fiction of Gabriel Montaigne (who happens to be her beloved husband, Daniel de Luc, who vanishes mysteriously on a cruise ship that is bound for St Helena).

In this tense literary suspense, more twisty than Sir Lowry’s Pass, we become intimately acquainted with limbo – that state of suspension, of uncertainty and moral equivocation, in which Paola finds herself. Daniel is still absent, yet he hovers over the narrative like a disembodied ghost. It is hinted that he has a dark past that has forced his hand – some trauma that keeps him from the woman he loves – but Paola believes that love is stronger than determinism. It is faith which draws her out of limbo, on her painful journey towards some final, unspecified redemption.

Wolf trap begins with Paola’s attempts to keep their 14 year old adopted daughter Simone safe from harm, having rescued her from a porn empire before the auction of her virginity two years previously. Simone remains a target, although the evil Nada Sarrazin is in prison (but up for parole). Do the religious fanatics on the corner work for Nada and her criminal syndicate, or are they simply harmless proselytisers? What about the threatening traffic cops who come to Paola’s home? And who assaults Paola on her morning jog? “Evil is everywhere. It will find us again,” Roland writes knowingly.

If Lady limbo sends us on a Dantesque journey through a handful of glamorous cities, the pages of Gabriel’s novels, and the lustful transactions of women wanting perfect genes for their babies, Wolf trap keeps us within the precinct of almost claustrophobic domesticity – at least for the first part of the novel. Wolf trap is less about love than responsibility, and we feel Paola’s acute anxiety about Simone, who resents her mother’s vigilance: “The more scared she was, the more defiant she became.” Simone rebels – she joins a chat room and becomes “Butterfly” to the mysterious “Diable”, who seems to know all her secrets. “Into the mouth of the wolf,” writes Diable; “May the wolf die,” Butterfly opines. Then, Simone’s friend Roxy is kidnapped, and Simone is plunged back into the hell of her own past – something she and Paola will have to face together. Will Paola get to Simone, who tries to rescue her friend, in time to save her from the clutches of her paedophile captor?

Somewhat darker and less fanciful than Lady limbo (although the same delightfully eccentric characters people its pages), Wolf trap takes Paola from a twisted Wonderland to a far more sobering reality (there are sly allusions to Through the looking-glass, and what Alice found there). Now, a mother willing to protect her daughter with wolf-like ferocity, Paola has to face her worst fear – the possible loss of Simone as well as Daniel.

Littered with literary references (John Fowles’s The collector is mentioned in both Lady limbo and Wolf trap), the novel has the self-consciousness of a postmodern creation, yet maintains the pace of a thriller (the final two thirds of the novel are rather breathlessly gripping). Once again, Roland blends genres to create a teasing hybrid of a novel; similarly, some of her more stereotypical characters defy being typecast (Manolo the gigolo preens like a Mills & Boon character, but may know more about nefarious dealings than he lets on). My favourite is the mercenary Heidi, a “real-life warrior woman” with “elastic limbs”, who brings to mind the blaxploitation movies of the 1970s.

Roland’s commanding narrative leaves just enough questions unanswered to prompt the final novel in the trilogy, and one can’t help but wonder whether Paola and Daniel will find their way back to one another (or whether Paola might be better off with a less tortured lover?). One feels that love and desire have been rendered too treacherous for mere mortals. What might paradise finally look like for Paola, a woman who has never lost her faith in the possibility of transformation? The reader hovers in limbo, like Paola, waiting for the final reveal that is the third book in the trilogy …

The post Wolf trap by Consuelo Roland: book review appeared first on LitNet.

Op ’n dag, ’n hond deur John Miles: ’n resensie

$
0
0

Op ’n dag, ’n hond
John Miles

Uitgewer: Human & Roussaeu
ISBN: 9780798174329

John Miles se jongste roman is, soos sy vorige roman, Voetstoots (2009), ’n ondersoek na dit wat nodig is om staande te bly te midde van sosiale verwildering en agteruitgang. In omstandighede waarin menselewens goedkoop geword het, hou ontydige lewensverlies in dat die naasbestaandes van die oorledenes weens die pyn en gemis ernstig ontwrig word en maniere moet vind om sinvol met hulle lewens voort te gaan.

