Lees jy 'n boek waarvan jy ander lesers wil vertel? LitNet nooi alle lesers uit om hul indrukke van 'n boek wat gedurende die afgelope 12 maande verskyn het, te skryf en te stuur. LitNet loof 'n prys uit van 'n R1000 kontant vir een van die gepubliseerde lesersindrukke wat ons aandag getrek het. Alle gepubliseerde lesersindrukke wat tot en met 15 Desember 2017 verskyn het, word in ag geneem.
- Die doel van hierdie onderafdeling is om boekgesprekke onder lesers aan te moedig en medelesers se aandag op boeke te vestig.
- Kritiek is welkom, maar persoonlike aanvalle teen skrywers sal nie geduld word nie.
- LitNet behou die reg voor om nie alle indrukke wat ontvang word, te plaas nie.
- Maksimum woordtelling: 1 500.
- Die lesersindruk hoef nie aan enige formele stylriglyne te voldoen nie, maar gaan asseblief taalgebruik noukeurig na voordat jy die bydrae instuur.
- 'n Lesersindruk kan 'n informele of 'n meer formele aanslag hê; die invalshoek is die leser se eie keuse.
- 'n Lesersindruk moet asseblief nie alle kinkels en intriges van die verhaal verklap nie.
- 'n Kort opsomming van die storie is wel gepas.
- Geen anonieme inskrywings sal aanvaar word nie.
- Indien jy nog nie oor 'n profiel op LitNet beskik nie, stuur asseblief kortlikse biografiese besonderhede en 'n foto sodat een vir jou geskep kan word.
- Geen vergoeding is ter sprake indien jou lesersindruk verskyn nie, maar LitNet bied graag 'n platform waar lesers hul sê kan sê.
- Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitende op die sosiale media.
Stuur jou lesersindruk na lesersindruk@litnet.co.za met die titel: "Lesersindruk van [titel en skrywer van boek]".
Ons wag op jou opinie!
The post Wen met jou lesersindruk vir LitNet! appeared first on LitNet.