Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Junie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
Boekeblad: Meesleurend oor die rotse
Johanna van Eeden resenseer Strafjaart deur Theo Kemp
11 Junie
Kunsblad: Nuwe boek oor PG "die stoute kabouter" bekend gestel
Nuwe boek oor die ontslape skrywer PG du Plessis is onlangs uitgereik
13 Junie
Kunsblad: Buys ontvang die WA Hofmeyr-prys
Regter Andries Buys het nog ’n prys met sy roman Die dao van Daan van der Walt opgeraap
15 Junie
Kunsblad: "Ek probeer niemand anders wees nie"
Onderhoud met Philip de Vos met sy 80ste verjaardag.
18 Junie
Kunsblad: Montagu-boekefees bied bielie van ’n program
Voorafberig oor die Montagu-boekefees
Kunsblad: Skrywer Judith Krantz oorlede
Bekende oorsese skrywer sterf
Boekeblad: Kalmer se voëls g’n ligte fladdering nie
Johan Myburg resenseer In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Junie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
4 Junie
- Toe ons jonk was deur Karen Kingsbury
- Helena Huga Omnibus deur Helena Hugo
- Die In opleiding-reeks deur Cath Ard en Sarah Lawrence (illustreerder). Vertaal deur Linda Roos.
11 Junie
- ’n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler
- Doodsengel deur Madelein Rust
- ’n Kat se kans! Verhale van vurige en kordate katte deur Kimberlie Hamilton (Vertaler: Lydia du Plessis)
18 Junie
- Sondes van die vaders deur Lerina Erasmus
- Die dekonstruksie van Retta Blom deur Zelda Bezuidenhout
- Moeps die mops deur Aaron Blabey (Vertaler: Philip de Vos)
- Moeps die skelm deur Aaron Blabey (Vertaler: Philip de Vos)
- Moeps die wenner deur Aaron Blabey (Vertaler: Philip de Vos)
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Junie op LitNet verskyn:
Anderkant Die Ondenkbare deur Jeanette Morton: ’n lesersindruk
In de chaos schuilt de schoonheid: Wonderboom van Lien Botha
Green as the sky is blue by Eben Venter: a reader's impression
Van Afrikaans gepraat en Finding Afrikaans deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk
Hier gaat ons! Reise en rampe deur Gerard Scholtz: ’n resensie
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Junie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
2 Junie
Onderhoud: Elmari Rautenbach gesels met Leon de Kock oor André P. Brink en die spel van liefde
Resensie: Jan-Jan Joubert resenseer An Unwitting Assassin: The Story of my Father’s Attempted Assassination of Prime Minister Hendrik Verwoerd deur Susie Cazenove
Nuut op die rak: Vroue skryf voor in die koor
- Margaret Busby New Daughters of Africa: An international anthology of writing by women of African descent
- Hekel en word heel: Hoe hekel my lewe gered het deur Nadia de Kock en Hilda Steyn
- Melinda Gates se The Moment of Lift: How Empowering Women Changes the World
- Malala Yousafzai se We Are Displaced: My Journey and Stories from Refugee Girls Around the World
- The League of Wives: The Untold Story of the Women Who Took On the U.S. Government to Bring Their Husbands Home deur Heath Hardage Lee
9 Junie
Resensie: Hein Viljoen resenseer Op weg na kû deur Breyten Breytenbach
Resensie: Joan Hambidge resenseer Net mooi fine deur Lanie van Reenen
Nuut op die rak: “Groot sports”
- Neil Tovey se A Captain’s Journey
- Luke Alfred en Ian Hawkey se Vuvuzela Dawn: 25 Sport Stories that Shaped a Nation
16 Junie
Resensie: Fanie Olivier resenseer Lacuna deur Fiona Snyckers
Resensie: Hermann Giliomee oor ’n Stukkie van die legkaart deur Rina Venter
Resensie: Stella Malan resenseer Chad le Clos: Road to Glory deur Jeremy Daniel
23 Junie
Resensie: Jean Meiring resenseer In ’n land sonder voëls deur Harry Kalmer
Resensie: Koos Malan resenseer Lawfare: Judging Politics in South Africa deur Michelle le Roux en Dennis David
Nuut op die rak: 3 nuwe digbundels by Naledi
- Alchemie van my muse deur Pieter Hugo
- Brisant deur Hein Viljoen
- Nuwe vrese deur Willem S. van der Merwe
-
Resensie: Magdel Vorster resenseer Die groot koelte deur Leon de Villiers met illustrasies deur David Griessel
Nuut op die rak: Skooldae
A Headmasters’s Story: My Life in Education deur Bill Schroder
30 Junie
Resensie: Bill Nasson resenseer Ons onthou 29 September 1969: Aardbewing-herinneringe van Ceres-kontrei se mense saamgestel deur Bertdene Laubscher en Johann Holzapfel
Mening: Jean Meiring daar skort iets ernstig in die plaaslike produksiekettings wat boeke uitspu
Resensie: J.B. Roux resenseer ’n Belofte vir Bippie deur Elsa Winckler
Nuut op die rak: “’n Smorgasbord vir die siel”
- 70 Vrae oor evolusie deur Christene deur dr. Albert Alberts
- Rudi Swanepoel se Kom sit aan: Vind vreugde in die alledaagse
- Kry styl – Jesus s’n deur Stephan Joubert
-
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Junie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
7 Junie
Blitsblaaier kinder- en jeugboeke
Maak van jou kinders boekwurms met dié lekkerleesboeke.
