Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1810

It’s always Friday somewhere in the universe deur Joe Kitchen: ’n resensie

$
0
0

Titel: It’s always Friday somewhere in the universe
Skrywer: Joe Kitchen
ISBN: 9781991256157
Uitgewer: Naledi

Die dag ná Vrydag, 03:12

Vir die laaste twee uur staan die Word-dokument getiteld “Friday” blank op my skerm. Geen woord nie. Nie eens ’n aha-big-bang-gedagte nie.

Om eerlik te wees, ek moes die boek herlees omdat ek ná die eerste lees geen benul gehad het wat ek wou sê nie, buiten: “Lees die verdomde boek!” Dit sal egter nie werk nie, tensy die Gordon Ramsay van resensente (lees Joan Hambidge) dit verkondig.

My eerste gedagte is om die sanger, kunstenaar, digter en skrywer Koos Kombuis aka Joe Kitchen se nuutste boek It’s always Friday somewhere in the universe met die Brasiliaanse skrywer Paulo Coelho se ikoniese boek The alchemist te vergelyk. Maar is dit nie lastering nie?

Sug.

Kerneels Breytenbach verskaf die volgende raad aan resensente op LitNet (“Hoe om ’n boekresensie te skryf”, 23 November 2017): “Die eerste stap is die ou vertroude enumerasie van die skrywer se vorige publikasies, waarna jy onmiddellik die nuwe publikasie se inhoud aanspreek.”

Hoe bring ek Die tyd van die kombi’s (outobiografie, 2009, Human & Rousseau) of Die dieper dors (versameling essays en rubrieke, 2006, Human & Rousseau) by die skrywer se Friday-boek?

Ek het ook nog niks in Afrikaans gelees wat soveel diepte weerspieël en terselfdertyd prettig verwoord is nie. Om meer trefkrag aan die verhaal te gee, is die boek gestroop van karakterontwikkeling en indiepte-milieubeskrywings – dit is egter vol galgehumor, simboliek en kontrasterende verrassings.

Ook: Ek is gister, direk ná ons weeklikse Vrydagoggend mannegroep, in kennis gestel dat die kerk nie verder my bediening kan ondersteun nie. Ek is dus amptelik werkloos vanaf die eerste Vrydag in Maart. Die laaste ding wat ek wou doen, is om saam met Love & Kisses hul 1978-treffer “Thank God it’s Friday” te sing. Ek wil ook nie so ver soos die Friday-eilandbewoners op hol gaan en God soek nie, maar smag om die derde gebod “Thou shalt not use a microwave in the preparation of thy food” te verbreek. Trouens, dit is (op 22 Februarie) my verjaarsdaggeskenk aan my vrou. Ten spyte van alles, wentel my lewe om die vyfde en laaste gebod op die eiland waar elke dag ’n Vrydag is, naamlik: “Thou shalt live in peace with God and man.”

Dit mag dalk klink of ek onder die invloed van dagga is met die skryf van bogenoemde paragraaf, maar plek-plek voel die boek ook so. Kom ek som die boek in so min moontlik woorde op:

Kola K (ek gaan nie die leser se pret bederf deur hier te verduidelik hoe hy aan die naam kom nie) en sy hond, God, is op ’n eiland genaamd Friday. Op hierdie eiland is elke dag ’n Vrydag. Kola K ly aan geheueverlies. Eendag sê God vir hom om ’n restaurant oop te maak. Hy doop die restaurant: The restaurant at the end of the week. Ander karakters in die boek is Death, Saturday en Dawn. Daar is ook ’n romantiese kinkel in die verhaal. Wat wil jy nog weet? Het ek genoem Kola K ly aan geheueverlies?

So eenvoudig. Tog ...

Kitchen is ’n baie skerp skrywer. Alles in hierdie eenvoudige skrywe is doelgerig gekies. En dit voel of die skrywer pret gehad het om die boek neer te pen. Sy vorige boek Twitter dawn was nou nie iets waaroor ek huis toe sou skryf nie. Dit het vir my gevoel of hy ’n storie stuk-stuk op sosiale media geskryf het, dit toe gebind het en gehoop het iemand gee dit uit. Maar met hierdie skrywe raak hy aan my hart. Sommige lesers gaan kwaad wees en dalk voel dat die skrywer laster. Ander gaan saamsug: Hoe wonderlik sal dit nie wees om heeldag saam met jou hond op ’n eiland rond te loop nie?

Hierdie leser moes, soos destyds met The alchemist, na binne reflekteer. Wat veroorsaak dat elke dag nie ’n Vrydag in my lewe is nie? Wanneer laas het ek geoefen? Versnel ’n  mikrogolfoond nie my pas na kits-alles nie? En ironies is dit juis die kerk se onttrekking wat ’n eilandlewe op die Kaapsehoop vir ons moontlik maak.

Om eerlik te wees, ek moes die boek herlees omdat ek ná die eerste lees geen benul gehad het wat ek wou sê nie, buiten: “Lees die verdomde boek!” Dit sal egter nie werk nie, tensy die Gordon Ramsay van resensente (lees Joan Hambidge) dit verkondig.

Of wag, raak ek nou soos Kola K?

Lees ook:

Buried treasure is ’n skat vir leeskringe wat nie omgee vir diep delf nie

Hoe om ’n boekresensie te skryf

Twitter dawn deur Joe Kitchen: ’n resensie

The post It’s always Friday somewhere in the universe deur Joe Kitchen: ’n resensie first appeared on LitNet.

The post <i>It’s always Friday somewhere in the universe</i> deur Joe Kitchen: ’n resensie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1810