Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1792

Omgee vir slagoffers: ’n lesersindruk van Michael Connelly se Desert star

$
0
0

Titel: Desert star
Skrywer: Michael Connelly
ISBN: 9781409186236
Uitgewer: Orion

Koop hierdie boek by Graffiti.

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

...
Ek kon nooit my vinger daarop sit waarom Connelly se boeke vir my so uitstaan nie. Dalk is dit sy indiepte-waarneming van speurders en sy gesels met moordenaars wat sy boeke geloofwaardig maak en die leser deel van die ondersoekspan laat voel.
...

Sekere onopgeloste moorde spook ná aftrede nog by ondersoekbeamptes. Hulle wíl die skuldige aan die pen sien ry.

Die 66-jarige skrywer Michael Connelly noem in die voorwoord van sy boek Crime Beat: True stories of cops and killers dat hy speurders vir meer as 30 jaar dophou. Die obsessie het ontstaan nadat hy as ’n 16-jarige seun gesien het hoe ’n man ’n vuurwapen in ’n hemp druk en tussen bosse wegsteek. Slegs Connelly kon die skieter identifiseer. Hy het daarna obsessief begin koerant lees om te sien of die skieter gevang word, maar tevergeefs. Jare later het hy dié polisiekantoor weer besoek, hierdie keer as ’n misdaadverslaggewer, weereens sonder sukses.

Juis daarom is die witwalvissake (polisie slang vir iemand wat ’n booswig obsessief en met min kans op sukses najaag) die sterkste tema – my insiens – in die Bosch-reeks.

Eers wou Hieronymus “Harry” Bosch, Connelly se legendariese LAPD-moordspeurder van meer as 20 boeke en ’n televisiereeks, sy ma se 1961-moord oplos. In sy bekroonde boek The Last Coyote ondersoek hy haar moord.

In Desert Star, die 31ste boek uit die skrywer se pen en die 4de in die Ballard en Bosch-reeks, is die Gallagher-familiemoorde Bosch se witwalvis. Gaan hy Finbar McShane vang? Of gaan die moorde net soos met sy ma se moord ’n goue draad in die reeks vorm?

Speurder Renée Ballard, wat die LAPD se cold case-eenheid laat herleef, bied aan hom ’n geleentheid om die Gallagher-familiemoorde op te los, mits hy help om die moordenaar van Jake Pearlman, ’n raadslid van Los Angeles, se kleinsuster vas te trek.

Gaan die veteraanspeurder, wat in The Crossing afgetree het en sonder betaling aan die sake werk, dit regkry om die skuldiges vas te trek?

Connelly gebruik die konflik tussen Bosch en Colleen Hatteras, ’n medium, om die spanningslyn vroeg snaarstyf te trek. Hy glo McShane is skuldig en sy die teendeel.

Ek kon nooit my vinger daarop sit waarom Connelly se boeke vir my so uitstaan nie. Dalk is dit sy indiepte-waarneming van speurders en sy gesels met moordenaars wat sy boeke geloofwaardig maak en die leser deel van die ondersoekspan laat voel. Nee, verskeie krimiskrywers, onder andere ons eie Deon Meyer, beeld polisieondersoeke meesterlik uit.

Dit is egter eers ná my onlangse onderhoud met die voormalige profileerder en skrywer van The Profiler Diaries 1 & 2, prof Gerard Labuschagne, dat ek besef: Connelly is net soos Labuschagne ’n slagoffergedreweskrywer. Hulle plaas ons nie net in die skoene van die ondersoekbeampte nie, maar deel ook hul trane met ons.

Desert Star het my nie naastenby so vasgevang soos die skrywer se vroeë werke nie, maar selfs sy naasbeste skyn nog helder.

Lees ook:

The post Omgee vir slagoffers: ’n lesersindruk van Michael Connelly se <i>Desert star</i> appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1792

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>