Quantcast
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1806

Geseënd is dié wat treur deur Susan Jordaan, lesersindruk

Image may be NSFW.
Clik here to view.

...
Het die welsyn, nadat hulle na hul fancy huise weggery en hul hande soos Pilatus van ouds in hul blink wasbakke gewas het, geweet dat dié dronkgat my hero was?
...

Titel: Geseënd is dié wat treur
Skrywer: Susan Jordaan
Uitgewer: Lux Verbi
IBSN: 978-0-7963-2283-8

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

Vroeg in Junie begin die bemarking van Vadersdag reeds. Vir baie mense is dit ’n blye dag met die mooiste Facebook-herinneringe. En foto’s! Vir my is die dag gevul met hartseer. En leemte. Veral leemte.

Daar is so baie dinge wat ek wens ons saam kon doen. Ek en Pa Fielies. Here, ek het nie eens ’n foto van ons twee saam nie.

Ek wonder wat sou Fielies van my vrou dink. (Jitte, broer, maar jy’t vir jouself ’n mooi bokkie platgetrek.) En sou David, my seun, soos ek kleintyd ook Fielies se tatoeëermerke met Koki’s inkleur?

Ek is vroeg uit die sorg van my alkoholis-pa geneem en in ’n weeshuis geprop.

Het die welsyn, nadat hulle na hul fancy huise weggery en hul hande soos Pilatus van ouds in hul blink wasbakke gewas het, geweet dat dié dronkgat my hero was? Het hulle hul ooit weer oor die weesseuntjie bekommer?

In my soeke na ’n vaderfiguur het ek onder die invloed van ’n rugbylegende beland; hy het my in ’n moordmasjien omskep. Ek is tronk toe. Nogtans het my pa getrou aan my geskryf. Elf jaar lank. Skielik, in 2008, droog sy briewe op. Ek het gedink: nou verlaat hy my ook. Later het ’n brief my in kennis gestel dat my pa, my hero, dood is.

Daar is nie ’n graf waar ek kan huil (of skree) nie. Met wie praat ek oor my verlange. My seer?

Dalk voel jy ook so oor die afsterwe van ’n geliefde.

In Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan en uitgegee deur Lux Verbi, vertel 22 geliefde skrywers van hul eie ervarings met verlies, rou en die dood. Skrywers soos Julian Jansen, Ivor Swartz, Carina Stander en Susan Coetzer.

In baie van die verhale huil ons saam met die skrywer. Oor ’n ouer, wederhelfte, broer, suster of vriend. Ons voel hul seer asof dit ons eie is. Asof hulle ons verlies deel. Ander verhale soos Ivor Swartz se Facebook-plasing “Bly lewe, asseblief?” gee ons hoop vir die donker dae.

Predikers soos Stephan Joubert, Rudie Swanepoel, Barend Vos en oorlede Solly Ozrovech bring berusting met hul boodskappe oor God en die dood.

Aan die einde van die boek weet ons een ding verseker, ons moet ons seer neerpen. Want woorde vergaan nie. En die dood kan nie doodmaak wat nie kan sterf nie.

Skryf jou storie en, soos Ivor sê, bly lewe, asseblief.

Image may be NSFW.
Clik here to view.
Lees ook:

Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan: ’n lesersindruk

The post <i>Geseënd is dié wat treur</i> deur Susan Jordaan, lesersindruk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1806

Trending Articles