Die hoofkarakter in Op ’n dag, ’n hond is ’n afgetrede onderwyser wie se naam van die leser weerhou word. Sy vrou, die suksesvolle speurverhaalskrywer Agnes, word tydens ’n rooftog by hulle huis in ’n kusdorp doodgesteek, waarna die onderwyser inwillig om tydelik na Kaapstad te verhuis om by ’n skool te gaan uithelp. Hy gaan tuis in ’n tuinwoonstel langs die huis van die skoolhoof, Liz, en haar vriendin, Hazl. Dit blyk gou dat die bestendigheid wat die onderwyser in die stad wou aantref, nie sou realiseer nie: “Een ding wat hierdie jaar in die stad gewys het, is dat dit onmoontlik is om van voor af te begin, wat gebreek het, is stukkend, jy kan die brokstukke optel, dis darem iets om te doen” (100). Trouens, die naamlose hoofkarakter kom spoedig voor selfs meer brokstukke te staan. Ná ’n stormagtige nag in die stad, die aankondiging van verdere ontwrigting, verneem hy tydens ontbyt die nuus van die dood van ’n vriend, Kerneels de Wet, tydens ’n rooftog. Terwyl hy geskok na die televisienuus luister, nog met die broodmes in sy hande, jaag hy die oorspanne Hazl met haar geskiedenis van mishandeling die skrik op die lyf toe sy skielik op hom en die mes in sy hand afkom.

Dit is ook op hierdie chaotiese dag dat die hond, Bluf, sy opwagting in die onderwyser se klaskamer maak. Die afdeling “Hond” in die roman gaan oor die onderwyser se pogings om Bluf, wat tydens die stormnag uit die Dierebeskermingsvereniging (DBV) se perseel ontsnap het, na veiligheid te bring. Sy eienaar is tydelik in die buiteland en het hom in die sorg van die DBV gelaat. Bluf is ’n baldadige Airedaleterriër wat na afloop van die skooldag in die stadsverkeer beland, met die gevolg die onderwyser (en nie Bluf nie) in die proses deur ’n voertuig getref word. Die beseerde onderwyser beland weens ’n toevallige sameloop van omstandighede kort hierna in Bloemfontein, waar Bluf ook by ’n familielid van sy eienaar tydelik onderdak gevind het.

Bluf is nie die enigste hond in die roman nie. Die hondekarakters Skoert, Mymer en Bluf is diere wat op verskillende maniere optree om as geestelike gidse en as lotgenote vir die karakters op te tree. Pogings om die honde met verwysing na die Griekse mitologie en met insigte vanuit die etologie (die studie van dieregedrag) te begryp, is egter net gedeeltelik suksesvol en die honde bly soos die meeste dinge in die lewe onpeilbaar. In Op ’n dag, ’n hond verwys die onderwyser na The Monkey Grammarian van Octavio Paz wanneer hy opmerk: “Bluf sien my sonder dat hy enige woord vir my het, hy sien my en sê niks, hy leef anderkant woorde, in ’n steekbaard-wêreld. Die hond wat ek sien, is nie die hond wat ek sê nie en hond sê nie hond nie. Dis ek wat vir hom name gee, hy is hy, ek ek ken die name, oral kyk ek teen name vas. Denke ontspring in die mond. Hy is hy en Bluf is Bluf” (221). Die beperkings waaraan menslike taal, wat immers metafisiese denke moontlik maak, onderworpe is, word onder meer soos volg in The Monkey Grammarian uiteengesit: “[T]he difference between human writing and divine consists in the fact that the number of signs of the former is limited, whereas that of the latter is infinite, hence the universe is a meaningless text, one which even the gods find illegible. The critique of the universe (and that of the gods) is called grammar ...” (Paz 1981:47–8). Menslike denke sal noodwendig tekortskiet in pogings om sin te maak van die oorweldigende kompleksiteit van die heelal.

Die band wat Bluf, Mymer en Skoert met die menslike karakters onderhou, die Oosterse talisman wat die onderwyser saam met hom ronddra en die antieke mitologie bied beloftes om die onpeilbare verloop van die lewe te temper, maar is net ten dele van hulp wanneer lewens herhaaldelik op gewelddadige maniere beëindig word. Die bejaarde onderwyser streef te midde van hierdie onverbiddelikheid ’n Stoïsynse gelykmatigheid na om nie deur die omringende chaos oorweldig te word nie. Hy vind lering in die Stoïsynse wysheid van Marcus Aurelius wat in sy Meditasies ’n pleidooi vir psigologiese ewewig tydens onsekere tye lewer met die natuur as ’n bron vir leiding en inspirasie. Dit is woorde soos die volgende van die Romeinse wysgeer wat gelykmatige intellektuele dissipline as teenwig vir ontwrigtende verandering voorskryf: “Die heelal is verandering, die lewe is wat jou denke daarvan maak” (136). Hiernaas blyk medemenslike warmte en ontferming ook ten slotte ’n ruspunt vir vermoeide siele te bied wanneer die intellektuele strewe na balans en kalmte nie altyd opgewasse is om die omringende sosiale en morele ontwrigting die hoof te bied nie.

