Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1801

Gender equity and reconciliation: Thirty years of healing the most ancient wound in the human family: ’n resensie

$
0
0

Grafika-erkennings: links bo - https://www.amazon.com/Gender-Equity-Reconciliation-Healing-Ancient/dp/1942493789; links onder: https://pixabay.com/illustrations/template-background-red-strip-1896340/; regs: https://pixabay.com/vectors/hands-culture-diversity-equity-157947/

Gender equity & reconciliation: Thirty years of healing the most ancient wound in the human family
William Keepin en Cynthia Brix (redakteurs)
https://www.amazon.com/Gender-Equity-Reconciliation-Healing-Ancient/dp/1942493789

.............
Die Waarheids- en Versoeningskommissie se werk, en werkswyse, weergalm ná drie dekades nog dwarsoor die wêreld, en nie net in politieke prosesse en demokratiese oornames nie.
................

Die Waarheids- en Versoeningskommissie se werk, en werkswyse, weergalm ná drie dekades nog dwarsoor die wêreld, en nie net in politieke prosesse en demokratiese oornames nie.

Ook in die werk wat deur genderaktiviste gedoen word, kan wyle aartsbiskop emeritus Desmond Tutu se aanslag om versoening voorop te stel, gesien word. GERI, Gender Equity and Reconciliation International, se prosesse gebruik die WVK as bloudruk om versoening tussen die genders te probeer bewerkstellig. Probeer, want ná dertig jaar is hulle werk nog nie naastenby klaar nie. Dis die aard van enige versoeningsproses. Dit bly ’n werk-in-wording.

Gender Equity and Reconciliation: Thirty Years of Healing the Most Ancient Wound in the Human Family, met William Keepin en Cynthia Brix as redakteurs, is ’n ambisieuse samevatting van hierdie werk. Dertig jaar, ses kontinente, derduisende mense in ’n veelvoud van nasies, het bygedra tot hierdie bundel wat sin maak van die geskiedenis, die oorwinnings, en die uitdagings verbonde aan genderverhoudinge.

Die GERI-proses gaan uit van die baie eenvoudige en steeds misverstane grondslag dat genderversoening samewerking verg van al die genders. Aanvanklik was hulle fokus op mans en vroue, maar soos wat ’n verstaan van die kompleksiteit van genderidentiteit uitgebrei het, het GERI ook hulle werkswyse aangepas. Verder is daar ook ’n baie sterk fokus op ’n geestelike basis vir versoeningswerk – geestelik eerder as godsdienstig.

Dis ’n lywige bundel, 464 bladsye, en tog het ek aan die einde hiervan weggegaan met ’n gevoel dat, deeglik en deurgrond soos wat die teks is, het die bydraers maar net die oppervlak en die eerste lagie van die onderwerp begin ontgin. Daar kan met gemak nog twee volumes geskryf word.

Die bundel is opgedeel in vyf verskillende dele, naamlik:

Deel I: Untold stories keep gender oppression invisible: Breaking Thousands of Years of Silence in Thirty Years
Deel II: Ubuntu in Action
Deel III: Transforming Gender Injustice into Beloved Community: Voices of Victory from Around the World
Deel IV: Academic Research on Gender Equity and Reconciliation
Deel V: Re-writing the Gender Future of Humanity

Bydraers van dwarsoor die wêreld neem deel aan die gesprek. Die verskillende hoofstukke en bydraes is baie beslis in gesprek met mekaar. Daar word besin oor interseksionaliteit, waarheid, vergifnis, seksualiteit, kultuur, patriargie in die geloofsfeer, genderversoening in die besigheidswêreld, in politiek, in die regering en selfs binne die Verenigde Nasies.

.............
Bydraers van dwarsoor die wêreld neem deel aan die gesprek. Die verskillende hoofstukke en bydraes is baie beslis in gesprek met mekaar. Daar word besin oor interseksionaliteit, waarheid, vergifnis, seksualiteit, kultuur, patriargie in die geloofsfeer, genderversoening in die besigheidswêreld, in politiek, in die regering en selfs binne die Verenigde Nasies.
..............

Vir my was Deel III, waar daar besin word oor GERI se werk in verskillende lande, beslis een van die hoogtepunte. Deel V, waar daar besin word oor die opleiding van toekomstige leiers en die toekoms van genderversoeningswerk, gee groot hoop.

Ek sou graag wou sien dat Gender equity and reconciliation voorgeskryf word aan studente in Teologie-fakulteite, asook Gender Studies. Maar dis nie net ’n belangrike bydrae tot die akademiese diskoers oor gender nie. Dis ook ’n maklik-leesbare teks wat die beginner wat belangstel in verhoudinge tussen mans en vroue (en is dit nie ons almal nie?), sal voorsien van ’n stewige basis van waar ons kan begin dink oor versoening tussen genders.

Hierdie teks is hoogs aan te beveel.

 

The post <em>Gender equity and reconciliation: Thirty years of healing the most ancient wound in the human family</em>: ’n resensie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1801


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>