Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1819

Die kerk met die verkeerde baas deur Gerhard Mahne: ’n lesersindruk

$
0
0

...
Die boek nooi die leser om saam te kom dink oor hierdie dinge wat plaaslik maar ook wêreldwyd in kerke aan die gebeur is, en dan te besluit waar hy/sy staan.
...

Titel: Die kerk met die verkeerde baas
Skrywer: Gerhard Mahne
ISBN: 9781991245229
Uitgewer: Groep 7-selfpublikasie

Koop die boek by Graffiti.

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.

As jy op hoogte wil kom van die vernietigende invloed van die tydsgees en kulture wat gedurig verander op kerke, is hierdie boek ’n moet-lees. Dit is geskryf vir die man op straat, die gewone lidmaat in enige kerk. Die boek is in eenvoudige taal. Moeilike teologiese begrippe word telkens in die teks verstaanbaar vertaal en verduidelik en afkortings word aan die begin uitgeskryf. Voor elkeen van die ses hoofstukke word ’n kort opsomming gegee wat ’n aanduiding gee waaroor die res van die hoofstuk handel. Al handel die inhoud oor ernstige kwessies en diepliggende probleme in die kerk, is die skryfstyl gemaklik en kan dit vlot gelees word. Almal dink nie eenders nie – die boek gaan daarom ook oor meningsverskille wat die afgelope paar dekades kop uitgesteek het, soos die maagdelike geboorte van Christus en sy opstanding, die persoonlike aard van die duiwel, saamwoon voor die huwelik en selfdegeslagverhoudings. Hiervoor word daar na sinodebesluite gekyk, maar daar word ook ruim gebruik gemaak van lesersbriewe in koerante en tydskrifartikels.

Die voorbladskets wys ’n bal wat ’n kerk laat kantel, met lidmate wat by die voordeur uitval. Teologiese liberalisme is soos ’n balanseerbal wat die kerk laat kantel. Sommige lidmate val uit hierdie gekantelde kerk uit en ander volhard in sonde. Die kerk staan op ’n oopgeslane Bybel. Van die belangrikste kwessies in die boek gaan oor Skrifgesag en Skrifinterpretasie.

Die titel Die kerk met die verkeerde baas en die vraagteken daarnaas het sy oorsprong by die vraag oor wie die kerk se baas is. In die Rooms-Katolieke kerk is dit die Pous. Hy en sy kardinale (tans 203) regeer die kerk. Teen hierdie vorm van kerkreg was die Hervormers gekant en is Gereformeerde kerke steeds gekant: Ons het een Leidsman (Baas) – Christus Jesus wat via die Skrif alleen oor Sy Kerk regeer.

Die verskillende hoofstukke het temas wat onder andere handel oor ruim denke uit ’n Bybelse oogpunt; onsekerheid as uitkoms van ruim huisdenke sonder grense; die ver pad wat ruim denke sonder grense al gekom het; dat kerke bloot mooi gedagtes op papier kan hê soos ’n visie en missie of geloofsverklaring of wie die hoof van die kerk is; en die voortdurende veranderende kultuur van die Algemene Sinode. Die spanningslyn van die boek neem toe tot by die laaste hoofstuk, wat handel oor moontlike uittrede uit verband met die Algemene Sinode en die pad vorentoe. Die kwessies is uiters relevant en het betrekking op baie van die onlangse gebeure in die NG Kerk – maar dit het ook betrekking op ander kerke in Suid-Afrika en dwarsoor die wêreld.

Die skrywer rig in sy voorwoord ’n uitnodiging aan lesers om saam te kyk na die onsekerhede van kerkmense. Hierdie uitnodiging is ook gerig op spesifieke persone en hulle menings vorm ’n laaste bylae-afdeling van die boek.

Die boek nooi die leser om saam te kom dink oor hierdie dinge wat plaaslik maar ook wêreldwyd in kerke aan die gebeur is, en dan te besluit waar hy/sy staan. Daar word gekyk na onsekerhede by mense as gevolg van ruim denke sonder grense. Daar word ook gewys op belydenisse op papier en hoedat dit in die praktyk toegepas word. Verder word stilgestaan by kultuur en mense se aanpassing by kulturele veranderings. Laastens word voorstelle oorweeg om te kyk hoe die kerk te midde van onsekerheid en verdeeldheid staande kan bly.

Die skrywer, Gerhard Mahne, bedank aan die einde almal wat saam dink: “Dit is nie ’n klompie leraars of ’n groep kerkleiers wat ’n wankelende kerk weer op vaste fondamente van die Skrif sal laat staan nie. Dit is die kerk se gewone lidmate soos jy wat die boek lees, wat dit in jou omgewing sal doen.”

Lees ook:

The post <i>Die kerk met die verkeerde baas</i> deur Gerhard Mahne: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1819

Latest Images

<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>