Op ’n dag, ’n hond is ’n boeiende verslag van ’n karakter wat sonder die rigtingwysers van die religie, spesifiek die Christelike godsdiens, met ongelyke sukses probeer om aan ’n morele bestaan beslag te gee in ’n vyandige wêreld waarin wreedheid en geweld te dikwels orde en stabiliteit versteur. As sodanig is die roman nog ’n toevoeging tot die groeiende aantal fiksietekste in Afrikaans wat die grootskaalse morele verwildering in die hedendaagse Suid-Afrika in oënskou neem. Die boek het weliswaar nie dieselfde literêre slaankrag as sommige van Miles se vroeëre werke soos Liefs nie op straat nie (1970) en die indrukwekkende Kroniek uit die doofpot (1991) nie, maar dit is ’n rustiger, nadenkende verhaal wat erns maak met ’n morele lewenshouding as ’n antwoord op die omringende maatskaplike verval.

Bron

Paz, Octavio. 1981 (1974). The Monkey Grammarian. Vertaal uit die Spaans deur Helen Lane. New York: Arcade Publishing.

Foto van John Miles: Naomi Bruwer

The post Op ’n dag, ’n hond deur John Miles: ’n resensie appeared first on LitNet.

Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie

$
0
0

Groen soos die hemel daarbo
Eben Venter
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624082613

’n Karakter moet iets wil hê, lui die Amerikaanse skrywer Kurt Vonnegut se raad aan fiksieskrywers. ’n Karakter moet iets wil hê – wat impliseer dat ’n ervaring hom na hierdie begeerte dryf, asook dat die begeerte nagestreef moet word. Vir Simon Avend is dit dan ook so en in sy geval lei só ’n ervaring na ’n obsessie om kennis en begrip te bekom.

Eben Venter se nuutste roman, Groen soos die hemel daarbo, bestaan uit tien hoofstukke, wat ook as kortverhale gelees kan word, elk opgedeel in twee gedeeltes. In wese kan die teks as beide ’n roman en, weens die samehangende struktuur daarvan, ’n kortverhaalsiklus beskou word: karakters, ruimte, tema en chronologie bind die verhale om ’n geheel te vorm. Hoewel Venter internasionaal bekend is as romanskrywer (Wolf Wolf; Horrelpoot; Ek stamel, ek sterwe; Foxtrot van die Vleiseters, om maar ’n paar titels te noem), is hy nie ’n nuweling ten opsigte van die kortverhaalvorm nie. Venter debuteer in 1986 met die kortverhaalbundel Witblits. Sy aanslag tot die kortverhaalvorm in Groen soos die hemel daarbo is indrukwekkend, so ook hoe dit as siklus saamsmelt. Elke hoofstuk lees kompleet soos ’n volledige kortverhaal: ’n begin, ’n middel, ’n einde. Anders gestel: bekendstelling en ontwikkeling, ’n verhaalklimaks en dan ook ’n afloop. Die verhale ontwikkel vinnig met ’n goeie balans van ruimtebeskrywing, vertelstem en dialoog, tog bied dit genoeg karakterontwikkeling vir die leser om Simon te leer ken en selfs met hom te identifiseer, terwyl hy sy begeerte kopaf – en tog met oop oë – najaag. Alle vet aan die verhale is weggesny, wat die leser ten volle in Simon se teenwoordigheid laat.

In die openingstoneel staan Simon, vir ’n paar oomblikke ’n seun, saam met sy pa op hul plaas in die Oos-Kaap en kyk hoe ’n bul ’n koei dek. “Daar’s verwildering in haar oë, gewoonlik sag en blink,” merk die jong Simon op. Simon se pa wys daarop dat dit “maar net dieselfde tussen ’n man en ’n vrou” is (5). Uit en gedaan. Sy pa bedoel seks en dít is dan wat Simon as volwasse man probeer begryp.

Simon woon in Australië, waar hy as skrywer en liefdadigheidswerker ’n bestaan maak. Hy is ook ’n wêreldreisiger wat sonder skroom sy weg in ander lande vind. Bali, Tokio, Wassenaar naby Den Haag, Istanbul, Melbourne, Kaapstad en Bulungula, onder andere, vorm die ruimtes waar hy op soek gaan na ’n antwoord vir wat seks nou werklik is. Hier is hy bereid om te eksperimenteer en om mee geëksperimenteer te word en dít doen hy ten volle. Hy betree hierdie vreemde ruimtes “(s)laggereed om alles in te gooi, kragte en swakhede” (143).

