Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1790

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling deur Shaun Andrew Mynhardt: ’n lesersindruk

$
0
0

Lesersindrukke is bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling
Shaun Andrew Mynhardt
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485309918

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling word beskryf as “’n moet vir almal wat met haar musiek grootgeword het”. So word dié boek op die flapteks beskryf. Ek kan nie sê dat ek met Min Shaw se musiek grootgeword het nie. Toe ek my verstand kry, toe was daar al televisie. Ek onthou die Afrikaanse musiek van my jeug. Dit was Bles Bridges (1946–2000) en Andre Schwartz (1974[?]–), Innes (1958–) en Franna Benade (1962–), Rina Hugo (1949–), Gé Korsten (1927–1999) en Anneli van Rooyen (1961–). Dit was meer die tipe musiek wat ons ingekry het. Dan was daar die musikale onderwêreld. Die Voëlvry-beweging, wat nie so goed deur die establishment gedokumenteer is nie, maar gereeld die koerante gehaal het. Maar daardie jare was ek te klein om koerante te lees.

My ma het soms van Min Shaw se liedjies gesing. Dan vertel sy my van Min Shaw, maar nie veel nie. Ek het nog steeds nie regtig besef watse groot ster Min Shaw eintlik werklik is nie. My ma was duidelik altyd ’n aanhanger van dié sangeres. In die sangklas het ons altyd die liedjie “Dankie” gesing van Lance James. Later sou ek van country musiek begin hou en weer vir Lance ontdek. Hoe aangenaam was ek nie verras om in hierdie boek sommer baie meer van Lance se loopbaan te kon lees nie!

Maar die ster van die verhaal is Min, wat op 26 November 1934 gebore is as Wilhelmina Jacoba Viviers in Johannesburg. Die boek dokumenteer haar kinderjare. Sy was ’n leerling aan die Hoër Meisieskool Helpmekaar, waar sy gematrikuleer het. Sy koester vanaf ’n jong ouderdom die droom om ’n sangeres te word, maar word opgelei as onderwyseres, en werk vir sewe jaar by verskeie skole. Sy kon self nooit kinders kry nie, al was sy vier keer getroud, maar haar liefde vir kinders sou lewenslank haar loopbaankeuses beïnvloed.

Min Shaw het eers in haar 30’s bekendheid as sanger verwerf. Haar groot deurbraak was egter toe sy in die Afrikaanse film Hoor my lied (1967) saam met Gé Korsten te sien was. Hoor my lied is opgevolg deur Jy is my liefling (1968) en Danie Bosman (1969). Die Afrikaanse filmbedryf het ’n reuse-aandeel gehad daarin om van Min Shaw ’n huishoudelike naam in Suid-Afrika te maak.

Die boek dokumenteer ook haar besoeke aan “die manne op die grens”, waar sy tydens die sogenaamde Bosoorlog (ook bekend as die Grensoorlog) van 1966 tot 1989 vir Suid-Afrikaanse dienspligtiges opgetree het.

Gedurende die 1970’s het Min Shaw meer op gospelmusiek, oftewel Christelike musiek begin fokus. Met die koms van televisie was sy ook vir ’n wyle besig met televisiewerk, en was veral betrokke by die maak van kinderprogramme.

Benewens die hordes kleurfoto’s en die teks wat Shaw se lewe dokumenteer, bevat die boek ook ander interessanthede. Daar is byvoorbeeld persoonlike boodskappe van haar aan haar ondersteuners ingesluit. Boodskappe van bemoediging. In een deel van die boek gee sy raad oor skoonheid en fisieke en emosionele gesondheid. (Ek is nie baie beïndruk met die raad dat ek koffie moet uitskakel nie, en gaan my nie self daaraan steur nie, maar aanvaar dit is goed bedoel.) Dit word dan opgevolg deur boodskappe van ander bekendes, wat van hulle indrukke en herinneringe oor die jare oor Shaw deel, onder meer Clive Bruce, Coenie de Villiers en Corlea Botha.

Die boek sluit af met ’n bondige CV van Min Shaw – haar werk, haar plate, albums, toekennings, TV-werk, rolprente en radiowerk. Dit is ’n indrukwekkende aantal projekte waarby sy betrokke was, en sy het ’n reusebydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur gelewer.

Min Shaw: Sprokie van ’n liefling is ’n boek wat ek baie geniet het. Dit dokumenteer belangrike inligting oor die sanger se loopbaan en dit is goed dat haar loopbaan in so ’n toeganklike boek gedokumenteer is.

The post <i>Min Shaw: Sprokie van ’n liefling</i> deur Shaun Andrew Mynhardt: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1790

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>