Quantcast
Channel: Resensies - LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1810

Die tweede wenner van die R1 500-prys

$
0
0

LitNet het onlangs aangekondig dat ’n maandelikse Crito-prys vir die beste lesersindruk wat op LitNet verskyn, toegeken sal word.

’n Lesersindruk is nie ’n amptelike resensie nie, maar is ’n leesreaksie wat uit eie beweging gratis aan LitNet gestuur word.

Crito, LitNet se resensent van resensente, het die tweede wenner van die R1 500-prys aangewys, en wel met die volgende motivering:

Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser. Jean Oosthuizen het al in die verlede stelle afgetrap met godsdienstige dwepers, wat hom sekerlik goed toegerus het om sy resensie oor  42: The answer to the ultimate question of life, the universe, and everything met omsigtigheid aan te pak.

Oosthuizen skets die agtergrond van dié boek en sy Suid-Afrikaanse konneksie, en verduidelik hoekom dit so ’n besonderse werk is. Hy “verpak” sy argumentering deur kritiek te antisipeer en te verwerk. Die gevolg is ’n lang bespreking wat mens enduit boei.

Vir iemand soos ek, wat my verwonder aan die fundamentalistiese godsdienstige neigings waarmee ateïste dikwels hul tirades teen God en geloof aanbied, is Jean Oosthuizen se resensie volledig vry van enige poging om lesers tot ander insigte oor geloof te bring, en totaal skuldig aan die strewe om nugter na te dink oor die geskrewe bron van die mens se geloofsbasis. 

42: The answer to the ultimate question of life, the universe, and everything het Oosthuizen geïnspireer om ’n werklik uitsonderlike resensie te skryf.

 

Lees ook:

42: Die antwoord op die uiteindelike vraag van die lewe, die heelal en alles

Die eerste Crito-prys vir Lesersindrukke word aangekondig

The post Die tweede wenner van die R1 500-prys appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 1810


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>