11 Junie
Op twee bromponies die vreemde in
Gesoute wêreldreisigers én leunstoelreisigers sal dié uitsonderlike reisboek vanaf die heel eerste bladsy verslind.
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by: http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 5 Junie
Ilse Salzwedel praat met Gerard Scholtz oor sy reisboek Hier gaat ons! Sy praat ook met Tobie Wiese, die samesteller van die bundel essays Wreed én mooi is die dood. In sy bydrae oor die internasionale boekwêreld vertel Johan Myburg onder andere meer oor die Suid-Afrikaanse kosskrywer Prue Leith se gesprek tydens die onlangse Hay-letterkundefees in Brittanje.
Woensdag 12 Junie
Ilse Saltzwedel praat onder andere met Ivan Vladislavic en Chanette Paul, en Johan Myburgh vertel wat in die internasionale boekwêreld gebeur.
Woensdag 19 Junie
Réney Warrington praat oor haar roman Smit Motors; daar is meer inligting oor die Vrystaat Kunstefees se boekeprogram, en die jongste nuus uit die internasionale boekewêreld saam met Johan Myburg.
Woensdag 26 Junie
Die program word gewy aan kinder- en jeugfiksie. Ilse Salzwedel vertel meer oor die jongste Afrikaanse boeke vir peuters, kleuters en ouer kinders, en jy kan ook luister na stukkies van die klankbane van films wat op topverkoper kinderboeke gegrond is.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Junie op RSG uitgesaai is
Dinsdag 4 Junie
Kom luister na gedigte wat gaan oor die diereryk en die verwondering wat digters noop om oor diere te dig. Amor Tredoux is die voorleser.
Dinsdag 11 Junie
Ons luister na gedigte oor vaders. Martelize Kolver is die voorleser met enkele voorlesings deur Chris van Niekerk en Dean Balie.
Dinsdag 18 Junie
Kom luister na gedigte wat handel oor die jeug. Dean Balie lees gedigte voor van Clinton V. du Plessis, Jeanne Goosen, Ronelda Kamfer, Corlia Fourie, Antjie Krog en Ilse van Staden.
Dinsdag 25 Junie
Jy kan luister na gedigte in die vorm van briewe. Albert Maritz lees gedigte voor van T.T. Cloete, Breyten Breytenbach, Cas Vos, Marlise Joubert, Louis Esterhuizen, J.C. Steyn, Petra Müller, Marius Crous en Sarina Dönges.
In Junie het sy Die jaar toe Pa... deur Hannes Visser vir Fine Music Radio geresenseer.
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
In Junie is die volgende resensies geplaas:
1 Junie
Amanda Lourens bespreek Die jaar toe Pa... deur Hannes Visser
4 Junie
Gisela Ullyat resenseer Verslag deur Clinton V du Plessis
5 Junie
Amanda Lourens resenseer Stof en ster deur Pieter Fourie
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Junie die volgende resensies en rubrieke gelewer:
1 Junie
Ken jou storie: Muurgedigte
8 Junie
Kies ’n boek: Koshuis saamgestel deur Erns Grundling
15 Junie
Kies ’n boek: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg
22 Junie
Kies ’n boek: André P Brink en die spel van die liefde deur Leon de Kock
29 Junie
Kies ’n boek: Bloedlelie deur Jeanette Ferreira
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2019 appeared first on LitNet.