Venter, wat self in Australië woon, se oog vir besonderhede is sterk teenwoordig in hierdie gedeeltes. Ruimtes word noukeurig geskets en ingekleur ten einde vir ’n realisme te sorg, met Simon wat in hierdie ruimtes – sommige eksoties, ander nie – as fokalisator ingespan word om die leser as’t ware op reis te neem. As sulks kan die verhale ook as reisverhale beskryf word. In wese nuuskierig, verken Simon sy ruimtes ten volle – hy eet, hy drink, hy skryf en hy bevriend en slaap met mans om hom nader aan sy doel te bring. Hy wil verstaan. Nou en dan figureer sy ma, wat in ’n aftreeoord in Jeffreysbaai woon. Hy gaan kuier by haar (’n humoristiese braai by die aftreeoord as gevolg) en later kom kuier sy ook by hom in Australië. In albei gevalle is dit opmerklik hoe Simon afstand gedoen het van sy ouers se manier van dink en doen. Oor ideologiese en geografiese afstand bly hy tog getrou aan sy ma en soek net die beste vir haar, wat die ma-seun-verhouding verken. (Venter verken die pa-seun-verhouding in van sy vorige werke.)

Hoewel dit blyk dat Simon altyd ten volle teenwoordig is, lei sy seksuele ervarings na nadenke oor sy kinderjare in Suid-Afrika, op die plaas in die Oos-Kaap. Die verhouding met sy pa en ma, asook die diep band met die betrokke ruimte (“Jy moet onthou dat dit die heel mooiste plek op aarde vir my was. Gegriffel in my gees, op my liggaam, in alles wat ek is. Ek het die name van al die karoobossies leer ken. Die hemel. Die hemel was geweldig” (147)) word sodoende gejukstaponeer met die eksotiese (soms skyn-eksotiese) van die elders waar hy hom telkemale bevind. Die hier en nou word deurgaans met die daar en toe gekontrasteer en geïntegreer, wat vrae stel oor Simon se siening van homself, asook sy psigiese poging om afstand te probeer doen van ’n verlede wat gevlek is met onregte aan ander mense.

In die tweede gedeelte van elke verhaal besoek Simon vir dr Spiteri, sy sielkundige in Australië, waar hy vertel van sy reise, die mans wat hy ontmoet het en van sy seksuele ervarings. Simon se stories, sê dr Spiteri, het “sye en kante” (143) en dit “vermenigvuldig” – “(h)ulle broei uit in al daardie stede van hom, en volgroei hier in haar sitkamer” (144). In ’n poging om seks en in wese homself te begryp, verkeer Simon en dr Spiteri in ’n reeks gesprekke, wat Simon soms omgekrap laat en haastig die deur laat kies. Alle sake met betrekking tot seksualiteit, begeerte, beperkinge en bemeestering van die self, en uiteindelik ook manlikheid en ’n morele lewe, word hiertydens neergelê. Dít alles via die wyshede van die Grieke en veral dié van Michel Foucault. Simon, vertel dr Spiteri, moet hom volkome oorgee aan passie en bowenal hiertydens ten volle teenwoordig wees.

Hoewel dit kan lyk asof die roman primêr op die ontwikkeling van seksuele begeerte as onderwerp afstuur, is dit eerder Simon se begeerte om die mate waartoe die seksuele hom as mens vorm, te verstaan en hoe dit uiteindelik kommentaar lewer op wat manlikheid is (of veronderstel is om te wees) wat Venter se hantering van die onderwerp interessant maak. Simon is g’n cliché nie en Venter slaag daarin om ’n soms holruggeryde onderwerp van ’n ander hoek te beskou en terselfdertyd sy leser geboei te hou. Omdat dr Spiteri deurgaans vir Foucault nader sleep om antieke sieninge van begeerte en manlikheid onder die loep te neem, is dit die beproewing en voorstelling daarvan deur Simon – ’n moderne wêreldburger in murg en been – wat die roman ’n aangrypende teks maak.

In die tradisie van Robert Pirsig se Zen and the Art of Motorcycle Maintenance en sy verkenning van waardes wat in fiksie deurvleg is, bied Venter se Groen soos die hemel daarbo soortgelyk ’n bespreking van seksualiteit en begeerte, manlikheid en selfverkenning deur die fiksionele vlees en psige van Simon Avend. Die stories het sye en kante wat om en om gedraai moet word en van alle kante af bekyk moet word om Venter se fyn nuanses met taal (soms verruklik mooi!) en tema- en karakterontwikkeling te waardeer. Dan is daar ook die roman se titel ... Moet nie dat die skamele 212 bladsye jou flous nie; ’n tweede lees sal definitief in orde wees.

The post Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter: ’n resensie appeared first on LitNet.

Viewing all 1790 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>